Podcasts about tydens

  • 40PODCASTS
  • 359EPISODES
  • 6mAVG DURATION
  • 5WEEKLY NEW EPISODES
  • Nov 17, 2025LATEST

POPULARITY

20172018201920202021202220232024


Best podcasts about tydens

Latest podcast episodes about tydens

Nuus
Simposium oor kreatiewe bedryf sluit af

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 17, 2025 0:26


Die 26ste Kreatiewe Jaarlikse Simposium het afgesluit en was 'n belangrike stap om die kreatiewe ekonomie as 'n dryfveer van inklusiewe en volhoubare groei te benut. Besprekings het die behoefte beklemtoon om data-gapings in bewysgebaseerde beleid te sluit, toegang tot finansiering te versterk, kreatiewe vaardighede in onderwys te integreer en die sektor te formaliseer om sy volle potensiaal te ontsluit. Tydens die simposium het Avril Joffe van Unesco die belangrikheid van die industrie uiteen gele.

Nuus
Justisieminister trek aansoek oor landdros-staking terug

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 14, 2025 0:33


Justisie- en arbeidminister Wise Immanuel het besluit om nie voort te gaan met 'n dringende hofaansoek om 'n sloerstaking deur landdroste te probeer stopsit nie. Tydens die verrigtinge het prokureurs vir die landdroste hofverslae aangebied wat toon dat ontwrigtings in bedrywighede grootliks veroorsaak is deur tegniese probleme eerder as industriële aksie. Waarnemende regter Christie Liebenberg het die saak van die rol geskrap, en 'n kostebeslissing is vir 15 Desember vasgestel. Liebenberg het uitspraak gelewer.

Nuus
IPC boos oor parlement vir die jaar verdaag

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 13, 2025 0:35


Die Nasionale Vergadering het meer as twee weke voor, soos sy reëls dit bepaal, vir die jaar verdaag. Baie min werk is afgehandel en die parlement kom gereeld onder skoot vir sy ondoeltreffendheid. Tydens die sessie, na die Speaker die reses aangekondig het, het die IPC se John-Louw Mouton sy beswaar daarteen so uitgelig.

Nuus
Talle uitdagings vir beleggers, entrepreneurs

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 12, 2025 0:41


Die Ekonomiese Vereniging van Namibië, in vennootskap met die Hanns Seidel-stigting, het 'n openbare bespreking aangebied onder die tema: "Belegging in potensiaal: Hoe waagkapitaal en private ekwiteit Namibië se ekonomiese transformasie kan dryf". Tydens die sessie het die aanbieders die probleme uiteengesit waarmee entrepreneurs in die mark te kampe het. Nicole Maske, direkteur by Manta Ventures, het van hierdie uitdagings so beskryf.

Nuus
Afrika moet kredietgraderingsagentskap skep

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 7, 2025 0:37


Die Pan-Afrika-parlement het weereens sy oproep vir die stigting van 'n Afrika-kredietgraderingsagentskap herhaal. Die stap word beskou as noodsaaklik om die vasteland se afhanklikheid van Westerse graderingstelsels te verminder. Tydens die Sesde Sitting van die parlement in Midrand, Johannesburg, het Namibië se adjunkspeaker, Phillipus Katamelo, die noodsaaklikheid van verpligte deelname van alle Afrikastate aan die Afrika-ewekniebeoordelingsmeganisme beklemtoon om ekonomiese geloofwaardigheid en beleggingsvertroue oor die hele vasteland te versterk.

Nuus
NNN bekommerd oor twis tussen plaaslike owerhede, inwoners

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 2, 2025 0:43


President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê toenemende konflik tussen plaaslike owerhede en inwoners is kommerwekkend en belemmer dienslewering. Tydens haar toespraak Saterdag by die opening van die sake-ekspo op Helao Nafidi in Ohangwena, het die president ‘n beroep op samewerking tussen al die belangehebbers gedoen.

Nuus
ILO looi Namibië oor sy werksbeleid

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 30, 2025 0:41


Die Internasionale Arbeidsorganisasie het Namibië gekritiseer vir die swak implementering van sy werksbeleid. Tydens 'n geleentheid van die Ekonomiese Vereniging van Namibië het die organsasie se werkspesialis Jealous Chirove gesê dat die Tweede Nasionale Werksbeleid van 2014 tot 2017, nie sy doelwitte bereik het nie. Die beleid was daarop gemik om werk te skep deur ekonomiese hervormings, landbou-geleide industrialisering, SME-groei, vaardigheidsontwikkeling, toerisme en hernubare energie. Geen nuwe nasionale werkverskaffingsbeleid is sedertdien van stapel gestuur nie. Chirove waarsku dat Namibië moet vermy om vorige foute te herhaal om sy teiken van 500 000 werksgeleenthede teen 2030 te bereik.

Nuus
Hernubare energie onder die loep

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 22, 2025 0:41


Namibië is die gasheer van vanjaar se Internasionale Konferensie van Sirkulêre ekonomie, Hernubare energie en Groenwaterstof in Afrika. Die konferensie beoog om gesprekke in Afrika aan te moedig om moderne en volhoubare energie bronne te implementeer. Die konferensie vind in die hoofstad plaas en sluit in akademici van regoor Afrika. Tydens die openingsseremonie het Gaudentia Kröhne, die adjunkminister van energie, die belangrikheid beklemtoon van hernubare energie in Namibië.

Nuus
Begrotingstekort styg met 2% na 4%

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 21, 2025 0:44


Daar is ‘n begrotingstekort. Tydens haar middeltermyn-begroting het die finansminister Ericah Shafudah gesê die regering het 89,1 miljard Namibiese dollar verdien maar, 100,1 miljard dollar bestee.

Nuus
IPC se Imms vra belegging in uraanverwerking

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 1, 2025 0:27


Tydens die pas afgelope Wêreld Atoomweek het IPC-parlementsleier Imms Nashinge 'n verskuiwing gevra in hoe die land sy uraanbronne hanteer. Nashinge het Namibië aangespoor om verder as rou uitvoere te beweeg en vennootskappe met kernreuse soos Rusland se Rosatom te ondersoek. Hy sê belegging in kerntegnologie en plaaslike verwerking kan innovasie dryf, die ekonomie 'n hupstoot gee en broodnodige werkgeleenthede skep.

Nuus
McIlory vaar uit teen New York-skare tydens Ryder-beker

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 29, 2025 0:18


Die vyfmalige major-kampioen Rory McIlroy het die New Yorkse skare gekritiseer vir onaanvaarbare en beledigende gedrag tydens die Ryderbeker-kompetisie in Bethpage Black. Span Europa het Amerika 15-13 geklop om agtereenvolgende titels te verower, en die eerste keer sedert 2021 op Amerikaanse bodem te wen. 'n Raserige skare het voortdurend persoonlike beledigings teenoor die Europese spelers geslinger terwyl bier op McIlroy se vrou, Erica, uitgegooi is. Hy sê dié gedrag moet nooit in die sport aanvaar word nie:

Nuus
Kirk-moord: Obama maan teen 'ongekende politieke krisis'

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 18, 2025 0:29


Die voormalige Amerikaanse president Barack Obama waarsku in die nasleep van die moord op Charlie Kirk teen 'n “politieke krisis van die soort wat die land nog nie vantevore gesien het nie”. Tydens 'n geleentheid in Erie, Pennsylvanië, het Obama gesê dat hy Kirk nie geken het nie en nie met baie van sy sienings saamgestem het nie, maar die moord was gruwelik en 'n tragedie. Hy het beklemtoon 'n hoeksteen van demokrasie is dat mense van mekaar kan verskil, sonder om tot geweld oor te gaan.

Nuus
MTC weerlê omgewingskade tydens sy Buffalo-projek

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 10, 2025 0:39


MTC het bewerings van die hand gewys dat hul Buffalo-projek wat netwerkverbindings tussen Rundu en Katima Mulilo verbeter, omgewingskade veroorsaak. Foto's van bome wat afgekap is, is wyd op sosiale media gedeel. Die maatskappy sê dat alle werk met volle omgewingsgoedkeurings en toestemmings van grondeienaars uitgevoer word. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het MTC-woordvoerder Erasmus Nekundi gesê dat die infrastruktuur slegs op grond wat deur die Padowerheid besit word, geïnstalleer word.

Nuus
Regering kan nie te veel tradisionele owerhede dra: Sankwasa

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 9, 2025 0:40


Die stedelike en landelike ontwikkeling-minister, James Sankwasa, het tradisionele leiers versoek om op te hou om raadslede toe te laat om in tradisionele owerhede te dien sonder aangestelde hoofde, en gesê dat hulle selde waarde tot verrigtinge toevoeg. Tydens die jaarvergadering van die Raad van Tradisionele Leiers, wat tot Vrydag duur, het Sankwasa ook kommer uitgespreek oor die vinnige toename in tradisionele owerhede en gewaarsku dat as die tendens voortduur, regeringsondersteuning onvolhoubaar kan word.

Nuus
Saara het lof vir Katolieke Vrouebeweging

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 8, 2025 0:33


Tydens die 25ste herdenking van die Namibiese Katolieke Vrouebeweging die naweek het die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, die beweging se belyning met nasionale pogings geprys om ongelykheid, geslagsgebaseerde geweld en armoede te bestry. Sy het beklemtoon dat hul werk regeringsbeleid versterk en grondwetlike waardes in aksie in gemeenskappe regoor die land omsit.

Nuus
Shaningwa prys Hawala tydens staatbegrafnis

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 5, 2025 0:35


Lede van alle vlakke van die Swapo-party, saam met senior regeringsamptenare en familielede, het by Ohakweenyanga Village No. 1 naby Ondangwa vergader vir die staatsbegrafnis van die omstrede voormalige leërhoof, Solomon ‘Jesus' Hawala. Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, het Hawala tydens die seremonie geprys vir sy bydraes tydens die bevrydingstryd.

Nuus
VN-Bevolkingsfonds bekommerd oor jong meisie-swangerskappe

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 4, 2025 3:21


Tydens vandag se Wêreldbevolkingsdag-herdenking in Windhoek het die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds kommer uitgespreek oor die toenemende aantal vroeë en onbedoelde swangerskappe in Namibië. UNFPA-verteenwoordiger Erika Goldson het die ernstige impak op jong meisies uitgelig – dit beperk hul geleenthede, versterk armoedesiklusse en bedreig hul gesondheid en toekoms.

Nuus
Massaskietery in kerk tydens skoolmis dood twee kinders, beseer 17

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 28, 2025 0:37


Twee kinders, onderskeidelik 8 en 10 jaar oud, is dood en 17 mense beseer na 'n massaskietery by 'n skool in Minneapolis, Minnesota. Veertien van die beseerdes is kinders. Die aanval het tydens die oggendmis by die Annunciation Catholic School plaasgevind. Die verdagte was gewapen met 'n geweer, haelgeweer en pistool en het deur die kerkvensters geskiet. Hy is geïdentifiseer as die 23-jarige Robin Westman, wat homself geskiet het na die aanval. Die sigbaar aangedane polisiehoof van Minneapolis, Brian O'Hara, het buite die kerk gepraat.

Nuus
NNN prioritiseer oud-Caprivi-gebied vir voedselproduksie

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 28, 2025 0:20


President Netumbo Nandi-Ndaitwah het belowe om voedselproduksie in die twee Kavango- en Zambezi-streke te prioritiseer. Tydens 'n besoek aan die Kalimbeza-rysprojek het sy innovering en vinniger vordering aangemoedig. Dit na die plaas se 108-ton-oes steeds onverwerk is weens 'n gebreekte masjien.

Nuus
Ithete waarsku skrootmetaal-handelaars

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 27, 2025 0:35


Die adjunk-eerste minister en energie-minister, Natangwe Ithete, het kommer uitgespreek oor toenemende koperkabeldiefstal in die Otjozondjupa-streek. Tydens die inbedryfstelling van gesamentlike elektrifiseringsprojekte in Otjiwarongo se Ombili-informele nedersetting, het Ithete gesê dat vandalisme van elektrisiteitskiosks en kabeldiefstal inwoners steeds benadeel. Hy het skrootwerfoperateurs gewaarsku teen die koop van gesteelde koper en sê dat die praktyk misdaad aanwakker en miljoene aan herstelwerk en heraansluitings kos.

Nuus
25 nuwe netwerktorings in gebruik geneem

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 27, 2025 0:29


Die IKT-infrastruktuurverskaffer Powercom het 25 nuwe netwerktorings oor agt streke in gebruik geneem teen 'n koste van 40 miljoen Namibiese dollar. Die toevoegings, wat oor 'n jaar voltooi is, bring Powercom se nasionale totaal op 318 torings te staan, teenoor 276 vier jaar gelede. Tydens die simboliese inhuldiging in Iikokola-dorp, Omusati, het inligtingminister Emma Theofelus gesê die uitbreiding is die sleutel tot die verbetering van kommunikasie in beide stedelike en landelike gebiede.

Nuus
Verskeie resolusies deur die kabinet aanvaar

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 8, 2025 0:35


Die kabinet het amptelik die resolusies aanvaar wat bespreek is tydens die SAOG-oorgrensbewaringsgebiedsberaad van staatshoofde en regeringshoofde. Die beraad het in Mei vanjaar in Harare, Zimbabwe, plaasgevind. Tydens 'n kabinetsinligtingsessie het inligtingsminister Emma Theofelus 'n opdatering gegee oor die resolusies wat aanvaar is.

Nuus
Jeugdiens is hoog op regering se prioritetislys

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 7, 2025 0:24


Tydens sy toespraak by die opening van die 16de inname deur die Nasionale Jeugdiens by die Hentiesbaai-opleidingsentrum, het adjunk-onderwysminister Dino Ballotti die regering se verbintenis herbevestig om befondsing vir die Nasionale Jeugdiens te verhoog, gelei deur nasionale beleide soos Visie 2030 en NDP 6. Jeuginskrywings het gegroei van 350 in 2023 tot 'n rekord van 1 068 in 2025, wat 'n sterk nasionale belegging in jeugontwikkeling weerspieël.

Nuus
Onderwysminister vra dringende optrede teen leerarmoede

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 7, 2025 0:36


Onderwysminister Sanet Steenkamp het 'n beroep gedoen op dringende optrede om leerarmoede in Namibië te beëindig, en genoem dat nege uit 10 Afrika-leerders van 10 jaar oud nie 'n eenvoudige teks kan lees of basiese wiskunde kan doen nie. Tydens die herbekendstelling van die RightStart-program het sy die behoefte aan samewerking beklemtoon en opgemerk dat ouers en gemeenskappe 'n kind se eerste onderwysers is.

Nuus
Produksie vorder by Ohangwena-projekte

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 4, 2025 0:32


Tydens haar streeksrede het Ohangwena-goewerneur Kadiva Hamutumwa beklemtoon dat die Onehanga-jeugprojek werk geskep het vir nege permanent aangestelde jongmense en verskeie tydelike werkers. Produksie het ook goed gevaar. Sy het verder opgemerk dat die Nangugulu Ovanhu Kanda Nenedidako-projek weeskinders en kwesbare huishoudings ondersteun het, wat tot dusver altesaam 478 mense bevoordeel het.

Nuus
VN-koördineerder het lof vir onderwys-integrasie

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 3, 2025 0:30


Plaaslike VN-koördineerder Hopolang Phororo het Namibië geprys vir die integrasie van vroeë kinderontwikkeling en onderwysersopleiding in sy onderwysstelsel, in lyn met globale doelwitte vir inklusiewe, gehalte-onderwys. Tydens die bekendstelling van die 'End Learning Poverty'-veldtog in Outjo het sy die VN se steun herbevestig en pogings uitgelig om leerders toe te rus met digitale vaardighede soos kodering en KI.

Nuus
Watervoorsiening in Oshana vorder goed

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 2, 2025 0:37


Tydens sy streeksrede het die goewerneur van Oshana, Hofni Iipinge, die voltooiing van belangrike streeksraad-infrastruktuurpyplynprojekte aangekondig. Oshakati veral ervaar groot uitdagings met voldoende watervoorsiening. Hy het opgemerk dat hierdie projekte die toegang tot en voorsieningskapasiteit van water in beide landelike en stedelike gebiede aansienlik verbeter het.

Nuus
Afrika se bevrydingsbewegings het afgedwaal

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 28, 2025 0:19


Oudpresident Joaquim Chissano van Mosambiek sê Afrika se bevrydingsbewegings het afgedwaal van hul kernmissie om die mense te dien. Tydens die ANC-bevrydingsbewegingsberaad in Johannesburg het Chissano besin oor vorige foute, insluitend verswakte demokratiese instellings, die wegbeweeg van landsburgers en die snoer van meningsverskille. Hy het 'n beroep gedoen op hernude toewyding aan die jeug, vroue en inklusiewe regering, en leiers aangespoor om die nalatenskap van Afrika se bevrydingshelde te eerbiedig:

Nuus
Cholera-uitbreking in Opuwa hokgeslaan

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 28, 2025 0:37


Tydens sy streeksrede vandag het die goewerneur van Kunene, Vipuakuje Muharukua, beklemtoon dat malaria steeds kommerwekkend voorkom in die streek. Hoewel geen malariaverwante sterftes aangeteken is nie, is nege cholera-gevalle aangemeld, insluitend een sterfte. Hy sê die uitbreking is wel onder beheer.

Nuus
Droëlandproduksie in Kavango Oos het goed presteer

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 25, 2025 0:39


Tydens sy streeksrede het die goewerneur van Kavango Oos, Hamunyera Hambyuka, die sukses van die droëland-gewasproduksieprogram uitgelig en opgemerk dat baie boere by die inisiatief baat gevind het. Die program is daarop gemik om voedselproduksie te bevorder. Hambyuka het die syfers.

Nuus
Kavango-Wes fokus op landelike ontwikkelingsprojekte

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 25, 2025 0:40


Tydens haar streeksrede het Kavango-Wes se goewerneur, Verna Sinimbo, aangekondig dat meer as 5,5 miljoen Namibiese dollar aan agt kiesafdelings toegeken is vir verskeie landelike ontwikkelingsprojekte, groenskemas ingesluit. Daarbenewens het die Kavango-streekraad 40 projekte ondersteun deur 400 bokke oor vier kiesafdelings te versprei.

Nuus
Namdeb dra by tot toerisme op Oranjemund

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 23, 2025 0:27


Tydens sy streeksrede het die Karas-goewerneur Dawid Gertze, melding gemaak van Namdeb se nuwe kunssentrum in Oranjemund. Volgens Gertze sal die sentrum bydra tot die streek se groeiende toerismebedryf.

Nuus
PDM wil vroue, jeug in leierskap sien

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 23, 2025 0:39


Die PDM dring aan op groter betrokkenheid van vroue, die jeug en minderhede in leierskap voor die komende plaaslike owerhedeverkiesings. Tydens 'n leierskapsopleiding wat in Otjiwarongo gehou is, sê die sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe, dat partystrukture deelname en diens moet bevorder, en nie eiebelang nie.

Nuus
Karas-goewerneur gesels oor (groter) Neckartal-projek

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 22, 2025 0:42


Tydens sy streeksrede het Karas-goewerneur, Dawid Gertze, melding gemaak van die ontwikkeling van die nou langverwagte Neckartaldam-groenskema. Hy sê vordering word gemaak. Daar sal 12 000 hektaar ontwikkel word met tot 11 000 werkgesleenthede wat geskep sal word. Terwyl die omskepping van die gebied uiters duur en uitdagend sal wees sê Gertze die inisiatief is 'n keerpunt vir die streek se ekonomie.

Nuus
LPM sê Sankwasa misbruik sy mag

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 22, 2025 0:39


Tydens 'n LPM-perskonferensie het die party se operasionele sekretaris, Dawid Eigub, die stedelike en landelike ontwikkeling-minister, James Sankwasa, daarvan beskuldig dat hy sy magte misbruik en die wet verdraai om mag te neem wat nie aan hom behoort nie. Eigub het kommer uitgelig oor ministeriële oorskryding en beweerde finansiële wanbestuur in plaaslike regering.

Nuus
Inligting-oordrag kritiek in vinnige veranderende wêreld

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 18, 2025 0:11


Tydens die Effektiewe Kommunikeerders-konferensie in Windhoek het die inligtingminister, Emma Theofelus, beklemtoon dat kommunikasie in die vinnig veranderende, onsekere digitale era noodsaaklik is om die nasie se toekoms te vorm. Sy benadruk die belangrikheid van betroubare inligting-oordrag.

Nuus
Swakopmund mik na kussentrum vir groei, innovasie

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 14, 2025 0:37


Die burgemeester van Swakopmund, Blasius Goraseb, het die dorp se ambisie herbevestig om 'n kussentrum vir ekonomiese groei en innovasie te word. Tydens die vierde jaarlikse sake-ontbyt het Goraseb openbare-private samewerking geprys en die geleentheid se groeiende rol in die aanpak van ekonomiese uitdagings en die bevordering van volhoubare ontwikkeling uitgelig.

Nuus
Helfte van Omaheke-inwoners moes droogtehulp ontvang

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 14, 2025 0:39


Tydens sy streeksrede het goewerneur van Omaheke, Pijoo Nganate, onthul dat droogtehulp versprei is na die helfte van die streek se inwoners. Meer as 22 575 huishoudings is bereik wat 67 725 mense dek.

Nuus
Opvoedingsveldtog sal vaardighede verbeter

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 11, 2025 0:36


Tydens 'n sitting van die Nasionale Vergadering het die onderwysminister, Sanet Steenkamp, die amptelike bekendstelling van die veldtog "Ending Learning Poverty for All in Africa" in Namibië aangekondig. Die veldtog sal op 29 Julie in Outjo in die Kunene-streek afskop. Dit sal na verwagting help om onder meer die syfervaardigheidskrisis aan te spreek.

Nuus
Afrika-regerings moet fondse aan MIV/Vigs toewys

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 11, 2025 0:19


Die uitvoerende direkteur van UNAIDS, Winnie Byanyima, het 'n beroep op Afrika-lande gedoen om, ten spyte van fiskale uitdagings, bronne toe te wys om MIV/Vigs te beveg. Tydens die bekendstelling van die Wêreldwye Vigs-opdatering by die Bertha Gxowa-hospitaal het sy regerings aangemoedig om kostedoeltreffende, bereikbare programme, eerder as duur, skenkerbefondsde modelle, aan te neem. Sy het die behoefte onderstreep vir bekostigbare voorkomingsmaatreëls soos halfjaarlikse MIV/Vigs-inspuitings, streekleierskap en wêreldwye steun om nuwe infeksies te beëindig en MIV/Vigs uit te wis:

afrika moet sy unaids tydens winnie byanyima vigs
Nuus
Geen duidelike raamwerk in sekuriteitstelsel in Namibië nie

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 10, 2025 0:30


Tydens 'n sitting van die Nasionale Vergadering het die AR-leier, Job Amupanda, die gebrek aan 'n duidelike raamwerk binne Namibië se nasionale sekuriteitstelsel uitgelig. Daar is ook 'n behoefte aan 'n kode om die gedrag en bestuur van personeel in uniform te lei.

Nuus
Gebruik busse, dis goedkoop en veilig

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 10, 2025 0:40


Tydens die Stedelike Mobiliteitskonferensie in Windhoek het die Stad se uitvoerende hoof, Moses Matyayi, inwoners aangespoor om hul sienings oor openbare vervoer te verander. Hy sê dat munisipale busse nie net vir die minderbevoorregtes is nie, maar alle inwoners moet dien. Hy het hul veiligheid en bekostigbaarheid beklemtoon. Die konferensie bring vervoerbelanghebbendes bymekaar om volhoubare oplossings te ondersoek vir die transformasie van Namibië se openbare vervoerstelsel.

Nuus
Namibië se kragbeperkings moet aangespreek word

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 9, 2025 0:38


Tydens 'n gesamentlike konsultasievergadering tussen drie staande komitees is dringende kommer uitgespreek oor Namibië se energietoekoms. Swapo-LP, dr. Tobie Aupindi, het die behoefte aan vinnige en beslissende optrede oor die land se energie-uitdagings beklemtoon. Hy het 'n beroep gedoen op doelgerigte en gekoördineerde oplossings vir die voortdurende kragbeperkings en hoë invoere.

Nuus
NNN sien groot geleenthede in Indië-samewerking

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 9, 2025 0:36


Tydens besprekings oor die verhouding tussen Namibië en Indië het president Netumbo Nandi-Ndaitwah verklaar dat beide lande die kapasiteit het om handel en belegging uit te brei. Sy het die enorme potensiaal vir die verdieping van samewerking in sleutelsektore soos groen waterstof, mynbou en waardetoevoeging, olie en gas, landbou- en voedselontwikkeling beklemtoon.

Nuus
Venaani soek duidelikheid oor droogtehulp

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 26, 2025 0:36


Tydens 'n sitting van die Nasionale Vergadering het PDM-president McHenry Venaani die landbouministerie uitgevra oor beloofde droogtehulp-ondersteuning aan boere. Die ministerie het maande gelede planne aangekondig om boere te subsidieer wat hul beeste tydens die droogte verkoop het, maar geen duidelike verbintenis is gemaak nie. Venaani is aan die woord.

Nuus
Unam-studente elders gehuisves tydens eksamen oor Streke 5 Spele

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 26, 2025 0:39


Unam-studente wat steeds besig is met eksamens, word stelsematig verskuif omdat hulle die kampuskoshuise moet ontruim om plek te maak vir atlete wat vir die Streek 5 Jeugspele, wat op 3 Julie begin, opdaag. Kosmos 94.1 Nuus het met Simon Namesho gepraat die woordvoerder van Unam, wat sê die studenteverskuiwing vorder glad.

Nuus
Uitvoerbaarheidstudies vir groenwaterstof vorder goed

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 25, 2025 0:38


Die beplanning vir die Globale Afrika-waterstofberaad wat in September gaan plaasvind, is goed aan die gang. Tydens 'n mediakonferensie oor die beraad het James Mnuype, die hoof van die Groenwaterstofprogram, 'n opdatering gegee oor hul uitvoerbaarheidstudies van 2,5 miljoen Namibiese dollar. Een van die studies kyk na 'n ammoniak kunsmisproduksieaanleg by die Neckartaldam. Jona Musheko, die program se segsman, het meer.

Nuus
Andrada se Uis-mynbedrywighede wil dorp tot gloriedae herstel

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 23, 2025 0:40


Volgens die Kamer van Mynwese gaan produksie by die Uis Andrada-myne suksesvol voort. Tans produseer die Uis-myn jaarliks ongeveer 1 000 ton tinkonsentraat. Die maatskappy berei voor om dit tot 1 600 ton per jaar te verhoog. Tydens die regering se inligtingsessie het dr. Mupenzeni Ntelamo, die hoofstreeksbeampte van die Erongo-streek, gepraat oor hoe hulle Uis na sy vorige gloriedae wil transformeer.

Nuus
NamPol vra vir toesig vir kinders tydens skoolvakansie

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 12, 2025 0:38


Die skole sluit môre vir die wintervakansie en die Namibiese polisie vra dat veiligheid prioriteit geniet te midde van landwye reise. NamPol het pad- en kinderveiligheidsriglyne uitgereik om 'n veilige en genotvolle vakansie vir almal te verseker. Motoriste word aangeraai om verantwoordelik te bestuur, by die spoedgrens te hou, nie onder die invloed te bestuur nie en te verseker dat hul voertuie padwaardig is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met NamPol-woordvoerder adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, wat vra dat daar toesig oor kinders moet wees.

Nuus
Politieke verskuiwings raak beleggings, ook plaaslik

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 12, 2025 0:39


Tydens 'n strategiese beleggingsontbyt aangebied deur Old Mutual is gesprek gevoer oor hoe die globale politieke verskuiwings markte raak en dus ook plaaslike beleggings beïnvloed. Wikus Fourie, die hoof van Old Mutual Welvaart het meer oor wat onder die loep gekom het.