Podcasts about paasfees

  • 39PODCASTS
  • 115EPISODES
  • 18mAVG DURATION
  • 1EPISODE EVERY OTHER WEEK
  • Apr 8, 2026LATEST

POPULARITY

20192020202120222023202420252026


Best podcasts about paasfees

Latest podcast episodes about paasfees

God se Woord VARS vir jou Vandag
Herstel en Herfokus

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 8, 2026 2:58 Transcription Available


Send us Fan MailKolossense 3:1-2 Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie. Het die Here hierdie afgelope Paasfees met jou gepraat? Het die verhaal van Christus se dood en opstanding jou hart aangeraak? Dis so belangrik, want Jesus is nie net die Een wat ons sonde deur sy kruisdood vergewe nie, Hy gee ons, in Christus, hoop op 'n nuwe lewe op aarde en ‘n ewige lewe in die hiernamaals. Die Amerikaner Lew Wallace was 'n prokureur, ‘n generaal en die goewerneur van Nieu-Mexiko. Hy was baie skepties oor Christelike godsdiens en het 'n boek geskryf om die goddelikheid van Jesus te weerlê.Maar tydens sy intensiewe navorsing het Wallace vir die eerste keer die waarheid oor Christus geleer. Die bewyse het hom so oorweldig dat hy, in plaas daarvan om 'n aanval op die Christendom te skryf, ‘n roman Ben-Hur: A Tale of the Christ geskryf het. Dit het een van die invloedrykste Christelike boeke in die geskiedenis geword. Hy het later hierdie stelling gemaak: "Dit is nie vir enigiemand moontlik om die lewe van Jesus van Nasaret met erns te bestudeer sonder om sy invloed te beleef nie." Wallace het nie net feite ontdek nie - hy het vir Christus ontmoet, en dit het alles verander.Kolossense 3:1-2 Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie.My vriend, die besef dat Jesus jou verander, is 'n herstel- en 'n herfokusproses.  Ja, ek weet, ons het al ons daaglikse verantwoordelikhede om na te kom, maar wanneer ons Jesus as ons Koning aanvaar; wanneer ons ons gedagtes op die dinge daarbo fokus; wanneer ons verlang om by Hom te wees, om te sien hoe sy wil, eerder as ons eie, op hierdie aarde geskied... dan... verander dit ons. Dit verander alles!Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Francois van Rensburg
Route326: 'n Baba vir Paasfees - Ilse Klink vertel

Francois van Rensburg

Play Episode Listen Later Apr 8, 2026 3:00


'n Baba vir Paasfees - Ilse Klink vertel.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Eerste van Baie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 5, 2026 3:05 Transcription Available


Send us Fan Mail1 Korintiërs 15:20-22 Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het. Aangesien die dood deur 'n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur 'n mens gekom. Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word. Christus het opgestaan - Hy leef! Hy het waarlik opgestaan! Dis die vreugdevolle boodskap van Opstandingsondag. Die dood kon Hom nie gevange hou nie. Nee, Hy het uit die dood opgestaan. Maar wat het daardie triomfantlike waarheid vandag met jou en my te doen?Dis ‘n goeie vraag, want daar is baie mense vir wie Paasfees so ‘n alledaags geword het dat hulle nie meer opgewonde te raak oor die opstanding van Jesus Christus nie – hulle betwyfel selfs of Hy inderdaad opgestaan het.1 Korintiërs 15:20-22 Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het. Aangesien die dood deur 'n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur 'n mens gekom. Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word. So, wat beteken die begrip: "eersteling"? Dink aan 'n koringoes. Die eerste goue are wat vroeg in die seisoen ryp word, word die eerstelinge genoem. Boere juig, want daardie eerste are gee 'n teken dat die volle oes kom. Dit is 'n waarborg -'n voorsmakie van wat gaan volg.Net soos die eerste koringaar nie die einde is nie, maar die begin, is Jesus se opstanding nie 'n geïsoleerde gebeurtenis nie - dit is die waarborg dat baie sal volg. Net soos die aarde sy oes in ‘n sekere seisoen lewer, sal God almal wat aan Christus behoort, in sy tyd opwek.Dit is vir ons 'n belofte wat van die begin van die skepping deel van God se verlossingsplan was.Die opstanding van Jesus is jou teken dat die dood verslaan is, dat jou oes van ‘n opstandingslewe op pad is. Dit gaan dus nie slegs oor die feit dat Jesus vir jou gesterf nie; maar dat Hy weer vir jou opgestaan het, sodat jy deur geloof in Hom ook die gawe van die ewige lewe sal ontvang. Die mag van die dood is verbreek … vir jou!En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Radio Scriptura
Paasfees ... en mense wat daar was

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Apr 2, 2026 44:00


Tydens Paasfees kan ons lees en dink oor die getuienis van al die mense wat voor, tydens en na Jesus se kruisiging by Hom was, en alles waargeneem en ervaar het.  Dan sien ons mooi hoe ons met elkeen van hulle kan vereenselwig, en soortgelyke swakhede het.  Ons besef weereens ons groot nood vir Christus se verlossing, maar veral hoe groot God se genade is. 

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Die graf is leeg en dit het alles verander

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Apr 2, 2026 5:37


Die boodskap van Paasfees is nie net dood nie, maar lewe – vir elkeen van ons.

Stellenbosch Gemeente
Preek | Goeie Vrydag – André Serfontein

Stellenbosch Gemeente

Play Episode Listen Later Apr 2, 2026 31:06


Jaarliks word ons herinner aan Kersfees, maar Paasfees is dié simbool wat die Christelike tradisie kenmerk. Ons gaan die nagmaal saam gebruik, ‘n besondere simbool vir hierdie dag. Kry gerus vir jou ook hierdie tekens gereed vir vandag se diens saam met ons, waar jy ookal is. … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse of kyk na die lewendige diens net na die kindergedagte. . Vir die kids op Goeie Vrydag: . Kyk hier saam na die Goeie Vrydag-diens:

luister ons vir kry goeie preek kyk vrydag kersfees paasfees christelike
God se Woord VARS vir jou Vandag
Pilatus se Swakheid

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 1, 2026 3:16 Transcription Available


Send us Fan MailJohannes 18:37 “Dan is jy tog wel 'n koning?” vra Pilatus.“Dit is soos u sê: Ek is 'n koning,” antwoord Jesus. “Ek moet oor die waarheid getuienis aflê. Hiervoor is Ek gebore, en hiervoor het Ek na die wêreld toe gekom. Elkeen wat aan die waarheid behoort, luister na wat Ek sê.” Terwyl ons hierdie week intens na die Paasfees-gebeure kyk, is Pontius Pilatus se besluit om die moordenaar, die opstandeling Barabbas, vry te laat, maar vir Jesus, die Seun van God, te laat kruisig onverskoonbaar. Wat de drommel het hierdie onlogiese uitspraak veroorsaak? Ons weet Pilatus was nie ‘n dwaas nie. As Romeinse goewerneur het hy die verskil tussen skuld en onskuld goed verstaan. En toe Jesus voor hom gestaan het, het Pilatus dwarsdeur die Jode se vals opgemaakte beskuldigings gesien.Johannes 18:38 “Ek vind geen skuld in hom nie...Trouens, hy het Jesus drie keer onskuldig verklaar. Hy het aan die erns van sy uitspraak gedink en hy het selfs probeer om Hom vry te laat. Maar uiteindelik het Pilatus voor die druk geswig. Hy het toegelaat dat sy vrees vir die bedreiging van die groterwordende, woedende skare, sy logika oorheers.Dis ongelooflik tragies, maar dit klink nogal bekend. Ons weet, soos Pilatus; dikwels wat die regte ding is om te doen, maar onder druk, deins ons terug. Ons dink aan wat die mense sal sê en ons vrees vir verwerping. Ons bly stil, terwyl ons weet ons moet opstaan vir wat reg is.Maar Jesus het nie vir ‘n oomblik teruggedeins nie. Sy integriteit, sy opregtheid en sy deursettingsvermoë om die taak waarvoor Hy na die aarde gekom het, af te handel, staan in skrille kontras met die skynheiligheid en manipulasie van dié om Hom.Johannes 18:37 “Dan is jy tog wel 'n koning?” vra Pilatus.“Dit is soos u sê: Ek is 'n koning,” antwoord Jesus. “Ek moet oor die waarheid getuienis aflê. Hiervoor is Ek gebore, en hiervoor het Ek na die wêreld toe gekom. Elkeen wat aan die waarheid behoort, luister na wat Ek sê.”Jesus is nie veroordeel omdat Hy skuldig was nie, maar sy goedheid het die sondigheid van die ander mense blootgelê. Hy het nie weerstand gebied nie. Hy het nie gesmeek nie; omdat Hy in my en jou plek gestaan het.Die enigste werklik onskuldige man wat die wêreld ooit geken het, is skuldig veroordeel; nie deur waarheid nie, maar deur die goewerneur se vrees. En Hy het dit gelate aanvaar… vir jou.Dis God se Woord. Vars… vir jou… vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Jesus het vir Jou Gesterf

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Mar 30, 2026 3:10 Transcription Available


Send us Fan MailRomeine 6:23 Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here. Hoe belangrik is Paasfees vir jou? Kom en gaan dit dalk in 'n waas van sjokolade, langnaweke en etes? As dit die geval is, het ons die hartklop van God gemis. Paasfees is God se manier om te sê: “Jy is die moeitewerd om voor te sterf.”So, kom ons begin ons week saam deur 'n tree terug te gee om te kyk waaroor dit werklik gaan. Dawid sê vir God in:Psalm 139:13-14 U self het my diepste wese gemaak, my in die moederskoot gevorm. Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het.Met ander woorde: God het jou uniek gemaak. Hy het jou in jou moederskoot aanmekaargeweef. Jy is nie ‘n ongeluk nie. Jy is nie 'n lukrake produk van geluk nie. Jy is met liefde deur Hom gemaak om Hom te ken en Hom die middelpunt van jou lewe te maak. Maar hier is die ontstellende nuus:Romeine 3:23 Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom. (NLV)Elkeen van ons het, op ons eie manier, ons rug op God gedraai. Ons het sy doel gemis. En daardie rebellie kom teen 'n prys...Romeine 6:23 Die loon wat die sonde gee, is die dood; God het geweet dit gaan gebeur! Maar ten spyte daarvan, het Hy steeds besluit om in te gryp.2 Korintiërs 5:21 Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.Hy het ons sonde – myne en joune – op Jesus gelê. Hoekom? Sodat ons kan kry wat ons nooit sou kon verdien nie: vergifnis, vryheid, die ewige lewe.Romeine 6:23 Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.Paasfees is nie 'n vinnige wegneemete nie; dit gaan nie net daaroor om God se offer te onthou nie - dit gaan daaroor om te reageer op die Een wat sy lewe vir jou gegee het. Die Een wat jou mislukkings gesien het en gesê het: “Jy is die moeitewerd om voor te sterf.”So, moet asseblief nie Paasfees óm wens nie. Talm 'n rukkie. Laat sy liefde diep insink, want Jesus het nie net vir die wêreld gesterf nie; Hy het vir jou gesterf.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Baptist Church Kempton Park (South Africa) /  Baptistekerk Kemptonpark

Ivor Jefferies

paasfees
Stellenbosch Gemeente
Preek | Sondag 29 Maart – Pieter Roeloffse

Stellenbosch Gemeente

Play Episode Listen Later Mar 28, 2026 22:28


“Ons loop die gevaar in hoe die wêreld nou lyk dat ons harte verhard. Dat ons op die maat van die wêreld in die naam van God op verwoestende kruistogte gaan en dan is ons verras dat ons maar min van die nuwe wêreld sien. Om 'n aktiewe sagmoedige in hierdie wêreld te wees vra dat jy geweldig groot en sterk moet wees. Jy sal moet vertrou dat God in beheer is. Jy sal hierdie Paasfees helder moet sien wat Sy herstel-plan vir die nuwe, herskepte aarde is: dat genoeg mense die man op die geleende donkie sal volg…want so sal ons die nuwe aarde ontvang.” … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:

Nuus
Misa ondersteun strenger dronkbestuur-strawwe

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 25, 2026 0:19


Die Motorbedryf-personeelvereniging ondersteun die minister van vervoer, Barbara Creecy, se oproep vir strenger strawwe vir dronkbestuurders. Creecy sê enigiemand wat drink en noodlottige ongelukke veroorsaak, moet van voorbedagte moord aangekla word, wat tot lewenslange tronkstraf kan lei. Sy het ook meer padblokkades, opvoedingsveldtogte en optrede teen onpadwaardige voertuie voor Paasfees aangekondig. Phakamile Hlubi-Majola van die vereniging, sê dronkbestuur en spoed bly die grootste oorsake van padsterftes in Suid-Afrika:

misa sy strenger suid afrika paasfees barbara creecy phakamile hlubi majola
Nuus
Helikopter help met Tafelberg-veiligheid

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 25, 2025 0:19


SANParke het veiligheid in die Tafelberg Nasionale Park verskerp deur 'n helikopter van die Krugerwildtuin te ontplooi. Die lug-ondersteuning is deel van SANParke se veiligheid- en sekerheidstrategie wat see-, lug- en bergspanne insluit. JP Louw van SANParks sê die helikopter dien as sigbare afskrikmiddel en verseker vinnige reaksie op moontlike bedreigings. Hy sê dis al bewys dat lugoperasies suksesvol is wanneer daar baie besoekers is soos tydens Paasfees, Kersfees en Nuwejaar:

hy helikopter veiligheid tafelberg kersfees paasfees sanparks
God se Woord VARS vir jou Vandag
Beslis ‘n Oorwinningsdag

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 21, 2025 2:46


Send us a text1 Korintiërs 15:17,20-22 En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes. Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het. Aangesien die dood deur 'n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur 'n mens gekom. Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word. Nouja, nog ‘n Paasfees is verby. Is dit tyd om weer aan te gaan met ons lewe asof die pas afgelope Paasfees nie veel vir ons beteken het nie? Is dit tyd om die sjokolade papiertjies weg te gooi en terug te gaan na die rotresies?Ja, ek weet die lewe met al sy uitdagings gaan voort, maar die hele punt van Paasfees, die hele punt van gister – bekend vir baie mense as “Opstandingsondag” – is dat Jesus deur sy dood en opstanding vir jou en my 'n hele nuwe lewe kom gee het.Maar wie sê daardie mal Christene met hul godsdienstige stories oor sonde en vergifnis, verlossing en opstanding, wat  vandag so irrelevant lyk, is reg? Sê nou – ja, sê nou dis net ‘n storie dat Jesus uit die graf opgestaan het? Sê nou Hy is dood en begrawe net soos alle ander normale mense? Wel …1 Korintiërs 15:17,20-22 En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes. Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het. Aangesien die dood deur 'n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur 'n mens gekom. Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word.God beskou die mensdom se grootste beproewing, sy sonde. En sonde lei uiteindelik tot die dood. Maar wanneer jy met jou hele hart jou vertroue in Jesus Christus stel … maak Hy jou weer lewend. Wat 'n oorwinning het Hy vir jou behaal! Want nou is daar opstanding uit die dood … vir jou.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
Pastoor Brian Philander bring Paasboodskap

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 20, 2025 2:41


Terwyl Paasnaweek landwyd gevier word, word ons herinner om nie die ware boodskap van Paasfees te vergeet nie. Dit is die wederopstanding van Jesus Christus na hy vir ons sondes gesterf het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met pastoor Brian Philander gepraat wat 'n Paasfeesboodskap met luisteraars deel.

dit kosmos jesus christus nuus philander paasfees
God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Eerste Straaltjie van die Dagbreek

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 20, 2025 2:52


Send us a textJohannes 20:1-2 Die Sondagmôre vroeg, toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf en sien dat die klip van die graf af weggerol is. Sy hardloop toe en gaan na Simon Petrus en na die ander dissipel toe vir wie Jesus baie lief was, en sê vir hulle: “Hulle het die Here uit die graf weggevat, en ons weet nie waar hulle Hom nou begrawe het nie.” Ek ken twee soorte mense in hierdie wêreld – lewerike en uile; diegene wat lief is vir die vroeë oggende en diegene wat lief is vir die laat nagte. Dit blyk dat Maria Magdalena 'n oggendmens moes gewees het.Johannes 20:1-2 Die Sondagmôre vroeg, toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf en sien dat die klip van die graf af weggerol is. Sy hardloop toe en gaan na Simon Petrus en na die ander dissipel toe vir wie Jesus baie lief was, en sê vir hulle: “Hulle het die Here uit die graf weggevat, en ons weet nie waar hulle Hom nou begrawe het nie.”Ja, dié oggend was dit nog donker, met net die vaagste sweempie van die dagbreek oor Jerusalem. Die stad was stil, en die gebeure van die afgelope paar dae het steeds swaar in die gedagtes van Jesus se volgelinge gelê. Die trauma van die kruisiging het hulle diep hartseer en verward laat voel. Hulle het gehoop dat Jesus die Messias is wat Israel van Romeinse oorheersing sou verlos; maar sy dood het hulle verwagtinge verpletter.In die vroeë oggendure, voordat die stad wakker geword het, het Maria Magdalena na die graf gegaan. Sy het speserye geneem om Jesus se liggaam, soos die gebruik destyds was, te salf. Haar gemoed was swaar, maar haar liefde en toewyding aan Jesus het haar genoodsaak om te gaan. Toe sy naderkom, het sy iets ongeloofliks opgemerk - die klip wat die ingang bedek het, was weggerol.Sy het uiteraard nooit verwag dat die graf leeg sou wees en dat Jesus opgestaan het nie. Dit was die heel laaste ding wat sy verwag het, al het Hy dit baie keer duidelik voorspel. En die heel laaste ding wat baie van ons op Opstandingsoggend verwag, is daardie nuwe lewe, al is dit presies wat Jesus vir ons kom gee het. Die Nuwe Lewe ... vir jou!Paasfees, gaan vir jou oor 'n nuwe lewe, ‘n Ewige Lewe.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Lewendewoord Centurion
20 April 2025 - Wouter van der Merwe - Paasfees Sondag

Lewendewoord Centurion

Play Episode Listen Later Apr 20, 2025 30:22


20 April 2025 - Wouter van der Merwe - Paasfees Sondag by LWC

Kopskuif
KOPSKUIF - Ds. Madelie Kruger op stil Saterdag gesels oor Paasfees. Ons vier Paasfees, want die kruis is leeg.

Kopskuif

Play Episode Listen Later Apr 19, 2025 24:22


Skakel op 19 April op Kopskuif in en luister hoe ds. Madelie Kruger op stil Saterdag gesels oor Paasfees. Lukas 24:6 “Hy is nie hier nie. Hy is uit die dood opgewek. Onthou hoe Hy met julle gepraat het toe Hy nog in Galilea was en gesê het: Die Seun van die mens moet uitgelewer word in die hande van sondige mense, gekruising word, en op die derde dag opstaan.” Ons vier Paasfees, want die kruis is leeg. Op Opstandingsondag is ons bly, want die graf is leeg. Ons vier toekomshoop, maar ook die daaglikse verhouding waarbinne ons met God kan leef, omdat Hy ons ingenooi het.

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a textJohannes 6:14-15 Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom.” Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen. Wat is jou verwagting aan die begin van hierdie week waarin ons Paasfees vier? Waarna sien jy uit? Miskien is dit vir jou net nog 'n langnaweek; of miskien beteken dit vir jou 'n bietjie van 'n blaaskansie; of miskien bied dit jou 'n verskoning om ‘n bietjie meer sjokolade te eet as wat jy waarskynlik behoort te eet? Sê my, wat is jou verwagtinge van hierdie Paasfees?Nouja, kan jy enige ooreenkoms tussen sjokolade-Paaseiers aan die eenkant en die dood van Jesus aan die Kruis aan die anderkant sien? So wat verwag mense van hierdie feestyd wat vir sommige Christene so spesiaal is?Destyds in Jesus se tyd het die Israeliete ook onrealistiese verwagtinge gehad.Johannes 6:14-15 Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom.” Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen.Die Israeliete het gesoek na 'n ooreenkoms tussen Jesus en een van die profete of 'n magtige krygsman (soos Dawid). Hulle het gedink die Messias sou kom om hulle van die wrede Romeinse oorheersing in hulle Beloofde Land te bevry. Hulle wou Jesus op húlle voorwaardes koning maak.Hy het wel koning geword – maar ‘n ander soort koning; die koning van ons lewens. ‘n Koning van ons almal, nie net ‘n koning van die Israeliete nie. Hy het gekom om te red – maar Hy het gekom om elkeen van ons van ons sonde te red, nie om 'n nasie te red nie.So dikwels wil ons Jesus net op ons voorwaardes aanneem, net om ons wêreldse probleme op te los, net om ons ellendige struikelblokke uit te wis. Hy doen dit wel, maar dit is nie die rede waarom Jesus gekom het nie. Hy het gekom om jou lewe van nou af tot in alle ewigheid te red. Hy het vir jou gekom.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Ander Perspektief op Paasfees

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jan 28, 2025 3:08


Send us a textEksodus 12:12-13 “Daardie selfde nag sal Ek deur Egipte gaan om al die eerstelinge van die Egiptenaars, mens en dier, te tref. Met al die Egiptiese gode sal Ek afreken. Ek is die Here! Die bloed aan die huise waarin julle is, sal 'n teken wees: waar Ek die bloed sien, sal Ek die huis oorslaan, en die vernietigende slag waarmee Ek Egipte gaan tref, sal julle nie tref nie. Deur al die jare het die geskiedenis baie onverwagte kinkels en draaie geneem. Ons gaan vandag gesels oor een van daardie eienaardighede - as ek dit so kan noem. Ons weet seker nie almal dat dit vandag Chinese Oujaarsdag is nie. Maar weet jy, wat baie interessant is, is dat een van die Chinese tradisies 'n merkwaardige ooreenkoms met die Joodse Pasga het. Vreemd maar waar...Toe God die nasie Israel uit die kloue van Farao gered het, het Hy vir sy volk gesê...Eksodus 12:12-13 “Daardie selfde nag sal Ek deur Egipte gaan om al die eerstelinge van die Egiptenaars, mens en dier, te tref. Met al die Egiptiese gode sal Ek afreken. Ek is die Here! Die bloed aan die huise waarin julle is, sal 'n teken wees: waar Ek die bloed sien, sal Ek die huis oorslaan, en die vernietigende slag waarmee Ek Egipte gaan tref, sal julle nie tref nie.Watter betekenis het die bloed? Wel, die Israeliete is beveel om 'n lam te slag en sy bloed aan die sykante en bokante van hul deurkosyne te smeer sodat die doodsengel hulle sou verbygaan … vandaar die naam – Pasga wat figuurlik beteken: oorslaan of weglaat. Die Israeliete moes ook tydens die viering van die Pasga hul huise reinig van alle suurdeeg en slegs ongesuurde brood eet.En vanaand, voordat Chinese gesinne bymekaarkom om Oujaarsaand te vier, word hul huise deeglik skoongemaak om volgens hulle geloof slegte geluk weg te vee en plek vir goeie geluk te maak. Elke huishouding moet ook hul vensters en deure met rooi papier, waarop gedigte met gewilde temas soos geluk, rykdom en 'n lang lewe, geskryf is, versier. Dink net daaraan – hoe mense ook al Nuwe Jaar vier, rooi simboliseer die bloed van Jesus – die bloed van die Lam van God – om die sondes van die wêreld weg te neem toe Hy vir jou en my aan die Kruis gesterf het.En wanneer ons Jesus as ons Verlosser aanneem … sal God in werklikheid Jesus se bloed sien, sodat sy straf by ons verby sal gaan. Die kosbare bloed van Jesus, is deur die verbond beseël tot vergewing van ons sondes. (Matt 26:28)Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Toe het Jesus ‘n ander Storie Vertel

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 18, 2024 3:13


Matteus 13:33 Hy het hulle nog 'n gelykenis vertel: “Die koninkryk van die hemel is soos suurdeeg wat 'n vrou gevat en in 'n groot skottel meel ingewerk het totdat dit heeltemal deursuur was.” Hoe sterk is jou geloof werklik? Sukkel jy om tot op die vlak van geloof, wat ons almal begeer, te groei? Sukkel jy om jou geloof in Hom eerste in jou lewe te stel... laat ek jou dan verseker, jy is ... nie alleen nie.Dit is nie maklik om die geloofsdimensie, oftewel daardie Jesus-dimensie, met die daaglikse, vinnig bewegende, tegnologiese wêreld waarin ons leef, te versoen nie.Gister het ons gesien hoe Jesus gewys het dat selfs die kleinste mosterdsaadjie-grootte-bietjie-geloof van ons kant, deur God geëer sal word. Wanneer ons God toelaat om die koning van ons lewe te wees, sal Hy ons geloof laat groei. Maar onthou, dat net God die groei kan gee. Ja, Hy sal dit tot 'n magtige mosterdboom laat groei. Wat 'n belofte!Maar wag, daar is meer, want …Toe vertel Jesus vir hulle 'n ander storie:Matteus 13:33 Hy het hulle nog 'n gelykenis vertel: “Die koninkryk van die hemel is soos suurdeeg wat 'n vrou gevat en in 'n groot skottel meel ingewerk het totdat dit heeltemal deursuur was.”Ek onthou hoe ek as ‘n jong kind gekyk het hoe my ma vir Paasfees en Kersfees brood gebak het. Ek was altyd verbaas om te sien dat die deeg wat sy in 'n bak gemeng en eenkant met 'n afdroogdoek daaroor neergesit het, binne 'n uur of wat, van ‘n klein bolletjie deeg tot ‘n bak vol gerys het. Verstommend. En dit is presies die prentjie wat Jesus hier skilder.Wanneer ons, deur die kleinste saadjie van geloof, die kleinste bietjie suurdeeg, die heerskappy van God in ons hart erken … sal Hy iets doen wat ons almal heeltemal sal dronkslaan. Hy sal ons ophef, Hy sal ons vorm en ons op wonderbaarlike maniere laat groei, sodat ons dié mense word wat Hy ons geskape het om te wees.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
Oorlewende van Limpopo-busongeluk ontslaan

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 3, 2024 0:19


Die agt-jarige enigste oorlewende van die noodlottige Limpopo-busongeluk, Lorraine Atlang Siako, is uit die Mokopane-hospitaal ontslaan en per helikopter na Botswana vervoer. Dit volg ná verlede week se ongeluk toe 'n bus wat lede van die Zion Christian Church na Moria vervoer het vir 'n Paasfees-pelgrimstog, naby Mmamatlakala omgeslaan en aan die brand geslaan het. Die LUR vir Gesondheid in Limpopo, Phophi Ramathuba, het die hoëkommisariaat van Botswana geloof vir hul vinnige bystand om Lorraine se veilige terugkeer te verseker.

Nuus
Vat 'n tydjie af om oor Paasfees te besin

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 31, 2024 0:55


Christene vier die Paasvakansie deur kerkdienste met gebede en lofliedere by te woon. Andere vat tyd af om die langnaweek saam met hul gesinne deur te bring. Die sekretaris-generaal van die Namibiese Raad van Kerke, Ludwig Beukes, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en 'n boodskap met Namibiërs oor die belangrikheid van Paasfees gedeel.

Nuus
Die betekenis van Goeie Vrydag

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 29, 2024 0:41


Christene in Namibië en regoor die wêreld vier hierdie naweek Paasfees. Vir baie mense is dit net nog 'n langnaweek, maar vir gelowiges is dit een van die belangrikste tye op die kerk-kalender. Pastoor Cas Becker van die Agape gemeente in Windhoek vertel meer oor die betekenis van Goeie Vrydag, wat vandag gevier word.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Hy het dit Vir Jou Gedoen

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Mar 29, 2024 2:59


1 Petrus 3:18 Ons moenie dink dis net ons wat onverdiend ly nie. Ook Christus het só gely toe Hy eens en vir altyd vir ons sondes gesterf het. Hy het nooit enige sonde gedoen nie; tog het Hy vir sondaars gesterf om julle by God te laat tuiskom. Wat sy liggaam betref, het Hy gesterf, maar wat sy gees betref, is Hy lewend gemaak. (NLV) Wel, hier is ons. Dis die dag wat ons “Goeie Vrydag,” noem. Ja, dis die dag waarop daardie verskriklike, ondenkbare daad plaasgevind het, sodat, die grootste liefdesdaad vir jou en my kon afspeel.Ons het in hierdie dae voor Goeie Vrydag in ons VARS-boodskappe gefokus op ons eie ontoereikendheid, ons sonde. Ons het gepraat oor ons opstand teen God en hoe ons Jesus, wat sy uiterste, sy alles, vir ons gegee het, gereeld faal.Dit klink alles nogal depressief, nie waar nie? Dit is omdat dit is. Dis verskriklik! Die pikswart duisternis van die bose wat uit ons binneste opkom, die stank van ons sonde in die neusgate van God is so verskriklik, dat dit 'n ontsaglike groot oplossing vereis het.1 Petrus 3:18 Ons moenie dink dis net ons wat onverdiend ly nie. Ook Christus het só gely toe Hy eens en vir altyd vir ons sondes gesterf het. Hy het nooit enige sonde gedoen nie; tog het Hy vir sondaars gesterf om julle by God te laat tuiskom. Wat sy liggaam betref, het Hy gesterf, maar wat sy gees betref, is Hy lewend gemaak. (NLV)Die Een wat niks geskuld het nie, het 'n verskriklike dood gesterf om 'n skuld te betaal wat ons nooit kon bekostig om te betaal nie. Die onreg daarvan is totaal en al asemrowend – maar dit wys jou hoe groot God se liefde vir jou en vir my is. Jesus was nie skuldig nie, maar Hy het gesterf vir almal wat skuldig is. En terwyl Hy daar leweloos aan die Kruis gehang het, was die Gees van God aan die werk. Soos jou sonde en myne saam met Hom gekruisig is, was God gereed om iets nuuts te doen – om ons in die Gees weer lewend te maak. Dit is Paasfees.En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
SA fokus op wettige oorgrens beweging van kinders oor Paasfees

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 28, 2024 0:19


Die buurland se maatskaplike ontwikkeling-departement sê hy werk in aanloop tot die Paasnaweek nou saam met die Grensbeheeragentskap om seker te maak van kinders se veilige beweging deur grensposte tussen Suid-Afrika, Zimbabwe en Botswana. Woordvoerder Lumka Oliphant sê amptenare sal Paasnaweek by die Beitbrug- en die Groblersbrug-grenspos teenwoordig wees om seker te maak kinders se inligting word volgens wet verwerk.

ToekomsVenster
ToekomsVenster: Ons is mens onder mense

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Mar 25, 2024 5:37


Paasfees herinner ons dat God die wêreld, die hele wêreld, die mensewêreld ingesluit, so lief het dat Hy sy beste opoffer sodat iets van eg menswees herstel kon word.

Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans
Die paasfees word gevier (2 Kronieke 30:1-31:21)

Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans

Play Episode Listen Later Jun 29, 2023 25:26


paasfees
God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Versoende Lewe

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 9, 2023 3:04


Romeine 5:10,11 Aangesien ons, toe ons nog vyande was, deur die dood van sy Seun met God versoen is, staan dit soveel vaster dat ons, noudat ons versoen is, deur die lewe van sy Seun gered sal word. Maar dit is nie al nie. Ons verheug ons ook in God deur ons Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening ontvang het. Vandag is die dag waarop ons gewag het. Die dag wat die dissipels verdwaas gelaat het. Die dag wat die geskiedenis van die mensdom totaal verander het. Die dag waarop ons vandag nog, met oorweldigende vreugde in ons harte, kan uitroep: Christus het opgestaan!Dit is 'n vreugde om op hierdie Opstandingsondag saam met jou die Opgestane Christus te kan vier.As ons Paasfees herdenking by die Kruis gestop het, dan sou ons net een helfte van die Goeie Nuus ontvang het. Die wonderbaarlike waarheid is dat ek en jy vergewe is, omdat Jesus deur sy offer, die prys vir ons betaal het.Ja, dit is wonderlik, maar dit is net die een helfte van God se plan. Die ander helfte is dat, omdat Jesus die graf oorwin het, en weer opgestaan het, ons ‘n nuwe lewe, wat tot in alle ewigheid sal duur, ontvang. Romeine 5:10,11 Aangesien ons, toe ons nog vyande was, deur die dood van sy Seun met God versoen is, staan dit soveel vaster dat ons, noudat ons versoen is, deur die lewe van sy Seun gered sal word. Maar dit is nie al nie. Ons verheug ons ook in God deur ons Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening ontvang het.Sien jy wat God vandag vir ons deur die apostel Paulus sê? Hy praat van iets groots en van iets nog groter. As ons deur Jesus se dood gered is, hoeveel te meer, noudat ons uiteindelik met God versoen is, word ons dan deur sy lewe gered?Die dood kon Hom nie vashou nie. Hy het die graf oorwin. Hy het opgestaan! En daardie opstandingslewe is nou ook ons s'n. Dag vir dag word ons deur sy lewe gered. En dit is 'n werklikheid wat tot in alle ewigheid sal voortduur. Christus het opgestaan … jy ook!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Toe Ons Nog Sondaars Was

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 6, 2023 3:20


Romeine 5:6 Ja, juis toe ons nog totaal hulpeloos was, het Christus vir ons, die goddeloses, kom sterf. (NLV) Ek wonder of jy al ooit gehoor het van "Maundy Thursday." Dit word ook soms Heilige Donderdag of Verbondsdonderdag genoem. Dit word op die Donderdag voor Paasfees gevier, en herdenk die gebeure van die dag voor Jesus se arrestasie.Wel, vandag is daardie dag, die dag voor Goeie Vrydag wanneer ons die lyding en dood van Jesus vir mense soos ek en jy herdenk. Maar wat beteken "Maundy" eintlik?Wel, in die vroeë 14de eeu is die woord "maundy" geassosieer met die laaste Avondmaal toe Jesus die dissipels se voete gewas het, net voordat Hy in die tuin van Getsemane deur Judas verraai is.Die Britse monarg vier nou al baie jare lank hierdie dag deur spesiale gemunte muntstukke, aan pensioenarisse uit te deel, om die simboliese betekenis van Jesus, wat die dissipels se voete was, te herdenk.Die betekenis van hierdie "maundy"- konsep is dat die een met ‘n baie hoër status, in 'n sekere sin afbuig na diegene met ‘n laer status om hulle te dien; om dus simbolies aan diegene wat dit nie verdien nie, iets te gee.Dink baie mooi daaroor na: Jesus, die Seun van God, kniel neer om die stinkende, vuil voete van die twaalf dissipels te was en jy weet mos dat Judas, wat op die punt was om Hom te verraai, een van hulle was. Petrus het probeer protesteer: “U sal in alle ewigheid nooit my voete was nie!” Daarop sê Jesus vir hom: “As Ek jou nie was nie, het jy nie deel aan My nie.”Het jy al ooit heeltemal onwaardig gevoel oor dít wat Jesus vir jou gedoen het? Wel, my vriend, dit is die kruks van die saak. Dit is die rede waarom ons môre Goeie Vrydag gaan vier.Romeine 5:6 Ja, juis toe ons nog totaal hulpeloos was, het Christus vir ons, die goddeloses, kom sterf. (NLV)Ek en jy was absoluut onwaardig en hulpeloos. Maar ten spyte van ons sonde en rebellie, nee; eintlik as gevolg daarvan, het God die inisiatief geneem. Terwyl ons nog swak was, terwyl ons nog sy vyande was, het Christus vir ons gesterf. Dit is nie net goeie nuus nie, dit is fantastiese nuus.En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Lyding vir Christus

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 5, 2023 3:04


Romeine 5:3-5 Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. Oor net 'n paar dae, op Goeie Vrydag, sal ons Jesus se kruisdood herdenk. Ons sal die prys wat Hy betaal het, die offer wat Hy gebring het, sodat ons vergewe kan word, vier.Goeie Vrydag is nogal 'n vreemde naam. Dink jy dis gepas? Onthou, dit verwys na ‘n dag wanneer Jesus se wrede teregstelling herdenk word – ‘n dag toe Hy aan 'n Kruis vasgespyker is waar Hy ontsettende pyn gely en gesterf het. Maar weet jy, dit ís gepas om te praat van Goeie Vrydag, want wanneer ons glo in wat Jesus vir ons gedoen het, word ek en jy vergewe vir alles wat ons teen God gedoen het. En daarby word ek en jy 'n nuwe lewe gegee om hier op aarde te leef en ek en jy kry 'n geskenk om vir ewig in sy teenwoordigheid te wees.Maar miskien is jou eie kruis van lyding hierdie Paasfees besig om jou plat te trek. Miskien is jou pyn besig om jou van alle vreugde te beroof. Miskien voel jy so afgestomp, dat jy die wonder van Paasfees en die pynlike dood en kragtige opstanding van Jesus se betekenis miskyk. Ja, dis reg, ons kan en moet ons verheug oor wat Christus vir ons gedoen het, maar …Romeine 5:3-5 sê: Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.Let wel, enigiemand wat hulself onvoorwaardelik aan Jesus oorgegee het, sal ly. Maar in daardie lyding – in jou lyding – vorm God jou karakter sodat jy meer en meer soos Christus word. Dit vul jou met ‘n vaste hoop in Hom en Hy stort deur sy Gees sy liefde in jou hart uit. Verstaan jy nou dat die benaming Goeie Vrydag baie gepas is?En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Deur Geloof Vrygespreek

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 3, 2023 3:01


Romeine 5:1 God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus.Het jy al ooit, wanneer jy die verkeerde ding gedoen het, probeer om jou optrede - voor mense en in jou eie oë te regverdig? Dit word selfregverdiging genoem. Hoekom dink jy, doen ons dit?Dis 'n interessante vraag. Hoekom probeer ons onsself regverdig wanneer ons iets verkeerd gedoen het? Want ons het ‘n sterk gevoel dat reg en geregtigheid moet geskied. Ons wil mos altyd reg wees. En ons wil hê dat die mense moet dink wat ons gedoen het, heeltemal reg is, selfs al was dit nie reg nie.Hoekom praat ons in die dae voor Paasfees hieroor? Want die geskenk van die Kruis waarop Christus gekruisig is … is regverdiging. Hoe kan dit wees? Kyk wat staan in:Romeine 5:1 God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus.Wanneer jy die woord "daarom" in die Skrif sien, moet jy jouself afvra, hoekom is die "daarom" daar …? En in hierdie geval verwys die apostel Paulus, na die vorige hoofstukke, waarin hy verduidelik het dat ons sondes volkome vergewe is deur ons geloof in wat Jesus vir ons aan die Kruis gedoen het, omdat sy offer die prys wat geregtigheid geëis het, betaal het.Wanneer ons iets verkeerd gedoen het, het ons geen vrede nie, nè? Daarom probeer ons onsself regverdig, in 'n poging om daardie vrede terug te kry. Om die waarheid te sê, hunker ons na regverdiging, en die vrede wat dit bring.Maar as ons ware regverdiging wil hê, dit wil sê om sonder enige gevoel van skuld, sonde of minderwaardigheid voor God te kan staan - ware vrede te hê... is daar net een manier. Deur ons geloof in Jesus, wat reeds die prys vir ons sonde betaal het, te plaas.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 12 Maart 2023 Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Play Episode Listen Later Mar 12, 2023 36:23


Lees: Joh 2:23 – Joh 3:21. Fokus: Joh 3:1-8. Jy is opnuut gebore om werklik in Jesus Christus te glo. Alhoewel Nikodemus tydens hierdie gesprek nog maar net ‘n wonderwerk geloof gehad het en daarom nie heeltemal verstaan het waarvan Jesus praat nie, kan ons tog die effek van die wedergeboorte later in sy lewe raaksien. Uit liefde vir God verander Nikodemus van ‘n bang nagdissipel in ‘n openlike navolger van Jesus Christus. So ‘n radikale verandering kan God alleen doen. Dit moet ‘n ingrype van bo wees wat jou lewe radikaal verander. Paasfees kom stel Christus sentraal in die weergebore mens se lewe. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Waarom praat Jesus met Nikodemus oor wedergeboorte? Wat is die 2 voorwaardes om in God se koninkryk te kom en hoekom? Wat is die effek van wedergeboorte op die gelowige se lewe?

Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans
Gilgal; die paasfees en Jerigo word ingeneem (Josua 5:2-6:27)

Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans

Play Episode Listen Later Oct 10, 2022 24:50


gilgal josua paasfees
Vita Dei Podcast
Paasfees 2020 (Opstanding)

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Aug 29, 2022 24:52


92 Vita Dei Woordskool

opstanding paasfees
Vita Dei Podcast
Paasfees 2020 (Hoekom bloed)

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Aug 27, 2022 26:02


91 Vita Dei Woordskool

bloed hoekom paasfees
Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans
Die tweede paasfees; die Israliete trek van Sinaiberg af op hulle lang tog (Numeri 9:1-10:36)

Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans

Play Episode Listen Later Jun 21, 2022 25:29


W@W - Women@Work for God
W@W Kids WRAP 46 – Paasfees – 'n Tyd om Jesus te verheerlik!

W@W - Women@Work for God

Play Episode Listen Later Apr 27, 2022 4:32


Kom ons dank Jesus, dat Hy ons so lief het, dat Hy aan die kruis gesterf het om ons sondes te vergewe. Kom ons aanvaar Sy uitnodiging om al ons planne aan Hom oor te gee en Hom toe te laat om ons met Sy Heilige Gees te vul, sodat ons ons lewens kan bou volgens God se wil vir ons.   “Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie maar u wil geskied!” (Lukas 22:42)   Luister na en lees die W@W Kids WRAP hier… https://womenatwork.online/ww-kids-wrap-46a/

Shofar Secunda | Afrikaans Preke
Wiehan Brown – Tussen Paasfees en die Beloofde Land

Shofar Secunda | Afrikaans Preke

Play Episode Listen Later Apr 24, 2022 40:34


Diens Slides: https://bit.ly/3MpUTEN

land tussen paasfees
NG Kerk Petrusburg
Paasfees Joh 20:17 Jy het familie!

NG Kerk Petrusburg

Play Episode Listen Later Apr 17, 2022 33:04


Jesus se Vader is nou ook óns Vader! Ons het familie geword. Ons hele bestaan het verander. Ons status in die wêreld het verander. Ons is broers en susters van Koning Jesus. Ons is seuns en dogters van God die Vader.

Shofar Secunda | Afrikaans Preke
Wiehan Brown – Paasfees: Oordeel, Genade, Verlossing en Geloof

Shofar Secunda | Afrikaans Preke

Play Episode Listen Later Apr 17, 2022 35:14


Diens slides: https://bit.ly/3xD8pkw

God se Woord VARS vir jou Vandag

Eksodus 12:8 Nog dieselfde nag moet julle die vleis eet. Julle moet dit gebraai eet, saam met ongesuurde brood en bitter kruie.Hierdie hele idee van "sonde", nou ja, dit is nie ‘n besonder gewilde onderwerp in vandag se tyd nie, nè? En tog weet ek en jy albei dat wanneer ons iets verkeerd doen, dit gevolge het. Dit laat so 'n bitter smaak in jou mond.Ja, sonde het bittere gevolge, maak nie saak hoe aanloklik die versoeking aanvanklik gelyk het nie. Ons kan nie oor Paasfees praat sonder om oor ons sonde te praat nie, want dit is juis die rede waarom Jesus, die Lam van God, wat die sonde van die wêreld wegneem, aan Kruis gesterf het. Hy het gekom om die prys wat God se geregtigheid vir ons sonde eis, te betaal.Die afgelope paar dae het ons gesels oor die ryk simboliek van die Pasgamaal, die Pasga Seder, soos dit genoem word. Want dit herdenk die tyd toe God ongeveer anderhalf millennium voordat Jesus gekruisig is, sy volk vrygemaak het van slawerny in Egipte. Hy het hulle beveel om 'n lam te slag en van sy bloed op hulle deurkosyne te verf, sodat die doodsengel, in die laaste van die tien plae oor Egipte, hulle huise sou oorslaan.Die Israeliete is beveel om die geslagte lam met bitter kruie en ongesuurde brode te eet, voordat hulle die volgende dag Egipte sou verlaat. Eksodus 12:8 Nog dieselfde nag moet julle die vleis eet. Julle moet dit gebraai eet, saam met ongesuurde brood en bitter kruie.Bitter kruie? Hoekom? Wel, dit was ‘n simbool wat die Israeliete baie goed verstaan het, want hul ervaring as slawe van Egipte was 'n verskriklike bitter een.Die bitter kruie is 'n herinnering vir my en vir jou, dat sonde ons in ‘n bitter slawerny dompel en dat dit nie iets is waaraan ons wil vashou nie. Dis tog hoekom Jesus gekom het - die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Gebraaide Lamsvleis

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 12, 2022 2:56


Eksodus 12:27 Dit is 'n paasoffer aan die Here omdat Hy in Egipte die Israeliete se huise oorgeslaan het. Terwyl Hy die Egiptenaars getref het, het Hy ons huise gespaar.”Ja, my vriend, hier is ons in die Paasfees-week, besig om in ons gedagtes terug te gaan na daardie Paasfees, die tyd toe Jesus verraai en gekruisig is. Onthou jy, die Pasga is destyds, soos vandag nog, met 'n maaltyd gevier. Gebraaide lamsvleis.In die meeste lande van die wêreld is daar ‘n tradisie om op ‘n sekere dag die gesneuweldes in oorloë se lewens te herdenk en daardie vieringe behels altyd ryk simboliek. Dieselfde geld vir ons met Paasfees, wanneer ons Jesus se kruisiging herdenk. Dit stem ooreenkom met die Pasga-fees van die Jode.Een van die name wat in die Skrif aan Jesus gegee word, is “die Lam van God.” Die idee van die offerlam wys terug na die nag, omtrent 'n millennium en 'n half vroeër, toe God deur die laaste van tien plae, sy volk van slawerny in Egipte bevry het.Om Farao te oortuig om sy volk te laat gaan, het Hy die doodsengel deur die land gestuur om elke eersgebore kind en dier in die land dood te maak. God het die Israeliete beveel om 'n lam, sonder gebrek, te neem, dit dood te maak en die bloed aan die deurkosyne van hulle huise te verf, sodat die doodsengel hulle huise sou oorslaan en nie hulle eersgeborenes sou doodmaak nie. Dit is inderdaad wat gebeur het, en dit is wat die Pasgafees herdenk. Ons lees in:Eksodus 12:27 Dit is 'n paasoffer aan die Here omdat Hy in Egipte die Israeliete se huise oorgeslaan het. Terwyl Hy die Egiptenaars getref het, het Hy ons huise gespaar.”En daarom word Jesus die Lam van God genoem, want wanneer ons in Hom glo, en aan sy bloed wat Hy vir ons aan daardie Kruis gestort het, word ons van die ewige dood gered. ...sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.Dit is Jesus, die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Maroela-onderhoude
SA bevoorreg om Paasfees vry te vier

Maroela-onderhoude

Play Episode Listen Later Apr 12, 2022 9:17


Vicky Kente het met Maroela Media gesels oor Paasfees, die voorreg wat ons as Suid-Afrikaners het om dit vier en ʼn verhaal van hoop uit Nigerië gedeel. Kente hoop dat almal hierdie Paasfees daaraan herinner sal word dat ons lewe in oorvloed het omdat ons vir Jesus, die Lewe, ken.

jesus christ vier kente lewe suid afrikaners paasfees maroela media
God se Woord VARS vir jou Vandag

Eksodus 12:14 “Hierdie dag moet vir julle 'n gedenkdag wees. Julle moet dit as 'n fees tot eer van die Here vier. Vir julle nageslag moet dit 'n vaste instelling wees wat hulle moet vier.Paasfees kom so vinnig nader. Maar dit wil voorkom asof ons so onnadenkend daarmee omgaan, dat dit dikwels meer om die langnaweek gaan, as oor die ware betekenis daarvan. En tog is die Paasfees propvol betekenis.Dit was tydens die Paasfees toe Jesus vir mense soos ek en jy aan 'n Kruis vasgespyker is. Dit was die fees wat God se volk gevier het ter herdenking van die nag toe God Israel uit eeue van slawerny in Egipte, bevry het. Slawerny … ja, dit was 'n vreeslike tyd.Die Egiptenare was wrede meesters. God het tien plae oor Egipte gestuur om die Farao te oortuig om Sy volk te laat gaan. Die Farao het uiteindelik toegegee, toe die doodsengel elke eersgeborene in Egipte doodgemaak het, terwyl die eersgeborenes van die Israeliete gespaar was. Die engel het die Israeliete se huise oorgeslaan – vandaar die naam, die Pasga of soos ons in Engels sê: Passover.Dit was 'n wonderbaarlike tog deur die Rooi See, gevolg deur veertig jaar in die woestyn, voordat hulle uiteindelik die Beloofde Land kon binnegaan. Maar dit was nietemin 'n ontsnapping uit slawerny en hier is die opdrag wat God vir Israel gegee het om tydens Pasga te doen:Eksodus 12:14 Hierdie dag moet vir julle 'n gedenkdag wees. Julle moet dit as 'n fees tot eer van die Here vier. Vir julle nageslag moet dit 'n vaste instelling wees wat hulle moet vier.En toe, 'n millennium en 'n half later, stuur God Sy Seun, Jesus, om aan 'n Kruis te sterf tydens die Paasfees vieringe, wat vir die grootste gedeelte van daardie tydperk gevier is.Daardie tydsberekening is baie betekenisvol. Dis God wat vir ons sê dat Jesus, soos die Paaslam, waaroor ons môre sal praat, gekom het om ons van slawerny te bevry; slawerny van die brutaliteit van ons sonde.Paasfees is ‘n tyd wat God wil hê ons moet stil word en nie daardeur jaag nie, maar moet stop en onthou waaroor dit werklik gaan, want wanneer ons dit doen, eer ons die Here.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans
Tiende plaag aangekondig; Instelling van die Paasfees (Eksodus 10:28-12:28)

Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans

Play Episode Listen Later Jan 11, 2022 27:03


tiende paasfees
Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans
Jesus se dood word beplan; Voorbereiding vir die Paasfees (Matteus 26:1-25)

Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans

Play Episode Listen Later Dec 24, 2021 24:47


Radio Scriptura
Kersfees - die Woord het vlees geword

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Dec 21, 2021 36:07


RC Sproul … (boek: Who is Jesus?) "Unfortunately, most ideas about Christ's identity today, are born of empty speculation, or created to squeeze into a philosopher's pattern rather than drawn from scripture. The Christ that are born this way, simply won't do. A recycled Christ, a Christ of compromise, or an imaginary Christ can redeem no one. A Christ who is watered down, stripped of power, debased of glory, reduced to a symbol, or made impotent by scholarly surgery is not Christ but anti-Christ. Because to supplement the real Christ with a substitute is to work against Christ. To change or distort the real Christ is to oppose Him with a false Christ. To be redeemed and to have assurance of our salvation, we must rid ourselves of these imitations. We need Christ, the real Christ." Aanbieders: Gerhard van Rhyn, Marmix Boersema, Jonker Venter, Jaco de Beer 00:40 Kersfees - Jesus, die lig, het na die wêreld gekom (Joh 1:1-14) 03:54 Jesus het gekom om van die waarheid te getuig (Joh 18:37) 06:00 Post-modernisme vra: Hoe is Jesus nog relevant vandag? 09:12 Jesus is die Waarheid - God se reddingsplan, as Verlosser en Koning 11:18 Jesus en die Vader is een 13:50 Jesus het nie Sy goddelikheid prysgegee nie 14:15 Jesus, die Mens-God 16:58 Is Jesus se geboorte 'n sentimentele boodskap van goedheid? 18:25 Oproep tot aanbidding - Simeon se oë het verlossing gesien 19:44 Moet ons met persente 'n gevoel van troos tydens Kersfees skep? 21:00 Hou vas aan die ware evangelie 21:48 Ons kan nie die karaktertrekke van God aanbid nie 23:23 Christus is die Een wat hoop bring, want Hy is die Lig 26:27 Moet ons Kersfees regverdig? 27:50 Hy is waardig 28:12 Kortstondige euforia van Kersfees, Paasfees en doop 29:16 Die Heilige Gees het geloof geplant in die skaapwagters en wyse manne 30:48 Die krip was nie 'n mooi prentjie nie 32:00 Die skaapwagters het vir almal vertel, God geloof en geprys in verwondering 33:00 RC Sproul aanhaling...(Book: Who is Jesus? "Unfortunately, most ideas

God se Woord VARS vir jou Vandag
Hoe Is Dit Moontlik?

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Dec 16, 2021 2:56


Johannes 3:9,14,15 Nikodemus vra Hom toe: “Maar hoe is dit moontlik?”… Moses het die slang in die woestyn hoog op 'n paal gesit; so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê..”Een vraag wat my kort na my bekering gepla het, was wat is Jesus se rol in my verhouding met God? Waarom is daar iets soos Kersfees, hoekom ‘n Paasfees? Wel, hoekom?Dit is goed om sulke vrae te vra.Johannes 3: 9 en 14, 15 Nikodemus vra Hom toe: “Maar hoe is dit moontlik?”… Moses het die slang in die woestyn hoog op 'n paal gesit; so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê.”Op hierdie stadium het Nikodemus, die skrifgeleerde, teruggedink aan Israel se geskiedenis in Numeri, hoofstuk 21. Israel was afvallig van God. Hy het 'n plaag van giftige slange na hulle gestuur om hulle te straf. Baie het gesterf. Maar Moses het namens Israel hulle sondes bely en God het hom beveel om 'n koperslang te maak en dit op 'n paal te sit. As 'n slang iemand sou pik, moet hy slegs na die koperslang kyk en hy sal lewe. Geen hospitale is gebou nie, geen serum is gebruik nie, geen dapper manne is gestuur om die slange dood te maak nie. Nee! Al wat van hulle moes doen, was om op te kyk, om te sien en om te glo en hulle sou gesond word.Op dieselfde manier neem Jesus ons sonde op Hom. Hy word namens ons sonde. Hy word namens ons aan die kruis, op daardie paal, geplaas vir ons sonde. En al wat ons moet doen om wedergebore te word, is nie om op 'n selfhelp-program te gaan nie, maar om na Jesus te kyk en te glo. Trouens, hoe meer ons na Christus as die gekruisigde kyk, hoe dieper word ons berou en hoe meer word ons oorweldig deur die Gees wat ons lewens vernuwe. Dit is die enigste manier om wedergebore te word, die enigste manier om die koninkryk van God binne te gaan. Laat ek jou dus vra: is jy wedergebore? Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Ek en die Bybel
Numeri 9

Ek en die Bybel

Play Episode Listen Later May 27, 2021 3:44


Die verhaal van die Paasfees in die woestyn. Die wolk- en vuurkolom bo die Tabernakel.

numeri paasfees
Kompas Dienste
Hoekom sukkel jy om te glo ?

Kompas Dienste

Play Episode Listen Later Apr 14, 2021 28:51


Net soos vorige jare het ons sopas Paasfees gevier. Dit is soveel meer as net ‘n lekker langnaweek. In Paasfees sien ons dat Jesus die dood oorwin het en opgestaan het,  maar tog leef ons soms asof Jesus nie lewe nie, asof Hy nooit uit die dood opgestaan het nie. Met ons nuwe reeks gaan ons kyk na hoekom ons sukkel om te lewe asof Jesus opgestaan het. Deur die oë van ‘n volgeling wat leef asof Jesus opgestaan het, gaan ons na vrae en uitdagings van die lewe kyk. Marius Malan het die reeks vir ons afgeskop en gesels oor as Jesus lewe, hoekom sukkel ons om te glo? Geloof is nie net kopkennis en 'n paar mooi stories wat ons ken nie. Geloof is dit waarvolgens ons leef en wat ons koers bepaal. Dalk het ons toegelaat om al die dinge van God te hoor en te sien, maar iewers het ons ophou glo in God.