Podcasts about Windhoek

Capital of Namibia

  • 176PODCASTS
  • 1,087EPISODES
  • 9mAVG DURATION
  • 5WEEKLY NEW EPISODES
  • Dec 5, 2025LATEST
Windhoek

POPULARITY

20172018201920202021202220232024


Best podcasts about Windhoek

Show all podcasts related to windhoek

Latest podcast episodes about Windhoek

Nuus
Stad Windhoek bewillig miljoen se skuldverligting vir weerloses

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 30, 2025 0:37


Stad Windhoek het 200 miljoen Namibiese dollar in skuldverligtingsondersteuning aangekondig om pensioenarisse wie se vorige aansoeke verwerp is, sowel as persone met gestremdhede, kinderhuishoudings, weeshuise en liefdadigheidsorganisasies by te staan. Woordvoerder Lydia Amutenya het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat kwalifiserende inwoners van nou tot 19 Desember, en weer vanaf 12 Januarie, vir die program kan registreer. Amutenya sê om te kwalifiseer, moet inwoners voorafbetaalde water- en elektrisiteitsmeters hê of daarvoor aansoek doen.

Nuus
Copps 94.1: Twee sterf in grubotsing buite Windhoek

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 29, 2025 1:01


Die Copps 94.1- span het ‘n bedrywige Vrydagaand agter die rug met onder meer ‘n gru-ongeluk op die Daan Viljoen-pad buite Windhoek wat die lewens van twee mense geëis het. Kosmos 94.1 Nuus se Francois Lottering het die stadspolisie vergesel en doen verslag:

Nuus
Aanlyn-boelie 'kan vroue van politieke deelname afskrik'

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 28, 2025 0:40


Aangesien kommer oor skadelike aanlyn gedrag steeds toeneem, het die inligtingsministerie vandag 'n seminaar oor die etiese gebruik van sosiale media in Windhoek aangebied. Die ministerie se uitvoerende direkteur, Linda Aipinge, waarsku dat toenemende aanlynmisbruik en seksuele uitbuiting, veral teen jong vroue, hul deelname aan politieke ruimtes toenemend afskrik.

The Journey Is The Reward (dot) ORG
​​Episode 121 : ​Southern Africa; Part 3

The Journey Is The Reward (dot) ORG

Play Episode Listen Later Nov 24, 2025 56:06


Welcome to episode 121 of The Journey Is the Reward!All good flights must come to an end, and sadly, the incredible 15-day Southern Africa adventure of a lifetime is concluding! Join Brian and crew as their journey wraps up and they depart Botswana.  Fortunately, he remembers to pull out the microphone at the airport lounge to capture a fantastic conversation with the rest of the crew: Barb, Jim, Gerrit, and Malin. It's a bittersweet moment as the group parts ways, with Gerrit and Malin flying off to Windhoek, Namibia, while Barb, Jim, and Brian head to Johannesburg for the final leg of their "flight plan." This last push includes important city sightseeing in both Johannesburg and Pretoria, one last chance for thrilling game drive, and immersive museum visits. Of course, the trip wouldn't be complete without a crucial stop for souvenirs! The crew made sure they filled their suitcases with treasures and gifts discovered at the Artisan Market at the Rosebank Mall for everyone back home. It seems like only yesterday the trip started, but a very quick 15 days later, the adventure was over, sealed with the memory of the utterly soul-stirring, goosebump-inducing sounds of the Madalitso Youth Choir! You'll hear their poignant Welcome and Goodbye songs, recorded straight from the Royal Livingston Hotel in Zambia, adding pure magic to this final African episode.

AviaDev Insight Africa
357. From Vision to Reality: The Cape Winelands Airport Journey with Mark Wilkinson, Director

AviaDev Insight Africa

Play Episode Listen Later Nov 24, 2025 31:31


In this episode, we feature the exciting development of Cape Winelands Airport in the Western Cape, South Africa. Jon is joined by Mark Wilkinson, Director, and together, they discuss the project's inception, environmental impact assessment approval, collaboration with Cape Town Air Access, NACO, and Growthpoint, and the significant economic and aviation impacts. This episode provides a comprehensive overview of the airport's vision to transform an old military airfield into a full commercial international airport, unlocking business opportunities and supporting sustainable growth in the region.  Watch the video from Windhoek here  Connect with Mark on LinkedIn

Nuus
Copps 94.1: Gru-nag vir voetgangers in Windhoek

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 22, 2025 1:14


Voetgangers wat in Windhoek raakgery is, was die Copps 94.1-span se vernaamste uitdaging Vrydagaand. Francois Lottering van Kosmos 94.1 Nuus was saam met die stadspolisie en doen verslag van die toneel:

Nuus
Copps 94.1: Tieners hou massa-jolyt in Kleine Kuppe

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 22, 2025 0:30


Dit klink soos iets uit ‘n Project X-fliek: Windhoek se stadspolisie moes Vrydagaand bontstaan om orde te herstel toe ministens 80 tieners besluit het dis ‘n goeie idee om huispartytjie in Kleine Kuppe te hou. Kosmos 94.1 Nuus se Francois Lottering was deel van die Copps 94.1-span en het meer:

Nuus
Nog hondsdolheid bevestig in robbe by Walvisbaai

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 21, 2025 0:33


Die Direktoraat van Veeartseny het 'n opdatering uitgereik rakende die voorkoms van hondsdolheid in Kaapse pelsrobbe in Walvisbaai. Die eerste aangemelde geval was in Junie by die Walvisbaai-strandmeer. Sedertdien is drie bykomende gevalle by Pelican-punt in Walvisbaai tussen 8 en 13 November aangemeld, met monsters wat positief bevestig is deur die Sentrale Veeartsenykundige Laboratorium in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die landbouministerie, Simon Nghipandulwa, gepraat wat die publiek aanspoor om versigtig te wees.

Nuus
Konsultant-aanstelling vertraag werk aan Osona-brug

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 18, 2025 0:40


Die minister van werke en vervoer, Veikko Nekundi, het vanoggend 'n onaangekondigde besoek aan die Osona-brug op die B1 tussen Windhoek en Okahandja afgelê om die vordering met strukturele opgraderings te beoordeel nadat die Maart-reën die brug beskadig het. Alhoewel 'n kontrakteur in Maart aangestel is, het Nekundi min sigbare vordering opgemerk en gewaarsku dat vertragings koste opdryf. Die Padowerheid se bestuurder vir netwerkontwikkeling, Oshoveli Hiveluah, het aan die minister gesê die vertraging is te wyte aan die proses om 'n konsultant aan te stel.

Nuus
Families, vriende moet praat as hulle selfmoord-tekens sien

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 17, 2025 0:39


Selfmoord bly 'n ernstige bron van kommer in Namibië. Oor die naweek is drie gevalle aangemeld, 'n 21-jarige man in Ruacana, 'n 30-jarige man in Tsumeb en 'n 27-jarige vrou in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende aktivis Zack Itodo gepraat, wat die belangrikheid beklemtoon het om vroeë waarskuwingstekens van selfmoordgedagtes te herken. Hy spoor familielede en vriende aan om ondersteuning te bied en in te gryp voordat dit te laat is.

Nuus
Stad Windhoek moet 58 massabehuisingseenhede voltooi

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 16, 2025 0:40


Die stedelike en landelike ontwikkelingministerie het 58 huise van die Massabehuisingsontwikkelingsprogram in Otjomuise Uitbreiding 10, wat begin maar nog nie voltooi is nie, aan die streeksraad oorgedra. Dit stem ooreen met regeringspogings om behuisingsuitdagings aan te spreek en lewensomstandighede te verbeter deur belegging in massabehuisingsprojekte. Lynminister James Sankwasa se adviseur, Boniface Mutumba, het die hoofrede by die seremonie gelewer.

Nuus
Copps 94.1: Sorg dat jou voertuig geregistreer is!

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 15, 2025 0:30


Windhoek se stadspolisie het Vrydagaand tydens Copps 94.1 beslag op ‘n ongeregistreerde voertuig gelê ná hulle ondersoek ingestel het na ‘n gefuif in ‘n parkeerarea. Kosmos 94.1 se Darren Smith was op die toneel en het met hoofinspekteur Katrina Naukushu van gemeenskapspolisiëring in die Khomasstreek gepraat:

Nuus
NamPol waarsku oor taxi-gebruikers wat beroof word

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 13, 2025 0:39


Taxi-gebruikers wat beroof en ontvoer word is in die nuus. NamPol sê dat daar tot op hede agt sake geregistreer is, veral in Windhoek en Oshakati, met dieselfde werkwyse. Voertuie met vals registrasienommers word valslik as taxi's gebruik om slagoffers te lok. Daar is Dinsdag drie verdagtes in Windhoek in hegtenis geneem, met die meesterbreine agter die vermeende sindikate, wat nog op vrye voet is. Nampol-woordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, vra die publiek se hulp om hulle vas te trek.

Nuus
Aartappelproduksie: Bewusmakingsessies begin

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 12, 2025 0:38


Die Namibiese Akkerbouraad nooi boere uit om aansoek te doen vir die Aartappelwaardeketting-ontwikkelingskema 2025 tot 2030, 'n strategiese inisiatief om plaaslike kommersiële aartappelproduksie 'n hupstoot te gee. Die skema het ten doel om kommersiële aartappelproduksie oor die volgende vyf jaar te stimuleer, en die raad sal bewusmakingsessies hou wat vandag in Windhoek begin. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die raad se tuinbou-ontwikkelingsbestuurder, Emilie Abraham, wat meer verduidelik.

Nuus
Mylpaal dr. Hage Geingob-snelweg kan ontwikkeling aanhelp

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 11, 2025 0:39


Die dr. Hage Geingob-snelweg, ‘n 21,3 kilometer lange vierbaan-snelweg tussen Windhoek en die Hosea Kutako Internasionale Lughawe-pad, is amptelik geopen. Die projek se derde fase, gebou deur China se Zhong Mei Engineering Group met 'n toelaag van byna 1 miljard Namibiese dollar, merk die laaste stap in 'n program wat die eerste keer in 2016 van stapel gestuur is. Die Chinese ambassadeur Zhao Weiping het gesê die pad is 'n mylpaal vir Namibië.

Nuus
Windhoek afvalbestuurswerkers se staking nog nie verby

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 11, 2025 0:34


Die afvalbestuurswerkers van die Stad Windhoek sê hul staking is nog nie verby nie, selfs nadat die munisipaliteit hul uurlikse loon van 14 tot 18 Namibiese dollar verhoog het, terugwerkend tot Januarie. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het een van die werkers, Frans Paulus, bevestig dat werkers van plan is om hierdie week tydelik terug te keer werk toe. Hy sê die staking is vir 30 dae opgehef terwyl hulle wag op die Stad se reaksie op hul eise vir beter salarisse en toelaes. Paulus het meer.

AviaDev Insight Africa
356. AviaDev's November 2025 Africa Connectivity Update with Sean Mendis and Behramjee Ghadially

AviaDev Insight Africa

Play Episode Listen Later Nov 8, 2025 76:04


In this episode, we cover the latest route and fleet developments in African aviation. Topics include: SAA's new Johannesburg - Gaborone route and fleet RFP Proflight Zambia's new Maun route via Livingstone  Airlink's new Zanzibar route from June on E2  Airlink to Nacala from Feb 2026 Airlink is increasing Blantyre to daily Malawi Airlines Liliongwe to Johannesburg increased to 10x weekly New Lilongwe to Entebbe route 4x weekly Air Cote d'Ivoire to Beirut from Jan 26 Lufthansa Group's Africa expansion Brussels airlines to open Kilimanjaro Nairobi-Frankfurt on LH increased from 5 weekly to daily Munich to Johannesburg to move to year-round Zurich to Windhoek new route on Edelweiss Discover to add A350s Frankfurt to Seychelles to become year-round Air Seychelles to go daily to Abu Dhabi Air Peace's Caribbean charter flights  Ethiopian increasing Rome to double daily from 1 June 2026  This month's guests are:  Sean Mendis, Aviation Consultant. CONNECT WITH SEAN Behramjee Ghadially, Aviation Consultant. CONNECT WITH BEHRAMJEE 

Nuus
Stadspolisie gee raad oor taxi's na nog 'n roof

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 6, 2025 0:39


'n Man van Windhoek is van 22 000 Namibiese dollar beroof nadat hy in 'n taxi geklim het. Die woordvoerder van die Windhoek Stadspolisie, superintendent Marcelline Murapo, het die voorval aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig en inwoners aangespoor om waaksaam te wees wanneer hulle taxi's gebruik. Sy waarsku dat gevalle van roof en diefstal geneig is om hierdie tyd van die jaar toe te neem, aangesien sommige individue hul tot misdaad wend om uitgawes vir die komende feestyd te dek.

Nuus
Erongo-vissermanne ruk weer op na ministerie

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 5, 2025 0:27


Vissermanne van die Erongo-streek het vanoggend weer 'n versoekskrif aan die lynminister gerig vir beter werksomstandighede en salarisse. Die werkers het by die ministerie se hoofkantoor in Windhoek vergader. Die uitvoerende direkteur van die ministerie, Teofelus Nghitila, het in 'n reaksie op die vissers gesê die ministerie is bewus van die werkers se eise, hoewel sommige buite sy mandaat val.

Nuus
Stad Windhoek soek name vir die Kindergedenkmuur

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 4, 2025 0:40


Die Stad Windhoek nooi gesinne wat kinders onder die ouderdom van 21 tussen 2024 en 2025 verloor het om hul name in te dien vir insluiting op die Kindergedenkmuur. Die name sal tydens die jaarlikse Kersaansteekseremonie hierdie Desember onthul word. Voorleggings sluit op 14 November. Kommunikasiebeampte by die munisipaliteit, Cillie Kapolo, het meer met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.

Nuus
Almal moet 'n gratis plot kry - UDF

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 4, 2025 0:30


Die president van die United Democratic Front, Hendrik Gaobaeb, het die regering versoek om grond gratis aan burgers te verskaf. Gaobaeb het tydens sy party se perskonferensie in Windhoek gesê dat toegang tot grond 'n kritieke stap in die rigting van sosiale en ekonomiese bemagtiging vir alle Namibiërs is.

Nuus
Data se rol in nasionale ontwikkeling onder die loep

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 3, 2025 0:36


Die Ontwikkelingswerkswinkel Namibië en die Namibiese Statistieke-agentskap sal Data Sparks Namibia 2025 op Dinsdag en Woensdag by die Mövenpick Hotel in Windhoek aanbied. Die tweedaagse hibriede geleentheid sal kundiges, innoveerders en beleidmakers bymekaarbring om te ondersoek hoe data besluitneming, innovasie en nasionale ontwikkeling kan dryf. Die geleentheid is daarop gemik om samewerking tussen sektore te versterk en data se rol as 'n katalisator vir vooruitgang te beklemtoon. Woordvoerder van die Statistiekagentskap, Mirjam Shihepo, het meer.

Nuus
'Werk moet nie net genoeg wees nie, dit moet ook goed wees," sê Immanuel

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 1, 2025 0:25


Werkskepping in Namibië gaan nie net oor die hoeveelheid werksgeleenthede nie, maar ook oor die gehalte daarvan, sê arbeidsminister Wise Immanuel. Immanuel het Vrydag tydens ‘n bespreking oor die implementering van die Internasionale Arbeidsorganisasie se raamwerk vir die bepaling van die impak van werksgeleenthede in Windhoek, die volgende gesê:

Nuus
Omgewingsaktiviste kry teenspoed

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 29, 2025 0:42


Drie jong Afrika-omgewingsaktiviste ry per fiets deur Namibië om te pleit vir Afrika-stemme in die stryd teen klimaatsverandering, as deel van die Light COP30-inisiatief. Die jeuggeleide inisiatief het ten doel om perspektiewe van gemeenskappe regoor die vasteland oor omgewingsbeskerming en klimaatsveerkragtigheid in te samel. Die groep gaan vanmiddag in Windhoek aankom, maar nie sonder dat daar teenspoed was nie. Die groep se fasiliteerder, Kamwuhelo Lisao, gee meer inligting.

Nuus
DBV se Animals by Night op 6 November vanjaar

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 28, 2025 0:31


Die Dierebeskermingsvereniging in Windhoek bied sy jaarlikse fondsinsamelingsgeleentheid, Animals by Night, op 6 November by die nuwe FNB-krieketveld in Olympia aan. Vanjaar se tema, Paws and Posh Masquerade, beloof 'n elegante aand met 'n optrede deur Riaan Smit, 'n stilveiling en 'n Art Slam deur Namibiese kunstenaars. Die geleentheid ondersteun die Dierebeskermingsvereniging Windhoek se belangrike werk in die redding, rehabilitasie en versorging van byna 4 000 diere elke jaar. Die Dierebeskermingsvereniging se nasionale direkteur, Silke Van Der Merwe, het meer.

Nuus
Ry jou fiets in 'n loep vir renosters

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 28, 2025 0:34


Wilderness Namibia en Children in the Wilderness het met Pupkewitz Toyota in Windhoek kragte saamgesnoer om hul Red 'n Renoster-veldtog met 'n fietswedren te loods. Dit is daarop gemik om bewustheid te verhoog en kollektiewe aksie te bewerkstellig om Namibië se ikoniese woestyn-aangepaste swartrenosterbevolking te help beskerm. Die 2km-baan, wat as een rondte tel, sal begin en eindig by die Pupkewitz Toyota-uitstalruimte op die hoek van Onafhanklikheidrylaan en Harold Pupkewitzstraat. Die oornag-geleentheid duur van agt-uur op Vrydagaand, 7 November tot agt-uur die Saterdagoggend, en deelnemers en spanne kan soveel rondtes as wat hulle wil voltooi. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Shawapala Kandjabanga van Pupkewitz Indongo, wat meer inligting gee.

Nuus
Cedric Willems kry N$200 000 borgtog

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 28, 2025 0:34


Die Namcor-bedrogbeskuldigde Cedric Willemse is borgtog van 200 000 Namibiese dollar toegestaan in die Windhoek-landdroshof. Landdros Olga Muharukua het beslis dat die staat nie geloofwaardige bewyse gelewer het wat toon dat Willemse moontlik met ondersoeke of getuies kan inmeng nie. Willemse moet daagliks by die ondersoekbeampte aanmeld en in Windhoek bly as deel van sy borgtogvoorwaardes.

Nuus
FNCC hou EU-uitstalling

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 28, 2025 0:33


Die Europese Unie se Nasionale Instituut vir Kultuur open Vrydag die uitstalling "Solarpunk: 'n Storie van Sand en Energie" by die Frans-Namibiese Kultuursentrum in Windhoek. Die uitstalling bevat nuwe werke deur die Namibiese kunstenaar Vitjitua Ndjiharine en die Spaanse kunstenaar Rocío Asensi, wat tydens 'n gesamentlike verblyf in Swakopmund ontwikkel is. Die Goethe-instituut se woordvoerder, Jasko Rust, het meer.

Nuus
Copps 94.1: Nag van geweld in Windhoek

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 25, 2025 1:11


Die Copps 94.1-span het Vrydagnag hul hande volgehad met misdaad in die hoofstad met twee ernstige voorvalle van geweld wat onmiddellike polisie-ingryping vereis het. Kosmos 94.1 Nuus se Francois Lottering doen verslag van die toneel:

Nuus
Windhoek Jazz Festival skitter met sterre van oral

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 24, 2025 0:39


Die Stad Windhoek maak gereed om die beroemde Windhoek Jazz Festival aan te bied. Dit gaan op 1 November by die Hage Geingob-stadion plaasvind. Die publiek word aangemoedig om so gou as moontlik hulle kaartjies te koop voordat alles uitverkoop is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lydia Amutenya, Stad Windhoek se woordvoerder, wat meer inligting gee.

Nuus
Infrastruktuur, vloedskade, oorstromings kry aandag

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 24, 2025 0:41


Maande nadat swaar reën en oorstromings wydverspreide skade regoor die land veroorsaak het, insluitend die ineenstorting van 'n brug tussen Windhoek en Rehoboth, het die kabinet dringende ingrypings goedgekeur. Die minister van inligting, Emma Theofelus, sê die stap volg op die Voedselsekuriteit Asassesseringsverslag van Julie 2025.

Nuus
Pluimveesektor moontlik as noodsaaklike diens geklassifiseer

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 24, 2025 0:32


Die arbeidsministerie het 'n ondersoek van stapel gestuur om te bepaal of Namibië se pluimvee-sektor as 'n noodsaaklike diens ingevolge die Arbeidswet geklassifiseer moet word. Die ministerie sê dat hy die aanwysing oorweeg om die voortgesette bedryf van noodsaaklike voedselproduksiedienste te verseker. Belangstellendes het tot 29 Oktober om skriftelike voorleggings in te dien, en 'n openbare verhoor is geskeduleer vir 3 November by die ministerie se hoofkantoor in Windhoek. Ministeriewoordvoerder Maria Hedimbi het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Nuus
GRN verbind hom aan 'n bevorderlike sake-omgewing

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 23, 2025 0:36


Die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, dr. Kaire Mbuende, sê die regering is daartoe verbind om 'n bevorderlike omgewing te skep vir die privaatsektor om in te werk. Hy het vanoggend gepraat by die eerste Namibiese Openbaar-Private Forum in Windhoek. Die forum word gehou onder die tema "Openbaar-Private Dialoog om Ordentlike en Volhoubare Werkskepping te Bevorder: Verbetering van Namibië se Mededingendheid".

Nuus
Internasionale betrekkinge loods strategiese plan

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 22, 2025 0:40


Die handels- en internasionale betrekkinge-ministerie het amptelik sy vyfjaar strategiese plan, wat tot 2030 strek, bekendgestel. Die plan word aangedryf deur sewe nasionale ontwikkelingsprioriteite. Dit is vanoggend deur minister Selma Ashipala-Musavyi in Windhoek bekendgestel.

Nuus
NNN prys wyle Raila Odinga vir hulp in vryheidstryd

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 22, 2025 0:33


President Netumbo Nandi-Ndaitwah het vandag die Keniaanse Hoë Kommissariaat in Windhoek besoek, waar sy die meegevoelboek ter ere van voormalige Keniaanse premier Raila Odinga onderteken het. Odinga is op 15 Oktober op 80-jarige ouderdom oorlede. Nandi-Ndaitwah het gesê Odinga se dood het nie net Kenia nie, maar ook die Afrika-kontinent en die wêreld in die algemeen diep geraak.

Nuus
Stadspolisie verkry CCTV-materiaal oor kleuterskool roof

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 1, 2025 0:21


Die Stadspolisie is besig om CCTV-beeldmateriaal te bekom om te help met die soektog na die vyf manlike verdagtes wat Dinsdag 'n kleuterskool van sowat 100 000 Namibiese dollar in Kleine Kuppe in Windhoek beroof het. Die verdagtes het na bewering die ontvangsdame met 'n vuurwapen gedreig om die geld te steel voordat hulle van die toneel gevlug het in 'n blou Mazda Demio sonder nommerplate. Stadspolisiewoordvoerder superintendent Marceline Murapo het 'n opdatering gegee.

Nuus
Buigsame grondtitels uitgerol na ander dorpsrade

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 30, 2025 0:39


Om die doelwitte van die buigsame grondbesitstelsel te versnel, het die ministerie van stedelike ontwikkeling planne aangekondig om prestasieteikens vir geselekteerde plaaslike owerhede uit te rol, te befonds en vas te stel as deel van die Informele Nedersettingsopgraderings- en Sanitasieprojek. Die inisiatief sal oor 'n tydperk van vyf jaar, van 2025 tot 2030, geïmplementeer word. Die deelnemende plaaslike owerhede sluit in die Windhoek-, Walvisbaai-, Keetmanshoop-, Rundu- en Oshakati-dorpsrade. Hierdie aankondiging is gemaak deur die adviseur van die minister, dr. Boniface Mutumba.

Nuus
Openbare konsultasies oor verkrygingswet kom na hoofstad

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 30, 2025 0:38


Openbare konsultasies oor die hersiening van die Wet op Openbare Verkryging is steeds aan die gang. Tussen môre en Donderdag sal die konsultasies in Windhoek by onderskeidelik die Namibiese Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur, Nipam, en die Windhoek Buiteklub Oord plaasvind. Die konsultasies is onder andere daarop gemik om openbare verontwaardiging oor kwessies soos medisyne tekorte en verslegtende padtoestande aan te spreek. Phineas Nsudano, die adjunkdirekteur in die eenheid vir openbare verkryging van die finansministerie, verduidelik.

Nuus
Stad Windhoek implementeer Landbouforum-resolusies

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 30, 2025 0:38


Sewe maande ná Stad Windhoek se Landbouforum het stadswoordvoerder Harold Akwenye aan Kosmos 94.1 Nuus gesê verskeie sleutelresolusies word reeds geïmplementeer. Die forum, wat stedelike landbou te midde van groeiende voedselonsekerheid en waterskaarste aangespreek het, het gelei tot verbintenisse soos die integrasie van voedselproduksie in stadsbeplanning, die ondersteuning van waterdoeltreffende metodes soos hidroponika en akwaponika, en die identifisering van onderbenutte munisipale grond vir kleinskaalse boerdery. Akwenye het die forum beskryf as 'n katalisator vir werklike vordering na 'n meer voedselseker en volhoubare Windhoek.

Nuus
LPM takel Sankwasa, sê hy misbruik mag

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 30, 2025 0:36


Die Landless People's Movement staan 'n opdrag teen van die stedelike ontwikkelingminister, James Sankwasa, wat sewe Windhoek-raadslede gelas het om meer as 80 000 Namibiese dollar se S&T-betalings terug te betaal vir 'n ongemagtigde reis na die Suider-Afrikaanse Inter-Munisipale Sportvereniging se spele in Lesotho verlede week. Die raadslede, insluitend LPM-lede Ivan Skrywer en Sade Gawanas, het reeds vertrek toe die reisverbod uitgevaardig is. Partyleier Bernadus Swartbooi het tydens 'n perskonferensie Sankwasa daarvan beskuldig dat hy sy mag misbruik.

Nuus
Lifeline/Childline herdenk 45 jaar

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 29, 2025 0:17


Lifeline/ChildLine vier 45 jaar van diens in Namibië en het gegroei van 'n klein huisie in 1980 tot 'n internasionaal erkende beradingsentrum. Direkteur Nicolette Bessinger het tydens die herdenkingsgeleentheid in Windhoek die naweek gesê die organisasie ontwikkel steeds en fokus nou op selfdoodvoorkoming, geslagsgebaseerde geweld en aanlyn kinderveiligheid.

Nuus
Nasionale Kommissie vir Unesco vergader

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 29, 2025 0:34


Die Namibiese Nasionale Kommissie vir Unesco het vandag sy jaarvergadering in Windhoek gehou. Edda Bohn, adjunk-uitvoerende direkteur van die onderwysministerie sê die byeenkoms bied 'n kans om oor vorige prestasies te besin en die pad vorentoe uit te stippel.

Nuus
Nanso teiken damprook onder jeug

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 29, 2025 0:37


Die groeiende bedreiging van damprook, of ‘vaping', onder Namibiese jeug sal sentraal staan by vanjaar se Edu Run, wat op 4 Oktober in Windhoek plaasvind. Die geleentheid, georganiseer deur die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, in vennootskap met Girl Up Namibia, begin by Van Rhyn Laerskool en is daarop gemik om bewustheid te verhoog rondom belangrike gesondheids- en onderwyskwessies. Nanso-president Dorthea Nangolo het 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus gehad en die dringende behoefte aan onderwys en intervensie beklemtoon om jongmense teen die verborge gevare van damprook te beskerm.

Nuus
Geen borgtog vir 6 Namcor-bedrogbeskuldigdes

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 26, 2025 0:40


Landdros Linus Samunzala het in die Windhoek laerhof borgtog geweier aan ses aansoekers in die hoëprofiel-Namcor korrupsiesaak. Die beskuldigdes, insluitend voormalige Namcor-baas Immanuel Mulunga, ses ander indiwidue en vyf korporatiewe entiteite, staan tereg op aanklagte wat meer as 480 miljoen Namibiese dollar behels. Slegs een van die beskuldigdes, Lydia Elindi, is twee maande gelede borgtog van 50 000 dollar toegestaan. Samunzala het sy uitspraak gelewer.

Nuus
Amushelelo gaan in verkiesing staan, mik na Windhoek-stadsraad

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 26, 2025 0:30


Die aktivis Michael Amushelelo het aangekondig dat hy in die komende verkiesings vir 'n setel in die Windhoek-stadsraad sal meeding. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Amushelelo kommer uitgespreek oor swak dienslewering, toenemende misdaad en wat hy die sistematiese teikenstelling van informele handelaars noem. Hy sê Windhoek het 'n plattelandse dorpie geword as gevolg van wanbestuur, en wys op slaggate wat maande lank gelaat is, rioollekkasies wat nie opgepas is nie, en munisipale busse wat onder bome herstel word weens korrupte tenderpraktyke. Terwyl hy sy kandidatuur bevestig het, wou Amushelelo nie onthul onder watter vaandel hy sal staan nie. Hy sê dit is uit vrese vir politieke sabotasie.

Nuus
Staak partytjies in begraafplase, beveel Stad Windhoek

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 25, 2025 0:29


Die Stad Windhoek veroordeel die misbruik van begraafplase na 'n ontstellende voorval by die Gammams-begraafplaas in Pionierspark. Rouklaers is afgeneem terwyl hulle 'n byeenkoms na 'n begrafnis aanbied, kompleet met stoele, koelbokse en alkohol. Bottels en rommel was ook oor grafte agtergelaat. Die Stad herinner die publiek daaraan dat begraafplase plekke van begrafnis en herdenking is, nie vir partytjies nie. Kommunikasiebeampte Cillie Kapolo het meer.

Nuus
Edelweiss kan van Namibië 'n sportbestemming maak

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 24, 2025 0:38


Namibië se toerismesektor toon sterk herstel, met gemiddelde besettingsyfers wat tot dusver vanjaar 50,07 persent bereik het, teenoor 48,93 persent in 2019. Nou is die Switserse lugredery Edelweiss gereed om twee keer per week direkte vlugte tussen Zürich en Windhoek te loods vanaf Junie 2026. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Almandro Jansen, 'n ekonoom by Simonis Storm, dat die nuwe roete nie net toegang tot sleutelmarkte soos Duitsland en Switserland verbeter nie, maar ook deure oopmaak vir Namibië om te groei as 'n sportbestemming.

Nuus
Sankwasa kyk na verordeninge rakende informele handelaars

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 24, 2025 0:38


Die ministerie van stedelike ontwikkeling is besig om munisipale verordeninge te hersien om te verseker dat informele handelaars in Windhoek en ander dorpe wettig erken en beskerm word. Die lynminister, James Sankwasa, sê die besluit kom in reaksie op voortdurende spanning tussen straatverkopers en wetstoepassing. Die handelaars dra meer as 30 persent tot die ekonomie by. Stefanus Matheus, sekretaris-generaal van die Namibiese Informele Sektororganisasie, het die inisiatief verwelkom en sê die informele sektor speel 'n belangrike rol in werkskepping en ekonomiese bydrae.

Nuus
NTB-hoof sê toerismesektor moet aanbiedings uitbrei

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 22, 2025 0:14


Die uitvoerende hoof van die Namibiese Toerismeraad, Sebulon Chicalu, sê dit is noodsaaklik vir Namibië om die aanbied van meer geleenthede te versterk, veral in die sektor vir vergaderings, aansporingsgeleenthede, konferensies en uitstallings. Chicalu het tydens die Namibiese jaarlikse trou- en ekspo-beraad in Windhoek gewaarsku dat tensy Namibië die aanbied van geleenthede opskerp, dit die risiko loop om ekonomiese geleenthede op die tafel te laat, van hoër hotelbesetting, meer sakebesoekers tot sterker sigbaarheid op die wêreldverhoog.