POPULARITY
Sibongile Mofokeng is talking to Mr. Kobus Pretorius about the Mighty Men Conference which will be held on the 29rh - 31st of October 2021 at Blue Moon, Nelspruit. They also look at the lineup of speakers and the theme of the conference.
This conversation between Kobus Pretorius and Christopher Neethling delves into the less talked about side of who God is: His righteousness, holiness and the fact that he is just. The topic of sin and how to deal with it is also breached and discussed. This podcast is available on iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts and Spotify.
Kobus Pretorius gesels met sy ou skoolvriend Byron Booysen, a groenteboer op die plaas Avondrus in Kraaifontein. Booysen's Tunnel Farming boer tans hoofsaaklik met tamaties in 'n hidroponiese stelsel in 'n aantal tonnels op die plaas. Jy kan die boerdery volg op Facebook hier: https://www.facebook.com/Booysenfarming Jy kan Byron ook direk kontak per epos: booysenstunnelfarming89@gmail.com
Kobus Pretorius is teleurgesteld. Jacques Joubert is tevrede. Hoekom? Want Manchester United speel volgende seisoen in die Europa League, maar voordat dit gebeur is daar 'n hele paar vrot appels waarvan Olé Gunnar Solskjaer eers ontslae gaan moet raak. Chelsea, aan die ander kant, is terug in die Champions League, maar vir hom wag daar 'n ewe onsekere afseisoen. Sug. Dis moeilik om tans 'n Man United ondersteuner te wees. Maar, dis steeds beter as om vir Chelsea of Arsenal te skree.
Kobus Pretorius en Jacques Joubert gesels oor dáái Salah weerligdoel teen Chelsea, wie dalk binnekort 'n nuwe eienaar kan hê. Manchester United skraap deur teen West Ham en Watford stel almal teleur deur 'n sege vir Arsenal op 'n skinkbord te gee. Daar word ook voorspellings gemaak vir die naweek se Premierliga-wedstryde.
Kobus Pretorius en Jacques Joubert debateer oor Eden Hazard se onsekere toekoms by Chelsea ná sy uitstekende vertoning teen West Ham. Daar word ook gekyk na die top vier resies tussen Spurs, Chelsea, Arsenal en Manchester United asook die voortgesette armdruk tussen Liverpool en Manchester City vir die titel. Die seisoen is in die pylvak! Daar word geëindig met voorspellings vir die week se Champions League wedstryde en die naweek se Premier League bepalings.
Kobus Pretorius, Andre Huisamen en Jacques Joubert kyk na die naweek se Superrugby uitslae en wonder hoekom Akker van der Merwe ligter gestraf word as Schalk Brits vir albei se aandeel in die hoogtepunt van die Bulls se sege oor die Sharks. Dan volg die Engelse Premierliga, waar Liverpool aanhou om sy golf van geluk te ry en sodoende die druk op Manchester City te hou. Ole Gunnar Solskjaer vier sy eerste wedstryd as Manchester United se nuwe voltydse afrigter met a 2-1 sege oor Watford en Chelsea dryf Neil Warnock tot raserny.
Kobus Pretorius se gesprek met sy vriendin en mede troufotograaf Michelle du Toit begin by die begin. Hoe sy besluit het om fotografie na skool te studeer, haar tyd op die skepe en hoe sy haar besigheid opgebou het terwyl sy heeltyds gewerk het. Michelle vertel ook hoe sy haar styl geskep het, die lesse wat sy al geleer het en hoe sy voorberei vir 'n troudag. www.michelledt.com Hierdie podcast is beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts en Spotify.
Kobus Pretorius chats to pastor Christopher Neethling about his passion for the church and why going to church is still relevant and important in today's culture. Christopher also shares his personal story: how he got saved, why he went to Bible school and how he became the pastor of Joshua Generation's Durbanville PM congregation. This podcast is available on iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts and Spotify.
Daar was verskillende redes waarom Kobus Pretorius, Jacques Joubert en Andre Huisamen hulself verlekker het in die naweek se Engelse Premierliga en FA Cup uitslae. Kobus omdat Chelsea verloor het, Jacques omdat Manchester United verloor het en Andre omdat Arsenal nie gespeel het nie. Grappie. Al die naweek se brandede kwessies word bespreek asook die Champions League se loting vir die kwarteindronde. Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify en SoundCloud.
Dis weer tyd vir hierdie week se rugby en sokker bespreking ná 'n opwindende naweek van uitslae. Kobus Pretorius, Andre Huisamen en Jacques Joubert kyk na die Bulls se herlewing onder Pote Human en reken die span van Pretoria is Suid-Afrika se beste hoop in hierdie jaar se Superrugby-reeks. Dan word daar gesels oor Arsenal se 2-0 wen oor Manchester United en Chelsea se desperate gelyk-uitslag teen Wolverhampton. Seges vir Liverpool en Manchester City hou ook die titel-resies aan die gang. Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify en SoundCloud.
Kobus Pretorius, Jacques Joubert en Andre Huisamen probeer sin maak van die naweek se Superrugby uitslae wat menigte ondersteuner se Superbru voorspellings deurmekaar gekrap het. Ons kyk vlugtig na die Proteas se voorbereiding vir die Wêreldbeker voordat die naweek se sokker uitslae deeglik bespreek word met seges vir Manchester United en Chelsea en drama tussen Arsenal en Spurs. Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify en SoundCloud.
Kobus Pretorius en Jacques Joubert gesels oor die Proteas se reeksnederlaag teen Sri Lanka en die naweek se Superrugby uitslae. Die sirkus in die EFL Cup eindstryd tussen Manchester City en Chelsea word ook deeglik bespreek voordat die aandag na Manchester United se dapper vertoning teen Liverpool draai. Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify, Deezer en SoundCloud.
Dit was ‘n naweek propvol sport en daarom gesels ons hierdie week oor tennis, sokker, rugby en krieket. Kevin Anderson maak Suid-Afrika trots deur al die pad tot die eindstryd van Wimbledon te vorder. Frankryk en Kroasië plaas die kersie op ‘n opwindende Wêreldbeker-sokkertoernooi koek en nou is alles verby. Die Sharks glip in by die Superrugby uitspeelrondtes se agterdeur en die Proteas is nou nog duiselig na Sri Lanka se draaiboul-aanslag. Dit alles in hierdie week se Sportmal Podcast met my Kobus Pretorius. Deel 1: Wimbledon eindstryd (0m 38s) Deel 2: Sokker eindstryd (12m 56s) Deel 3: Superrugby (23m 17s) Deel 4: Proteas in Sri Lanka (39m 22s) Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Android, Spotify en SoundCloud.