Spektrum

Follow Spektrum
Share on
Copy link to clipboard

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

RSG


    • Dec 15, 2025 LATEST EPISODE
    • weekdays NEW EPISODES
    • 32m AVG DURATION
    • 2,329 EPISODES


    More podcasts from RSG

    Search for episodes from Spektrum with a specific topic:

    Latest episodes from Spektrum

    Spektrum 15 Desember 2025

    Play Episode Listen Later Dec 15, 2025 47:29


    Die minister van binnelandse sake stel strenger reëls voor vir immigrante om burgerskap in Suid-Afrika se bekom. Koringprodusente eis dringend antwoorde van die regering oor invoerheffings. Streng waterbeperkings word ingestel in verskeie munisipaliteite in die Wes-Kaap. Onsekerheid onder oudsoldate wat staatmaak op die weermag se mediese voortsettingsfonds.

    Spektrum 12 Desember 2025

    Play Episode Listen Later Dec 12, 2025 51:03


    Ethiopian Airlines word beboet in verband met mensehandel. Die Departement van Basiese Onderwys word vanuit alle oorde gelukgewens met die tydige ingryping ná die uitlek van matriekvraestelle. Die Dierebeskermingsvereniging waarsku oor weggooi-troeteldiere.

    Spektrum 11 Desember 2025

    Play Episode Listen Later Dec 11, 2025 54:39


    Die DA wil 'n interdik bekom teen die onderhoudsproses vir die pos van Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings. Twee regeringsamptenare geskors vir die uitlek van sewe matriekvraestelle. Daar is 'n voorstel om voornemende besoekers aan Amerika se sosiale media-profiele deur te gaan voordat hulle in dié land toegelaat word.

    Spektrum 10 Desember 2025

    Play Episode Listen Later Dec 10, 2025 54:01


    Cosatu is bekommerd oor die spanning tussen sy alliansievennote, die ANC en SAKP. Australië begin met die wêreld se eerste sosiale media-verbod vir tieners. Vrae oor die effektiwiteit van die Sestien Dae-veldtog teen geweld teen vroue en kinders, wat vandag ten einde loop.

    Spektrum 9 Desember 2025

    Play Episode Listen Later Dec 9, 2025 52:46


    Die ANC se geld- en ledetal-krisis onder die vergrootglas. 'n Ooreenkoms tussen Eskom en chroomsmelters kan die aflegging van duisende werkers stuit. Hoe gemaak wanneer jy by 'n padblokkade gedwing word om 'n boete te betaal? Ons praat met 'n regsgeleerde.

    Spektrum 8 Desember 2025

    Play Episode Listen Later Dec 8, 2025 52:16


    Ons praat met 'n politieke ontleder oor die ANC se hoofraadsvergadering. Dis nog onseker of die sluipmoord op Marius van der Merwe weens sy getuinis voor die Madlanga-kommissie was, of sy stryd teen onwettige mynboubedrywighede. Kommer oor gerugte dat die verspreiding van bek-en-klouseer-inentings gesaboteur word.

    Spektrum 5 Desember 2025

    Play Episode Listen Later Dec 5, 2025 51:04


    Die SAKP gaan nié die ANC in die komende plaaslike regeringsverkiesing steun nie. Die jongste oor die brande in die Wes-Kaap. Die groot vakansie-uittog begin - 'n kenner gee veiligheidswenke.

    Spektrum 4 Desember 2025

    Play Episode Listen Later Dec 4, 2025 50:25


    Amerika se minister van buitelandse sake herbevestig dat Suid-Afrika nie welkom is by volgende jaar se G20-beraad in Miami nie. Infrastruktuur-, onderwys-, en gesondheids-projekte in die Vrystaat steier weens onderbesteding . Goeie vordering om die konstruksiemafia in KwaZulu-Natal aan bande te lê.

    Spektrum 3 Desember 2025

    Play Episode Listen Later Dec 3, 2025 51:38


    Suid-Afrika is nie genooi na die eerste Sjerpa-vergadering van die G20 nie. Die parlement gaan 'n oorsigkomitee oor die presidensie stig. Fedsas nader die hof oor regeringsopdragte, wat beperkings op openbare skole sal plaas om hulle eie finansies te bestuur. Ons fokus op die tendens van swendelaars, wat toenemend toelaes vir gestremdes teiken.

    Spektrum 2 Desember 2025

    Play Episode Listen Later Dec 2, 2025 50:52


    Suid-Afrika se ekonomie het effens in die derde kwartaal gegroei. Die Weerdiens versoek landsburgers om ag te slaan op hulle weerwaarskuwings. Die Cites-vergadering verwerp 'n voorstel om weer handel in renosterhoring toe te laat. Afriforum is bekommerd oor die skoleplasingskrisis in Gauteng.

    Spektrum 1 Desember 2025

    Play Episode Listen Later Dec 1, 2025 51:05


    Vyf verdagtes wat glo huursoldate vir Rusland gewerf het, sal na verwagting vandag in die hof verskyn. Swaar reën en hael rig groot skade aan in Tshwane. Die polisie is steeds op soek na verdagtes wat 'n egpaar op hulle plaas in Baltimore aangeval het.

    Spektrum 28 November 2025

    Play Episode Listen Later Nov 28, 2025 45:17


    Die Madlanga-kommissie se aandag wend terug na die 121 misdaaddossiere wat van Durban na Gauteng verskuif is. Die EFF eis die vrystelling van die Konstitusionele Hof se uitspraak oor die diefstalskandaal by president Cyril Ramaphosa se plaas in Limpopo. Die jongste misdaadstatistiek word ná twee keer se uitstel, bekendgemaak.

    Spektrum 27 November 2025

    Play Episode Listen Later Nov 27, 2025 42:16


    Die Suid-Afrikaanse regering sê sy plek binne die G20-groepering is onaantasbaar, nadat die Amerikaanse president Donald Trump gesê het Suid-Afrika is nie welkom by volgende jaar se G20-beraad nie. Die matriekklas van 2025 lê hulle penne neer - ons praat met 'n kenner oor die nuwe hoofstuk wat nou vir hulle voorlê. Nóg aanklagte word gebring teen Duduzile Zuma-Sambudla vir haar beweerde rol in die werwing van huursoldate in Oekraïne.

    Spektrum 26 November 2025

    Play Episode Listen Later Nov 26, 2025 46:43


    Verrigtinge by die Madlanga-kommissie se sittings word tot Vrydag uitgestel, wat ook die uitstel van ander getuienis insluit. Die geregtelike kommissie wat bewerings van politieke inmenging in die Waarheid- en Versoeningskommissie ondersoek, hervat sy verhore in Johannesburg. Die familie van die ontslape oudhoof van die Johannesburg Metropolisie glo hy het aan natuurlike oorsake gesterf.

    Spektrum 25 November 2025

    Play Episode Listen Later Nov 25, 2025 46:35


    Burgerregtegroepe vra die regering om die Gelsagsgebasseerde Geweld-aksieplan van 2019 te hersien. Die Madlanga-kommissie hervat sy ondersoek na bewerings van korrupsie en inmenging in die strafregstelsel. Pasiënte by die Charlotte Maxeke-hospitaal verhonger nadat ernstige gesondheidsrisiko's by die voedselverskaffer se fabriek ontdek is.

    Spektrum 24 November 2025

    Play Episode Listen Later Nov 24, 2025 46:17


    Wat het die G20-beraad die Suid-Afrikaanse belastingbetaler gekos, en was dit die moeite werd? Só vra Build One South Africa. Brande het die naweek in die Wynland in die Wes-Kaap uitgebreek. Die ondersoek na die geskorste Gautengse direkteur van Openbare Vervolging, Andrew Chauke, se ampsbevoegdheid duur voort.

    Spektrum 21 November 2025

    Play Episode Listen Later Nov 21, 2025 48:54


    Wereldleiers kom in Suid-Afrika aan vir die G20-beraad. Verskeie organisasies neem deel aan 'n nasionale staking om te eis dat geslagsgeweld en vrouemoord as 'n nasionale ramp verklaar word. Die Sitruskwekersvereniging beskryf die 2025 sitrusoes as 'n reuse sukses.

    Spektrum 20 November 2025

    Play Episode Listen Later Nov 20, 2025 46:58


    Nóg 'n polisiegeneraal getuig voor die parlement se ad hoc-komitee in Kaapstad. Twee organisasies eis dat die regering grond van drie militêre basisse in Kaapstad vir behuising beskikbaar stel. Die president van Oekraïne, Wolodimir Zelenski, vra sy bondgenote om groter druk op Rusland toe te pas.

    Spektrum 19 November 2025

    Play Episode Listen Later Nov 19, 2025 51:30


    Verbruikersprysinflasie versnel in Oktober. Die stryd duur voort om die uitbreking van 'n dodelike dier-siekte in die Noord-Kaap te beheer, en mense leef nou baie langer as waarvoor hulle finansieel voorsiening maak.

    Spektrum 18 November 2025

    Play Episode Listen Later Nov 18, 2025 48:01


    Die omstrede sakeman, Brown Mogotsi, getuig voor die Madlanga kommissie van ondersoek. Leefstyloudits sal op voornemende ANC-burgemeesterskandidate vir die munisipale verkiesing gedoen word. Vise-admiraal Monde Lobese sê die SA Vloot is 'n sinkende skip, wat die land se soewereiniteit bedreig. Die G20-Maatskaplike Beraad begin in Boksburg.

    Spektrum 17 November 2025

    Play Episode Listen Later Nov 17, 2025 51:14


    'n Nuwe getuie is voor die Madlanga-kommissie oor die Minister van Polisie, Senzo Mchunu, se besluit om die politieke moorde-taakspan te ontbind. Boere verwelkom tariefverligting op sekere uitvoerprodukte na Amerika. Vyf sluise word by die Vaaldam oopgemaak.

    Spektrum 14 November 2025

    Play Episode Listen Later Nov 14, 2025 49:41


    'n Mosie van wantroue teen die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, word in die provinsiale wetgewer gedebatteer. Google gaan miljoene rand betaal om Suid-Afrikaanse nuusmedia te ondersteun. Die Chinese leier, Xi Jingping, sal nie die G20-beraad bywoon nie.

    Spektrum 13 November 2025

    Play Episode Listen Later Nov 13, 2025 46:08


    Die Madlanga-kommissie hoor getuienis aan oor die uitlek van brigadier Julius Mkhwanazi se klagstaat aan die media, Ons praat met die DA se twee nuwe ministers. In Amerika is dit terug-werk-toe nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, 'n wetsontwerp onderteken wat die 43-dag lange federale regeringsluiting beeïndig.

    Spektrum 12 November 2025

    Play Episode Listen Later Nov 12, 2025 52:35


    Die raaisel van 17 Suid-Afrikaners in Donbas in Oekraïne verdiep. Die G20-groep van lande word vir kritiek uitgesonder, met nóg 'n land wat aan die beraad onttrek. Johannesburg Water skuld meer as 'n miljard rand.

    Spektrum 11 November 2025

    Play Episode Listen Later Nov 11, 2025 49:10


    Solidariteit se advertensiebord-veldtog teen die ANC ontaard in 'n kat-en-muis-speletjie met die Johannesburg-metro. Die COP30-klimaatsvergadering open sonder die teenwoordigheid van die VSA. Wat kan die besluite by die G20-beraad beteken vir die prys van basiese goedere, die koste van vervoer, asook die skep van werksgeleenthede?

    Spektrum 10 November 2025

    Play Episode Listen Later Nov 10, 2025 47:58


    'n Pynlike hoofstuk in Suid-Afrika geskiedenis word heroorweeg met die begin van die ondersoek na die Waarheids- en Versoeningskommissie. Die waarnemende Minister van Polisie, Firoz Cachalia, besoek die bendegeteisterde woonbuurte Westbury en Reigerpark. President Donald Trump verwelkom die bedanking van die BBC se direkteur-generaal en hoof van nuus ná bewerings dat kykers mislei is deur die redigering van 'n toespraak deur Trump.

    Spektrum 7 November 2025

    Play Episode Listen Later Nov 7, 2025 47:00


    'n Voormalige minister, Malusi Gigaba, is glo in die sop oor die onreëlmatige aankoop van lokomotiewe by Transnet. 'n Regeringsverslag skets 'n donker prentjie oor die stand van munisipaliteite. Ouers sal meer vir skoolfonds moet opdok.

    Spektrum 6 November 2025

    Play Episode Listen Later Nov 6, 2025 47:50


    'n Ekonoom bespreek die vraag of Suid-Afrika in die G20 hoort, en die voordele wat dit vir ons inhou. Verbruikers kla oor wisselvallige elektrisiteitspryse - ons praat met OUTA. Die MK Party het sy adjunk-president John Hlope geskors.

    Spektrum 5 November 2025

    Play Episode Listen Later Nov 5, 2025 47:17


    Die politieke landskap in die Wes-Kaap verander. 'n Regsgeleerde sê die hofbeslissing dat Operasie Dudula se veldtogte onwettig is, skep 'n presedent vir soortgelyke gevalle. Zuzie, 'n kunsmatige intelligensie tannie, staan jou by in jou uur van nood.

    Spektrum 4 November 2025

    Play Episode Listen Later Nov 4, 2025 50:27


    Die sakeman, Brown Mogotsi, oorleef 'n beweerde aanslag op sy lewe. Motoriste kla dat hulle lisensies deur die Madibeng munisipale polisie afgevat word. Die EMF Stigting sê Suid-Afrika se provinsiale parke is in 'n staat van verval. Die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap sê die verkiesing in Tanzanië was nie vry en regverdig nie.

    Spektrum 3 November 2025

    Play Episode Listen Later Nov 3, 2025 49:16


    Die polisie is op soek na twee verdagtes, wat verbind word met die verbyry-skietvoorval in Reigerpark. Die Madlanga-kommissie hoor verdere getuienis aan oor die inhegtenisneming van Katiso “KT” Molefe. Die Regering van Nasionale Eenheid hou sy langverwagte vergadering. Die hofuitspraak oor die vasstelling en goedkeuring van munisipale kragtariewe word verwelkom.

    Spektrum 31 Oktober 2025

    Play Episode Listen Later Oct 31, 2025 48:03


    Die Europse Unie hou die Nederlandse verkiesingsuitslag fyn dop te midde van die opkoms van verregse partye. President Donald Trump gee opdrag dat die VSA kernwapentoetse hervat. Lui dit 'n nuwe, gevaarlike tydvak in? Vrystaat Landbou is bekommerd oor die stand van infrastruktuur in die provinsie.

    Spektrum 30 Oktober 2025

    Play Episode Listen Later Oct 30, 2025 44:00


    OUTA sê daar is steeds 'n gebrek aan voldoende parlementêre toesig onder die sewende administrasie. Getuie C sit sy getuienis by die Madlanga-kommissie voort. Die KwaZulu-Natalse regering gaan volstoom voort met sy pogings om konstruksiemafias in dié provinsie te stuit. Suid-Afrikaners kort hulp om uit kloue van 'n mensehandel-sindikaat in Mianmar te kom.

    Spektrum 29 Oktober 2025

    Play Episode Listen Later Oct 29, 2025 50:37


    Nog getuienis word voor die Madlanga-kommissie gelewer oor die dag toe die sakeman en moordbeskuldigde, Katiso 'KT' Molefe, gearresteer is. Israel verwerp die VN se spesiale rapporteur, Francesca Albanese, se jongste verslag oor die menseregtesituasie in die besette Palestynse gebied. ActionSA se konsepwetsontwerp om politieke meningspeilings te reguleer, ontlok reeds kritiek.

    Spektrum 28 Oktober 2025

    Play Episode Listen Later Oct 28, 2025 51:55


    Baie skole is swak voorbereid om die euwel van boeliegedrag, wat jaarliks 3,2 miljoen leerlinge raak, te hanteer. Die Verenigde Nasies se Spesiale Rapporteur oor die Besette Palestynse Gebiede, Francesca Albanese, sit haar besoek aan Suid-Afrika voort met 'n boodskap vir universiteite. 'n Reuse orkaan, wat na 'n kategorie vyf storm opgegradeer is, is op pad na die Karibbiese eilandnasie, Jamaika.

    Spektrum 27 Oktober 2025

    Play Episode Listen Later Oct 27, 2025 51:08


    'n Ballistiese kenner van die polisiediens getuig op Dag 18 van die Madlanga-kommissie in Pretoria. Die Kommissie vir Geslagsgelykheid is bekommerd oor die feit dat geslagsgebasseerde misdaadsake toenemend teruggetrek word. In die Oos-Kaap is uitspraak voorbehou in die Nasionale Vervolgingsgesag se saak teen die kwytskelding van die Nigeriese tele-evangelis, Timothy Omotoso.

    dag spektrum pretoria nasionale vervolgingsgesag
    Spektrum 24 Oktober 2025

    Play Episode Listen Later Oct 24, 2025 45:18


    Die oudminister van polisie, Bheki Cele, glo Riah Phiyega was nie die regte keuse vir nasionale polisiekommissaris nie. Getuie C begin getuig voor die Madlanga-kommissie van ondersoek. OUTA is omgekrap oor die heraanstelling van Inseta se bestuurshoof. Ierland stem vir 'n nuwe president.

    Spektrum 23 Oktober 2025

    Play Episode Listen Later Oct 23, 2025 49:20


    Oud-polisieminister Bheki Cele begin sy getuienis voor die Parlement se ad hoc-komitee, met plofbare getuienis én 'n stekie na Korrektiewe Dienste. Dit gons oor die ontbinding van die Gautengse Misdaadvoorkoming-bewaardersprogram, ook bekend as die AmaPanyaza. Oudpresident Jacob Zuma het 60 dae om meer as R28-miljoen rand aan die staat terug te betaal, of hy is sy pensioen kwyt.

    Spektrum 22 Oktober 2025

    Play Episode Listen Later Oct 22, 2025 47:45


    Die jongste inflasiedata wys 'n geringe styging. Die polisie se topbestuur besoek die geweldgeteisterde Westbury in Johannesburg waar twee jeugdiges gister doodgeskiet is. Ons praat met Action Society oor die veroordeelde seksoortreder, Jeffrey Donson, wat steeds burgemeester van Kannaland is.

    Spektrum 21 Oktober 2025

    Play Episode Listen Later Oct 21, 2025 50:18


    'n Speurder het vanoggend sy getuienis in-camera voortgesit voor die Madlanga-kommissie, terwyl Senzo Mchunu in die Parlement wéér ontken dat hy vir Brown Mogotsi ken. Ons praat met die Kaapse Vlakte Veiligheidsforum oor geweld en skietery in gebiede waar matrieks vandag eksamen skryf. Japan het vir die eerste keer 'n vrou as eerste minister

    Spektrum 20 Oktober 2025

    Play Episode Listen Later Oct 20, 2025 47:02


    'n Speurder, Getuie A, het vanoggend met sy getuienis voor die Madlanga-kommissie begin. Die omstrede sakeman, Vusimuzi "Cat" Matlala, wat vroeër borgtog geweier is, appelleer in die hooggeregshof in Johannesburg teen die vonnis. Gauteng se waterkrisis verdiep - ons praat met 'n waterkenner oor die benarde situasie.

    Spektrum 17 Oktober 2025

    Play Episode Listen Later Oct 17, 2025 52:36


    Senzo Mchunu staan by sy besluit om die KwaZulu-Natalse taakspan oor politieke moorde te ontbind. Wetenskaplikes by die Universiteit Stellenbosch vat hande met die mediese sektor om nuwe medikasie te ontwikkel om TB en malaria in Afrika te help bestry.

    afrika tb spektrum senzo mchunu universiteit stellenbosch

    Claim Spektrum

    In order to claim this podcast we'll send an email to with a verification link. Simply click the link and you will be able to edit tags, request a refresh, and other features to take control of your podcast page!

    Claim Cancel