Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.
In Taaldinge word taalnavrae hanteer. Daar word gepraat oor onder meer opkeil, asem, adem en van 'n berg 'n molshoop maak.
Ina Strydom praat met die samestellers van eksamenhulpboeke vir Afrikaans Huistaal, Isabella Venish en Martli Jordaan. Die boeke is beskikbaar vir Grade 10, 11 en 12.
Taalnavrae kom aan die beurt en daar word gepraat oor onder meer kalant en vabond, landdros, magistraat, bekaf en apostelperde.
Is daar vloekwoorde wat meer aanvaarbaar as ander is? Hoekom en wanneer vloek mense, en watter soort woorde gebruik hulle? Prof. Gerhard van Huyssteen vertel vir Ina Strydom meer van sy vloekprojek.
Ons praat oor die lidwoorde de, der en des en oor eenvoudige Afrikaans in die wetenskap.
Prof. Jac Conradie, emeritus-professor verbonde aan die Universiteit van Johannesburg, praat met Ina Strydom oor taalverskynsels in die poësie van NP van Wyk Louw.
Wat is die verskil tussen draghoender en dragonder? Waar kom die woord, ekskuus, vandaan? Wat beteken harlaboerla?
Wat is gewone taal, en hoekom is dit belangrik? Prof. Eleanor Cornelius van die Universiteit van Johannesburg verduidelik die konsep, en vertel vir Ina Strydom wie almal by gewone taal kan baat vind.
Die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans is 'n geletterdheidstrust wat 'n verskil in die Wes-Kaapse gemeenskappe wil maak deur Afrikaans. Magdaleen Krüger gesels die SBA se uitvoerende hoof, dr. Niel le Roux, en met die voorsitter van die direksie, Sandra Prinsloo, oor die relevansie van 'n slegs Afrikaans-uitgangspunt en of die stigting al in 'n meertalige rigting beweeg het.
Waar kry 'n mens antwoorde oor korrekte spelling of die regte betekenis van 'n woord of gepaste taalgebruik? Prof. Wannie Carstens praat met Ina Strydom oor die soorte bronne waar 'n mens die inligting kan kry.
Dr. Willem Botha en dr. Frikkie Lombard van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is “Die Ware Jakob”. Hulle veruidelik die gebruik van drakonies, gade, lepel in die dak steek en Sela.
Ina Strydom praat met Jana Luther oor Afrikaans as visserstaal. Kom vind uit wat is, onder meer, 'n laatjie, angels en 'n joppelwind.
In taalnavrae word gepraat oor die Afrikaans vir Mall, oor letters wat dieselfde klink, maar woorde wat met die letters begin, word verskillend gespel, en sê 'n mens 18-uur of 18-honderd uur.
Ina Strydom praat met prof. Wannie Carstens oor taalnorme, wat dit is en waarom norme ook in taal nodig is.
In Taalnavrae word gevra of 'n mens sterf aan 'n siekte of weens 'n siekte, en 'n goeie Afrikaanse woord vir cabin fever.
Ina Strydom praat met emeritusprofessor verbonde aan die Departement Afrikaans en Nederlands aan UWK, prof. Frank Hendricks, oor Kaaps se oorsprong, status en toekoms.
Taaldinge wyk af van die gewone formaat. Rika Sennet doen 'n uittreksel-voorlesing uit Elsa Joubert se boek Spertyd. Joubert is die afgelope week oorlede.
Die hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, dr. Willem Botha, vertel vir Ina Strydom van die WAT se Tienjaarplan: die doelwitte, die vordering en die uitdagings.
In Taalnavrae word gepraat oor portret, masker, wat is kreosoot, en oor die môrestond wat goud in die mond het.
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans, VivA, het onlangs sy Taalportaal en Taalonderrigportaal bekend gestel. Die projekleier, prof. Gerhard van Huyssteen, vertel vir Ina Strydom wat die portale behels en hoe dit gebruik kan word.
Die afgelope week is verskeie ATKV Veertjie-toekennings gemaak. Een daarvan gaan aan Frieda van den Heever en haar program, Voetsoldaat van die Vers, wat oor die digter Clinton V. du Plessis gaan. DIt is verlede jaar as deel van RSG Skatkis uitgesaai. Luister weer na hierdie bekroonde hoorbeeld.
Die projekbestuurder van Afrikaans.com, Milanie Vosloo, vertel vir Ina Strydom van die projekte waarmee hulle tans besig is. Dit sluit onder meer 'n leerhulp-afdeling, 'n Covid-woordeboek en 'n muurprojek in.
In Taalnavrae word gepraat oor daaglikse brood, Engelse sout, verewekansig en oor hoe COVID-19 uitgespreek moet word.
Die pes of 'n virus as tema, kom al vir eeue in geskrifte voor. Ina Strydom praat met dr. Neil van Heerden van Unisa oor die skrywer as profeet, en die mensdom se fasinasie met die pes.
Magdaleen Krüger kyk na woordwisseling en wisselvorme soos reën en reent, en oor prestasie in die skryf van regswetenskapsartikels in Afrikaans.
In die gees van die Pase praat Jana Luther met Ina Strydom oor Paasfees, die Pasga, paashase en paaseiers.
In Taalnavrae word gepraat oor galletjie, vloerbrood, hoe oud is oeroud en wat is die Afrikaans vir spinning, daardie samekoms van karre wat in die rondte tol.
Die voorsitter van die Taalkommissie, prof. Gerhard van Huyssteen, vertel waarmee die kommissielede hulle besig hou tydens die sitting, onder meer besprekings oor aanpassings en wysigings wat gemaak moet word en die proses om nuwe woorde by die Woordelys te voeg.
Watter taalmaatstaf word gebruik in die besluit watter boeke op RSG voorgelees word en watter dramatekste aanvaarbaar is ten opsigte van taalgebruik?
Vroeë taalontwikkeling by kinders speel 'n groot rol in hulle latere prestasies, maar hoe word die ontwikkeling gemeet? Prof. Frenette Southwood, voorsitter van die departement Algemene Taalwetenskap by die US, vertel van 'n projek om die ontwikkeling te meet. Agt van die land se amptelike tale neem aan die projek deel.
Wat is 'n huilebalk? Wat is die verskil tussen arbitrêr, ewekansig en lukraak? Wat is veskil tussen 'n briesie, 'n luggie en 'n wind? Wat is die herkoms van die woorde swetterjoel en skrikkeljaar? In watter konteks kan die woord 'vrek' gebruik word? Waar kom die naam Antjie Somers vandaan? Wat is die herkoms van volstruis en ostrich? Word waffers net as 'n negatiewe woord gebruik? Waar kom die woord 'vroedvrou' vandaan? Wat is die Afrikaans vir brunch?
Die bestuurshoof van die Afrikaanse Taalraad, dr. Conrad Steenkamp, vertel meer oor die ooreenkoms wat met die Taalunie in Nederland gesluit is.
Wat is die betekenis van die uitdrukking, die bordjies verhang? Wat is xeno en morsekode?
Die skryfwyse van woorde, of dit los of vas geskryf word, is een van die kwessies waaroor taalgebruikers dikwels kopkrap. Die taaladviseur van Viva, Sophia Kapp, verduidelik 'n paar gevalle.
In Taalnavrae word gepraat oor 'aan die brand slaan' teenoor 'aan die brand steek', treintrokke en treinwaens, en oor die betekenis van pypkan.
Afrikaans het 'n redelike agterstand teenoor vergelykbare tale wat betref inhoud en teenwoordigheid op Wikipedia. Prof. Laurette Pretorius, buitengewone professor in Rekenaarwetenskap aan Unisa, vertel wat Afrikaans se posisie is, waarom dit belangrik is, en wat gedoen word om Afrikaans te voetspoor te vergroot.
In Taalnavrae met Magdaleen Kruger word gepraat oor van dit en hiervan, en ook oor weerwaak en weerwaarskuwing.
Jana Luther praat oor die stand van verklarende woordeboeke, en vertel onder meer van die uitdagings waarmee woordeboekmakers te kampe het. Dit sluit in die arbeidsintensiewe werk wat betrokke is, asook die koste daaraan verbonde.
Hoekom word reën en seën met deeltekens geskryf, en been en steen nie? Wat is 'n noorkapperwalvis? Is dit korrek om te praat van die afvoer van mense?
Spesiaal vir die vakansietyd: Afrikaans se mooiste woorde - 'n paar mense vertel of lees voor wat in die stadium vir hulle besonderse, of mooi, of betekenisvolle woorde in Afrikaans is.
Inligting word gegee oor 'n drietalige landbou-woordeboek in Afrikaans, Engels en Xhosa, en daar word gesels oor terminologie en terminografie.