Hierdie podcast het ten doel om die woordbediening van Simfonie AGS Witpoortjie aan die publiek beskikbaar te stel. Simfonie AGS - Liewer vir God, Liewer vir mekaar, Liewer vir die wêreld - Elke dag!
In vandag se boodskap moedig Pastoor George ons aan om 'n lewe te leef wat in stap met die Heilige Gees is.
In vandag se boodskap leer Pastoor Jacques ons oor die effek wat ons woorde het op die gang en verloop van ons lewe.
Vandag leer Pastoor Eben ons vanuit die Woord van die Here dat ware lewensgeluk lê opgesluit daarin dat ons die Woord van die Here volg en eerbiedig.
Pastoor Franco nooi ons in vandag se boodskap uit om ons fokus weer reg te kry - om te verstaan dat ons Here groot is, en vir ons 'n groot verlossing bewerk het!
Pastoor Franco bedien ons met die Woord van die Here, en ons vier saam die wonderlike gawe van die Here, ten opsigte van sondevergifnis.
Die Here is ons Herder - en dit beteken dat Hy altyddeur vir ons sal sorg, en ons kan weet dat ons veilig is in Sy hande.
Wanneer Jesus ons roep, roep Hy ons ook om vrug te dra in hierdie wêreld. Al is dit moeilik, is elke seisoen die vrugdra-seisoen vir die kind van die Here!
Psalm 135 is 'n aanmoediging om die Here te loof en prys terwyl ons nog asem het. Al is ons in donker tye, moet ons nie dat ons lied stilword nie!
Ons vier vandag die Nagmaal, maar ons sit by die tafel aan met die wete dat die Here ons Ware Trooster is. God is vir ons goed, selfs in donker tye, soos die tye waarin ons tans leef. Eendag sal hierdie wêreld wat deur die vloek van die sonde getref is, hernu word - en ons sal vir ewig saam met die Here wees in 'n perfekte ewigheid.
Abraham, Moses en Elia het unieke geloofswedlope gehad om te hardloop in hulle tyd, maar ons het ook, en dis nou ONS beurt om hierdie wedlope aan te durf. Kom en luister wat die Here deur Pastoor Eben aan die gemeente sê.
Soms voel dit vir ons of die hele wêreld teen ons staan. Hoe kan die kind van God staande bly in sulke tye?
Pastoor George gee vir ons beginsels om ons deur hierdie moeilike tyd van onsekerheid ten opsigte van COVID-19 te dra.
Het jy al gewonder hoe moet die kind van die Here oor vrees voel? Luister dan na hierdie uiters gesalfde boodskap van Pastoor Jacques.
Pastoor Roode se dringende woord vertel aan die gemeente hoe belangrik dit is om die Here met jou hele hart na te volg.
In hierdie kosbare boodskap leer Pastoor George ons oor wat gebeur wanneer die Here voor ons 'n oop deur plaas.
Eben leer ons vanuit die Woord van God hoe die kinders van die Here se liefde vir mekaar moet lyk, en deur watter motiewe dit behoort gestuur te word.
Pastoor Bossie leer ons vanuit Jesaja 5 oor die oes wat die Here verwag, en hoe ons kan voldoen aan Sy verwagtinge.
By die Maart Nagmaaldiens, leer Pastoor George oor hoedat die Nagmaal ons konfronteer, en vorm, as die kinders van God.
Pastoor George leer ons oor gewoontes en gewoontevorming in ons lewe.
Ons leer oor die gevolg van wat gebeur as die Here by 'n mens kom stilstaan uit die verhaal van Jakob.
Pastoor Jacques wys ons vanuit die verhaal van Jakob, Lea en Ragel hoedat die Here uitkyk vir diegene wat deur ander mense verstoot word - en hoedat Hy van ons verwag om mense van liefde te wees.
Professor François Möller bedien by ons die Woord en illustreer hoedat die Messias, Jesus Christus, alreeds vir baie jare as Belofte aangedui is in die Woord van die Here.
Eben leer die gemeente oor die kosbare Doping in die Heilige Gees - ons bron van krag om getuies vir Jesus in die wêreld daarbuite te wees.
Pastoor Jacques daag die gemeente uit om in 2020 onsself los te maak van dit wat agter is en uit te strek na dit wat voorlê.
Eben leer die gemeente meer oor wat die sleutel is tot volhardende Heilige Gees vuur in ons lewe.
Pastoor Roode gesels met ons oor hoedat ons in ons geloof moet groei. Ons leer ook om te verstaan waarin ons glo.
In hierdie boodskap vra Pastoor George die vraag - hoe het 2019 jou hart voorberei vir 2020? Is dit nou vrugbare, sagte grond, of is dit harde grond?
Tydens ons dankdiens leer ons opnuut oor hoe om dankbaar te wees.
Hoe dankbaar is jy? In hierdie boodskap leer ons hoedat opregte dankbaarheid oorspoel na 'n lewe van diensbaarheid.
Pastoor Jacques leer ons vanuit die Woord van die Here dat om dankbaar te wees, beteken om ook vergenoegd te wees.
Pastoor George neem die gemeente op 'n praktiese reis en leer ons hoe om ons dankbaarheid op 'n praktiese wyse te betoon.
Pastoor Jacques vestig 'n paar belangrike beginsels rondom die kind van God se identiteit in hierdie boodskap en moedig ons aan om vorentoe te kyk en te sorg dat ons die Here altyd voor oë hou.
Partykeer kan dit vir ons voel ons sit êrens in 'n seisoen van ons lewe in 'n "vasgeval" posisie. Pastoor George moedig die gemeente aan om los te breek hieruit en vorentoe te gaan!
Pastoor George moedig die gemeente aan om enduit die goeie stryd te stry, en voluit vir Jesus te lewe.
In 'n slegte seisoen van ons lewe kan ons dalk voel dat ons lewe nou net daar moet eindig - maar dis juis dan wat ons reg is vir 'n groot ingryping van die Here. Luister na Pastoor George wat oor hierdie konsep die gemeente aanspoor om op die uitkyk te wees vir 'n nuwe seisoen!
Jaïrus en die vrou wat aan bloedvloeiing gely het se verhaal leer ons hoe om onsself te posisioneer vir 'n wonderwerk. Luister gerus hierna as jy 'n wonderwerk in jou lewe nodig het.
Pastoor Roode leer die gemeente oor wat dit beteken om 'n geseënde van die Here te wees.
Pastoor Jacques spoor ons aan om weer gevul te word met die Heilige Gees soos wat die jaar spoedig tot sy einde snel.
Wil jy meer leer oor oorgawe aan die Here? Luister dan na hierdie insiggewende boodskap van Pastoor Roode.
Pastoor George leer ons oor hoe vreugdevol die aksie van gee in ons lewe kan wees.