POPULARITY
Die regering se kernkraggesprekke met China het skerp kritiek ontlok van plaaslike energiekenner Harald Schütt. Tydens president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsbesoek aan China het sy gepleit vir nouer samewerking en tegnologie-oordrag vir binnelandse uraan-waardetoevoeging. Schütt waarsku dat die ontwikkeling van kernkrag 'n finansieel riskante en onnodige pad is. Hy beklemtoon dat die land eerder sy volop en goedkoper hernubare energiebronne, soos son- en windenergie, ten volle moet ontgin. Schütt het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die risiko dat kernkrag-ontwikkeling nasionale soewereiniteit kan bedreig.
Die parlement ondersoek die toename in die gebruik van e-sigarette en nikotien by skole reg oor die land. Tydens 'n besoek deur die Nasionale Raad se Staande Komitee oor Gesondheid, Maatskaplike Welsyn en Arbeidsake aan Otjiwarongo, het skoolhoof Udo Behnke van die Donatus Sekondêre Skool gesê dat hulle elke twee tot drie weke met voorvalle rakende e-sigarette te kampe het. Die kwessie het so ernstig geword dat die polisie soms ontbied word om met konfiskerings en ondersoeke te help.
Die implementering van die Gerekenariseerde Leerlinglisensietoetsing-stelsel het 'n buitengewoon hoë mislukkingskoers aan die lig gebring. Tydens die loodsfase van die nuwe digitale stelsel by die Okahandja NaTIS-sentrum het die mislukkingskoers 'n verstommende 86 persent bereik. Uit 450 aansoekers wat oor 'n tydperk van twee weke getoets is, het slegs 14 persent geslaag. In die Wes-Kaap blyk die uitdaging om presies dieselfde te wees. Die slaagsyfer met hulle gerekenariseerde leerlinglisensietoets het tot slegs 17 persent gedaal. Nomafrench Mbombo van die DA sê hervormings om padveiligheid te verbeter en bedrog te bekamp, moet gerugsteun word deur behoorlike openbare opleiding om te verseker dat aansoekers nie onregverdig benadeel word nie:
Send us Fan MailSpreuke 23:10,11 Moenie die ou grense van 'n stuk grond verskuif nie. Moenie weeskinders se grond by hulle probeer afvat nie. Die Een wat hulle beskerm, is magtig. Hy sal hulle saak teen jou verdedig. (NLV) Daar is 'n ou wenresep wat politici gebruik: Steun altyd die perd wat eiebelang genoem word, ou seun! Dit is 'n wyd aangehaalde, siniese waarneming oor die menslike natuur en politieke gedrag. Met ander woorde, bevredig die eiebelang van die mense en hulle sal vir jou stem. Ja my vriend, mense is selfsugtig en sal allerhande vorms van onreg en wreedheid tot hulle eie voordeel gebruik. En so verskuif ons die grense tussen reg en onreg. Tydens die sogenaamde Hoogland-verskuiwings in die 18de en 19de eeu in Skotland, het ryk grondeienaars duisende arm huurders van hul grond verwyder om plek te maak vir meer winsgewende skaapboerdery.Grense op kaarte is letterlik óór opgestel, dorpies is vernietig, en mense wat vir geslagte daar gewoon het, is in armoede, ballingskap of emigrasie van hul grond gedryf.Dit was in wese die verskuiwing van gemeenskappe en geregtigheid ter wille van wins. Die kwesbares - dikwels weduwees, weeskinders en die armes - is sonder grond of huise gelaat.Spreuke 23:10,11 Moenie die ou grense van 'n stuk grond verskuif nie. Moenie weeskinders se grond by hulle probeer afvat nie. Die Een wat hulle beskerm, is magtig. Hy sal hulle saak teen jou verdedig. (NLV) Eiebelang is 'n kragtige motiveerder vir elkeen van ons, miskien die magtigste van almal. Wie gee om wat met die ander gebeur, net solank ons gemaklik is! Wie gee om vir hulle swaarkry?In hierdie vers waarsku God ons teen gierigheid, en die uitbuiting van die kwesbares deur grense vir selfsugtige gewin te verskuif. Gierigheid wat die magteloses verplaas, korrodeer beide geregtigheid en die samelewing. En God sal sien dat sy geregtigheid uiteindelik geskied. Moenie die ou grense verskuif nie. Moenie begin om dit wat verkeerd is, reg te noem nie. Dis God se waarskuwing, en …Moenie toelaat dat grense verskuif word nie. Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan MailJohannes 6:7-9 Filippus antwoord Hom toe: “Twee honderd mense se dagloon is nie eers genoeg om elkeen van hulle 'n stukkie brood te laat kry nie.” 'n Ander dissipel, Andreas, die broer van Simon Petrus, sê toe vir Hom: “Hier is 'n seuntjie met vyf garsbrode en twee vissies; maar wat is dit vir so baie mense?” Kan ‘n mens 'n skare van vyfduisend met twee klein vissies en vyf brode voed? Dit klink belaglik, nie waar nie? Ek bedoel ... wat het Jesus gedink?Gladys Aylward het in Engeland as ‘n bediende gewerk. Sy het min formele opleiding gehad en amper geen geld nie. Sy het die opregte begeerte gehad om sendingwerk in China te gaan doen. Met skaars genoeg geld vir 'n enkelkaartjie, het sy alleen na China vertrek en God vertrou om haar tot sy eer te gebruik.Oor die jare het God hierdie eenvoudige meisietjie op wonderlike wyse geseën met buitengewone invloed. Sy het 'n herberg gestig waar sy die Evangelie gedeel het; sy het 'n kosbare adviseur vir 'n Chinese mandaryn geword; sy het selfs wrede stelsels in die tronke hervorm. Tydens ‘n Japannese inval het sy, ten spyte van die feit dat sy gewond en siek was, meer as ‘n 100 weeskinders op 'n gevaarlike reis van ‘n honderd en sestig kilometer lank, na veiligheid gelei. Wat met 'n nederige vrywilliger in God se hande begin het, het tot 'n reddingsboei vir talle lewens ontwikkel.Maar, kom ons kyk weer na Jesus se verregaande idee om vyfduisend mense te voed ...Johannes 6:7-9 Filippus antwoord Hom toe: “Twee honderd mense se dagloon is nie eers genoeg om elkeen van hulle 'n stukkie brood te laat kry nie.” 'n Ander dissipel, Andreas, die broer van Simon Petrus, sê toe vir Hom: “Hier is 'n seuntjie met vyf garsbrode en twee vissies; maar wat is dit vir so baie mense?”Maar Jesus het daardie skamele vissies en broodjies geseën ... en die hele skare het geëet. En jy onthou mos, daar was selfs twaalf mandjies vol oor! Net soos in hierdie wonderwerk, het baie mense, gewone mense soos Gladys, geleer dat dit nie jou werk is om die vyfduisend te voed nie. Jou werk is om die vyf brode en twee vissies te bring. Wanneer jy vir God gee wat in jou hande is, kan Hy die werk van ‘n eenvoudige gehoorsame volgeling in 'n wonderwerk verander wat vir geslagte lank sal weergalm.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
24 Junie 2026: Die polisie waarsku weer teen misdadige optrede tydens Dinsdag se beplande teen-immigrasiebetogings. Ons praat met Jacinta Ngobese-Zuma van die teen-immigrasiebeweging, March and March, oor volgende week se verwagte betogings. Ons praat met 'n regsgeleerde oor die polisie se verbod op wapens by die betogings.
Tydens haar besoek aan Ghana het president Netumbo Nandi-Ndaitwah die Namibiese gemeenskap en sakegemeenskap betrek. Die president het Namibië se toeganklikheid en toewyding tot die smee van strategiese vennootskappe om die Afrika-vryhandelsgebied te bevorder beklemtoon en gesê dat landbou 'n spesifieke beleggingsgebied is waarin Namibië belangstel.
Die DA-leier en burgemeesterskandidaat vir Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die Stad Kaapstad beplan om sy eie Metropolisie-speureenheid te stig om misdaadbestrydingpogings te versterk. Tydens die bekendstelling van sy herverkiesingsveldtog het Hill-Lewis gesê baie gemeenskappe word in die steek gelaat weens te min hulpbronne, swak leierskap en korrupsie. Hy sê die voorgestelde eenheid sal sake onafhanklik ondersoek en help om suksesvolle skuldigbevindings van misdadigers te verseker:
Send us Fan MailSpreuke 29:2 As 'n gelowige die mag oorneem, juig die mense. As slegte mense aan bewind kom, kla die volk. (DB) Dis deesdae moeilik om te weet watter nuus om te glo, nie waar nie? Baie van die inhoud van die media, wat voorheen hoofsaaklik betroubare joernalistiek weerspieël het, het in opruiende propaganda verval. Om dit net erger te maak, word ons gebombardeer deur die sosiale media-algoritmes wat baie mense in ‘n draaikolk van samesweringsteorieë intrek.Tydens die Rwandese volksmoord van 1994 het die media 'n verwoestende rol gespeel in die aanhitsing en versterking van die geweld. Die staatsgesteunde radio, televisie en gedrukte media het haatpropaganda uitgesaai en gedruk. Tutsi's is as "kakkerlakke" bestempel en daar is openlik gesê hulle moet vernietig word.Daardeur is aanvalle gekoördineer, wegkruipplekke onthul en gewone burgers aangemoedig om die vyand dood te maak. Eerder as om inligting te gee, het die media aktief volksmoord aangevuur en woorde in wapens omskep. Mense het die media geglo en daarop gereageer. Dit het byna 'n miljoen lewens in net 100 dae gekos. Dit is wat gebeur wanneer die skrikwekkende krag van propaganda sonder morele beperking gebruik word. Drie millennia gelede het Salomo die volgende geskryf:Spreuke 29:2 As 'n gelowige die mag oorneem, juig die mense. As slegte mense aan bewind kom, kla die volk. (DB)Daar word gesê dat die mense gewoonlik die regerings kry wat hulle verdien. Ek weet nie, maar watter regeringstelsel jy ook al onder leef, wees versigtig; wees baie versigtig oor wie jy ondersteun; wat jy kies om te glo, of te verwerp; en wat jy kies om te sê.Wat is ons plig? Ons werk is om die regverdiges te help om gesag te kry sodat die mense bly kan wees ... nie om blindelings die propaganda wat ons nuus en sosiale media vir ons opdis, te glo en na te boots nie.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Die kantoor van die ouditeur-generaal het kommer uitgespreek oor die toenemende versuim deur dorps-, stads- en streekrade om finansiële verslae in te dien. Tydens die Interne Ouditbewustheidsdag wat deur die Bank van Namibië aangebied is, sê die direkteur van die aanwasgebaseerde ouditdirektoraat, Blessing Nyandoro, dat die nie-indiening van finansiële state deur plaaslike owerhede die afgelope vyf jaar bestendig toegeneem het, wat kommer oor aanspreeklikheid laat ontstaan.
Send us Fan MailPsalm 119:29-32 Keer dat ek leuens vertel en op 'n oneerlike manier leef. Skryf u wet diep in my hart. Doen goed aan my. Ek het gekies om op u pad te stap, dis die pad na die lewe toe. U voorskrifte is soos padwysers; dit wys my hoe om te leef. Here, ek hou vas aan elke woord wat U sê. Moenie dat ek U ooit in die steek laat nie. Ek is gretig om elke dag op u pad te stap, want U maak my lewe vol met u goedheid. (DB) Het jy al ooit soos 'n bedrieër gevoel? Dis nogal ontstellend om te weet dat dié persoon wat mense dink jy is, nie is wie jy werklik is nie! Hulle sal ontnugter wees om te ontdek dat jy ook soms twyfel, dat jy ook donker gedagtes het wat binne-in jou rondmaal.Ferdinand Waldo Demara was gedurende die vorige eeu bekend as die Groot Bedrieër. Hy het homself op ‘n kol voorgedoen as 'n monnik, toe ‘n sielkundige, toe ‘n tronkbewaarder en toe selfs as ‘n chirurg - alles sonder enige kwalifikasies. Tydens die Koreaanse Oorlog het hy groot operasies aan boord van 'n Kanadese oorlogskip uitgevoer deur die vorige aand mediese handboeke te memoriseer.Hy is in die openbaar geprys as 'n heldhaftige dokter wat lewens red. Maar agter die skerms was dit alles 'n leuen. Hy het gesê hy wou "die mensdom dien", maar hy het instellings en individue voortdurend mislei en dikwels lewens in gevaar gestel. Sy sjarme het 'n diep agterbaksheid bedek. Sy uiterlike beeld was dié van eerbaarheid; hy het so edel en bekwaam voorgekom, maar dit was alles op bedrog gebou. Kyk wat bid die psalmis in: Psalm 119:29-32 Keer dat ek leuens vertel en op 'n oneerlike manier leef. Skryf u wet diep in my hart. Doen goed aan my. Ek het gekies om op u pad te stap, dis die pad na die lewe toe. U voorskrifte is soos padwysers; dit wys my hoe om te leef. Here, ek hou vas aan elke woord wat U sê. Moenie dat ek U ooit in die steek laat nie. Ek is gretig om elke dag op u pad te stap, want U maak my lewe vol met u goedheid. (DB)"Om reëls te volg" is nie deesdae gewild nie, nè? Maar hoe meer jy die Woord van God jou laat beïnvloed; hoe meer jy toelaat dat sy goedheid jou gids is; hoe minder van 'n bedrieër word jy. Jy ontwikkel ‘n dors om jou Bybel te lees en jy ontwikkel die begeerte om meer en meer soos Jesus te word.Moenie 'n bedrieër wees nie.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Namibië het sy gewig agter mensgesentreerde kunsmatige intelligensie-bestuur gegooi en gewaarsku dat ongekontroleerde KI ongelykhede kan vererger en kwesbare werkers in gevaar kan stel. Tydens die 114de Internasionale Arbeidskonferensie in Genève het arbeidminister Wise Immanuel gesê KI moet doelbewus bestuur word om werkers se regte, waardigheid, privaatheid en billikheid te beskerm, terwyl die potensiaal daarvan benut word om produktiwiteit, vaardigheidsontwikkeling en ordentlike werkgeleenthede te verhoog.
Die visserye-ministerie sê dat hy ekologiese en biologies sensitiewe gebiede geïdentifiseer het en beplan om sommige as beskermde gebiede te verklaar, wat verbintenis tot die Konvensie oor Biologiese Diversiteit se 30-teen-30-teiken nakom. Hierdie teiken verbind deelnemende lande om teen 2030 ten minste 30 persent van die Aarde se land-, binnelandse water-, kus- en mariene gebiede te bewaar. Tydens die Wêreld Oseanedag-geleentheid het lynminister Inge Zaamwani gesê Namibië se bewaringsmaatstawwe staan tans op 39,92 persent op land en 1,69 persent in mariene gebiede. Sy het meer.
Jana Scheepers, Paarl Post journalist spoke to Clarence Ford about news from the area. Views and News with Clarence Ford is the mid-morning show on CapeTalk. This 3-hour long programme shares and reflects a broad array of perspectives. It is inspirational, passionate and positive. Host Clarence Ford’s gentle curiosity and dapper demeanour leave listeners feeling motivated and empowered. Known for his love of jazz and golf, Clarrie covers a range of themes including relationships, heritage and philosophy. Popular segments include Barbs’ Wire at 9:30am (Mon-Thurs) and The Naked Scientist at 9:30 on Fridays. Thank you for listening to a podcast from Views & News with Clarence Ford Listen live on Primedia+ weekdays between 09:00 and 12:00 (SA Time) to Views and News with Clarence Ford broadcast on CapeTalk https://buff.ly/NnFM3Nk For more from the show go to https://buff.ly/erjiQj2 or find all the catch-up podcasts here https://buff.ly/BdpaXRn Subscribe to the CapeTalk Daily and Weekly Newsletters https://buff.ly/sbvVZD5 Follow us on social media: CapeTalk on Facebook: https://www.facebook.com/CapeTalk CapeTalk on TikTok: https://www.tiktok.com/@capetalk CapeTalk on Instagram: https://www.instagram.com/ CapeTalk on X: https://x.com/CapeTalk CapeTalk on YouTube: https://www.youtube.com/@CapeTalk567See omnystudio.com/listener for privacy information.
Send us Fan Mail1 Petrus 4:10 God het aan elkeen van julle uitsonderlike talente gegee. Moenie dink dit is julle wat so goed is nie. Nee, dit is God wat eintlik so goed vir julle is. Daarom moet julle julle talente gebruik om ander te help. (DB) Weet jy hoekom ek van jou hou? Ek is mal oor die feit dat jy so anders as ek is. Jou motivering is heeltemal anders en jy het ander vermoëns wat in jou DNS ingebed is. Jy het ook unieke ervarings deurgemaak, wat jou gevorm het. Ongelukkig is daar baie mense wat hul gawes en hul vermoëns met ander vergelyk en hulself as minderwaardig beskou. Maar dis 'n groot fout!Tydens die Kubaanse Missielkrisis van 1962, was Vasily Arkhipov tweede in bevel op 'n Sowjet-duikboot gewapen met kernwapens. Omdat hulle geglo het dat die oorlog reeds uitgebreek het, het die bemanning alles gereed gekry om ‘n kernwapen te lanseer. Twee senior offisiere het dit goedgekeur - maar die Sowjet-protokol het drie vereis. Arkhipov was die enigste een wat geweier het. Hy het daarop aangedring om na die oppervlak te kom en op bevele te wag.Hy was nie die offisier met die hoogste rang aan boord nie, ook nie 'n politikus of wetenskaplike nie - net 'n gedissiplineerde vlootoffisier met die morele moed van sy oortuiging en die vermoë om kalm te bly onder druk. Sy selfbeheersing, wat deur sommige mense as ‘n swakheid beskou is en deur sy mede offisiere as vrees bestempel is, het die wêreld van vernietiging gered.1 Petrus 4:10 God het aan elkeen van julle uitsonderlike talente gegee. Moenie dink dit is julle wat so goed is nie. Nee, dit is God wat eintlik so goed vir julle is. Daarom moet julle julle talente gebruik om ander te help. (DB)Kom ons sê jy is Vasily in daardie duikboot. Die spanning loop hoog. Jou kaptein beveel jou om te gehoorsaam. Hoe belangrik beskou jy jou vermoë om op daardie oomblik kalm te bly? Jy het natuurlike gawes en vermoëns ontvang wat diegene rondom jou nie het nie. En die taak wat God jou gegee het, is om dit te gebruik; al is dit oënskynlik onbeduidend vir jou. Ons het jou nodig. Reik uit en gee dít, wat jy ontvang het, asseblief aan na die volgende persoon!Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan MailRomeine 5:3-5 Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. Die lewe kan nogal onverwagte kinkels in die pad hê, nè? Net wanneer jy dit die minste verwag, slaat die teëspoed jou plat! Jy bevind jouself in 'n gat; 'n plek waar jy nooit verwag het om te wees nie. Maar weet jy, dit kan net mooi die grootste geleentheid vir God wees om vir jou ‘n besondere geskenk te gee!In 1931, op sewejarige ouderdom, het Jacques Lusseyran in 'n ongeluk sy sig verloor. Sy wêreld het oornag verander. Maar hy het vinnig by sy blindheid aangepas en eerder as om wanhopig te word, het hy buitengewone insig en deursettingsvermoë ontwikkel. As ‘n jong seun het hy besorgd geraak oor Hitler se mag. Hy het besluit om Duits te leer sodat hy radio uitsendings kon volg. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het hy 'n leier van ‘n Franse Weerstandsbeweging geword. Hy is deur die Gestapo gearresteer en na Buchenwald gestuur, waar hy een van die min mense was, om, ten spyte van die wrede toestande, sy gevangeskap te oorleef. Sy blindheid het 'n geestelike lens geword waardeur sy insig, moed en deernis verskerp is. In sy memoir, And There Was Light, skryf hy: Ek het vrede in my hart gehad, want ek het ontdek dat vreugde in duisternis kan bestaan.Romeine 5:3-5 … Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.Wanneer die lewe onverwags verander, gee God jou die geleentheid om te groei. Wanneer jy deur lyding volhard, bou dit ongetwyfeld jou karakter. Jy stap saam met Jesus deur daardie hel. Hy sal jou vul met 'n rotsvaste hoop wanneer Hy deur sy Gees, sy liefde in jou hart uitstort.Moenie blind wees vir die grootste geleentheid wat Hy jou ooit sal gee nie.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Wat moet ons doen tydens die storm?
Die parlementêre staande komitee vir natuurlike hulpbronne hou 'n kapasiteitsbouwerkswinkel in Swakopmund. Die komitee sal mynwese, visserye, landbou sowel as waardetoevoeging onder die loep neem. Tydens die sessie het die voorsitter van die komitee en Swapo LP, dr. Tobie Aupindi gepraat oor die ontginningsektor, waar Namibië 'n netto uitvoerder is.
Die voormalige Britse gesondheidsminister Wes Streeting het bevestig dat hy aan enige leierskapswedloop van die Arbeidersparty sal deelneem om Keir Starmer te vervang. Streeting het Donderdag die eerste senior minister geword wat bedank het, in wat algemeen beskou word as die begin van 'n uitdaging teen Starmer se leierskap. Hy het gesê hy het vertroue in die eerste minister verloor en glo Starmer behoort nie sy termyn in die amp uit te dien nie. Tydens 'n geleentheid Saterdag het Streeting ook Brexit as 'n “katastrofiese fout” beskryf.
President Cyril Ramaphosa sê die regering is bewus van kommer oor stadige beleggingslewering en hou vol vordering word gemaak deur middel van voortgesette hervormings. Tydens sy mondelinge antwoord op vrae in die Nasionale Vergadering het Ramaphosa gesê die regering se beleggingsveldtog bly op koers, met pogings gemik op die verbetering van vertroue, die ontsluiting van projekte en die versnelling van ekonomiese groei en werkskepping:
Die tweede Namibië-EU Sakeforum sluit vandag in Windhoek af, onder die tema “Op pad na Sterker, Groener en Meer Gediversifiseerde Ekonomieë: Katalisering van Sake- en Handelsgeleenthede tussen die EU en Namibië”. Die geleentheid fokus op volhoubare waardekettings vir lande in die EU en Namibië. Tydens die forum het ekonoom, Robin Sherbourne 'n voorlegging gedoen wat onder andere op Namibië se uitvoere gefokus het. Sherbourne het oor die land se hoof-handelsvennote gepraat en die belangrikheid van die EU uitgelig.
Die tweede Namibië-EU Sakeforum vind plaas van 11 tot 13 Mei in Windhoek, onder die tema "Op pad na Sterker, Groener en Meer Gediversifiseerde Ekonomieë: Katalisering van Sake- en Handelsgeleenthede tussen die EU en Namibië". Die geleentheid fokus op groen industrialisering, insluitend volhoubare waardekettings vir grondstowwe, hernubare waterstof, landboubesigheid, motorvervaardiging en kulturele en kreatiewe nywerhede. Tydens die forum het Alexandre Baron die hoof van die EU-afvaardiging gesê hulle is besig om Namibië te help met beleidsraamwerke vir groenwaterstof-ontwikkeling.
China se nul-tariewe het op 1 Mei in al 53 Afrika-lande waarmee dit diplomatieke bande het in werking getree, wat dit die eerste groot ekonomie maak om dit te doen. Daar word verwag dat Namibië 'n toename in uitvoere, buitelandse beleggings en werkgeleenthede sal sien. Tydens 'n perskonferensie in die hoofstad het Wei Jinming van die Chinese ambassade namens China se ambassadeur na Namibië, Zhao Weiping, meer oor die beleid gedeel.
Blikkies Blignaut – welvaartbestuurder, PSG Wealth Volg RSG Geldsake op Twitter
Die Namibiese Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur is tans besig om 'n kunsmatige intelligensie seminaar te finaliseer. Dit sal die regering in staat stel om kunsmatige intelligensie stelselmatig te implementeer in die openbare sektor. Tydens 'n regeringsinligtingsessie het Sankwasa Mubita, Nipam se direkteur van strategie en korporatiewe diens, meer inligting gegee oor die geleentheid wat môre begin.
Send us Fan MailRomeine 5:8 Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. George Clark, was 'n 19de-eeuse gewoontemisdadiger en baas van een van Londen se gewelddadigste straatbendes. Verhard deur armoede en misdaad, het hy jare in en uit die tronk deurgebring.Tydens een van die kere in die tronk, het ‘n kapelaan vir Clark 'n Bybel gegee. Hy het aan die begin daarmee gespot. Maar toe kom hy op hierdie vers af:Romeine 5:8 Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.Dit het hom getref. Hy was verhard deur 'n lewe van geweld en verwerping en hy het altyd geglo dat ‘n bendeleier en gewoonte misdadiger soos hy, gedoem is; dat hy vir ewig afgeskryf is. Hy het geglo dat liefde verdien moes word - en dat hy dit nooit kan verdien nie.Maar hier was 'n waarheid wat sy vooropgestelde opvatting verpletter het: Christus (het) vir ons gesterf toe ons nog sondaars was.Christus het vir hom gesterf, nie nadat hy sy lewe van al sy sonde skoongemaak het nie. Nie eers nadat hy verander het nie. Maar terwyl hy op sy laagtepunt besig was om van ellende te krepeer - het Christus hom lief genoeg gehad om vir hom te sterf.Daardie soort genade is radikaal. Onverdiend. Dit het sy sonde blootgelê, ja - maar nog belangriker, dit het 'n liefde geopenbaar wat geweier het om hom te verlaat. Dit is wat sy hart deurboor het. Dit is wat die siklus van geweld gebreek het. Dit is wat hom vrygemaak het.Clark het sy lewe aan Jesus Christus gegee, sy bendebedrywighede agtergelaat en 'n sendeling vir gevangenes en straatkinders - die einste mense wat hy eens op 'n dwaalspoor gelei het - geword. Sy lewe was 'n daadwerklike bewys dat niemand buite die bereik van God se liefde is nie.Dis nie vrees, nie skuldgevoelens, nie reëls wat 'n persoon werklik transformeer nie - dit is die oorweldigende liefde en genade van God, wat Christus vir ons gedemonstreer het. Dieselfde liefde wat George Clark in daardie tronksel ontdek het, is die liefde wat God vir jou het. Hy het jou op jou laagtepunt van hopeloosheid en ellende lief.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Wêreld-persvryheidsdag word vandag in die hoofstad herdenk. Die dag word op 3 Mei jaarliks gevier na die Windhoek-deklarasie op daardie dag in 1991 deur Afrika-joernaliste onderteken is. Die verklaring definieer 'n vrye pers as onafhanklik van regerings-, politieke of ekonomiese beheer, wat die basis vorm vir wêreldwye persvryheid voorspraak. Tydens vanoggend se geleentheid het veteraan joernalis en direkteur van die Namibia Media Trust, Gwen Lister, die regering aangemoedig om so gou moontlik die Toegang tot Inligtingswetsontwerp te implementeer.
Na jare van vertragings en openbare debat het die Wet op Finansiële Instellings en Markte, Fima, amptelik op 1 Mei in werking getree. Tydens 'n inligtingsessie het Kenneth Matomola, die uitvoerende hoof van Namfisa, bevestig dat die 75 persent-bewaringsreël uitgefaseer is, en dat begunstigdes 'n kontantenkelbedrag van hul pensioen kan onttrek voor aftrede.
Ogilvy Namibia het 'n vennootskap met The Collective aangegaan om sport in Namibië te bevorder deur spelers en afrigters te ondersteun. Dit is 'n gesentraliseerde platform om spelers landwyd profesioneel te bestuur en sodoende beleggings in Namibiese sport in te vorder. Tydens die bekendstelling van die program het Hanjo de Klerk, die stigter van The Collective, meer verduidelik.
Carel de Jager, uitvoerende hoof van Sixpence, gesels oor hoe die volume van kriptotransaksies die afgelope paar weke gevaar het in vergelyking met “normale” tye. Volg RSG Geldsake op Twitter
Amerika se direkteur van Nasionale Intelligensie, Tulsi Gabbard, sê Iran se regime lyk ongeskonde, maar is grootliks verswak weens aanvalle op sy leierskap en militêre vermoëns. Sy het voor die Senaat se Intelligensiekomitee verskyn om die intelligensie-gemeenskap se jongste assessering oor Iran te deel. Gabbard sê Iran se konvensionele militêre vermoë is grootliks vernietig...
Unam en die Akkerbouraad het 'n hernude ooreenkoms onderteken. Tydens die geleentheid het hulle gekyk na 'n hoëvlakverslag, verskaf vir die implementering van die vorige ooreenkoms, wat kyk na die saadnavorsingsprojek se lewensvatbaarheid, wat hulle opbrengste per hektaar van die geselekteerde variëteite was, en die terrein. Simon Namesho, Unam-woordvoerder het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die kwessie van beslaglegging van primêre eiendomme as gevolg van wanbetaling is reeds ‘n geruime tyd in die nuus. Tydens sy vergadering by die sentrale bank het eerste minister dr. Elijah Nguare die Bank van Namibië versoek om nou saam te werk met sy finansiële belanghebbendes om vriendskaplike oplossings te vind wat diebeslagleggings sal help voorkom en maniere te ondersoek om terugbetalingstydperke vir behuising en ander eiendomme te verkort.
Tydens die sitting van die Inter-regeringskommissie oor Handel en Ekonomiese Samewerking tussen Namibië en Rusland het laasgenoemde belangstelling getoon om plaaslike kernkrag te ontwikkel en selfs versoek om eksklusiewe eksplorasieregte te kry in mynwese-sektore soos uraan. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie oor die kernkrag-ontwikkeling by energiekenner Harald Schütt gekry.
Reuters berig ekslusief dat weermagbronne aan hom bevestig het dat dit voor wil kom asof die VSA wel verantwoordelik is vir die aanval op die meisieskool in Iran op die eerste dag van die konflik. Meer as 170 kinders is in die aanval dood. Die ondersoek deur Amerikaanse owerhede is nog nie voltooi nie. Tydens ‘n perskonferensie by die Withuis het perssekretaris Karoline Leavitt vroeër die week so geantwoord.
Berigte het na vore gekom dat president Donald Trump se frustrasie toeneem nadat Britse premier Keir Starmer aanvanklik gehuiwer het om die VSA toe te laat om die Diego Garcia-basis by die Chagos-eilande naby Mauritius vir aanvalle teen Iran te gebruik. Trump sê hy is baie teleurgesteld dat Starmer te lank geneem het om toestemming te verleen. Trump was uiters beledigend teenoor Starmer by die Withuis-perskonferensie na sy ontmoeting met Duitse kanselier Friedrich Merz.
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het Israel en Amerika se aanval Saterdag op Iran veroordeel. Tydens ‘n noodvergadering van die VN se Veiligheidsraad in New York, het Guterres ook Iran se teenreaksie veroordeel, veral die skending van die territoriale soewereniteit van Bahrein, Irak, Jordanië, Koeweit, Katar, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate. Guterres sê die oorlog bedreig internasionale vrede en stabiliteit en die belangrikheid van die onmiddellike hervatting van diplomatieke onderhandelings beklemtoon.
Die landbouministerie het 'n multisektorale vergadering oor bek-en-klouseer-voorbereiding en reaksie gehou in die hoofstad. Verskeie partye van die landbou sektor het deelgeneem aan die gesprekke. Suid Afrika het Donderdag as 'n nasionale ramp verklaar. Tydens die vergadering het die adjunk-uitvoerende direkteur van die landboudepartement, Kingsley Kwenani, weereens uitgelig wat 'n verwoestende effek bek-en-klouseer op Namibië sal hê as dit oor die grens met Botswana en Suid-Afrika sal versprei.
Namibië se krieketspan kom môre teen die magtige Indië in die T20-Wêreldbekertoernooi te staan ná die Eagles Dinsdag ‘n nederlaag teen Nederland gely het. Tydens ‘n mediakonferensie ná die wedstryd het die Eagles se kaptein, Gerhard Erasmus, gesê ‘n kragmeting teen Indië is ‘n reuse-oomblik:
Ghislaine Maxwell, die veroordeelde medewerker van die seksoortreder Jeffrey Epstein, het Maandag geweier om vrae van die Amerikaanse Huis Toesigkomitee te beantwoord. Maxwell het virtueel verskyn vir 'n geslote deur-deposisie uit die Texas-gevangenis waar sy 'n vonnis van 20 jaar vir sekshandel uitdien. James Comer, die Republikeinse voorsitter van die Huis Toesigkomitee, het gesê dat Maxwell, soos verwag, die vyfde wysiging gepleit en vir begenadiging deur die president gevra het. Luister na Comer.
President Donald Trump sê Amerika is op die rand van ʼn ekonomiese oplewing soos die wêreld nog nooit voorheen beleef het nie. September se ekonomiese data toon Amerika se inflasiekoers staan die eerste keer sedert Januarie op drie-persent, terwyl verbruikersvertroue die laagste is sedert April. Trump het in die Withuis gesê die wêreld beny Amerika:
Die Teddy Bear-kliniek vir mishandelde kinders waarsku ouers om hierdie feestyd waaksaam te bly. Die kliniese direkteur, Shaheda Omar, sê kinders is nie altyd veiliger by die huis nie omdat hulle gewoonlik misbruik word deur mense wat hulle ken. Omar sê alkohol, minder toesig en sosiale geleenthede skep gevare. Sy waarsku ouers om kinders heeltyd in die oog te hou en nooit hul waaksaamheid te verslap nie:
Die 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgeweld het nogmaals nie juis 'n impak op die grond gehad nie. Vele verkragtings, gesinsgeweld, kinderaanrandings en verwante geweld is by die polisie aangemeld, maar dit is welbekend dat meeste gevalle nie aangemeld word nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ethne Mudge, die direkteur by Civic +264.
Die Oscar-bekroonde aktrise Lupita Nyong'o sê sy sal nie weer slawernyrolle aanvaar nie. Tydens 'n gesprek met die Grammy-bekroonde Beninese-Franse sangeres en aktrise, Angélique Kidjo, op Inside Africa, verduidelik Nyong'o sy wil die narratief verander van wat dit beteken om 'n Afrikaan te wees. Sy voeg by selfs al beteken dit sy moet minder werk, sal sy rolle wat stereotipes versterk vermy aangesien dit noodsaaklik is om insigte te hervorm en Afrika se uiteenlopende stories te vier:
Namibië doen 'n beroep om streeksbeleide in werklike nasionale wette te omskep. Tydens die vrystelling van 'n opname oor die SAOG Parlementêre Forum se operasionele doeltreffendheid, het die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, die land se verbintenis tot die versterking van die forum herbevestig. Sy waarsku egter dat die implementering van SAOG-modelwette 'n opdraande stryd bly.
Die Stad Johannesburg het 'n Sunday Times-artikel met die opskrif, Workers' R4bn G20 blackmail, heeltemal verwerp. Die artikel beweer die metro het 4 miljard Suid-Afrikaanse rand van sy kapitaaluitgawebegroting aangewend om 'n betoging deur die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie om die G20-leiersberaad te ontwrig, te voorkom. Burgemeester Dada Morero se woordvoerder, Khathutshelo Mulaudzi, sê die artikel is deurspek van feitelike onwaarhede, teenstrydighede en ongegronde bewerings:
Die 26ste Kreatiewe Jaarlikse Simposium het afgesluit en was 'n belangrike stap om die kreatiewe ekonomie as 'n dryfveer van inklusiewe en volhoubare groei te benut. Besprekings het die behoefte beklemtoon om data-gapings in bewysgebaseerde beleid te sluit, toegang tot finansiering te versterk, kreatiewe vaardighede in onderwys te integreer en die sektor te formaliseer om sy volle potensiaal te ontsluit. Tydens die simposium het Avril Joffe van Unesco die belangrikheid van die industrie uiteen gele.
Justisie- en arbeidminister Wise Immanuel het besluit om nie voort te gaan met 'n dringende hofaansoek om 'n sloerstaking deur landdroste te probeer stopsit nie. Tydens die verrigtinge het prokureurs vir die landdroste hofverslae aangebied wat toon dat ontwrigtings in bedrywighede grootliks veroorsaak is deur tegniese probleme eerder as industriële aksie. Waarnemende regter Christie Liebenberg het die saak van die rol geskrap, en 'n kostebeslissing is vir 15 Desember vasgestel. Liebenberg het uitspraak gelewer.
Die Nasionale Vergadering het meer as twee weke voor, soos sy reëls dit bepaal, vir die jaar verdaag. Baie min werk is afgehandel en die parlement kom gereeld onder skoot vir sy ondoeltreffendheid. Tydens die sessie, na die Speaker die reses aangekondig het, het die IPC se John-Louw Mouton sy beswaar daarteen so uitgelig.
Die Ekonomiese Vereniging van Namibië, in vennootskap met die Hanns Seidel-stigting, het 'n openbare bespreking aangebied onder die tema: "Belegging in potensiaal: Hoe waagkapitaal en private ekwiteit Namibië se ekonomiese transformasie kan dryf". Tydens die sessie het die aanbieders die probleme uiteengesit waarmee entrepreneurs in die mark te kampe het. Nicole Maske, direkteur by Manta Ventures, het van hierdie uitdagings so beskryf.