Podcasts about nuus

Place in North Rhine-Westphalia, Germany

  • 51PODCASTS
  • 6,765EPISODES
  • 3mAVG DURATION
  • 9DAILY NEW EPISODES
  • Dec 31, 2025LATEST
nuus

POPULARITY

20192020202120222023202420252026

Categories



Best podcasts about nuus

Latest podcast episodes about nuus

Nuus
Nuwejaarswense van King Tee Dee

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 31, 2025 0:18


Musikante oral in die land skud hul vere reg om seker te maak Namibiërs neem vanaand op ‘n feestelike manier afskeid van 2025. Kosmos 94.1 Nuus het met King Tee Dee, ook bekend as The Dogg, gesels en ‘n spesiale boodskap van hom gekry:

Nuus
Swakop vier Nuwejaar naby Paddock-tuine

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 30, 2025 0:37


Die munisipaliteit van Swakopmund het aangekondig dat hul nuwejaarsvieringe by die strand naby die Paddock tuine in Vineta aangebied sal word. Dit is gratis vir almal maar vakansiegangers word gemaan om nie te drink by die vieringe nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die munisipaliteit se woordvoerder, Linda Mupupa.

Nuus
Tot siens, lieflingbobbejaan Cindy

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 29, 2025 0:40


Duisende aanhangers wêreldwyd treur saam met die Lambrechts-gesin van die plaas Simmenau in die Khomas Hochland ná Cindy, die grootmaakbobbejaan en liefling van sosiale media, Sondag oorlede is. Cindy, wat skaars ‘n maand gelede haar 31ste verjaardag gevier het, het reeds ‘n geruime tyd met hartversaking gesukkel. Ruben Lambrechts het sy herinneringe van sy ousus, soos hy Cindy dikwels beskryf het, met Kosmos 94.1 Nuus gedeel:

Nuus
2025: Landboujaar in oënskou

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 28, 2025 0:44


Die jaar staan einde se kant toe en landbou het op ‘n uitdagende noot begin. Die vorige seisoen het bo normale reën gelewer, tot die blydskap van boere reg oor die land. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner Wallie Roux gepraat wat die jaar in oënskou neem.

Nuus
Oppas vir vals polisie- en munisipale beamptes

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 26, 2025 0:39


Nabootsingsfoefies is aan die toeneem reg oor die land. Misdadigers wat hulle as polisiebeamptes en munisipale amptenare voordoen, verkry toegang tot huise of mislei inwoners om geld te oorhandig. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Grootfontein munisipaliteit, Luke Salomo, gepraat wat berigte bevestig het van individue wat hulle as munisipale beamptes voordoen. Hy het meer.

Nuus
Kyk eerder na wette, infrastruktuur vir padveiligheid, Nekundi

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 24, 2025 0:40


Die IPC het vervoerminister Veikko Nekundi se plan om weerkaatsers op diere en hommeltuie te gebruik om die land se paduitdagings aan te spreek, gekritiseer. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die IPC se skadu-vervoerminister, Nelson Kalangula, kommer uitgespreek oor die stadige vordering van die Padveiligheidsbestuurswetsontwerp, wat sedert 2017 hersien word. Hy sê dat die hersiening van verouderde wette en die opgradering van infrastruktuur 'n meer doeltreffende benadering sal wees.

Nuus
Regte ingesteldheid kan padongelukke verhoed

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 23, 2025 0:34


Terwyl Namibiërs die paaie vir die feestyd aandurf, word motoriste aangespoor om algemene foute te vermy wat dikwels tot ernstige ongelukke lei. Aubrey Oosthuizen van Code Red Medical Services in Swakopmund en koördineerder van die Weskus-Veiligheidsinisiatief, het belangrike padveiligheidsadvies met Kosmos 94.1 Nuus gedeel om 'n veiliger feestyd te verseker.

Nuus
'Maak sakedoen in Namibië goedkoper'

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 22, 2025 0:37


Namibië is 104ste uit 190 lande geplaas op die Wêreldbank se Ease of Doing Business-ranglys. Dit is bewys van burokrasie en ander uitdagings om nie net ‘n besigheid te stig nie, maar ook sake te doen. In lande soos Rwanda betaal nuwe kleinbesighede niks om besighede te begin nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Danny Meyer van SME Compete gepraat wat Namibië se posisie verduidelik.

Nuus
Vragmotorbestuurders se welstand die feestyd versorg

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 19, 2025 0:35


Vragmotorbestuurders langs Namibië se belangrikste vervoerkorridors sal gratis gesondheidskontroles ontvang voor Kersfees. Die Walvisbaai-korridorgroep, in vennootskap met die Motorvoertuig Ongelukkefonds en die gesondheidministerie, sal die Truckers Wellness Day-veldtog op 18 en 19 Desember by die Swakopmund-padblokkade loods. Op 23 en 24 Desember sal die diens by die Okapuka-padblokkade aangebied word. Dit sluit in gratis oog- en bloeddruktoetse, cholesterol- en bloedsuikerkontroles, sowel as MIV-toetsing en -behandeling. Die groep se waarnemende uitvoerende hoof, Edward Shivute, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

Nuus
Jipee (dalk) vir Starlink... maar die kostes?

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 19, 2025 0:37


Cran het 'n oorweldigend positiewe reaksie gekry toe die publiek gevra is om insette te lewer op Starlink se lisensie-aanbod. Cran het altesaam 1 180 geskrewe voorleggings ontvang, waarvan 1 164 die toekenning van die lisensie ondersteun. Net 16 voorleggings was nie ten gunste daarvan nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nrupesh Soni, 'n tegnologiekenner en besigheidseienaar, wat ook nie opgewonde is nie.

Nuus
AgBiz-hoof veroordeel Namibië se grenssluitings

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 19, 2025 0:40


Namibië stel elke maand tydelike grensbeperkings op sekere groentesoorte in, om plaaslike produksie met binnelandse vraag te balanseer, en voedselsekerheid en plaaslike landbou te ondersteun. Aanpassings word gebaseer op marktoestande en produksievoorspellings. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die hoof van die Suid Afrikaanse Landbou Kamer, Wandile Sihlobo, wat nie ten gunste van die grensbeperkings deur Namibië en Botswana is nie.

Nuus
Sweisopleidingsentrum open op Swakopmund

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 19, 2025 0:35


Die GSI SLV-sweisopleidingsentrum is amptelik in Swakopmund se industriële gebied geopen. Die sentrum is 'n belangrike stap in die versterking van Namibië se tegniese en industriële vaardigheidsbasis. Dit sal na verwagting 'n sleutelrol speel in die opleiding en sertifisering van sweisers volgens internasionaal erkende standaarde. Kosmos 94.1 Nuus het met koördineerder Albin Jacobs gepraat.

Nuus
Angolese kinders op straat... wat van Namibiese kinders op straat?

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 19, 2025 0:40


Die kwessie oor die Angolese kinders is steeds in die nuus. Die Angolese regering het volgens berigte gesê die kinders sal einde Desember terug na Angola gestuur word. Met net 'n paar dae voor die einde Desember is die kinders steeds vollop. Volgens lede van die publiek is die kinders nie net in Windhoek nie maar word landswyd gesien. Kosmos 94.1 Nuus het met ontleder dr. Ndumba Kamwanyah gepraat. Hy sê die twee regerings sal 'n plan moet maak.

Nuus
Reaksie op NNN se insluiting op Forbes-vrouelys

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 19, 2025 0:39


President Netumbo Nandi-Ndaitwah is aangewys as die 79ste mees magtige vrou in die wêreld op Forbes se jaarlikse lys van 100 magtige vroue, en die derde magtigste vrou in Afrika. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jonas Mbambo, die pressekretaris van die presidensie, wat reageer.

Nuus
Namibiese firma bied kritieke olie- en gasbedryf opleiding

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 19, 2025 0:41


Die oliebedryf in Namibië kom op dreef met maatskappye wat analises uitvoer en eksplorasiewerk doen. Maatskappye berei voor om vaardighede te skep vir die bedryf en die Namibiese maatskappy Lion Oilfield Services bied die diens aan. Kosmos 94.1 Nuus het met Paulo Coelho gepraat, Lion Oilfield Services se uitvoerende beampte vir besigheidsontwikkeling.

Nuus
2025 teleurstellend vir wetgewing: LAC

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 19, 2025 0:39


Die Regshulpsentrum het 2025 as 'n teleurstellende jaar vir wetgewing in Namibië bestempel en sê dat min gedoen is om die lewens van gewone burgers te verbeter. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê direkteur Toni Hancox dat slegs twee begrotingsverwante wette aangeneem is, sonder enige betekenisvolle impak op dienslewering.

Nuus
Meatco lood 2026/27 strategiese plan

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 18, 2025 0:43


Meatco het sy strategiese plan vir 2026/2027 bekendgemaak. Die staatsinstelling het vanjaar verskeie kontroversiële kwessies deurstaan, veral oor sy leierskap. Voormalige uitvoerende hoof Mwilima Mushokobanji se kontrak het verstryk, en die opvolgproses het gelei tot spanning tussen Meatco se raad en die kabinet. Intussen het die maatskappy sy slagteiken van 70 000 diere gemis. Kosmos 94.1 Nuus het met die interim uitvoerende hoof, Albertus Aochamub oor die volgende finansiële jaar gepraat.

Nuus
Nog lof vir Namibiese toerisme, HAN sê meer vlugte sal verder help

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 18, 2025 0:37


Namibië is deur die Afrika-Toerismeraad erken as Afrika se mees outentieke en uitdagende toerismebestemming, wat sy unieke posisie in globale reis beklemtoon. Die toekenning weerspieël toenemende internasionale belangstelling in lae-digtheid, bewaringsgerigte en kultureel outentieke ervarings. Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat verbeterde lugverbindings internasionale aankomste verder kan bevorder.

Nuus
GIPF se indirekte NamBob-belegging kry momentum

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 18, 2025 0:41


Die Regeringsinstellings Pensioenfonds se indirekte belegging in die begrafnisdiensverskaffer NamBob in 2019 kry momentum. Na jare van herstrukturering en operasionele hervormings het die maatskappy 'n netto wins van agt persent in die 2024/25-boekjaar aangeteken, na die fonds se belegging van 31 miljoen Namibiese dollar deur die Allegrow-fonds. Die fonds se woordvoerder, Josefina Nghituwamata, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat dit 'n grondslag lê vir volhoubare groei. Sy het meer.

Nuus
Nama-leier Hendrik Witbooi in SA vereer

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 18, 2025 0:40


Namibië se eerste anti-koloniale vegter, Kaptein Hendrik Witbooi, word in Suid-Afrika vereer. Hy is onder 48 bevrydingsleiers wat in die nuwe Leiersgallery by Vryheidspark in Pretoria opgeneem is. Kosmos 94.1 Nuus het met die leier van die Witbooi Tradisionele Gemeenskap, Kaptein Ismael Witbooi gepraat, wat sê die erkenning bekragtig die langdurige stryd van die Nama-mense.

Nuus
Duitsland help met M-pokke, Kongokoors voorbereiding

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 18, 2025 0:40


Duitsland se Robert Koch-instituut werk saam met die gesondheidsministerie om die gereedheid en kliniese reaksie op M-pokke en Kongokoors te verbeter. 'n Span kundiges van Duitsland en Namibië het gespesialiseerde opleiding ontwikkel oor die kliniese bestuur van beide siektes, insluitend infeksievoorkoming en -beheer. Die Duitse ambassadeur in Namibië, Thorsten Hutter, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

Nuus
AfDB se N$33 miljard sal op infrastruktuur bestee word

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 18, 2025 0:39


Die Afrika-ontwikkelingsbank het 'n lening van 33 miljard Namibiese dollar aan Namibië goedgekeur wat tussen 2025 en 2030 benut sal word. Die finansministerie sê die lening is goedgekeur onder die Namibië-landstrategiedokument, waardeur die land projekte indien wat binne vyf jaar befonds kan word. Die woordvoerder van die ministerie, Johnathan Swartz, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die geld vir sleutelprojekte soos infrastruktuurontwikkeling gebruik sal word.

Nuus
Fel kritiek oor skuld van N$2,8 miljard aan NamWater

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 18, 2025 0:37


Reaksie word ontvang op NamWater se uitstaande skuld wat 2,8 miljard Namibiese dollar bereik het, met dorpsrade, munisipaliteite en regeringsinstansies wat vir die meeste daarvan verantwoordelik is. Kosmos 94.1 Nuus het met bestuurskenner, Pius Dunaiski gepraat, wat sê die land gaan agteruit.

Nuus
Hordes sprinkane... hier's 'n paar wenke

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 18, 2025 0:38


Sprinkane in hul hordes is terug, en boere word aangespoor om waaksaam te bly. Agribank se tegniese adviseur vir pluimvee- en gewasproduksie, Hanks Saisai, sê 'n onlangse uitbreking van rooi sprinkane hou 'n ernstige bedreiging vir gewaslande in. Hy waarsku dat sprinkane landerye in 'n baie kort tydperk kan vernietig en raai boere aan om betyds voorkomende maatreëls te tref. Hy het 'n paar wenke met Kosmos 94.1 Nuus gedeel:

Nuus
See toe? Gedra jou, polisie is gereed

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 18, 2025 0:33


Meeste Namibiërs is al met vakansie en almal maak gereed vir die feesseisoen, met besoekers wat na die kus stroom. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met NamPol se Erongo-streekbevelvoerder, Nikolaus Kupembona, wat verduidelik watter maatreëls oor die seisoen in plek sal wees.

Nuus
Verkiesing: Ontleding toon hoë werkloosheid = lae opkoms

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 17, 2025 0:41


Statistieke van High Economic Intelligence toon dat uitslae van die Khomas-streeksraadverkiesing 'n patroon toon wat kieserbetrokkenheid aan ekonomiese toestande koppel. Hoër werkloosheidsyfers korreleer met laer kiesersopkoms. Die Tobias Hainyeko-kiesafdeling het byvoorbeeld 'n werkloosheidsyfer van 49,3 persent aangeteken, met 'n opkoms van slegs 24,1 persent, terwyl Moses//Garoëb en Samora Machel 'n werkloosheidsyfer van 48,4 persent en 'n opkoms van 26,3 persent gehad het. Kosmos 94.1 Nuus het met arbeidskenner Herbert Jauch gepraat.

Nuus
Homeschooling-vereniging reageer op lynministerie se verklaring

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 17, 2025 0:35


Die Homeschool Association of Namibia sê die verwarring rondom hul rol veroorsaak onnodige kommer onder ouers en leerders. Dit kom nadat die onderwysministerie 'n verklaring uitgereik het waarin gesê word dat die vereniging nie erken word om tuisonderrig in die land goed te keur, te reguleer, te registreer of leiding te gee daaroor nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Andre Gouws, die uitvoerende hoof van die vereniging, gepraat wat sê dat die ministerie se verklaring waarskynlik veroorsaak is deur 'n voorval in die Erongo-streek.

Nuus
SA produseer wel weer entstof, maar die sertifisering vir invoere

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 17, 2025 0:41


Suid-Afrikaanse Entstofprodusente het teengifproduksie hervat na 'n vyf jaar onderbreking. Die slangkenner Francois Theart het met die Nasionale Werkgroep vir Verwaarloosde Tropiese Siektes gesels om die moontlikheid te ondersoek om beperkte hoeveelhede van die teengif aan te hou. Die teengif het tans nie internasionale Good Manufacturing Practices -sertifisering nie, wat regulatoriese goedkeuring vir invoere kan bemoeilik. Kosmos 94.1 Nuus het met Theart gepraat.

maar kosmos weer nuus good manufacturing practices
Nuus
Aansoeke vir 2026 se Talent Factory is oop

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 17, 2025 0:31


MultiChoice Talent Factory se aansoeke vir sy 2026-inname is oop, met 'n sperdatum van 27 Februarie 2026. Plaaslike gegradueerdes wat daarna streef om regisseurs, filmmakers, draaiboekskrywers, vervaardigers en storievertellers te word, kan nou aansoek doen vir ten volle befondsde kursusse. Die ten volle geakkrediteerde nege maande lange program word aangebied in 'n hibriede formaat, wat interaktiewe aanlynleer kombineer met intensiewe fisiese persoonlike opleiding. Roger Gertze, besturende direkteur van Multichoice Namibië, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:

Nuus
Hyphen se vaardighede sensus duur voort

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 17, 2025 0:37


Hyphen Hydrogen Energy het vroeër vanjaar hulle vaardigheids-opname geloods. Hierdie sensus stel Namibiërs in staat om hul vaardigheidsinligting in te dien en relevante dokumente op te laai om in 'n omvattende werksoekersdatabasis ingesluit te word. Kosmos 94.1 Nuus het met Martin Wilkinson,die senior ekonomiese ontwikkelingsbestuurder by Hyphen gepraat, wat 'n opdatering gee oor die hoeveelheid aansoeke wat hulle tot dusver ontvang het.

Nuus
Onthou, GIPF-betalings kom vroeg

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 17, 2025 0:25


Die Staatsinstellings Pensioenfonds herinner begunstigdes dat hulle uitbetalings vandeesmaand vroeër uitbetaal sal word. Kosmos 94.1 Nuus het met Josephine Nghituwamata, fonds-woordvoerder oor die besonderhede gepraat.

Nuus
Koop noodsaaklike goedere eerste, Januarie-salaris moet hou

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 17, 2025 0:38


Terwyl feestelike besteding landwyd toeneem, bou finansiële druk stilweg op vir Januarie. Skooluniforms, skoene en skryfbehoeftes is reeds in ouers se gedagtes. Standard Bank Namibië sê besluite wat in Desember geneem word, kan bepaal of gesinne die nuwe jaar voorbereid begin, of onder ernstige finansiële druk verkeer. Standard Bank-woordvoerder Elzita Beukes het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

Nuus
SA se inflasie-teiken raak Namibië, help om syfer te anker

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 17, 2025 0:39


Suid-Afrika se verwagte inflasiekoers vir 2026 het gedaal tot 3,8 persent, 'n 25-jaarlaagtepunt sedert 'n laer 3 persent-inflasieteiken aangekondig is. 'n Kwartaallikse opname in opdrag van die Reserwebank het die gemiddelde voorspelling vir 2027 op 3,7 persent aangedui. Kosmos 94.1 Nuus het met die Simonis Storm ekonoom Almandro Jansen, wat die impak daarvan op Namibië verduidelik.

Nuus
Sake-visums verdien N$1,5m vanjaar

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 17, 2025 0:39


Die Namibiese Konvensieburo het sedert vanjaar 1 186 vergaderings, aansporingsgeleenthede, konferensies en uitstallings, of MICE-visumaansoeke, gefasiliteer, met 978 visums wat uitgereik is en byna 1,5 miljoen Namibiese dollar in inkomste gegenereer het. Catherine Shipushu, die woordvoerder van die Beleggingsbevordering- en Ontwikkelingsraad, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hierdie geleenthede beduidende voordele vir plaaslike besighede inhou.

Nuus
Boewe doen hulle voor as polisie in hoofstad

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 16, 2025 0:39


Daar is 'n nuwe slenter wat kop uitsteek, waar skelms na wat berig word hulle voordoen as polisiebeamptes of sekuriteitswagte en niksvermoedende Namibiërs om die bos lei of vaslik beboet op straat. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Windhoek Stadspolisie se skakelbeampte, assistent-superintindent Katrina Nomboga, wat verduidelik.

Nuus
Korrupsie wat omgewing skaad onder die loep in Doha - Noa

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 16, 2025 0:40


Justisieminister Wise Immanuel lei Namibië se afvaardiging by die elfde VN-teenkorrupsiekonferensie in Doha. Die weeklange geleentheid sal na verwagting meer as 2 000 afgevaardigdes van reg oor die wêreld bymekaarbring vir besprekings oor voorkoming en bedreigings, insluitend kubermisdaad en KI-korrupsie. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur-generaal van die Teenkorrupsiekommissie, Paulus Noa, gepraat.

Nuus
NamPower skuld dui institusionele ineenstorting aan

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 16, 2025 0:40


Bestuurskenner Pius Dunaiski het jare se swak toesig en politieke verdraagsaamheid blameer vir wanbetaling en NamPower se groeiende skuldkrisis, wat nou meer as 912 miljoen Namibiese dollar beloop. Met suidelike munisipaliteite soos Mariental alleen wat meer as 233 miljoen dollar skuld, waarsku Dunaiski dat die situasie institusionele ineenstorting weerspieël. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat selfs die 70 miljoen dollar wat deur Angola se kragverskaffer verskuldig is, dui op ernstige mislukkings in leierskap en afdwinging.

Nuus
Landbou sê oor voëlgriep by Lüderitz

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 16, 2025 0:36


Die landbouministerie het meer inligting bekend gemaak na sy direktoraat van veeartsenydienste 'n uitbreking van H5N1-hoëpatogeniese voëlgriep onder gewone sterretjies op Lüderitz bevestig. Intussen toon sowat 30 voëls op Mercury-eiland naby Lüderitz ook tekens van die siekte, wat vermoedelik deur migrasievoëls versprei is. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se woordvoerder Simon Nghipandulwa gepraat.

Nuus
GUN boos oor hofopdrag

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 16, 2025 0:40


Reaksie word ontvang op die hoërhof wat gelas het dat die kwessies wat onder die loep moet kom in die saak waar die Ganja Users of Namibia en ander aansoekers vra dat dagga gewettig word, beperk moet word. Die saak is intussen uitgestel tot 22 Januarie daarvoor. Kosmos 94.1 Nuus het met Borro Ndungula die Ganja Users of Namibia se sekretaris-generaal, gepraat. Hy sê dit is 'n apartheidswet wat bedoel was om swart mense te onderdruk.

Nuus
Brent ru-olie neig onder US$60 'n vat

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 16, 2025 0:44


Sedert die begin van Desember beweeg olie pryse afwaarts. Brent neig vanoggend onder 60 Amerikaanse dollar ‘n vat. Dit kan 'n vroeë Kersgeskenk vir wêreld ekonomieë wees. Kosmos 94.1 Nuus het met Suid Afrikaanse ekonoom, Chris Hart gesels.

Nuus
Mynbousektor behou steeds momentum

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 16, 2025 0:28


Namibië se mynbousektor ondersteun steeds die ekonomie en toon bestendige momentum in Oktober ten spyte van wêreldwye teenwinde. Nuwe syfers toon dat mineraaluitvoere die September-handel oorheers het, met uraan wat 21,1 persent van die totale uitvoere uitgemaak het, gevolg deur diamante met 19,8 persent, goud met 10,7 persent, en nikkelerts en konsentrate met 5,6 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom van die Kamer van Mynwese, Ruusa Kambonde, gepraat:

Nuus
Behuisingskwessie 'verg realistiese benadering'

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 16, 2025 0:38


Die onlangse Internasionale Menseregtedag het weer die kwessie van behuising in die kollig geplaas Volgens die Nasionale Behuisingsonderneming het Namibië 'n behuisingsagterstand van ongeveer 300 000 eenhede. Om aan hierdie vraag te voldoen, sal die land na raming 76 miljard Namibiese dollar benodig, of na aan die nasionale begroting van 89,4 miljard dollar vir 2025/2026. Dit beklemtoon die behoefte aan 'n meer volhoubare en realistiese benadering. Kosmos 94.1 Nuus het met Sinvula Mudabeti gepraat van die Namibian Lives Matter beweging.

Nuus
Minimum betalings verpligtend by Unam-registrasie

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 16, 2025 0:39


Unam het studente in kennis gestel dat verpligte minimum betalings voor of tydens 2026-registrasie van toepassing sal wees. Namibiese studente moet 6 975 Namibiese dollar betaal, SAOG-studente 12 125 dollar, en nie- SAOG-studente 20 775 dollar, wat onder andere klasgelddeposito's, registrasie en tegnologiefooie dek. Woordvoerder Simon Namesho het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat alle uitstaande saldo's vereffen moet word om voordeel te trek uit die gesubsidieerde tersiêre opleiding in 2026.

Nuus
Agra Veilings kyk terug op die jaar

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 16, 2025 0:42


Agra Veilings Namibië het ‘n terugblik op die jaar gegee. Aan die begin van die jaar was daar verskeie onsekerhede in boerdery wat kop uitgesteek het. Knopvelsiekte en bek-en-klouseer wat in Suid Afrika uitgebreek het was kopsere, maar Namibië se boerderybedryf het kop bo water gehou. Kosmos 94.1 Nuus het met Paul Klein, uitvoerende bestuurder van Agra Veilings, gesels.

Nuus
Goud styg weens swakker Amerikaanse dollar

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 15, 2025 0:39


Goudpryse het Vrydag tot 'n sewe-week hoogtepunt gestyg, versterk deur 'n swak Amerikaanse dollar en 'n toename in werkloosheid in die VSA. Die edelmetaal het op 4 286 dollar per fynons gesluit, en verhandel vandag teen sowat 4 337 dollar. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper oor die beweegredes agter goud se vertoning gepraat:

Nuus
Unam-visekanselier gesels oor Afrika-Millimeter-teleskoop

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 15, 2025 0:41


Die Namibiese Afrika-Millimeter-teleskoop se omgewingsassesseringsproses is nou in sy omvangsfase. Die teleskoop op die Gamsberg sal 'n 14-meter-skottel hê en sal deel wees van die wêreldwye Event Horizon-teleskoopnetwerk. Die projek word gelei deur Unam se professor Michael Backes, Zandré Duvenhage, dr. Marc Klein Wolt en John Pallett. Kosmos 94.1 Nuus se Francois Lottering het gepraat met Unam se visekanselier, professor Kenneth Matengu, wat op die terrein was.

Nuus
Daar is geen beperkings op toegang tot Sossusvlei nie

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 15, 2025 0:41


Die ministerie van toerisme het opnuut beklemtoon dat die konsessie in die Namib-Naukluft Nasionale Park, wat deur About Africa. Co bedryf word, nie toegang aan toeroperateurs en lodges beperk om Sossusvlei te besoek nie, mits hulle by die Namibiese Toerismeraad geregistreer is. Kosmos 94.1 Nuus het die ministerie se woordvoerder, Vilho Hangula, gevra om te verduidelik:

Nuus
Ekonomie in 2025: Olie bly die regering se hoofdoel

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 15, 2025 0:41


Met die jaar wat einde se kant toe staan, word die vordering van die ekonomie onder die vergrootglas geplaas. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus-ekonoom Oliver Diggle oor sy ekonomiese oorsig gesels. Hy sê die jaar het goed begin, maar sake het stelselmatig verswak.

Nuus
Versigtig vir die son die vakansie

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 15, 2025 0:40


Die vakansieseisoen bring son, sand en see maar ook 'n skerp waarskuwing van gesondheidskenners. Namibië se hoë vlakke van ultraviolet-straling bring 'n verhoogde risiko van velsorgskade en selfs velkanker, die wêreld se mees algemene kankersoort. Dermatoloë sê dat mense tydens Desember en Januarie dikwels hul sonskerm-roetine versuim, wat tot gevaarlike sonbrand en langtermynvelskade kan lei. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van die Kankervereniging.

Nuus
G'n woord oor die SAOG-tribunaal vir Zim-boere nie

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 15, 2025 0:40


Alle pogings van die Zimbabwiese boer en aktivis Ben Freeth om die SAOG-tribunaal weer in werking te stel, is steeds futiel. Die werksaamhede van die tribunaal is in 2010 deur SAOG-leiers opgeskort ná dit ten gunste van Zimbabwiese boere beslis het wie se plase onteien is. Kosmos 94.1 Nuus het met Freeth oor die jongste stand van sake gepraat: