Boekemakranka Podcasts

Follow Boekemakranka Podcasts
Share on
Copy link to clipboard

By Boekemakranka hou ons tred met die boekbedryf, nuwe ontwikkeling en tegnologie.

Boekemakranka


    • Oct 6, 2021 LATEST EPISODE
    • infrequent NEW EPISODES
    • 32m AVG DURATION
    • 33 EPISODES


    Search for episodes from Boekemakranka Podcasts with a specific topic:

    Latest episodes from Boekemakranka Podcasts

    Hannes van Wyk - Sê groete vir Ma

    Play Episode Listen Later Oct 6, 2021 10:46


    Hannes van Wyk gesels met Boekemakranka oor sy eenmanvertoning Sê groete vir Ma, wat verfilm is vir die Toyota US Woordfees 2021. Luister saam na wat agter die skerms gebeur het!

    Dr Willie Bruwer in conversation with Monica Geingos

    Play Episode Listen Later Jun 28, 2021 93:09


    Dr Willie Bruwer, a Pulmonologist in conversation with Namibian First Lady, Monica Geingos about the Covid Vaccine.

    Anton Goosen gesels Liedjieboer

    Play Episode Listen Later Sep 11, 2020 69:07


    Liedjieboer is Anton Goosen se biografie, geskryf deur Hanlie Retief.

    Marzanne Leroux-van der Boon

    Play Episode Listen Later Aug 15, 2020 38:43


    Dawid Yzelle gesels met Marzanne oor haar nuwe boek, Hooglied.

    Louise van der Merwe gesels oor Kiekies en Koffie

    Play Episode Listen Later Aug 15, 2020 38:51


    Alta Cloete gesels met Louise oor haar eerste boek, Kiekies en koffie

    Hannes Barnard gesels met Analize en Trisa oor Wolk

    Play Episode Listen Later Aug 15, 2020 40:36


    Wat gebeur as jy die apokalips misloop?

    Chanette Paul gesels oor Corali

    Play Episode Listen Later Aug 15, 2020 45:07


    Corali is die derde boek in die reeks oor die Vywervroue

    Alma Carstens

    Play Episode Listen Later Aug 15, 2020 40:17


    Alma gesels met Alta Cloete oor Ayla se sonde

    Anel Heydenrych praat oor Die afloerder.

    Play Episode Listen Later Aug 15, 2020 46:17


    Verslaggewer Anje Bruwer verruil die gevaarlike strate van Johannesburg vir 'n rustiger lewe in Colesberg om 'n misdaadroman te skryf. Maar die platteland is allermins rustig: Daar is 'n menseslagter los wie se gruweldade Anje se kop laat duisel. Sy loop haar in sy web vas wanneer sy vir die plaaslike koerant oor sy moorde begin verslag lewer. Kaptein Siegfried Scholtz – 'n man wie se skuldgevoelens hom ry – kan nie anders nie as om Anje by die ondersoek te betrek. Gaan hulle daarin slaag om te keer dat die moordenaar nog 'n lewe wreed in 'n bloederige swartsak verpak? Die afloerder is 'n sielkundige riller so koud en donker as kan kom.

    Felicia Snyman

    Play Episode Listen Later Jul 23, 2020 39:40


    Felicia gesels oor haar Romanza reeks, Verweefde liefde.

    Izak de Vries in conversation with Max Annas about The Farm

    Play Episode Listen Later Jul 22, 2020 48:04


    The Farm by Max Annas – an explosive mix of psychological thriller and neo-Western, with a deeply political subtext. New from Catalyst Press and LAPA Publishers – The Farm by Max Annas. Somewhere in South Africa, another farm comes under heavy attack. No shooters in sight...

    Alta gesels met Erla Diedericks oor Agter Grendels

    Play Episode Listen Later Jun 27, 2020 36:52


    Agter grendels is Erla se smeulroman geskryf in die grendeltyd.

    Zirk van den Berg gesels oor Ek wens ek wens

    Play Episode Listen Later Jun 27, 2020 46:57


    As lykbesorger by White Lily Funerals het Seb al talle lyke gebalsem, organe teruggepak in lyfholtes, bene gekonnekteer en wasbleek gesigte gegrimeer vir die laaste besigtiging deur roubeklaers. 'n Mens het jou werk en jy doen dit, dit help nie om vir ander goed te wens nie, of hoe? Nietemin wens Seb wel af en toe vir die een of ander ingryping om hom los te ruk uit sy saai bestaan – nie net by die werk nie, maar ook tuis waar hy, sy vrou en tienerkinders verby mekaar leef. Eendag, toe die sterwende seuntjie Gawie en sy ma by die begrafnisondernemers instap, begin Seb tog in wense glo . . .

    Zelda Bezuidenhout gesels oor Toe ons oneindig was.

    Play Episode Listen Later Jun 27, 2020 44:13


    Toe ons oneindig was is die verhaal van 'n meisie wat nog altyd presies gedoen het wat van haar verwag is. Iemand wat so besig was om almal gelukkig te hou dat sy nooit regtig probeer uitvind het wat háár gelukkig maak nie. Totdat sy een middag in 'n aantrekhokkie vir die heel eerste keer gesoen word. Dis 'n storie oor vriendskap en lojaliteit. Oor seksualiteit en vloeibaarheid. Maar bowenal is dit die verhaal van 'n meisie op 'n selfontdekkingsreis – die soort reis wat in 'n Hollywood-fliek hoort.

    Pete Goffe-Wood talks to Sophia Lindop about Going Home

    Play Episode Listen Later Jun 27, 2020 51:03


    Going Home is Sophia Lindop's latest book, one whose essence comes from deep within her heart. It tells the tale of her odyssey to Lebanon to find her roots and her family. With photographs by Hein van Tonder.

    Trisa en Analize gesels met Hans du Plessis

    Play Episode Listen Later Jun 12, 2020 49:45


    Hans gesels oor sy boek Die Opstand van Poppie Nel Liefde is al wat vir die mens oor is. Daar onder raas die see toe Poppie Nel dié dag voor dominee Lukas Lucas op sy stoep staan in haar kuise lang romp. Sy moet glo met iemand praat sodat sy kan opstaan. Poppie is uit die kerk, maar die kerk is nie uit haar nie. Dit lyk egter nie asof sy wil nie – praat of opstaan nie. Lukas het ook nie regtig trek vir 'n pratery nie, sy eie pyn is nog vir hom te kosbaar. Maar hy het nou hierdie herderlike plig. Só ontvou Poppie se verhaal.

    Jaco Fouché gesels met Boekemakranka

    Play Episode Listen Later Jun 12, 2020 1:56


    Jaco Fouché gesels met Boekemakranka oor Aanspreeklikheid. Dit was die naaswenner van die Groot Afrikaanse Romanwedstryd vir 2018. Dit is Jaco Fouché se eerste roman in sewe jaar.

    Alta gesels met Izak en Madri

    Play Episode Listen Later Jun 11, 2020 50:02


    Izak de Vries en Madri Victor van Lapa Uitgewers gesels oor Lapa se Romanzas.

    Alta gesels met Didi Potgieter

    Play Episode Listen Later Jun 11, 2020 35:36


    Didi gesels oor haar boek, As dit voel soos liefde, en haar grendelverhaal, Perke.

    Tinus Viviers gesels met Boekemakranka

    Play Episode Listen Later Jun 10, 2020 4:17


    Tinus Viviers gesels met Boekemakranka oor sy lewe as skrywer en die uitdagings van selfpublikasie.

    Frenette van Wyk gesels met Boekemakranka

    Play Episode Listen Later Jun 10, 2020 3:28


    Frenette van Wyk gesels met Boekemakranka oor haar skryfwerk en die uitdagings van die sprong na romantiese fiksie na 25 romanzas. Sy vertel 'n bietjie oor In Sonskyn en Storms wat eersdaags verskyn.

    Cecilia Steyn gesels met Boekemakranka

    Play Episode Listen Later Jun 10, 2020 3:08


    Cecilia Steyn gesels met Boekemakranka oor haar skryfwerk, hoe die inperking haar nou raak en oor haar nuwe boek, Die vlerke van Naaldekokers.

    Fanie Viljoen gesels oor sy nuutste boek - Donker Web

    Play Episode Listen Later Jun 9, 2020 3:13


    Fanie Viljoen gesels met Boekemakranka oor sy splinternuwe boek, Donker Web, die opvolg op sy blitsverkoper Onderwêreld!

    Sidney Gilroy vertel ons van Klikbek en Middernag

    Play Episode Listen Later Jun 7, 2020 3:04


    Middernag Bloemfonteinse speurder Sollie Mthembu en sy vrou, Nyandi, verwag hul tweede baba. Soos Naledi in haar buik groei, groei Nyandi se inkopielys dag tot dag. Terwyl Sollie planne beraam om naweekuitstappies na Mimosa Mall met sy kredietkaart te ontduik, sluip daar snags 'n psigopaat deur die strate van Harrismith wat kleuters met roomyse uit hul ouerhuise weglok en ontvoer.

    Zelda Bezuidenhout gesels met Boekemakranka

    Play Episode Listen Later Jun 6, 2020 6:18


    Zelda Bezuidenhout gesels met Boekemakranka oor die skryf van 'n radiodrama, 'n draaiboek en 'n nuwe jeugroman. Hier is sommer 'n paar opwindende dinge om na uit te sien!

    Carla van der Spuy gesels met Boekemakranka

    Play Episode Listen Later Jun 5, 2020 1:17


    Carla van der Spuy gesels met Boekemakranka oor die aanlynskryfskool wat sy en Yolanda Barnard aanbied

    Hannes Barnard gesels oor Wolk

    Play Episode Listen Later Jun 5, 2020 3:12


    Hannes se nuwe boek, Wolk word in Julie 2020 vrygestel. Wat gebeur as jy die apokalips misloop?

    Juliana Coetzer gesels met Boekemakranka

    Play Episode Listen Later Jun 4, 2020 5:54


    Juliana Coetzer gesels met Boekemakranka oor hoe die inperking haar skryfwerk affekteer en haar nuwe boek: Die kind se naam is Anneke.

    Analize en Trisa gesels met Marita van der Vyver

    Play Episode Listen Later Jun 3, 2020 49:27


    Marita praat oor Grensgeval, haar nuutste boek. Meer oor die boek: Die brief wat Theresa tussen haar eksman Theo se besittings ná sy dood ontdek, skeur haar lewe oop. Jare lank het sy haar rug op Theo gedraai, 'n man wat sy laaste twee dekades in 'n inrigting moes deurbring. Só ook het sy die land se verlede weggestoot, die tyd toe tienerseuns gestuur is om aan die grens te veg – 'n plek en 'n oorlog waarvan mense tuis bitter min geweet het.

    Analize en Trisa gesels met Johan Jack Smith

    Play Episode Listen Later Jun 2, 2020 39:46


    Zola is Johan Jack Smith se debuut. Die hel is los in Johannesburg se strate. Iemand is besig om jong meisies wreed af te maai en die bloedspoor wat hy agterlaat, sê: “Reeksmoorde”. Die stapel slagoffers raak kaptein David Majola en adjudant Jason Basson se gemors.

    Analize en Trisa gesels met Ben Viljoen

    Play Episode Listen Later Jun 2, 2020 41:19


    Ben gesels oor sy boek, 'n Ballade vir Nkunzi. Viljoen se tweede roman is 'n hou op die maag. Geweld in al sy gedaantes is Bennie Welman se daaglikse gegewe en sy metgesel galgehumor. Tragiek en komedie loop hand aan hand. Alkoholisme, armoede, geweld, pyn, honger, angsdrome. Dit is hoe Bennie in hierdie wêreld ontvang word en hy ontsnap nie daaraan toe hy die ouerhuis verlaat nie. Want dit is nie net in sy drome wat Nkunzi weer op hom afstorm nie, Nkunzi se bloed loop ook in sy are.

    Analize en Trisa gesels met Sophia Kapp

    Play Episode Listen Later Jun 1, 2020 86:35


    Sophia praat oor haar nuutste boek, Kanaän.

    Boekemakranka Nuusflits!

    Play Episode Listen Later May 31, 2020 1:02


    Nuwe ontwikkeling by Boekemakranka! 'n Splinternuwe projek wat beloof om baie opwindende stemme vir julle te bring. Boekmerk hierdie skakel.

    Claim Boekemakranka Podcasts

    In order to claim this podcast we'll send an email to with a verification link. Simply click the link and you will be able to edit tags, request a refresh, and other features to take control of your podcast page!

    Claim Cancel