Monitor

Follow Monitor
Share on
Copy link to clipboard

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

RSG


    • Sep 29, 2026 LATEST EPISODE
    • weekdays NEW EPISODES
    • 26m AVG DURATION
    • 4,385 EPISODES


    More podcasts from RSG

    Search for episodes from Monitor with a specific topic:

    Latest episodes from Monitor

    Monitor: R6 miljard vloei onwettig uit SA weens swak regulasies en beheermaatreëls

    Play Episode Listen Later Sep 29, 2026 47:19


    29 September 2026: Politieke partye is diep bekommerd oor die voortgesette massaskietvoorvalle. Ons verduidelik hoe die kandidatelys-fiasko die ANC duur te staan kan kom in die Mangaung-metro. 'n Beraamde R6 miljard vloei onwettig uit Suid Afrika weens swak finansiële regulasies en beheermaatreëls oor veral sake-ondernemings in die sogenaamde townshipekonomie.

    Monitor: 27 Dood in naweek van ongebreidelde misdaad

    Play Episode Listen Later Sep 28, 2026 48:38


    28 September 2026: 'n Naweek van ongebreidelde misdaad landwyd eis minstens 27 lewens. 'n Nuwe databasis van sowat vier miljoen slawe in voormalige Britse kolonies - ook Suid-Afrika - word aanlyn bekendgestel. Action SA stel sy verkiesingsmanifes bekend.

    Monitor: Bek-en-klouseer steek kop uit in Namibië

    Play Episode Listen Later Sep 25, 2026 49:13


    25 September 2026: 164 Suid-Afrikaners is reeds vanjaar in 38 voorvalle van massaskietery dood. Die One Billion Rising South Africa-organisasie betoog teen vrouemoorde in Kaapstad. Bek-en-klouseer steek kop uit in die Kharas-streek in Namibië.

    Monitor: Trump oorweeg verbod op Amerikaanse dieseluitvoere

    Play Episode Listen Later Sep 24, 2026 48:18


    24 September 2026: Die Reserwebank sê sy besluit om die repokoers met 25 basispunte te verhoog, is 'n voorsorgmaatreël teen prysskokke. Die polisie in KwaZulu-Natal sal met inwoners van die Ziko-gebied praat om die skuldiges in die moord op elf mense by 'n partytjie op te spoor. Ons bekyk ons erfenis as Suid-Afrikaners van verskillende kante.

    Monitor: Styging in rentekoerse in die vooruitsig

    Play Episode Listen Later Sep 23, 2026 47:50


    23 September 2026: 'n Verhoging in die repokoers blyk onafwendbaar te wees. Bela-Bela se inwoners stig 'n politieke party vir die plaaslike verkiesing. 'n Kaapse prokureur vra vir 'n nasionale kode vir skolerugbywerwing.

    monitor kaapse bela bela
    Monitor: 'n Algehele verbod op drink en bestuur dalk binnekort werklikheid

    Play Episode Listen Later Sep 22, 2026 49:06


    22 September 2026: Die departement van vervoer is vasberade om 'n algehele verbod op dronkbestuur in te stel. Meer gegoede skole in Gauteng sukkel om kop bo water te hou nadat leerlingsubsidies aansienlik besnoei is. Die Oos-Kaapse hooggeregshof las dat Intercape wel passasiers by die Ncgobo Polisiestasie mag op- en aflaai.

    Monitor: Drie ondervra oor Oos-Rand-moorde

    Play Episode Listen Later Sep 21, 2026 51:07


    21 September 2026: Drie mense word ondervra in verband met die moord op nege vroue aan die Oos-Rand. Die uitbreking van a-pokke plaas die kollig weer op die belangrikheid van inentings. President Donald Trump straf mediahuise, wat volgens hom, fopnuus versprei.

    Monitor: Verskerpte optrede ná negende liggaam aan Oos-Rand gevind is

    Play Episode Listen Later Sep 18, 2026 52:49


    18 September 2026: Verskerpte optrede van die polisie nadat 'n negende liggaam van 'n vrou aan die Oos-Rand gevind is. Reaksie op die VSA se jongste visumbeperkings en dreigemente van verdere sanksies deur die Amerikaanse ambassadeur. 'n Vlak 6-waarskuwing vir swaar, ontwrigtende reën langs die KwaZulu-Natalse kus en aangrensende binneland.

    Monitor: Meer as 5 000 plaaslike regering-verkiesingskandidate gediskwalifiseer

    Play Episode Listen Later Sep 17, 2026 52:19


    17 September 2026: Die OVK sê meer as 5 000 kandidate vir die plaaslike regeringsverkiesings is gediskwalifiseer. Mense word gewaarsku om nie vals inligting oor 'n sogenaamde Kemptonpark-reeksmoordenaar te versprei nie. Die Nasionale Skuilingsbeweging sê hulle kan nie slagoffers van geslagsgeweld en vrouemoord help sonder die nodige befondsing, infrastruktuur en ondersteuning nie.

    Monitor: Beloning van R400 00 uitgeloof vir inligting oor Oos-Rand-moorde

    Play Episode Listen Later Sep 16, 2026 49:13


    16 September 2026: Kenners sê die polisie moes beter kommunikeer nadat die eerste liggame aan die Oos-Rand gevind is. Uitspraak waarskynlik vanoggend gelewer in die ANC se saak teen die OVK. Ondanks 'n mediaverklaring, wonder Suid-Afrikaners hoekom adjunkpresident Paul Mashatile so lank uit die openbare oog is.

    Monitor: Kommer dat reeksmoordenaar aan Oos-Rand bedrywig is

    Play Episode Listen Later Sep 15, 2026 49:18


    15 September 2026: 'n Saak van strafbare manslag geopen ná die grubotsing in die Sentraal Karoo waarin 21 mense dood is. Kommer dat 'n reeksmoordenaar aan Gauteng se Oos-Rand bedrywig is, nadat die liggaam van 'n vyfde vrou gevind is. Die sluiting van nóg 'n diamantmyn in die Noord-Kaap dompel sake-eienaars in finansiële nood.

    Monitor: Polisie ondersoek moord op vier vroue in Kemptonpark afgelope twee maande

    Play Episode Listen Later Sep 14, 2026 49:29


    14 September 2026: Die polisie ondersoek 'n moontlike verband tussen die moord op vier vroue van Kemptonpark die afgelope twee maande. Minister Pemmy Majodina word by die parlement se etiekkomitee verkla weens haar gevloekery by 'n gemeenskapsvergadering. BRICS pleit vir kalmte en selfbeheersing te midde die oorlog in die Midde-Ooste.

    Monitor: W-Kaap regering gryp in om watertoevoer in Beaufort-Wes te herstel

    Play Episode Listen Later Sep 11, 2026 47:34


    11 September 2026: Die Wes-Kaapse regering gryp in om watertoevoer in Beaufort-Wes te herstel. Minister Pemmy Majodina is in die sop oor haar kru taal by 'n gemeenskapsvergadering in Kouga in die Oos-Kaap. Navorsers van die Universiteit van die Vrystaat sê die waarskuwingsligte het etlike jare geflikker voor die Jagersfontein-ramp vier jaar gelede.

    Monitor: Klopjagte by skole in Gauteng het verbode items aan die lig gebring

    Play Episode Listen Later Sep 10, 2026 50:06


    10 September 2026: Verskeie instansies word gevra om die dood van die polisiehond, Sky, te ondersoek. Gauteng se owerhede voer klopjagte op skole uit om dwelms, bendebedrywighede en vuurwapens te teiken. Swak dienslewering kan dorpe wat op toerisme staatmaak, benadeel.

    Monitor: Rooivleisbedryf kry toegang tot Egiptiese mark

    Play Episode Listen Later Sep 9, 2026 49:03


    9 September 2026: Die ontsnapping van 'n gevangene uit die Rooigrond-tronk in Noordwes maak opslae. Die rooivleisbedryf kry toegang tot die Egiptiese mark. Die ANC verduidelik hoekom hy die Verkiesingskommissie oor kandidaatlyste hof toe neem.

    Monitor: Beaufort-Wes maak staat op watertenks nadat hoofwaterpyplyn beskadig is in fratsvloed

    Play Episode Listen Later Sep 8, 2026 46:03


    8 September 2026: Boere is versigtig optimisties oor skorsing van Onderstepoort Biologiese Produkte se waarnemende uitvoerende hoof. Beaufort-Wes in die Sentraal Karoo het steeds waterprobleme, nadat die dorp se hoofwaterpyplyn tydens 'n fratsoorstroming beskadig is. Die polisie in die Vrystaat waarsku mense om nie vals KI-foto's te versprei nie.

    Monitor: Waarskuwings van versengende hitte en droogte weens sterk El Niño

    Play Episode Listen Later Sep 7, 2026 47:47


    7 September 2026: President Cyril Ramaphosa doen 'n beroep op integriteit in die polisiediens. SAAI waarsku dat boere hulle produksieplanne en insetbegrotings noukeurig moet hersien vir 'n sterk El Niño wat voorlê. Die DA en ANC loop volgens 'n IPSOS-peiling kop-aan-kop in die meeste metropole.

    Monitor: ANC eis dat OVK kandidaat-benoemingstelsel ondersoek word

    Play Episode Listen Later Sep 4, 2026 46:57


    4 September 2026: Opposisiepartye stel hulle saak in die president se aansoek om die onafhanklike Artikel 89-paneel se verslag op hersiening te laat neem. Die ANC eis dat die aanlyn-kandidaatbenoemingstelsel dringend ondersoek word, terwyl die OVK geen verdere toegewings gaan maak nie. Die wewenaar van 'n bemanningslid van die SAS Manthathisi het drie jaar later stééds talle onbeantwoorde vrae.

    Monitor: Geen verbyvlug voor derde toets teen All Blacks

    Play Episode Listen Later Sep 3, 2026 46:33


    3 September 2026: President Cyril Ramaphosa se regsverteenwoordiger, advokaat Wim Trengove, beskryf die Artikel 89-afsettingskomitee as 'n politieke spel. Meer as 140 000 kandidate gooi hulle name in die verkiesingshoed. Die SAS Manthathisi-duikboot is terug in die water drie jaar ná die tragiese voorval in Kommetjie toe drie bemanningslede dood is. Daar sal nie ‘n verbyvlug wees vir die derde toets teen die All Blacks nie.

    Monitor: Boer laai lammers wat keelaf gesny is, by polisiekantoor af

    Play Episode Listen Later Sep 2, 2026 50:30


    2 September 2026: Suid Afrikaners se ervaring is dat moord aan die toeneem is, al is dit teenstrydig met die polisie se misdaadstatistiek. Die Departement van Basiese Onderwys beoog nuwe regulasies om die kommunikasie tussen onderwysers en leerlinge op platforms soos WhatsApp te reguleer. ‘n Moedelose boer van Steynsrus in die Vrystaat laai die karkasse van minstens 20 lammers wat keelaf gesny is, by die polisiekantoor af.

    Monitor: Motoriste moet weer hoes vir brandstof

    Play Episode Listen Later Sep 1, 2026 48:13


    1 September 2026: Motoriste dok weer op by die pomp. 'n Sakeman word op R200 000 borgtog vrygelaat na sy verskyning in die hof in verband met die Tembisa Hospitaal-bedrogsaak. 'n Ad hoc-komitee word in die Wes-Kaapse wetgewer op die been gebring om geweldsmisdaad te ondersoek.

    Monitor: ANC-lid in warm water oor KI-video

    Play Episode Listen Later Aug 31, 2026 50:32


    31 Augustus 2026: 'n ANC-lid word by die Verkiesingskommissie verkla in verband met 'n kunsmatige intelligensie-gegenereerde video. Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, berispe Johannesburg se burgemeester, Dada Morera. Die PAC waarsku mense om nie vir Helen Zille van die DA te stem nie.

    Monitor: Kommer oor dwelm-vervaardigingsfasiliteite in Limpopo

    Play Episode Listen Later Aug 28, 2026 48:56


    28 Augustus 2026: Die polisie is bekommerd oor die baie onwettige dwelmvervaardigingsfasiliteite wat sedert 2020 op plase in Limpopo ontdek is. Die Appèlhof in Bloemfontein sal dalk binnekort 'n verreikende beslissing oor welsynstoelaes lewer, wat die regering 'n ekstra R100 miljard per jaar uit die sak sal jaag. Boere word gemaan om kunsmatige intelligensie te benut.

    Monitor: Dodelike oorstromings in Nepal

    Play Episode Listen Later Aug 27, 2026 49:21


    27 Augustus 2026: Die Speaker van die Nasionale Vergadering oorleef 'n mosie van wantroue. Premier Foods en vakbonde probeer 'n alternatief vind vir die sluiting van sy Tulbagh-fabriek. Die jongste oor die dodelike oorstromings in Nepal.

    Monitor: Merkbare styging in maselgevalle

    Play Episode Listen Later Aug 26, 2026 49:02


    26 Augustus 2026: Bankbedrog styg met 19%. 'n Merkbare styging in masels landwyd. Die storm duur voort om die kop van die DA-woordvoerder oor Finansies, dr. Mark Burke.

    Monitor: Verbruikerskommissie gaan telebemarkers vasvat

    Play Episode Listen Later Aug 25, 2026 50:33


    25 Augustus 2026: Die Nasionale Verbruikerskommissie gaan telebemarkers vasvat. Wetenskaplikes waarsku dat vanjaar se El Niño-verskynsel die sterkste in menseheugenis kan wees. Noordwes span nou hommeltuie in om brande te bestry.

    Monitor: ANC stel verkiesingsmanifes bekend, met klem op dienslewering en skoon regering

    Play Episode Listen Later Aug 24, 2026 48:01


    24 Augustus 2026: Die Wes-Kaapse polisiekommisaris, luitenant-generaal Sizakhele Dyantyi, besoek Knysna ná die moord op drie ANC-lede. Die ANC onthul sy verkiesingsmanifes, met die klem op dienslewering en skoon regering. Die bokslegende Zolani Tete sal Saterdag te ruste gelê word tydens 'n gedenkdiens by die KuGompu-stadsaal in die Oos-Kaap.

    Monitor: Fase 3 van vennootskap tussen regering en besighede wil 1 miljoen werksgeleenthede skep teen 2030

    Play Episode Listen Later Aug 21, 2026 49:46


    21 Augustus 2026: Die Madlanga-kommissie kritiseer die sakeman Stuart Scharnick weens bewerings dat hy 'n joernalis geintimideer het. Fase Drie van president Cyril Ramaphosa se vennootskap tussen die regering en groot besighede word bekendgestel, met die doelwit van een miljoen werksgeleenthede teen 2030. Die bestuurshoof van die FW de Klerk-stigting, Christo van der Rheede, lewer kommentaar op Solidariteit se Akademia-universiteit.

    Monitor: Personeeltekort by Meesterskantoor in Jhb lei tot vertragings

    Play Episode Listen Later Aug 20, 2026 48:52


    20 Augustus 2026: Groot personeeltekorte by die Meesterskantoor in Johannesburg vertraag die afhandeling van boedels met maande. Die afsettingskomitee gaan 'n regsmening inwin ná 'n brief van die president oor die aanstelling van die komitee se getuienisleier. Die minister van kommunikasie verduidelik hoekom die SAUK se versoek afgekeur is vir bykomende befondsing vir die dekking van die plaaslike regeringsverkiesing.

    Monitor: Opposisiepartye eis DA-LP se kop

    Play Episode Listen Later Aug 19, 2026 48:23


    19 Augustus 2026: Opposisiepartye eis DA-LP Mark Burke se kop, nadat die maatskappy wat hy gestig het, vir beweerde valutabeheeroortredings ondersoek word. Die regering wil sy maandlikse toewysing van gratis basiese elektrisiteit aan arm huishoudings vermeerder. 'n Regsstryd ontwikkel om 'n afsonderlike munisipaliteit vir die groter Harrismith-gebied in die Vrystaat te vestig.

    Monitor: Kommer NSFAS se skuld

    Play Episode Listen Later Aug 18, 2026 49:11


    18 Augustus 2026: Kommer oor die reusebedrae wat NSFAS aan universiteite en studente skuld. President Ramaphosa wil sy SAOG-voorsitterskap gebruik om streekshandel en -samewerking te verbeter. Die Silwerskermfees wys dat die rolprentbedryf herstel en mense weer terugkeer teaters toe.

    Monitor: SAOG-beraad begin in Durban

    Play Episode Listen Later Aug 17, 2026 49:29


    17 Augustus 2026: Staatshoofde kom in Durban aan vir die 46ste beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkeling-gemeenskap. Die SAKP maak sy verkiesingsmanifes onafhanklik bekend. Die Amerikaanse senaat verleng AGOA vir 'n verdere twee jaar - ons praat oor die implikasies vir Suid-Afrika.

    Monitor: Donkieslag en -handel onder vergrootglas

    Play Episode Listen Later Aug 14, 2026 49:42


    14 Augustus 2026: Talle vrae oor die omstandighede wat gelei het tot die dood van 14 onwettige mynwerkers buite Rustenburg. Donkiehandel en regulasies oor die slag van dié diere onder die vergrootglas. Linkse Demokrate wen veld in die VSA - ons praat met 'n ontleder oor hoekom dit al hoe meer die geval is.

    Monitor: SA in vyfde plek in wêreld met die hoogste alkoholverbruik

    Play Episode Listen Later Aug 13, 2026 48:38


    13 Augustus 2026: Kritiek op nuwe wetgewing teen onwettige mynbouaktiwiteite. Die polisie sê nog inhegtenisnemings kan volg in die moord op twee polisiebeamptes in Reiger Park aan die Oos-Rand. SA is vyfde op ‘n wêreldlys van lande met die hoogste alkoholverbruik - kan nuwe belasting op alkohol Suid-Afrikaners oorreed om minder te drink.

    Monitor: Weermag se operasies op Kaapse Vlakte en in Gauteng sukkel weens gebrek aan geld

    Play Episode Listen Later Aug 12, 2026 47:51


    12 Augustus 2026: Die Weermag se Operasie Prosper op die Kaapse Vlakte en Gauteng struikel glo, weens 'n gebrek aan geld. Reddingswerk gaan voort in Colombië, waar duisende mense in die puin vasgekeer is ná Maandag se groot aardbewing. In Suid-Afrika is daar planne om minderjariges teen sosiale media te beskerm.

    Monitor: Nóg ontwrigtende sneeu in dele van Oos-Kaap en KwaZulu-Natal verwag

    Play Episode Listen Later Aug 11, 2026 48:25


    11 Augustus 2026: ‘n Voormalige skoolhoof in die Oos-Kaap verwelkom die Nasionale Vervolgingsgesag se besluit om Julius Malema weens crimen iniuria te vervolg. Nóg ontwrigtende sneeu word vir dele van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal voorspel. Mense word gewaarsku om versigtig in die sneeu en ysweer te bestuur.

    Monitor: Onsekerheid oor toekoms van werknemers by Premier Foods se inmaakvrugte-aanleg op Tulbagh

    Play Episode Listen Later Aug 10, 2026 49:31


    10 Augustus 2026: Die regering gaan sy pogings verskerp om bendegeweld in Reigerpark en Westbury in Gauteng hok te slaan. Die polisie ondersoek drie massaskietvoorvalle in Kaapstad, wat 11 lewens geëis het. Landbou-organisasies vra vir 'n dringende vergadering met Premier Foods oor die sluiting van sy Tulbagh-inmaakfabriek. Die president vra mans en seuns om vroue teen geweld en misdaad te beskerm.

    Monitor: Afleggings dreig by twee groot media-organisasies

    Play Episode Listen Later Aug 7, 2026 49:53


    7 Augustus 2026: Afleggings dreig by twee groot media-organisasies - ons vra wat die impak op joernalistiek sal wees. Duisende aansoeke vir skoolplasings in Gauteng is binne enkele dae ontvang. 'n Openbare deelnameproses begin oor die voorgestelde minimumloon vir 2027.

    Monitor: Diplomaat in moeilikheid oor Zuma se Indië-besoek

    Play Episode Listen Later Aug 6, 2026 49:25


    6 Augustus 2026: 'n Diplomaat op die rooi tapyt oor oudpresident Zuma se besoek aan Indië. 'n Moslemvrou se vuurwapenlisensie afgekeur oor haar hoofbedekking. 'n Poging om stemlokale meer toeganklik te maak vir mense met gestremdhede.

    Monitor: Ingrypende veranderinge aan MK-party se leierstruktuur

    Play Episode Listen Later Aug 5, 2026 49:59


    5 Augustus 2026: Die president van die MK-party, Jacob Zuma, kondig ingrypende veranderinge in sy leierstruktuur aan. Hoekom presteer sommige munisipaliteite soveel beter as ander? Ons praat met die FW de Klerk-stigting oor hulle rapport vir plaaslike regerings. Alles wat jy moet weet oor die nuwe 10 jaar-rybewys.

    Monitor: Departement van Militêre Veterane in groot gemors

    Play Episode Listen Later Aug 4, 2026 49:05


    4 Augustus 2026: Ons bespreek die groot gemors waarin die Departement van Militêre Veterane hom bevind, en bring terugvoer op luisteraars se vrae. Kritiek teen die lankverwagte Nasionale Raad teen Geslagsgeweld en Vrouemoord. Die OVK is veral tevrede met die aantal jongmense wat registreer vir die verkiesing.

    Monitor: Grondwetlikheid van Onteieningswet in hof betwis

    Play Episode Listen Later Aug 3, 2026 50:47


    3 Augustus 2026: Talle partye tree vandag tot die stryd toe in die hooggeregshof in Kaapstad om die grondwetlikheid al dan nie, van die Onteieningswet te bepaal. Voornemende kiesers het nog tot Vrydag om vir die verkiesing te registreer, aar baie kiesers sê hulle gaan wegbly van die stembus weens swak dienslewering.

    Claim Monitor

    In order to claim this podcast we'll send an email to with a verification link. Simply click the link and you will be able to edit tags, request a refresh, and other features to take control of your podcast page!

    Claim Cancel