Sport podcast by Kobus Pretorius
Sportmal podcast met Kobus Pretorius
Kobus Pretorius is teleurgesteld. Jacques Joubert is tevrede. Hoekom? Want Manchester United speel volgende seisoen in die Europa League, maar voordat dit gebeur is daar 'n hele paar vrot appels waarvan Olé Gunnar Solskjaer eers ontslae gaan moet raak. Chelsea, aan die ander kant, is terug in die Champions League, maar vir hom wag daar 'n ewe onsekere afseisoen. Sug. Dis moeilik om tans 'n Man United ondersteuner te wees. Maar, dis steeds beter as om vir Chelsea of Arsenal te skree.
Kobus Pretorius en Jacques Joubert gesels oor dáái Salah weerligdoel teen Chelsea, wie dalk binnekort 'n nuwe eienaar kan hê. Manchester United skraap deur teen West Ham en Watford stel almal teleur deur 'n sege vir Arsenal op 'n skinkbord te gee. Daar word ook voorspellings gemaak vir die naweek se Premierliga-wedstryde.
Kobus Pretorius en Jacques Joubert debateer oor Eden Hazard se onsekere toekoms by Chelsea ná sy uitstekende vertoning teen West Ham. Daar word ook gekyk na die top vier resies tussen Spurs, Chelsea, Arsenal en Manchester United asook die voortgesette armdruk tussen Liverpool en Manchester City vir die titel. Die seisoen is in die pylvak! Daar word geëindig met voorspellings vir die week se Champions League wedstryde en die naweek se Premier League bepalings.
Kobus Pretorius, Andre Huisamen en Jacques Joubert kyk na die naweek se Superrugby uitslae en wonder hoekom Akker van der Merwe ligter gestraf word as Schalk Brits vir albei se aandeel in die hoogtepunt van die Bulls se sege oor die Sharks. Dan volg die Engelse Premierliga, waar Liverpool aanhou om sy golf van geluk te ry en sodoende die druk op Manchester City te hou. Ole Gunnar Solskjaer vier sy eerste wedstryd as Manchester United se nuwe voltydse afrigter met a 2-1 sege oor Watford en Chelsea dryf Neil Warnock tot raserny.
Daar was verskillende redes waarom Kobus Pretorius, Jacques Joubert en Andre Huisamen hulself verlekker het in die naweek se Engelse Premierliga en FA Cup uitslae. Kobus omdat Chelsea verloor het, Jacques omdat Manchester United verloor het en Andre omdat Arsenal nie gespeel het nie. Grappie. Al die naweek se brandede kwessies word bespreek asook die Champions League se loting vir die kwarteindronde. Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify en SoundCloud.
Dis weer tyd vir hierdie week se rugby en sokker bespreking ná 'n opwindende naweek van uitslae. Kobus Pretorius, Andre Huisamen en Jacques Joubert kyk na die Bulls se herlewing onder Pote Human en reken die span van Pretoria is Suid-Afrika se beste hoop in hierdie jaar se Superrugby-reeks. Dan word daar gesels oor Arsenal se 2-0 wen oor Manchester United en Chelsea se desperate gelyk-uitslag teen Wolverhampton. Seges vir Liverpool en Manchester City hou ook die titel-resies aan die gang. Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify en SoundCloud.
Kobus Pretorius, Jacques Joubert en Andre Huisamen probeer sin maak van die naweek se Superrugby uitslae wat menigte ondersteuner se Superbru voorspellings deurmekaar gekrap het. Ons kyk vlugtig na die Proteas se voorbereiding vir die Wêreldbeker voordat die naweek se sokker uitslae deeglik bespreek word met seges vir Manchester United en Chelsea en drama tussen Arsenal en Spurs. Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify en SoundCloud.
Kobus Pretorius en Jacques Joubert gesels oor die Proteas se reeksnederlaag teen Sri Lanka en die naweek se Superrugby uitslae. Die sirkus in die EFL Cup eindstryd tussen Manchester City en Chelsea word ook deeglik bespreek voordat die aandag na Manchester United se dapper vertoning teen Liverpool draai. Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify, Deezer en SoundCloud.
Ek en Jacques Joubert kyk na Manchester City se 6-0 sege oor Chelsea, terwyl Liverpool en Manchester United ook goeie oorwinnings die naweek behaal het. Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify, Deezer en SoundCloud.
Ek en Jacques Joubert gesels oor die Blitsbokke, Proteas en die naweek se Engelse Premier League resultate. Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify, Deezer en SoundCloud.
Ek en Jacques Joubert kyk na die Proteas se ODI reekssege oor Pakistan voordat ons aandag na die Engelse Premier League draai waar ons Chelsea en Man City se nederlae in oënskou neem. Ons bespreek ook Man United se terugvegpoging teen Burnley en Liverpool se gelykop-uitslag teen Leicester. Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify, Deezer en SoundCloud.
Ek en Jacques Joubert kyk na die Proteas se ODI nederlaag teen Pakistan en sê mooi goed oor Pat Lambie nadat hy sy uittrede aankondig. Ons analiseer Arsenal se sege oor Chelsea en Maurizio Sarri se reaksie daarop. Manchester United hou aan wen en Liverpool maak harde werk van hul wedstryd teen Crystal Palace. Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify, Deezer en SoundCloud.
Ek en Jacques Joubert is die week terug met die eerste episode van 2019. Die Proteas maak skoonskip in die toetsreeks teen Pakistan Manchester United lyk en voel soos 'n ander klub Chelsea soek 'n doelskieter en Arsenal is by 'n kruispad Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify, Deezer en SoundCloud.
Ek en Jacques Joubert gesels oor Chelsea se indrukwekkende sege oor Manchester City en die res van die Premier League se uitslae die naweek. Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify, Deezer en SoundCloud.
Ek en Jacques Joubert gesels oor die naweek se hoogdrama in die Premier League en kyk ook vorentoe na die week en naweek se bepalings. Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify, Deezer en SoundCloud.
Ek en Chelsea ondersteuner Jacques Joubert gesels oor die naweek se Premier League uitslae. **Ons praat ook oor:** * Didier Drogba se uittrede * Chelsea se groot nederlaag teen Spurs * Man United se treurmare teen Crystal Palace * Die week se Champions League bepalings Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify, Deezer en SoundCloud.
Ek en Chelsea ondersteuner Jacques Joubert gesels die week oor die Manchester derby, Chelsea se 0-0 teen Everton en Arsenal se laat gelykmaker teen Wolves. Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify, Deezer en SoundCloud.
Ek en Chelsea ondersteunder Jacques Joubert bespreek die naweek se Premier League uitslae en kyk ook vorentoe na die week se Champions League bepalings en volgende naweek se PL wedstryde. Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify, Deezer en SoundCloud.
Ek en Chelsea ondersteuner Jacques Joubert gesels oor die naweek se Engelse Premierliga uitslae. * Die tragedie by Leicester * Martial lei Man United na sege oor Everton * Ross Barkley vind sy voete in sege oor Burnley * Die res van die naweek se uitslae en voorspellings vir volgende week. Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify, Deezer en SoundCloud.
Ek en Chelsea ondersteuner Jacques Joubert gesels oor die naweek se Premier League uitslae. Daar was die chaos tussen Chelsea en Manchester United, Burnley se ineenstorting teen Man City en die onsekerheid rondom Raheem Sterling se toekoms by die klub. Ons voorspel ook die week se Champions League bepalings met United wat vir Ronaldo terugverwelkom by Old Trafford vir die eerste keer seder 2013. Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify, Deezer en SoundCloud.
Ek en Chelsea ondersteuner Jacques Joubert gesels oor die 0-0 uitslag tussen Liverpool en Manchester City op Anfield asook Manchester United se ongelooflike terugvegpoging teen Newcastle en wat dit vir die beleërde José Mourinho beteken. Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify, Deezer en SoundCloud.
Rapport se Leighton Koopman en Dawie Boonzaaier en SuperSport se Marco Botha gee hul mening oor Saterdag se 23-12 sege oor die Wallabies in Port Elizabeth. Ons kyk ook na die Bokke se algehele groei die seisoen en wat ons Saterdag teen die All Blacks kan verwag. Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Deezer, Spotify en SoundCloud.
Ek en Chelsea ondersteuner Jacques Joubert gesels oor die naweek se Engelse Premierliga uitslae en fokus veral op Liverpool se gelykop teen Chelsea en die gemors by Manchester United. Ons kyk ook na die week se Champions League wedstryde en volgende naweek se bepalings in die Premierliga. Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Deezer, Spotify en SoundCloud.
Ek en Chelsea ondersteuner Jacques Joubert neem die naweek se Engelse Premierliga resultate onder oë en bespreek onder meer: Chelsea se eerste verlore punte van die seisoen, Liverpool sterk begin duur voort, Manchester United stel weer teleur en, Burnley wen vir die eerste keer Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify, Deezer en SoundCloud.
Ek en Rapport se Leighton Koopman gesels oor die Springbokke se onverwagse, maar nogtans roemryke sege oor die All Blacks in Wellington. SuperSport kommentator Marco Botha gee ook sy insette oor een van die Bokke se beste seges in die professionele era. Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify, Deezer en SoundCloud.
Ek en Chelsea ondersteuner Jacques Joubert gesels oor die naweek se Engelse Premierliga wedstryde met net Chelsea en Liverpool wat nog onoorwonne bly ná vyf rondtes. Ons kyk ook na die week se Champions League kragmetings en maak voorspellings vir die naweek se Premierliga wedstryde. Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify, Deezer en SoundCloud.
Ek en Rapport se Leighton Koopman bespreek die Bokke se vrot nederlaag teen Australië en die pad vorentoe onder Rassie Erasmus. Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify, Deezer en SoundCloud.
In hierdie episode gesels ek met Chelsea ondersteuner Jacques Joubert en Arsenal aanhanger Andre Huisamen oor die naweek se Engelse Premierliga uitslae. Ons kyk ook na die Champions League se draw en watter spanne hulself gelukkig kan ag. Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify, Deezer en SoundCloud.
Ek en Jacques Joubert gesels oor Manchester United se skandes teen Tottenham Hotspur en Chelsea se gelukkige wen teen Newcastle. Ons kyk na die res van die naweek se Premierliga wedstryde en maak dan ons voorspellings vir week 4 van die Engelse Premierliga. Deel 1: Manchester United verloor teen Spurs (0m 45s) Deel 2: Chelsea teen Newcastle en die res van die wedstryde (30m 33s) Deel 3: Voorspellings (52m 48s) Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify, Deezer en SoundCloud.
Hierdie week gesels ek met Rapport se Leighton Koopman en SuperSport se Marco Botha oor die Springbokke se skoknederlaag teen Argentinië in Mendoza. Ons peins oor die Rassie se tameletjie op losskakel en neem ook die oneffektiewe lostrio onder oë. Speeltyd: Wat het skeefgeloop (0m 47s) Rassie se kopseer op losskakel (10m 10s) Heelagter opsies en 'n gebrekkige lostrio (33m 11s) Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify en SoundCloud. sportmalpodcast@gmail.com
Ek en Jacques Joubert gesels oor die tweede week van die Engelse Premierliga aksie. Ons praat in diepte oor die gemors by Manchester United terwyl Manchester City en Chelsea hul goeie begin tot die seisoen voortsit. Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify en SoundCloud. sportmalpodcast@gmail.com
Ek gesels met Jacques Joubert (Chelsea ondersteuner) en Andre Huisamen (Arsenal) oor die Engelse Premierliga se 2018/19 seisoen wat eersdaags begin. Ons kyk na Chelsea, Arsenal, Manchester United, Liverpool en Tottenham Hotspur se voorseisoen asook die spelers wat elke klub tot dusver gekoop het. Ons eindig met ons voorspellings van waar ons dink elk van die top spanne gaan eindig. Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify en SoundCloud.
Hierdie week gesels ek met Jacques Joubert en Andre Huisamen oor die Springbok-groep vir die Rugby Kampioenskap. Ons wil-wil ook vir John Mitchell groet as Bulls-afrigter en huil saam met die Lions oor hul swak rekord in Superrugby eindstryde. Die Proteas beklink die Eendagreeks teen Sri Lanka 3-0 met twee wedstryde oor en ons watter spelers gerus gaan word en wie speelkans gaan kry. Deel 1: Springbok-groep vir die Rugby Kampioenskap (3m 25s) Deel 2: Proteas wen weer in Sri Lanka (17m 30s) Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify en SoundCloud.
Hierdie week gesels ek met Rapport se Leighton Koopman oor die Lions se sege oor die Waratahs in die Superrugby halfeindstryd en hul skraal kans in die eindstryd teen die Crusaders. Ons kyk ook na die Proteas se sege oor Sri Lanka in die eerste Eendagwedstryd. Deel 1: Lions klop Waratahs vir plek in Superrugby eindstryd (0m 28s) Deel 2: Rugbynuus (24m 40s) Deel 3: Proteas wen eerste ODI met 5 paaltjies (36m 00s) Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify en SoundCloud.
George Germishuys (Netwerk24) en Leighton Koopman (Rapport) kom gesels oor die Proteas se vrot vertoning in Sri Lanka, die Blitsbokke se brons by die Sewes Wêreldbeker en die Lions se halfeindstryd teen die Waratahs. Die onmin in die Stormers se afrigtings strukture word ook onder oë geneem asook die blye nuus van Duane Vermeulen se Springbok-kontrak vir 2019. Deel 1: Proteas dronk gedraai in Sri Lanka (0m 35s) Deel 2: Blitsbokke wen brons (14m 26s) Deel 3: Rugbynuus (28m 24s) Deel 4: Superrugby kwarteindstryde en voorspellings vir die halfeind (46m 00s) Beskikbaar op Apple iTunes, Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify en SoundCloud.
Dit was ‘n naweek propvol sport en daarom gesels ons hierdie week oor tennis, sokker, rugby en krieket. Kevin Anderson maak Suid-Afrika trots deur al die pad tot die eindstryd van Wimbledon te vorder. Frankryk en Kroasië plaas die kersie op ‘n opwindende Wêreldbeker-sokkertoernooi koek en nou is alles verby. Die Sharks glip in by die Superrugby uitspeelrondtes se agterdeur en die Proteas is nou nog duiselig na Sri Lanka se draaiboul-aanslag. Dit alles in hierdie week se Sportmal Podcast met my Kobus Pretorius. Deel 1: Wimbledon eindstryd (0m 38s) Deel 2: Sokker eindstryd (12m 56s) Deel 3: Superrugby (23m 17s) Deel 4: Proteas in Sri Lanka (39m 22s) Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Android, Spotify en SoundCloud.
In hierdie spesiale episode gesels ek met mede sokker liefhebber Jacques Joubert oor die Wêreldbeker-sokkertoernooi se halfeindstyde, ons voorspelling vir die eindstryd en Cristiano Ronaldo se skuif van Real Madrid na Juventus. Hardloop Tyd: Deel 1: Kroasië klop Engeland (01m 00s) Deel 2: Frankryk wen België (22m 15s) Deel 3: Ronaldo verruil Real Madrid vir Juventus (45m 00s) Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Android Podcasts, Spotify en SoundCloud.
Hierdie week kom gesels Leighton Koopman en Tiaan Theart oor die tweede laaste rondte groepwedstryde van 2018 se Superrugby seisoen. Behalwe vir die wedstryde self kyk ons na Robbie Fleck se toekoms as Stormers-afrigter en WP Rugby se finansiële verknorsing. Ons maak voorspellings vir die komende naweek se laaste rondte wedstryde voordat ons aanbeweeg na die Wêreldbeker-sokkertoernooi. Hardloop tyd: Deel 1: Superrugby terugblik (0m 45s) Deel 2: Wêreldbeker-sokkertoernooi terugblik en halfeindstryd voorspellings (32m 20s) Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Android podcasts, Spotify en SoundCloud.
Hierdie week grawe ek saam met Rapport se Leighton Koopman en Dawie Boonzaaier deur Suid-Afrika se Superrugby moeras op soek na hoop vir die toekoms. Ons neem die Proteas se toer na Sri Lanka onder oë met die terugkeer van Dale Steyn en die leemte van AB de Villiers. Daarna pak ons die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Rusland wat tans help om die Superrugby tragedie te onderdruk. Ons sluit af met voorspellings vir die naweek se Superrugby-stryde. Hardloop tyd: Deel 1: Superrugby (0m 49s) Deel 2: Rugbynuus (23m 20s) Deel 3: Proteas toer Sri Lanka (35m 41s) Deel 4: Wêreldbeker-sokkertoernooi (49m 50s) Deel 5: Superbru voorspellings (01h 06m 27s) Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Android, Spotify en SoundCloud.
Hierdie week gesels ek met Leighton Koopman en Marco Botha oor die Springbokke se terugkeer aarde toe, Elton Jantjies se Bok-toekoms, Duane Vermeulen se leemte en optimisme vir die Rugby Kampioenskap. Ons kyk ook na Nieu-Seeland se weghol sege oor Frankryk, Ierland se reeks-sege oor Australië en die stand van rugby se reëls en swak skeidsregters. Ons sluit af met 'n kykie na die naweek se terugkeer na Superrugby aksie. Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Android en SoundCloud.
Hierdie week analiseer SuperSport kommentator Marco Botha en rugby skakelbeampte Jaco van Wyk die Springbokke se 23-12 sege oor Engeland in Bloemfontein om die reeks te beklink. Ons gesels oor moontlike spankeuses vir die laaste toets en die feit dat dit die laaste toets op die ikoniese Nuweland-stadion gaan wees. Beast Mtawarira se 100ste toets word gevier en ons kyk na Schalk Brits se toekoms in die Bok-trui. Hardloop tyd: Deel 1: Bok-sege en besprekingspunte Deel 2: Australië en Nieu-Seeland se uitslae teen Ierland en Frankryk. Deel 3: Die Junior Bokke wens brons by die Junior Wêreldtoernooi. Beskikbaar op: * Apple iTunes * Apple Podcasts * Overcast * Android * SoundCloud Jy kan my kontak by: sportmalpodcast@gmail.com
Hierdie week gesels ek met Rapport se Leighton Koopman en die bekende rugbyafrigter Alan Zondagh oor die Bokke se indrukwekkende sege oor Engeland op Ellispark. Na Nieu-Seeland en Australië se seges oor onderskeidelik Frankryk en Ierland debatteer ons die gebruik van geel kaarte, swak skeidsregters en besef opnuut die Wallabies is dalk nie so sleg soos wat ons gedink het nie. Ons neem ook die Blitsbokke se suksesvolle seisoen onder oë en kies 'n paar uitblinkers wat in die afwesigheid van 'n paar staatmakers hul hande hoog opgesteek het. Daar word afgesluit met die Junior Bokke se vordering by die Junior Wêreldtoernooi en hul kanse om die eindstryd te haal. Hardloop tyd: Deel 1: Springbokke klop Engeland 42-39 in Siya Kolisi se eerste toets as kaptein (1m 35s). Deel 2: All Blacks trap Franse en Australië klop Ierland (25m 55s). Deel 3: Die Blitsbokke wen die Parys Sewes en daarmee ook die Wêreld Sewesreeks vir die tweede jaar in 'n ry (34m 45s). Deel 4: Junior Bokke se kanse by die o.20 Wêreldtoernooi (43m 11s).
Hierdie week gesels ek met Rapport se Leighton Koopman oor die Springbokke se eerste Toets onder Rassie Erasmus, die Blitsbokke se uitdaging in die Parys Sewes en die Junior Bokke se opmars in die Junior Wêreldtoernooi. Ons kyk ook na die jongste rugbynuus en waag 'n voorspelling vir Saterdag se vuurdoop teen Engeland. Speeltyd: Deel 1: Bokke val vas teen Wallis (0m 18s) Deel 2: Blitsbokke veg hard vir Sewes titel (12m 12s) Deel 3: Junior Bokke looi vir Ierland (21m 44s) Deel 4: Algemene rugbynuus (26m 43s) Deel 5: Superbru voorspelling (35m 47s)
Gaste: Dawie Boonzaaier en Marco Botha In hierdie week se Sportmal podcast kyk ons terug na nog ‘n naweek van swak uitslae vir Suid-Afrika se Superrugby spanne. Ons vestig al ons hoop op die onoortuigende Lions en fokus op die spanne se swak dissipline. Daarna neem ons Rassie Erasmus se eerste Springbok-groep onder oë en kyk wie’s in, wie’s uit en wie’s die nuwe kaptein. Ons sluit af met ‘n terugblik na Schalk Brits se loopbaan en wonder hardop wat met SuperSport se ondersoek na die Ashwin Willemse sage gaan gebeur. Ons eindig met 'n kort gesprek oor AB de Villiers. Hardloop Tyd: Deel 1: Superrugby terugblik (02m 15s) Deel 2: Rassie se Springbok-groep (11m 30s) Deel 3: Schalk Brits, Ashwin Willemse en AB de Villiers (37m 50s)
AB de Villiers het vandag in 'n onverwagse stap sy uittrede uit alle internasionale krieket aangekondig. As 'n voormalige krieketskrywer gee ek my mening oor sy besluit en kyk ek terug na sy loopbaan as een van die wêreld se beste kolwers ooit.
In hierdie week se episode van Sportmal kyk ons na die Lions en Sharks se seges die naweek en wonder wat presies vir die Stormers en Bulls verkeerd geloop het. Ons bespiegel ook oor die naweek se voorval op SuperSport tussen Ashwin Willemse, Nick Mallett en Naas Botha en die verstommende reaksie op sosiale media. Ons gesels oor die Bokke se vleuel opsies, Malcolm Marx se plaasvervanger en kies ons Bok 15-tal vir die eerste toets teen Engeland. Ons sluit af met die naweek se Superbru voorspellings. Rundown: Deel 1: Jaguares t Bulls, Sharks t Chiefs, Lions t Brumbies en Stormers t Sunwolves (01m 37s) Deel 2: SuperSport saga, Springbok vleuels en Malcolm Marx se plaasvervanger (18m 42s) Deel 3: Vraag en Antwoord, Blitsbokke en Springbok 15-talle (45m 55s) Deel 4: Superbru voorspellings (01h 03m)
In hierdie week se episode van Sportmal bespreek ons die Bulle se indrukwekkende sege oor die Sharks en wonder wat op Nuweland met die Stormers teen die Chiefs gebeur het. Ons analiseer ook die naweek se tweestryde en kyk na watter spelers hulle Springbok-kanse versterk het. Rassie Erasmus se kiesbeleid word ook onder oë geneem voordat ons vinnig kyk na wat die week in Europese rugby plaasgevind het. Running order: Deel 1: 00m 35s Deel 2: 21m 48s Deel 3: 54m 06s
Hierdie week gesels ek met Rapport se Leighton Koopman oor die Stormers se indrukwekkende sege oor die Bulls op Nuweland, die Sharks se wen oor die Highlanders en die Lions wat weer kleitrap. Ons praat ook in diepte oor die toekoms van Superrugby en of al die Suid-Afrikaanse spanne nie maar in Europa moet gaan speel nie. Deel 1: Ons analiseer die naweek se drie Superrugby wedstryde waarin die SA spanne betrokke was. (40s) Deel 2: Die toekoms van Suid-Afrikaanse spanne in Superrugby en toekoms van die Sanzar vennootskap. (33m 07s)