POPULARITY
“Die Bybel leer ons dat God 40 dae as ʼn belangrike geestelike tydperk beskou en dat daar dikwels ʼn deurbraak kom op die 41ste dag.” Maroela Media
Praktiese riglyne wanneer enige stuk in die Bybel bestudeer word. Vra die volgende vrae: 1. Is daar 'n voorbeeld vir my om te volg? 2. Is daar 'n sonde waarmee ek moet deel/ moet vermy /moet bely? 3. Is daar 'n opdrag vir my om na te kom? 4. Is daar 'n belofte vir my om toe te eien? 5. Wat leer hierdie betrokke stuk my oor die karakter van God of Jesus Christus? 6. Is daar iets dieper vir my om te ondersoek? 7. Is daar iets in die betrokke stuk waaroor ek spesifiek vandag moet bid?
Ons gesels oor die rooi, geel en groen ligte in die Bybel. Ek dink God se kleur is groen. Ja, en tog beleef baie God as meer verteenwoordigend van rooi.
Ek vrees ons het twee stelle waardes, een vir Maandag tot Saterdag en een vir Sondag. Een vir die lewe, ons sê dit nie, maar lewe sonder God en een saam met Hom. Die Bybel sê, die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan.
Die beste raad wat ek jou kan gee vir wanneer jy vir die Here kwaad is, is om met Hom daaroor te praat. Die Bybel belowe, die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal jou bewaar.
Dit getuig van ʼn nederige lees en interpretasie van die Here se Woord.
Die lewe van ʼn gelowige is vol keuses. Die Bybel maak dit duidelik. Kies die lewe.
Die Bybel herinner ons daaraan dat ook ons op verskeie maniere vreemdelinge was, en in ʼn sin is ons dit nog steeds.
Dalk staan jy vandag voor so ʼn keuse.
Die Bybel is daaroor baie duidelik. Alle mense, ook bejaarde mense, is en bly beelddraers van die lewende God.
Kry die nuus soos dit breek.
Namate die verkiesing in November naderkom, verwys politieke partye toenemend na die Bybel in hul veldtogte. Hamunyera Hambyuka, Swapo-LP, het onder andere by 'n saamtrek in Rundu aan Swapo-ondersteuners gesê dat versuim om vir Swapo en sy kandidaat, Netumbo Nandi-Ndaitwah te stem, hulle van beide die hemel en die hel sal uitsluit. Namibiese politieke kommentator dr. Henning Melber, navorsingsdirekteur by die Scandinavian Nordic Africa Institute, het op sosiale media gesê dit blyk dat verwysings na en aanhalings uit die Bybel die mees prominente veldtogvoertuig is, in die afwesigheid van enige samehangende program om die maatskaplike uitdagings en ongeregtighede aan te spreek. Kosmos 94.1 Nuus het met Melber gesels, wat meer insig oor sy plasing gee.
Send us a Text Message.Jesaja 55:10,11 Reën en sneeu kom uit die hemel, en dit gaan nie daarheen terug nie. Dit maak die aarde nat om die plante te laat bot en vrugte te laat dra sodat daar saad is om te saai en brood om te eet. Net so is dit met die woord wat uit my mond kom: Dit sal nie leeg na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek verwag en die doel bereik waarvoor Ek dit gestuur het. (NLV) Kom ons wees eerlik, hierdie ding wat die Christene "die Bybel" noem, bevat 'n hele paar baie vreemde, baie moeilik verteerbare stories. Jesus wat water in wyn verander en op water loop. Regtig? Miskien is dit net 'n sprokie?Volgens die verslag van die wêreldwye bediening aan vervolgde Christene, The Voice of the Martyrs, is Bybels in sowat 52 lande dwarsoor die wêreld moeilik of slegs op gevaarlike wyse bekombaar. Bybels is in daardie lande onwettig en skaars en moet dikwels in die geheim ingesmokkel word. Nouja, wat dink jy, as die Bybel net 'n sprokie is, hoekom word dit in 52 lande verbied? Soos iemand eenkeer opgemerk het, hoekom gaan jy nie tronk toe as jy Aspoestertjie of Sneeuwitjie lees nie? So, hoekom word die Bybel verbied? Dit maak geen sin nie.Dit word verbied omdat dit jou kan vrymaak en omdat dit die kragtigste, mees transformerende waarheid wat aan die mensdom bekend is, bevat! Dit is verbode, want wanneer God deur sy Woord met gewone mense soos ek en jy praat, ontketen Hy sy krag om sy doel te bereik.Jesaja 55:10,11Reën en sneeu kom uit die hemel, en dit gaan nie daarheen terug nie. Dit maak die aarde nat om die plante te laat bot en vrugte te laat dra sodat daar saad is om te saai en brood om te eet. Net so is dit met die woord wat uit my mond kom: Dit sal nie leeg na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek verwag en die doel bereik waarvoor Ek dit gestuur het. (NLV) Dis die ware rede waarom dit in daardie lande verbied word. Nee, dit is nie 'n sprokie nie. Dit is die instrument wat jou lewe heeltemal kan verander. Dit ontketen die krag van God om ín jou en déúr jou te werk en om so tot sy eer sy doel te bereik.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Die Bybel sê – wie soek sal vind.
Geïnspireerd beteken dat God aan die Woord kom as ʼn mens die Bybel met verwagting en geloof lees.
Die Bybel vertel ons van ʼn God wat ʼn goeie plan met ons almal het. Ek weet wat ek vir julle beplan sê die Here, voorspoed en nie teëspoed nie. (Jeremia 29:11)
Deuteronomium 8:17,18 Hy het dit gedoen sodat jy nie moet dink dit is deur jou eie krag en energie waardeur jy ryk geword het nie. “Onthou altyd dat dit die Here jou God is wat vir jou die krag gee om ryk te word. Hy doen dit om die verbond na te kom wat Hy met jou voorouers gesluit het. Is dit eerbaar of oneerbaar vir 'n belydende Christen om 'n gerieflike neseier vir hul aftrede te spaar, terwyl daar nog soveel mense dwarsdeur die wêreld is wat honger ly en baie mense in ons eie land, wat op straat woon?Dit is nogal 'n verwarrende vraag, omdat die sosio-ekonomiese omstandighede van mense regoor die wêreld - mense wat vandag se VARS boodskappe in hul eie taal kyk, luister of lees - so dramaties verskil.Ek onthou dat een van my dosente in die Bybelkollege lank gelede gesê het dat as dit nie vir alle mense; rykes en armes, swartes en wittes werk nie … dan is dit nie die Evangelie nie. En ek stem saam. Nouja, wat moet die rykes met hul rykdom doen?Jesus het ons aan die eenkant geleer om nie vir onsself skatte op hierdie aarde bymekaar te maak waar roes en mot dit kan vernietig en diewe dit kan steel nie, maar eerder om skatte in die hemel bymekaar te maak, waar dit nie verlore kan gaan nie. Aan die ander kant lyk dit tog na 'n verantwoordelike ding om te doen om 'n bietjie spaargeld te hê wanneer ons ouer word, om aan ons behoeftes te voorsien. Die Bybel praat dikwels van harde werk, maar ook van spaar. Of jy nou baie ryk is of nie, kyk wat staan in:Deuteronomium 8:17,18 Hy het dit gedoen sodat jy nie moet dink dit is deur jou eie krag en energie waardeur jy ryk geword het nie. “Onthou altyd dat dit die Here jou God is wat vir jou die krag gee om ryk te word. Hy doen dit om die verbond na te kom wat Hy met jou voorouers gesluit het.Trots is ‘n baie gevaarlike strik van rykdom. Wat jy ook al het, kom van die Here af. En een van die maniere om daardie strik te vermy, is om vir jouself skatte in die hemel bymekaar te maak. Dit beteken om te gee - nie net uit jou surplus nie - maar radikaal en mildelik.Moet nooit vir jouself sê: Ek het al hierdie rykdom deur my eie krag en vermoë gekry nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Die Gees sluit die Woord van die Here vir ons oop en help ons om dit beter te verstaan.
Deon Groot stel sy nuwe enkelsnit "Hand op die Bybel" bekend. Hy en Louwrens Bezuidenhout bederf ons ook met iets "live".
Die Bybel sê dat ons sonde soos ʼn skeidsmuur is tussen ons en God. Die skeidsmuur is egter afgebreek vanweë die volmaakte offer wat Jesus aan die kruis van Golgota gebring het. Gaan lees gerus maar Jesaja 59:2.
Die Bybel sê die plek waarheen hulle vertrek het, is onbeskryflik mooi.
Reeks: [Getemperde Geloof] Spreker: Chris Heunis Youtube link: https://www.youtube.com/watch?v=g91ghzG1520
Lees als hierOns is opgewonde om na 'n verfrissende somervakansie nog 'n jaar in diens van ons Koning te begin. Ons bid dat die tydjie vir jou ryke seën ingehou het. Waarna sien jy hierdie jaar uit? Waarmee gaan Jesus jou hierdie jaar verras? Het jy doelwitte wat jy graag wil bereik? ‘n Vakansie wat jy dalk wil beplan? Verhoudings waaraan jy aandag moet gee? Wie weet wat die Here vir ons in hierdie baie belangrike jaar wat vir ons land voorlê, beplan? Die waarheid is, dat net Hy weet. Ons lees in Handelinge 1:7,8 dat Jesus vir sy dissipels gesê het: “Die Vader bepaal hierdie datums,” het Hy geantwoord, “en die bedoeling is nie dat julle dit moet ken nie. Maar wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sal julle krag ontvang en oral mense eerstehands van My vertel – in Jerusalem, oor die hele Judea, in Samaria, en tot in die uithoeke van die aarde.” (NLV) En dit is presies wat ons elkeen wil doen, nè? Ons weet die tyd is kort en kosbaar en dat ons geleenthede om die boodskap van Jesus Christus aan ‘n honger wêreld uit te dra, al hoe skaarser word. Sefanja 3:16,17 : Daardie dag sal vir Jerusalem gesê word: “Moenie bang wees nie, Sion! Moenie moedeloos word nie. Die Here jou God is by julle. Hy is 'n magtige Verlosser. Hy is buitengewoon bly oor julle. Sy liefde sal julle rustig maak. Met uitroepe van vreugde sal Hy oor julle jubel.” (NLV) Daarom wil ons jou graag uitnooi om prakties deel van Christianityworks te wees. Ons wil nie op finansies hamer nie, maar die werklikheid is, dat ons jou ondersteuning baie nodig het! (Alle bydraes by die FNB-rekening word slegs deur ons plaaslike bediening benut!) Die Bybel leer ons dat dit God se normale praktyk is om sy mense te betrek by die finansiering van sy werk. Lees gerus 2 Korintiërs 8: 1-15. Ons waardeer jou voorbidding vir die bediening.Het jy al vir al jou vriende en familie vertel dat hulle daagliks VARS-boodskappe per e-pos of op ‘n potgooi kan geniet? (Ons het tans oor die 700 boodskappe wat weekliks op potgooi afgelaai word!) Laat weet asseblief as jy enige voorstelle het om VARS beter bekend te stel.Ons is altyd baie dankbaar en opgewonde om terugvoer en getuienisse van julle te ontvang!IN DIE PYPLYN o ‘n VARS – Facebookbladsy om gereelde interaktiewe kommunikasie met julle, ons intekenaars en donateurs, te hê. o Ons ondersoek die moontlikheid van ‘n “White-label” ( ‘n gedrukte weergawe van die oordenkings met advertensie geleenthede) vir kerke en ons radio-vennote o Opdatering van ons Webwerf om dit 100% in Afrikaans te hêo Berni besoek Suid-Afrika DV in Julie 2024Seënwense en mooi loopDie VARS-spanSupport the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Reeks: Getemperde Geloof Spreker: (Johan Delport) Youtube link: https://www.youtube.com/watch?v=xyCuq3syaEw
(1) Die Bybel is deur die Gees geïnspireer en (2) onfeilbaar, daarom kan dit geen weersprekings bevat nie https://youtube.com/live/2K_U6aTQ4vQ
DESEMBER 2023 VARS NUUSBRIEF – ons eerste op die potgooiLees als hierVir die afgelope drie en ‘n half jaar word VARS in Afrikaans en FRESH in Zulu, in ‘n groot mate deur Christianityworks vanuit Australië befonds. Christianityworks is self ook op donateurs aangewese vir befondsing.Ons sê baie dankie aan die paar Afrikaanse donateurs wat maandeliks bydra. Alle bydraes wat aan hierdie FNB-bankrekening gestuur word, word gebruik vir die VARS-produksies wat in Suid-Afrika vertaal, verklank en vervaardig word. Elke nou en dan ontvang ons 'n brief of 'n e-pos hier by Christianityworks, waarin ons 'n eenvoudige vraag gevra word oor die bediening en geld. Oor die algemeen gaan dit iets soos volg:As Christianityworks wel ‘n “geloofsbediening” is, as julle regtig glo dat God in al julle behoeftes sal voorsien – hoekom vra julle my vir geld? Hoekom vertrou julle nie net op God nie?Die realiteit is dat Christianityworks net elf betaalde personeellede regoor die wêreld het. Baie funksies (ateljees, produksies, ontwerp, proeflees, ens.) word uitgekontrakteer om by spesifieke behoeftes aan te pas en om julle bydraes ten beste te benut. Ons werk met 'n knap begroting en doen ons bes om God te eer deur elke geskenk - dit maak absoluut geen saak hoe groot of klein dit is nie - te gebruik om die Goeie Nuus van Jesus deur die media aan 'n wêreldwye gehoor van letterlik miljoene mense elke week te verkondig.Ons wil jou graag uitnooi om prakties deel van Christianityworks te wees. Ons wil nie jou arm draai nie. Ons wil jou nie skuldig laat voel as jy nie kan gee nie. Die Bybel leer ons dat God se normale praktyk is om sy kinders by die finansiering van sy werk te betrek. (Sien Eks 25:1,2, Mat 6:33, 2 Kor 8: 1-15) en nog baie meer.Hier by Christianityworks word nie 'n sent vermors nie. Wees dus gerus dat jou bydrae tot sy eer gebruik sal word! Gaan na Cristianityworks.co.za as jy graag met ons wil saamwerk om die Evangelie van Jesus te verkondig, of jy kan by SA FNB rekening 6286 0951 550 ‘n bydrae maak.As jy graag ons nuusbriewe per epos wil ontvang, dis maklik, klik op hierdie skakel in die potgooi notas - https://form.jotform.com/233443021475550Ons waardeer julle voorbidding vir die bediening!Seënwense vir die feesseisoenDie VARS-spanBank: First National Bank (FNB) Rekening naam: Christianityworks NPC Takkode: 250655 Rekeningnommer: 6286 0951 550 of https://christianityworks.co.za/donate/Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Hierdie insiggewende boodskap gee bepaalde Bybelse perspektief oor die haat teen die Jode, wat veral in die laaste paar weke meer sigbaar word. Die Bybel voorspel hierdie haat teen die Jode en ons leef in die tyd waar ons dit voor ons oë sien waar word.
Ons lees nou die Evangelie van Matteus
Die Bybel sê innerlik word dag tot dag vernuwe.
Laat die Woord van die Here toe om die proses Goddelik te begelei, maar maak werk van die emosie. Kom sterker, beter toegerus en volwasse aan die ander kant daarvan uit.
Die Bybel sê, soek jou krag by die Here en in sy groot mag. Hy sal jou toerus vir die lewe en die uitdagings daarvan. Laat so ʼn bietjie sagtheid in jou lewe toe en word weer ʼn mens onder mense.
Uiteindelik, wanneer God dit goed dink sal ons die ewige rus tegemoetgaan. Ons wil die mense wat deel van ons verwysingsraamwerk vorm nie daar soek en nie vind nie. Maak seker dat hulle deel van die geselskap sal wees.
Miskien bevind jy jouself vandag op so ʼn pad. Dis moeilik om te onderskei waar die volgende tree gegee moet word. Die Bybel sê: “Hou jou oë op Jesus, die begin en die voleinder van die geloof”.
Die Bybel sê wees bly want daar is hoop, ongeag jou omstandighede en die uitdagings waarmee jy vandag gekonfronteer word.
"Die boek Job, wat bestaan uit prosa en meestal poësie, is een van die grootste boeke wat ooit geskryf is oor gebed. Dit breek ons aannames en stereotipes oor wat dit beteken om met God te kommunikeer. Eers as ons Job se storie sien as ‘n reis na ‘n dieperwordende ontmoeting met God, kan ons waarlik omgaan met die oeroue vraag: “Hoekom laat God toe dat (goeie) mense swaarkry?” Dis ‘n storie wat eers ten volle sin maak vir diegene wat swaarkry ken, wat al teen die grond was, op ‘n plek waar God in der waarheid nie meer sin maak nie en waar ons nie kan glo “God het ‘n plan” nie."
"Baie van ons is nie net krities nie, maar ook kwaad. En dit vir ‘n baie goeie rede. Die bitter polarisasie in kerke en die regering, oneerlike selfsug, en afwesigheid van respek en deursigtigheid wakker die gode van wraak binne ons aan. Moet ons kwaad word?..."
"Die Bybel word dikwels opgetel om antwoorde te kry. God se antwoorde. En dit is daar. Duidelike antwoorde en beloftes. Daar is egter ook baie vrae. Vrae wat God vra. En meeste daarvan is nie retories nie. As ons met die vrae worstel en daarop antwoord met ons lewens, kan dit ons nader bring aan wie ons werklik is en in dieper vennootskap met God."...
"Indien iemand nou vir my sê: “Word wakker tjom!”, beteken dit nie dat ek uit ‘n fisiese slaap moet wakker word nie. Dit beteken eerder dat daar iets is waarvan ek nie van bewus is nie of nie kan sien nie. Dit kan dalk intellektueel, emosioneel of geestelik wees. Een groot tema in Bybel is: Word wakker! Word inteendeel NOU wakker voordat die dood jou wakker maak!"
"Alles wat soek is net ligte skadu, refleksie van die een wat ons regtig soek! Glo jy dat God meer aantreklik is as ‘n superhero? Slimmer as jou professor? Mooier as die mooiste skildery en meer eroties as die grootste sekssimbool op aarde?"
"Hoe ons ons eie wêreld verstaan is hoe ons die storie van onsself en ander vertel..."
Die Bybel sê lof is die offer wat ons aan Hom moet bring. Ons lewens is ʼn loflied.
Die Bybel maan ons immers dat ons ja, ja moet wees en ons nee, nee.
Metodes om jou bybel deur te werk op ‘n maklike manier --- Send in a voice message: https://anchor.fm/bybel-tyd/message
Die Bybel leer ons immers om nie die Gees van die Here te bedroef nie, omdat dit sy werk in ons lewens inhibeer en maak dat ons nie die stem van die Here kan hoor nie.
Handelinge 20:22-24 En nou gaan ek Jerusalem toe, daartoe gedring deur die Gees. Wat dáár met my sal gebeur, weet ek nie. Ek weet dat die Heilige Gees my in elke stad verseker dat gevangenskap en vervolging op my wag. Maar al is my lewe vir my kosbaar, reken ek dit van geen belang nie as ek maar net my lewenstaak kan voltooi en die dienswerk wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaar maak: dit is om die evangelie van God se genade te verkondig. Hulle sê: Hoe steiler die opdraand hoe vinniger hardloop die sterkes. Dis ‘n interessante teorie, maar kom ons wees eerlik. Wanneer dit moeilik raak, kom ons al te dikwels tot stilstand.Wanneer dit swaar gaan, kom ons regtig maklik in die versoeking om die verkeerde ding te doen. Daar is 'n rede daarvoor. Die Bybel sê vir ons dat die duiwel soos 'n brullende leeu rondloop en soek vir iemand om te verslind. (1 Petrus 5:8).Hy wag altyd totdat ons op ons swakste is, voordat hy toeslaan! Die geswoeg van die lewe verander in 'n worstelstryd van skuldgevoelens. Nou maar sê my, wat doen jy wanneer jy swaarkry? Kom ons kyk na Paulus se woorde in:Handelinge 20:22-24 Maar nou moet ek die Gees gehoorsaam en na Jerusalem gaan. Ek weet nie wat met my daar gaan gebeur nie. Ek weet net dat die Heilige Gees in elke stad vir my sê dat probleme en selfs tronk op my wag. Ek gee nie om oor my eie lewe nie. Die belangrikste is dat ek my werk klaarmaak. Ek wil die werk voltooi wat die Here Jesus my gegee het om te doen—om mense die Goeie Nuus oor God se genade te vertel.Paulus was vinnig om te erken dat hy tydens die baie moeilike lewe waartoe God hom geroep het, baie foute gemaak het. Maar hy het waarskynlik meer as enige ander Bybelskrywer, getuig van God se guns. En dit is daardie onverdiende guns wat hom gedryf het om die Goeie Nuus oor die destyds bekende wêreld te verkondig, al sou dit hom uiteindelik sy lewe kos.Ons het elkeen die geleentheid om die keuse te maak tussen ‘n lewe wat worstel met skuldgevoelens en ‘n oorwinninglewe van vloei vanuit sy genade en guns.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af. Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en ‘n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God, waardeur die toenmalige wêreld met water oorstroom is en vergaan het. Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense.(2 Pet. 3:3-7)
Dit is inderdaad ʼn hoë roeping en nie iets wat ʼn mens in jou eie krag kan vermag nie. Nee, die Heilige Gees moet ons toerus om so te leef. Die Bybel sê ook verdra en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het.
Willie Mc Loud is an independent South African scholar with a wide field of interest spanning ancient Middle Eastern studies, Kantian philosophy and philosophy of science. He has got a PhD in Nuclear Physics (Nuclear Fusion), a MSc in Physics, a MA in Philosophy of Science, an Honours degree in Philosophical Hermeneutics and an MBL.http://wmcloud.blogspot.comhttps://coreideas.coSupport the show