Daar word eerlik en reguit oor geloof gesels, en nie geskroom om minder bekende en selfs uitdagende denkrigtings oor geloof en spiritualiteit te ondersoek nie.
Hoe belangrik is ʼn oop gesprek oor geloof, en wat is die voorwaardes vir ʼn sinvolle openbare gesprek oor religie? Jean Oosthuizen gesels hieroor met die filosoof prof. Louise du Toit van die Universiteit Stellenbosch en ʼn voormalige NG predikant dr. Ben du Toit.
Jean Oosthuizen wil by sy gaste weet hoe die toekoms van geloof of spiritualiteit lyk ná Covid-19, en hoe die pandemie mense se spiritualiteit beïnvloed? Sy gaste is die toekomskundige, dr. Piet Muller, en die geestelike leier, dr. Abel Pienaar.
Is elke woord in die Bybel letterlik waar, en hoe moet mens die Bybel in die regte konteks lees? Jean Oosthuizen praat met die Ou-Testamentici, prof. Louis Jonker en dr. Gerda de Villiers, oor die teenstrydighede in die Bybel.
As godsdiens veronderstel is om na vrede te streef, waarom is daar dan so baie godsdiensgeweld in die wêreld? Jean Oosthuizen gesels hieroor met die godsdienskenners proff. Farid Esack en Willie Esterhuyse uit ʼn Christelike- en Moslem-perspektief.
Die digters Lina Spies en Daniel Hugo vertel waarom wil hulle nie bekendstaan as Christelike digters nie. Jean Oosthuizen wil by hulle weet wat die verskil is tussen Christelike gedigte en religieuse of geestelike gedigte.
Wat is die nut van gebed in die moderne tyd? Waarvoor bid mens vandag, en is daar iets soos gebedsgenesing? Dit is van die vrae waaroor Jean Oosthuizen met sy gaste, die teoloë prof. Hansie Wolmarans en Terblanche Jordaan gesels.
Dit verg ʼn lang akademiese studie om ʼn predikant te word. Is hulle voorbereid op dit wat in die praktyk op hulle wag wanneer hulle klaar studeer het? Jean Oosthuizen gesels hieroor met die teoloog, prof. Julian Müller, wat as dosent aan die Universiteit van Pretoria baie predikante help oplei het, en Bertus van Niekerk, ʼn voormalige dominee van die Hervormde Kerk wat die kansel vaarwel geroep het.
Rassisme steek oral in die samelewing kop uit. Jean Oosthuizen wil by sy gaste weet hoe staan sake hieroor in die kerk. Sy gaste is Etienne Snyman van die NG Kerk en Hanzline Davids van die Verenigende Gereformeerde Kerk.
Hoe verskil die Jesus waarvan ons in die kerk leer, van Jesus wat 2 000 jaar gelede in Galilea se stofstrate rondgeloop het? Jean Oosthuizen praat met die teoloë, proff. Andries van Aarde en Pieter Craffert oor die historiese Jesus.
Die meeste Christelike kerke bely hulle glo aan een algemene Christelike Kerk. Waarom is daar dan soveel verskillende Christelike denominasies, en hoekom skeur kerke? Jean Oosthuizen praat hieroor met twee NG-predikante, dr. Nadia Marais en ds. Michelle Boonzaaier.
Gelowiges hoor van kleins af dat die mens wik, maar God beskik. Is dit so? Jean Oosthuizen wil by filosoof Anton van Niekerk en teoloog Evard Huisamen weet wat dink hulle van God se voorsienigheid.
Kindermolesteerders en pedofiele is dikwels mense in die samelewing van wie mens dit die minste verwag. Jean Oosthuizen gesels met skrywer Christine Barkhuizen-Le Roux en oud politikus Pierre-Jeanne Gerber, wat as kind gemolesteer is hieroor. Hulle vertel hoekom slagoffers dikwels jare neem voordat hulle daaroor praat, en wat kerke behoort te doen om die slagoffers te help.
Die Covid-19-pandemie maak ons opnuut bewus van ons weerloosheid, en laat mens onwillekeurig nadink oor die dood. Jean Oosthuizen gesels met praktiese teoloog, prof. Cas Weppener, en die Oud-Testamentikus, prof. Sakkie Spangenberg, oor hulle siening van die dood, en die rol wat godsdiens speel in mense se siening van die dood.
RSG — Waarom is so baie mense in die wêreld gelowig ondanks al die moord en doodslag wat in die naam van godsdiens gepleeg is? Is godsdiens ʼn kruk, ʼn kuur, ʼn krankheid of dalk al drie? Jean Oosthuizen praat met prof. Vasti Roodt van die departement Filosofie aan die Universiteit Stellenbosch en dr. Deon Van Zyl, ʼn kliniese sielkundige in Johannesburg en voormalige professor in Sielkunde aan die Universiteit van Pretoria.
RSG — As daar een onderwerp is wat gelowiges oor die eeue fassineer is dit die duiwel of Satan. Sommige beskou die Duiwel as 'n mitiese figuur wat boosheid uitbeeld. Ander glo Satan is 'n werklike persoon wat in die onsigbare geesteryk bestaan. Jean Oosthuizen gesels met die teoloog prof Julian Müller en dr Evard Huisamen van die Coram Deo Gemeente in Kaapstad oor die bestaan van die duiwel en wil by hulle weet waar kom die duiwel vandaan en of hy bestaan.
RSG — Hoe moet ons die heilige boeke soos die Bybel en die Koran vandag lees en is alles wat daarin staan waar en onfeilbaar? Jean Oosthuizen gesels met prof Farid Esack, ʼn professor in godsdiensstudies verbonde aan die Universiteit Johannesburg en doktor Peter Nagel, Senior Lektor: Ou en Nuwe Testament by die Universiteit Stellenbosch, oor Skrifgesag.
RSG — Morele kodes tussen gelowiges en ongelowiges is merkwaardig dieselfde. Jean Oosthuizen wil by die filosoof prof. Anton van Niekerk en die paleontoloog dr. Jurie van den Heever weet waar kom moraliteit vandaan. Moet mens noodwendig gelowig wees, of aan een of ander godsdiens behoort om ʼn morele lewe te leef? Is moraliteit uniek aan die mens, of vind mens ook morele optrede by diere?
RSG — Humanisme lok uiteenlopende reaksies by mense uit. Vir sommige mense is humanisme ʼn skeldwoord. Ander sien dit as ʼn lofwaardige passie vir menswaardigheid en geregtigheid. Jean Oosthuizen gesels met twee teoloë, dr. Ben du Toit en prof. Pieter Craffert, om agter die kap van die byl te probeer kom oor die werklike betekenis van humanisme.
RSG — Die woord spiritualiteit is deesdae 'n gonswoord binne en buite die kerk. Dit word gewoonlik geassosieer met een of ander geloof in ʼn bonatuurlike wese. Jean Oosthuizen wil by dr. Abel Pienaar, direkteur van die Sentrum vir eietydse spiritualiteit, en dr. Flip Schutte, ʼn spiritualiteitsbegeleier by die Renaissance-gemeente in Pretoria, weet wat beteken spiritualiteit, en of mens gelowig moet wees om spiritueel te wees.
RSG — Wat beteken ʼn sekulêre staat, en moet gelowiges bekommerd wees as die land se grondwet die hoogste gesag is, en nie die Bybel, Koran, Tora of enige ander heilige boek nie? Jean Oosthuizen gesels met adv. Leon Wessels, voormalige lid van die Menseregtekommissie, wat gehelp het om die land se grondwet te skryf, en dr. Johan van der Merwe van die NG Moederkerk in Stellenbosch.
RSG — Al hoe minder mense woon Sondae eredienste by, en hoofstroomkerke se lidmaatgetalle daal skerp. Wat is dit wat mense motiveer om steeds kerk toe te gaan, en wat is die dinge wat mense van die kerk wegdryf? Jean Oosthuizen gesels met ds. Michelle Boonzaaier van die NG-gemeente Brackenfell in Kaapstad en Hanzline Davids van die Verenigende Gereformeerde Kerk oor kerkbywoning.
RSG — Kan Moslems en Christene saam bid, en is hulle almal kinders van God? Jean Oosthuizen gesels met prof. Louis Jonker, Oud Testamentikus by die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Teologie, en Sjeg Faadil Latief van die Moslem Juridiese Raad in Kaapstad oor die verhouding tussen Christene en Moslems. Hy wil by hulle weet of Christene en Moslems ook mekaar se broers en susters kan wees.
RSG — Hoe moet Suid-Afrikaners die uitdagings van godsdiens- en kultuurdiversiteit hanteer in ʼn land met soveel uiteenlopende geloofs- en kultuurverskille? Jean Oosthuizen praat met prof. Xolile Simon van die fakulteit teologie aan die Universiteit Stellenbosch, en die onderwyskenner Danie van Wyk, oor die uitdagings van godsdienstige en kulturele diversiteit.
RSG — Wat beteken vergifnis, en kan mens iemand vergewe sonder dat geregtigheid geskied? Jean Oosthuizen gesels met Lukhanyo Calata, wie se pa deur die polisie vermoor is, en Deon Snyman van die Restitution Foundation oor vergifnis en regstellende aksie. Lukhanyo is ook een van die SABC 8 wat afgedank is. Hy was drie jaar oud toe die polisie sy pa, Fort Calata, in 1985 saam met die res van die Cradockvier vermoor het, en skrywer van die boek My Father Died for This.
RSG — Hoe lyk ʼn sterwende kerk? En kan ʼn nuwe reformasie of hervorming ʼn sterwende kerk van uitwissing red? Dit is van die vrae wat Jean Oosthuizen stel aan twee kerkhistorici, prof. Erna Oliver en dr. Willem Oliver van Unisa.
RSG — Wat beteken gesonde selfliefde? 'n Mens kan slegs met gesonde selfliefde na ander uitreik teenoor narsisme of sieklike selfliefde. Jean Oosthuizen gesels hieroor met dr. Kobus Anthonissen en ds. Llweyllyn McMaster, moderator van die Verenigende Gereformeerde Kerk se Kaapse streeksinode.
RSG — Die tien gebooie is deel van ʼn lang lys wette in die Bybel, maar waar kom dit vandaan en wie het dit regtig geskryf? Jean Oosthuizen wil by twee Ou Testament-kenners, proff. Louis Jonker en Sakkie Spangenberg, meer weet oor die relevansie van die Bybelse wette.
RSG — Ahimsa is een van die belangrikste beginsels in die Hindoegeloof en ander Oosterse lewensfilosofieë soos Boeddhisme. Dit is ʼn lewenswyse geskoei op eerbied en geweldloosheid teen alle vorms van lewe. Jean Oosthuizen gesels hieroor met twee Hari Krishna's, dr Irene Brand of Kamala-sita Dasi soos wat sy nou bekend is, en Axl Maas.
RSG — Hoe maak mens vrede met die verlede? Jean Oosthuizen gesels hieroor met dr. Hendrik Verwoerd se kleinseun, Wilhelm Verwoerd, en Charl-Johann Lingenvelder, die man op se lewe die rolprent, Kanarie, gebaseer is.
RSG — Jean Oosthuizen wil by teoloog dr. Nadia Marais en advokaat Jan Heunis weet wat billike diskriminasie is, of geloofsgemeenskappe ook billike diskriminasie mag toepas, en tot water mate mag hulle teen lidmate diskrimineer.
RSG — Is daar iets soos geloofsgenesing, en wat sê die Bybel en die wetenskap daaroor? Jean Oosthuizen gesels met teoloog dr. Ben du Toit en narkotiseur dr. Heinz Mödler hieroor, en wil bu hulle weet of gebed mens gesond kan maak.
RSG — Wat is die rol en plig van joernaliste wanneer hulle oor godsdienssake berig? Jean Oosthuizen wil by die mediakenners proff. Lizette Rabe en George Claassen weet of die media hulle werk behoorlik doen wanneer daar oor geloofsake verslag gedoen word.
RSG — Feitlik alle godsdienste het in 'n patriargale kultuur ontstaan, waar die man die hoof van die huis is, en die vrou se meerdere is. Jean Oosthuizen wil by proff. Julie Claassens en Farid Esack weet waar kom patriargie vandaan, en of God manlik is.
RSG — Gode is so oud soos die mensdom self, maar bestaan hulle regtig? En wat van die bonatuurlike? Jean Oosthuizen gesels hieroor met filosoof Willie Esterhuyse en teoloog Pieter Craffert.
RSG — Elke letter het sy ketter. Maar wat is ʼn ketter? Jean Oosthuizen gesels met Hansie Wolmarans, professor in Griekse en Latynse Studies, en die Nuwe-Testamentikus, prof. Andries van Aarde, oor kettery en dwaalleer.
RSG — Hoe versoen mens die Christelike geloof met Afrika-godsdienste, en is dit versoenbaar? Jean Oosthuizen gesels hieroor met die dekaan van die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Teologie, prof. Reggie Nel, en prof. Xolile Simon wat spesialiseer op die gebied van praktiese teologie en missiologie.
RSG — Paleontoloog dr. Jurie van den Heever en teoloog Pieter Oberholzer verduidelik aan Jean Oosthuizen waarom seksuele oriëntasie nie 'n keuse is nie, en hoe die geloofsgemeenskap dit moet hanteer.
RSG — Hoe belangrik is geslag- en godsdiensdiversiteit in vandag se samelewing, en moet die samelewing openlik daaroor praat? Jean Oosthuizen gesels met dr. Anita Jonker en Earl Basson van Stellenbosch Universiteit oor iets waaroor die samelewing dikwels swyg, naamlik geslagsdiversiteit.
RSG — Jean Oosthuizen gesels vanuit ʼn ander hoek oor sendingwerk. Sy gaste is die Ou Testamentikus, prof. Sakkie Spangenberg, en die teoloog, dr. Willa Boezak. Jean wil by hulle weet of sendingwerk altyd so lofwaardig is soos wat baie mense dink, en wat die invloed daarvan op veral die land se inheemse bevolking was.
RSG — Genadedood of bystanddood wanneer ʼn geneesheer ʼn terminaal siek pasiënt help om sy of haar lewe te beëindig, is ʼn hoogs omstrede onderwerp. Terwyl al hoe meer stemme opgaan om bystanddood in Suid-Afrika te wettig, worstel baie mense met die etiese, morele en godsdienstige implikasies daarvan. Jean Oosthuizen gesels met die filosoof, prof. Anton van Niekerk, en ʼn narkotiseur, dr. Heinz Mödler, uit ʼn ander hoek oor genadedood. Kan dit moreel geregverdig word om iemand onder bepaalde omstandighede te help sterf?
RSG — Jean Oosthuizen gesels met die sanger en kletsrymer, Churchil Naude, en die Kaapse digter, Gaireyah Fredericks, oor die unieke manier waarop hulle hulle spiritualiteit in Kaapse Afrikaans uitleef.
RSG — Jean Oosthuizen gesels met lewensfasiliteerder Klasie Wessels van Streetschool, en joernalis Suzette Kotze-Myburg, oor hulle besoeke aan die Dalai Lama, wat in ballingskap in Indië leef, en die invloed wat hierdie Tibettaanse monnik se spiritualiteit op hulle gehad het.
RSG — Twee gay Christene wat teologie studeer het, vertel aan Jean Oosthuizen hoe hulle seksuele oriëntasie hulle spiritualiteit beïnvloed het. Hulle is Hanzline Davids van die Verenigende Gereformeerde Kerk en nagraadse teologiestudent aan die Universiteit Stellenbosch, en Retha Benade van Inclusive and Affirming Ministries (IAM).
RSG — Is daar iets soos ʼn sekulêre Christen, en hoe verskil dit van ʼn tradisionele Christen? Jean Oosthuizen gesels met prof. Hansie Wolmarans, ʼn teoloog by die Community in Christ Church in Melville in Johannesburg, en ds. Liena Hoffmann, 'n tentmakerleraar by die NG Kerk-Noord gemeente in Stellenbosch, oor sekulêre Christenskap.
RSG — Het die mens ʼn vrye wil het en wat sê die wetenskap daaroor? Die gaste is dr Dawie van den Heever ʼn senior lektor en navorser by die Biomediese Ingenieurswese-navorsingsgroep by die Universiteit van Stellenbosch en Julianne Blignaut ʼn nagraadse student wat spesifiek navorsing doen oor die onderwerp van vrye wil.
RSG — Patriargie is nog springlewendig in die kerk en samelewing, en vroue word dikwels as minderwaardig geag. Hoor wat sê twee feministe, prof. Mary-Anne Plaatjies-van Huffel en prof. Louise du Toit, vanuit ʼn filosofiese en godsdienstige oogpunt hieroor.
RSG — Goedgelowige mense word maklik deur kwaksalwers uitgebuit wat nuttelose en selfs gevaarlike middels ten duurste aan hulle verkoop. Jean Oosthuizen gesels met die wetenskapjoernalis, George Claassen, en die redakteur van camcheck.co.za, dr. Harris Steinmann, oor kwaksalwery en pseudo-wetenskap.
RSG — Hoe belangrik is godsdiensvryheid in ʼn sekulêre staat soos Suid-Afrika, en tot watter mate moet dit beskerm word? Jean Oosthuizen praat hieroor met ʼn kommissaris van die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van Kultuur, Godsdiens en Taalregte, Renier Schoeman, en prof. Farid Esack van die Universiteit van Johannesburg.
RSG — Waar kom boosheid vandaan? Moet ons die duiwel daarvoor blameer? Jean Oosthuizen gesels met teoloog Julian Müller en ʼn voormalige NG-predikant, Deon Kitching, oor die bose en hoe hulle dit vanuit hulle hoek verstaan.
RSG — Een van die gonswoorde in vandag se gejaagde lewe is die Engelse woord, mindfulness, of bewustelikheid in Afrikaans. Jean Oosthuizen gesels met wetenskapjoernalistiekdosent en skrywer Johannes de Villiers, en bedryfsielkundige Johann de Goede om uit te vind wat dit beteken en hoe positiewe denke mens in vandag se gejaagde lewe kan help.
RSG — Jean Oosthuizen gesels met toekomskundige en godsdiensfilosoof dr. Piet Müller en sielkundige berader Truida Heymann oor drome. Hy wil by hulle weet wat die betekenis van drome is.