Tee & Taai Toffies

Tee & Taai Toffies

Follow Tee & Taai Toffies
Share on
Copy link to clipboard

Bekendes gesels openhartig met Ilse Salzwedel oor hul doen en late. Boonop gaan hulle probeer om vir luisteraars raad te gee oor hul probleme. Gaan dit werk? Luister en oordeel self! Ons waarborg 'n luisterervaring vol deernis en humor. Vir meer inligting besoek rooirose.co.za of e-pos rrradio@caxto…

rrRADIO


    • Apr 1, 2020 LATEST EPISODE
    • monthly NEW EPISODES
    • 41m AVG DURATION
    • 29 EPISODES


    Search for episodes from Tee & Taai Toffies with a specific topic:

    Latest episodes from Tee & Taai Toffies

    Hoe gaan dit met jou? VOORSKOU

    Play Episode Listen Later Apr 1, 2020 0:30


    rrRADIO — As gevolg van logistieke kwessies gaan daar nie nuwe episodes van Tee & Taai Toffies gedurende die inperkingstydperk vrygestel word nie, maar kom luister intussen na ons nuwe mini-reeks spesiaal geskep vir die Corona-inperkingstyd. Ilse Salzwedel gesels met mense om uit te vind hoe hulle hulself en hul gesinne gelukkig en besig hou gedurende hierdie onsekere tyd. Die eerste episode is nou beskikbaar!

    Episode 22: Ian Wessels, negatiewe mense & hoe om dankbaar te bly

    Play Episode Listen Later Mar 25, 2020 76:43


    rrRADIO — Ian Wessels, bekende RSG-omroeper, vertel van sy stryd teen kanker en hoe hy sy positiewe lewensuitkyk behou. ‘n Inspirerende en vermaaklike gesprek met Ilse Salzwedel waarin Ian ook raad gee oor negatiewe mense en hoe om positief en dankbaar te bly te midde van die slegte nuus wat die wêreld om ons skynbaar oorheers.

    Episode 21: André Schwartz, vriende in krisis & geliefde troeteldiere

    Play Episode Listen Later Mar 11, 2020 53:57


    rrRADIO — Die sanger André Schwartz gesels oor sy besondere verhouding met sy ma, sy lewe op ‘n plaas buite Johannesburg en sy versameling troeteldiere. Hy kyk terug oor sy loopbaan, en gesels ook openhartig oor sy lewe met motorneuronsiekte. Hy en Ilse Salzwedel gee ook vir luisteraars raad oor hoe om vriende tydens ‘n krisis by te staan, wat om te doen as jou vriendin nie van jou troeteldiere hou nie en hoe om ‘n lewensmaat te kry om rustiger te leef.

    Ons diere & hul giere: VOORSKOU

    Play Episode Listen Later Feb 28, 2020 0:31


    rrRADIO — In rrRADIO se splinternuwe troeteldier-reeks gesels Ilse Salzwedel met verskeie veeartse en troeteldier-kenners oor belangrike onderwerpe wat troeteldier-eienaars dikwels oor wonder. Nuwe episodes word vanaf 2 Maart, elke tweede Maandagoggend vrygestel.

    Ka-tjieng, Seisoen 2: VOORSKOU

    Play Episode Listen Later Feb 27, 2020 0:33


    rrRADIO — Vroeg begin is half gewin vir jou kinders en geldsake. Anet Schoeman praat met kenners oor alles wat jy jou kinders, tieners en jong volwassenes oor geld moet leer om hul finansieel verantwoordelik en paraat te maak. Nuwe episodes word elke tweede Vrydagoggend vanaf 6 Maart vrygestel.

    Episode 20: Rolanda Marais, afsydige vriendinne & uitbranding

    Play Episode Listen Later Feb 26, 2020 54:17


    rrRADIO — Vir Rolanda Marais (wat onlangs te sien was in die internasionale produksie Trackers) was 2019 'n besige jaar vol loopbaanhoogtepunte. Maar dit was ook die jaar waarin sy uitgebrand het. Sy gesels met Ilse Salzwedel oor die belangrikheid van balans,die vreugdes van moederskap en haar rol in Poppie Nongena. Hulle beantwoord ook lesersvrae oor 'n vriendin wat skielik afsydig voorkom, 'n kind wat sukkel om aan te pas by haar graad en 'n tiener wat graag wil gaan drama studeer.

    Episode 19: Madelein Rust, mishandelde dogters en raad vir kankerlyers

    Play Episode Listen Later Feb 12, 2020 60:26


    rrRADIO — Die bekroonde spanningsverhaalskrywer Madelein Rust gesels openhartig (en met humor) oor haar stryd teen borskanker en haar skryfwerk. En as jy iemand ken wat in haar verhouding of huwelik mishandel word, maak seker hulle luister na hierdie episode, want Madeleine en Ilse gee raad vir ‘n leser wat haar dogter uit so ‘n verhouding wil help ontsnap. Hulle gee ook lekker praktiese raad oor hoe om ‘n kankerlyer by te staan, en wat om te doen omtrent depressie.

    Episode 18: Leah, Neusinstekerige buurvroue & Bejaarde ouers

    Play Episode Listen Later Jan 29, 2020 51:50


    rrRADIO — Die sangeres, aktrise en TV-aanbieder Leah gesels oor roem en gee raad oor neusinstekerige buurvroue en kinders wat nie na hulle bejaarde ouers wil help omsien nie. Sy verklap ook hoe dinge werk agter die skerms van die gewilde werklikheidsreeks Boer Soek ‘n Vrou

    Episode 17: Dewald Wasserfall, Lui mans & Lastige kollega's

    Play Episode Listen Later Jan 15, 2020 50:49


    rrRADIO — Die gewilde sanger Dewald Wasserfall gesels oor sy drie grootste passies: sy gesin, reis en musiek. Hoor watter raad het hy en Ilse Salzwedel vir ‘n leser wie se man skielik besluit het hy wil nie meer kinders hê nie. En hoe gemaak met ‘n man wat nie help in die huis nie, of ‘n lastige manlike kollega?

    Episode 16: Rian van Heerden, Suinige vriende & Irriterende kollega's

    Play Episode Listen Later Jan 1, 2020 54:10


    rrRADIO — In hierdie episode van Tee en Taai Toffies wys ons jou ‘n kant van Rian van Heerden wat die publiek selde sien. Hy gesels met Ilse Salzwedel oor sy passie vir die waarheid en regverdigheid, die polemiek waarin hy hom al dikwels bevind het en pa-wees. Hulle beantwoord ook lesersvrae. Hoe gemaak met vriende wat skimp vir afslag by jou besigheid, ‘n irriterende kollega en ‘n vriendin wat ‘n affair het en wie se man salig onbewus is daarvan?

    Episode 15: Annelie Botes, Kosfiemies & Toksiese verhoudings

    Play Episode Listen Later Dec 18, 2019 60:20


    rrRADIO — Hoekom het Annelie Botes haar man laat belowe het dat sy eerste kan doodgaan, en wat is alles nog op haar kluitklaplysie? En watter rol het Dalene Matthee in haar lewe gespeel? Annelie en Ilse antwoord ook lesersvrae oor kosfiemies, ‘n moeilike volwasse kind wat nie die nes wil verlaat nie en toksiese familieverhoudings.

    Episode 14: Hannon, Oninspirerende klerekaste & Persoonlike styl

    Play Episode Listen Later Dec 4, 2019 63:47


    rrRADIO — Ilse gesels met dié Glam Guru, Hannon Bothma, oor sy liefde vir mooimaak en mooigoed en hulle probeer ook om 'n paar luisteraars se probleme op te los.

    Episode 13: Erns Grundling, Reisgoggas en Rand-rek-wenke

    Play Episode Listen Later Nov 20, 2019 57:11


    rrRADIO — Ilse Salzwedel gesels met die reisskrywer Erns Grundling oor sy jongste boek, "Sushi en Shosoloza", sy ervaring van die Wêreldbeker-rugby in Japan, sy Camino-staptog, “friendzoning”, uitbranding en hoe om op ‘n klein begroting te reis.

    Episode 12: Deon Meyer, Tweede liefde & Stout kinders

    Play Episode Listen Later Nov 6, 2019 32:53


    rrRADIO — Ilse gesels openhartig met Deon Meyer oor sy skrywersloopbaan en die M-Net produksie "Trackers" wat op sy boek "Spoor" gebasseer is. En hulle probeer ook om 'n paar luisteraars se probleme op te los.

    Episode 11: Lizz Meiring, Negatiewe familielede & Onverantwoordelike kollega's

    Play Episode Listen Later Oct 23, 2019 61:44


    rrRADIO — Ilse gesels openhartig met Lizz Meiring, of Bizzie Lizzie soos sy in die bedryf bekend staan, oor haar interessante en uiteenlopende loopbaan en saam probeer hulle luisteraars se probleme oplos.

    Dans met die rooi rok: VOORSKOU

    Play Episode Listen Later Oct 16, 2019 1:02


    rrRADIO — Kom luister saam na ons nuwe spanningsvolle vervolgverhaal: Dans met die rooi rok! In Dans met die rooi rok stel Bettie Kemp jou aan Amelie du Raan voor. Nadat sy uit haar stresvolle werk en aftakelende huwelik gestap het, trek Amelie en haar kinders na ʼn vervalle ou huis op die platteland. Hier maak sy kennis met die spoke van die verlede. Veral met die vrou wat glo saans met haar rooi rok deur haar tuin met die blou windklingels dans ...

    Episode 10: Karlien van Jaarsveld, Moeë ma's & Boeties wat baklei

    Play Episode Listen Later Oct 9, 2019 41:56


    rrRADIO — Ilse gesels openhartig met Karlien van Jaarsveld en saam probeer hulle luisteraars se probleme oplos. Boonop deel Karlien opwindende nuus met ons!

    Tussen Ons 2: VOORSKOU

    Play Episode Listen Later Oct 7, 2019 0:25


    rrRADIO — Kom luister gerus na die tweede seisoen van ons gewilde podseningsreeks, Tussen Ons. Jy is mooi nes jy is! In Tussen Ons seisoen 2 gesels rooi rose-joernalis Mariette Snyman met kundiges en inspirerende vroue oor hoe jy gelukkiger kan voel in jou lyf - ongeag jou ouderdom, agtergrond of liggaamstipe. Episode 1 word op 8 Oktober uitgesaai.

    Seisoen 2: VOORSKOU

    Play Episode Listen Later Oct 2, 2019 0:33


    rrRADIO — In die tweede seisoen gesels Ilse Salzwedel verder met interessante bekendes en glanspersoonlikhede, en saam probeer hulle om luisteraars se verhoudingsprobleme op los. Ons waarborg ʼn luisterervaring vol deernis en humor! Die eerste episode word op 23 Oktober uitgesaai.

    Bonus-episode: Tee met Zelda la Grange

    Play Episode Listen Later Oct 2, 2019 30:36


    rrRADIO — In dié bonus-episode Ilse Salzwedel gesels met Zelda la Grange oor haar lewe saam met Madiba as sy persoonlike assistent.

    Episode 9: Daniella van Heerden, Moeilike Base en Ondankbare Familie

    Play Episode Listen Later Sep 25, 2019 40:06


    rrRADIO — Ilse gesels openhartig met Daniella van Heerden en saam probeer hulle luisteraars se probleme oplos.

    Episode 8: Bok van Blerk, Bebaarde Mans & Toegeeflike Pa's

    Play Episode Listen Later Sep 11, 2019 43:26


    rrRADIO — Ilse gesels openhartig met Bok van Blerk en saam probeer hulle luisteraars se probleme oplos.

    Episode 7: Rozanne McKenzie, Geheimsinnige Vriendinne & Moeilike Base

    Play Episode Listen Later Aug 28, 2019 42:31


    rrRADIO — Ilse gesels openhartig met Rozanne McKenzie en saam probeer hulle luisteraars se probleme oplos.

    Episode 6: Nadia Beukes, Die Ander Vrou & Liggevoelige Vriendinne

    Play Episode Listen Later Aug 14, 2019 46:28


    rrRADIO — Ilse gesels openhartig met Nadia Beukes en saam probeer hulle luisteraars se probleme oplos.

    Episode 5: Christel van den Bergh, Vyandige Stiefkinders & Afhanklike Vriendinne

    Play Episode Listen Later Jul 31, 2019 44:48


    rrRADIO — Ilse gesels openhartig met Christel van den Bergh en saam probeer hulle luisteraars se probleme oplos.

    Episode 4: Cindy Swanepoel, Eensydige Vriendskappe & Depressiewe Mans

    Play Episode Listen Later Jul 17, 2019 60:53


    rrRADIO — Ilse gesels openhartig met Cindy Swanepoel en saam probeer hulle luisteraars se probleme oplos.

    Episode 3: Werner Joubert, Leeglêer-seuns & Liegbekbroers

    Play Episode Listen Later Jul 3, 2019 60:26


    rrRADIO — Ilse gesels openhartig met Werner Joubert en saam probeer hulle luisteraars se probleme oplos.

    Episode 2: Lindie Strydom, Hardkoppige Dogters & Ontroue Mans

    Play Episode Listen Later Jun 5, 2019 58:46


    rrRADIO — Ilse gesels openhartig met Lindie Strydom en saam probeer hulle luisteraars se probleme oplos.

    Episode 1: Ruda Landman, Onbetroubare Mans & Moeilike Skoonma's

    Play Episode Listen Later Jun 5, 2019 52:48


    rrRADIO — Ilse gesels openhartig met Ruda Landman en saam probeer hulle luisteraars se probleme oplos.

    Claim Tee & Taai Toffies

    In order to claim this podcast we'll send an email to with a verification link. Simply click the link and you will be able to edit tags, request a refresh, and other features to take control of your podcast page!

    Claim Cancel