POPULARITY
SANParke het veiligheid in die Tafelberg Nasionale Park verskerp deur 'n helikopter van die Krugerwildtuin te ontplooi. Die lug-ondersteuning is deel van SANParke se veiligheid- en sekerheidstrategie wat see-, lug- en bergspanne insluit. JP Louw van SANParks sê die helikopter dien as sigbare afskrikmiddel en verseker vinnige reaksie op moontlike bedreigings. Hy sê dis al bewys dat lugoperasies suksesvol is wanneer daar baie besoekers is soos tydens Paasfees, Kersfees en Nuwejaar:
Send us a text1 Korintiërs 15:17,20-22 En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes. Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het. Aangesien die dood deur 'n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur 'n mens gekom. Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word. Nouja, nog ‘n Paasfees is verby. Is dit tyd om weer aan te gaan met ons lewe asof die pas afgelope Paasfees nie veel vir ons beteken het nie? Is dit tyd om die sjokolade papiertjies weg te gooi en terug te gaan na die rotresies?Ja, ek weet die lewe met al sy uitdagings gaan voort, maar die hele punt van Paasfees, die hele punt van gister – bekend vir baie mense as “Opstandingsondag” – is dat Jesus deur sy dood en opstanding vir jou en my 'n hele nuwe lewe kom gee het.Maar wie sê daardie mal Christene met hul godsdienstige stories oor sonde en vergifnis, verlossing en opstanding, wat vandag so irrelevant lyk, is reg? Sê nou – ja, sê nou dis net ‘n storie dat Jesus uit die graf opgestaan het? Sê nou Hy is dood en begrawe net soos alle ander normale mense? Wel …1 Korintiërs 15:17,20-22 En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes. Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het. Aangesien die dood deur 'n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur 'n mens gekom. Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word.God beskou die mensdom se grootste beproewing, sy sonde. En sonde lei uiteindelik tot die dood. Maar wanneer jy met jou hele hart jou vertroue in Jesus Christus stel … maak Hy jou weer lewend. Wat 'n oorwinning het Hy vir jou behaal! Want nou is daar opstanding uit die dood … vir jou.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Terwyl Paasnaweek landwyd gevier word, word ons herinner om nie die ware boodskap van Paasfees te vergeet nie. Dit is die wederopstanding van Jesus Christus na hy vir ons sondes gesterf het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met pastoor Brian Philander gepraat wat 'n Paasfeesboodskap met luisteraars deel.
Send us a textJohannes 20:1-2 Die Sondagmôre vroeg, toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf en sien dat die klip van die graf af weggerol is. Sy hardloop toe en gaan na Simon Petrus en na die ander dissipel toe vir wie Jesus baie lief was, en sê vir hulle: “Hulle het die Here uit die graf weggevat, en ons weet nie waar hulle Hom nou begrawe het nie.” Ek ken twee soorte mense in hierdie wêreld – lewerike en uile; diegene wat lief is vir die vroeë oggende en diegene wat lief is vir die laat nagte. Dit blyk dat Maria Magdalena 'n oggendmens moes gewees het.Johannes 20:1-2 Die Sondagmôre vroeg, toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf en sien dat die klip van die graf af weggerol is. Sy hardloop toe en gaan na Simon Petrus en na die ander dissipel toe vir wie Jesus baie lief was, en sê vir hulle: “Hulle het die Here uit die graf weggevat, en ons weet nie waar hulle Hom nou begrawe het nie.”Ja, dié oggend was dit nog donker, met net die vaagste sweempie van die dagbreek oor Jerusalem. Die stad was stil, en die gebeure van die afgelope paar dae het steeds swaar in die gedagtes van Jesus se volgelinge gelê. Die trauma van die kruisiging het hulle diep hartseer en verward laat voel. Hulle het gehoop dat Jesus die Messias is wat Israel van Romeinse oorheersing sou verlos; maar sy dood het hulle verwagtinge verpletter.In die vroeë oggendure, voordat die stad wakker geword het, het Maria Magdalena na die graf gegaan. Sy het speserye geneem om Jesus se liggaam, soos die gebruik destyds was, te salf. Haar gemoed was swaar, maar haar liefde en toewyding aan Jesus het haar genoodsaak om te gaan. Toe sy naderkom, het sy iets ongeloofliks opgemerk - die klip wat die ingang bedek het, was weggerol.Sy het uiteraard nooit verwag dat die graf leeg sou wees en dat Jesus opgestaan het nie. Dit was die heel laaste ding wat sy verwag het, al het Hy dit baie keer duidelik voorspel. En die heel laaste ding wat baie van ons op Opstandingsoggend verwag, is daardie nuwe lewe, al is dit presies wat Jesus vir ons kom gee het. Die Nuwe Lewe ... vir jou!Paasfees, gaan vir jou oor 'n nuwe lewe, ‘n Ewige Lewe.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
20 April 2025 - Wouter van der Merwe - Paasfees Sondag by LWC
Skakel op 19 April op Kopskuif in en luister hoe ds. Madelie Kruger op stil Saterdag gesels oor Paasfees. Lukas 24:6 “Hy is nie hier nie. Hy is uit die dood opgewek. Onthou hoe Hy met julle gepraat het toe Hy nog in Galilea was en gesê het: Die Seun van die mens moet uitgelewer word in die hande van sondige mense, gekruising word, en op die derde dag opstaan.” Ons vier Paasfees, want die kruis is leeg. Op Opstandingsondag is ons bly, want die graf is leeg. Ons vier toekomshoop, maar ook die daaglikse verhouding waarbinne ons met God kan leef, omdat Hy ons ingenooi het.
Send us a textJohannes 6:14-15 Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom.” Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen. Wat is jou verwagting aan die begin van hierdie week waarin ons Paasfees vier? Waarna sien jy uit? Miskien is dit vir jou net nog 'n langnaweek; of miskien beteken dit vir jou 'n bietjie van 'n blaaskansie; of miskien bied dit jou 'n verskoning om ‘n bietjie meer sjokolade te eet as wat jy waarskynlik behoort te eet? Sê my, wat is jou verwagtinge van hierdie Paasfees?Nouja, kan jy enige ooreenkoms tussen sjokolade-Paaseiers aan die eenkant en die dood van Jesus aan die Kruis aan die anderkant sien? So wat verwag mense van hierdie feestyd wat vir sommige Christene so spesiaal is?Destyds in Jesus se tyd het die Israeliete ook onrealistiese verwagtinge gehad.Johannes 6:14-15 Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom.” Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen.Die Israeliete het gesoek na 'n ooreenkoms tussen Jesus en een van die profete of 'n magtige krygsman (soos Dawid). Hulle het gedink die Messias sou kom om hulle van die wrede Romeinse oorheersing in hulle Beloofde Land te bevry. Hulle wou Jesus op húlle voorwaardes koning maak.Hy het wel koning geword – maar ‘n ander soort koning; die koning van ons lewens. ‘n Koning van ons almal, nie net ‘n koning van die Israeliete nie. Hy het gekom om te red – maar Hy het gekom om elkeen van ons van ons sonde te red, nie om 'n nasie te red nie.So dikwels wil ons Jesus net op ons voorwaardes aanneem, net om ons wêreldse probleme op te los, net om ons ellendige struikelblokke uit te wis. Hy doen dit wel, maar dit is nie die rede waarom Jesus gekom het nie. Hy het gekom om jou lewe van nou af tot in alle ewigheid te red. Hy het vir jou gekom.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textEksodus 12:12-13 “Daardie selfde nag sal Ek deur Egipte gaan om al die eerstelinge van die Egiptenaars, mens en dier, te tref. Met al die Egiptiese gode sal Ek afreken. Ek is die Here! Die bloed aan die huise waarin julle is, sal 'n teken wees: waar Ek die bloed sien, sal Ek die huis oorslaan, en die vernietigende slag waarmee Ek Egipte gaan tref, sal julle nie tref nie. Deur al die jare het die geskiedenis baie onverwagte kinkels en draaie geneem. Ons gaan vandag gesels oor een van daardie eienaardighede - as ek dit so kan noem. Ons weet seker nie almal dat dit vandag Chinese Oujaarsdag is nie. Maar weet jy, wat baie interessant is, is dat een van die Chinese tradisies 'n merkwaardige ooreenkoms met die Joodse Pasga het. Vreemd maar waar...Toe God die nasie Israel uit die kloue van Farao gered het, het Hy vir sy volk gesê...Eksodus 12:12-13 “Daardie selfde nag sal Ek deur Egipte gaan om al die eerstelinge van die Egiptenaars, mens en dier, te tref. Met al die Egiptiese gode sal Ek afreken. Ek is die Here! Die bloed aan die huise waarin julle is, sal 'n teken wees: waar Ek die bloed sien, sal Ek die huis oorslaan, en die vernietigende slag waarmee Ek Egipte gaan tref, sal julle nie tref nie.Watter betekenis het die bloed? Wel, die Israeliete is beveel om 'n lam te slag en sy bloed aan die sykante en bokante van hul deurkosyne te smeer sodat die doodsengel hulle sou verbygaan … vandaar die naam – Pasga wat figuurlik beteken: oorslaan of weglaat. Die Israeliete moes ook tydens die viering van die Pasga hul huise reinig van alle suurdeeg en slegs ongesuurde brood eet.En vanaand, voordat Chinese gesinne bymekaarkom om Oujaarsaand te vier, word hul huise deeglik skoongemaak om volgens hulle geloof slegte geluk weg te vee en plek vir goeie geluk te maak. Elke huishouding moet ook hul vensters en deure met rooi papier, waarop gedigte met gewilde temas soos geluk, rykdom en 'n lang lewe, geskryf is, versier. Dink net daaraan – hoe mense ook al Nuwe Jaar vier, rooi simboliseer die bloed van Jesus – die bloed van die Lam van God – om die sondes van die wêreld weg te neem toe Hy vir jou en my aan die Kruis gesterf het.En wanneer ons Jesus as ons Verlosser aanneem … sal God in werklikheid Jesus se bloed sien, sodat sy straf by ons verby sal gaan. Die kosbare bloed van Jesus, is deur die verbond beseël tot vergewing van ons sondes. (Matt 26:28)Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Matteus 13:33 Hy het hulle nog 'n gelykenis vertel: “Die koninkryk van die hemel is soos suurdeeg wat 'n vrou gevat en in 'n groot skottel meel ingewerk het totdat dit heeltemal deursuur was.” Hoe sterk is jou geloof werklik? Sukkel jy om tot op die vlak van geloof, wat ons almal begeer, te groei? Sukkel jy om jou geloof in Hom eerste in jou lewe te stel... laat ek jou dan verseker, jy is ... nie alleen nie.Dit is nie maklik om die geloofsdimensie, oftewel daardie Jesus-dimensie, met die daaglikse, vinnig bewegende, tegnologiese wêreld waarin ons leef, te versoen nie.Gister het ons gesien hoe Jesus gewys het dat selfs die kleinste mosterdsaadjie-grootte-bietjie-geloof van ons kant, deur God geëer sal word. Wanneer ons God toelaat om die koning van ons lewe te wees, sal Hy ons geloof laat groei. Maar onthou, dat net God die groei kan gee. Ja, Hy sal dit tot 'n magtige mosterdboom laat groei. Wat 'n belofte!Maar wag, daar is meer, want …Toe vertel Jesus vir hulle 'n ander storie:Matteus 13:33 Hy het hulle nog 'n gelykenis vertel: “Die koninkryk van die hemel is soos suurdeeg wat 'n vrou gevat en in 'n groot skottel meel ingewerk het totdat dit heeltemal deursuur was.”Ek onthou hoe ek as ‘n jong kind gekyk het hoe my ma vir Paasfees en Kersfees brood gebak het. Ek was altyd verbaas om te sien dat die deeg wat sy in 'n bak gemeng en eenkant met 'n afdroogdoek daaroor neergesit het, binne 'n uur of wat, van ‘n klein bolletjie deeg tot ‘n bak vol gerys het. Verstommend. En dit is presies die prentjie wat Jesus hier skilder.Wanneer ons, deur die kleinste saadjie van geloof, die kleinste bietjie suurdeeg, die heerskappy van God in ons hart erken … sal Hy iets doen wat ons almal heeltemal sal dronkslaan. Hy sal ons ophef, Hy sal ons vorm en ons op wonderbaarlike maniere laat groei, sodat ons dié mense word wat Hy ons geskape het om te wees.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Die agt-jarige enigste oorlewende van die noodlottige Limpopo-busongeluk, Lorraine Atlang Siako, is uit die Mokopane-hospitaal ontslaan en per helikopter na Botswana vervoer. Dit volg ná verlede week se ongeluk toe 'n bus wat lede van die Zion Christian Church na Moria vervoer het vir 'n Paasfees-pelgrimstog, naby Mmamatlakala omgeslaan en aan die brand geslaan het. Die LUR vir Gesondheid in Limpopo, Phophi Ramathuba, het die hoëkommisariaat van Botswana geloof vir hul vinnige bystand om Lorraine se veilige terugkeer te verseker.
Christene vier die Paasvakansie deur kerkdienste met gebede en lofliedere by te woon. Andere vat tyd af om die langnaweek saam met hul gesinne deur te bring. Die sekretaris-generaal van die Namibiese Raad van Kerke, Ludwig Beukes, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en 'n boodskap met Namibiërs oor die belangrikheid van Paasfees gedeel.
Christene in Namibië en regoor die wêreld vier hierdie naweek Paasfees. Vir baie mense is dit net nog 'n langnaweek, maar vir gelowiges is dit een van die belangrikste tye op die kerk-kalender. Pastoor Cas Becker van die Agape gemeente in Windhoek vertel meer oor die betekenis van Goeie Vrydag, wat vandag gevier word.
1 Petrus 3:18 Ons moenie dink dis net ons wat onverdiend ly nie. Ook Christus het só gely toe Hy eens en vir altyd vir ons sondes gesterf het. Hy het nooit enige sonde gedoen nie; tog het Hy vir sondaars gesterf om julle by God te laat tuiskom. Wat sy liggaam betref, het Hy gesterf, maar wat sy gees betref, is Hy lewend gemaak. (NLV) Wel, hier is ons. Dis die dag wat ons “Goeie Vrydag,” noem. Ja, dis die dag waarop daardie verskriklike, ondenkbare daad plaasgevind het, sodat, die grootste liefdesdaad vir jou en my kon afspeel.Ons het in hierdie dae voor Goeie Vrydag in ons VARS-boodskappe gefokus op ons eie ontoereikendheid, ons sonde. Ons het gepraat oor ons opstand teen God en hoe ons Jesus, wat sy uiterste, sy alles, vir ons gegee het, gereeld faal.Dit klink alles nogal depressief, nie waar nie? Dit is omdat dit is. Dis verskriklik! Die pikswart duisternis van die bose wat uit ons binneste opkom, die stank van ons sonde in die neusgate van God is so verskriklik, dat dit 'n ontsaglike groot oplossing vereis het.1 Petrus 3:18 Ons moenie dink dis net ons wat onverdiend ly nie. Ook Christus het só gely toe Hy eens en vir altyd vir ons sondes gesterf het. Hy het nooit enige sonde gedoen nie; tog het Hy vir sondaars gesterf om julle by God te laat tuiskom. Wat sy liggaam betref, het Hy gesterf, maar wat sy gees betref, is Hy lewend gemaak. (NLV)Die Een wat niks geskuld het nie, het 'n verskriklike dood gesterf om 'n skuld te betaal wat ons nooit kon bekostig om te betaal nie. Die onreg daarvan is totaal en al asemrowend – maar dit wys jou hoe groot God se liefde vir jou en vir my is. Jesus was nie skuldig nie, maar Hy het gesterf vir almal wat skuldig is. En terwyl Hy daar leweloos aan die Kruis gehang het, was die Gees van God aan die werk. Soos jou sonde en myne saam met Hom gekruisig is, was God gereed om iets nuuts te doen – om ons in die Gees weer lewend te maak. Dit is Paasfees.En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Die buurland se maatskaplike ontwikkeling-departement sê hy werk in aanloop tot die Paasnaweek nou saam met die Grensbeheeragentskap om seker te maak van kinders se veilige beweging deur grensposte tussen Suid-Afrika, Zimbabwe en Botswana. Woordvoerder Lumka Oliphant sê amptenare sal Paasnaweek by die Beitbrug- en die Groblersbrug-grenspos teenwoordig wees om seker te maak kinders se inligting word volgens wet verwerk.
Paasfees herinner ons dat God die wêreld, die hele wêreld, die mensewêreld ingesluit, so lief het dat Hy sy beste opoffer sodat iets van eg menswees herstel kon word.
Romeine 5:10,11 Aangesien ons, toe ons nog vyande was, deur die dood van sy Seun met God versoen is, staan dit soveel vaster dat ons, noudat ons versoen is, deur die lewe van sy Seun gered sal word. Maar dit is nie al nie. Ons verheug ons ook in God deur ons Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening ontvang het. Vandag is die dag waarop ons gewag het. Die dag wat die dissipels verdwaas gelaat het. Die dag wat die geskiedenis van die mensdom totaal verander het. Die dag waarop ons vandag nog, met oorweldigende vreugde in ons harte, kan uitroep: Christus het opgestaan!Dit is 'n vreugde om op hierdie Opstandingsondag saam met jou die Opgestane Christus te kan vier.As ons Paasfees herdenking by die Kruis gestop het, dan sou ons net een helfte van die Goeie Nuus ontvang het. Die wonderbaarlike waarheid is dat ek en jy vergewe is, omdat Jesus deur sy offer, die prys vir ons betaal het.Ja, dit is wonderlik, maar dit is net die een helfte van God se plan. Die ander helfte is dat, omdat Jesus die graf oorwin het, en weer opgestaan het, ons ‘n nuwe lewe, wat tot in alle ewigheid sal duur, ontvang. Romeine 5:10,11 Aangesien ons, toe ons nog vyande was, deur die dood van sy Seun met God versoen is, staan dit soveel vaster dat ons, noudat ons versoen is, deur die lewe van sy Seun gered sal word. Maar dit is nie al nie. Ons verheug ons ook in God deur ons Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening ontvang het.Sien jy wat God vandag vir ons deur die apostel Paulus sê? Hy praat van iets groots en van iets nog groter. As ons deur Jesus se dood gered is, hoeveel te meer, noudat ons uiteindelik met God versoen is, word ons dan deur sy lewe gered?Die dood kon Hom nie vashou nie. Hy het die graf oorwin. Hy het opgestaan! En daardie opstandingslewe is nou ook ons s'n. Dag vir dag word ons deur sy lewe gered. En dit is 'n werklikheid wat tot in alle ewigheid sal voortduur. Christus het opgestaan … jy ook!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Romeine 5:6 Ja, juis toe ons nog totaal hulpeloos was, het Christus vir ons, die goddeloses, kom sterf. (NLV) Ek wonder of jy al ooit gehoor het van "Maundy Thursday." Dit word ook soms Heilige Donderdag of Verbondsdonderdag genoem. Dit word op die Donderdag voor Paasfees gevier, en herdenk die gebeure van die dag voor Jesus se arrestasie.Wel, vandag is daardie dag, die dag voor Goeie Vrydag wanneer ons die lyding en dood van Jesus vir mense soos ek en jy herdenk. Maar wat beteken "Maundy" eintlik?Wel, in die vroeë 14de eeu is die woord "maundy" geassosieer met die laaste Avondmaal toe Jesus die dissipels se voete gewas het, net voordat Hy in die tuin van Getsemane deur Judas verraai is.Die Britse monarg vier nou al baie jare lank hierdie dag deur spesiale gemunte muntstukke, aan pensioenarisse uit te deel, om die simboliese betekenis van Jesus, wat die dissipels se voete was, te herdenk.Die betekenis van hierdie "maundy"- konsep is dat die een met ‘n baie hoër status, in 'n sekere sin afbuig na diegene met ‘n laer status om hulle te dien; om dus simbolies aan diegene wat dit nie verdien nie, iets te gee.Dink baie mooi daaroor na: Jesus, die Seun van God, kniel neer om die stinkende, vuil voete van die twaalf dissipels te was en jy weet mos dat Judas, wat op die punt was om Hom te verraai, een van hulle was. Petrus het probeer protesteer: “U sal in alle ewigheid nooit my voete was nie!” Daarop sê Jesus vir hom: “As Ek jou nie was nie, het jy nie deel aan My nie.”Het jy al ooit heeltemal onwaardig gevoel oor dít wat Jesus vir jou gedoen het? Wel, my vriend, dit is die kruks van die saak. Dit is die rede waarom ons môre Goeie Vrydag gaan vier.Romeine 5:6 Ja, juis toe ons nog totaal hulpeloos was, het Christus vir ons, die goddeloses, kom sterf. (NLV)Ek en jy was absoluut onwaardig en hulpeloos. Maar ten spyte van ons sonde en rebellie, nee; eintlik as gevolg daarvan, het God die inisiatief geneem. Terwyl ons nog swak was, terwyl ons nog sy vyande was, het Christus vir ons gesterf. Dit is nie net goeie nuus nie, dit is fantastiese nuus.En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Romeine 5:3-5 Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. Oor net 'n paar dae, op Goeie Vrydag, sal ons Jesus se kruisdood herdenk. Ons sal die prys wat Hy betaal het, die offer wat Hy gebring het, sodat ons vergewe kan word, vier.Goeie Vrydag is nogal 'n vreemde naam. Dink jy dis gepas? Onthou, dit verwys na ‘n dag wanneer Jesus se wrede teregstelling herdenk word – ‘n dag toe Hy aan 'n Kruis vasgespyker is waar Hy ontsettende pyn gely en gesterf het. Maar weet jy, dit ís gepas om te praat van Goeie Vrydag, want wanneer ons glo in wat Jesus vir ons gedoen het, word ek en jy vergewe vir alles wat ons teen God gedoen het. En daarby word ek en jy 'n nuwe lewe gegee om hier op aarde te leef en ek en jy kry 'n geskenk om vir ewig in sy teenwoordigheid te wees.Maar miskien is jou eie kruis van lyding hierdie Paasfees besig om jou plat te trek. Miskien is jou pyn besig om jou van alle vreugde te beroof. Miskien voel jy so afgestomp, dat jy die wonder van Paasfees en die pynlike dood en kragtige opstanding van Jesus se betekenis miskyk. Ja, dis reg, ons kan en moet ons verheug oor wat Christus vir ons gedoen het, maar …Romeine 5:3-5 sê: Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.Let wel, enigiemand wat hulself onvoorwaardelik aan Jesus oorgegee het, sal ly. Maar in daardie lyding – in jou lyding – vorm God jou karakter sodat jy meer en meer soos Christus word. Dit vul jou met ‘n vaste hoop in Hom en Hy stort deur sy Gees sy liefde in jou hart uit. Verstaan jy nou dat die benaming Goeie Vrydag baie gepas is?En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Romeine 5:1 God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus.Het jy al ooit, wanneer jy die verkeerde ding gedoen het, probeer om jou optrede - voor mense en in jou eie oë te regverdig? Dit word selfregverdiging genoem. Hoekom dink jy, doen ons dit?Dis 'n interessante vraag. Hoekom probeer ons onsself regverdig wanneer ons iets verkeerd gedoen het? Want ons het ‘n sterk gevoel dat reg en geregtigheid moet geskied. Ons wil mos altyd reg wees. En ons wil hê dat die mense moet dink wat ons gedoen het, heeltemal reg is, selfs al was dit nie reg nie.Hoekom praat ons in die dae voor Paasfees hieroor? Want die geskenk van die Kruis waarop Christus gekruisig is … is regverdiging. Hoe kan dit wees? Kyk wat staan in:Romeine 5:1 God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus.Wanneer jy die woord "daarom" in die Skrif sien, moet jy jouself afvra, hoekom is die "daarom" daar …? En in hierdie geval verwys die apostel Paulus, na die vorige hoofstukke, waarin hy verduidelik het dat ons sondes volkome vergewe is deur ons geloof in wat Jesus vir ons aan die Kruis gedoen het, omdat sy offer die prys wat geregtigheid geëis het, betaal het.Wanneer ons iets verkeerd gedoen het, het ons geen vrede nie, nè? Daarom probeer ons onsself regverdig, in 'n poging om daardie vrede terug te kry. Om die waarheid te sê, hunker ons na regverdiging, en die vrede wat dit bring.Maar as ons ware regverdiging wil hê, dit wil sê om sonder enige gevoel van skuld, sonde of minderwaardigheid voor God te kan staan - ware vrede te hê... is daar net een manier. Deur ons geloof in Jesus, wat reeds die prys vir ons sonde betaal het, te plaas.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Lees: Joh 2:23 – Joh 3:21. Fokus: Joh 3:1-8. Jy is opnuut gebore om werklik in Jesus Christus te glo. Alhoewel Nikodemus tydens hierdie gesprek nog maar net ‘n wonderwerk geloof gehad het en daarom nie heeltemal verstaan het waarvan Jesus praat nie, kan ons tog die effek van die wedergeboorte later in sy lewe raaksien. Uit liefde vir God verander Nikodemus van ‘n bang nagdissipel in ‘n openlike navolger van Jesus Christus. So ‘n radikale verandering kan God alleen doen. Dit moet ‘n ingrype van bo wees wat jou lewe radikaal verander. Paasfees kom stel Christus sentraal in die weergebore mens se lewe. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Waarom praat Jesus met Nikodemus oor wedergeboorte? Wat is die 2 voorwaardes om in God se koninkryk te kom en hoekom? Wat is die effek van wedergeboorte op die gelowige se lewe?
Kom ons dank Jesus, dat Hy ons so lief het, dat Hy aan die kruis gesterf het om ons sondes te vergewe. Kom ons aanvaar Sy uitnodiging om al ons planne aan Hom oor te gee en Hom toe te laat om ons met Sy Heilige Gees te vul, sodat ons ons lewens kan bou volgens God se wil vir ons. “Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie maar u wil geskied!” (Lukas 22:42) Luister na en lees die W@W Kids WRAP hier… https://womenatwork.online/ww-kids-wrap-46a/
Diens Slides: https://bit.ly/3MpUTEN
Jesus se Vader is nou ook óns Vader! Ons het familie geword. Ons hele bestaan het verander. Ons status in die wêreld het verander. Ons is broers en susters van Koning Jesus. Ons is seuns en dogters van God die Vader.
Diens slides: https://bit.ly/3xD8pkw
Eksodus 12:8 Nog dieselfde nag moet julle die vleis eet. Julle moet dit gebraai eet, saam met ongesuurde brood en bitter kruie.Hierdie hele idee van "sonde", nou ja, dit is nie ‘n besonder gewilde onderwerp in vandag se tyd nie, nè? En tog weet ek en jy albei dat wanneer ons iets verkeerd doen, dit gevolge het. Dit laat so 'n bitter smaak in jou mond.Ja, sonde het bittere gevolge, maak nie saak hoe aanloklik die versoeking aanvanklik gelyk het nie. Ons kan nie oor Paasfees praat sonder om oor ons sonde te praat nie, want dit is juis die rede waarom Jesus, die Lam van God, wat die sonde van die wêreld wegneem, aan Kruis gesterf het. Hy het gekom om die prys wat God se geregtigheid vir ons sonde eis, te betaal.Die afgelope paar dae het ons gesels oor die ryk simboliek van die Pasgamaal, die Pasga Seder, soos dit genoem word. Want dit herdenk die tyd toe God ongeveer anderhalf millennium voordat Jesus gekruisig is, sy volk vrygemaak het van slawerny in Egipte. Hy het hulle beveel om 'n lam te slag en van sy bloed op hulle deurkosyne te verf, sodat die doodsengel, in die laaste van die tien plae oor Egipte, hulle huise sou oorslaan.Die Israeliete is beveel om die geslagte lam met bitter kruie en ongesuurde brode te eet, voordat hulle die volgende dag Egipte sou verlaat. Eksodus 12:8 Nog dieselfde nag moet julle die vleis eet. Julle moet dit gebraai eet, saam met ongesuurde brood en bitter kruie.Bitter kruie? Hoekom? Wel, dit was ‘n simbool wat die Israeliete baie goed verstaan het, want hul ervaring as slawe van Egipte was 'n verskriklike bitter een.Die bitter kruie is 'n herinnering vir my en vir jou, dat sonde ons in ‘n bitter slawerny dompel en dat dit nie iets is waaraan ons wil vashou nie. Dis tog hoekom Jesus gekom het - die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Eksodus 12:27 Dit is 'n paasoffer aan die Here omdat Hy in Egipte die Israeliete se huise oorgeslaan het. Terwyl Hy die Egiptenaars getref het, het Hy ons huise gespaar.”Ja, my vriend, hier is ons in die Paasfees-week, besig om in ons gedagtes terug te gaan na daardie Paasfees, die tyd toe Jesus verraai en gekruisig is. Onthou jy, die Pasga is destyds, soos vandag nog, met 'n maaltyd gevier. Gebraaide lamsvleis.In die meeste lande van die wêreld is daar ‘n tradisie om op ‘n sekere dag die gesneuweldes in oorloë se lewens te herdenk en daardie vieringe behels altyd ryk simboliek. Dieselfde geld vir ons met Paasfees, wanneer ons Jesus se kruisiging herdenk. Dit stem ooreenkom met die Pasga-fees van die Jode.Een van die name wat in die Skrif aan Jesus gegee word, is “die Lam van God.” Die idee van die offerlam wys terug na die nag, omtrent 'n millennium en 'n half vroeër, toe God deur die laaste van tien plae, sy volk van slawerny in Egipte bevry het.Om Farao te oortuig om sy volk te laat gaan, het Hy die doodsengel deur die land gestuur om elke eersgebore kind en dier in die land dood te maak. God het die Israeliete beveel om 'n lam, sonder gebrek, te neem, dit dood te maak en die bloed aan die deurkosyne van hulle huise te verf, sodat die doodsengel hulle huise sou oorslaan en nie hulle eersgeborenes sou doodmaak nie. Dit is inderdaad wat gebeur het, en dit is wat die Pasgafees herdenk. Ons lees in:Eksodus 12:27 Dit is 'n paasoffer aan die Here omdat Hy in Egipte die Israeliete se huise oorgeslaan het. Terwyl Hy die Egiptenaars getref het, het Hy ons huise gespaar.”En daarom word Jesus die Lam van God genoem, want wanneer ons in Hom glo, en aan sy bloed wat Hy vir ons aan daardie Kruis gestort het, word ons van die ewige dood gered. ...sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.Dit is Jesus, die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Vicky Kente het met Maroela Media gesels oor Paasfees, die voorreg wat ons as Suid-Afrikaners het om dit vier en ʼn verhaal van hoop uit Nigerië gedeel. Kente hoop dat almal hierdie Paasfees daaraan herinner sal word dat ons lewe in oorvloed het omdat ons vir Jesus, die Lewe, ken.
Eksodus 12:14 “Hierdie dag moet vir julle 'n gedenkdag wees. Julle moet dit as 'n fees tot eer van die Here vier. Vir julle nageslag moet dit 'n vaste instelling wees wat hulle moet vier.Paasfees kom so vinnig nader. Maar dit wil voorkom asof ons so onnadenkend daarmee omgaan, dat dit dikwels meer om die langnaweek gaan, as oor die ware betekenis daarvan. En tog is die Paasfees propvol betekenis.Dit was tydens die Paasfees toe Jesus vir mense soos ek en jy aan 'n Kruis vasgespyker is. Dit was die fees wat God se volk gevier het ter herdenking van die nag toe God Israel uit eeue van slawerny in Egipte, bevry het. Slawerny … ja, dit was 'n vreeslike tyd.Die Egiptenare was wrede meesters. God het tien plae oor Egipte gestuur om die Farao te oortuig om Sy volk te laat gaan. Die Farao het uiteindelik toegegee, toe die doodsengel elke eersgeborene in Egipte doodgemaak het, terwyl die eersgeborenes van die Israeliete gespaar was. Die engel het die Israeliete se huise oorgeslaan – vandaar die naam, die Pasga of soos ons in Engels sê: Passover.Dit was 'n wonderbaarlike tog deur die Rooi See, gevolg deur veertig jaar in die woestyn, voordat hulle uiteindelik die Beloofde Land kon binnegaan. Maar dit was nietemin 'n ontsnapping uit slawerny en hier is die opdrag wat God vir Israel gegee het om tydens Pasga te doen:Eksodus 12:14 Hierdie dag moet vir julle 'n gedenkdag wees. Julle moet dit as 'n fees tot eer van die Here vier. Vir julle nageslag moet dit 'n vaste instelling wees wat hulle moet vier.En toe, 'n millennium en 'n half later, stuur God Sy Seun, Jesus, om aan 'n Kruis te sterf tydens die Paasfees vieringe, wat vir die grootste gedeelte van daardie tydperk gevier is.Daardie tydsberekening is baie betekenisvol. Dis God wat vir ons sê dat Jesus, soos die Paaslam, waaroor ons môre sal praat, gekom het om ons van slawerny te bevry; slawerny van die brutaliteit van ons sonde.Paasfees is ‘n tyd wat God wil hê ons moet stil word en nie daardeur jaag nie, maar moet stop en onthou waaroor dit werklik gaan, want wanneer ons dit doen, eer ons die Here.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
RC Sproul … (boek: Who is Jesus?) "Unfortunately, most ideas about Christ's identity today, are born of empty speculation, or created to squeeze into a philosopher's pattern rather than drawn from scripture. The Christ that are born this way, simply won't do. A recycled Christ, a Christ of compromise, or an imaginary Christ can redeem no one. A Christ who is watered down, stripped of power, debased of glory, reduced to a symbol, or made impotent by scholarly surgery is not Christ but anti-Christ. Because to supplement the real Christ with a substitute is to work against Christ. To change or distort the real Christ is to oppose Him with a false Christ. To be redeemed and to have assurance of our salvation, we must rid ourselves of these imitations. We need Christ, the real Christ." Aanbieders: Gerhard van Rhyn, Marmix Boersema, Jonker Venter, Jaco de Beer 00:40 Kersfees - Jesus, die lig, het na die wêreld gekom (Joh 1:1-14) 03:54 Jesus het gekom om van die waarheid te getuig (Joh 18:37) 06:00 Post-modernisme vra: Hoe is Jesus nog relevant vandag? 09:12 Jesus is die Waarheid - God se reddingsplan, as Verlosser en Koning 11:18 Jesus en die Vader is een 13:50 Jesus het nie Sy goddelikheid prysgegee nie 14:15 Jesus, die Mens-God 16:58 Is Jesus se geboorte 'n sentimentele boodskap van goedheid? 18:25 Oproep tot aanbidding - Simeon se oë het verlossing gesien 19:44 Moet ons met persente 'n gevoel van troos tydens Kersfees skep? 21:00 Hou vas aan die ware evangelie 21:48 Ons kan nie die karaktertrekke van God aanbid nie 23:23 Christus is die Een wat hoop bring, want Hy is die Lig 26:27 Moet ons Kersfees regverdig? 27:50 Hy is waardig 28:12 Kortstondige euforia van Kersfees, Paasfees en doop 29:16 Die Heilige Gees het geloof geplant in die skaapwagters en wyse manne 30:48 Die krip was nie 'n mooi prentjie nie 32:00 Die skaapwagters het vir almal vertel, God geloof en geprys in verwondering 33:00 RC Sproul aanhaling...(Book: Who is Jesus? "Unfortunately, most ideas
Johannes 3:9,14,15 Nikodemus vra Hom toe: “Maar hoe is dit moontlik?”… Moses het die slang in die woestyn hoog op 'n paal gesit; so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê..”Een vraag wat my kort na my bekering gepla het, was wat is Jesus se rol in my verhouding met God? Waarom is daar iets soos Kersfees, hoekom ‘n Paasfees? Wel, hoekom?Dit is goed om sulke vrae te vra.Johannes 3: 9 en 14, 15 Nikodemus vra Hom toe: “Maar hoe is dit moontlik?”… Moses het die slang in die woestyn hoog op 'n paal gesit; so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê.”Op hierdie stadium het Nikodemus, die skrifgeleerde, teruggedink aan Israel se geskiedenis in Numeri, hoofstuk 21. Israel was afvallig van God. Hy het 'n plaag van giftige slange na hulle gestuur om hulle te straf. Baie het gesterf. Maar Moses het namens Israel hulle sondes bely en God het hom beveel om 'n koperslang te maak en dit op 'n paal te sit. As 'n slang iemand sou pik, moet hy slegs na die koperslang kyk en hy sal lewe. Geen hospitale is gebou nie, geen serum is gebruik nie, geen dapper manne is gestuur om die slange dood te maak nie. Nee! Al wat van hulle moes doen, was om op te kyk, om te sien en om te glo en hulle sou gesond word.Op dieselfde manier neem Jesus ons sonde op Hom. Hy word namens ons sonde. Hy word namens ons aan die kruis, op daardie paal, geplaas vir ons sonde. En al wat ons moet doen om wedergebore te word, is nie om op 'n selfhelp-program te gaan nie, maar om na Jesus te kyk en te glo. Trouens, hoe meer ons na Christus as die gekruisigde kyk, hoe dieper word ons berou en hoe meer word ons oorweldig deur die Gees wat ons lewens vernuwe. Dit is die enigste manier om wedergebore te word, die enigste manier om die koninkryk van God binne te gaan. Laat ek jou dus vra: is jy wedergebore? Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Die verhaal van die Paasfees in die woestyn. Die wolk- en vuurkolom bo die Tabernakel.
Marius Malan het die reeks vir ons afgesluit en op Goeie Vrydag met ons gesels oor die pad na die kruis en op Opstandingsondag oor die pad na die graf. In hierdie boodskappe is daar soveel hoop vir ons opgesluit omdat God 'n pad vir ons gestap het sodat ons nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan verkry. Hy het die dood oorwin en vir jou en my opgestaan.
Marius Malan het die reeks vir ons afgesluit en op Goeie Vrydag met ons gesels oor die pad na die kruis en op Opstandingsondag oor die pad na die graf. In hierdie boodskappe is daar soveel hoop vir ons opgesluit omdat God 'n pad vir ons gestap het sodat ons nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan verkry. Hy het die dood oorwin en vir jou en my opgestaan.
Net soos vorige jare het ons sopas Paasfees gevier. Dit is soveel meer as net ‘n lekker langnaweek. In Paasfees sien ons dat Jesus die dood oorwin het en opgestaan het, maar tog leef ons soms asof Jesus nie lewe nie, asof Hy nooit uit die dood opgestaan het nie. Met ons nuwe reeks gaan ons kyk na hoekom ons sukkel om te lewe asof Jesus opgestaan het. Deur die oë van ‘n volgeling wat leef asof Jesus opgestaan het, gaan ons na vrae en uitdagings van die lewe kyk. Marius Malan het die reeks vir ons afgeskop en gesels oor as Jesus lewe, hoekom sukkel ons om te glo? Geloof is nie net kopkennis en 'n paar mooi stories wat ons ken nie. Geloof is dit waarvolgens ons leef en wat ons koers bepaal. Dalk het ons toegelaat om al die dinge van God te hoor en te sien, maar iewers het ons ophou glo in God.
Ons kyk in hierdie 2de week van Paasfees na die boek van 1 Johannes
Met die laaste maaltyd het Jesus met Sy dissipels die betekenis van die tafel en nagmaal kom vestig. As Sy volgelinge vandag, dra dit soveel waarde in ons eie lewens. Deur die tafel en die nagmaal word ons uitgenooi na verhouding
Message from Chris Heunis on April 4, 2021
1 Kor 15:1-11 Die goeie nuus is -- Christus
Matteus 27:20-22 Die leierpriesters en die familiehoofde het die skare egter oorreed dat hulle op Barabbas moes aandring, en dat hulle Jesus moes laat doodmaak. Die prokurator het hulle weer gevra: “Wie van die twee wil julle hê moet ek vir julle vrylaat?” Hulle het geroep: “Barabbas!” Pilatus vra hulle toe: “Wat moet ek dan maak met Jesus wat as Christus bekend staan?” Hulle roep toe almal uit: “Laat Hy gekruisig word!” (AFR20)Christene praat graag oor die goeie nuus van Jesus Christus. Dis graaf! Maar waarom word dit as goeie nuus beskou? Waarom sou enigeen van ons hoegenaamd kennis neem van nog 'n weergawe van die Paas-ritueel?Misdaadsepies op televisie is etlike jare lank al baie populêr. Dit bevredig nie slegs ons behoefte aan opwinding en intrige nie, maar ek dink ook, ons sin vir regverdigheid. Die slegte man word gevang, gevonnis en geregtigheid geskied.Ek het egter onlangs na 'n episode gekyk waar die slegte ou weggekom het. Dis verkeerd! Geregtigheid moes geskied het om die episode in 'n mooi, netjiese strikkie toe te bind.Ons haat onreg, maar eintlik gaan Paasfees oor onreg. Die historiese verslag toon dat Pontius Pilatus, die destydse Romeinse goewerneur in Jerusalem, besluit het dat daar absoluut geen rede is om Jesus skuldig te bevind nie, en wát nog van om Hom tereg te stel! Ons lees in:Matteus 27:20-22 Die leierpriesters en die familiehoofde het die skare egter oorreed dat hulle op Barabbas moes aandring, en dat hulle Jesus moes laat doodmaak. Die prokurator het hulle weer gevra: “Wie van die twee wil julle hê moet ek vir julle vrylaat?” Hulle het geroep: “Barabbas!” Pilatus vra hulle toe: “Wat moet ek dan maak met Jesus wat as Christus bekend staan?” Hulle roep toe almal uit: “Laat Hy gekruisig word!” (AFR20)Die gepeupel het die oorhand gekry. Jesus is na ses onregverdige verhore in minder as sewentien uur, waarvan een van die verhore deur 'n woedende skare was, geslaan, gespoeg en gekruisig.Dit was so onregverdig, so onregverdig. Maar vreemd genoeg het God daardie onreg gebruik om aan sy standaard van geregtigheid te voldoen, sodat ek en jy, soos die skuldige Barabbas, vry kan leef.Paasfees is so onregverdig. God noem dit genade. Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Johannes 1:29....Die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem --- Send in a voice message: https://anchor.fm/bybel-tyd/message
Message from Johan Delport on April 2, 2021