POPULARITY
Dit is amptelik, Die Minister van Finansies gaan op 21 Mei weer probeer om die Begroting goedgekeur te kry.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.
Friedrich Merz stellt sein Kabinett vor – mit prominenten Quereinsteigern wie Karsten Wildberger, der vom einem Elektronikhändler an die Spitze des neuen Digitalministeriums wechselt. Patrick Schneider wird überraschend Verkehrsminister. Wolfram Weimer übernimmt als Kulturstaatsminister eine bewusst polarisierende Rolle.Veronika Grimm begrüßt die Ernennung von Katherina Reiche zur neuen Wirtschaftsministerin, sieht aber dringenden Reformbedarf. Laut der Wirtschaftsweisen brauche es Strukturwandel statt kreditfinanzierter Programme, um das Potenzialwachstum über 0,3 Prozent zu heben. Der Stromausfall in Portugal und Spanien zeigt, wie anfällig das Stromnetz in Europa sein kann. EU-Energiekommissar Dan Jørgensen fordert mehr physische und digitale Resilienz, weniger Abhängigkeit von russischem Gas – das immer noch 13 Prozent der EU-Versorgung ausmacht. Die grüne Transformation dürfe durch Bürokratieabbau nicht verwässert werden, sagt Jørgensen im Gespräch mit Manuel Berkel.Table.Briefings - For better informed decisions.Sie entscheiden besser, weil Sie besser informiert sind – das ist das Ziel von Table.Briefings. Wir verschaffen Ihnen mit jedem Professional Briefing, mit jeder Analyse und mit jedem Hintergrundstück einen Informationsvorsprung, am besten sogar einen Wettbewerbsvorteil. Table.Briefings bietet „Deep Journalism“, wir verbinden den Qualitätsanspruch von Leitmedien mit der Tiefenschärfe von Fachinformationen. Professional Briefings kostenlos kennenlernen: table.media/testen Audio-Werbung Table.Today: jan.puhlmann@table.media Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Die Regering van Nasionale Eenheid sal heroorweeg word, of soos die sekretaris-generaal van die ANC sê, "reset". Ons praat met die kleiner vennote in die RNE om uit te vind wat hulle daarmee verstaan. Die Vaaldam word voller, en staan nou op meer as 'n 112%. Die kommisaris van polisie, Fannie Masemola, glo hulle is op pad om misdaad hok te slaan. Die Amerikaanse president, Donald Trump, het 'n heffing van 104% ingestel op goedere wat van China af ingevoer word. Die Minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, vra TikTok om Suid-Afrikaanse inhoudskeppers finansieel te vergoed.
Ek het gesê dat in hierdie Begroting moet moeilike besluite gemaak word. Wat ons die week geleer het is dat dit is moeiliker om te besluit om besteding te sny as wat dit is om te besluit om belasting te verhoog.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.
Die Minister van Finansies lewer Woensdag die Begrotingsrede. In die vorige episode het ek vertel oor wat aan die bestedingskant verwag word. Vandag gaan oor die belastingvoorstelle.
Die Minister lewer Woensdag die Begrotingsrede en in die vorige episode het ek geargumenteer dat die belangrikste ding wat hy kan doen is om beleggersvertroue te ondersteun om so investering en ekonomiese groei te verhoog. ʼn Deel daarvan gaan oor waarop hy die staat se geld, wat eintlik die belastingbetaler se geld is, bestee. So hoe lyk die verwagtinge?Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek.
Komende Woensdag lewer die Minister van Finansies die begrotingsrede en soos altyd is daar groot verwagtinge, Ek wil sê hy het net een werk en dit is om die ekonomiese groeikoers te verhoog, maar hoe moet so Begroting lyk?
Die Minister van Verdediging, Angie Motshekga, ontken dat die president sakebelange in die Demokratiese Republiek die Kongo het. Die Landboubedryf gaan Donald Trump se dreigement om toekomstige befondsing aan Suid-Afrika op te skort, fyn dophou. Kundiges in die onderwys en misdaadbestryding deel hulle verwagtinge oor die staatsrede.
Die moontlike sluiting van die polisie se nasionale inspektoraat laat baie vrae ontstaan. Die Minister van Polisie, Senzo Mchunu, word gevra om dringend teen 'n toename in plaasaanvalle op te tree. Talle gevangenes ontvang hulle matriekuitslae. Die ekonomie kan vanjaar met 1.7% groei.
Die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, moet norme daar stel vir die volledige implementering van die Bela-wet. Beeld het gister vir die laaste keer op straat verskyn. Die nuus- en aktualiteitspan groet Anita Visser wat op 31 Desember aftree.
Die polisie se soektog na die gewapende verdagtes, wat vyf mans in Mfuleni op die Kaapse Vlakte doodgeskiet het, duur voort. Thabazimbi gaan na die stembus ná intensiewe verkiesingsveldtogte wat verskeie partyleiers betrek het. Die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, voer samesprekings met Nigerië.
Die Minister in die Presidensie se uitlatings oor die "uitrook" van onwettige mynwerkers lok gemengde reaksie uit. Die situasie by die Lebombo-grenspos tussen Suid-Afrika en Mosambiek bly gespanne, met vragmotors wat steeds nie deurgelaat word nie. Die vroeë stemproses in Namibië en ander lande waar Namibiërs woon, het begin. Diplomatieke verhoudinge tussen Amerika en Spanje is gespanne.
Werkloosheid neem effens af in die derde kwartaal - ons praat met 'n ekonoom. Die Minister van Water versoek Suid-Afrikaners om water as 'n skaars hulpbron te hanteer. 'n Kenner waarsku dat skelms jou tik-en-betaal-bankkaarte teiken.
Die Minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, word gekritiseer vir sy besluit om die SAUK-wetsontwerp te onttrek. Ons praat met die vakbond, Bemawu, oor of dit wel n finansiële krisis voorspel vir die SAUK. Waterbeperkings vir Johannesburg. Die VN se Wêreld Meteorologiese Organisasie waarsku dat 2024 waarskynlik die warmste op rekord sal wees.
Die Minister van Water en Sanitasie sê waterskaarsheid in Suid-Afrika is 'n realiteit. Johannesburg-metro stem in om sy uitstaande Eskom-rekening van R4,9 miljard te betaal. 'n Peiling deur die Instituut vir Rasseverhoudinge wys dat die meeste mense gunstig voel teenoor die Regering van Nasionale Eenheid.
Nach dem vorzeitigen Ampel-Aus verlieren die FDP-Minister ihren Anspruch auf die "Minister-Rente". Die verbliebenen Kabinettskollegen dürften dagegen von einer Sonderregel profitieren.Sie haben Fragen? Schreiben Sie eine E-Mail an podcasts@ntv.deModeration: Kevin SchulteSie möchten uns unterstützen? Dann bewerten Sie den Podcast gerne bei Apple Podcasts oder Spotify.Alle Rabattcodes und Infos zu unseren Werbepartnern finden Sie hier: https://linktr.ee/wiederwasgelerntUnsere allgemeinen Datenschutzrichtlinien finden Sie unter https://datenschutz.ad-alliance.de/podcast.htmlUnsere allgemeinen Datenschutzrichtlinien finden Sie unter https://art19.com/privacy. Die Datenschutzrichtlinien für Kalifornien sind unter https://art19.com/privacy#do-not-sell-my-info abrufbar.
Die Minister van Finansies het gister middag sterk standpunt ingeneem en duidelik gemaak dat hy volhou met die proses van fiskale konsolidasie om die begrotingstekort en staatskuld te stabiliseer. Hy het feitlik niks gesê oor BTW verligting, die brandstofprys, ekstra befondsing vir onderwys of gesondheidsposte nie en het dit duidelik gemaak dat hy nie die 4,7% verhogingsaanbod wat die Departement van Openbare dienste en Administrasie aan staatsdiensvakbonde gemaak het, ondersteun nie. Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
Die Minister van Finansies sê gewoonlik baie in sy toesprake en dit is maklik om verlore te raak in al die syfers en moeilik om kop te hou oor watter boekjaar hy van praat. So hoe luister ʼn ekonoom na die mini-begrotingsrede? Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
Die Minister van Finansies lewer more die mini-begrotingsrede en daar is druk dat die syfers en die storie die optimisme oor die Regering van Nasionale Eenheid moet gestand doen. Die MTBPS gaan oor die drie-jaar rollende begroting en die Minister moet ons laat glo dat hy begrotingstekort en die staatskuld suksesvol kan konsolideer. Daar is al baie sinvolle goed gesê oor hoe sy belastinginkomste lyk, watter druk daar is vir besteding, hoe belangrik sy ekonomiese groei-vooruitskatting is ens. Maar die vraag om te vra of die RNE reg is om moeilike besluite te neem. Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
Im letzten Regierungsjahr der Ampelregierung entfaltet die Politik dieser Bundesregierung ihre volle zerstörerische Kraft. Deutschland wird in rasantem Tempo deindustrialisiert: Die Produktion ist bereits um 25 Prozent eingebrochen. Fritz Vahrenholt war Umweltsenator der Hansestadt Hamburg und SPD-Politiker. Dass seine eigene Partei die Zerstörung der Wirtschaft des Landes vorantreibt, kann er nicht verstehen. Die Minister und Spitzenbeamten der Regierung von Olaf Scholz müssten ein „Wirtschaftsverständnis wie im Mittelalter“ haben, wenn sie forderten, die Industrie solle nur dann produzieren, wenn der Wind weht und die Sonne scheint. Webseite: https://www.tichyseinblick.de Newsletter: https://www.tichyseinblick.de/newsletter/anmeldung/ Wenn Ihnen unser Video gefallen hat: Unterstützen Sie diese Form des Journalismus: https://www.tichyseinblick.de/unterstuetzen-sie-uns
Die Instituut vir Sekerheidsstudies sê ernstige misdaad kan deur die opsporing van onwettige vuurwapens bekamp word. Die Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton MacKenzie, reageer op kritiek dat sy besoek aan die Olimiese Spele R800 000 gekos het. Die Padvragvereniging sê die privatisering van hawens is waarskynlik vir eers van die baan ná 'n belangrike hofuitspraak in Durban.
Die Minister van Stedelike en Landelike Ontwikkeling, Erastus Uutoni, het 'n vertroudheidsbesoek aan die massa-behuising ontwikkelingsprojek in Otjomuise onderneem. Uutoni het in sy toespraak gesê die projek is vertraag weens 'n voortslepende hofsaak, maar is nou weer op dreef. Hy het 'n opdatering gegee van die huise wat regoor die land voltooi is onder die projek.
Die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, onderneem om die nuwe BELA-onderwyswet toe te pas, al het sy verlede week se ondertekening geboikot. Stellenbosch Universiteit se Wilgenhof-koshuis gaan vir 'n jaar sluit. sowat 30 000 besoekers word by die Africa Aerospace and Defence-skou in Pretoria verwag.
President Ramaphosa gaan nie nou al die omstrede artikels oor taal en toelating van die Bela-wet in werking stel nie. Die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwaruba, boikot die ondertekening van die BELA-wet. Huldeblyke stroom in nadat die voormalige minister van drie portefeuljes, Pravin Gordhan, vanoggend vroeg oorlede is. Amerika gee sy steun aan die voorstel van twee nuwe permanente lede in die Verenigde Nasiese se Veiligheidsraad. Sepsis word as 'n stille sluipmoordenaar beskou, wat elke jaar miljoene lewens eis.
Dokters by die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg in die spervuur in 'n video op sosiale media. Die Minister van Landbou, John Steenhuisen, ondeneem om die werksomstandighede van veeartse te verbeter. Besonderhede oor 'n klasaksie teen Tiger Brands oor listeriose in kos, word vandag bekendgemaak.
Die Minister van korrektiewe dienste vra strenger paroolvoorwaardes en groter deelname deur die gemeenskap. Suid-Afrika wil meer na China uitvoer en die Nama Khoi-munisipaliteit in die Noord-Kaap verlaag residensiële eiendomsbelasting met 19 persent.
'n Brand in die Cathcart-gebied in die Oos-Kaap rig groot skade aan. Die regering vra gemeenskappe om te help om die sogenaamde watermafia te stuit. Die Minister van Gesondheid wil streng optree teen regsfirmas wat bedrieglike eise teen die departement instel oor mediese nalatigheid.
Vrae oor bewerings dat bendelede die topvlakke van die polisie in die Wes-Kaap geïnfiltreer het. Die Minister van Binnelandse Sake sê die departement se werkswyse is 'n bedreiging vir nasionale veiligheid. Kommer oor 'n brand by 'n skool in Eldorado Park, waar daar 'n voorval van messtekery onder leerlinge was. Die Universiteit van Pretoria teken 'n ooreenkoms om malaria in die SADEK-streek te beveg.
Die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, is oop vir gesprek oor die Nasionale Gesondheidsversekering. Die EFF-leier, Julius Malema, vra vir 'n deegelike ondersoek na die skietdood van 'n raadslid in Johannesburg. Hamas stel Yahya Sinwar as sy nuwe hoofleier aan.
Die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, glo Suid-Afrika sal teen volgende jaar van die gryslys verwyder word. Afriforum nader die Konstitusionele Hof om John Hlophe se aanstelling as ‘n verteenwoordiger van die parlement op die Regterlike Dienskommissie tersyde te stel. Die Amerikaanse president, Joe Biden, laat vaar sy veldtog om herverkies te word.
Die Wes-Kaapse premier verduidelik hoe die rampgebiedverklaring sy provinsie sal help. Die Minister van Polisie sê samewerking met rolspelers sal misdaadbekamping verbeter. Donald Trump wys sy adjunk aan by die Rebublikeine se nasionale konvensie.
Die Minister van Elektrisiteit en Energie sê die beëindiging van beurtkrag bly 'n prioriteit. Swaar reën sak uit in die Wes-Kaap, terwyl Suid-Afrikaners in die binneland bibber van die koue. 'n Versoek aan die nuwe Minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, om dié departement reg te ruk.
Die Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, bedank te midde van sy hofverskyning op korrupsie-aanklagte. Terwyl die ANC 'n regering van nasionale eenheid voorstaan, gee MK die ANC 'n koue skouer. Sekere paaie in die Klein Karoo is steeds gesluit.
Die Minister van Finansies het verlede week aangekondig dat die sogenaamde Social Relief of Distress toelaag, die R350 Covid toelaag verhoog word tot R370 per maand. Dit is ʼn jammerte vir ons geloof in die Minister se onafhanklikheid van politieke druk. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch en die NWU Sakeskool.
Die Minister van Finansies het al die bekommernisse oor die Begroting gesystap en gemaklik sy belastinginkomste bietjie verhoog, ruimte gehad om besteding so bietjie te verhoog, en om die begrotingstekort en staatskuld te bestuur. Dinge sou anders gelyk het as hy nie die R150 miljard rand van die wins op die goud- en buitelandse valuta-reserwes gehad het nie. Hierdie keer het hy die reddingsboei gevang. Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
Honderde Bafana Bafana-ondersteuners het vanoggend die bronsmedaljewenners op die OR Tambo Internasionale Lughawe terugverwelkom. Suid-Afrika het die Demokratiese Republiek van Kongo getroef om derde te eindig in die Afrikabekertoernooi wat deur die gasheer, Ivoorkus, verower is. Die Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, en die EFF-leier, Julius Malema, was onder die hooggeplaastes wat die groep op die lughawe verwelkom het. Bafana Bafana se kaptein, Ronwen Williams, sê hulle is trots op hul prestasie:
Die Minister van Arbeid en Indiensneming het Vrydag die nuwe nasionale minimumloon aangekondig wat geld vanaf 1 Maart. Dit het gevolge vir werkers en werkgewers en ek wil graag meer hieroor sê. Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
Die Minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokhopa bly "versigtig optimisties" oor die beurtkrag-situasie; 'n Ontleding van die Internasionale Energie Agentskap se jongste steenkool-verslag, en owerhede in Kaapstad vergader oor die brand by Simonstad. Ons het vir jou die jongste hieroor.
Tiaan Joubert, raadslid van die Prokureursorde van Suid-Afrika en voorsitter van die Gauteng-prokureursvereniging gesels oor die reddingsplan vir die chaos by Meesterskantore. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die Minister van Finansies sê swakker ekonomiese groei word verwag. Opposisiepartye is bekommerd oor die toename in staatskuld. Action SA sê sy steun groei sterk in die Noord-Kaap. Rand Water waarsku dat watertekorte oor die feestyd kan voorkom.
Die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, erken die regering is platsak. Die regering se reaksie is om koste te besnoei en nóg geld te leen. "They took us to a dark place," sê bokkaptein Siya Kolisi, wat miskien die beste opsomming van Saterdag se eindstryd is. Sal hierdie epiese en geskiedkundige oorwinning die land uit ons "donker plek" lei?
Die Minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, ontken dat ondersoeke na die Nasionale Finansiële Hulpskema vir studente weggesteek word. Verskeie munisipaliteite in die Vrystaat sukkel om geld in te vorder, wat dienslewering tot 'n stilstand laat kners. Elektrisiteitsopwekking daal met meer as 6% in Augustus.
Das Einzige, was unsere Bundesregierung noch zusammenhält, ist die Angst vor dem Machtverlust. Die Furcht vor dem tiefen Sturz in die vollkommene Bedeutungslosigkeit und Lächerlichkeit. Die Wahrheit über die Ampel lautet: Die Minister wollen das Klima schützen – aber nicht unsere Grenzen. Und was die illegale Massen-Migration in diesem Land verändert, spüren wir jeden Tag. Wenn Worte wie Grenze oder Recht vollends ihre Bedeutung verlieren, dann verliert die Politik vollends ihre Glaubwürdigkeit. Das überlebt auf Dauer keine Demokratie. 03:10 Habeck & seine entkoppelte Eitelkeit 04:30 Der gelebte Kontrollverlust 05:30 Merz sagt, was alle sehen & erleben 09:01 Migrations-Krise ist überall spürbar 10:20 Bosbach! Der Migrations-Klartext 12:21 Die Mehrheit will eine Obergrenze
Die ANC in die Wes-Kaap hou sy provinsiale konferensie maande nadat dit moes gebeur het. Georganiseerde landbou beraam die skade van die oorstromings in die Wes-Kaap. Die Minister van Gesondheid, Joe Phaahla, sê verkeerde inligting word oor die Nasionale Gesondheidsversekeringswetsontwerp versprei.
Die aansoekproses begin vandag vir plasing van graad 1 en 8 leerlinge in Gautengse skole vir 2024. Die koste van die Nasionale Gesondheidsversekering is in die kollig. OUTA kritiseer die Gautengse regering vir sy gesloer met die afskaffing van die e-tolstelsel. Die Minister van Elektrisiteit gaan na China reis om met die ses grootste sonpaneelvervaardigers te vergader.
President Cyril Ramaphosa word as 'n bedrieër beskryf, wat nie sy beloftes nakom nie. Die Minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu, gee vandag meer besonderhede oor die regering se ingryping teen cholera in Tshwane. Die geskiedkundige figuur, Wolraad Woltemade, se heldedaad van 250 jaar gelede word herdenk.
Die tweede ronde van loononderhandelinge by Eskom begin. Die Minister van Toerisme stel 'n ambisieuse teiken om miljoene besoekers teen 2030 na Suid-Afrika te lok. ons praat met twee kenners oor hoe die ekonomiese en maatskaplike omstandighede in die land Suid-Afrikaners se geestesgesondheid beïnvloed.
Die Suid-Afrikaanse minister van vervoer, Fikile Mbalula, het vandag die bekendstelling van 'n nuwe rybewyskaart vir Suid-Afrika aangekondig. Die Minister sê die kabinet het reeds die uitrol van die kaarte goedgekeur. Die nuwe rybewyskaarte sal vanaf 2023 aan motoriste uitgereik word. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt ...
'n Video wat glo wys hoe 'n man sy vrou aanrand, het die afgelope week opslae gemaak. Ons praat met die slagoffer daaroor. 'n Nare stank in Pretoria het inwoners aan die praat. Die Minister van Kuns en Kultuur, Nathi Mthethwa, sê glo die weglating van Afrikaans uit die taalmonument se naam is nie onderhandelbaar nie. Talle van die skilder Irma Stern se werke gaan in Kaapstad opgeveil word.
Agttien kinders en drie volwassenes word by 'n laerskool in Texas in die VSA afgemaai. Kommer is aan die toeneem oor die volgende brandstofprysstyging van 'n geskatte R3,50 per liter. Die Minister van Polisie, Bheki Cele, sê nagenoeg R30-miljoen sal vir die stryd teen bendegeweld beskikbaar gestel word.