POPULARITY
Categories
Die Stad Windhoek het minstens vier nuwe Namibiërtjies op Kersdag verwelkom. Twee babas, 'n seuntjie en dogtertjie, is by die Windhoek Sentraal-hospitaal gebore, en nog twee babas by die Katutura Kraamsaal. 'n Verpleegster en vroedvrou by Windhoek Sentraal, Jennifer Swartbooi, het met die NBC gepraat:
Seker die beste Kersgeskenk wat 'n droë land soos Namibië kan kry, is voorspellings dat die reënweer gaan voortduur. Te midde van gerugte dat 'n droë El Nino vinnig op pad is, sê die plaaslike weerkenner George van der Merwe daar is tans niks om oor bekommerd te wees nie. Hy sê die effekte van 'n El Nino vat maande om gestalte aan te neem, en het 'n voorspelling vir die komende dae:
Namibië se ekonomiese groei sal na verwagting in 2026 en die daaropvolgende jare verder verbeter. Die ekonomie het met 1,9-persent in die derde kwartaal gegroei. Dit is gelei deur die tersiêre sektor, wat met 4,1-persent uitgebrei het, ondersteun deur groothandel- en kleinhandel, onderwys, openbare administrasie en verdediging. Die Simonis Storm ekonoom Almandro Jansen sê ekonomiese aktiwiteit bly positief, wat voortgesette, hoewel meer matige, groeimomentum weerspieël:
Namibië is 104ste uit 190 lande geplaas op die Wêreldbank se Ease of Doing Business-ranglys. Dit is bewys van burokrasie en ander uitdagings om nie net ‘n besigheid te stig nie, maar ook sake te doen. In lande soos Rwanda betaal nuwe kleinbesighede niks om besighede te begin nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Danny Meyer van SME Compete gepraat wat Namibië se posisie verduidelik.
Vragmotorbestuurders langs Namibië se belangrikste vervoerkorridors sal gratis gesondheidskontroles ontvang voor Kersfees. Die Walvisbaai-korridorgroep, in vennootskap met die Motorvoertuig Ongelukkefonds en die gesondheidministerie, sal die Truckers Wellness Day-veldtog op 18 en 19 Desember by die Swakopmund-padblokkade loods. Op 23 en 24 Desember sal die diens by die Okapuka-padblokkade aangebied word. Dit sluit in gratis oog- en bloeddruktoetse, cholesterol- en bloedsuikerkontroles, sowel as MIV-toetsing en -behandeling. Die groep se waarnemende uitvoerende hoof, Edward Shivute, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
Namibië se paaie sal na verwagting besonder besig wees, veral vandag en môre. Aubrey Oosthuizen van Code Red Medical Services in Swakopmund, wat ook die Weskus-Veiligheidsinisiatief koördineer, het bestuurders aangeraai om die groot padwerke wat tans aan die gang is, in ag te neem. Hy waarsku dat motoriste verkeersopeenhopings op sekere roetes moet verwag. Hy sê bestuurders moet voorbereid wees.
Kry die nuus soos dit breek.
Namibië stel elke maand tydelike grensbeperkings op sekere groentesoorte in, om plaaslike produksie met binnelandse vraag te balanseer, en voedselsekerheid en plaaslike landbou te ondersteun. Aanpassings word gebaseer op marktoestande en produksievoorspellings. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die hoof van die Suid Afrikaanse Landbou Kamer, Wandile Sihlobo, wat nie ten gunste van die grensbeperkings deur Namibië en Botswana is nie.
Die GSI SLV-sweisopleidingsentrum is amptelik in Swakopmund se industriële gebied geopen. Die sentrum is 'n belangrike stap in die versterking van Namibië se tegniese en industriële vaardigheidsbasis. Dit sal na verwagting 'n sleutelrol speel in die opleiding en sertifisering van sweisers volgens internasionaal erkende standaarde. Kosmos 94.1 Nuus het met koördineerder Albin Jacobs gepraat.
Die oliebedryf in Namibië kom op dreef met maatskappye wat analises uitvoer en eksplorasiewerk doen. Maatskappye berei voor om vaardighede te skep vir die bedryf en die Namibiese maatskappy Lion Oilfield Services bied die diens aan. Kosmos 94.1 Nuus het met Paulo Coelho gepraat, Lion Oilfield Services se uitvoerende beampte vir besigheidsontwikkeling.
Die Nasionale Verbruikerskommissie in die buurland het 38 maatskappye geïdentifiseer wat versuim het om goedere of dienste te lewer, of foutiewe produkte verskaf het nadat hulle aanlyn betaling ontvang het. Baie van hierdie verskaffers is onopspoorbaar. Volgens die plaaslike tegnologie kenner van Meinert Security, Tanya Hopker, is daar vele vals webtuistes in Namibië ook.
Die Regshulpsentrum het 2025 as 'n teleurstellende jaar vir wetgewing in Namibië bestempel en sê dat min gedoen is om die lewens van gewone burgers te verbeter. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê direkteur Toni Hancox dat slegs twee begrotingsverwante wette aangeneem is, sonder enige betekenisvolle impak op dienslewering.
Energieminister Modestus Amutse sê kernenergie is die middelpunt van Namibië se planne om kragopwekking te verbeter en in die toekoms te dekarboniseer. Hy het gepraat by die bekendstelling van Namibië se aansluiting by Missie 300. Die inisiatief, gelei deur die Wêreldbankgroep, die Afrika-ontwikkelingsbank en vennote, wil 300 miljoen mense teen 3030 aan betroubare elektrisiteit koppel. Michael Humavindo, die ministerie se uitvoerende direkteur, het meer.
Duitsland se Robert Koch-instituut werk saam met die gesondheidsministerie om die gereedheid en kliniese reaksie op M-pokke en Kongokoors te verbeter. 'n Span kundiges van Duitsland en Namibië het gespesialiseerde opleiding ontwikkel oor die kliniese bestuur van beide siektes, insluitend infeksievoorkoming en -beheer. Die Duitse ambassadeur in Namibië, Thorsten Hutter, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
Namibië se eerste anti-koloniale vegter, Kaptein Hendrik Witbooi, word in Suid-Afrika vereer. Hy is onder 48 bevrydingsleiers wat in die nuwe Leiersgallery by Vryheidspark in Pretoria opgeneem is. Kosmos 94.1 Nuus het met die leier van die Witbooi Tradisionele Gemeenskap, Kaptein Ismael Witbooi gepraat, wat sê die erkenning bekragtig die langdurige stryd van die Nama-mense.
Namibië is deur die Afrika-Toerismeraad erken as Afrika se mees outentieke en uitdagende toerismebestemming, wat sy unieke posisie in globale reis beklemtoon. Die toekenning weerspieël toenemende internasionale belangstelling in lae-digtheid, bewaringsgerigte en kultureel outentieke ervarings. Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat verbeterde lugverbindings internasionale aankomste verder kan bevorder.
Die Afrika-ontwikkelingsbank het 'n lening van 33 miljard Namibiese dollar aan Namibië goedgekeur wat tussen 2025 en 2030 benut sal word. Die finansministerie sê die lening is goedgekeur onder die Namibië-landstrategiedokument, waardeur die land projekte indien wat binne vyf jaar befonds kan word. Die woordvoerder van die ministerie, Johnathan Swartz, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die geld vir sleutelprojekte soos infrastruktuurontwikkeling gebruik sal word.
Namibië se ekonomie het met 1,9 persent gegroei gedurende die derde kwartaal van 2025, laer as die 2,1 persent groei in dieselfde kwartaal van 2024, volgens die jongste statistieke van die Statistieke-agentskap. In nominale terme het die grootte van die ekonomie in die oorsigtydperk uitgebrei tot 66,4 miljard Namibiese dollar vanaf 62,6 miljard dollar wat in dieselfde kwartaal in 2024 aangeteken is. Agentskap-woordvoerder Mirjam Shihepo het meer:
Suid-Afrika se verwagte inflasiekoers vir 2026 het gedaal tot 3,8 persent, 'n 25-jaarlaagtepunt sedert 'n laer 3 persent-inflasieteiken aangekondig is. 'n Kwartaallikse opname in opdrag van die Reserwebank het die gemiddelde voorspelling vir 2027 op 3,7 persent aangedui. Kosmos 94.1 Nuus het met die Simonis Storm ekonoom Almandro Jansen, wat die impak daarvan op Namibië verduidelik.
Royale Wealth Management het met die uitvoerende hoof van Olthaver en List, Sven Thieme gepraat oor Namibië se opkomende olie- en gasvooruitsigte en die verantwoordelikheid wat daarmee gepaardgaan. Hulle bespreek die risiko om fokus te verloor op wat werklik saak maak vir langtermynbeleggings. Thieme gee 'n duidelike beeld van wat dit sal verg om die geleenthede te ontsluit.
Hyphen Hydrogen Energy het vroeër vanjaar hulle vaardigheids-opname geloods. Hierdie sensus stel Namibiërs in staat om hul vaardigheidsinligting in te dien en relevante dokumente op te laai om in 'n omvattende werksoekersdatabasis ingesluit te word. Kosmos 94.1 Nuus het met Martin Wilkinson,die senior ekonomiese ontwikkelingsbestuurder by Hyphen gepraat, wat 'n opdatering gee oor die hoeveelheid aansoeke wat hulle tot dusver ontvang het.
Die goewerneur van die Zambezi-streek, Dorothy Kabula, het vanmiddag geweier om 'n petisie van die United Democratic Party te ontvang. Die party wat in 2007 verban is weens sy afskeidingsagenda, wou 'n petisie indien dat die Zambezi-streek, histories bekend as die Caprivi-strook, van die res van Namibië afskei. Kabula sê die partylede moet met hul tradisionele owerhede konsulteer, wat Maandag petisies teen die party en sy afskeidingsideologieë oorhandig het.
Die Regshulpsentrum het sy heel eerste Regskampioen-toekennings aangebied, wat individue en instellings erken wie se bydraes toegang tot geregtigheid en menseregtebeskerming regoor Namibië versterk het. Die eerbewyse het gegaan aan Cronjé Incorporated en sosiale media-voorstander Gelda Waterboer. Die sentrum se direkteur Toni Hancox het meer:
Justisieminister Wise Immanuel lei Namibië se afvaardiging by die elfde VN-teenkorrupsiekonferensie in Doha. Die weeklange geleentheid sal na verwagting meer as 2 000 afgevaardigdes van reg oor die wêreld bymekaarbring vir besprekings oor voorkoming en bedreigings, insluitend kubermisdaad en KI-korrupsie. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur-generaal van die Teenkorrupsiekommissie, Paulus Noa, gepraat.
Daar is 'n nuwe slenter wat kop uitsteek, waar skelms na wat berig word hulle voordoen as polisiebeamptes of sekuriteitswagte en niksvermoedende Namibiërs om die bos lei of vaslik beboet op straat. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Windhoek Stadspolisie se skakelbeampte, assistent-superintindent Katrina Nomboga, wat verduidelik.
Die Mynwerkersunie van Namibië en Whale Rock Cement as Cheetah-sement handel dryf, het ‘n loonooreenkoms bereik. Dit lei tot 'n loonverhoging van 10 persent. Vroeër berigte dat Whale Rock beplan om sy werksaamhede in Namibië af te sluit, is foutief en die maatskappy wil verder uitbrei. Maatskappy woordvoerder Tabby Moyo.
Namibië berei voor om sowat 250 kundiges van regoor die wêreld en ongeveer 150-ton toerusting te huisves wanneer die land die volgende inspeksie ter plaatse van die Kerntoetsverbod-verdragsorganisasie in Oktober volgende jaar aanbied. Magdelena Shipiki, kenner van buitelandse betrekkinge by die ministerie van internasionale betrekkinge, sê die toets word gedoen om enige potensiële verdragsoortredings op te spoor, wat as afskrikmiddel dien teen voornemende oortreders van die verdrag.
Namibië se mynbousektor ondersteun steeds die ekonomie en toon bestendige momentum in Oktober ten spyte van wêreldwye teenwinde. Nuwe syfers toon dat mineraaluitvoere die September-handel oorheers het, met uraan wat 21,1 persent van die totale uitvoere uitgemaak het, gevolg deur diamante met 19,8 persent, goud met 10,7 persent, en nikkelerts en konsentrate met 5,6 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom van die Kamer van Mynwese, Ruusa Kambonde, gepraat:
Die onlangse Internasionale Menseregtedag het weer die kwessie van behuising in die kollig geplaas Volgens die Nasionale Behuisingsonderneming het Namibië 'n behuisingsagterstand van ongeveer 300 000 eenhede. Om aan hierdie vraag te voldoen, sal die land na raming 76 miljard Namibiese dollar benodig, of na aan die nasionale begroting van 89,4 miljard dollar vir 2025/2026. Dit beklemtoon die behoefte aan 'n meer volhoubare en realistiese benadering. Kosmos 94.1 Nuus het met Sinvula Mudabeti gepraat van die Namibian Lives Matter beweging.
Agra Veilings Namibië het ‘n terugblik op die jaar gegee. Aan die begin van die jaar was daar verskeie onsekerhede in boerdery wat kop uitgesteek het. Knopvelsiekte en bek-en-klouseer wat in Suid Afrika uitgebreek het was kopsere, maar Namibië se boerderybedryf het kop bo water gehou. Kosmos 94.1 Nuus het met Paul Klein, uitvoerende bestuurder van Agra Veilings, gesels.
Meer as 170 lande is in Kenia byeen by die VN se Omgewingsvergadering en die lynminister Indileni Daniel is ook teenworodig. Sy sê Namibië se visie vir 'n sirkulêre ekonomie gaan verder as net afvalbestuur na industrialisering en ekologiese herstel. Daniel sê dat hierdie model plaaslike waardetoevoeging prioritiseer.
Die Finansiële Intelligensiesentrum het voortgesette vordering in Namibië se pogings om geldwassery en finansiële misdaad te bekamp gerapporteer, soos weerspieël in die 2025 Basel Teengeldwassery- en Finansiële Misdaadrisiko-indeks. Die beter vertoning beklemtoon die land se versterkte verdedigingsmaatreëls en sy verbintenis tot die beskerming van die integriteit van die finansiële stelsel, sê die FIC. Namibië moet nietemin waaksaam bly en onder meer sy pogings opskerp om die land van die Finansiële Aksietaakmag se gryslys te laat verwyder. Melintha Fleermuys, waarnemende hoofbestuurder van die departement van analise en wetstoepassingondersteuning, verduidelik:
Die Bank van Namibië voorspel 'n inkrimping van 4,2 persent in die landbou-, bosbou- en visserysektor in 2025, meer as die 2,7 persent afname in 2024. Dit word hoofsaaklik gedryf deur 'n skerp daling in veeteelt, wat na verwagting met 22,5 persent sal sak weens kleiner kuddes en beperkte voer na die 2024-droogte. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Emilie Abraham, die Namibiese Akkerbouraad se tuinbou- en ontwikkelingsbestuurder, oor die situasie met gewasse.
Die Verenigde Koninkryk stel 'n strenger teenkorrupsie-offensief in wat gemik is op prokureurs, rekenmeesters en ander professionele persone wat korrupte transaksies fasiliteer en misdadigers help om hul rykdom weg te steek. Die voormalige ombudsman John Walters sê dat Namibië soortgelyke maatreëls moet oorweeg. Walters het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat plaaslike wetgewers dikwels te laat optree om wanpraktyke te bekamp.
Die vakansieseisoen bring son, sand en see maar ook 'n skerp waarskuwing van gesondheidskenners. Namibië se hoë vlakke van ultraviolet-straling bring 'n verhoogde risiko van velsorgskade en selfs velkanker, die wêreld se mees algemene kankersoort. Dermatoloë sê dat mense tydens Desember en Januarie dikwels hul sonskerm-roetine versuim, wat tot gevaarlike sonbrand en langtermynvelskade kan lei. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van die Kankervereniging.
Namibië se vrouehokkiespan bly onoorwonne by die Nkosi-binneshuise toernooi in Kaapstad ná hulle Nieu-Seeland Saterdagoggend met 7-3 geklop het. In hul eerste wedstryd Vrydag, het die span Zimbabwe ook met 7-3 verslaan. Die vroue durf Australië vanmiddag om drie-uur aan. Afrigter Shayne Cormack het Saterdag se kragmeting só opgesom:
Die uittredende goewerneur van die sentrale bank, Johannes !Gawaxab, sê sy vyf-jaar ampstermyn het gefokus op die handhawing van Namibië se buitelandse reserwes, die versterking van batetoewysing en die verskerping van die bank se beleggingsbenadering. Hy doen 'n beroep op die inkomende administrasie om die Bank van Namibië se onafhanklikheid te bewaar.
Die jaar 2025 was positief vir Namibië se aandelemark. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die uitvoerende hoof van die Namibiese Sekuriteitebeurs, Tiaan Bazuin, gesê die Namibiese mark bly positief, met die sekuriteitebeurs wat agtste in die top 10 Afrikalande met die grootste aandelemark-handelsvolumes in 2025 is. Die beurs spog met 'n markkapitalisasie van ongeveer 2 triljoen Namibiese dollar, wat dit 'n beduidende finansiële instelling in Suider-Afrika maak.
Alle invoerders, uitvoerders, verrekenings- en versendingsagente, pakhuisoperateurs, skeepsrederye en die algemene handelsgemeenskap sal verplig word om 'n handelaarsidentifikasienommer te gebruik vir alle doeaneverwante transaksies. NamRA woordvoerder Steven Ndorokaze het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit word gedoen om nakoming te verseker en te help om Namibië teen doeanebedrog, smokkelary en onderverklaring te beskerm.
Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, het in Junie 2024 rekenaartoerusting en digitale dienste aan die Khomasdal Rössing-biblioteek en die Otjomuise-gemeenskapsbiblioteek geskenk om universele toegang tot inligting en digitale dienste te bevorder. Dit het ontvangers vir 'n tydperk van 24 maande toegerus met rekenaars en toegang tot gratis internet. Cran het die biblioteke besoek om die impak op die twee gemeenskappe te bepaal. Ella-Betty Chapoto, Cran se praktisyn vir verbruikersverhoudinge en voorspraak, gee meer inligting.
Dit is vandag die laaste dag vir insette van die publiek en belanghebbendes oor Starlink se lisensie-aansoek by Cran. Tanja Dahl, die Namibië Landbou-unie se skakelbeampte, herinner Namibiërs aan die noodsaaklikheid van die bekostigbare, betroubare diens, veral op plase en in afgeleë gebiede.
Daar is 'n nuwe hupstoot vir Namibiërs wat die petroleumsektor wil betree. Petrofund het PetroConnect bekendgestel, 'n moderne CV- en talentdatabasis wat plaaslike professionele persone met geleenthede in die olie- en gasbedryf verbind. Die platform, wat nou op Petrofund se webwerf beskikbaar is, is daarop gemik om plaaslike inhoudontwikkeling te versnel en die land se groeiende vaardigheidsgaping te oorbrug. Petrofund-woordvoerder Shoki Kandjimi:
Onafhanklike meteoroloog Vilho Ndeunyema sê hewige donderstorms word vandag oor sentraal-Namibië, veral Otjiwarongo, en die noordoostelike dele van die Erongo-streek verwag. Inwoners word gemaan om paraat te bly vir oorstromings en kitsvloede.
Die landbouminister, Inge Zaamwani, het vandag die Gam-gebied besoek, wat Batswana van Namibiese afkoms huisves. Sy het die toestand van die fasiliteit beoordeel en 'n vroeë Kersmiddagete vir inwoners aangebied. In 2024 is sommige van die Batswana met regeringsondersteuning, insluitend dokumente, verblyf, watertenks en ander geriewe, na Namibië gerepatrieer. Zaamwani het bevestig dat die regering daartoe verbind is om hulle ten volle in die Namibiese samelewing te integreer.
Vloedwater styg in noordelike Namibië, maar Oshakati se burgemeester en hidroloog, Leonard Hango, sê dis nie efundja nie. Na swaar reën Sondag en Maandag is paaie en huise in dele van Oshakati en Ondangwa oorstroom, wat sommige inwoners van noodsaaklike dienste afgesny het en gesinne gedwing het om te ontruim. Hango het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Namibiërs kan regmaak vir goeie reën in die komende dae, veral in die noordelike en noord-oostelike streke, Vrydag word daar swaar reën verwag, van die suide en suid-ooste tot oor die sentrale dele en die noorde. Stormagtige toestande en hael is 'n groot moontlikheid, soos die weerkenner Johan van den Berg verduidelik.
Ter viering van Menseregtedag en Namibië se Vrouedag, bied die Reghulpsentrum vandag 'n belangrike voldag-werkswinkel vir San-opleidings-regsassistente aan. Die geleentheid, 'n sleutelonderdeel van die projek "Bemagtiging van San-gemeenskappe: Regskapasiteitsbou vir Toegang tot Menseregte", sal fokus op die versterking van gemeenskapsgebaseerde menseregtekapasiteit. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum.
Die Afrika Ontwikkelingsbank het 1,78 miljard Amerikaanse dollar, sowat 30 miljard Namibiese dollar, aan Namibië bewillig, wat ten doel het om ekonomiese transformasie en inklusiewe groei van 2025 tot 2030 te stimuleer. Die meeste van die bedrag sal in die vorm van lenings wees, maar daar sal ook toelae wees. Daar is egter kommer oor wat die implikasies van die lenings vir Namibië se skuldlas sal wees. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus ekonoom Oliver Diggle gepraat.
Old Mutual Wealth Namibia sê welvaart is meer as die syfers op 'n staat, en waarsku dat baie Namibiërs met beduidende bates steeds groot finansiële besluite alleen neem, dikwels teen 'n koste. Christopher Freygang, Welvaartbestuurder by die maatskappy, sê gepersonaliseerde, verhoudingsgebaseerde finansiële advies is nie 'n luukse nie, maar 'n strategie wat onsekerheid in geleentheid omskep.
Die gesondheidministerie is besig om die regulatoriese proses te begin om die MIV-inspuiting Lenacapavir in Namibië uit te rol. Namibiërs in die private sektor sal eerste die duur inspuiting kan bekom. Die spuit kos tans 482 000 Namibiese dollar per jaar vir een pasiënt. Kosmos 94.1 Nuus het met maatskaplike aktivis Sandy Tjaronda gepraat