Podcasts about kosmos

The universe as a complex and orderly system or entity

  • 1,113PODCASTS
  • 4,865EPISODES
  • 21mAVG DURATION
  • 2DAILY NEW EPISODES
  • Dec 5, 2022LATEST
kosmos

POPULARITY

20152016201720182019202020212022

Categories



Best podcasts about kosmos

Show all podcasts related to kosmos

Latest podcast episodes about kosmos

Nuus
Erongo-polisie neem stappe na nog 'n transito-roof

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 5, 2022 0:42


Die Namibiese polisie op Walvisbaai se ondersoek na die gewapende roof waar meer as 1,5 miljoen Namibiese dollar gesteel is, vorder goed. Inspekteur Ileni Shapumba sê die stukkies van die legkaart kom bymekaar. Hy sê verder daar sal môre met maatskappye wat kontant vervoer vergader. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Nuus
Klimaat: Veeboerdery nie die probleem nie

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 5, 2022 0:45


Dr. Theo de Jager, voormalige president van die Wêreldprodusente-organisasie en 'n afgevaardigde na die onlangse COP 27 Klimaatsberaad in Egipte, sê dat stemme opgegaan het by COP 27 dat die wêreld se agt miljard mense na plantgebaseerde voedsel moet beweeg weens die bydrae van veeboerdery tot klimaatsverandering. Teenstand teen voorstelle dat die wêreld moet ophou om proteïen-produkte te eet en na plantgebaseerde voedsel hoort om te skakel, is uitgespreek. Dr. de Jager gesels met Kosmos 94.1 Nuus...

Nuus
Dit sukkel met vrylating wanneer 'n ietermagô gesmokkel is

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 5, 2022 0:41


Die navorser van die Ietermagôbewaring en -Navorsingstigting, Kelsey Prediger, het in 'n Namibiese omgewingstydskrif die kwessie van ietermagô-smokkelary aangespreek. 'n Gesmokkelde ietermagô ervaar erge trauma en staar talle uitdagings in die gesig wanneer dit weer in die natuur vrygelaat word. Ietermago's is hoogs territoriaal, maar smokkelaars wil nie altyd onthul waar hulle die ietermagôs gevang het nie. Prediger sê aan Kosmos 94.1 Nuus watter suksesse en terugslae hulle met die vrylating van gesmokkelde ietermagôs het.

Nuus
GRN se stygende skuldvlakke wek groot kommer

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 5, 2022 0:43


Namibië se binnelandse regeringskuld het gedurende November tot 103,1 miljard Namibiese dollar gestyg, volgens die Bank van Namibië se jongste syfers. As 'n persentasie van die BBP het binnelandse skuld met 0,3 persentasiepunte maand-tot-maand tot 51,9 persent gestyg. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom, dr. Mally Likukela, gesels oor die implikasies hiervan.

Nuus
Swapo moet verantwoording doen vir sy verkiesingsgemors

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 5, 2022 0:43


Ná die bekendstelling van die nuwe geverifieerde Swapo-lyste van die party se sentrale komitee nadat stemme oorgetel is, sê 'n voormalige Namibiese eerste minister, Nahas Angula, daar is nou meer vrae as antwoorde. Hy wil weet wie die aanvanklike "fiktiewe" lys goedgekeur het en sê dit skep onraad dat vorige verkiesings van die Swapo-kongres ook onreëlmatig was. Angula sê aan Kosmos 94.1 Nuus Swapo sal moet verantwoording doen.

Nuus
Cyril het reg om verslag in die hof uit te daag

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 5, 2022 0:49


Cyril Ramaphosa se presidentskap is in gedrang nadat hy in die Phala Phala-skandaal vasgevang is. Suid-Afrikaanse opposisiepartye eis nie net dat Ramaphosa in 'n staat van beskuldiging geplaas word nie, hulle wil 'n mosie van wantroue teen hom instel. Dit volg na die Artikel 89-paneel se verslag bevind het Ramaphosa het dalk 'n saak om te beantwoord oor die diefstal van duisende Amerikaanse dollars op sy Phala Phala-wildplaas in Limpopo in 2020. Ramaphosa veg terug en gaan die verslag in die hof uitdaag, want hy beskou dit as gebrekkig. Ramaphosa het vlugtig Sondag gesig gewys by die vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee in Johannesburg, wat vandag uitsluitsel oor die verslag sal gee. Suid-Afrikaanse politieke analis dr. Charles Sinkala sê aan Kosmos 94.1 dit is Ramaphosa se reg om die prima facie-verslag in die hof uit te daag.

Nuus
Herverkiesde Walvisbaai-burgemeester het groot planne

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 4, 2022 0:20


Trevino Forbes is as die burgemeester van Walvisbaai herkies tydens die munisipaliteit se spesiale raadsvergadering om ampsdraers vir sy 2023-termyn te verkies. Sara Mutondoka is die nuwe onderburgemeester en raadslid Richard Hoaeb is as die voorsitter van die bestuurskomitee verkies. Forbes sê aan Kosmos 94.1 Nuus watter projekte hy beplan met sy herverkiesing as burgemeester van die hawedorp.

Nuus
Namibiese verbruikers is ook in 'n sinkende geldbootjie

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 4, 2022 0:26


‘n Namibiese ekonomiese kenner het gereageer op Deloitte se Toestand van die Verbruiker-opname wat verbruikers in 24 lande navors. Dit dui daarop dat Suid-Afrikaanse verbruikers die derde angstigste ter wêreld is. Volgens Rodger George van Deloitte het die opname getoon Suid-Afrikaanse verbruikers is bekommerd oor finansies. Sowat 70 persent van Suid-Afrikaners is bekommerd oor die stygende lewenskoste. Laer inkomstegroepe bestee geld aan kos en noodsaaklikhede. George sê 38 persent van die respondente, sê hulle het nie geld oor nadat hulle hul uitgawes betaal het nie. Dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement ekonomie aan die Universiteit van Namibië, sê aan Kosmos 94.1 Nuus Namibiërs is in dieselfde bootjie.

Nuus
Erongo verskerp veiligheid in feesseisoen

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 4, 2022 0:42


Die Erongo-streek in die weste van Namibië is een van die besigste dele van die land gedurende die feestyd. Namibiërs en buitelandse vakansiegangers stroom na die streek, met sommige mense wat by die see wil gaan afkoel, terwyl ander na die asemrowende Namibwoestyn wil besoek. Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur van die streek Neville Andre gesels oor hoe die voorbereidings gaan rakende die veiligheid van besoekers.

Nuus
MTC se SIMkaartregistrasie-veldtog is suksesvol

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 4, 2022 0:43


MTC is suksesvol in sy veldtog vir SIMkaart-registrasie vir sy meer as twee miljoen kliënte. Volgens die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, het lede van die publiek nog 12 maande om hul SIM-kaarte te registreer. Verpligte registrasie begin eers op 1 Januarie volgende jaar en volgens die uitvoerende hoof van Cran, Emilia Nghikembua, sal verpligte registrasie op 31 Desember 2023 ten einde loop. Sy sê sy is tevrede met die verloop van registrasie. John Ekongo, MTC se korporatiewe kommunikasiebestuurder, vertel aan Kosmos 94.1 Nuus hoe dit met die registrasie gaan.

Nuus
Gesondheidsdirekteur sê staatshospitale is gereed vir feestyd

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 4, 2022 0:44


Tydens die feestyd vind baie ongelukke plaas, veral op ons nasionale paaie. In die meeste gevalle vereis hierdie ongelukke professionele nooddienste soos ambulanse en mediese aandag. Kosmos 94.1 Nuus het na die Namibiese gesondheidsministerie uitgereik om uit te vind of die ministerie al sy arsenale in plek het wanneer hulle op noodoproepe tydens feesseisoen ontbied word. Die ministerie se uitvoerende direkteur, Ben Nangombe het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Stoiker Podcast
#44 Stoische Theologie

Stoiker Podcast

Play Episode Listen Later Dec 4, 2022 54:25


In dieser Folge des Stoiker Podcasts sprechen Markus und Ralph über die stoische Theologie. Sie stellen die Theologie der Stoiker kurz vor und besprechen dann, welche Bedeutung dieser Aspekt der stoischen Physik für die Ethik der Stoiker hat. Die Podcaster besprechen die vier großen Fragen: gibt es einen stoischen Gott, von welcher Natur ist er, führt er die Geschehnisse in der Welt und inwiefern kümmert er sich um die Welt. Besonders besprechen Ralph und Markus, wie der stoische Gott als philosophischer Gott sowie als Kosmos bzw. Natur zu verstehen ist. Darüber hinaus gehen sie auch auf den sehr stoischen Aspekt der Fürsorglichkeit dieser Welt ein und was das alles für die Ethik bedeutet. Inwiefern hilft die stoische Theologie dabei, Sinn zu finden, sich als Kosmopolit zu identifizieren und sein Schicksal zu lieben. Einen ausführlichen Artikel zu diesem Thema findet ihr im Blog von Ralph auf https://www.stoiker.net/blog/stoische-theologie Die "stoischen Tests" haben wir in Folge 38 besprochen: http://www.stoikerpodcast.de/38-buch-stoic-challenge-irvine/ Die Geschichte der Stoa von der Antike bis zur Neuzeit haben wir in Folge 3 besprochen: http://www.stoikerpodcast.de/3-geschichte-stoa-antike-neuzeit/ Themen 00:00 Intro 00:45 Hausmitteilungen 02:30 Einleitung der stoische Gott 04:20 Einordnung & Bedeutung in der stoischen Philosophie 08:50 Was ist der Gott der Stoiker? 09:40 Stoische Beweise für Gott 11:30 Der stoische Gott als philosophischer Gott 13:20 Wie hängen Gott, Kosmos, Natur, logos & pneuma zusammen? 15:10 kein personifizierter Gott 17:40 Der Kosmos als (bewusstes) Lebewesen 21:05 Wie ist die Fürsorglichkeit zu verstehen? 24:10 Greift der stoische Gott in die Welt ein? 25:30 Wie kommt Leid zustande? 31:50 Wachstum durch Herausforderungen 33:00 Arbeitsperspektive für den stoischen Gott 35:20 Was bedeutet das für die Ethik? 36:30 amor fati 38:00 Zitate von Epiktet 39:00 Sinngebung 39:55 Identifikation als Kosmopolit 42:00 Auftauchen von ähnlichen Konzepten in der Philosophiegeschichtliche 48:30 Fazits Die Buchempfehlungen aus dieser Folge findest du hier: http://www.stoikerpodcast.de/buecher/ Wenn dir gefällt, was wir tun, spendiere uns einen Kaffee oder Tee: http://www.stoikerpodcast.de/spenden/ Und mit unserem Newsletter halten wir dich über neue Folgen und Veranstaltungen auf dem Laufendem: http://www.stoikerpodcast.de/newsletter/ Schreibe uns deine Frage direkt an mail@stoikerpodcast.de Intro- und Outro-Musik von Tobias Rueß Mehr über uns auf http://www.stoikerpodcast.de

Wissenswerte | Inforadio
Kosmischer Staub - Wie die Reste einer Supernova in der Wüste landen

Wissenswerte | Inforadio

Play Episode Listen Later Dec 4, 2022 25:38


Wann hat es eigentlich mal so richtig gekracht in unserem Kosmos? Astrophysikerin Jenny Feige sucht auf der Erde nach Spuren für Explosionen in der Nähe unseres Sonnensystems, die Millionen von Jahren zurückliegen.

Nuus
Stad Windhoek hou Kersstraatmark

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 3, 2022 0:43


Stad Windhoek se Kersstraatmark is in volle swang in die hoofstad en duur nog tot môre. Die mark vind in die Zoopark in Onafhanklikheids-rylaan plaas. Verskillende produkte word uitgestal en die inwoners kan hul Kers-inkopies daar gaan doen. Stad Windhoek se kommunikasiebeampte Lydia Amutenya sê aan Kosmos 94.1 Nuus verskeie munisipale dienste sal ook by die mark aangebied word.

Nuus
Copps 94.1 beleef 'n rustige aand in die hoofstad

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 3, 2022 1:55


Kosmos 94.1 se Copps 94.1 teenmisdaad-realiteitsprogram was Vrydagaand weer regstreeks op die lug met ons borge G4S Namibia, JAC van M&Z Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, LifeLink Emergency Services, Cema Drilling and Compressors, ITR Namibia Earthmoving Equipment, Dulux Namibia, Engen Eureka Service Station en die Windhoekse Stadspolisie. Francois Lottering was in die hoofstad op grondvlak.

Nuus
Fado-duet vanaand in Nasionale Teater van Namibië

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 2, 2022 0:31


Die Nasionale Teater van Namibië sal vanaand die tuiste wees van nog 'n internasionale duet. Rodrigo Costa Félix en Ana Margarida van Portugal sal om sewe-uur Fado-musiekkonsert aanbied. Fado is in 2011 deur Unesco erken as deel van die ontasbare kulturele erfenis van die mensdom. Fado is ‘n genre wat musiek en poësie insluit wat wyd beoefen word deur verskeie gemeenskappe in Lissabon. Félix is een van die grootste Fado-verwysings van sy generasie en tree al 30 jaar professioneel op. Margarida is een van die opwindendste stemme van die nuwe generasie Fado-sangers. Desiree Mentor, skakelbeampte van die teater gesels met Kosmos 94.1 Nuus...

Nuus
Energiekenner gesels oor Langer Heinrich

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 2, 2022 0:42


‘n Energiekenner sê die opening van die Langer Heinrich-myn is goeie nuus vir Namibië. Daar verwag dat die Langer Heinrich-myn minstens 4 persent tot die totale wêreldwye uraanproduksie sal bydra. Sy eienaar, die Australiese uraanprodusent Paladin Energy, sê die myn is op koers om 'n beduidende speler in die nabye toekoms te wees. Die maatskappy sal na verwagting in die eerste kwartaal van 2024 met produksie in Namibië begin nadat sy myn in 2018 onder sorg-en-instandhouding geplaas is weens 'n afname in uraanmarktoestande. Ted Blom, energiekenner in Suid-Afrika, gee sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus.

Nuus
Korrupsie in vis-, oliebedrywe onder die loep op Walvis

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 2, 2022 0:42


Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing hou volgende Donderdag 'n streeks-teenkorrupsie-konferensie in Walvisbaai. Die konferensie sal spesifiek kyk na korrupsie in die vis- en oliebedrywe en verkryging in die verband. Die instituut se direkteur, Graham Hopwood, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Nuus
Okahandja se leiers sal op 9 Desember verkies word

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 2, 2022 0:37


Die uitvoerende hoof van Okahandja sê die landdros kan eers op 9 Desember die verkiesing van ampsdraers van die Okahandja-munisipaliteit behartig, nadat die verkiesing voor 30 November moes plaasgevind het. Okahandja is tans sonder 'n burgemeester tot 9 Desember ná die verstryking van ampstermyne vir die betrokke ampsdraers. Al die raadslede is tans net raadslede sonder portefeulje en dit beteken ook dat daar geen burgemeester of bestuurskomitee is nie. Die uitvoerende hoof, Alphons Tjitombo verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus..

Nuus
TransNamib sê oor steenkoolvervoer van Gobabis tot by Namport

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 2, 2022 0:43


TransNamib het groot planne om steenkool-uitvoere van Botswana teen vroeg volgende jaar op sy spoor te vervoer wat moontlik uitvoere via die Walvisbaai-hawe kan verdubbel. Daar word beplan om sowat 50 000 ton steenkool per maand op Gobabis na die spoor toe verskuif en so Walvisbaai toe vervoer. Die eerste besending word in Maart volgende jaar verwag en dat kapasiteit na 100 000 ton opgeskuif sal word. Abigail Raubenheimer, TransNamib se woordvoerder gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Nuus
Onwettige kragverbindings in die nuus

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 2, 2022 0:40


Na foto's aan die lig gekom het van wat voorkom as ‘n onwettige kragverbinding op Okahandja, het Kosmos 94.1 Nuus dit aan Cenored se woordvoerder Charlie Matengu gerapporteer. Die foto's toon ‘n kragkabel van ‘n Cenored kragpunt wat deur waterpype deur ‘n muur gevoer is en deur die venster met die huis verbind is. Volgens Matengu word daar soms tydelike verbindings bogronds gedoen. Na hy die foto's ontvang het, het hy onderneem om onmiddellik ondersoek in te stel, omdat die verbinding uiters verdag voorgekom het, maar Matengu het bevestig dat die kabels nie onwettig is nie.

Nuus
Internasionale dag vir gestremdes môre, hulle sukkel plaaslik

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 2, 2022 0:33


Die VN se Internasionale Dag van Mense met Gestremdheid vind elke jaar op 3 Desember plaas. Die dag is geskep om mense te laat verstaan dat ons 'n wêreld moet skep met geen diskriminasie teen persone met gestremdhede nie. Namibië se sambreelliggaam vir gestremdes, die Nasionale Federasie van Mense met Gestremdhede in Namibië, het 'n groot mandaat om die menseregte-kwessies wat verband hou met persone met gestremdhede te bepleit en te bevorder. Ebenhard Ripunda, die voorsitter van die Namibiese Vereniging van Rolstoelgebruikers, sê aan Kosmos 94.1 Nuus watter uitdagings mense met gestremdhede steeds in die gesig staar.

Nuus
Namibië het ook 'n tekort aan ambulanse

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 2, 2022 0:40


Namibian Marshal Ranger Sean Naudé het gereageer op die DA wat sê Suid-Afrika het 'n tekort aan 3 401 ambulanse. Van die 3 342 ambulanse wat die land wel het, kan 750 tans nie gebruik word nie weens 'n gebrek aan onderhoud of skade weens botsings. Naude sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy het juis ‘n ambulansdiens in Namibië begin weens ‘n gebrek aan ambulanse in die staatsgesondheidsektor.

Nuus
Namibiese span nog sonder sportdrag

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 2, 2022 0:42


'n Vertraging in betaling deur die Namibiese sportministerie aan 'n plaaslike sportdraghandelaar het daartoe gelei dat Span Namibië sonder amptelike drag na die Afrika-unie Sportraad Streek 5 Spele gereis het. Die 10de Streek 5 Spele vind van 2 tot 11 Desember 2022 in Lilongwe, Malawi plaas, met 10 Suider-Afrikaanse lande wat in 12 sportkodes meeding. Namibië se span van 70 atlete en 32 beamptes het verlede Saterdag in verskillende groepe na Malawi begin vertrek en moes Woensdag sonder hul nasionale kleure 'n verwelkomingseremonie bywoon wat deur die Malawiese reëlingskomitee gereël is. Jo-ann Manuel, direkteur van sport, sê hulle is hoopvol dat die drag aan hulle afgelewer sal word voor die openingseremonie môre. Sy sê die verskaffer is eers op 27 November betaal en hy het toe Indië toe gevlieg om die drag te kry. Hy het glo alles behalwe skoene gekry. Aktivis, Michael Amushelelo het met skok aan Kosmos 94.1 Nuus gereageer en gesê die tendens van korrupsie moet stop.

Nuus
Uranium One se interaksie met Namibië duur voort

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 2, 2022 0:20


Rosatom se adjunkdirekteur-generaal vir ontwikkeling en internasionale sake, Kirill Komarov, sê sy sustersmaatskappy Uranium One se Wings-projek in Namibië se uraan-neerslag het groot potensiaal, veral gegewe die feit dat uraanpryse groei. Hy sê daar word nie genoeg verduidelik wat hulle in die Omaheke-streek doen en hoekom in-situ loging veilig is vir die omgewing nie. Hy sê dié metode word al lank in Rusland en Kazakstan gedoen. Komarov sê die projek kan beleggings tot 'n half-miljard Amerikaanse dollar vir Namibië inbring. Hierdie projek sal 600 werksgeleenthede by die myn genereer en tienduisende werksgeleenthede in aangrensende ekonomiese sektore. Rosatom is gereed om voort te gaan met interaksie met die regering en die plaaslike gemeenskappe, sê die kommunikasiekonsultant van Uranium One, Riaan van Rooyen aan Kosmos 94.1 Nuus.

Nuus
Gedenktuin vir Madiba open Maandag

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 2, 2022 1:57


'n Herinneringsgemeenskapstuin, ter nagedagtenis aan die wêreld-bekende, voormalige Suid Afrikaanse ikoon en oudpresident, Nelson Mandela, open amptelik volgende week sy hekke vir die publiek. Die opening vind Maandagoggend plaas, as deel van die negende herdenking van Madiba se dood op 5 Desember. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaasptad, Fritz Platt...

Nuus
Geen rede tot kommer oor nuwe Omikron-variant in Botswana

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 2, 2022 0:36


Daar is berigte wat die rondte doen van ‘n nuwe Omikron-subvariant van die Covid-virus wat in Botswana opgespoor is. Dr. Kalumbi Shangula, die Namibiese gesondheidsminister van sê hy is bewus daarvan. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus terwyl hulle hierdie verwikkelinge waarneem, is daar niks wat op hierdie stadium kommer wek nie.

Nuus
Politieke kenner: Dit is nie in die ANC se kultuur om te bedank

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 1, 2022 0:43


‘n Politieke ontleder in die buurland het gereageer op Suid-Afrikaanse berigte dat President Cyril Ramaphosa sy kabinet ingelig het dat dit die laaste keer is dat hy met hulle sal vergader. Hy sal vanaand die land toespreek. Daar is gerugte dat Ramaphosa vanaand sy bedanking sal aankondig. Intussen het die Suid-Afrikaanse rand vandag baie skerp tot byna 18 rand teen die Amerikaanse dollar verswak na dié gerugte. Politieke ontleder professor Andre Duvenhage sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is ‘n 50/50-situasie.

Nuus
Vervoerder sê oor tolfooie op Namibië se paaie

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 1, 2022 0:31


Nasionale Raadslede wil hê dat swaar vragmotor-tolfooie op nasionale paaie verhoog word, met die opbrengs wat vir padinstandhouding gaan. Hulle het debat gevoer oor die Padfondsadministrasie-wetsontwerp. Ter ondersteuning van die wetsontwerp is die Kabbe-Suid-raadslid John Likando een van die lede wat vra vir verhoogde heffings. Likando het gekla dat swaar vragmotors wat goedere by kushawens via die Trans-Kalahari- en Trans-Zambezi-hoofweë laai en aflaai, aansienlike skade aan plaaslike paaie aanrig terwyl hulle laer fooie betaal. Likando voer aan dat ander lande buitensporige fooie hef en wil hê dat sulke heffings gereguleer word. Stefan Terblanche, uitvoerende hoof van FP du Toit Transport het sy reaksie op die tolfooie só aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.

Nuus
Ooreenkoms met Angola oor gas en olie dalk 'bietjie te laat'

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 1, 2022 0:44


Namibië se ministerie van myne en energie het met die Angolese ministerie van minerale hulpbronne, petroleum en gas 'n memorandum van verstandhouding by vanjaar se Angola Olie- en Gaskonferensie in Luanda onderteken wat bilaterale samewerking in die petroleum- en natuurlike gassektor onderteken om wedersydse maatskaplike, ekonomiese en omgewingsbelange tussen die twee lande te verbeter. Namibiese ekonoom Gabriel Erastus sê aan Kosmos 94.1 Nuus alhoewel dit ‘n stap in die regte rigting is, is dit dalk 'n bietjie te laat.

Nuus
Namibian Marine Phosphate se verslae is beskikbaar

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 1, 2022 0:35


Namibian Marine Phosphate se finale mariene-omgewings- en maatskaplike impak-verslag is nou beskikbaar vir die publiek kommentaar en insette te lewer. Die maatskappy wil vir sy Sandpiper-projek, marienefosfaat naby Walvisbaai ontgin. Dit het 'n onafhanklike omgewingspraktisyn aangestel wat die assesseringsfase voltooi het en die finale verslag aan die omgewingkommissaris oorhandig het. Kommer heers oor die impak op die mariene stelsel en visbronne, maar Namibian Marine Phosphate gee sy versekering dat sy aktiwiteite nie diepsee-mynbou is nie. Ná die publiek se insette, sal die omgewingskommissaris sy besluit neem, sê die bedryfshoof Mike Woodborne aan Kosmos 94.1 Nuus.

Nuus
Brandstofprys vir Desember binnekort bekend

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 1, 2022 0:22


Die Namibiese brandstofprys sal moontlik môre of volgende week eers bekend wees. Voorspellings is vir ‘n onveranderde petrolprys met diesel wat effe moeiliker voorspelbaar is. Die Amerikaanse dollar het redelik verswak en die olieprys het ook teruggeval. Ten Hasheela, die hoofskakelbeampte by die ministerie van myne en energie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Nuus
Geslagsgeweld en die onderwyssektor

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 1, 2022 0:42


Die Namibiese onderwysministerie sê hy werk hard om te verseker dat skole gekwalifiseerde onderwysers en beraders het om sielkundige ondersteuning aan leerders te bied. Om die rol van die onderwyssektor in die stryd teen geslagsgeweld te verduidelik, sê adjunk-uitvoerende direkteur, Edda Bohn, die ministerie het programme in plek en bied ook opleidingsprogramme in kindersorgbeskerming aan. Onderwysers word ook toegerus met die kennis en vaardighede om geslagsgebaseerde geweld in skole te hanteer. Bohn het met Kosmos 94.1 nuus gepraat....

kosmos bohn die namibiese
Nuus
Stygende inflasie het grootste impak op armstes

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 1, 2022 0:46


Die Internasionale Arbeidsorganisasie se Wêreldloonverslag toon dat stygende inflasie 'n groter lewenskoste-impak op laerinkomsteverdieners het. Dit is omdat hulle die meeste van hul besteebare inkomste aan noodsaaklike goedere en dienste bestee, wat oor die algemeen groter prysstygings ervaar as nie-noodsaaklike items. Die direkteur van SMEs Compete, Danny Meyer verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus die impak wat dit op die man op straat het.

Nuus
Okahandja is burgemeesterloos

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 1, 2022 0:40


Daar word berig dat Okahandja van vandag af sonder 'n burgemeester is tot 9 Desember ná die verstryking van ampstermyne vir die betrokke ampsdraers. Dit beteken dat al die raadslede tans net raadslede sonder portefeulje is. Dit beteken ook dat daar geen burgemeester of bestuurskomitee is nie. Die verkiesing moes voor 30 November plaasgevind het. Charl Coetzee van die Belastingbetalersvereniging, Orpa, verskaf die rede aan Kosmos 94.1 Nuus.

Nuus
SA kan binne 10 jaar 50% van onderwysers verloor

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 1, 2022 2:05


Suid-Afrika kan binne die volgende agt tot tien jaar tot soveel as 50 persent van sy onderwyspersoneel verloor. Dit, nadat 'n nuwe studie getoon het dat soveel as die helfte van Suid-Afrikaanse onderwysers wat tans by staatskole onderrig, ouer as 50 jaar is, wat beteken dat dié onderwysers teen 2030 vir die land se onderwys-sektor verlore sal wees. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaasptad, Fritz Platt...

Nuus
Ekonoom: SA rand daal weens politieke onstabiliteit oor Ramaphosa-gerugte

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 1, 2022 0:30


‘n Bekende ekonoom in die buurland het sy reaksie gegee oor die Suid-Afrikaanse rand wat vandag baie skerp tot byna 18 rand teen die Amerikaanse dollar verswak het na gerugte die dat President Cyril Ramaphosa dalk gaan bedank. Die rand het oornag verswak na die uitreiking van die voorlopige Phala Phala-verslag. Intussen is die aandeelprys van veral banke en kleinhandelaars gelooi te midde van politieke onstabiliteit as Ramaphosa sou bedank. Die rand was tot voor dié krisis relatief sterk. Dawie Klopper, 'n Suid-Afrikaanse ekonoom gesels met Kosmos 94.1 Nuus...

Nuus
Paulus Noa: Korrupsie moet in SAOG-streek uitgewis word

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 30, 2022 0:41


Paulus Noa, die direkteur-generaal van die Teen-korrupsie Kommissie van Namibië, is tot die nuwe voorsitter van die SAOG Teen-korrupsie subkomitee verkies tydens die vergadering van die hoofde van die SAOG Teen-korrupsie agentskappe het in Johannesburg, Suid-Afrika. Noa sê aan Kosmos 94.1 Nuus waarop hy as voorsitter sal fokus.

Nuus
Kus skud sy vakansievere reg

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 30, 2022 0:50


Namibiërs is besig om voor te berei vir hul vakansie-wegbreek tydens die feesseisoen. Die kus is een van die gunstling-webreekplekke. Padveiligheid is hoog op die agenda van padowerhede landwyd. Aubrey Oosthuizen van die West Coast Safety Initiative sê aan Kosmos 94.1 Nuus owerhede en nooddienste aan die kus sal verseker dat wet en orde in plek is gedurende die feestyd. Hy sê die kus is besig om sy vakansievere reg te skud.

Nuus
Karibadam se damvlakke te laag om hidro-elektrisiteit op te wek

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 30, 2022 0:45


Zimbabwe staar kragprobleme in die gesig aangesien lae damvlakke hidro-elektrisiteit stop. Die Kariba-Suid-hidrokragstasie voorsien Zimbabwe van sowat 70 persent van sy elektrisiteit. Elektrisiteitstekorte wat Zimbabwe teister, gaan vererger met die Karibadam se watervlakke wat nou te laag is om krag op te wek. Die Zambezirivier-owerheid, wat die Karibadam bestuur wat gesamentlik deur Zimbabwe en die naburige Zambië besit word, sê watervlakke by die Karibadam is op 'n rekordlaagtepunt en elektrisiteitsopwekking moet stop. Zimbabwiese ekonoom, Eddie Cross praat met Kosmos 94.1 Nuus.

Nuus
Napha se aanlynveiling samel meer N$1 miljoen in

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 30, 2022 0:30


Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, het vandeesweek sy algemene jaarvergadering in die hoofstad gehou. Tydens die aanlynveiling is meer as 1 miljoen Namibiese dollar ingesamel. Die uitvoerende komitee is ook aangewys met verskeie lede wat herverkies is. Die president van Napha, Axel Cramer, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Nuus
Politieke kenner: Janusz Walus nie veilig in SA

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 30, 2022 0:38


‘n Politieke ontleder in die buurland het gereageer op die aanval op Janusz Walus, die moordenaar van Chris Hani wat binnekort op parool vrygelaat moet word. Daar word beweer dat Walus deur 'n ander gevangene van dieselfde wooneenheid in die gevangenis met ‘n voorwerp gesteek is. Walus is volgens korrektiewe dienste stabiel. Professor Andre Duvenhage gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Nuus
Brandstofprys: Diesel is die buiteperd

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 30, 2022 0:34


Die brandstofprys was nog altyd maklik om te bepaal – ons kyk na ru-oliepryse en die wisselkoers maar, diesel is op die oomblik die buiteperd. Volgens internasionale analiste is 'n volmaakte storm is besig om in globale dieselmarkte te ontvou. Raffinaderye bly onder druk en voorrade in Europa en die VSA is baie laag, veral met die winter wat aankom. Op sy beurt, waarksu Bloomberg dat daar binne maande in byna elke streek op die planeet 'n gevaar van 'n dieseltekorte kan wees. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Roodt, gesels oor die dieselprys in die streek en die heersende internasionale stand van sake.

Deutsche im Alltag - Alltagsdeutsch | Deutsch Lernen | Deutsche Welle

Licht ist Lebenselixier und hellt die Stimmung auf. Nüchtern betrachtet ist es ein physikalisches Phänomen. Eine wichtige Rolle spielen dabei elektromagnetische Wellen und Photonen.

WDR ZeitZeichen
Jocelyn Bell entdeckt den ersten Pulsar (am 28.11.1967)

WDR ZeitZeichen

Play Episode Listen Later Nov 27, 2022 14:10


Sie hat eine der wichtigsten Entdeckungen im All gemacht - den Nobelpreis dafür bekam ihr Doktorvater, obwohl er anfangs nicht an ihre Beobachtung glaubte. Die Pulsare, die Jocelyn Bell entdeckt hat, können Teile von Einsteins Relativitätstheorie beweisen. Autor: Frank Zirpins Von Frank Zirpins.

Unprofessional Engineering
Christmas Gifts for Engineers: 2022 - Episode 323

Unprofessional Engineering

Play Episode Listen Later Nov 23, 2022 37:13


It is the episode that you have been waiting for all year long! Our 2022 list of hot gifts for that engineer or aspiring engineer in your life! We all know that engineers are a special breed and that can make them a little difficult to shop for. Even for the STEM inclined kids out there, you might have trouble finding something that is both educational and entertaining. Don't worry!! We have something to help you out, no matter the price range. From Lego to National Geographic, Thames & Kosmos to awesome projects on Etsy, there are so many great Christmas gifts out there!

Sounds!
Aller guten Dinge sind drei: Schon wieder ein neues Röyksopp-Album

Sounds!

Play Episode Listen Later Nov 23, 2022 111:02


Nein, das ist kein Déjà...Déjà-vu: Röyksopp aus Norwegen veröffentlichen tatsächlich zum dritten Mal dieses Jahr ein neues Album. Und «Profound Mysteries III» ist nicht nur Abschluss, sondern auch Höhepunkt dieser Trilogie. Während uns Teil 1, den wir im Mai zu unserem Album der Woche ernannt haben, nicht durchs Band überzeugen konnte, zeigen Röyksopp auf dem vorerst letzten Teil dieses Projekts, warum sie zu Beginn des Jahrtausends eine neue Ära der elektronischen Musik eingeläutet haben. Denn wenn es um Electronica-Banger geht, deren Lyrics zwar keinen Nobelpreis gewinnen werden, die dafür aber mit Grossflächigkeit punkten, macht den beiden Norwegern nach wie vor niemand etwas vor. Auf den Geschmack gekommen? Unser Electronica-Fachmann John Bürgin widmet Röyksopp und ihrem Kosmos ein einstündiges Mixtape. Hier hören.

Habe die Ehre!
Astrophysikerin Suzanna Randall

Habe die Ehre!

Play Episode Listen Later Nov 23, 2022 69:14


Was hat die Mikrowelle mit weit entfernten Galaxien zu tun? Die Astrophysikerin Suzanna Randall ist von unserem Kosmos nicht nur sehr fasziniert, sie kann ihn auch leicht verständlich erklären. Die angehende Astronautin ist bei Bettina Ahne zu Gast.

State of the Arc Podcast
Xenosaga Episode I Analysis (FINALE): Proto Merkabah | State Of The Arc Podcast

State of the Arc Podcast

Play Episode Listen Later Nov 21, 2022 98:02


TJtheEmperor joins us again to analyze the very ending of Xenosaga. We are also joined by Keith, who has some great insights and real-world connections. The game is over, and we are finally getting some answers. However, we also got a ton more questions. So the question-to-answer ratio is still very unfavorable. From Proto Merkabah to KOS MOS getting her angel wings, we get to experience the ending of this amazing experience. Thanks for joining us! Time Codes: 1. Intro (0:00) 2. Proto Merkabah (2:54) 3. Fight With Albedo (35:09) 4. It's Gonna Blow! (54:07)

ManKind Podcast
Ritual Fire and Sacred Masculinity; A Kosmos Conversation | Amos Kamil, Chris Henrikson | Ep. #095

ManKind Podcast

Play Episode Listen Later Nov 19, 2022 54:56


Ritual Fire and Sacred MasculinityFeaturing Amos Kamil, Boysen Hodgson, Chris HenriksonOriginally Published in SPRING 2022 in the Kosmos JournalBoysen Hodgson here. While Brandon is taking some time off for paternity leave with his lovely family, I'm filling in. This week, I'm pulling out a conversation recorded for the Kosmos Journal earlier this year. In this wide-ranging dialog, we talk about rites of passage work, sacred masculinity, the importance of connection, and also about the core role that ritual, music, poetry and creativity can play in creating community and shifting the culture. Audio use by permission of Kosmos Journal. ABOUT AMOS KAMILAmos Kamil, MFA, MSW, LSW, is an author and psychotherapist who works with men, couples, and adults recovering from trauma and abuse. In his work, he draws on Family Systems, CBT, DBT, Internal Family Systems, and the Gottman Method.His work has also appeared in numerous media outlets including The New York Times, The Jerusalem Post, Newsweek, The Jerusalem Report, Good Morning America, ABC, NBC, TNT, and ESPN.ABOUT CHRIS HENRIKSONChris Henrikson is the founder and executive director of Street Poets Inc., a Los Angeles-based nonprofit organization that harnesses the healing power of poetry and music to inspire our next generation to write, rap, and dream a new world into being for us all. In This Episode You Will Learn:The meaning of 'Sacred' ... as a felt experienceThe importance of connection in ritual space to changing community.Did You Enjoy the Guests? Here Is How To Find Out More: Kosmos JournalStreet Poets Los AngelesAmos KamilSupport the showAdditional Resources: Subscribe/Rate/Review on iTunes ⭐⭐⭐⭐⭐: >>>HEREEnroll Here