Podcasts about erongo

  • 7PODCASTS
  • 133EPISODES
  • 2mAVG DURATION
  • 1EPISODE EVERY OTHER WEEK
  • Jun 2, 2025LATEST

POPULARITY

20172018201920202021202220232024


Best podcasts about erongo

Latest podcast episodes about erongo

Nuus
Wreedheid van veediefstal onder die soeklig

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 2, 2025 0:40


Veediefstal, en die wreedheid wat dikwels daarmee gepaardgaan, is nogmaals onder die vergrootglas nadat die eienaars van die plaas Klein Okombahe naby Omaruru vandeesweek ‘n kalf gevind het wat met ‘n spies deurdring was. Die kalf het by die kraal uitgekom maar is toe dood. Die Omaruru Boerevereniging het die regering gevra om drastiese strafmaatreëls vir veediefstal in te stel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rickus Spangenberg van K9 Anti-Poaching and Security, oor die wreedheid en die huidige situasie in die Erongo-streek met veediefstal.

Nuus
Mondesa jeug, Erongo-polisie spreek misdaad aan

Nuus

Play Episode Listen Later May 20, 2025 0:39


Die Erongo-polisie en Mondesa Youth Against Crime het 'n uitreikprogram in Swakopmund aangebied om gemeenskapslede in te lig oor buurtwagte, misdaadvoorkoming, reserviste en meer. Die geleentheid het ook gesprekke oor ontvoerings- en mensehandelkwessies gefasiliteer, met deelnemers wat groter ouerbetrokkenheid en meer polisiesigbaarheid geëis het. Kosmos 94.1 Nuus het met Senior Inspekteur Judith Shomongula van die Erongo-polisie gepraat, wat meer inligting gee.

Nuus
Mondesa jeug, Erongo-polisie spreek misdaad aan

Nuus

Play Episode Listen Later May 20, 2025 0:39


Die Erongo-polisie en Mondesa Youth Against Crime het 'n uitreikprogram in Swakopmund aangebied om gemeenskapslede in te lig oor buurtwagte, misdaadvoorkoming, reserviste en meer. Die geleentheid het ook gesprekke oor ontvoerings- en mensehandelkwessies gefasiliteer, met deelnemers wat groter ouerbetrokkenheid en meer polisiesigbaarheid geëis het. Kosmos 94.1 Nuus het met Senior Inspekteur Judith Shomongula van die Erongo-polisie gepraat, wat meer inligting gee.

Nuus
Sleutelprojekte loop oop, maar wat van streke sonder beleggings?

Nuus

Play Episode Listen Later May 15, 2025 0:29


Tydens die bekendstelling van Namibië se eerste buitelandse direkte beleggingsinisiatief het die uitvoerende hoof van die Namibiese Belegging Bevorderings- en Ontwikkelingsraad, Nangula Uaandja, sleutelprojekte aangekondig wat finale beleggingsbesluite behaal het. Erongo lei met agt projekte ter waarde van 12,9 miljard Namibiese dollar wat 10 600 werksgeleenthede skep. Sy sê streke wat nie beleggings ontvang nie moet bygestaan word.

Nuus
Kry 'n bietjie kleur en help Kankervereniging

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 26, 2025 0:36


Curves Strengthening Women bied vandag 'n spray-a-thon aan van 09:00 tot 13:00 by Platz Am Meer in Swakopmund. Die geleentheid is in vennootskap met die Kankervereniging van van Namibië se Erongo-sentrum en is daarop gemik om bewustheid en ondersteuning vir kankerinisiatiewe in die streek te verhoog. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Rolf Hansen, die Kankervereniging se uitvoerende hoof:

Nuus
Nuwe Erongo-streekraadvoorsitter sit prioriteite uiteen

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 17, 2025 0:41


Die nuutverkose voorsitter van die Erongo-streekraad, Donatus Tegako, het belowe om politieke onenigheid onder raadslede aan te pak en dienslewering te prioritiseer. Tegako, wat Benita Imbamba vervang het ná 'n mosie van wantroue in haar, het belowe om alle raadslede te ondersteun, en die implementering van ontwikkelingsprojekte aan te jaag. Hy sal ook kwessies soos werkloosheid, swak infrastruktuur en die behoeftes van gemarginaliseerde gemeenskappe aanspreek.

hy erongo
Nuus
Palliatiewe kankersorg brei uit na kus

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 4, 2025 0:41


Die Kankervereniging van Namibië gaan sy palliatiewe sorg na Erongo uitbrei met die nuwe Huis Johannesson Sorgfasiliteit op Swakopmund. Dit is na Kurt Johannesson vernoem, die voormalige hoof van die Kankervereniging, om sy groot bydrae tot kankersorg- en bewusmaking in die land te erken. Die eenheid aan die kus sal nou met die Huis Zietsman Sorgfasiliteit in Windhoek saamwerk. Rolf Hansen, uitvoerende hoof van die Kankervereniging, het meer:

Nuus
Reën duur voort die week

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 25, 2025 0:39


Volgens die jongste weervoorspelling kan matige donderstorms oor die Kunene- en Erongo-streke verwag word in die volgende paar dae. Die binneland sal deels bewolk en warm wees in die noordooste, met geïsoleerde donderstorms in sommige gebiede, terwyl die kus gedeeltelik bewolkte en warm Kosmos 94.1 Nuus het geselos met Vilho Ndeunyema van die Namibiese Meteorologiese Diens, wat meer inligting gee.

Nuus
Eerste Namib Desert Jazz-fees by Duin 7 'n reuse-sukses

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 19, 2025 0:36


Die eerste Namib Desert Jazz-fees by Duin 7 in Walvisbaai het wêreldklas jazz na die Namib-woestyn gebring. Die fees word aangebied onder beskerming van Erongo-goewerneur Neville Andre en bevat 'n indrukwekkende groep internasionale en plaaslike jazz-kunstenaars. Die fees is 'n historiese oomblik op die land se kulturele en musiektoneel, wat die weg baan vir toekomstige wêreldgehalte jazz-geleenthede in die land. Goewerneur Andre nooi Erongo-inwoners uit om vanaand se laaste uitvoering by te woon.

Nuus
Seibeb hoogs ontevrede oor 'onvolledige' litiummynbou-verslag

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 28, 2025 0:39


Die parlementêre staande komitee vir natuurlike hulpbronne het 'n verslag oor onwettige litiummynbou in Uis in die Erongo-streek vrygestel, na 'n mosie deur die voormalige parlementslid Henny Seibeb in April 2024. Die verslag beklemtoon wydverspreide ongemagtigde mynbou as gevolg van swak regulering en buitelandse betrokkenheid. Baie mynwerkers werk sonder lisensies of omgewingsklarings, wat lei tot 'n inkomsteverlies vir die regering, onbillike mededinging vir wettige ondernemings en die uitbuiting van plaaslike werkers sonder veiligheidsvoorwaardes. Daar is ernstige omgewingsbeskadiging, insluitend gronddegradasie, ontbossing en waterbesoedeling. Die verslag vra vir strenger afdwinging van wette, gemeenskapsbetrokkenheid en volhoubare mynbeleide om die toenemende kwessies aan te spreek. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige LPM-parlementslid Henny Seibeb gepraat, wat sê die verslag is onvolledig.

Nuus
HyIron-Oshivela groenwaterstof-projek vorder fluks

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 27, 2025 0:38


Die HyIron-Oshivela groenwaterstof-projek in Erongo maak aansienlike vordering en het 42 000 sonpanele geïnstalleer wat 25 megawatt elektrisiteit genereer. Die projek het ook 200 000 ton direk-verminderde ystererts verseker. Die projek het meer as 60 klein- en medium-ondernemings gebruik en 400 Namibiërs in diens geneem wat plaaslike kundigheid vertoon. Namibiese passers en draaiers, elektrisiëns en tegnici lei belangrike monteerwerk. Die vaardighede en intellektuele eiendom wat ontwikkel word trek wêreldwye aandag en posisioneer Namibië vir langtermyn industriële groei. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jona Musheko, die woordvoerder van die Namibië Groenwaterstof-program, wat meer inligting gee.

Nuus
Namibië baanbreker van direkte reduksie van ystererts

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 13, 2025 0:35


Namibië bou die eerste fasiliteit vir die direkte reduksie van ystererts met behulp van waterstof wat deur fotovoltaïese stelsels vervaardig word, die HyIron-Oshivela-projek in die Erongo-streek. Produksie sou na verwagting teen die einde van 2024 begin met ingevoerde groenyster wat nie net vir staalvervaardiging gebruik kan word nie, maar ook vir elektrisiteitsopwekking. Die aanleg sou na verwagting op 7 Maart geopen word, maar dit kan later gebeur weens die nasionale routydperk. Waterstofkommissaris James Mnyupe het in 'n onderhoud met Royale Wealth Management meer inligting gegee oor die gebruik van direkte verminderde yster, waarmee Namibië aan die voorpunt is.

Nuus
Mielieprys deur die dak, meel ook

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 7, 2025 0:39


Die styging in die prys van mielies in Suid-Afrika, vanwaar Namibië meeste van sy mielies invoer raak reeds ons sakke. Wanneer die graan hier aankom, kos ‘n ton rondom 9 000 Namibiese dollar. Verbruikers in Khomas het dit reeds in Desember gevoel met ‘n 5 kilogram sak wat 70 dollar 49 sent beloop het terwyl die suidelike dele van die land, sowel as Omaheke en Erongo, 71 dollar 57 sent betaal het. Die bestuurder van akkerbou en tuinbou by die Akkerbouraad, Gilbert Mulonda verduidelik.

Nuus
Erongo-polisie teiken dwelms om misdaad te stop

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 5, 2025 0:36


Dwelms word gereeld in die Erongo-streek deur die polisie gekonfiskeer en talle verdagtes gearresteer, volgens misdaadverslae, en dit lyk of dit net toeneem. In 'n onlangse twee-weke operasie 28 mense in hetenis geneem vir die besit van dagga, 15 vir Mandrax, 13 vir crack-kokaïen en nog drie vir metamfetamien. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met hoofinspekteur Ileni Shapumba van die Erongo Polisie, wat sê hulle fokus op dwelms want dit vererger misdaad. Hy verduidelik.

Nuus
Erongo-streek sien uit na meer projekte

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 15, 2025 0:38


Hoewel reën reeds in die meeste dele van Namibië uitgesak het, het die Erongo-streek nog nie veel neerslag gekry nie en dele van die streek is baie droog. Kosmos 94.1 Nuus het met Erongo goewerneur Neville Andre gesels, wat sê daar word angstig gewag op reën. Hy is egter entoesiasries oor verwikkelinge in die streek, en lig 'n paar projekte uit.

Nuus
Lynministerie staak bedrywighede by Xinfeng

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 19, 2024 0:41


Die ministerie van myne en energie het openbare kommer erken wat in verskeie mediaberigte geopper is oor die mynboupraktyke van die Chinese mynmaatskappy Xinfeng. Die ministerie het reeds 'n klag by die polisie teen Xinfeng ingedien vir onwettige mynbou buite Uis in die Erongo-streek, in stryd met sy eksklusiewe prospekteerlisensie. Die Uis-gemeenskap het ook gekla oor skadelike omgewingsimpakte en ontheiliging van voorvadergrafte. Die ministerie het in reaksie hierop op 16 November 'n onaangekondigde inspeksie onder leiding van die Kantoor van die Mynboukommissaris gedoen. Anna Salkeus, die ministerie se woordvoerder, het meer oor die bevindings.

Nuus
Windhoekers moet almal help met padveiligheid

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 19, 2024 0:37


Die Khomas-streek het die hoogste aantal padongelukke in 2024 aangeteken, met die Erongo-streek in die tweede plek, volgens die Motorvoertuigongelukkefonds. Dit beklemtoon die voortdurende uitdagings met padveiligheid in hierdie streke, wat die fonds deurgaans monitor en probeer aanspreek. Kosmos 94.1 Nuus het met John Haufiku, die fonds se hoof korporatiewe sakebeampte, gepraat wat sê alle belanghebbendes moet hul kant bring om te verseker dat die hoë aantal ongelukke bekamp word.

Nuus
Alterkasie oor ECN-beampte wat glo stembus wou oopbreek

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 28, 2024 0:37


Die Namib Times het 'n video geplaas van 'n LPM-streeksbeampte vir die Erongo-streek, Margareth du Toit, wat ontsteld is omdat 'n ECN-beampte glo die seëls van stembusse by die Swakopmund insamelingsentrum wou breek om 'n koevert te verwyder. Verskeie partye eis dat dit in hul teenwoordigheid gedoen word. Namib Times berig dat die voorsittende beampte, Hileni Natanael, die kontroversie begin het deur te weier om een ​​van die stembusse te aanvaar, en gesê het sy is bekommerd oor wat daarbinne is. Natanael beweer glo dat die stembus 'n mengsel van bedorwe en wettige stembriewe ingesluit het, waarvan laasgenoemde in koeverte verpak was, wat daarop dui dat dit onbehoorlik gehanteer is. Margareth du Toit is aan die woord.

Nuus
HyIron-Oshivela projek kry kontrak vir 200 000 ton groenyster

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 20, 2024 0:37


Die Namibië Groenwaterstofprogram het tydens 'n terreinbesoek 'n opdatering oor die HyIron-Oshivela projek in die Erongo-streek se ontwikkeling verskaf. Die projek sal die wêreld se eerste produsent van groenyster wees, met fase twee wat volgende jaar sal afskop. Die installering van 'n 12 megawatt elektroliseerder is ook aangekondig. Hierdie toerusting sal die grondslag vorm vir die eerste fase van produksie, met 'n doelwit om jaarliks ​​15 000 ton groenyster te produseer. Johannes Michels, medestigter van HyIron, het aangekondig dat die projek 'n ooreenkoms met die Duitse metaalverwerkingsmaatskappy Benteler verkry het om 200 000 ton direk verminderde yster, of groenyster, te verskaf

Nuus
IPC gesels oor laaste pogings, planne vir die land

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 15, 2024 0:37


Politieke partye maak gereed vir hul laaste veldtog-byeenkomste voor die verkiesings. Hierdie naweek hou die Independent Patriots for Change hul finale veldtog in die Erongo-streek. Volgens 'n advertensie van die IPC het dit al hoe moeiliker geword om besigheid te doen in Namibië, wat 'n afname in werksgeleenthede tot gevolg het. By 'n onlangse paneelbespreking deur die politieke partye het Christine !Aochamus, die IPC se nasionale sekretaris-generaal, gesê hul oplossing vir werkloosheid is om Namibiërs beter op te lei.

Nuus
IPC sluit af met twee saamtrekke

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 11, 2024 0:38


Die Independent Patriots for Change begin stelsematig sy veldtog afsluit met twee groot saamtrekke wat tot net voor die verkiesings in Erongo en Oshana beplan word. Die party-woordvoerder Imms Nashinge sê verandering is dringed nodig en sê kiesers moet mooi dink voor hulle hul kruisies trek.

Nuus
Produksie van groenstaal begin teen die einde van die jaar

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 11, 2024 0:36


Die HyIron-Oshivela-projek in die Erongo-streek sal teen die einde van die jaar met produksie begin, wat 'n koste-effektiewe metode is om die energie-oorgang te ondersteun en die staalbedryf te ontkoolstof. Die projek, in samewerking met die Climate Neutrality Foundation en die Namibië Groenwaterstofprogram, stel yster-tot-waterstof-tegnologie bekend. Hierdie deurbraak bied 'n oplossing vir die vervoer van waterstof, wat Namibië as 'n leier in die wêreldwye skoon energie-beweging posisioneer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jona Musheko, die bestuurder van eksterne sake en kommunikasie by die Namibië Groenwaterstofprogram, wat uitbrei.

Nuus
Privaatsektor moet help in skole: Erongo-goewerneur

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 8, 2024 0:36


Neville Andre, goewerneur van die Erongo-streek, het die kritieke rol van rekenaartegnologie in skole beklemtoon en inligtingstegnologie 'n poort na kennis, kreatiwiteit en innovasie genoem. Hy het gepraat by die inwyding van 'n nuwe rekenaarklaskamer en grensmuur van 610 000 Namibiese dollar by Matutura Sekondêre Skool in Swakopmund, geskenk deur Swakop Uraan. Andre het beklemtoon dat die vaardighede wat studente in hierdie nuwe fasiliteit sal opdoen, hulle sal bemagtig om in die digitale wêreld te floreer. Hy het beklemtoon dat rekenaargeletterdheid nou sinoniem is met geleenthede. Kosmos 94.1 Nuus het met Andre gesels, wat 'n beroep op die privaatsektor doen om die onderwyssektor te ondersteun.

Nuus
Twee transito-rooftogte, een in Windhoek, een in Swakopmund, op dieselfde tyd

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 28, 2024 0:23


Daar is twee transito-rooftogte aangemeld. In die eerste geval is ‘n transito-wa by Platz Am Meer op Swakopmund beroof. Volgens wat berig word het die voertuig kontant opgetel. ‘n Skietgeveg het uitgebreek en ‘n sekuriteitswag is doodgeskiet met ‘n ander een beseer. Dit is nie bekend hoeveel rowers daar was nie maar hulle het in ‘n silwer sewe-sitplek voertuig gevlug. Hoofinspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie het meer.

Nuus
Polisiestasie in DRC broodnodog

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 23, 2024 0:28


Rössing Uranium se belegging van 20 miljoen Namibiese dollar in 'n nuwe polisiestasie in die DRC-nedersetting op Swakopmund het meer as 100 werksgeleenthede vir inwoners geskep sedert bouwerk in Julie begin het. Die projek is 46 persent voltooi en sal na verwagting teen Januarie volgende jaar oorhandig word. Die inisiatief is daarop gemik om gemeenskapsveiligheid te verbeter terwyl beduidende werksgeleenthede in die vinnig groeiende DRC-gebied voorsien word. Kosmos 94.1 Nuus het met NamPol se Erongo-streekbevelvoerder kommissaris Nikolaus Kupembona gesels oor die belangrikheid van die nuwe polisiestasie.

Nuus
Voorbereidings vir Erongo-expo op dreef

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 17, 2024 0:36


Voorbereidings vir die Erongo Business and Tourism-expo is op dreef. Die geleentheid begin op 30 Oktober en duur tot 2 November en word in Walvisbaai gehou. Kosmos 94.1 het met die Erongo-goewerneur Neville Andre gesels.

Nuus
Ministerie loods plastiese chirurgie-veldtog vir gesondheid

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 6, 2024 0:38


Die gesondheidsministerie het 'n veldtog vir plastiese chirurgie in die Erongo-streek van stapel gestuur. Die veldtog, onder leiding van dr. Augustu Gawab, fokus op dringende mediese ingrypings, nie kosmetiese prosedures nie. Dit is daarop gemik om onder andere brandslagoffers te help en oortollige vet vir gesondheidsdoeleindes te verminder. Dit teiken toestande soos abnormale vetverspreiding en te groot borste, wat gesondheidskwessies veroorsaak. 'n Sleutelgeval behels rekonstruktiewe chirurgie vir 'n vierjarige brandslagoffer met 'n gesig-litteken. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Walters Kamaya, die woordvoerder van die gesondheidministerie, wat meer inligting gee.

Nuus
Hof vir klein eise uiteindelik op pad

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 3, 2024 0:37


Die kabinet se besluite ná sy 17de sitting is deur die adjunk-inligtingminister, Modestus Amutse, bekendgemaak. Hy het aangekondig dat Erongo-goewerneur Neville Andre die Beste Afrika Goewerneur van die Jaar-toekenning gewen het. Namibië sal ook gasheer wees vir 'n gesamentlike vergadering oor die Landbou-ontwikkelingsprogram vir die 15de Afrika-dag van voedsel- en voedingsekerheid in Windhoek, van 29 Oktober tot 1 November. Daarbenewens sal ingrypings ingestel word om verskeie sosio-ekonomiese kwessies aan te spreek. 'n Hof vir klein eise sal onder andere dringend tot stand gebring word. Amutse het meer.

Nuus
Walvis se Plaas 39 kry petroleumgas-bergingsfasiliteit

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 30, 2024 0:34


Erongo Liquid Petroleum Gas, ELPG, gaan 'n 6 000-ton vloeibare petroleumgas-bergingsfasiliteit op Walvisbaai oprig. Die terminaal op Plaas 39 sal die Namibiese mark voorsien en ook buurlande insluitend Botswana, Zimbabwe en dele van die Noord-Kaap. Die fasiliteit sal in fases ontwikkel word, met die eerste fase wat 'n bergingskapasiteit van 10 500 kubieke meter sal hê. Erongo-goewerneur Neville Andre het by die sooispit-seremonie gepraat en gee meer inligting.

Nuus
Loodsfase van huishoudelike inkomste, uitgawe-opname skop af

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 27, 2024 0:32


Die Namibië Statistieke Agentskap het die aanvang van die loodsfase vir die 2025/2026 Namibië Huishoudelike Inkomste- en Uitgawes-opname aangekondig. Die opname word elke vyf jaar gedoen en is 'n sleutelbron van data oor Namibië se huishoudelike inkomste en uitgawes, wat noodsaaklik is vir die berekening van armoede- en ongelykheidsaanwysers. Die loodsopname sal van Maandag tot 20 Oktober in agt ewekansig geselekteerde streke plaasvind: Erongo, Hardap, Kavango-Wes, Khomas, Kunene, Omaheke, Omusati en Zambezi. Dit het ten doel om die metodologie, opname-instrumente en logistiek te toets en te verfyn ter voorbereiding van die volledige opname, wat vir Maart volgende jaar tot Maart 2026 geskeduleer is. Mirjam Shihepo, die agentskap se skakelbeampte, het meer.

Nuus
Ipinge praat oor sy oorloop terug na Swapo

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 23, 2024 0:39


Die voormalige Walvisbaai raadslid vir die stedelike kiesafdeling, Knowledge Ipinge, het die naweek weer by Swapo aangesluit. Die Affirmative Repositioning-beweging, wat hom as streeksvoorsitter vir Erongo aangestel het, het dit as verraad beskryf. Kosmos 94.1 Nuus het met Ipinge gepraat. Hy sê sy besluit handel oor ideologie.

Nuus
Hoekom is Khomas se inflasie so hoog?

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 11, 2024 0:34


Landwye inflasie het in Augustus 4,4 persent beloop, af van 4,6 persent in Julie en 4,7 persent in Augustus verlede jaar. Die Khomas-streek, of sone 2, het egter inflasie van 5,4 persent aangeteken. Sones 1 en 3, die noordelike streke en die Suide met Omaheke en Erongo, het 3,9 persent inflasie gehad. Hierdie diskrepansie kom elke maand voor. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gabriel Erastus, 'n plaaslike ekonoom, oor hoekom die Khomas-streek die hoogste inflasie aanteken.

Nuus
Ouers moet meer betrokke wees in onderwys, sê Junior Nasionale Raad

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 10, 2024 0:36


Die derde sitting van die Junior Nasionale Raad is hervat en sal tot Donderdag voortduur. Die junior raad bied 'n platform vir jong leiers om sleutelkwessies soos onderwys, tegnologie en opkomende nywerhede te debatteer, leierskapsvaardighede te bevorder en hulle voor te berei vir toekomstige bestuursrolle. Die eerste debat was oor die kollektiewe verantwoordelikheid van leerders, ouers en onderwysers in die onderwysstelsel. Juliah Tsowases, die hoofsweep van die Erongo-streek, beklemtoon dat ouers meer betrokke moet wees, veral deur skoolvergaderings by te woon.

Nuus
Gemeenskapsaktiviste van die Omaheke-, Khomas-, Otjozondjupa-, Hardap- en

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 5, 2024 0:34


Erongo-streke het in Windhoek vergader en gevra dat stedelike en landelike ontwikkeling-minister Erastus Uutoni verwyder word. Hulle sê hy ignoreer kritieke kwessies en spreek nie hul bekommernisse aan nie. Tydens 'n hewige woordewisseling het Uutoni raadslede blameer wat by protesoptogte en aandring op dienste, wat hulle verantwoordelikheid is om te lewer. Die aktiviste sê hulle sal in die vervolg direk na die president en vise-president gaan met hul besware. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Shaun Gariseb, voorsitter van die Katutura-inwonerskomitee.

Nuus
Bipa hou voordelige eienaarskap-inligtingsessies in Erongo

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 3, 2024 0:35


Die Besigheid en Intellektuele Eiendoms-owerheid, Bipa, moedig alle geregistreerde besighede in die Erongo-streek aan om môre en Donderdag belangrike inligtingsessies oor voordelige eienaarskap by te woon. Die sessies is ontwerp om voldoening aan die Finansiële Aksie Taakmag se standaarde te versterk deur begrip en indiening van voordelige eienaarskap-inligting te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ockert Jansen, Bipa se woordvoerder, wat meer inligting deel.

Nuus
Arbeidskommissaris vergader op Walvisbaai

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 22, 2024 0:37


Arbeidskommissaris Kylliki Sihlahla het met belanghebbendes op Walvisbaai vergader om menings oor arbeidsverwante kwessies in die Erongo-streek te bespreek en uit te ruil. Die besprekings het onder meer sake behels wat te lank neem om af te handel, dubbele besprekings, opleiding van vakbondamptenare en 'n behoefte aan gereelde konsultasievergaderings met belanghebbendes. Sihlahla is aan die woord.

erongo
Nuus
Sheehama-moordsaak uitgestel tot Oktober

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 21, 2024 0:10


Die saak in verband met die dood van Matheus Sheehama wat op 27 Julie in Walvisbaai verdwyn het en op 6 Augustus op die strand uitgespoel het, sal nie môre in die hof, soos geskeduleer voorkom nie. Die bevelvoerder van die Erongo-streek kommissaris Nikolaus Kapembona het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig die sewe verdagtes, wat Sheehama se meisie, Jessica Gaes en haar broer Jimmy Gaeb insluit, sal eers op 15 Oktober voorkom.

Nuus
Swapo stel manifes op 14 September bekend

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 17, 2024 0:31


Daar is net meer as drie maande oor voor die verkiesing en nog net die Republikeinse Party het sy verkiesingsmanifes vrygestel. Swapo se presidensiële kandidaat, Netumbu Nandi-Ndaitwah, het by 'n vergadering in die Erongo-streek aangekondig die party se manifes sal op 14 September bekendgestel word. Volgens haar sal die party hom slegs tot realistiese doele verbind. Nandi-Ndaitwah brei uit.

Nuus
Erongo sukkel met stygende misdaad - Andre

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 15, 2024 0:24


Namibië se goewerneurs lewer hulle streeksredes en vandag was Erongo-goewerneur Neville Andre aan die beurt. Hy het breedvoerig gepraat oor talle uitdagings en suksesse in sy streek, en ook misdaad uitgelig. Die streek sukkel nogal met dwelms maar, korrupsie het ook onder die loep gekom.

Nuus
Erongo sukkel met stygende misdaad - Andre

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 15, 2024 0:25


Kry die nuus soos dit breek.

Nuus
O&L se Cleanergy vorder baie goed

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 9, 2024 0:36


Cleanergy Solutions Namibia staan aan die spits van die ontwikkeling van Afrika se eerste groenwaterstofproduksiefasiliteit en openbare vulstasie in die Erongo-streek. Die gesamentlike onderneming tussen Ohlthaver en List en CMB.TECH gebruik sonkrag om waterstof as brandstof vir vragmotors, hawetoerusting en spoorwegtoepassings te vervaardig. Dit dra by tot Namibië se doelwit om 'n leier in hernubare energie te word en koolstofvrystellings te verminder. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Groenwaterstofkommissaris, James Mnyupe, wat 'n opdatering oor die projek gee.

Nuus
Erongo-dwelmvondse 'antwoord op publiek se kommer'

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 31, 2024 0:33


Die Erongo-polisie se dwelmvondse is gereeld in die nuus, veral met hulle ondersoeke en beslagleggings aan die kus. Baie van die operasies is intelligensie gedrewe, met ook lede van die mag wat in gewone klere werk. In die jongste geval is amper 2,3 kilogram skunk-dagga in 'n dwelmhuis in Tutaleni, Walvisbaai gevind ter waarde van 114 250 Namibiese dollar. Twee Namibiërs is in hegtenis geneem. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met hoofinspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie, wat sê hulle het reageer op kommer van die publiek.

Nuus
Omaruru-watertekorte weens boere se damme: inwoner

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 24, 2024 0:36


Omaruru in die Erongo-streek ervaar sedert verlede jaar drasties verlaagde waterdruk, wat teen Oktober vanjaar 'n potensiële waterkrisis inhou. Omaruru is trots daarop om sy eie waterfasiliteite, pype en stelsels te hê, wat onafhanklikheid van eksterne waterbronne verseker. Die dorp maak staat op die Omaruru-rivier met 12 boorgate, waarvan agt in werking is en vier buite gebruik is. Watervlakke het gedaal weens onvoldoende reënval, wat die installering van nog twee boorgate genoodsaak het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ferdinand Hengombe, 'n inwoner van Omaruru, wat sê die krisis het ontstaan omdat die dorpsraad boere toegelaat het om damme te bou.

Nuus
Erongo sukkel met veediefstal - kenner sê

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 17, 2024 0:33


'n Totaal van 55 bokke en 25 skaap is tussen Junie en 13 Julie by plaas Otjiua in die Karibib-distrik gesteel. Die beraamde waarde van die diere is sowat 126 000 Namibiese dollar. Rickus Spangenberg van K9 Anti-Poaching and Security het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die toenemende veediefstal in die Erongo-streek. Spangenberg sê dat hulle voortgaan om die misdaad saam met belanghebbendes te beveg.

Nuus
Erongo-polisie vergader vandag met sake-eienaars

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 16, 2024 0:39


Die polisie se Erongo-streekbevelvoerder nooi alle sjebien- en kroegeienaars, asook snoepie- en karwas-operateurs na 'n vergadering vanmiddag om half-vyf. Die vergadering word by die Namsov-gemeenskapsaal in Kuisebmond, Walvisbaai gehou. Die doel van die vergadering is om misdaadverwante kwessies en voorkomende maatreëls te bespreek. Kosmos 94.1 Nuus het met hoofinspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie gesels, wat verduidelik hoekom hulle sake-eienaars teiken.

Nuus
So lyk Junie se inflasie waar jy woon

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 9, 2024 0:39


Inflasie vir Junie het op 4,6 persent ingekom, teenoor 4,9 persent in Meimaand en 5,3 persent in Junie verlede jaar. Sone 1, die noordelike streke en sone 2, Khomas, het inflasie van 4,8 persent getoon met sone 3, die suidelike dele, Omaheke en Erongo, het 4,1 persent aangeteken. Die woordvoerder van die Namibiese Statistieke-agentskap Mirjam Shihepo.

Nuus
EHRA vier bewaring, prestasies in mens-olifant-naasbestaan

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 9, 2024 0:38


Sedert sy ontstaan in 2003, het Elephant-Human Relations Aid, EHRA, aansienlike vordering gemaak in die bevordering van mens-olifant-naasbestaan regoor Namibië se noordelike Erongo- en suidelike Kunene-streke. Die organisasie het 239 waterpunte beveilig, wat ongeveer 10 000 mense bevoordeel. Sy werk dek nou meer as 12 000 vierkante kilometer, met projekte soos die installering van sonkragpompe en die bou van olifantdamme, en die opvoeding van meer as 5 500 mense deur sy PEACE-projek. Bewaringspogings sluit in die aanbring van satelliethalsbande op olifante en die vestiging van 'n vroeë olifant-waarskuwingstelsel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Christin Winter, EHRA se bewaringsprogrambestuurder, wat meer deel.

Nuus
Regering gereed vir enige siekte-uitbrake

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 8, 2024 0:29


Die gesondheidsministerie het ‘n ruk gelede ‘n masels-uitbraak in die Erongo-streek verklaar. Daar was op daardie stadium 93 vermeende gevalle aangemeld. Gesondheidsminister Kalumbi Shangula het by ‘n inligtingsessie in die hoofstad gesê die regering het die uitbraak onder beheer.

Nuus
Erongo-leiers doen Copps 94.1 teen misdaad

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 6, 2024 0:52


Misdaad in die Erongo-streek was onder die loep in Vrydagaand se Copps 94.1 program. Francois Lottering was in Swakopmund aan diens en het al die besonderhede.

Nuus
Swakop vergader vanmiddag met polisie

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 4, 2024 0:35


Die inwoners van Swakopmund word herinner aan die vergadering wat vanmiddag om half-ses by die Veeldoelige Sentrum plaasvind. Misdaad word bespreek en die polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo sal daar wees. Kosmos 94.1 Nuus het met hoofinspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie gepraat.