More podcasts from Kosmos 94.1

Search for episodes from Nuus with a specific topic:

Latest episodes from Nuus

SA en Frankryk versterk ekonomiese samewerking

Play Episode Listen Later Oct 1, 2026 0:19


Suid-Afrika en Frankryk versterk hul ekonomiese samewerking en fokus op infrastruktuur, industrialisering en inklusiewe groei. Die minister van Beplanning, Monitering en Evaluering, Maropene Ramokgopa, sê Frankryk is Suid-Afrika se grootste regstreekse buitelandse belegger. Meer as 480 Franse maatskappye in die land bied werk aan meer as 65 000 mense. Dertig Franse maatskappye het beleggingsverbintenisse van 20,7-miljard Suid-Afrikaanse rand aangekondig tydens vanjaar se Suid-Afrikaanse beleggingskonferensie. Ramokgopa sê voorkeure sluit in werkskepping, armoedeverligting en versterkte staatsvermoë:

Die dag wat was, 30 September 2026

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 5:08


Kry die nuus soos dit breek.

Engelse Premierliga lê Man City se gekonkel bloot

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 0:17


Sokker: Die Engelse Premierliga sê Manchester City het "skynkontrakte" met verskeie van sy kommersiële vennote aangegaan as deel van 'n verbloemde finansieringskema om die klub se inkomste met ongeveer 18-miljard Namibiese dollar te vermeerder. 'n Onafhanklike kommissie het City skuldig bevind aan alle aanklagte wat verband hou met oortredings van die Premierliga se finansiële reëls tussen die 2009-2010- en 2017-2018-seisoene. Gedurende hierdie tydperk het City drie Premierliga-titels gewen. In 'n video wat aan personeel en spelers uitgelek is, ontken Manchester City se uitvoerende hoof, Ferran Soriano, enige wangedrag:

BKS nou op 5 plase aangemeld: Zaamwani

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 0:40


Bek-en-klouseer is nou op vyf plase in die Karasburg-distrik aangemeld. Landbouminister Inge Zaamwani het tydens haar parlementêre toespraak vanmiddag gesê die uitbreking bly beperk tot 'n spesifieke gebied, terwyl amptenare met die Europese Unie in gesprek tree oor lewende hawe, asook vleis wat reeds onderweg is. Sy het 'n beroep op die publiek gedoen om by vee-bewegingsbeperkings te hou. Sy het meer:

BKS nou op 5 plase aangemeld: Zaamwani

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 0:40


Bek-en-klouseer is nou op vyf plase in die Karasburg-distrik aangemeld. Landbouminister Inge Zaamwani het tydens haar parlementêre toespraak vanmiddag gesê die uitbreking bly beperk tot 'n spesifieke gebied, terwyl amptenare met die Europese Unie in gesprek tree oor lewende hawe, asook vleis wat reeds onderweg is. Sy het 'n beroep op die publiek gedoen om by vee-bewegingsbeperkings te hou. Sy het meer:

Help boere en stel grondbelasting uit: Schlettwein

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 0:35


Oud-landbouminister Calle Schlettwein doen 'n beroep op die regering om onmiddellike verligting aan boere te bied deur die sperdatum vir die indiening van grondbelasting uit te stel. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê Schlettwein dat boere onder geweldige druk verkeer weens die bek-en-klouseer uitbreking en die dreigende El Niño. Hy waarsku dat bykomende finansiële druk hul boerderybedrywighede in gevaar kan stel.

Regering moet LGBT-Namibiërs betrek by menseregte-konsultasies

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 0:40


Die regering se reaksie op aanbevelings in sy jongste VN-menseregte-oorsig het kommer laat ontstaan by die LGBT-regte organisasie Equal Namibia. Van die 21 aanbevelings oor seksuele oriëntasie, gender-identiteit en -uitdrukking, asook seksuele kenmerke, het die regering vier ondersteun en 17 "aangeteken". Justisieminister Wise Immanuel sê die aanbevelings sal uitgebreide konsultasie vereis, maar Kevin Wessels, die beampte vir regte en beleid by Equal Namibia, sê dit moet LGBT-Namibiërs insluit.

Unam sit uitvoerende kunste in die kollig by NTN

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 0:30


Kry die nuus soos dit breek.

Unam sit uitvoerende kunste in die kollig by NTN

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 0:30


Opkomende uitvoerende kunstenaars gaan in die kollig tree wanneer die Nasionale Teater van Namibië en die Universiteit van Namibië die "Unam Performing Arts Showcase Week" van 2026 aanbied. Desiree Mentor, woordvoerder van die NTN, sê die tweedaagse vertoonreeks wat op 9 en 10 Oktober om 6-uur die aand by die NTN Backstage plaasvind, sal musiek, drama, dans en beweging insluit. Dit sal aan senior en finalejaarstudente in uitvoerende kunste die geleentheid bied om voor die publiek op te tree.

Burnham wil Brittanje in nuwe rigting stuur

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 0:18


Die Britse eerste minister, Andy Burnham, sê sy agenda gaan die patroon van die afgelope 40 jaar verbreek en Brittanje in 'n nuwe rigting stuur. In sy eerste toespraak as eerste minister tydens die Arbeidersparty se konferensie het hy onderneem om die weg te baan vir groter openbare beheer oor behuising, water en energiedienste. Burnham het verder onderneem om Brittanje se verkiesingstelsel te hervorm sodat elke stem getel en gehoor kan word. Hy sal ook planne vir 'n langtermynverhouding met die Europese Unie uiteensit:

Ambassdeur vra geduld oor EU se reaksie op BKS

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 0:22


Die Europese Unie vra vir geduld terwyl die implikasies van die uitbreking van bek-en-klouseer op beesvleisuitvoere na die Europese mark beoordeel word. Die EU se ambassadeur in Namibië, Ana Beatriz Martins, het plaaslike owerhede geprys vir wat sy as 'n vinnige, deursigtige en professionele reaksie beskryf, midde vrae oor berigte dat 'n besending Namibiese beesvleis vanuit Europa teruggestuur is.

Cosatu bly oor Cyril se geslagsgeweld-ingrypings

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 0:21


Die vakverbond Cosatu verwelkom president Cyril Ramaphosa se aankondiging van verdere ingryping om geslagsgeweld en vrouemoord te takel. Die president het ʼn multidissiplinêre nasionale strategie uiteengesit wat ʼn gekoördineerde feitesending en verslag oor agterstande wat hierdie saak betref, insluit. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê die Mediumtermyn-begroting-beleidsverklaring moet die polisie, die regbank en Nasionale Vervolgingsgesag voorsien van hulpbronne om geslagsgeweld en vrouemoord te hanteer:

cyril cyril ramaphosa cosatu nasionale vervolgingsgesag
NBL se inkomste daal 3,9%

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 0:24


Namibia Breweries Limited het 'n afname van 38,2 persent in bieruitvoere na Suid-Afrika aangemeld ná die beëindiging van sy Heineken-voorsieningsooreenkoms in April. Dit het die netto inkomste vir die middeljaar met 3,9 persent tot 222 miljoen Namibiese dollar laat daal, terwyl kostebesparings slegs gedeeltelik vergoeding gebied het vir hoër bemarkings- en herstruktureringskoste. NBL se direkteur van finansies, Willem Bierens de Haan.

WGO: Gesondheidswerkers in DRK sukkel met Ebola-uitbreking

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 0:21


Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê gesondheidswerkers wat die grootste Ebola-uitbreking ooit in die Demokratiese Republiek die Kongo bestry, sukkel met ernstige probleme om pasiënte te versorg. Met agt-duisend-67 bevestigde gevalle en drie-duisend-901 sterftes, is die sterftesyfer meer as 48-persent in 63 gesondheidsones in sewe van die DRK se 26 provinsies. Dokter Janet Diaz van die organisasie sê in sommige streke is daar ʼn geringe daling in oordragte, maar die aantal gevalle in hierdie uitbreking bly hoog:

DA sê sterker optrede nodig om vuurwapengeweld in WK te bekamp

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 0:19


Die DA sê sterker optrede is nodig om vuurwapengeweld in die Wes-Kaap te bekamp ná twee afsonderlike skietvoorvalle in Khayelitsha en Lwandle oor die naweek. Benedicta van Minnen van die party sê Lwandle het dringend 'n permanente polisiestasie met voldoende hulpbronne nodig, terwyl meer gedoen moet word om ondersoeke en vervolgings te verbeter. Van Minnen sê onwettige vuurwapens vererger geweldsmisdaad, met die provinsie wat 'n skuldigbevindingskoers van 5,5-persent vir die besit van onwettige vuurwapens aangeteken het:

Erongo-streek benodig meer as N$230m om skoleinfrastruktuur te verbeter

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 0:27


Die Erongo-streek benodig meer as 230 miljoen Namibiese dollar om kritieke infrastruktuurbehoeftes by skole regoor die streek aan te spreek. Na verwagting sal die befondsing die bou van nuwe skole en klaskamers ondersteun, asook die uitbreiding, opknapping en modernisering van bestaande fasiliteite. Goewerneur Nathalia /Goagoses het dit vandag tydens die eerste Erongo-konferensie oor belegging in onderwysinfrastruktuur gesê.

Infrastruktuur alleen kan nie digitale transformasie meebring

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 0:29


Kundiges waarsku dat tegnologie-infrastruktuur alleen nie voldoende is om betekenisvolle digitale transformasie te bewerkstellig nie. Pascal Haingura, hoof van ingenieurswese en tegniese dienste by Cran, sê Namibië moet nie net in netwerke, datasentrums en digitale platforms belê nie, maar ook in die vaardighede en kundigheid wat nodig is om dit doeltreffend te benut.

Is staatsbehuising te duur?

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 0:40


Met die regering wat nie sy teiken, om 3 000 huise per jaar te bou, tot op hede gehaal het nie, is daar nou baie vrae oor die bekostigbaarheid van staats-behuising. Die Nasionale Behuisings Onderneming beplan om 249 huise teen 'n geraamde koste van 80 miljoen Namibiese dollar te bou, wat die koste op 'n rapsie meer as 320 000 Namibiese dollar per huis te staan bring. In teenstelling bou die Shack Dwellers Federation huise vir so min as 40 000 tot 50 000 dollar elk. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige uitvoerende hoof van NHE, Mike Kavekotora gepraat.

Kosmos 94.1 Nuus ondersoek: Hoe presies het BKS in Namibië beland?

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 1:00


Kosmos 94.1 Nuus het ondersoek ingestel na presies hoe bek-en-klouseer in Namibië beland het. Die grootste sondebok is die onbeperkte beweging van vee oor die Oranjerivier-grens, veral met lae rivier-vlakke - ‘n probleem wat reeds jare voortduur. Die regering is gewaarsku. Herhaaldelik. Yanna Smith doen verslag.

Gauteng-polisie arresteer 121 vermeende onwettige mynwerkers

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 0:21


Die polisie in Gauteng en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het 121 vermeende onwettige mynwerkers tydens Operasie Prosper in Fochville, Gauteng, in hegtenis geneem. Die operasie is in samewerking met die Departement van Binnelandse Sake en die sekuriteitspan van die mynmaatskappy Sibanye-Stillwater uitgevoer. Die polisiewoordvoerder, Dimakatso Nevhuhulwi sê die operasie is deel van voortdurende pogings om onwettige mynbou en verwante misdaadaktiwiteite in die provinsie te bekamp:

Opsomming van vanoggend se Roadwatch

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 0:40


Die Stad se verkeerspolisie vra bestuurders om te alle tye te verseker dat hulle met hul bestuurslisensies in hul voertuie rondry. Dit, na verskeie bestuurders in die moeilikheid beland het omdat hulle op die pad was sonder hul lisensies, tydens vanoggend se Kosmos 94.1 Roadwatch. Francois Lottering doen verslag:

Aanhoudende kragonderbrekings in Tshwane moontlik skending van lisensievoorwaardes

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 0:16


Die DA sê die aanhoudende en duur van kragonderbrekings in Tshwane is moontlik 'n skending van die stad se lisensievoorwaardes vir elektrisiteitsverspreiding. Die party het 'n klag by die energiereguleerder, Nersa, ingedien en vra vir 'n ondersoek na die stad se elektrisiteitsvoorsiening. Cilliers Brink van die DA sê Tshwane ervaar ongeveer een-duisend-600 kragonderbrekings per maand, waarvan 70-persent langer as agt ure duur:

NamPower belê naastens N$1-miljard in maatskaplike-beleggings-inisiatiewe

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 0:30


Die krag-verspreider, NamPower, het dusver naastens een-miljard Namibiese dollar belê in sy maatskaplike-beleggings-inisiatiewe. NamPower besturende direkteur, Kahenge Haulofu, sê die inisiatiewe net, onder ander, verseker dat landelike gebiede nou toegang het tot elektrisiteit, terwyl studiebeurse verseker het dt jongmense hul studie-drome kon najaag:

RISE Mzansi: SA se toekoms bedreig deur spanning regeringsvlakke

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 0:19


RISE Mzansi se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg, Lukhona Mnguni, sê Suid-Afrika se toekoms word bedreig deur toenemende spanning tussen die nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsvlakke. Mnguni het op 'n geleentheid by Unisa gesê die land benodig 'n eerlike heronderhandeling van sy maatskaplike kontrak. Hy is bekommerd oor oproepe om die Grondwet te wysig en die doodstraf weer in te stel en sê navorsing toon dit stuit nie noodwendig geweld nie. Mnguni vra sterker samewerking tussen die verskillende regeringsvlakke en bevraagteken of die provinsiale regering steeds doeltreffend is:

Besluit om nie meer bierbottels by verkopers te koop nie wek kommer

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 0:33


Die Native Small Traders Association het ernstige kommer uitgespreek oor kleinhandelaars se besluit om nie meer bierbottels by verkopers te koop nie. Die vereniging beklemtoon die hoë werkloosheid in die streke. Dit volg nadat Metro Katima Mulilo opgehou het om leë Carling Black Label-bottels by ongeregistreerde informele verkopers te koop. Die vereniging se voorsitter, Simasiku Mulijani, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

Manchester City-baas ontken gekonkel met kontrakte

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 0:17


Sokker: Die Engelse Premierliga sê Manchester City het "skynkontrakte" met verskeie van sy kommersiële vennote aangegaan as deel van 'n verbloemde finansieringskema om die klub se inkomste met ongeveer 18 miljard Namibiese dollar te vermeerder. 'n Onafhanklike kommissie het City skuldig bevind aan alle aanklagte wat verband hou met oortredings van die Premierliga se finansiële reëls tussen die 2009-2010- en 2017-2018-seisoene. Gedurende hierdie tydperk het City drie Premierliga-titels gewen. In 'n video wat aan personeel en spelers uitgelek is, ontken Manchester City se uitvoerende hoof, Ferran Soriano, enige wangedrag:

N$228m Medicare 24-bedrogsaak deur NVG hersien

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 0:21


Die korrupsiesaak van 228 miljoen Namibiese dollar wat met Medicare 24 verband hou, wag op 'n besluit van 'n hersieningspaneel van die Nasionale Vervolgingsgesag. Die sakeman Vusimuzi "Cat" Matlala en 15 ander staan tereg op aanklagte van korrupsie weens die beweerde onreëlmatige toekenning van die Medicare 24-kontrak vir die Tshwane-distrik. Die woordvoerder van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Henry Mamothame, sê die Pretoriase Streekhof het die saak tot 17 November uitgestel sodat die paneel sy hersiening kan voltooi en die NVG oor die verdere verloop kan besluit:

medicare deur tshwane nvg nasionale vervolgingsgesag
Trump onderteken bevel om KI na “Superintelligensie” te verander

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 0:12


President Donald Trump van Amerika het ʼn uitvoerende bevel onderteken om die term Kunsmatige Intelligensie na Superintelligensie te verander wanneer dit in sy administrasie se amptelike kommunikasie gebruik word. Hy het gister in die Withuis met voorste uitvoerende tegnologiehoofde, onder andere van OpenAI, Anthropic, Nvidia, Meta en Google, vergader. Daar word strenger oorsig oor kunsmatige intelligensie gevra, en dat die tegnologie stadiger ontwikkel word. Trump sê die hoofde het ʼn “moreel bindende” dokument onderteken wat sal dien as ʼn vorm van beskerming teen moontlike gevare van KI:

Ramaphosa: Verkiesing alleen kan nie vrede in Suid-Soedan waarborg nie

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 0:20


President Cyril Ramaphosa sê 'n verkiesing alleen kan nie vrede en demokrasie in Suid-Soedan waarborg nie. Ramaphosa het tydens 'n virtuele beraad van die Afrika-unie gesê geloofwaardige verkiesings moet ondersteun word deur 'n inklusiewe politieke proses, behoorlike veiligheidsmaatreëls en sterk instellings. Hy het 'n beroep op Suid-Soedanese leiers gedoen om hul verskille opsy te skuif, sleuteluitdagings aan te spreek en in die aanloop tot verkiesings later vanjaar, aan blywende vrede en bestendigheid te werk:

Ballotti bevestig opgraderingswerk by Sam Nujoma-stadion is hervat

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 0:29


Die adjunkminister van sport, Dino Ballotti, het bevestig dat opgraderingswerk by die Sam Nujoma-stadion hervat is. Die projek is weens kontraktuele kwessies en stadige vordering van vroeg in Oktober tot die einde van Oktober 2026 uitgestel. Ballotti het gepraat tydens Nasan Energies se aankondiging van sy borgskap vir die Millennium Julinho-sokkerklub:

Akademiese krisis aan't broei by Nust

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 0:25


'n Akademiese krisis is aan die broei by Nust, waar meer as 124 studente in mediese laboratoriumwetenskap die skielike uitsluiting van hul studierigtings in die gesig staar. Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het ingegryp en die bestuur se stappe as "onaanvaarbaar" bestempel, aangesien studente sonder bevestigde plasings of duidelike antwoorde gelaat is. Nanso-lid en Nust-student Anna Nandjila verskaf meer besonderhede:

Shadrack Sibiya word Maandag dissiplinêr verhoor

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 0:16


Die Suid Afrikaanse polisie gaan sy geskorste adjunk-kommissaris, Shadrack Sibiya, Maandag dissiplinêr verhoor. Hy het borgtog gevra in die Randburgse Landdroshof in Gauteng, waar hy aangekla word van verkragting, seksuele gereedmaking en ander misdrywe. Woordvoerder Athlenda Mathe sê Sibiya moet die verhoor persoonlik bywoon, en die plek waar dit gehou word sal bepaal word ná Donderdag se uitspraak in sy borgtog-aansoek:

Zaamwani gee vandag BKS-uitvoerstatus-opdatering

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 0:39


Daar word verwag dat landbouminister Inge Zaamwani vanmiddag in die parlement 'n ministeriële verklaring sal lewer oor die uit-voer-status van Namibië se beesvleis ná die bek-en-klouseer uitbreking. Zaamwani sê die ministerie beraadslaag met internasionale vennote oor die pad vorentoe. Sy het in die Nasionale Vergadering gepraat.

SA kabinet veroordeel toename in GBV

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 0:17


In Suid-Afrika veroordeel die kabinet die toename in geslagsgeweld ná die wrede moord op dertien vroue in Gauteng. Vier verdagtes is borgtog geweier en bly in aanhouding. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê vrouemoord verg 'n dringende reaksie en sê die onlangs gewysigde wetgewing verseker dat oortreders vervolg word:

vier kabinet gauteng khumbudzo ntshavheni
Meer BKS-gevalle op 4 ||Kharas-streek plase

Play Episode Listen Later Sep 30, 2026 0:22


Meer gevalle van beeste wat tekens van bek-en-klouseer toon is op vier plase in die ||Kharas-streek gevind, volgens die president van die Namibiese Landbou-unie, Thinus Pretorius. Hy het die inligting gisteraand in 'n opdatering aan NLU-lede oorgedra.

Die dag wat was, 29 September 2026

Play Episode Listen Later Sep 29, 2026 6:37


Kry die nuus soos dit breek.

SA kabinet juig oor kersie-uitvoere na China

Play Episode Listen Later Sep 29, 2026 0:14


Die kabinet verwelkom 'n belangrike ooreenkoms waarvolgens Suid-Afrikaanse kersieprodusente die eerste keer toegang kry tot die Chinese mark. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê dit maak deure oop na een van die wêreld se grootste kersiemarkte, wat verlede jaar alleen kersies ter waarde van meer as 52-miljard Suid-Afrikaanse rand ingevoer het. Sy sê die geskiedkundige markgeleentheid sal plaaslike landboubelegging en werkskepping waarskynlik aansienlik aanhelp:

Nasionale Raad, streeksrade beoog beter samewerking

Play Episode Listen Later Sep 29, 2026 0:37


Die konsultasiekonferensie van die Nasionale Raad en streeksrade sal 'n platform bied om deelnemende demokrasie te versterk en na verwagting samewerking tussen streeksrade verbeter. Die sekretaris van die Nasionale Raad, Tousy Namiseb, sê die konferensie, wat van vandag tot Saterdag in Otjiwarongo plaasvind, sal ook help verseker dat streekskwessies onder die parlement se aandag gebring word.

Olie-wette, regulasies moet in plek kom, sal duur geskille vermy

Play Episode Listen Later Sep 29, 2026 0:31


Daar word gewaarsku dat die land die risiko loop om homself bloot te stel aan duur geskille met internasionale oliemaatskappye, indien hy tot petroleumproduksie oorgaan sonder om omvattende wetgewing en regulasies vir die stroomop-sektor in plek te stel. Kosmos 94.1 Nuus het met Graham Hopwood, die uitvoerende direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing gesels.

NV bekommerd oor verouderende waterinfrastruktuur

Play Episode Listen Later Sep 29, 2026 0:31


Die parlement spreek kommer uit oor die land se verouderende waterinfrastruktuur. Die PDM-parlementslid Diederik Vries het landbouminister Inge Zaamwani vandag uitgevra oor die betroubaarheid en veerkragtigheid van waterinfrastruktuur. Vries sê verouderende pypleidings, reservoirs en pompstasies kan bydra tot onklaarrakings, waterverliese en diensonderbrekings, wat verdere druk op die reeds beperkte watervoorraad plaas.

Gesinne 'moet vroegtydig praat oor dood, begrafnisse'

Play Episode Listen Later Sep 29, 2026 0:29


Gesinne word aangemoedig om moeilike gesprekke oor die dood en begrafnisreëlings te voer voordat 'n krisis ontstaan. Eusebio Fredericks, verkoopsbestuurder vir die suidelike streek van Old Mutual Namibië se afdeling vir massamark-kleinhandel, sê gesinne behoort vooraf oor begrafnisdekking, finale wense en waar belangrike dokumente is te gesels. Hy sê dat sulke gesprekke kan help om verwarring en konflik te voorkom wanneer gesinne die verlies van 'n geliefde moet verwerk.

IPC-leier kap gesondheid se logistieke reëling met NamPost

Play Episode Listen Later Sep 29, 2026 0:30


IPC-leier Imms Nashinge het die gesondheidministerie se multimiljoen-dollar-direkte logistieke ooreenkoms met NamPost veroordeel. Hy sê dat die omseiling van oop verkrygingsprosesse plaaslike vervoer-SME's benadeel. Nashinge sê die ministerie se vragmotors en bestuurders staan nou onbenut terwyl belastingbetalers vir opgeblase koste opdok. Hy het onderneem om in die parlement by die eerste minister en die gesondheidminister aan te dring op volle verantwoording. Nashinge het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

SA verloor 14 000 werksgeleenthede in drie maande

Play Episode Listen Later Sep 29, 2026 0:21


Statistiek Suid-Afrika sê werksgeleenthede het tussen Maart en Junie met 14 000 afgeneem, met vervaardiging, sakedienste, handel en die vervoersektor wat die grootste verliese toon. Indiensneming het met 95 000 gedaal vergeleke met Junie verlede jaar. Voltydse poste het met 40 000 afgeneem, maar deeltydse poste het met 26 000 toegeneem. Gemeenskapsdienste het die grootste toename aangeteken, met 29 000 nuwe werksgeleenthede. Matlapane Masupye van Statistiek Suid-Afrika sê die gemiddelde maandelikse inkomste het met 4,1-persent gestyg:

Staatdiensvakbond onthuts oor R2 miljard verdedigingskandaal

Play Episode Listen Later Sep 29, 2026 0:20


Die Vereniging van Staatsamptenare is ontsteld oor die Spesiale Ondersoekeenheid se onthullings van meer as twee-miljard Suid-Afrikaanse rand se onreëlmatige kontrakte in die Departement van Verdediging. Die SOE het onder meer 'n kontrak van 217-miljoen-rand uitgewys vir die verkryging van 'n Alpha-2 Covid-19-teenmiddel van Kuba. Claude Naicker van die vakbond sê onreëlmatige uitgawes van dié omvang ondermyn die moraal van staatsamptenare wat integriteit en diens nastreef:

Nust kan help met BKS-reaksie en voorkoming

Play Episode Listen Later Sep 29, 2026 0:33


Terwyl Namibië op die huidige uitbreking van bek-en-klouseer reageer, bly navorsing en samewerking noodsaaklik om siekte-toesig en paraatheid te versterk. Dit is volgens Lamech Mwapagha, 'n medeprofessor in mediese biochemie by Nust. Hy sê dat die universiteit se vermoëns vir genoom-volgorde bepaling die identifisering van patogene, die monitering van uitbrekings en samewerking met veeartsenykundige owerhede kan ondersteun.

dit hy reaksie
RAF Fairford-ondersoeke duur voort

Play Episode Listen Later Sep 29, 2026 0:21


Die hoof van die Britse teen-terrorisme-agentskap, Laurence Taylor, sê ondersoeke duur voort, na die vyf mans wat Sondag naby RAF Fairford in Gloucestershire in hegtenis geneem is, op borgtog vrygelaat is. Die ondersoek na die saak is nog nie afgehandle nie en Taylor sê die vyf mans is onderworpe aan streng voorwaardes wat hul bewegings en kontak met ander betref.

gloucestershire britse voort duur sondag raf fairford laurence taylor
SA Raad van Kerke: Massaskietvoorvalle 'n nasionale krisis

Play Episode Listen Later Sep 29, 2026 0:23


Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke sê die onlangse massaskietvoorvalle in die land is nie meer net ʼn reeks geïsoleerde tragedies nie, maar ʼn nasionale krisis. Agtien mense is die naweek by ʼn taverne in Wedela, Gauteng, doodgeskiet, en tien mense is by ʼn vermaaklikheidsplek in Lwandle, Kaapstad, dood. Verlede week in KwaMakhutha, KwaZulu-Natal, is elf mense doodgeskiet. Die raad se hoofsekretaris, eerwaarde Mzwandile Molo, sê die land beleef ʼn “verval van sy morele aard":

Regering moet beloftes aan Namibiese kinders nakom

Play Episode Listen Later Sep 29, 2026 0:40


Na aanleiding van verbintenisse wat die regering op die Dag van die Namibiese Kind gemaak het, word daar 'n beroep op die regering gedoen om hierdie verbintenisse na te kom. Ingrid Husselmann, voormalige Kinderadvokaat en tans hoof van die Ombudsman se kantoor, sê dat die beskerming en bemagtiging van kinders 'n gedeelde verantwoordelikheid van elke Namibiër is.

Claim Nuus

In order to claim this podcast we'll send an email to with a verification link. Simply click the link and you will be able to edit tags, request a refresh, and other features to take control of your podcast page!

Claim Cancel