Podcasts about hage geingob

President of Namibia

  • 26PODCASTS
  • 213EPISODES
  • 4mAVG DURATION
  • 1EPISODE EVERY OTHER WEEK
  • Jun 1, 2025LATEST
hage geingob

POPULARITY

20172018201920202021202220232024


Best podcasts about hage geingob

Latest podcast episodes about hage geingob

Nuus
Rugby: FNB Kudus, FNB Wanderers deur na eindstryd in Premierliga

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 1, 2025 0:09


FNB Kudus en FNB Wanderers het Saterdag op die Hage Geingob-stadion in Windhoek deurgedring na die eindstryd van die Namibiese Rugbypremierliga. FNB Kudus het FNB Grootfontein met 42-37 geklop, terwyl FNB Wanderers Trustco United met 39-14 verslaan. PJ Walters, die kaptein van FNB Kudus, het só na hul stryd teen FNB Grootfontein reageer:

Nuus
Monica Geingos huldig Dr. Hage G. Geingobstraat in Lusaka in

Nuus

Play Episode Listen Later May 19, 2025 0:39


Die derde eerste dame van Namibië, Monica Geingos was die naweek in Zambië om die hernoeming van 'n straat na wyle president Hage Geingob in te huldig. Die voormalige Sadzustraat in Lusaka heet nou Dr. Hage G. Geingobstraat. Geingos het by die geleentheid Geingob se liefde vir Zambië onderstreep. Monica Geingos Maandag

Nuus
Begrafnis-miljoene is pure vermorsing

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 30, 2025 0:39


Staatsbegrafnisse het belastingbetalers in die 2024-25 boekjaar 38,4 miljoen Namibiese dollar gekos. Dit was vir 16 begrafnisse, insluitend dié van president Hage Geingob en stigterspresident Sam Nujoma. Eerste minister Elijah Ngurare sê sy kantoor het 1,9 miljard dollar ontvang, waarvan 2,5 miljoen dollar op Heldedag- en 25,6 miljoen op onafhanklikheidsvieringe bestee is. Kosmos 94.1 nuus het Henk Mudge, president van die Republikeinse Party, se opinie gevra.

Nuus
NNN moet verduidelik oor pensioene

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 6, 2025 0:36


Die regering skuld bejaardes ‘n verduideliking hoekom pensioene in die huidige begrotingsjaar nie verhoog is nie, sê kenners. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het tydens haar verkiesingsveldtog verlede jaar onderneem sy sal wyle president Hage Geingob se belofte gestand doen deur dit na 3 000 Namibiese dollar per maand te verhoog. Kosmos 94.1 Nuus het dr. Marius Kudumo, ‘n kenner op die gebied van regeringsbestuur, gepraat:

Nuus
Pensioenarisse suig aan agterspeen

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 2, 2025 0:26


Die verhoging van maatskaplike toelaes soos staatspensioene is in die afsienbare toekoms nie ‘n prioriteit vir die regering nie. Volgens die finansministerie se woordvoerder, Wilson Shikoto, fokus die regering eerder op kwessies soos voedselproduksie. Dit is teenstrydig met president Netumbo Nandi-Ndaitwah se verkiesingsveldtog verlede jaar toe sy onderneem het om wyle president Hage Geingob se beloftes gestand te doen dat pensioene tot 3 000 Namibiese dollar maandeliks sal verhoog. Pensioenarisse ontvang tans 1 600 dollar per maand. Shikoto het onlangs die volgende aan One Africa gesê.

Nuus
Namises looi NNN-administrasie oor pensioen-stilte

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 28, 2025 0:42


Reaksie word ontvang oor die vaagheid rakende hoër staatspensioene. Ondanks president Netumbo Nandi-Ndaitwah se groot verkiesingsbeloftes dat Namibië se oues van dae meer pensioen sal ontvang, het finansminister Ericah Shafudah nie ‘n enkele woord daaroor gerep in haar eerste begrotingstoespraak Donderdag nie. Tydens haar verkiesingsveldtog verlede jaar het Nandi-Ndaitwah gesê sy sal wyle president Hage Geingob se belofte gestand doen om staatspensioene na 3 000 dollar te verhoog. Tans kry oumense 1 600 dollar per maand. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van maatskaplike aktivis, Rosa Namises:

Nuus
NNN: Namibiërs verwag konsekwente leierskap

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 27, 2025 0:37


President Netumbo Nandi-Ndaitwah het onomwonde aan haar nuwe kabinet gesê dat dienslewering uiters belangrik is en dat hulle prestasie elke drie maande geëvalueer sal word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die bestuurskenner dr. Marius Kudumo, wat sê wyle president Hage Geingob het 'n soortgelyke inisiatief ingestel, maar die uitslae is nie bekend gemaak nie. Kudumo het die publiek se huidige verwagtinge uitgelig.

Nuus
'Mbumba was waardige leier'

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 23, 2025 0:38


Met president Netumbo Nandi Ndaitwah nou aan die stuur van sake in Namibië, het kenners begin met ‘n bestek-opname van haar voorganger, Nangolo Mbumba. Mbumba het die leisels oorgeneem na die dood van Hage Geingob. Kosmos 94.1 Nuus het dr. Marius Kudumo, 'n bestuurskenner en politieke kommentaar, gesels, wat oudpresident Mbumba as ‘n waardige leier beskryf.

Nuus
NNN stel nie belang in groenwaterstof nie

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 20, 2025 0:39


Terwyl groenwaterstof ‘n prioriteit was onder die presidentskap van Hage Geingob blyk dit nie om Netumbo Nandi-Ndaitwah se belangstelling te hê nie. Die kwessie is nie eers vervat in die Swapo manifes nie. Dit kom terwyl daar reuse beleggings in die bedryf gemaak is en groot suksesse behaal is. Die presidensiële woordvoerder Alfredo Hengari het dit so uiteengesit in ‘n onderhoud met Desert FM.

Nuus
NNN het nie groenwaterstof in haar beplanning nie

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 19, 2025 0:39


Terwyl groenwaterstof ‘n prioriteit was onder die presidentskap van Hage Geingob blyk dit nie om Netumbo Nandi-Ndaitwah se belangstelling te hê nie. Die kwessie is nie eers vervat in die Swapo manifes nie. Dit kom terwyl daar reuse beleggings in die bedryf gemaak is en groot suksesse behaal is. Die presidensiële woordvoerder Alfredo Hengari het dit so uiteengesit in ‘n onderhoud met Desert FM.

Nuus
Geingob-gedenknoot vandag in banke beskikbaar

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 18, 2025 0:42


Die 60 Namibiese dollar gedenkbanknoot ter ere van wyle president Hage Geingob en sy 60 jaar diens aan die land, is van vandag af by banke beskikbaar. Aangesien dit 'n beperkte uitgawe is, kan dit slegs binne banke oor die toonbank verkry word. Sandra Garises, die Bank van Namibië se kommunikasie-kantoor spanleier, gee meer inligting.

BizNews Radio
Who really killed Anton Lubowski ?

BizNews Radio

Play Episode Listen Later Feb 11, 2025 34:43


35 years ago, anti-Apartheid activist advocate Anton Lubowski was assassinated outside his home in Windhoek. His killers have still not been brought to book, but his widow Gabriele is still fighting for justice. In this interview with BizNews, she describes a walk Anton took with Hage Geingop, the now late President of Namibia, on the morning of his death. “…And he must have told Hage Geingop what burdened him. And a couple of hours later, he was dead. What is significant to me is that whenever somebody asked Hage Geingop about that, he immediately threatened them with lawyers.” She said the family had to leave Windhoek in '92 because “I was just warned: Leave your fingers from this case. It is dangerous for you and the children.” Although a High Court inquest did find that Anton was killed by a hitman hired by the South African National Defense Force's Civil Cooperation Bureau (CCB), Gabriele believes “they were only used as a decoy” and that the alleged hitman was “just a patsy” who “couldn't even hold an AK-47”. She describes visiting the CCB's Ferdi Barnard in prison and believes he “really didn't know” who had killed Anton. Gabrielle also addresses suspicions that Anton was a South African Military Intelligence (MI) spy, and says: “So whatever information Anton had, that he shared with Hage Geingob on the Tuesday morning of his death…was stronger…then the decision was taken, this guy needs to go.”

Nuus
Namibië vier 35 jaar na aanvaarding van Grondwet

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 9, 2025 0:42


Namibië eer vandag die 35ste herdenking van die aanvaarding van die Grondwet. Hierdie mylpaal reflekteer op die kernwaardes van eenheid, vryheid, gelykheid en geregtigheid wat steeds die nasie vorm. Namibië se hoogste wet, wat erken word as een van die mees progressiewe grondwette ter wêreld, beskerm die waardigheid en fundamentele regte van alle individue, insluitend die regte op lewe, vryheid en die strewe na geluk. Die geleentheid bring ook hulde aan wyle president Hage Geingob, wie se leierskap deurslaggewend was in die opstel van die Grondwet as voorsitter van die Grondwetgewende Vergadering. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die politieke ontleder dr. Phanuel Kaapama oor of die Grondwet gehandhaaf en beskerm word deur diegene wat daarmee toevertrou is.

Nuus
Namibiërs is veerkragtig, Saara wens almal 'n goeie 2025 toe

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 1, 2025 0:24


President Nangolo Mbumba het in sy Nuwerjaarsboodskap melding gemaak van die uitdagings wat die land in 2024 in die gesig gestaar het wat begin het met die afsterwe van dr. Hage Geingob sowel as die voortslepende droogte. Maar, hy sê Namibiërs is veerkragtig en die land sal wel seëvier. Intussen het eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en wens alle Namibiërs 'n gelukkige 2025 toe.

Nuus
Swapo-kongres 'goed vir party, demokrasie'

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 22, 2024 0:33


Swapo sal op 28 Februarie volgende jaar sy buitengewone kongres hou. ‘n Nuwe partypresident moet op die kongres verkies word na dr. Hage Geingob se afsterwe. Volgens berigte sal die pos van vise-president, wat tans deur Netumbo Nandi-Ndaitwah beklee word, nie verkiesbaar wees nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende regsman Richard Metcalfe gepraat, wat Swapo lede verteenwoordig wat die party hof toe gevat het omdat 'n buitengewone kongres nie binne drie maande na Geingob se dood gehou is nie. Metcalfe lewer kommentaar.

Nuus
Swapo sê oor sy kongres en stemmery vir Geingob se pos

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 20, 2024 0:39


Swapo se buitengewone kongres sal op 28 Februarie volgende jaar plaasvind. Volgens The Namibian, sal die pos van vise-president, wat tans deur Netumbo Nandi-Ndaitwah beklee word, nie verkiesbaar sal wees nie. Die kongres moet ‘n nuwe partypresident verkies na dr. Hage Geingob se afsterwe, soos Swapo se sekretaris van inligting Hilma Nicanor verduidelik.

Nuus
Veels geluk, Monica Geingos, lekker verjaar!

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 15, 2024 0:36


Voormalige eerste dame Monica Geingos verjaar vandag. Geingos, wat bekend is vir haar onwrikbare toewyding om maatskaplike kwessies aan te spreek, gaan voort om ontelbare lewens in Namibië positief te beïnvloed. Sy het vanaf 2015 as die derde presidentsvrou gedien tot die afsterwe van haar man, wyle Hage Geingob, in Februarie vanjaar. Kosmos 94.1 Nuus het met premier Saara Kuugongelwa-Amadhila gesels, wat namens alle Namibiërs haar opregte verjaardagwense aan Geingos oordra.

Nuus
Presidensie kap Beukes, media oor persvryheid

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 13, 2024 0:38


Die Presidensie het skerp gereageer op wat hy as veralgemenings deur veteraan joernalis Jonathan Beukes oor president Nangolo Mbumba se verbintenis tot persvryheid beskryf. Hy sê dis misplaas, en is 'n wanvoorstelling van feite. Mbumba se woordvoerder, Alfredo Hengari wat gereeld die media aanval, sê die president is ‘n voorbeeldige rentmeester van demokrasie. Beukes sê sedert die dood van Hage Geingob is daar kommer oor persvryheid, wat die media-ombud staaf. Intussen het die media-vakbond ook gereageer op die inligtingsministerie se verklaring. Die vakbond se sekretaris-generaal Jemima Beukes.

Nuus
Sensus: 40% van huishoudings het geen toegang tot toilette nie

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 30, 2024 0:27


Die Namibiese regering belowe reeds jare dat elke landsburger toegang sal hê tot toiletgeriewe. In die eerste Harambee-welvaartsplan het oudpresident Hage Geingob beloftes gemaak om die tekort teen 2017 uit te wis, wat weer herhaal en verleng is. Die jongste sensus-uitslae toon dat vordering uiters traag is. Teen 2020 het 47 persent van die bevolking steeds geen toegang tot toilette gehad nie. Daardie syfer staan nou op 40 persent. Die statistikus-generaal Alex Shimuafeni het die syfers vanoggend bekend gemaak.

Nuus
Groei vanjaar 3,6%, volgende jaar 5,4%: Shiimi

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 30, 2024 0:32


Finansminister Ipumbu Shiimi kon uiteindelik die middeltermyn begroting in die Nasionale Vergadering ter tafel lê, nadat daar twee dae agtermekaar nie 'n kworum was om dit te kon doen nie. Shiimi sê die tema van hierdie begroting is "Gee om vir die Namibiese kind" wat dr. Hage Geingob se nalatenskap voortsit, maar dit is in die skadu wat die droogte oor lewensbestaan ​​en ekonomiese aktiwiteite werp. Shiimi sê ekonomiese groei is op 3,6 persent vanjaar geraam, voordat dit verbeter tot 5,4 persent in 2025.

Nuus
As Swapo N$17m kan insamel, kan armes en hongeres ook gehelp word

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 10, 2024 0:39


Swapo het na wat berig word 16,2 miljoen Namibiese dollar by sy gala-dinee ingesamel, asook 1,1 miljoen dollar by ‘n veiling. Dit kom na sy sekretaris-generaal Sophia Shaningwa in hofstukke uiteengesit het dat die party nie fondse het om die nodige buitengewone kongres te hou na die afsterwe van Hage Geingob nie. Die gala-dinee is skerp gekritiseer op X, met woedende Namibiërs wat vra hoe die party sulke uitspattige funksies kan hou wanneer die regering internasionaal geld bedel vir voedselhulp. Kosmos 94.1 Nuus het met die sosiale aktivis Simon Amunime gesels.

Nuus
Laaste Dr. Hage Geingob-beker toernooi op 19 Oktober

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 6, 2024 0:40


Die 10de en laaste uitgawe van die Dr. Hage Geingob-beker toernooi vind op 19 Oktober by die Onafhanklikheidstadion in Windhoek plaas. Sedert sy ontstaan ​​in 2014 het die toernooi gegroei tot 'n simbool van nasionale trots en eenheid, en die laaste uitgawe beloof om onvergeetlik te wees. Die wenner van die Debmarine Namibië Premier Sokkerliga, African Stars, sal met die PstBet NFA-beker titelhouer Eeshoke Chula Chula kragte meet, terwyl Ongos Ladies in die vroue-byeenkoms teen Girls and Goals sal meeding. Die opbrengste van die geleentheid sal aan die Geingob-familie geskenk word om die stigting van die Dr. Hage Geingob-gedenkbiblioteek te ondersteun. Die voorsitter van die reëlingskomitee, Amos Shiyuka, het met die NBC gesels oor Geingob se liefde vir sport.

Nuus
Swapo se geldsake op die voorgrond in die hof

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 2, 2024 0:29


Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, het in hofstukke verklaar dat die party nie kan bekostig om 'n buitengewone kongres te hou nie. Haar verklaring is ingehandig in die saak waarin vyf Swapo-lede die party dagvaar omdat daar nie 'n kongres na Hage Geingob se dood gehou is om onder andere 'n nuwe partyleier te kies nie. Die lede sê dit is strydig met die party se grondwet. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah gepraat, wat sê 'n gebrek aan fondse is 'n rede tot kommer.

Nuus
LPM kap Mbumba oor jeugwerkloosheid aanmerkings

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 28, 2024 0:33


Die regerende party het al verskeie opmerkings gemaak oor jeugwerkloosheid maar nie alles is positief ontvang nie. Voorheen het wyle president Hage Geingob 'n stelling gemaak dat die jeug werkskeppers moet wees. Meer onlangs het president Nangolo Mbumba by 'n byeenkoms gesê dat Namibiërs hulself moet opvoed en oplei om werkloosheid aan te spreek. Kosmos 94.1 Nuus het by Lifalaza Simataa, die woordvoerder van die Landless Peoples Movement, gaan aanklop oor sy opinie.

Nuus
Swapo blyk om bang te wees vir kongres-hofsaak

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 23, 2024 0:37


Swapo het by 'n perskonferensie hom by monde van prokureur Sisa Namandje uitgespreek oor die hofsaak waarin vyf lede die party hof toe vat oor die spesiale kongres wat nie gehou is na Hage Geingob se dood nie. Namandje het onder andere gesê die saak het niks te doen met die wettigheid van Netumbo Nandi-Ndaitwah as presidensiële kandidaat nie. Hy het ook gesê die party lag vir die lede en sy beantwoordende verklarings, wat teen 30 Augustus ingedien moet word, sal die lede se saak vernietig. Reaksie is ontvang van prokureur Richard Metcalfe, van Metcalfe Beukes Prokureurs, wat die vyf lede verteenwoordig.

Nuus
Nandi-Ndaitwah is wettige presidentskandidaat: Swapo

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 22, 2024 0:30


Swapo het by 'n perskonferensie in die hoofstad versekeie onduidelikhede aan partylede opgeklaar. Dit volg op die hofsaak waarin vyf lede die party hof toe vat oor die spesiale kongres wat nie gehou is na Hage Geingob se dood nie. Die eerste was die wettigheid van Swapo se presidentskandidaat. Prokureur Sisa Namandje sê uitdruklik Netumbo Nandi-Ndaitwah is die wettige kandidaat.

Nuus
Jeugwerkskepping: Dit handel meer oor wat gedoen sal word

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 12, 2024 0:30


Dit is reeds ses maande sedert president Nangolo Mbumba in die amp bevestig is na die afsterwe van president Hage Geingob. Dr. Alfredo Hengari, die presidensie se perssekretaris, is tans besig met 'n media-veldtog met die tema: "Lei die Namibiese huis met 'n vaste hand". Kosmos 94.1 Nuus het vir Hengari gevra wat die regering doen oor jeug-werkloosheid. Groenwaterstof word steeds gesien as een van die regering se oplossings hiervan.

Nuus
Waardevolle lesse geleer tydens Portugal-wedstryd

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 14, 2024 0:17


Die Windhoek Bier Welwitschias het 37-22 teen Portugal op die Hage Geingob-stadion verloor. Die wedstryd, wat goed ondersteun was, was teen halftyd 17-13 in Portugal se guns. Die Namibiese kaptein, Danco Burger het na die wedstryd met Sport Wrap gepraat.

Nuus
Kostebewaringsbevel is belaglik - Metcalfe

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 3, 2024 0:38


Vyf Swapo-lede dagvaar die party om ‘n kongres te hou na president Hage Geingob se dood, om 'n partypresident te kies. Swapo het egter teruggekap en 'n koste-bewaringsbevel aangevra teen die lede. Dit is sodat hulle moet bewys dat hulle genoeg geld het om regskostes te betaal indien hulle die saak verloor. Swapo voer aan dat van die lede reeds om finansiële hulp moes vra na hulle ander hofsake verloor het. Dit wil egter voorkom asof Swapo probeer verhoed dat daar ‘n kongres gehou word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met prokureur Richard Metcalfe van Metcalfe Beukes Prokureurs, wat die vyf applikante verteenwoordig. Hy sê die Swapo-prokureurs wend 'n desperate poging aan om litigasie te keer.

Nuus
Swapo is wel 'skrikkerig' vir kongres

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 1, 2024 0:39


Reaksie word ontvang op berigte dat Swapo ‘n koste-bewaringsbevel aanvra teen die lede wat hom dagvaar om ‘n kongres te hou na president Hage Geingob se dood. Die taktiek word dikwels gebruik om hofsake uit die weg te ruim omdat daar bewys moet word dat daar genoeg geld is om regskostes te betaal indien die saak verloor word. Dit wil voorkom asof Swapo probeer keer dat daar ‘n kongres gehou word om ‘n partypresident te kies. Ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah het sy mening so verwoord.

Nuus
Kom ondersteuen die Welwitschias!

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 29, 2024 0:25


Daar heers groot opgewondenheid vir vanmiddag se wedstryd tussen die Windhoek Beer Welwitschias en Suid-Afrika se Blou Bulle. Die vriendskaplike wedstryd skop om drie-uur vanmiddag af op die Hage Geingob-stadion in die hoofstad. Hoofafrigter Allister Coetzee het met Sport Wrap gesels en ‘n beroep op Namibiërs gedoen om die span te ondersteun.

Nuus
VN beklemtoon behuising vir Namibië

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 20, 2024 0:34


Die president van die VN se Algemene Vergadering, Dennis Francis, het tydens sy driedaagse besoek aan Namibië die belangrikheid van die vorming van vennootskappe beklemtoon om volhoubare ontwikkelingsdoelwitte, veral behuising, te bevorder. Hy het klem gelê op die pogings van die Shack Dwellers Federation en die Havana Ituyeni-groep om gemeenskappe te help om veilige en bekostigbare huise te bou. Francis het ook die Heldeakker besoek, waar hy 'n krans neergelê en 'n oomblik van stilte by die mausoleum van wyle president Hage Geingob gehou het.

Nuus
Swapo moenie wegbeweeg van sy reëls: Angula

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 17, 2024 0:32


Vyf Swapo-lede wil ‘n dringende aansoek bring oor die party se besluit om volgende jaar ‘n buitengewone kongres te hou. Die party, en sy adjunkpresident Netumbo Nandi-Ndaitwah is die respondente. Die lede sê die party moes volgens sy grondwet na die dood van Hage Geingob, wat die party se president was, 'n buitengewone kongres gehou het om 'n nuwe leier te kies. Richard Metcalfe tree vir die vyf op. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nahas Angula, voormalige minister en 'n Swapo-veteraan, oor wat dit vir die party beteken.

Nuus
Swapo moenie wegbeweeg van sy reëls: Angula

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 17, 2024 0:32


Vyf Swapo-lede wil ‘n dringende aansoek bring oor die party se besluit om volgende jaar ‘n buitengewone kongres te hou. Die party, en sy adjunkpresident Netumbo Nandi-Ndaitwah is die respondente. Die lede sê die party moes volgens sy grondwet na die dood van Hage Geingob, wat die party se president was, 'n buitengewone kongres gehou het om 'n nuwe leier te kies. Richard Metcalfe tree vir die vyf op. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nahas Angula, voormalige minister en 'n Swapo-veteraan, oor wat dit vir die party beteken.

Nuus
SACU-ooreenkoms moet dalk weer bekyk word

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 12, 2024 0:40


Die SACU-ooreenkoms is in die nuus. Daar is sommige menings dat die doeane-unie Namibië se ontwikkeling belemmer en die ontslape president Hage Geingob is ook op rekord dat van die bepalings Namibië verhoed om sy ontwikkelingsagenda te realiseer. Professor Nixon Kariithi, ‘n kenner in die gebied, sê daar is waarheid aan van die stellings. Hy voeg by ooreenkomste kan nie vir ewig onveranderd bly nie.

Nuus
Blou Bulle sien uit na Welwitschias-kragmeting

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 10, 2024 0:34


Die Welwitschias van Namibië speel 'n vriendskaplike wedstryd op 29 Junie teen die gedugte Blou Bulle van Suid-Afrika. Hierdie gretig-afgewagte botsings wat sedert 2018 plaasvind, laat spelers op eie bodem deelneem en bied plaaslike ondersteuners die kans om hul gunstelingspelers in aksie te sien. Hierdie wedstryd dien ook as 'n deurslaggewende trap ter voorbereiding van die Welwitschias se toets teen Portugal op 13 Julie by die Hage Geingob-stadion in Windhoek. Willem Strauss, president van die Blou Bulle, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.

Nuus
Namibiërs 'getraumatiseer deur Botswana Weermag'

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 5, 2024 0:39


Die Namibiese Weermag en die Botswana Weermag het 'n siviel-militêre samewerkingsplan onderteken. Dit het ten doel om gemeenskappe wat langs die Namibië en Botswana-grense woon, sensitief te maak vir wettige bewegings in die gebiede. Dit wil ook die verhouding tussen die twee partye verbeter. In die mees onlangse voorval in 2021 is twee Namibiese broers en hul Zambiese neef na bewering deur soldate van Botswana doodgeskiet terwyl hulle in die Choberivier visgevang het. Dit was nadat 'n grensverdrag in 2018 deur wyle president Hage Geingob met Botswana onderteken is. Kosmos 94.1 Nuus het met Sinvula Mudabeti van die Namibia Lives Matter Movement gesels oor hoe Namibiërs op die siviel-militêre samewerkingsplan sal reageer.

Nuus
'Sterkte' vir die Swapo-lede wat hof toe wil gaan

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 29, 2024 0:39


Drie Swapo-lede het per prokureursbrief die party se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, gevra dat die Swapo Sentrale Komitee teen 4 Mei 'n buitengewone kongres moet belê om 'n nuwe Swapo-president te verkies. Indien nie, sal hulle die hof nader vir 'n verklarende bevel in die verband. Reinhold Shipwikineni, Peter Shituula en Joshua-Vaino Martins sê Artikel 15(9) van die Swapo-grondwet is nie gevolg na die afsterwe van president Hage Geingob nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Ephraim Nekongo, sekretaris van die Swapo Party-jeugliga, gepraat wat sê dit is skokkend dat party-lede die Sentrale Komitee se besluite uitdaag.

Nuus
Seibeb blyk om onbewus te wees oor Geingob-moratorium wat lankal geïgnoreer is

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 9, 2024 0:23


Die adjunk-leier van die LPM, Henny Seibeb blyk om onbewus te wees van die miljoene wat sedert die 2021-22 boekjaar deur die regering bestee is om motors te koop, na president Hage Geingob se 2020-verklaring van ‘n vyf-jaar moratorium op nuwe voertuigaankope. Hy het in die Nasionale Vergadering bepleit dat lede nuwe voertuie kry en sê die moratorium moet gelig word.

Nuus
Jerry se wet kan nie deurgevoer word nie - dit skend menseregte

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 5, 2024 0:30


Die Nasionale Vergadering het in September verlede jaar die Swapo-wetgewer Jerry Ekandjo se private lede wetsontwerp goedgekeur. Die wetsontwerp is ingestel om die term "eggenoot" te definieer en die Huwelikswet van 1961 te wysig om die erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië te keer. Wyle president Hage Geingob sou die wetsontwerp onderteken of verwerp. Volgens LGBTQI-aktivis Omar van Reenen is vyf lede van die LGBTQI-gemeenskap vermoor weens die wetsontwerp wat haatmisdaad aanwakker. Die status van die wetsontwerp is nog nie bekend nie, maar reaksie word steeds ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het met die jeugaktivis Rivaldo Kavanga gepraat, sê die wetsontwerp is 'n growwe skending van menseregte.

Nuus
Alle oë op Swapo môreoggend

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 8, 2024 0:38


Die herrie wat in Swapo losgebars het nadat sy politburo Netumbo Nandi-Ndaitwah se kandidaatskap vir president onderskryf het sonder dat sy sentrale komitee daaroor besluit het, sleep voort. Volgens die party se grondwet, het hy 90 dae vandat die pos vakant geword het, in die geval, 4 Februarie met die afsterwe van Hage Geingob, om te vergader en die nuwe leierskap te verkies. Swapo se sentrale komitee vergader Saterdagoggend om die kwessie aan te spreek. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah, gepraat oor hoekom hierdie vergadering belangrik is en wat verwag kan word.

Nuus
Waar is die Ekandjo se wetsontwerpe?

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 7, 2024 0:26


Swapo-wetgewer Jerry Ekandjo het die kantoor van die Speaker van die Nasionale Vergadering uitgevra oor die vordering van die twee private-lid wetsontwerpe, wat gemik is teen gay huwelike, wat hy verlede jaar ter tafel gelê het. Die Nasionale Vergadering het die wetsontwerpe goedgekeur om die term "eggenoot" te definieer en die Huwelikswet van 1961 te wysig. Dit sou die erkenning van selfdegeslag-huwelike in Namibië blokkeer. Die wetsontwerpe is deur die Nasionale Raad met minimale wysigings goedgekeur en is oorweldigend deur beide kante van die huis ondersteun. Die wetsontwerpe is toe na wyle president Hage Geingob gestuur, wat hulle moes onderteken of verwerp.

Daybreak Africa  - Voice of America
Daybreak Africa: President Biden to Attend Funeral of Former Namibia President Geingob - February 22, 2024

Daybreak Africa - Voice of America

Play Episode Listen Later Feb 22, 2024 25:00


On Daybreak Africa: The White House has announced that President Biden will accompany an official delegation to Nambia to attend the State Funeral of former President Hage Geingob. Plus, Malawi's President Spells out measures to mitigate the impact of hunger and drought. Guinea Conakry's junta explains why it dissolved the government. South Africa plans to hold national elections on May 29. We'll have an analysis. Uganda government Wednesday released two opposition supporters after withdrawing charges. Kenya's Government says it is taking steps to ease the cost of living. Liberians decry irregular electricity amid hot temperatures. For this and more tune to Daybreak Africa

Nuus
Jeug bring môre hulde aan Geingob

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 15, 2024 0:39


Inligting-minister Emma Theofelus het aangekondig dat 'n gedenkdiens vir president Hage Geingob môreoggend deur die jeug by die Onafhanklikheidstadion aangebied sal word. Die ministeriële voorbereidende komitee vir die staatsbegrafnis het ook besluit dat swart roubande om alle amptelike portrette van president Geingob in staatsinstellings en private ondernemings gebind moet word.

Nuus
Begroting: Sal Hage se plan vir pensioen deurgevoer word?

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 15, 2024 0:34


Met die nasionale begroting wat in die nuus is, het vrae ontstaan oor of die plan deur die ontslape president Hage Geingob, dat die pensioentoelaag verder verhoog sal word, sal realiseer. Geingob het in sy Oujaarstoespraak gesê hy wil dit opstoot tot dalk 2 000 Namibiese dollar maandeliks. Maatskaplike aktivis Rosa Namises sê die besprekings is reeds gehou en sy hoop dit realiseer.

Nuus
Leierskaps-vakuum: Swapo sal wel sy pad vind

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 13, 2024 0:30


Die dood van president Hage Geingob het 'n nuwe leierskapwedloop binne Swapo laat ontstaan wat 'n herkonfigurasie van sleutel-partyrolle veroorsaak het, insluitend dié van vise-president en president. Verlede week het Swapo se politburo 'n vergadering gehou om 'n koers vir die party se toekoms uit te stippel en om vir die verkiesing van 'n nuwe Swapo-president voor te berei. Die politieke kommentator, Charles Mubita, het met die nasionale uitsaaier gepraat en gesê die party sal wel in terme van sy strukture 'n weg vorentoe vind.

Ben & Liam

Please stand to observe a moment's silence for Hage Geingob. See omnystudio.com/listener for privacy information.

Daybreak Africa  - Voice of America
Shocked Namibians Mourn President Geingob - February 05, 2024

Daybreak Africa - Voice of America

Play Episode Listen Later Feb 5, 2024 2:17


The people of Namibia are mourning the death of President, Hage Geingob, who passed away Sunday at age 82. He had been receiving treatment for cancer. The late President Geingob played a role in Namibia's fight for independence and was its first post-independence prime minister. He is also being remembered as a Pan-Africanist. Peya Mushelenga is Namibia's minister of information and communication technology, tells VOA's James Butty, the nation is shocked but calm and has carried out a smooth transition of power as mandated by the constitution

Daybreak Africa  - Voice of America
Daybreak Africa: Protests Rock Senegal Over Delay of Presidential Election - February 05, 2024

Daybreak Africa - Voice of America

Play Episode Listen Later Feb 5, 2024 25:00


On Daybreak Africa: Senegalese are digesting President Macky Sall's abrupt postponement of the February 25 presidential election. Plus, Namibians mourn the death of President, Hage Geingob, who passed away Sunday at age 82. Zimbabwe's ruling ZANU-PF party on verge of a two-thirds majority in parliament following weekend by-elections.. The W-H-O says one in six deaths globally are due to cancer related illnesses. For this and more tune to Daybreak Africa!

Nuus
Sampofu gesels oor voorbereiding vir vloede

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 18, 2024 0:35


Die eerste noemenswaardige reën van die 2024-seisoen het beide verligting en swaarkry aan die inwoners van Katima Mulilo besorg, aangesien strate en woongebiede met vloedwater deurdrenk is, veral langs Hage Geingob-rylaan. Die oorstromings word vererger deur die dorp se gebrek aan voldoende dreineringstelsels. Soos die reën swaarder word, word die grond versadig, wat oorstromings veroorsaak in laagliggende gebiede waar dreinering onvoldoende is. Kosmos 94.1 Nuus het met die Zambezi-streekgoewerneur, Lawrence Sampofu, gepraat wat sê dat hulle voorbereid is op enige gebeurlikhede.