Podcasts about namibiese minister

  • 2PODCASTS
  • 45EPISODES
  • 1mAVG DURATION
  • 1WEEKLY EPISODE
  • Apr 8, 2021LATEST

POPULARITY

20192020202120222023202420252026


Best podcasts about namibiese minister

Latest podcast episodes about namibiese minister

Nuus
Ivermektien: as data reg is, hoekom nie?

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 8, 2021 0:13


Reaksie word ontvang op die goedkeuring van Ivermektien vir gebruik in die behandeling van Covid-19 in Suid-Afrika. Dit volg na ‘n beslissing in die Pretoria Hoërhof. Die voormalige Namibiese Minister van Gesondheid Dr Bernard Haufiku sê enige medikasie wat ondersteun word met die korrekte data kan nie verkeerd wees nie...

Nuus
2017 Swapo kongres was 'n skande - Nahas

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 6, 2021 0:34


Reaksie word ontvang op berigte dat die Namibiese Minister van Justisie Sacky Shanghala 4,5 miljoen doller van die sogenaamde Fishrot-fondse gebruik het om Swapo lede tydens die 2017 kongres om te koop om te verseker dat President Hage Geingob in sy amp bly. Daardie kongres het die nuus gehaal omdat die twee Swapo faksies, Span Harambee, vir Geingob, en Span Swapo vir Pendukeni Ivula Ithana en Nahas Angula meegeding het. Angula het sy reaksie op die berigte so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.

Kosmos 94.1 Landbou
Kommunale gebiede, onwettige heinings, verbouing en meer onder die loep

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Mar 30, 2021 3:11


Onwettige heinings in kommunale gebied wek kommer en die Namibiese Minister van Landbou Calle Schlettwein het melding van die uitdaging in die Nasionale Vergadering gemaak. Die Tradisionele Owerhede is gemaan om daadwerklike aksie in die verband te neem. Ons gesels vanoggend oor die kwessie en ander boerdery aangeleenthede met die Goewerneur van die Zambezi-streek Lawrence Sampofu...

Nuus
Ouers moet skole bystaan

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 4, 2021 0:43


Verlede maand het die Namibiese Minister van Onderwys Anna Nghipondoka gevra dat skole nie skryfbehoefte-lyse aan ouers stuur nie. Dit het daartoe aanleiding gegee dat ouers minder betrokke was by hulle kinders se onderwys in terme van ondersteuning. Sanet Steenkamp, Uitvoerende Direkteur in die Ministerie van Gesondheid sê ouers moet hulle kinders en skole ondersteun sover moontlik.

Nuus
Is geld regtig aangewend om droogte aan te spreek?

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 3, 2021 0:52


Die Adjunkleier van die Grondlose Mense Beweging in Namibië Henny Seibeb het vandag 'n kennisgewing by die parlement ingedien vir 'n vraag aan die Namibiese Minister van die Omgewing Phamba Shifeta oor die Omgewing Beleggingsfonds wat gevra het vir befondsing van die Groen Klimaatsfonds in 2019 om te belê in die stimulasie van landbou-produktiwiteit in droogtegeteisterde gebiede soos veral die Kunene-streek. Die projek van 130 miljoen Namibiese doller is in Junie 2019 van stapel gestuur, vyf maande voor die November 2019 presidesiële en Nasionale Vergadering verkiesings. Die minister het in daardie stadium gesê die geld sal aangewend word by Warmquelle, Fransfontein en Sesfontein om kleinskaal-boere te help om aanpassings te maak teen die effekte van klimaatsverandering, veral die droogte. Seibeb...

Nuus
Vrae oor duur handreinigers

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 2, 2021 0:40


Nico Smith van die opposisie PDM Party het vandag in die parlement gevra dat die Namibiese Minister van Vervoer John Mutorwa op 11 Maart reageer op vrae oor onder meer die Namibiese Lughawensmaatskappy. Na berig word het die maatskappy handreinigers aangekoop teen 'n buitensporige prys. Volgens die inligting is 1035 eenhede aangekoop teen 'n prys van 388 332 Namibiese doller oftewel 325 doller per eenheid.

Nuus
Begroting: daar is nie geld nie

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 26, 2021 0:48


Die Suid-Afrikaanse Minister van Finansies Tito Mboweni het reeds die buurland se begrotingsrede gelewer hoewel die Namibiese Minister van Finansies Ipumbu Shiimi nog nie die Namibiese begrotingsrede gelewer het nie. Daar word kommer uit verskillende oorde uitgespreek oor waar Shiimi geld sal kry vir sy begroting. Dr Omu Kakujaha-Matundu van die Ekonomiese Fakulteit by Unam met sy mening...

Nuus
Ekonomie nie reg vir minimumloon nie

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 19, 2021 0:32


Reaksie word ontvang op die kommissie wat daargestel is deur die Namibiese Minister van Arbeid Utoni Nujoma om ondersoek in te stel na ‘n nasionale minimumloon. Die kwessie is reeds jare in bespreking. Die kommissie het ‘n verwysingsraamwerk ontvang en sal terug rapporteer aan Nujoma. Die Sekretaris-Generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging, Daan Strauss sê so loon is nodig maar, die ekonomie is tans te swak.

Nuus
Wet beskerm nie 'gay' paartjies nie

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 19, 2021 0:41


Reaksie word ontvang op die Wysigingswetsontwerp op die Bestryding van Huishoudelike Geweld wat deur die Namibiese Minister van Justisie Yvonne Dausab in die parlement ter tafel gelê is. Daar word kritiek uitgespreek teenoor die bepalings om dat paartjies van die dieselfde geslag nie beskerming gebied word nie. Die Direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, Graham Hopwood...

Nuus
Reaksie op nuwe maatreëls ... verligting

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 13, 2021 0:33


Reaksie word ontvang op die aankondiging van Covid-maatreëls deur die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula. Hy het geringe aanpassings gemaak aan die huidige regulasies wat vannag verval. Die Ekonoom Robert McGregor van Cirrus in die hoofstad meen daar is ‘n mate van verligting...

Nuus
Inperking is geskiedenis meen ekonoom

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 13, 2021 0:47


Die risiko van 'n totale inperking is geskiedenis volgens Dr Omu Kakujaha-Matundo van die Ekonomiese Fakulteit by die Universiteit van Namibië. Hy meen egter strenger regulasies kan wel ingestel word teen Covid-19 wanneer die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula later vanoggend om 10 uur die land toespreek.

Nuus
Namibiërs moet voorberei vir kwarantyn wanneer nodig

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 12, 2021 0:40


Met die kommerwekkende koers van nuwe Covid-19 infeksies die afgelope tyd, het die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula vandag gesê die publiek moet hulle voorberei om in kwarantyn te gaan indien nodig. Hy verduidelik.

Nuus
Entstof moet eers gelisensieër word - Shangula

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 7, 2021 0:10


Die Covid-19 entstof waarvoor baie Afrikalande wag, is nog nie ontvang nie en dis onseker wanneer dit in Namibië sal aankom. Volgens die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula sal die entstof ook beskikbaar gestel word aan die privaatsektor nadat dit gelisensieër is. Dr Shangula...

Nuus
Namwandi sê alles is in plek

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 6, 2021 0:42


Die voormalige Namibiese Minister van Onderwys en stigter van die Internasionale Universiteit van Bestuur David Namwandi sê die universiteit is gereed vir die 2021 akademiese jaar ten spyte van talle uitdagings as gevolg van die Covid-pandemie. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Kosmos 94.1 Landbou
Jongste oor plattelandse groentetuine vir die jeug

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Jan 5, 2021 3:08


Groentetuine is verlede jaar deur die Namibiese Minister van Sport en Jeug Agnes Tjongarero in verskeie streke regoor die land van stapel gestuur. Die tuine poog om werksgeleenthede vir lede van die jeug te skep en sodoende ook ‘n inkomste. Van die tuine vorder uitstekend en Kosmos 94.1 Landbounuus gesels vanoggend met die minister vir meer hieroor.

Nuus
Egskeidings sal makliker, goedkoper word

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 11, 2020 0:33


Nuwe wetgewing in verband met egskeidings sal volgens die Namibiese Minister van Justisie Yvonne Dausab vroeg volgende jaar in die parlement ter tafel gelê word. Die nuwe wetsontwerp sal toegang tot egskeidings vergemaklik en ook goedkoper maak.

Nuus
Meer besonderhede oor minister se besoek aan boere

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 24, 2020 0:45


Marina Lamprecht het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor vanmiddag se vergadering tussen boere in die sentraal-ooste van die land en die Namibiese Minister van Veiligheid en Sekuriteit Frans Kapofi. Kapofi sal om 3-uur produsente ontmoet by Lamrpecht se Rooikraal-plaas naby Omitara om die toenemende stropery en veediefstal wat daar voorkom te bespreek. Vroeër die maand het die Minister van Landbou ook die gemeenskap toegespreek oor kwessies van grondeienaarskap en grondhervorming.

Nuus
Covid in Namibië - nog 'n sterfte

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 23, 2020 0:31


Daar is 32 nuwe gevalle van Covid-19 uit 871 toetse bevestig. Volgens die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula is daar tans 516 aktiewe gevalle van Covid in die land met 145 sterftes nadat nog 'n sterfte vandag aangemeld is. Dr Shangula het meer besonderhede oor die jongste in verband met kwarantyn fasiliteite bekendgemaak.

Kosmos 94.1 Landbou
Belangrike vergadering by Omitara

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Nov 18, 2020 4:20


'n Byeenkoms naby Omitara sal vanoggend om half-9 gehou word waartydens produsente toegespreek sal word deur die Namibiese Minister van Landbou Calle Schlettwein en die Goewerneur van die Omaheke-streek Pijoo Nganate. Die Organiseerder van die byeenkoms is Marina Lamprecht van Rooikraal Game Ranch, 9 km vanaf Omitara. Sy gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus.

Nuus
Minister, Goewerneur môre by Omitara

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 17, 2020 0:38


'n Byeenkoms is georganiseer waartydens produsente toegespreek sal word deur die Namibiese Minister van Landbou Calle Schlettwein en die Goewerneur van die Omaheke-streek Pijoo Nganate. Die Organiseerder van die byeenkoms is Marina Lamprecht van Rooikraal Game Ranch, 9 km vanaf Omitara. Boere en lede van die gemeenskap wat belangstel moet met Lamprecht in verbinding tree. Die vergadering vind môre oggend om half-9 plaas. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Kosmos 94.1 Landbou
Minister vergader met produsente

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Nov 9, 2020 2:34


Melkprodusente en ander boere het Vrydag met die Namibiese Minister van Landbou Calle Schlettwein in Mariental vergader. Hervestigde boere het ook onder die loep gekom en hulle produktiwiteit is bespreek. Daar is klem gelê op melkboere omdat die bedryf onder erge druk ismet groot melk tekorte en volgens berigte moes selfs Namibia Dairies langlewe melk vanuit Suid-Afrika invoer om tekorte op te maak. Die minister sluit vanoggend by ons aan om oor die vergadering te gesels.

Nuus
53 nuwe Covid-19 gevalle in Namibië

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 12, 2020 0:57


Volgens die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula is daar vandag 53 nuwe Covid-19 gevalle in Namibië. Minister Shangula het die besonderhede vroeër vanmiddag in die Covid-19 kommunikasiesentrum in Windhoek bevestig.

Nuus
Lewendehawe verspreiding help kleinskaal produsente

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 9, 2020 0:30


'n Lewendehawe verspreidingsprogram wat daarop gemik is om kleinskaal landelike produsente in die Otjozondjupa-streek by te staan is op die plaas Rudenau in die Okahandja kiesafdeling van stapel gestuur. Die program is 'n inisiatief van die Otjozondjupa Streeksraad en is amptelik van stapel gestuur deur die Namibiese Minister van Stedelike en Landelike Ontwikkeling, Erastus Uutoni. Rudenau is ongeveer 30 kilometer suidwes van Okahandja waar 'n klein gemeenskap sedert 1981 woonagtig is. Minister Uutoni het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...

Nuus
Minister staan handelaars in Rundu by

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 9, 2020 0:28


In ‘n poging om Covid-maatreëls toe te pas sal die Namibiese Minister van Handel Lucia Iipumbu na die Kavango Oos-streek reis om maskers aan informele handelaars te verskag. Watertenks sal ook aan gemeenskappe in Rundu en ander nedersettings verskag word. Elijah Mukubonda, die ministerie se Hoof Inligtingsbeampte...

Nuus
Wees versigtig vir Namibië se reputasie

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 7, 2020 0:53


Tydens die vorige Namibiese parlementsitting het die Namibiese Minister van Visserye, Albert Kawana parlementslede aangespoor om hulle daarvan te weerhou om 'n negatiewe en korrupte voorstelling van die land te gee aangesien dit die land se reputasie negatief beïnvloed.

Kosmos 94.1 Landbou
Planne met grond bekend

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Oct 7, 2020 4:26


Die Geïntegreerde Streek Grond Benuttingsplan is deur die Namibiese Minister van Landbou Calle Schlettwein oorhandig aan die Goewerneur van die Otjozondjupa-streek James Uerikua. Die plan is daargestel om die volhoubarheid ontwikkelingsprojekte te verseker. Minister Schlettwein sluit by ons aan...

Nuus
Landbou-ontwikkeling moet volhoubaar wees - minister

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 6, 2020 0:23


Die Geïntegreerde Streek Grond Benuttingsplan is deur die Namibiese Minister van Landbou Calle Schlettwein oorhandig aan die Goewerneur van die Otjozondjupa-streek James Uerikua. Die plan is daargestel om ontwikkelingsprojekte te ontwikkel wat volhoubaar is. Minister Schlettwein:

Nuus
Rehoboth grond begunstigdes het dienste ontvang

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 2, 2020 0:20


Die Rehoboth inwoners wat vroeër die jaar grond ontvang het, het ook dienste ontvang volgens die Namibiese Minister van Stedelike en Landelike Ontwikkeling Erastus Uutoni. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat..

Nuus
Kenner glo nie in Baynes nie

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 17, 2020 1:11


Kosmos 94.1 — Volgens berigte vorder die projek by die Baynes hidroëlektriese dam goed. ‘n Ooreenkoms is uiteindelik in April vanjaar onderteken tussen die Namibiese Minister van Myne en Energie Tom Alweendo en sy Angolese eweknie João Baptista Borges. Die tender is ook reeds uitgesit en ‘n Chinese konstruksiemaatskappy het dit ontvang. Maar die Suid-Afrikaanse Energiekenner Ted Blom is skepties....

Nuus
Vilho is 'n wesenlike gevaar - Swartbooi

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 17, 2020 0:50


Kosmos 94.1 — Tydens die laaste parlementsitting het die President van die Grondlose Mense Beweging Bernadus Swartbooi die mening uitgespreek dat die Namibiese Minister van Verdediging Peter Vilho 'n groot hoeveelheid Namibiërs se dood kan beteken. Swartbooi het gereageer op uitsprake wat die afgelope tyd deur die minister gemaak is.

Nuus
Wat van Namibië se lening by die IMF?

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 15, 2020 1:05


Kosmos 94.1 — Die leier van die Namibiese opposisie PDM party McHenry Venaani het vandag 'n vraag in die Nasionale Vergadering gerig aan die Namibiese Minister van Finansies, Ipumbu Shiimi oor die voorgenome lening deur Namibië by die Internasionale Monetêre Fonds...

Nuus
Daar kan baie meer gevalle wees as die op rekord

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 14, 2020 0:16


Kosmos 94.1 — Reaksie word ontvang op berigte uit Suid-Afrika dat meer as 40 persent van die buurland se inwoners in informele nedersettings Covid opgedoen het en dat baie meer as die amptelike getal van 650 000 besmet is en was. ‘n Kundige oor entstowwe Professor Shabir Madhi het die aanmerking gemaak. Dr Kalumbi Shangula, die Namibiese Minister van Gesondheid het sy reaksie so verwoord.

Nuus
Reaksie op militêre geheimhouding

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 11, 2020 0:49


Kosmos 94.1 — Reaksie word ontvang op die uitlatings van die Namibiese Minister van Verdediging Peter Vilho wat geweier het om kommentaar te lewer oor gerugte dat Chinese soldate in die land is. Hy het op vrae in die parlement gesê dit is vertroulik en daar is niks wat sy ministerie in die parlement hoef aan te kondig nie. Die Politieke Ontleder Dr Hoze Riruako.

Nuus
Okahandja grondloses in die hof

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 11, 2020 0:48


Kosmos 94.1 — Die Hoërhof saak waarin die Namibiese Minister van Stedelike Ontwikkeling Erastus Uutoni ‘n dringende aansoek gebring het om die inwoners in Okahandja wat daarvan beskuldig word dat hulle onwettig grond op die dorp beset het, verwyder moet word, word vandag in die hof voortgesit. Die Regstellende Herposisionering Beweging het regslui vir die groep bekom en die saak sal vandag uitgestoei word. Dimbulukweni Nauyoma, 'n Aktivis van die Beweging het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Nuus
Regstellende Herposisionering Beweging ontevrede oor uitsettings

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 31, 2020 0:50


Kosmos 94.1 — Die Regstellende Herposisionering Beweging het hulle misnoë uitgespreek oor die besluit wat bekend gemaak is deur die Namibiese Minister van Stedelike Ontwikkeling Erastus Uutoni en die Munisipaliteit van Okahandja om die hof te nader vir die uitsetting van meer as 2000 mense in Okahandja. Volgens die beweging het die grondbesetters intussen regsverteenwoordiging ingewin. Die beweging het sy ondersteuning uitgespreek vir die gemeenskap wat hulle op die grond gevestig het. Dimbulukeni Nauyoma, 'n Aktivis van die Regstellende Herposisionering Beweging het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...

Nuus
Ontsouting ook in Nam se visier

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 29, 2020 0:16


Kosmos 94.1 — Minstens 19 seewater ontsoutingsaanlegte sal in Egipte oor 'n tydperk van 18 maande in gebruik geneem word. Die projek is inlyn met die regering van Egipte se beleid om die beskikbare waterbronne te benut. Daar is egter min inligting beskikbaar oor die land se omvattende plan om 47 seewater ontsoutingsaanlegte teen 2030 te voltooi. Calle Schlettwein, die Namibiese Minister van Landbou het bevestig dat Namibië soortgelyke planne in plek het.

Nuus
Swartbooi geskok oor minister se uitsprake

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 25, 2020 0:42


Kosmos 94.1 — Die leier van die Grondlose Mense Beweging Bernardus Swartbooi het hom vandag uitgespreek teen uitsprake wat gemaak is deur die Namibiese Minister van Verdediging Admiraal Peter Vilho. Swartbooi sê hy is geskok oor die minister se uitsprake.

Nuus
Regering gevra om Covid-regulasies aan die kus af te skaal

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 24, 2020 0:40


Kosmos 94.1 — Die ontevredenheid in die Erongo-streek is op die spits gedryf nadat 'n plaaslike regsfirma, Metcalfe Beukes namens hulle kliënt in Walvisbaai, Metrotech Calibration Services 'n amptelike skrywe aan die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula gerig het. Die firma het namens sy kliënt aangevoer dat sy kliënt en inwoners van veral die Walvisbaai, Arandis en Swakopmund plaaslike owerhede se regte onregverdig en negatief geraak word deur die streng regulasies wat hulle verhoed om hulle besighede met vryheid te bedryf. Die Burgemeester van Walvisbaai Immanuel Wilfred sê dit sal baie goed wees as die regering die inperking lig..

Nuus
Reaksie nadat borgaansoek-saak van Esau en Hatuikulipi uitgestel is

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 10, 2020 0:37


Kosmos 94.1 — Die voormalige Namibiese Minister van Visserye Bernhardt Esau en sy skoonseun Tamson Hatuikulipi sal eers op 21 Julie hoor of hulle borgaansoeke suksesvol was. Landdros Duard Kesslau het die saak vanoggend in die Windhoek Landdroshof uitgestel. Die Woordvoerder van die Ministerie van Justisie Ockert Jansen het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Nuus
Esau en Tamson behoort vandag oor borg te hoor

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 10, 2020 0:28


Kosmos 94.1 — Die voormalige Namibiese Minister van Visserye Bernhardt Esau en sy skoonseun Tamson Hatuikulipi wat met die sogenaamde Fishrot-skandaal verbind word sal waarskynlik vandag hoor of hulle borg kry of nie. Die regskenner Professor Nico Horn het sy mening in die verband so opgesom.

Nuus
Permitsisteem voortaan strenger toegepas in Walvisbaai, Swakopmund en Arandis

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 6, 2020 0:37


Kosmos 94.1 — Intussen sê die Namibiese Minister van Finansies Iipumbu Shiimi ekonomiese aktiwiteite moet voortgaan. Fase een het die land tussen 1,6 - 2 miljard Namibiese doller per week gekos... Hy vra Namibiërs vir samewerking om beide die ekonomie en die Covid-19 situasie te help herstel.

Nuus
Jongste oor korona in Namibië

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 11, 2020 0:30


Kosmos 94.1 — Gevalle van korona is onveranderd op 31 vanoggend. Dr Kalumbi Shangula, die Namibiese Minister van Gesondheid, het die jongste, ook in verband met toetse, aan die media deurgegee.

Kosmos 94.1 Landbou
Hoe gaan dit met die Namibiese hoender bedryf?

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Jun 2, 2020 3:44


Kosmos 94.1 — Ian Collard die Hoof Uitvoerende Beampte van die NMI Groep van Maatskappye sê sedert die beperking van hoender invoere van 1 200 metrieke ton maandeliks, gaan dit beter met Namib Poultry Industries. Die voormalige Namibiese Minister van Handel Tjekero Tweya het die wetgewing deurgevoer net voor die nuwe Kabinet deur President Hage Geingob aangekondig is. Dit het op 1 April in werking getree... Ian gesels vanoggend oor die inperking, verbruik van hoendervleis en ander uitdagings met Kosmos 94.1 Landbounuus:

Nuus
Shangula maan weer teen fopnuus

Nuus

Play Episode Listen Later May 25, 2020 1:57


Kosmos 94.1 — Intussen het die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula lede van die publiek gemaan om nie fopnuus, ook nie wat op stamgebondenheid gebaseer is nie, te versprei nie. Daar word na bewering gerugte versprei dat Namibiërs wie deel is van die Ovambadja-stam, verantwoordelik is vir Covid-19 in die land.

Nuus
Vragmotor bestuurder met Covid, breek kwarantyn

Nuus

Play Episode Listen Later May 24, 2020 1:57


Kosmos 94.1 — ‘n 47-jarige vragmotor bestuurder is die 21ste geval van Covid-19 in Namibië. Volgens die Namibiese Minister van Gesondheid, het die man kwarantyn gebreek nadat hy in Namibië aangekom het. Die Minister het bevestig dat alle kontakte vandag opgespoor sal word en het mense gemaan om by die reëls van kwarantyn te bly...