Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

President Cyril Ramaphosa lewer sy Nuwejaarsboodskap aan die land. Suid-Afrika se begrotingstekort styg met meer as R14 miljard - ons praat met 'n ekonoom. Die drama oor die Tweedenuwejaar-Klopseparade in Kaapstad verdiep.

Die ANC het vanjaar 'n reeks wysigings aan sy grondwet voorgestel - ons sit dit uit een. Die Madlanga-kommissie hervat weer in Januarie - ons neem die getuienis tot dusver in oënskou. Die nuwe jaar is om die draai en die land se paaie gaan weer besig raak - ons praat met die verkeersowerhede.

Moontlike brandstofprysverligting vir motoriste in die nuwe jaar. Vakbonde is onsteld oor die groot getal onderwysers wat glo betrokke is by die jongste matriekbedrog. Bafana Bafana het die uitklopfase van AFCON bereik - waar kan ‘n verdere verbetering in spelpeil vandaan kom?

Die polisie in Gauteng soek steeds na ‘n groep gewapende transitorowers ná Saterdag se geweldadige tonele in Thokoza. Klopjagte in die Wes-Kaap lei tot die inhegtenisneming van minstens drie verdagtes in verband met bendegeweld op die Kaapse Vlakte. Rusland loods 'n rits nuwe aanvalle op Oekraïne se hoofstad kort voor gesprekke tussen die Amerikaanse president en die president van Oekraïne.

Gautengse gesondheidsowerhede is bekommerd oor die getal tiener-ma's in die provinsie. Die feesseisoen is 'n bitter herinnering van verlies vir slagoffers van bendegeweld in die Wes-Kaap. Verkeersvolumes begin van vandag af weer toeneem. Ons praat met die onderskeie verkeersowerhede.

Die nuusstorie wat vanjaar meer as enige ander op ons sosiale media-platforms afgelaai is, is die storie van die wegraping: die dag toe die musikant en prediker, Danie Botha, aan die wêreld verkondig het dat hy 'n boodskap ontvang het dat die wêreld teen 24 September 2025 sou vergaan. Ons hoor of Botha weer die Woord op dié manier sal verkondig. Ons bring ook vir jou stories oor spesiale kerstradisies vanoor regoor die wêreld en uit Suid-Afrika, spesiale kersdisse, wat mense se kersherinneringe is, hoekom kersfilms soveel heimweë uitlok, en wat die kleingoed in hulle kerskouse wil hê.

Adjunkpresident Paul Mashatile beloof in sy Kersboodskap dat ekonomiese herstel in 2026 ‘n regeringsprioriteit sal wees. Gee die kabinet werklik uitvoering aan die Grondwet se opdrag om die lewensgehalte van alle burgers te verbeter? UNISA kap terug ná bewerings dat die universiteit se raad gekaap is.

'n Terugblik oor die mynboutragedie in Stilfontein in Noordwes vroeër vanjaar, terwyl die onwettige mynboukrisis in Bapong ontvou. Dierewelsynsorganisasies sien 'n toename in weggooitroeteldiere tydens die feesgety. Die jongste nuus na nóg oorstromings in KwaZulu-Natal.

Die motief vir die Bekkersdal-slagting waarin 9 mense doodgeskiet is, steeds onbekend. Nuwe navorsing wys dat laerskoolleerlinge wat grade herhaal, beter presteer as dié wat na 'n volgende graad bevorder word. Die MK-party het die afgelope twee jaar vriend en vyand verras, maar waarheen nou?

'n Klopjag word op die gebou uitgevoer waar DJ Warras doodgeskiet is. Die Tuinroete ervaar 'n ernstige droogte. Die Weerdiens waarsku oor weersomstandighede vir die volgende twee maande.

Die Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur wil nalatigheid in die konstruksiebedryf strafregtelik vervolg ná die ineenstorting van ‘n Hindoe-tempel by Verulam. Ons ontleed die Wes-Kaap se jongste misdaadsyfers. Teenstrydige berigte oor wat tydens 'n klopjag by 'n Amerikaanse vlugtelingsentrum in Johannesburg gebeur het.

Talle mense is geskok oor die moord op die vermaaklikheidster, DJ Warras. Die presidensie sê hulle sal 'n Starlink-proses ondersteun, mits dit wettig is. 213 Ongelukke is sedert die begin van die feestyd aangemeld.

Die premier van KwaZulu-Natal oorleef 'n wantrouemosie te midde van chaos in die wetgewer. Hoe versoen is Suid-Afrikaners? Wyle dr. Franklin Sonn vereer.

Die premier van KwaZulu-Natal, Thami Ntuli, sê die regering het begin om met die boubedryf oor voldoening aan regulasies te praat nadat 'n tempel in Durban ineengestort het. Afriforum se bewering dat ten minste twee joernaliste deur die regering betaal word om die burgerregte-organisasie te diskretiteer, laat die wenkbroue lig. Die SAKP is onseker oor sy alliansie met die ANC. Australië se eerste minister Anthony Albanese sê sy regering sal alles doen wat nodig is om antisemitisme uit te roei ná die skietaanval op Bondi Beach in Sydney.

Die Spesiale Ondersoekeenheid voer klopjagte uit op 16 maatskappye en 35 mense vir beweerde bedrog van R161 miljoen. 'n Taakspan ondersoek uitgelekte eksamenvraestelle. Die ANC-president sê die party sal weer onstuitbaar word.

Die familie van 'n vermoorde Brakpan-man eis geregtigheid ná onthullings by die Madlanga-kommissie. Meer as 80% van die rioolsuiweringsaanlegte in die land stort besoedelde water direk in riviere en damme. Hoe lyk Australië ‘n dag nadat alle kinders onder 16 jaar oud verban is om toegang te hê tot sosiale media.

Die ANC-president vra partylede om nie-rassige beleid in Suid-Afrika, te bevorder. Onderhoude vir die nuwe hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag begin vandag. Die Kannaland-munisipaliteit in die Wes-Kaap is op die rand van finansiële ineenstorting.

Die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula skets 'n donker prentjie van die party. Die polisie identifiseer drie mense van belang in die ondersoek na die moord op die fluitjieblaser, Marius van der Merwe. Die amptelike brandseisoen in die Wes-Kaap het begin - brandbestryders het reeds op 92 brande in die provinsie gereageer.

Die ANC gaan sy vernuwingsveldtog by sy hoofraadsvergadering in oënskou neem. Die veiligheid van fluitjieblasers is onder die vergrootglas ná die moord op Getuie D by die Madlanga-kommissie. Minder as 30% van Suid-Afrikaanse soldate is gesond genoeg om ontplooi te word. Fedsas is bekommerd dat die Menseregtekommissie traag is om klagtes in die onderwyssektor te ondersoek.

Gauteng se onderwysdepartement sê ouers moet deels die blaam dra vir die skoleplasingskrisis. Kommer oor skietvoorvalle buite howe in die Kaapse-metro. Die vernuwing van die ANC in Johannesburg is hoog op die agenda by sy streekskonferensie. Eskom beplan om nog 'n kernkragsentrale op te rig.

Die soektog na die tweede verdagte in die Baltimore-plaasmoord gaan voort, terwyl die eerste verdagte vandag weer in die hof sal verskyn. Suid-Afrika se wapenverkope aan die Verenigde Arabiese Emirate word as 'n gebrek aan behoorlike oorsig gesien. Nóg 'n parlementêre komitee word in die lewe geroep, dié keer op provinsiale vlak, teen bendegeweld in Kaapstad.

Die ANC ontken 'n komplot om sy president te verwyder. Eben Etsebeth sal nog moet wag om te hoor wat sy straf is. Op Wêrelddag vir Mense met Gestremdhede praat ons oor die uitdagings.

Inwoners van woonbuurte soos Westbury, Newclare en Bosmont in Gauteng betoog teen bendegeweld. Die parlement, op aandrang van die EFF, gaan 'n ondersoek na bendegeweld in Kaapstad begin. Ons praat oor kommunikasie tussen mense wat verskillende tale praat.

Matrieks se 30 persent-slaagsyfer weer in die kollig. 'n Tropiese en ekstra-tropiese weerstelsel beïnvloed die land - 'n weerkundige verduidelik wat ons kan verwag. 'n Skerp toename in die dieselprys Woensdag.

'n Neurochirurg by Tukkies ontwikkel 'n manier om kinderbreinsiektes beter te diagnoseer en bestuur. Kommer oor die verspreiding van al hoe meer waninligting, en die invloed wat dit op demokrasie het. ‘n Ekonoom waarsku teen Swart Vrydag.

Parlementslede wil die voormalige bestuurshoof van die Padongelukkefonds, Collins Letsoalo, agter tralies sien. President Cyril Ramaphosa gaan weens beweerde etiekoortredings ondersoek word. Die omstrede sakeman, Vusimuzi Cat Matlala, begin met sy getuienis oor polisiekorrupsie voor die parlement se ad hoc-komitee.

Cat Matlala se regspan slaag nie daarin om sy getuienis vandag voor die parlementêre ad hoc-komitee uit te stel nie. Die G20-presidentskap word stil-stil aan die VSA oorhandig. Hoe haalbaar is versoeke dat leefstyloudits op senior polisielede gedoen word?

Die korrupsiesaak teen 'n lid van die Valke en 'n Tembisahospitaal-beampte word tot volgende week uitgestel. Die Konstitusionele Hof sal vandag begin besin oor die afdwingbaarheid van die Menseregtekommissie se besluite. Die Tafelberg Nasionale Park skenk aandag aan die veiligheid van besoekers.

Die G20-beraad wat in Johannesburg plaasgevind het, word as 'n sukses beskryf. 'n Twis tussen die DA-leier, John Steenhuisen, en voormalige minister Dion George, kan Steenhuisen se loopbaan kortknip. Geen plan teen fossielbrandstof word by die COP30-gesprekke in Brasilië aanvaar nie.

Die Noordwes-sakeman, Brown Mogotsi, se getuienis voor die Madlanga-kommissie word weer betwis. 'n Daling in die repokoers word verwelkom. Die Withuis onderspeel Amerika se teenwoordigheid by die G20-beraad.

Presies hóé klink die waarheid? Getuienisleiers by die Madlanga kommissie vra of Brown Mogotsi homself in 'n hoek verf. Omgewingsbewaringsgroepe skryf 'n ope brief aan president Cyril Ramaphosa oor die gebrek aan Suid-Afrika se verteenwoordiging by COP30, en Gautengse maatskappye wat pantservoertuie verhuur, kan nie byhou met die aanvraag te midde van die G20-beraad nie.

Die Demokratiese Alliansie in George in die Wes-Kaap het 'n nuwe veelparty-koalisie-ooreenkoms aangegaan, wat hul leierskap in de raad verseker. Misdaad op die N2 in die Wes-Kaap is weer onder die vergrootglas, en die Ekurhuleni metro begin 'n ondersoek teen korrupsie.

Die VSA weier blykbaar nou ook om die G20-verklaring te onderteken. Ons vra of dit die beraad se uitkoms sal verswak. Talle organisasies hou 'n beraad as teenvoeter vir die G20 onder die vaandel, We, the 99 percent... Kommer oor die vyf sluise wat gister by 'n propvol Vaaldam oopgemaak is.

Die ANC ontken dat daar 'n poging is om sy president, Cyril Ramaphosa, uit die kussings te lig. Amerika se tariefkwytskeldings op talle landbouprodukte word wyd verwelkom. Ons praat met 'n ekonoom oor Standard & Poor's se besluit om Suid-Afrika se kredietgradering oor staatskuld te verhoog. Huldeblyke stroom steeds in ná die dood van die oudambassadeur en akademikus, dr. Franklin Sonn.

Die Wes-Kaapse premier maak uiteindelik 'n verslag bekend oor die beweerde samewerking tussen die polisie en bendes. Hoe haalbaar is die voorstel dat ESKOM sukkelende munisipaliteite se kragverskaffing oorneem? Vandag, op Wêreld Diabetesdag, praat ons met 'n kenner oor die vroeë gevaartekens.

Die Tesourie verwag dat Suid-Afrika se ekonomie effens stadiger sal groei. Die president bring veranderinge aan sy kabinet aan. 'n Vervoerkenner sê die Aarto-stelsel moet herroep word. Die regering wil 'n moratorium plaas op die indiening van mosies van wantroue in munisipale rade, waar daar nie 'n volstrekte meerderheid is nie.

Die MK-party vra hulp om sy vasgekeerde lede in Oekraïne te bevry. 'n Nuwe entstof teen cholera word plaaslik ontwikkel. Ons bespreek vanmiddag se mediumtermyn-begrotingsraamwerk.

Omgewingsaktiviste kritiseer die besluit om die leeftyd van Eenheid 2 van die Koeberg-kernkragstasie te verleng. Die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders ondersoek die geestesgesondheid van onderwysers, te midde van klagtes van 'n swaar werkslading. 'n Herrie het losgebars oor die toekenning van tenders aan maatskapye vir die betekening van dagvaardings namens die Tshwane Metroraad.

Talle vrae oor bewerings dat die China 'n halfmiljard rand spandeer om een van die weermagbasise op te knap. Ons bespreek die woelinge in die DA oor kabinetskuiwe. Duduzile Zuma-Sambudla vandag in die hof op aanklagte van aanhitsing tot terrorisme en openbare geweld.

Sewentien Suid-Afrikaners wat by die oorlog in Oekraïne betrokke geraak het, veg dalk aan die Russiese kant. Solidariteit neem sy veldtog teen die ANC na die G20-beraad. Die paramilitêre Rapid Support Forces in Soedan sê hulle het ingestem tot 'n voorstel vir 'n humanitêre wapenstilstand in die burgeroorlog.

Ouers in Gauteng is warm onder die kraag oor die vertraging met skoleplasings. Kommer oor talle onderwysers wat van seksuele teistering aangekla word. Daar is nog geen einde in sig vir die regeringsluiting in Amerika nie. 'n Ekonoom sê die regering sal binnekort geen ander keuse hê as om BTW te verhoog nie.

Die Verkiesingskommissie hoop om die plaaslike regeringsverkiesings op die eerste Woensdag van November 2026 te hou. Sakeman Brown Mogotsi het nog nie 'n verklaring oor 'n vermeende aanslag op sy lewe by die polisie ingedien nie. Die aantal toeriste na Suid-Afrika neem met meer as 'n miljoen toe.