POPULARITY
Die kabinet het in sy jongste besluitnemingsvergadering die kinderwelsyn- en gesondheid-ministeries, saam met ander belanghebbendes, opdrag gegee om 'n voedingsreaksiestrategie te ontwikkel om ernstige akute wanvoeding te bestry. Die gesondheidministerie is ook beveel om dringend immuniserings- en wanvoedingvoorkomingsdienste in die Kunene-streek te verbeter. Inligtingminister Emma Theofelus het meer.
Nosipho Radebe is in conversation with Thandi Kunene, Director of Corporate Affairs & Engagement at L'Oreal South AfricaSee omnystudio.com/listener for privacy information.
Vloede in die Kunenestreek het reeds 68 families ontwortel, een lewe geëis, infrastruktuur beskadig en landerye verwoes. Skole en lodges is geraak en hulp is dringend nodig. Hoewel die gesondheidsministerie regstaan, kan voortdurende reën die krisis vererger. Tjimutambo Kuuoko, raadslid vir die Epupa-kiesafdeling, verduidelik:
Thomas Shapumba, gesondheid se direkteur in Kunene, stel die volgende maatreëls voor:
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het sewe nuwe streeksgoewerneurs aangestel. Sy het vanoggend die aankondiging by staatshuis gemaak. Onder andere is die voormalige LP van die PDM Vipuakuje Muharukua as die Kunene-goewerneur aangestel. Die oud-raadslid van Windhoek Sam Nujoma Jnr. is die nuwe goewerneur van die Khomas-streek...
Volgens die jongste weervoorspelling kan matige donderstorms oor die Kunene- en Erongo-streke verwag word in die volgende paar dae. Die binneland sal deels bewolk en warm wees in die noordooste, met geïsoleerde donderstorms in sommige gebiede, terwyl die kus gedeeltelik bewolkte en warm Kosmos 94.1 Nuus het geselos met Vilho Ndeunyema van die Namibiese Meteorologiese Diens, wat meer inligting gee.
Die sperdatum vir registrasie van boorgate ingevolge die nuwe Waterwet is met agt maande verleng. Die oorspronklike afsnypunt was 28 Februarie vanjaar, maar verskeie uitdagings het dit onmoontlik gemaak, soos die afsterwe van stigterspresident Sam Nujoma wat 'n ekstra openbare vakansiedag teweeggebring het. Inligtingsvergaderings oor die nuwe wet is ook vertraag. Reaksie is ontvang van die UDF-parlementslid Dudu Murorua, wat in die Kunene-streek boer, wat al vroeër gevra het dat die proses verleng word.
Die gesondheidministerie het 'n cholera-geval in die Kunene-streek bevestig – die eerste een in die land in 10 jaar. Die ministerie beklemtoon dat sterk maatreëls in plek is om die situasie te bestuur. Volgens berigte is daar tans 'n cholera-uitbreking in die suide van Angola. Kosmos 94.1 Nuus het met Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur van gesondheid, gepraat.
'n 54-jarige man is vroeg Donderdagoggend deur iets gebyt terwyl hy en 'n werker in 'n kamer in Omakange in die Kunene-streek geslaap het. Die man het sy werker wakker gemaak, waarna hulle die kamer deursoek en 'n slang gekry het. Hulle het die slang doodgemaak en na die Omakange kliniek gejaag maar hy is op aankoms dood verklaar. Kosmos 94.1 Nuus het met NamPol hoofinspekteur Elifas Kuwinga gesels, wat sê beveiliging is die eerste verdediging.
Die Namibiese polisiemag in die Kunene-streek het in 2024 altesaam 2 683 kriminele sake aangemeld. Die hoof van misdaadondersoeke in die streek, adjunk-kommissaris Eric Clay, het aan die New Era dagblad 'n verslag gegee oor die misdade wat meestal in die streek gepleeg word. Diefstal van waterpompe is 'n nuwe probleem.
Johannesburg mayor Dada Morero says everything possible will be done to protect Rea Vaya bus commuters and drivers. This follows the fatal shooting of two bus drivers in separate incidents in Protea Glen and Mapetla in Soweto last night. All Rea Vaya bus services across the city have since been suspended until tomorrow morning. The motive for the killings is unknown at this stage. Sakina Kamwendo spoke to SABC reporter Hasina Gori and MMC for transport Kenny Kunene.
Die omgewingministerie gaan 'n baanbrekerprojek loods wat daarop gemik is om mens-dier konflik te verminder en wildmisdaad aan te spreek. Die Geïntegreerde Benadering tot Proaktiewe Bestuur van Mens-natuurlewe Konflik en Wildmisdaad Projek sal meer as 4 500 mense regstreeks bevoordeel, met 'n bykomende 18 100 mense wat indirek sal baat vind. Die projek fokus op drie belangrike landskappe. Dit is die Noord-Sentraal landskap, wat Etosha Nasionale Park insluit; die Noordwes-landskap, wat die Kunene-streek dek; en die Noordoostelike landskap, wat oor die Bwabwata-Mudumu Nasionale Park-kompleks in die KAZA-oorgrensbewaringsgebied strek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met professor Morgan Hauptfleisch van die Namibiese Natuurstigting, wat meer inligting gee.
Die twee-dae-oue babadogtertjie wat Woensdagaand in Opuwo gevind is nadat 'n verbyganger haar hoor huil het, is veilig en dit gaan goed met haar. Die baba is by geboorte deur haar 18-jarige ma in 'n kombers toegedraai en net daar gelos. Die ma is by haar huis opgespoor met inwendige bloeding. Sy het ook 'n 2-jarige kind. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met NamPol se hoof van gemeenskapsake in die Kunene-streek, hoofinspekteur Vehangaiza Hindjou, wat sê dit gaan ook goed met die ma, wat mediese behandeling ontvang. Hindjou verduidelik.
Volgens die jongste klimaatverslag van die Namibië Meteorologiese Diens is aansienlike reënval in November meestal oor die noord-oostelike dele van die land aangemeld. Gemiddelde tot ondergemiddelde reënval is oor die Kunene-, Oshana-, Oshikoto-, Otjozondjupa-, Khomas-, Omaheke- en Hardap-streke aangeteken. 'n Boer in die Ondangwa-landelike kiesafdeling in die Oshana-streek, Ileni Nandjato, het aan Kosmos 94.1 Nuus die situasie op die grond verduidelik.
Hittegolftoestande duur voort regoor Namibië, met gedeeltelik bewolkte en baie warm weer wat in die binneland verwag word. Donderbuie word in sommige gebiede voorspel, veral in die Kunene en die sentraal-noordelike streke. Temperature sal styg, veral in Mariental op 42 grade Celsius, Opuwo op 41 grade, en verskeie noordelike dorpe op 40 grade. Kusdorpe soos Walvisbaai en Swakopmund sal koeler bly op onderskeidelik 25 grade en 23 grade. Inwoners word aangeraai om gehidreer te bly en die nodige voorsorgmaatreëls teen die hitte te tref. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Odillo Kgobetsi van die Windhoekse weerkantoor.
Reaksie word ontvang op die vier streke, Kunene, Oshikoto, Oshana en Khomas wat vandag en môre kan stem met Khomas wat net een stemlokaal het, by TransNamib. Die IPC se sekretaris-generaal Christine Aochamas sê die party aanvaar dit nie en sal stappe neem.
Die Baynes Hidroëlektriese-projek, wat vir beide Namibië en Angola sal krag genereer, begin tekens van lewe toon. Die kabinet het in sy jongste besluite die ontwikkeling asook steun daarvoor goedgekeur en lynminister Tom Alweendo opdrag gegee om die ooreenkoms met Angola te onderteken. Die dam lê 200km stroomaf van Ruacana langs die Kunene-rivier. Die projek sal sowat 22 miljard Namibiese dollar kos. Dit sal ‘n meer van 57 vierkante kilometer met 2,65 miljard kubieke meter water tot stand bring wat 880 megawatt krag kan opwek. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike energiekenner Harald Schütt gesels, wat vrees daar gaan nie genoeg water, en dus elektrisiteit vir Namibië wees nie, teen reusagtige skuld.
Die 22ste Dr. Theo-Ben Gurirab-lesingreeks het afgeskop, met die tema "Ontsluit ekonomiese potensiaal: Benut toeriste-aantreklikhede en mynbouhulpbronne om infrastruktuurontwikkeling en ekonomiese groei in Kunene-streek aan te dryf". Die sessie is geopen deur die internasionale betrekkinge-minister, Peya Mushelenga. Volgens Mushelenga moet die Kunene-streek met buurlande saamwerk om toerisme te ontwikkel.
Die PDM het 'n verkiesingsaamtrek by Opuwo in die Kunene-streek gehou, waar sy president, McHenry Venaani, hom teen 'n stemmery in terme van stamverband uitgespreek het. Hy moedig Namibiërs aan om nie hul kruisies te trek volgens 'n kandidaat se stam of taal nie, maar gebaseer op bevoegdheid en kwaliteit. Luister self.
Die Johannesburgse metro het bevestig die Lilian Ngoyi-straat-rehabilitasieprojek in die middestad is 'n jaar na die verwoestende ontploffing slegs 22-persent voltooi. Die burgemeesterskomiteelid vir Vervoer, Kenny Kunene, sê die projek het tot stilstand gekom met rampspoedige gevolge vir padgebruikers, ondernemings en inwoners. Tot dusver is meer as 17-miljard-rand bestee uit die totale bedrag van 180-miljoen-rand wat vir die afhandeling van die projek begroot is. Kunene het aan die SABC gesê die projek het tot stilstand gekom weens kwessies met kontrakteurs.
Die negejarige meisie wat deur haar pa uit Suid-Afrika na bewering ontvoer en na Namibië gebring is, Yaleen Rachel Mare, is met haar ma herenig nadat sy Woensdag in Opuwo, in Kunene gevind is. Dit is bevestig deur die senior privaatspeurder en ondersoeker van Namibia Investigation Services, Michael Nieuwoudt. Volgens berigte het die pa, Jacob Philipus Maré, na bewering sy negejarige dogtertjie op 14 Oktober sonder haar ma se toestemming by die skool opgelaai en saam met haar van Suid-Afrika af gereis.
Relebogile Mabotja speaks to the iconic South African Actor, Vusi Kunene about his journey as an actor in the industry and the lessons he has learned from failure. See omnystudio.com/listener for privacy information.
Inwoners van die Otjozondjupa, Omaheke, Kunene en Oshikoto-streke het 'n maand oor om hul voorafbetaalde meters vir die Token Identifier-omrolprojek te laat opdateer. Die projek het op 25 Oktober verlede jaar begin. Die voorafbetaalde metersagteware verhoog sekuriteit omdat voorafbetaalde meters verbruik kan naspoor en ook die aantal mense wat met elektrisiteitsmeters peuter, kan beperk. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Chali Matengu, die Cenored-woordvoerder, wat meer inligting gee. TERUG: Inwoners word aangemoedig om hul meters voor die afsnydatum op te dateer deur Cenored te kontak.
Vroue in afgeleë gebiede in die Kunene-streek, soos Ohajuua en Otjinungua, skenk steeds geboorte by die huis of self in die berge of die veld, want daar is geen moderne kraamfasiliteite naby hulle nie. Ten spyte van hul veerkragtigheid in moeilike toestande, glo hierdie vroue dit is tyd om moderne verlossingsorg te ervaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Walters Kamaya, die woordvoerder van die gesondheidsministerie, oor watter bystand swanger vroue in sulke nedersettings kan verwag.
Die Namibië Statistieke Agentskap het die aanvang van die loodsfase vir die 2025/2026 Namibië Huishoudelike Inkomste- en Uitgawes-opname aangekondig. Die opname word elke vyf jaar gedoen en is 'n sleutelbron van data oor Namibië se huishoudelike inkomste en uitgawes, wat noodsaaklik is vir die berekening van armoede- en ongelykheidsaanwysers. Die loodsopname sal van Maandag tot 20 Oktober in agt ewekansig geselekteerde streke plaasvind: Erongo, Hardap, Kavango-Wes, Khomas, Kunene, Omaheke, Omusati en Zambezi. Dit het ten doel om die metodologie, opname-instrumente en logistiek te toets en te verfyn ter voorbereiding van die volledige opname, wat vir Maart volgende jaar tot Maart 2026 geskeduleer is. Mirjam Shihepo, die agentskap se skakelbeampte, het meer.
Die Namibiese polisie in die Kunene-streek het 'n vergadering met boereverenigings en plaaslike boere by die Outjo-gemeenskapsaal gehou om veediefstal, stropery en ander misdade wat die Kunene-, Outjo- en Otjozondjupa-streke raak, aan te spreek. Volgens sommige boere was die vergadering produktief, met besprekings wat gefokus het op die uitdagings wat beide partye in die gesig staar en potensiële oplossings. James Nderura, die Kunene-streekpolisiebevelvoerder , het die uitkomste en die pad vorentoe in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
Die Namibiese polisie sal môre met boere in die Kunene-streek vergader. Die vergadering wat om 11-uur by die Outjo-gemeenskapsaal op die dorp plaasvind, sal misdaad onder die loep neem. Die streek se bevelvoerder kommissaris James Nderura het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die Verenigde Nasies het 53,3 miljoen Namibiese dollar bewillig om meer as 163 000 mense in Namibië by te staan met die heersende droogte. Stéphane Dujarric, VN-woordvoerder, beklemtoon dat die droogte 84 persent van Namibië se voedselreserwes uitgeput het en akute wanvoeding en verhoogde risiko's vir geslagsgebaseerde geweld veroorsaak. Daar is ‘n toename van 19 persent in voedselonsekerheid, wat tot 1,4 miljoen mense raak. Reaksie is ontvang van UDF-parlementslid, en boer in die Kunene-streek, Dudu Murorua.
Kunene-goewerneur Marius Sheyahet in sy staatsrede op Opuwo infrastruktuurontwikkeling uitgelig as 'n sleutelkomponent in die stimulering van welvaart, die bevordering van ekonomiese insluiting en die skep van werksgeleenthede. Hy het verslag gedoen oor verskillende projekte wat in die streek voltooi is. Behalwe vir 'n aantal boorgate wat opgestel of hernu is, is daar ook vordering gemaak met water-infrastruktuur. Sheya is aan die woord.
Die goewerneur van Kunene-streek, Marius Sheya, het 'n kommerwekkende toename in misdaadstatistieke gerapporteer tydens sy streeksrede in Opuwo. Hy het uitgelig dat die streek 'n toename van 8 persent in algehele misdaad gehad het, met 'n noemenswaardige toename in geslagsgebaseerde geweld tot 132 gevalle. Sheya het dit veroordeel as 'n diep ontstellende manifestasie van lafhartigheid en 'n begeerte om te oorheers, en beklemtoon dat sulke misdade die vyandige aard van ons samelewings weerspieël. Hy het 'n beroep op almal gedoen om geslagsgebaseerde geweld aktief te veroordeel as 'n kritieke stap in die rigting van die verbetering van gemeenskapsveiligheid en solidariteit.
President Nangolo Mbumba het die Khorixas Beroepsopleidingsentrum in die Kunene-streek ingehuldig. 'n Aanvanklike sowat 100 leerlinge en personeellede sal die verskillende werkswinkels en klaskamers begin gebruik. Van die kursusse wat aangebied word, is lugversorging en verkoeling, loodgieterswerk, messelwerk en pleisterwerk, skrynwerk en kasmaak. Mbumba lig die belangrikheid van ambagsopleiding uit.
Volgens NamPower vloei die Kunenerivier tans teen net meer as 118 kubieke meter per sekonde by die Ruacana-waterkragstasie. Die Ruacanadam en kragstasie, tesame met die Caluequedam 40km rivierop in Angola, is ontwerp om besproeiingswater aan suidelike Angola en die Owambo-streek te voorsien, asook om elektrisiteit vir die grootste deel van Namibië op te wek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die senior hidroloog in die waterministerie, Leonard Hango, oor hoe hulle die watersituasie bestuur.
Reaksie word ontvang op die aankondiging deur die Amerikaanse ambassade dat hy 90 miljoen Namibiese dollar aan die regering skenk vir droogtehulp. Die fondse is bestem vir humanitêre bystand met 1,8 miljoen dollar wat deur Unicef benut sal word om gemeenskappe in dringende nood te identifiseer. Kunene-boer en UDF-LP, Dudu Murorua sê elke bietjie help maar dit moet reg aangewend word.
Die houtskoolbedryf in die Kunene-streek is tydelik opgeskort weens die oor-oes van mopanie-bome. Die direkteur van Bosbou in die Bosbou-ministerie, Johnson Ndokosho, het die oor-oes eerstehands waargeneem tydens 'n assesseringsbesoek aan plase. Ndokosho het die opskorting aangekondig op 'n vergadering met die boere, wat hoogs ontevrede is daaroor. Kosmos 94.1 Nuus het met Ndokosho gesels, wat sê dat sodra die boere aan regulasies voldoen, sal hulle met hul aktiwiteite kan voortgaan.
Rolspelers in die houtskoolbedryf in die Kunene-streek het 'n gemeenskapsvergadering bygewoon wat daarop gemik was om met houtskool-produsente en werkers te skakel wat deur die verbod op produksie geraak word. Die direkteur van bosbou in die bosbou-ministerie, Johnson Ndokosho, het 'n streng waarskuwing uitgereik dat die direktoraat nie boom-oes permitte sal hernu vir plase wat oeskwotas oortree nie. Die verbod het in Mei in werking getree nadat die ministerie se omgewingspanne sowat 110 plase in dele van die Otjozondjupa- en Kunene-streke besoek het. Kosmos 94.1 Nuus het met Kunene-goewerneur Marius Sheya gesels, wat sê dat hulle gemeenskaplike grond gevind het oor die uitreiking van oespermitte.
Die amptelike opposisieparty, die Popular Democratic Movement, PDM, hou hierdie naweek 'n massa-saamtrek. Saterdagmiddag vergader die party in Rehoboth by die Beukes-minimark. Sondag is hulle in die Sesfontein-kiesafdeling in die Kunene-streek, waar die party na verwagting honderde nuwe lede sal verwelkom. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die PDM-leier, McHenry Venaani, wat meer inligting gee.
Die hawe by Kaap Fria in die Kunene-streek is in die nuus omdat Job Amupanda die hawe belowe het. Terwyl die Namibiese Statistieke-agentskap nie glo invoere en uitvoere regverdig die hawe nie, het Kosmos 94.1 Nuus aangeklop by die werke- en vervoerminister John Mutorwa. Hy verduidelik die regering se standpunt.
Rolspelers in die houtskoolbedryf in die Kunene-streek kom môre by die gemeenskapsaal in Outjo byeen. Boere het baie navrae by die streekraadslid se kantoor ingedien en die kantoor hoop om dit by die vergadering aan te spreek. Streekraadslid Johannes Antsino gee meer inligting.
Job Amupanda, leier van die Affirmative Repositioning-beweging, het in 'n onlangse twiet gesê sodra hy aan bewind is, sal hy 'n derde hawe benewens Lüderitz en Walvisbaai skep. Volgens Amupanda sal die derde hawe by Kaap Fria in die Kunene-streek wees omdat daar reeds planne daarvoor is. Kosmos 94.1 Nuus het Abel Sindano, die uitvoerende hoof vir ekonomiese statistiek by die Namibië Statistieke-agentskap, geraadpleeg oor of ‘n derde hawe nodig is met die volumes handel wat die land ondervind.
PDM-leier McHenry Venaani het in die Nasionale Vergadering gesê hy het die afgelope tyd by skole in nedersettings gaan kuier. Volgens hom moet die gemeenskappe water en elektrisiteit aan skole verskaf. Hy sê daar was meer as tien sulke skole, in plekke soos Ogongo in die Kunene-streek. Hy het onderwysminister Anna Nghipondoka gevra wanneer hulle hul beleide hieroor verander het. Sy het geantwoord dat 95 persent van skole aan die elektrisiteitsnetwerk gekonnekteer is, en Venaani het dalk net sekere gevalle gesien waar dit nie die geval is nie.
Sedert sy ontstaan in 2003, het Elephant-Human Relations Aid, EHRA, aansienlike vordering gemaak in die bevordering van mens-olifant-naasbestaan regoor Namibië se noordelike Erongo- en suidelike Kunene-streke. Die organisasie het 239 waterpunte beveilig, wat ongeveer 10 000 mense bevoordeel. Sy werk dek nou meer as 12 000 vierkante kilometer, met projekte soos die installering van sonkragpompe en die bou van olifantdamme, en die opvoeding van meer as 5 500 mense deur sy PEACE-projek. Bewaringspogings sluit in die aanbring van satelliethalsbande op olifante en die vestiging van 'n vroeë olifant-waarskuwingstelsel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Christin Winter, EHRA se bewaringsprogrambestuurder, wat meer deel.
Die ministerie van inligting en kommunikasie het die publiek regstreeks betrek by 'n openbare sektor inligtingsdeelsessie in Opuwo in die Kunene-streek. Die sessie het verskeie kwessies aangespreek en die publiek is met 'n verskeidenheid dienste bygestaan. By die geleentheid het inligtingsminister Emma Theofelus verduidelik hulle werk daaraan om die netwerk in die gebied uit te brei.
Die nasionale groenwaterstof uitreikingstoer, gereël deur die regering en Hyphen, gaan voort regoor die land. Hierdie week besoek hulle die Kunene-, Oshikoto- en Ohangwena-streke. Die toer is onder leiding van Obeth Kandjoze, direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie en voorsitter van die Groenwaterstof-raad. Die toer het ten doel om belanghebbendes en gemeenskappe te betrek deur besonderhede oor Hyphen se projekte en sy sosio-ekonomiese ontwikkelingsraamwerk te deel. Kosmos 94.1 Nuus het aan Kandjoze gevra watter kennis hulle op die toer versprei.
Boere in die Kunene- en Omusati-streke sê nie-funksionele abattoirs en vervalle vee-kwarantynfasiliteite is waarom hulle nie toegang tot winsgewende markte kry nie. Dit is as van die struikelblokke geïdentifiseer wat veeprodusente in die Noordelike Kommunale Gebiede belemmer. Dit het aan die lig gekom tydens die voortdurende toesigbesoeke deur die Parlementêre Staande Komitee vir Ekonomie en Publieke Administrasie in die gebiede. Die toesigbesoeke spruit voort uit 'n petisie wat die Nasionale Vergadering in 2022 ontvang het. Die resultate van die besoeke sal beskikbaar gemaak word sodra die Nasionale Vergadering na die reses op 4 Junie begin. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Erginus Endjala, die goewerneur van die Omusati-streek, oor sy bekommernisse as 'n boer.
Die forum van goewerneurs-vergadering tussen Namibië en Angola het verlede week plaasgevind. Die forum is 'n samewerkende inisiatief wat daarop gemik is om bilaterale betrekkinge te verbeter en gedeelde uitdagings aan te spreek wat gemeenskappe langs die Namibië-Angola grens raak. Gesprekke is gevoer oor 'n reeks relevante kwessies, van ekonomiese samewerking tot veiligheid, sowel as oor-grens uitdagings en geleenthede. Die goewerneurs van die Omusati-, Oshana-, Kunene-, Ohangwena-, Kavango Oos en Wes, en Zambezi-streke en verteenwoordigers was teenwoordig, met 'n verslag wat voor 30 April vir die Namibiese en Angolese ministers van internasionale samewerking opgestel moet word. Die goewerneur van die Ohangwena-streek, Sebastian Ndeitunga is as voorsitter verkies, met as sy adjunk Erginus Endjala, die goewerneur van die Omusati-streek. Kosmos 94.1 Nuus het met Endjala gesels oor die belangrikheid van die vergadering.
Daar was geen renosterstropery in die Kunene- en Erongo-streke aan die einde van 'n wonderlike jaar vir die Save the Rhino Trust nie. Dit is 'n groot verbetering vanaf 'n paar jaar gelede. Volgens 'n studie deur die Namibiese Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie en die Universiteit van die Vrystaat, was een van die gebiede met die hoogste koerse van wildstropery egter die Erongo-streek, dwarsdeur die tydperk 2015 tot 2020. Simson !Uri-≠Khob, die hoof uitvoerende beampte van die trust, het hul prestasies met Kosmos 94.1 Nuus bespreek.
As always, a new year brings with it a fresh slate. Many people start setting new goals and resolutions for the year. Some people write down their goals on a piece of paper and others create vision boards. This evening we speak to an entrepreneur in the space, Tebatso Molapo, Founder and Director of Re Basadi Creates. On the second segment of the Entrepreneurship feature, we speak to Sibongiseni Kunene, Director of Atul, company that provides low-cost affordable vehicles for the public about their company and entrepreneurial journey.See omnystudio.com/listener for privacy information.
➡️ EVERYTHING PODCAST RELATED :https://linktr.ee/podcastwithmacg
This episode is about Rhinos; desert-adapted free-ranging Black Rhinoceroses and the men and women who devote their lives to protect them - to be precise. Save the Rhino Trust Nambia has existed for over 40 years, their mission is to monitor and conduct research on the Black Rhinos of the North-Western part of Namibia known as the Kunene desert region. An incredibly hostile environment, the Black Rhinos have adapted to live here thanks to a tolerance for an extremely toxic plant that even White Rhinos cannot stomach - but what they have not adapted to survive, is the increasing threat of human poachers. Direct from the mouths of the Rangers and Trackers who spend 22 days at at time trekking the desert to monitor it's rhino population, hear how community involvement is at the heart of a true, and ongoing, conservation success story.In this episode you will hear the voices of Andrew Malherbe (Chief Operating Officer - SRT), Lesley Karutjaiva (Director of Field Operations - SRT), Denzo Tjiraso and Ngaujake "Cesse" Kututa (Trackers at SRT), Tommy Hall (Wildlife Intelligence Officer) and Piet Beytell (Chief Conservation Scientist at the Namibian Government's Ministry of Environment Forestry and Tourism). Why not become a "Subscription Squirrel" on our Patreon, and help support the production of this podcast? Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.