Kosmos 94.1 Landbou

Follow Kosmos 94.1 Landbou
Share on
Copy link to clipboard

Elke weeksoggend tussen 05:00 en 06:00 word daar landbousake gesels saam met Luton Koorts op Kosmos 94.1. Van die jongste landbounuus, pryse, implimente en medisyne.

Kosmos 94.1


    • Mar 31, 2021 LATEST EPISODE
    • daily NEW EPISODES
    • 4m AVG DURATION
    • 658 EPISODES


    Search for episodes from Kosmos 94.1 Landbou with a specific topic:

    Latest episodes from Kosmos 94.1 Landbou

    Visserye sal landbou ondersteun - Kawana

    Play Episode Listen Later Mar 31, 2021 2:30


    Die Namibiese Minister van Visserye Albert Kawana het onderneem om die landbousektor te ondersteun en om te verseker dat die visbedryf plaaslik aankoop, veral as dit kom by voedsel vir bemanning van skepe en meer. Hy het ook melding gemaak van visfabrieke wat tamaties en meer gebruik. Hy sê alle Namibiërs moet voordeel trek uit Namibië se visbronne, of hulle vang en of hulle boer.

    hy namibi die namibiese minister
    Pumfudza boer vooruit in Zim

    Play Episode Listen Later Mar 31, 2021 3:26


    Die Zimbabwiese regering pas op die oomblik die Pfumvudza of Intwasa landbou-program toe. Die program is gebuffer teen die impak van klimaatsverandering en plaas volgens berigte die klem op kleiner boere in die buurland. Voedselsekerheid is die doelwit. Eddie Cross, ‘n Ekonoom in Zimbabwe is vertroud met die plan en gesels vanoggend meer in diepte daaroor met ons...

    SA-landbou: so staan sake

    Play Episode Listen Later Mar 31, 2021 5:38


    Die Suid-Afrikaanse Minister van Landbou Thoko Didiza, en verteenwoordigers van landbou-unies, landbou-ondernemings en lede van die burgerlike samelewing het in Pretoria vergader en die ontmoeting is as produktief beskryf. Die deelnemers het die vordering met die opstel en raadgewing van die meesterplan vir landbou en landbouverwerking bepaal. Didiza sê hulle doelwit is die uitbreiding van sub-sektore om by te dra tot ekonomiese groei, inklusiwiteit en werkskepping. Die Hoof Uitvoerende Beampte van die Landbou Sakekamer in Suid-Afrika, John Purchase het die vergadering bygewoon...

    VSA en bek- en klouseer - daar is geen kwessies nie

    Play Episode Listen Later Mar 30, 2021 1:34


    Die kommer wat deur die Amerikaanse Cattlemen’s Association uitgespreek is oor bek- en klouseer is weer in die nuus nadat die Adjunkminister van Gesondheid Ester Muinjangue vrae aan die Minister van Landbou Calle Schlettwein in die Nasionale Vergadering gestel het. Die Amerikaanse boere het hulle regering gevra om ‘n verbod om invoere te stel tot die uitbreking plaaslik onder beheer is. Maar Volgens Meatco se Korporatiewe Kommunikasie Bestuurder Rosa Hamukuaja-Thobias het daar tot dusver niks amptelik van gekom nie en handel verloop vlot.

    Minister gesels oor konflik met wilde diere

    Play Episode Listen Later Mar 30, 2021 5:44


    Konflik met wilde diere het oor die afgelope jare toegeneem en baie boere, beide kommunaal en kommersieel, sit met hulle hande in hulle hare in verskeie gebiede, veral met olifante. Die Namibiese Ministerie van Omgewingsake het verskeie programme daargestel om die konflik te mitigeer. Die minister is ons gas vanoggend....

    konflik die namibiese ministerie
    Kommunale gebiede, onwettige heinings, verbouing en meer onder die loep

    Play Episode Listen Later Mar 30, 2021 3:11


    Onwettige heinings in kommunale gebied wek kommer en die Namibiese Minister van Landbou Calle Schlettwein het melding van die uitdaging in die Nasionale Vergadering gemaak. Die Tradisionele Owerhede is gemaan om daadwerklike aksie in die verband te neem. Ons gesels vanoggend oor die kwessie en ander boerdery aangeleenthede met die Goewerneur van die Zambezi-streek Lawrence Sampofu...

    ons zambezi namibiese minister
    Unicef leer kinders, onderwysers om tuine te verbou

    Play Episode Listen Later Mar 29, 2021 3:49


    Unicef in Namibië het opleiding aan onderwysers, leerders en ouers aangebied om te verseker dat groentetuine by skole versorg word. Die opleiding het gesonde eetgewoontes, verbouing en selfs die sorg van saad ingesluit. Skool groentetuine is van kritiese belang vir leerders omdat ongeveer helfte van die land se skoolgaande kinders, ongeveer 400 000, maak staat op skool voeding programme vir ‘n daaglikse ete. Die Ministerie van Onderwys het meegemaak met die opleiding. Unicef Namibië se Onderwys Spesialis Dr Aune Victor het meer inligting...

    N$3 miljard deur Agribank belê in landbou

    Play Episode Listen Later Mar 29, 2021 8:29


    Agribank se totale lenings het van 225 miljoen Namibiese doller in 1990 tot 3 miljard doller in 2020 gegroei. Die syfer van 3 miljard sluit nie reeds afbetaalde lenings in nie en maak net melding van skuld wat nog betaal moet word. Die bank sê verder dat tussen 1992 en 2020 meer as 784 miljoen doller geleen is onder die sogenaamde Regstellende Aksie Leningskema en 3,4 miljoen hektaar is op hierdie manier bekom. Die bank se Hoof Uitvoerende Beampte Sakaria Nghikembua gesels meer in diepte oor die syfers met Kosmos 94.1 Landbounuus...

    kosmos agribank
    Slang konflik plan word ontwikkel

    Play Episode Listen Later Mar 29, 2021 4:44


    Francois Theart, Namibië se bekendste slangkenner en tans 'n derdejaarstudent aan die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie se Biodiversiteit Navorsingsentrum, sê slangnavorsing kry geen ­ondersteuning van die privaat sektor óf die regering nie. Theart is besig om ‘n slang konflik plan te bewerkstellig... hy sluit vanoggend by ons aan...

    Kommer oor toename in plaasaanvalle in SA

    Play Episode Listen Later Mar 26, 2021 1:39


    As die Noordwes Provinsie in Suid-Afrika enige aanduiding is, dan is plaasaanvalle besig om toe te neem in die buurland. Die Vryheidsfront Plus het sy kommer uitgespreek oor die toename in plaasaanvalle in Noordwes die afgelope 3 weke met 5 aanvalle wat aangeteken is. Dr Pieter Groenewald Leier van die Vryheidsfront Plus...

    Ons vang op met die houtskool bedryf in die land

    Play Episode Listen Later Mar 26, 2021 5:47


    Die Namibiese Houtskool Vereniging het ook uitdagings verlede jaar ervaar met inperkings regoor die wêreld as gevolg van die pandemie. Oor die algemeen is die bedryf baie belangrik vir Namibiese boere as deel van die diversifikasie wat aangemoedig word en vir die land, is dit ‘n belangrike uitvoer produk. Ons gans vanoggend is Michael DeGe, die Bestuurder van die vereniging...

    Namibiese rosyntjie bedryf onder die loep

    Play Episode Listen Later Mar 26, 2021 4:31


    Nuus dat die Suid-Afrikaanse rosyntjie bedryf miljoene in verliese gelei het as gevolg van swaar reën, gepaard met laer internasionale pryse, het vrae laat ontstaan oor hoe die plaaslike bedryf vaar. Kosmos 94.1 Landbounuus gesels vanoggend met Willem Visser, die Besturende Direkteur van Silverlands Vineyards naby Aussenkehr in die suide.

    Uerikua se besoeke 'n groot sukses

    Play Episode Listen Later Mar 25, 2021 1:13


    Die Goewerneur van die Otjozondjupa-streek James Uerikua het saam met die Voorsitter van die Streeksraad Maralyn Mbakera en die bemarkingsagentskap AMTA tuinbou- en pluimvee produsente besoek. Die goewerneur het insae van belanghebbendes gesoek. Uerikua se Uitvoerende Assistent Elvis Muraranganda sê dit het baie goed afgeloop.

    amta voorsitter
    Hoe gemaak met droogte ... ons moet vorentoe boer?

    Play Episode Listen Later Mar 25, 2021 6:17


    Verskeie kenners en ekonome is van mening dat droogte al die winste wat teen armoede gemaak is, uitwis. Maar, Namibië is ‘n land wat baie droogtes beleef en oor die algemeen, ontvang meeste gebiede tradisioneel min reën. Hoe gemaak met landbou waarop ons so staatmaak en om dinge nog verder te kompliseer, ons bestaansboere wat plant om hulleself te voed. Dr Kobus Laubscher, ‘n deurwinterede Landbou Ekonoom het ‘n paar antwoorde...

    Kommunale boere-unie gesels

    Play Episode Listen Later Mar 25, 2021 6:05


    Die kommunale boere unie, bekend as die Namibiese Nasionale Boere Unie voorspel rekord oeste in verskeie streke regoor die land. Boere het letterlik vooruit geboer en met die goeie reën is vooruitsigte uitstekend. Die unie het ‘n beroep op boere gedoen om aan te hou verbou, ook met winter gewasse. Vanoggend gesels die President van die unie, Jason Emvula met Kosmos 94.1 Nuus...

    Landbou: swot so

    Play Episode Listen Later Mar 24, 2021 4:00


    Dr Frikkie Maré, ‘n Landbou Ekonoom en Senior Dosent by die Universiteit van die Vrystaat gesels vanoggend oor raad in van studie rigtings vir toekomstige landbouers. Daar is ‘n groot verskeidenheid opsies soos hy verduidelik..

    Afvaardiging gesels oor Kunene-besoek

    Play Episode Listen Later Mar 24, 2021 3:27


    Die knellende droogte in die Kunene-streek geniet op die oomblik aandag nadat die PDM ‘n mosie ter tafel gelê dat die Nasionale Vergadering ‘n taakmag saamstel om die streek te besoek. Boere in die streek het duisende vee verloor en hulle maak staat op voedselbystand om te oorleef. Die taakmag is pas terug in die hoofstad en die Voorsitter, Nono Katjingisiua, gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus oor wat hulle ervaar het.

    kosmos pdm boere kunene voorsitter
    Grondboontjie produsente - dis nie vir peanuts die jaar nie!

    Play Episode Listen Later Mar 24, 2021 5:09


    Namibiese grondboontjie produsente het meer as 1 000 hektaar die jaar geplant en ‘n bogemiddelde oes word verwag. Dawie Kok, Voorsitter van die Grondboontjie Vereniging sê reënval was tot dusver baie goed en daar was nie noemenswaardige uitdagings nie. Hy sluit by ons aan...

    hy voorsitter
    Groot verliese in SA rosyntjie bedryf

    Play Episode Listen Later Mar 23, 2021 3:29


    Daar word ‘n groot afname in die oes vooruitskattings vir rosyntjies in Suid-Afrika verwag. Die swaar reën wat ontvang is het skade aangerig. Ferdi Botha, Raisins SA se Hoof Uitvoerende Bestuur gesels vanoggend met Pieter Moller in Suid-Afrika oor verwagtinge en die stand van die bedryf.

    Begroting: landbou suip aan die agterspeen

    Play Episode Listen Later Mar 23, 2021 5:01


    Die tweede weergawe van die Harambee Welvaartsplan het nie melding gemaak van landbou nie, ook nie in sy ekonomiese pilaar nie. Die begroting het ook nie werklik enige noemenswaardige bydraes aan landbou gemaak nie. Tog, word landbou voorgehou as een van die ekonomiese sektore van die ekonomie grootliks ondersteun en werk skep. Voedselsekerheid en grond tekorte raak ook al hoe meer uitdagend vir die Swapo-regering... Die bekende Unam Ekonoom Dr Omu Kakujaha Matundu sluit by ons aan....

    Oesvooruitskattings daal as gevolg van laat plant, nat toestande

    Play Episode Listen Later Mar 23, 2021 9:07


    Goeie reën syfers beteken nie noodwendig ‘n beter oes vir mielie- en mahangu-produsente nie. Daar was uitdagings wat veral witmielie produsente geraak het. Reën het laat gekom so hulle het later geplant en die sprinkaanplaag bring ook tans sy eie uitdagings. Gilbert Mulonda, die Algemene Bestuurder van Akkerbou en Tuinbou by die Namibiese Akkerbouraad gesels in diepte vanoggend met ons oor die vooruitskattings.

    Tweede plaag woed te midde van plaagdoder tekorte

    Play Episode Listen Later Mar 19, 2021 3:11


    Die Namibiese Ministerie van Landbou sê die tweede rooi sprinkaanplaag is baie erger as die eerste een en baie groter vlieënde swerms word gewaar. Margaret Kalo, Woordvoerder van die ministerie sê daar is tans nie voorraad vir plaagdoders nie.

    woordvoerder die namibiese ministerie
    Leerders word geleer om te beoordeel... hoor hier!

    Play Episode Listen Later Mar 19, 2021 4:57


    Bank Windhoek en Voermeester bied vir die tweede keer die nasionale Jeug Beesbeoordeling Kursus en Kompetisie. Die mikpunt is om Graad 9 tot 11 leerders op te lei as beoordelaars van beesrasse. Dawid Krause, die Korporatiewe Handelsmerk Spesialis van Voermeester gesels vanoggend met ons hieroor...

    Twee lekker veilings in die suide van die land

    Play Episode Listen Later Mar 19, 2021 9:50


    Daar's 'n Meatmaster stoetveiling en die Suidelike Bul- en Vroulike Diere veiling... Paul Klein van Agra Veilings gesels...

    Insetkoste sal styg

    Play Episode Listen Later Mar 17, 2021 1:25


    Landbou kenners is dit eens dat insetkoste in die landbou wel die jaar sal styg, veral met Brent ru-olie pryse en elektrisiteit. NamPower het verlede jaar geen prysverhoging ingestel nie maar Eskom het toestemming daarvoor ontvang. Daar is ander faktore wat ook ‘n rol speel, soos die Ekonoom van Cirrus in die hoofstad Robert McGregor verduidelik...

    Agribank-hoof praat oor voorheen benadeelde boere wat verligting eis

    Play Episode Listen Later Mar 17, 2021 5:21


    Voorheen benadeelde kliënte van Agribank, wat ‘n unie, die Nasionale Voorheen Benadeelde Boere Unie gestig het, eis ‘n vergadering met Agribank om die bepalings van hulle sogenaamde Affirmative Action Loan Scheme te hersien. Hulle sê hulle het groot uitdagings beleef met die droogte. Agribank op sy beurt meen kliënte moet op ‘n individuele basis die bank nader. Die bank se Hoof Uitvoerende Beampte Sakaria Nghikembua is ons gas...

    hulle voorheen agribank
    Kleinskaalse produksie onder die loep

    Play Episode Listen Later Mar 17, 2021 4:48


    Kleinskaalse produksie raak al hoe meer belangrik vir voedselsekerheid veral met die huidige ekonomiese uitdagings. Daar is ook volgens berigte talle ongeletterde Namibiërs of, Namibiërs wat eenvoudig nie die kennis het nie, maar graag hulle eie kos wil verbou. Nahas Angula, die voormalige Eerste Minister en nou afgetree en ‘n boer in die noordelike kommunale gebiede, gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus vir meer hieroor...

    Kunene boer gesels ....

    Play Episode Listen Later Mar 16, 2021 3:30


    Die Kunene-streek is die afgelope tyd in die nuus met uitdagings met droogte toestande. Vanoggend gesels Kosmos 94.1 Landbounuus met Jekonia Nakashwa, ‘n tuinbou-produsent naby Okapundja in die streek, oor sy uitdagings. Nakashwa sê niks kom maklik nie en ‘n boer moet sterk wees wanneer daar uitdagings is....

    China kan Afrika-landbou mooi bystaan meen kenners

    Play Episode Listen Later Mar 16, 2021 6:12


    Kenners in landbou meen dat Afrika sy noue betrekkinge en samewerking met China ten opsigte van tegnologie-oordrag, vaardigheidsgroei en beleidsontwikkeling ten volle benut om 'n rewolusie in sy landbousektor te maak. Daar word berig dat China se ervaring in die transformasie van die hele land rondom landbou, sien mens dat China se ervaring, kennis, belegging, en tegniese kundigheid oral deurkom. Ons kry perspektief by die bekende Landbou Ekonoom Dr Kobus Laubscher...

    Opleiding vir ontluikende produsente

    Play Episode Listen Later Mar 16, 2021 8:41


    Produsente wat belangstel in tuinbou en hoender- en eier-produksie het nou ‘n gulde geleentheid om opleiding saam met Foundations for Farming by te woon. Die opleiding handel ook oor goeie water vernuf, produksie van kompos en meer. Die opleiding vind vanaf 28 tot 31 Maart plaas. Monica Barnard van die stigting, sluit by ons aan...

    Boere is belangrike vennote vir Eskom

    Play Episode Listen Later Mar 15, 2021 2:56


    Suid-Afrikaanse boere en staatsondernemings soos Eskom moet saam werk om oplossings vir die uitdagings waarvoor beide sektore te staan kom, te vind. Dit is die mening van die Uitvoerende Hoof van die buurland se landbou-maatskappy Senwes, Francois Strydom. Dit volg na beraadslagings met die hoof van Eskom, André de Ruyter. Dr Theo de Jager, Saai se Voorsitter in Suid-Afrika stem saam.

    Krisis in Kunene

    Play Episode Listen Later Mar 15, 2021 6:42


    Die leier van die Swanu-party Tangani Iijambo sê die knellende droogte in die Kunene sal op ‘n punt kom waar dit die stabiliteit en sekuriteit van Namibië bedreig. Iijambo sê inwoners van die streek sal in reg in eie hande neem as die regering hulle nie bystaan nie. Die PDM se Vipuakuje Muharukua het ‘n mosie ter tafel gelê dat die Nasionale Vergadering ‘n taakmag saamstel om die streek te besoek. Dit is deur die Minister van Visserye Albert Kawana ondersteun. Kawana het bygevoeg dat die Kantoor van die Eerste Minister reeds die saak ondersoek. Boere in die streek het duisende vee verloor en hulle maak staat op voedselbystand om te oorleef. Dudu Murorua 'n boer in die Kunene-streek, 'n politikus en ook ‘n LP is ons gas.

    Oorvloed van Angolese burgers veroorsaak onmin oor weiding

    Play Episode Listen Later Mar 15, 2021 4:34


    ‘n Humanitêre krisis is besig om op die noordelike grens tussen Namibië en Angola te ontstaan weens die voortslepende droogte in die gebied. Die deel wat die ergste geraak word is die Curoca-distrik in Angola waar dit grens aan Namibië se Kunene- en Omusati-streke, met honderde mense wat reeds die grens na Namibië oorgesteek het op soek na kos en water, ook vir hulle vee. Die Goewerneur van Omusati – Erginus Endjala – sê die situasie is sorgwekkend…. Hy sluit by ons aan.

    Jongste oor vleispryse in SA en Nam se impak op daardie mark

    Play Episode Listen Later Mar 11, 2021 4:06


    Dr Frikkie Maré, ‘n Landbou Ekonoom en Senior Dosent by die Universiteit van die Vrystaat gesels vanoggend oor vleispryse in Suid-Afrika. Hy maak melding van die invloed wat Namibiese produsente in die verband op die buurland het.

    Tuinbou- en pluimvee-produsente in Otjozondjupa moet aantree

    Play Episode Listen Later Mar 11, 2021 3:59


    Die Goewerneur van die Otjozondjupa-streek James Uerikua sal saam met die Voorsitter van die Streeksraad Marlayn Mbakera en die bemarkingsagentskap AMTA sal tuinbou- en pluimvee produsente vanaf die komende Sondag tot volgende week Saterdag besoek. Die goewerneur wil insae van belanghebbendes ontvang. Uerikua se Uitvoerende Assistent Elvis Muraranganda sluit by ons aan vir meer oor die besoek.

    amta sondag saterdag voorsitter
    Ministerie gesels oor jongste in verband met sprinkane

    Play Episode Listen Later Mar 11, 2021 10:32


    Die sprinkaanplaag in die noorde van die land wek baie groot kommer. Volgens die Adjunkminister van Landbou Anna Shiweda, het die swerm, wat eers in Kavango Oos aangemeld is, reeds sy verskyning in Kavango Wes, Oshikoto en Ohangwena gemaak. Vlieënde sprinkane is uiters moeilik om te beheer. Die Hoof Wetenskapsbeampte in die Ministerie van Landbou, Violet Simataa is ons gas.

    Kommoditeitspryse in SA, en insetkoste sal styg...

    Play Episode Listen Later Mar 10, 2021 4:56


    Dr Johnny van der Merwe van die Universiteit van die Noordwes gesels met die bekende Pieter Moller oor die jongste oor kommoditeitspryse in Suid-Afrika ... In sy mening sal insetkoste in die volgende maande styg....

    Voedselsekerheid daal - hier's hoekom

    Play Episode Listen Later Mar 10, 2021 8:18


    Die jongste verslag van die Globale Voedselsekerheid Indeks is bekend en vanoggend gesels die Hoof Uitvoerende Beampte van die Landbou-sakekamer in Suid-Afrika, John Purchase met ons oor die daling in die indeks, ook in Suid-Afrika. Kenners meen dat beleid klem moet plaas op die versterking van voedselsekerheid, regoor die wêreld...

    Eerste Minister gesels oor bystand aan boere

    Play Episode Listen Later Mar 10, 2021 5:49


    Namibiese boere in die Karas-, Hardap-, Kunene- en Omaheke-streke sal hoë-kwaliteit bokke by die Namibiese regering ontvang om, onder andere, die impak van die droogte te mitigeer. Die Ministerie van Landbou sê dit vorm deel van ‘n reeks ingrypings om die boere by te staan. Ander ingrypings sluit voedsel subsidies, die huur van weiding en die voorsiening van voer aan boere in. Die Namibiese Eerste Minister Dr Saara Kuugongelwa Amadhila sê die projek is reeds jare aktief en sy sluit by ons aan vanoggend ...

    SA oorheers steeds streek se hoendermark

    Play Episode Listen Later Mar 9, 2021 4:23


    Luidens ‘n studie wil dit voorkom asof hoender produsente in Botswana en Zambië gekoppel kan word aan Suid-Afrikaanse maatskappye wat die mark oorheers in terme van produksie en produksie koste. Namibië se hoender bedryf het baie groot uitdagings met goedkoper invoere wat produksie baie bemoeilik. Ian Collard, die Uitvoerende Hoof van die NMI Groep wat ook Namib Poultry Industries besit, sluit aan om meer in diepte hieroor te gesels...

    Wees rustig - daar kom nog reën en winter is effe laat

    Play Episode Listen Later Mar 9, 2021 2:22


    Daar is groot onsekerheid onder boere oor of daar nog reën in die vooruitsig is vir Namibië en of die winter reeds begin aankom... oggende is reeds koeler en die lug is wolkloos... Maar, volgens Johan van den Berg is dit nie die geval nie... Winter is vertraag en reën is steeds op pad.

    Jongste oor brouerye se gars-projek

    Play Episode Listen Later Mar 9, 2021 5:55


    Namibië Brouerye het groot uitdagings beleef met sy eie program om gars te plant vir sy King Lager produk. Maar vanaf 2017, toe die projek geloods is, tot vandag, was daar erge uitdagings met die pandemie wat eintlik as een van die minste beskryf kan word. Christin Obst, die brouery se Bestuurder vir Strategiese Verkryging gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus oor die jongste...

    Jongste oor grondonteiening in SA

    Play Episode Listen Later Mar 8, 2021 4:01


    Die Suid-Afrikaanse parlementêre ad hoc-komitee oor Artikel 25 van die Grondwet het begin met beraadslaging oor grondonteiening sonder vergoeding. Die komitee se opdrag is om die proses te hanteer wat die Grondwet moet verander sodat voorsiening gemaak word dat grond sonder vergoeding onteien mag word. Die komitee sal na verwagting die wetsontwerp oor die grondwetwysigings teen 19 Maart aanvaar. Die bekende Landbou Ekonoom Dr Kobus Laubscher...

    artikel maart grondwet die suid afrikaanse
    Paul Klein gesels oor veiling pryse

    Play Episode Listen Later Mar 8, 2021 9:36


    Pryse vir lewendehawe het oor die algemeen skerp gestyg oor die afgelope maande, wat volgens kenners, deur tekorte in kudde gedryf is. Die impak van inperkings het ook ‘n invloed gehad en die verbruiker gaan op die oomblik gebuk onder baie hoë vleispryse. Ons sluit vanoggend aan by Paul Klein, die Algemene Bestuurder van Agra Veilings om meer in diepte hieroor te gesels.

    Entstof vir snotsiekte word ontwikkel

    Play Episode Listen Later Mar 8, 2021 6:14


    In samewerking met die Moredun Instituut in Skotland sal Onderstepoort in Pretoria ‘n entstof ontwikkel vir kwaadaardige katarrale koors, bekend in omgangstaal as snotsiekte. Die bekende Veearts, Dr Peter Oberem sê die virale siekte word oorgedra deur swart en blou wildebeeste. Beeste in die omgewing van siek diere sal simptome binne 'n maand na blootstelling begin toon. Hy is ons gas vanoggend...

    Boere kan hulp vra met paaie

    Play Episode Listen Later Mar 5, 2021 1:49


    Die Paaie Owerheid het hulle hande vol gehad met goeie reën wat talle paaie, en veral grondpaaie regoor die land beskadig het. Hoe lyk dinge in jou gebied en is daar hulp? Hileni Fillemon, Korporatiewe Woordvoerder by die Owerheid is ons gas... Hileni, what can farmers do with roads that are still badly damaged in their area?

    Kenner gesels oor moontlikhede vir Neckartal-besproeiing

    Play Episode Listen Later Mar 5, 2021 10:35


    Nuus dat Neckartaldam, wat op die oomblik vol is, totaal onbenut lê het Namibiërs regoor die land ontstel. Die regering het nie begroot vir die 5 000 hektaar se besproeiingsaanleg nie en dus, kan dit nie op die oomblik ontwikkel word nie. Maar, sou dit moontlik wees, veral met die ekstreme klimaat in daardie gebied, wat is alles moontlik? Ons gas is ‘n kenner in die gebied van akkerbou, Andries Theron van Graan SA gesels saam.

    Agribank besoek sy kliënte

    Play Episode Listen Later Mar 5, 2021 4:14


    Agribank het kliënte van beide sy lenings sowel as opleiding wat hy bied regoor die land besoek. Van die boere ontvang ook mentorskap van boere in die omgewing. Erastus Ngaruka, die bank se Tegniese Adviseur vir Lewendehawe en Akkerbou het pas teruggekeer. Hy is ons gas.

    hy agribank
    Boer is harde werk, boer is lekker, boer is belangrik

    Play Episode Listen Later Mar 4, 2021 3:25


    Elize Eliphas is ‘n kommersiële boer in naby Maltahöhe. Sy is deur Agribank gekies as ‘n begunstigde van ‘n lening en word ook ge-mentor deur die bank. Eliphas, 32, het vroeg-vroeg begin boer toe sy op 14 haar suster moes bystaan in die Kavango Oos-streek. Sy sê mense moet nie boerdery as ‘n lyn vir swak akademiese presteerder ag nie... Sy deel haar storie vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus...

    kosmos sy agribank
    Meatco gesels oor sy 2021 strategie vir verkryging

    Play Episode Listen Later Mar 4, 2021 6:13


    Meatco het sy verkrygingstrategie vir 2021 aangepas en bekend gestel. Volgens die maatskappy, sal daar aankope in kommunale gebiede ook gedoen word om sodoende aan uitvoer kwotas te voldoen. Daar is op die oomblik baie groot uitdagings vir die abattoir as gevolg van lae kudde getalle en diere word ook uit Botswana ingevoer. Rosa Hamukuaja-Thobias Meatco se Korporatiewe Betrekkinge Bestuurder gesels vanoggend hieroor...

    Wat gaan in jou voerkrip?

    Play Episode Listen Later Mar 4, 2021 6:25


    Voerkripbestuur behels die evaluering van diere se vreetgewoontes, met inagneming van die onderskeie faktore wat hul inname beïnvloed. Die primêre oogmerk met voerkripbestuur is die daaglikse, konstante voorsiening van ’n homogene, gebalanseerde rantsoen in voldoende hoeveelhede. Die tweede doelwit is om ’n ideale rumenomgewing te skep wat optimale produksie sal verseker, hetsy die produk vleis of melk is. Francois Jones, Nutrifeed se Tegniese Adviseur vir die Sentraal Suidweste.

    Claim Kosmos 94.1 Landbou

    In order to claim this podcast we'll send an email to with a verification link. Simply click the link and you will be able to edit tags, request a refresh, and other features to take control of your podcast page!

    Claim Cancel