POPULARITY
Die uiters lae stempersentasie in verlede week se streeksraad- en plaaslike owerheidsverkiesings het dalk ‘n rol gespeel het in Swapo se goeie vertoning by die stembus. Die stempersentasie in die streeksraadverkiesing was 40,6 persent en 36,3 persent in die plaaslike owerheidsverkiesing. Swapo het 63,35 persent van die stemme in die streeksraadverkiesing gewen, en 52,4 in die plaaslike owerheidsverkiesing. Kosmos 94.1 Nuus het politieke ontleder Ndumba Kamwanyah om kommentaar genader:
Aan die einde van 2024 was die wêreld nader as ooit om Vigs as 'n openbare gesondheidsbedreiging teen 2030 te beëindig. Op daardie stadium was 31,6 miljoen van die 40,8 miljoen mense wat met MIV leef, op lewensreddende behandeling. MIV-voorkomings- en behandelingsdienste, en die fokus op die maatskaplike hindernisse wat mense 'n verhoogde risiko vir MIV plaas, het gelei tot 'n afname van 40 persent in die aantal nuwe infeksies en 'n afname van 54 persent in die aantal Vigs-verwante sterftes tussen 2010 en 2024. Na die afkondiging deur president Donald Trump dat USAid befondsing gestop sal word het verskeie programme gely daaronder. Dr. Jacques Kamangu van die gesondheidministerie sê die vasteland moet minder staatmaak op buitelandse hulp.
Reaksie word ontvang op Selcom Namibia wat sê dat hy goedkeuring gekry het van PayPal en Mastercard om digitale betalings in Namibië moontlik te maak, ‘n reuse hupstoot vir aanlynsake en die kreatiewe bedryf. Die Bank van Namibië moet egter nog bepaal hoe die diens geïmplementeer kan word onder bestaande regulasies en lisensiëringsvoorwaardes. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by die tegnologiekenner Nrupesh Soni gekry.
Reaksie word ontvang op die swak werk van die nuwe parlement, wat in agt maande net die begroting deurgevoer het, en niks anders nie. Dit was swakste vertoning sedert onafhanklikheid, van waar prestasie aanhoudend gedaal het. Die president het in Maart 11 wetsontwerpe belowe en blameer die opposisie vir vertragings. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry by die politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah.
Reaksie kom in oor die Namibiese Groenwaterstofprogram wat op wankelrige voet is weens finansieringstekorte en geen bevestigde regeringsbevondsing nie. Dr. Chris Brown, die uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van die Omgewing, wat voorheen kritiek op die groenwaterstofbedryf uitgespreek het, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. Hy sê ‘groen' projekte en bedrywe moenie biodiversiteit benadeel nie.
Reaksie word van die publiek ontvang oor Bipa wat aan 'n Korporatiewe Wetsontwerp werk om 'n meer bemagtigende sake-omgewing te skep. Dit sal twee belangrike sakewette, die Maatskappyewet en die Wet op Beslote Korporasies, hersien en vervang. Lede van die publiek sê dit sal meeste van die bevoegdheid in Bipa setel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Romancia Shoongo, Bipa se ontwikkelingsbestuurder.
Reaksie word ontvang op die opsporing van meer as 559 000 kuberkwesbaarhede tussen Julie en September, 'n toename van die vorige kwartaal, terwyl aangemelde kubergebeure skerp met 52 persent gedaal het. Tegnologiekenner Nrupesh Soni waarsku dat die laer voorvalsyfers moontlik onderrapportering weerspieël, nie veiliger stelsels nie. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die kwesbaarhede wat verband hou met verouderde en verkeerd gekonfigureerde dienste bly wydverspreid.
Reaksie word ontvang op die aankondiging deur die minister van stedelike ontwikkeling wat sê dat hy beplan om ten minste 10 000 erwe te diens en 10 000 bekostigbare behuisingseenhede elke jaar te bou onder NDP6 tot 2030. Die lynminister James Sankwasa sê die teiken is 50 000 huise teen 2030. Kosmos 94.1 Nuus het met RDP leier en voormalige Nasionale Behuisingsonderneming se uitvoerende hoof, Mike Kavekotora gepraat wat sê die minister moet weer probeer.
Reaksie word ontvang op die planne van die Nigeriese miljardêr Aliko Dangote wat 'n 2 000-kilometer-lange brandstofpyplyn van Walvisbaai deur Botswana, na Bulawayo in Zimbabwe wil bou. Dit kom na ‘n aankondiging dat hy ‘n brandstofbergingsfasiliteit van 2,4 miljard Namibiese dollar by Walvisbaai wil oprig. Kosmos 94.1 Nuus het met Knowledge Iipinge gepraat, die stigter van die Namibiese Vereniging vir Buitelandse Olie- en Gasdiensverskaffers, wat sê Dangote het uitbuitende neigings.
Reaksie kom in oor die myneministerie wat berigte dat die kabinet die verkryging van ‘n belang in De Beers wat 14,5 miljard Namibiese dollar sal kos, as onakkuraat afgemaak het. Dit is terwyl Angola en Botswana beding vir Anglo American se 85 persent aandele, wat hy wil verkoop. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die regeringskenner Pius Dunaiski, wat sê Namibië moet so ver as moontlik van De Beers-aandele wegbly.
Reaksie word ontvang op die bekendstelling van ‘n Robbe-subsektor Tegniese Komitee. Dit het ten doel om 'n winsgewende, etiese en volhoubare robwaardeketting te bevorder. Hierdie inisiatief is ontwerp om werksgeleenthede te skep, innovasie aan te moedig en die bestuur van die land se mariene hulpbronne te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia, wat sê geen konsultasies is met belanghebbendes gehou nie.
Die Namibiese afvaardiging by COP30 spreek tans uitdagings rakende klimaatsverandering in die land aan. Gesprekke is gevoer met die uitvoerende direkteur van die Fonds vir die Reaksie op Verlies en Skade Ibrahim Cheikh Diong, op die kantlyn van die beraad. Die woordvoerder van die Omgewingsbeleggingsfonds, Romeo Muyunda sê indringerbos en veldbrande het onder die loep gekom.
Reaksie word ontvang op die nuus dat Namibië byna twee derdes van sy werkgewers in vyf jaar verloor het. Dit is volgens Robert McGregor, hoof van navorsing by Cirrus. Hy sê die aantal individue wat hulle as werkgewers identifiseer, het van ongeveer 45 000 in 2018 tot slegs 15 000 in 2023 gedaal, wat die verlies van ongeveer 30 000 besighede verteenwoordig. Die krimpende werkgewersbasis vorm die kern van Namibië se groeiende werkloosheidskrisis. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar by die sekretaris-generaal van die Nasionale Unie van Namibiese Werkers, Job Muniaro gekry.
Reaksie word ontvang op vervoerminister Veikko Nekundi se aankondiging dat die kabinet die naam vir die land se nuwe nasionale lugredery goedgekeur het. Dit sal as Namibia Air funksioneer en sal na verwagting in die volgende boekjaar vorm aanneem. Kosmos 94.1 Nuus het met 'n voormalige Air Namibia-vlieënier Vijay Jha gepraat, wat sy mening oor die verwikkelinge gee.
Reaksie word ontvang op die voorgestelde wysiging van die Petroleumwet wat beheer oor Namibië se olie- en gassektor te sentraliseer onder die president. Die stap is daarop gemik om besluite te versnel en 'n toegewyde regulatoriese eenheid vir die stroomop-bedryf in die Presidensie te vestig. Die eenheid sal ‘n direkteur-generaal hê en alle besluite sal berus by hom of haar. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing gepraat, Graham Hopwood wat sê die tekens was daar dat sy dit sou doen. Hy sê verder hy glo president Netumbo Nandi-Ndaitwah se bedoeling is goed maar kan wel in die toekoms deur toekomstige presidente misbruik word.
Reaksie word ontvang van die regering se skuld wat in Oktober 143,7 miljard Namibiese dollar bereik het, 'n jaarlikse toename van 15,4 persent, met die totaal op 51,5 persent van BBP. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu gepraat, wat kommentaar lewer.
Reaksie kom steeds in oor die regering se besluit om die vereistes vir aansoeke van die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds te verslap. Arbeidsdeskundige Herbert Jauch sê die veranderinge toon 'n poging om sakebefondsing meer inklusief te maak. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die skrapping van die Bipa-registrasievereiste in die aansoekstadium kleiner, ongeregistreerde entrepreneurs sal help om deel te neem.
Die Britse publiek is boos oor die nuus dat die seksoortreder, migrant Hadush Kebatu, 500 pond gegee is voor hy gedeporteer is. Kebatu is in die nuus in Brittanje omdat hy verkeerdelik vrygelaat is uit die gevangenis. Hy het tronkstraf uitgedien na hy ‘n 14-jarige dogtertjie in ‘n asielhotel aangerand het. Migrasieminister Mike Tapp sê dit was nodig.
Reaksie word steeds ontvang op China se groeiende aptyt vir Namibiese beesvleis wat vraag tot 20 000 ton per maand kan laat styg, maar kenners waarsku dat produksie nie tred sal kan hou nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Ian Collard gepraat die uitvoerende hoof van Savanna Beef wat die nommers in perspektief sit.
Reaksie is ontvang op die nuus dat 40 persent van die land se huishoudings, meer as 756 000, geen toilette het nie en steeds in die veld ontlas. Die situasie is die ergste in landelike gebiede en informele nedersettings. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa, wat sê die regering doen min aan basiese menseregte en daar's nie koördinasie tussen ministeries en plaaslike owerhede nie.
Reaksie word ontvang op die nuus dat die vervoerministerie het die aankoop van 20 Toyota Land Cruiser Prado-voertuie ter waarde van meer as 24 miljoen Namibiese dollar vir openbare amptenare bevestig, maar nie almal is beïndruk nie. Die Republikeinse Party van Namibië het die skuif as verkwistende uitgawes bestempel. Partyleier Henk Mudge het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy hoop president Netumbo Nandi-Ndaitwah sal ferm stappe doen om korrupsie te bekamp en sulke bestedingspraktyke uit te skakel.
Reaksie is ontvang oor president Netumbo Nandi-Ndaitwah se besluit om minister Natangwe Ithete af te dank. Die stap het grondwetlike debat ontketen. Bestuurskenner Pius Dunaiski het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hoewel Namibië se hibriede stelsel die president onder sekere omstandighede mag toelaat om 'n ministeriële rol te vervul, die stap ernstige kommer wek oor aanspreeklikheid en parlementêre toesig. Hy het gesê sulke besluite moet tydelik en in lyn wees met die gees van grondwetlike wigte en teenwigte.
Reaksie kom steeds in oor die vul van die meeste staatsdiensposte wat bevries is weens begrotingsbeperkings. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jessy Abraham van die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, wat sê hulle is diep bekommerd oor waar graduandi nou werk gaan kry.
Reaksie op die Geïntegreerde Hulpbronplan. Kommer oor minder geld en personeel vir Gautengse skole in 2026. Akademiese aktiwiteite hervat vandag by die Universiteit van die Vrystaat.
Reaksie op die ANC-president se ekonomiese regrukplan. Dis vandag presies twee jaar sedert Hamas Israel binnegeval het. Die Parlement se ad hoc-komitee wat bewerings van korrupsie en politieke inmenging in die strafregstelsel ondersoek, begin vandag.
Kry die nuus soos dit breek.
Dit is vandag presies ‘n week sedert ‘n brand in die suidwestelike deel van die Etosha Nasionale Park uitgebreek en 81 000 hektaar binne 24 uur verwoes het. Dit het sedertdien oral in die Etosha versprei en bykans ‘n miljoen hektaar, meer as ‘n derde van die park, het reeds afgebrand. Die omgewingsministerie het aanvanklik net parkbeamptes en ‘n weermaglede gebruik om die brand in bedwang te probeer bring. Eers teen Vrydag kon boere en ander vrywilligers toegang verkry om te gaan help. Sean Naude van Namibia Marshall Rangers sê die trae reaksie van die regering is betreurenswaardig:
Israel is uiters onbeïndruk met Brittanje wat sy erkenning van ‘n Palestynse staat aangekondig het. Die land se voormalige adjunkminister van buitelandse sake, Danny Ayalon, sê Brittanje het geen reg om enigiets vir Israel voor te skryf nie.
Reaksie stroom in na Israel se lugaanval op senior Hamas-amptenare in Doha, die hoofstad van Katar. Daar is beskuldigings van die oortreding van Internasionale Reg, met verskeie bondgenote van Israel wat hul teen die aanval uitgespreek het. Hamas het ses sterftes bevestig, onder wie 'n seun van een van sy leiers, maar die leierskap het oorleef. Een van die slagoffers was 'n korporaal van Katar. Sky se korrespondent in die Midde Ooste, Adam Parsons, gee 'n opsomming uit Israel.
Reaksie kom steeds in op minister van stedelike nedersetting, James Sankwasa, se opdrag dat plaaslike owerhede nie kontrakte met RedForce Debt Management moet hernu of nuwes aangaan nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Walvisbaai se burgemeester Trevino Forbes gepraat, wat sê dis nie 'n slegte idee nie, maar daar is vereistes.
Reaksie word ontvang op die verskerping van maatreëls om byvangste te beperk en oortreders te straf. Die kabinet het goedkeuring gegee dat die lynministerie uitvoerbare maatreëls instel om byvangsvlakke te verminder en mariene hulpbronne te beskerm. Dit sluit in 'n 2 persent byvangsdrempel wat deur die maatskappy behou mag word, verhoogde fooie en meer. Kosmos 94.1 Nuus het met Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia gesels, wat die aankondiging verwelkom.
Reaksie stroom in na die Israeliese premier Benjamin Netanyahu gesê het Israel is van plan om volle militêre beheer oor die hele Gaza te neem. Dr. Natalie Roberts van Doctors without Borders UK het aan Britse media gesê dit sal die dood van baie mense beteken.
Reaksie word ontvang op Namibiese A2-lamskarkaspryse wat goed presteer teenoor dié van Uruguay, Suid-Afrika en Australië. Namibiese A2-pryse het sover vanjaar gemiddeld 91 dollar 90 sent per kilogram gehaal, 'n groei van 22,79 persent teenoor verlede jaar se pryse. Kosmos 94.1 Nuus het met Ohlthaver en List se uitvoerende hoof, Sven Thieme gepraat.
Reaksie word ontvang op die regering se plan om 51 persent plaaslike besit in nuwe mynbedrywighede. Daar is vrae oor hoe dit sal werk – is dit gratis, die regering of privaat beleggers en indien dan, wie omdat miljoene benodig word. Nietemin die regering werk nog aan die beleid en intussen sê Unam-ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu as dit vir De Beers kan werk, hoekom nie?
Oliepryse het effe gedaal na Opul se produksieverhoging van 547 000 vat daagliks in September maar bly rondom 68 Amerikaanse dollar ‘n vat. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper gepraat. Hy sê die sterker Suid-Afrikaanse rand en die vraag en aanbod situasie dryf op die oomblik die kommoditeit aan.
Reaksie word ontvang op die opdrag deur die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, dat alle plaaslike owerhede opdrag gegee het om nie kontrakte met RedForce Debt Management te hernu of toe te teken nie, met verwysing na probleme wat veroorsaak word deur die maatskappy se aggressiewe skuldinvorderingstaktieke. RedForce word gekoppel aan meer as 1,9 miljard Namibiese dollar in munisipale skuld. Kosmos 94.1 Nuus het met Okahandja maatskaplike aktivis Sydney Gariseb, wat talle optogte teen RedForce gehou het, gepraat.
Elevate Uranium sal sy ‘U-pgrade'-loodsaanleg in Namibië in November 2025 van stapel stuur om sy uraanveredelingsproses op 60 ton plaaslike erts te toets. Die aanleg, wat nou in finale toetsing in Australië is, is daarop gemik om produksiekoste te verlaag en toekomstige kommersiële uitrol te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het met Suid-Afrikaanse energiekenner Chris Yelland gepraat.
Reaksie word ontvang op Stad Windhoek wat oproepe vir die onvoorwaardelike kansellasie van skuld wat deur pensioenarisse verskuldig is, verwerp het. Die stad waarsku dat so 'n stap die munisipaliteit se finansiële gesondheid en sy vermoë om noodsaaklike dienste te lewer, sal ondermyn. Dit volg op 'n formele petisie wat deur die Khomas Belastingbetalers- en Inwonersvereniging ingedien is, wat kommer oor verskeie aspekte van stedelike bestuur geopper het. In sy reaksie het die munisipaliteit opgemerk dat baie pensioenarisse terugval in agterstallige skuld, selfs nadat hulle geteikende verligting ontvang het. Dit is onvolhoubaar. Gariseb wat deel is van die vereniging het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Reaksie word ontvang op ‘n opiniestuk deur Helge Denker wat sê dat om die drywers van wildmisdaad te verstaan, is noodsaaklik vir blywende oplossings, verby patrollies, boetes en gevangenisstraf. 'n Holistiese, oplossingsgerigte benadering kan Namibië se menslike en ekonomiese koste verlaag terwyl dit landelike gemeenskappe beter in die wildekonomie insluit. Wydverspreide ongelykheid duur voort, en terwyl private grondeienaars voordeel trek uit wild deur toerisme en jag, het gemeenskaplike grondbewoners beperkte voordele, meestal van bewaringsgebiede wat werk en gemeenskapsprojekte bied. Teenstrydighede in wette duur voort, byvoorbeeld, die verkoop van ietermgô's is onwettig, maar elektriese heinings wat hulle doodmaak, is nie. Reaksie is ontvang van dr. Peter Cunningham, 'n Namibiese ekoloog...
Reaksie word ontvang op toenemende voëlgriepgevalle wat onlangs in die buurland, met die jongste voorval in die Wes-Kaap, sowel as Botswana, bevestig is. Dit is belangrik vir gemeenskappe en owerhede om waaksaam te wees vir tekens van infeksie in beide pluimvee en wilde voëls. Vroeë opsporing en voorkomende maatreëls is van kardinale belang. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukundige Wallie Roux gepraat.
Reaksie word ontvang op kommer oor werksverliese met die nuwe minimumloon. Namibië se minimumloon het op 1 Januarie vanjaar gestyg en sal in 2027 vir ‘n derde opeenvolgende jaar styg, ‘n toename van 80 persent. 'n Algemeen gebruikte koëffisiënt dui daarop dat vir elke persent ekonomiese groei, indiensneming met slegs die helfte, 0,5 persent styg. Met Namibië se 2025-groei wat op 3.8 persent geprojekteer word, mag werkskepping slegs 1.9 persent bereik. Sulke vinnige verhogings veroorsaak normaalweg werksverliese. Kosmos 94.1 Nuus het met arbeidskenner, Herbert Jauch gepraat.
Reaksie word ontvang op die nuus dat verskeie ontwikkelinge in die speenkalfmark daartoe kan lei dat boere binnekort moet betaal om speenkalwers te bekom. Volgens Agra se Paul Klein dryf verhoogde slagkapasiteit in Namibië, verwagte hoër slagpryse en Botswana se onttrekking uit die mark dié tendens. Suid-Afrika produseer nie genoeg speenkalwers nie, en Namibië kan die tekort aanvul. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner Dr. Kobus Laubscher gepraat.
Nog reaksie word ontvang op die Suid-Afrikaanse Reserwebank wat die terugkoopkoers met 25 basispunte tot 7 persent verlaag het. Dit sal na verwagting finansiële druk verlig en ekonomiese aktiwiteit regoor die streek sal stimuleer. Kosmos 94.1 Nuus het met Almandro Jansen, 'n ekonoom van Simonis Storm gepraat.
Reaksie word ontvang op die verwydering van subsidies op die brandstofprys in Angola. Dit het na geweld in die buurland gelei na die prys op 1 Julie met meer as 30 persent gestyg het en 22 mense is dood. Maar die prys, 7 Namibiese dollar 72 sent per liter is steeds uiters laag en sal geen impak op die smokkel van ngungula, veral in die Noorde, hê nie. Jafet Nakanue, ‘n vulstasie-eienaar in die Noorde het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Reaksie word ontvang op die uitvoerende hoof van TotalEnergies, Patrick Pouyanne, wat sê dat "kwessies" met die regering uitgestryk moet word voordat hy met die Venus-olieprojek begin. Pouyanne sê die maatskappy en die regering moet belyn om geskille te vermy. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Graham Hopwood, die direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing.
Reaksie word ontvang op die nuus dat herhaalde arrestasies in renosterverwante misdade soms meer as 50 persent van die totale arrestasies uitmaak met sommige verdagtes wat tot agt keer oor die afgelope tien jaar in hegtenis geneem is. Rickus Spangenberg van K9 Anti-Poaching and Security, sê tot handel nie gewettig word nie, sal die tipe misdaad aanhou.
Reaksie word steeds ontvang op die regering se planne in die sesde Nasionale Ontwikkelingsplan, NDP6. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het klem gelê op die belangrikheid van industrialisasie om die ekonomie 'n hupstoot te gee. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Leake Hangala, die voormalige hoof van NamPower, wat baie positief oor die plan is.
Reaksie word ontvang op die regering wat as deel van NDP6 950 informele ondernemings teen 2030 wil formaliseer. Die inisiatief is veral op die klein-en mediumsake-sektor gemik om veerkragtige ekonomiese groei te bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het met Danny Meyer van SMEs Compete gepraat, wat positief hieroor is, mits sekere aspekte aandag geniet.
Reaksie word ontvang op die nuus dat regter Moses Chinhengo uit die Fishrot-korrupsieverhoor onttrek het, met verwysing na persoonlike redes. Dit volg op maande van mislukte onttrekkingspogings van die beskuldigdes. Adjunkhoofregter Petrus Damaseb het bevestig dat waarnemende regter Marileze du Plessis vanaf 1 Augustus 2025 sal oorneem. Kosmos 94.1 Nuus het met regsgeleerde dr. John Nakuta gepraat.
Reaksie word ontvang op die nuus dat die kommunikasie owerheid, Cran, sy pogings versterk om veilige e-afvalverwydering in Namibië te bevorder. Die owerheid sê hy werk saam met die omgewingsministerie en Stad Windhoek in die verband. Kosmos 94.1 Nuus het met Anita Witt van die Recycle Namibia Forum gesels.