POPULARITY
Die Namibiese Minister van Binnelandse Sake, Immigrasie, Veiligheid en Sekuriteit maan Namibiërs teen die gebruik van 2 paspoorte. Nehemia Nghishekwa, die Immigrasiedirekteur in die Ministerie, die verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waarom dit onwettig is om met 2 paspoorte te reis.
Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die sterfgeval wat Maandag bevestig is in die hoofstad, kort na ‘n inenting teen Covid-19. Die 62-jarige man het in die oggend sy eerste spuit ontvang en is net na half-2 die middag oorlede. Dr Shangula...
Die leier van die Regstellende Herposionering Beweging Job Amupanda het verdoemende dokumente in verband met die Namibiese diamant handel maatskappy Namdia pas bekend gemaak. Luidens dokumente het ‘n Israelse maatskappy Nuska Tegnologie ‘n faktuur van net minder as 3,4 miljoen Namibiese doller aan Namdia gestuur vir waardasies op ‘n groot getal diamante. Dit, volgens Amupanda, terwyl daar reeds ‘n maatskappy, C-Sixty Beleggings aangestel is. Amupanda sê ook dat die aanstelling van Nuska sonder die korrekte prosedure aangestel is. Die Namibiese Minister van Openbare Ondernemings Leon Jooste het vroeër gesê Amupanda se aantygings is verkeerd. Nie Amupanda, of Jooste of die Hoof van Namdia Kennedy Hamutenya was beskikbaar vir kommentaar nie maar, Namdia se Woordvoerder Beverly Coussement het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hulle besig is met ‘n verklaring in die verband.
Die VN se vlugteling agentskap het weer die jaar ‘n Olimpiese span wat uit vlugtelinge bestaan en in Tokio sal meeding. Die eerste span van so ‘n aard het reeds in 2016 aan die Spele deelgeneem. Kenners meen dit bied groot ontvlugting vir mense wat ontwortel is deur geweld en ander rampe. Die Namibiese Minister van Sport, Agnes Tjongarero het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Namibië is gereed om die beslissings en opdrae van die Troika-beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, by te staan. Die Troika het noodsamesprekings oor Mosambiek gevoer en sal ‘n tegniese span ontplooi na die land. Die Namibiese Minister van Internasionale Betrekkinge Netumbo Nandi Ndaitwah.
Die Namibiese Minister van Internasionale Betrekkinge Netumbo Nandi Ndaitwah het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die pad vorentoe na die Troika-beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap. Die Troika het noodsamesprekings oor Mosambiek gevoer.
Die Namibiese Minister van Veiligheid en Sekuriteit Frans Kapofi het die voordele wat die voormalige Hoof van die Intelligensie Diens Lucas Hangula ontvang het verdedig. Hangula ontvang ‘n bybetaling op sy maandelikse pensioen betaling en het selfs ‘n nuwe voertuig ontvang. Kapofi sê die voordele is deur die Openbare Dienskommissie goedgekeur. Maar die Politieke Ontleder Dr Ndumba Kamwanyah sê dit weerspieël nie die situasie op grondvlak nie.
Die Namibiese Minister van Justisie Yvonne Dausab het vanmiddag in die parlement bevestig dat regsadvies in verband met Kristofina Amutenya, die Namibiese vrou wat aangekla word van die moord van haar twee kinders in Etiopië verlede jaar, sowel as een klag van poging tot moord, nou ingewin word. Dausab sê die Prokureur-Generaal is reeds genader. Amutenya is vroeër vrygelaat nadat die klagte teen haar voorlopig laat vaar is. Terwyl sy diplomatieke immuniteit in Etiopië geniet is die vermeende moorde op Namibiese grond gepleeg. Die Namibiese regering het nie haar immuniteit in Etiopië laat vaar nie omdat die land steeds die doodstraf toepas. Sy is eerder gerepatrieer om plaaslike tereg te staan. Dausab
Dit was ‘n baie besige Paasnaweek en owerhede het kommer oor ‘n toename in Covid-gevalle oor ongeveer 2 weke. Dit was die geval net na die plaaslike owerheid verkiesings in November verlede jaar en weer na die Desember vakansie. Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula het dit so verwoord.
Die Namibiese Minister van Visserye Albert Kawana het onderneem om die landbousektor te ondersteun en om te verseker dat die visbedryf plaaslik aankoop, veral as dit kom by voedsel vir bemanning van skepe en meer. Hy het ook melding gemaak van visfabrieke wat tamaties en meer gebruik. Hy sê alle Namibiërs moet voordeel trek uit Namibië se visbronne, of hulle vang en of hulle boer.
Die Namibiese Minister van Myne en Energie Tom Alweendo het bevestig dat die finansiële vatbaarheidstudie met betrekking tot die Baynes hidroëlektriese dam teen April vanjaar gefinaliseer sal word. Plaaslike media is op hol omdat die Paaie Owerheid ‘n tender beskikbaar gestel het vir ‘n teer pad vanaf Opuwo na die dam toe. Die tender sluit in April. ‘n Ooreenkoms is vroeg in April 2020 tussen Alweendo en sy Angolese eweknie João Baptista Borges onderteken. Minister Alweendo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula het verlede week aangekondig dat uitslae van toeste oor die teenwoordigheid van die Suid-Afrikaanse variant van Covid-19 in die land, die week beskikbaar sal wees. Media in Slowenië het vroeër berig dat ‘n dokter van daardie land, wat teruggekeer het na besoek aan Namibië, positief getoets het vir die variant. Intussen sê Dr Shangula die uitslae is nog nie bekend nie...
Daar is vandag 115 nuwe Covid-19 gevalle in Namibië aangeteken. Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula...
Die Namibiese Minister van Finansies, Ipumbu Shiimi sal waarskynlik binnekort die land se begroting ter tafel lê. Die regering het geen fiskale ruimte om geld uit te gee nie en die skuldlas is besig om te verdiep terwyl inkomste krimp. Cons Karamata, 'n plaaslike Ekonoom het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Namibiese Minister van Geslagsgelykheid en Kinderwelsyn Doreen Sioka het die afgelope tyd kritiek uitgelok vir haar onvermoë om geslagsgeweld in die land aan te spreek. Sy word ook skerp gekritiseer vir haar stiltes wanneer skok voorvalle voorkom en daar is reeds beroepe op verskeie platforms gedoen dat sy moet bedank. Sioka het in Swakopmund gepraat en gesê sy aanvaar verantwoordelikheid maar blameer die ministerie se mislukkings op die inperkings as gevolg van Covid.
Daar is vandag 188 nuwe Covid-19 gevalle in Namibië aangemeld. Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula...
Daar is vandag 218 nuwe gevalle van Covid-19 in Namibië aangemeld. Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula met die syfers...
Die Namibiese Minister van Landbou Calle Schlettwein het ‘n werksbesoek aan die verre noorde van die land afgelê en het samesprekings met verskeie rolspelers oor talle aspekte van die landbou gehad. Hy sluit vanoggend by ons aan om hieroor te gesels en ook oor die nuus dat Amerikaanse boere kommer uitgespreek het oor die invoer van Namibiese vleis terwyl daar bek- en klouseer in die land is. Die United States Cattlemen’s Association sê die invoer van vleis wat vanuit die buffersone kom waar olifante grensdrade verwoes het is baie hoë risiko...
Die Namibiese Minister van Finansies Ipumbu Shiimi meen die leier van die opposisie PDM Party McHenry Venaani nie eerlik is met sy kritiek teenoor die besluit om Air Namibia te likwideer nie. Shiimi het sy navorsing gedoen...
Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula sê Namibië is op koers om die Covid-19 entstof-program te ontvang en uit te rol. Die eerste enstof sal teen einde Maart in die land aankom. Ben Nangombe, die Uitvoerende Direkteur in die ministerie spoor alle burgers aan om die entstof te neem aangesien dit almal sal baat.
Die Namibiese Minister van Justisie Yvonne Dausab het die Bestryding van Huishoudelike Geweld Wysiging Wetsontwerp in die Parlement ter tafel gelê. Dausab sê meer moet gedoen word om geweld teen kwesbare persone te beëindig en die gewysigde wet is 'n stap in daardie rigting aangesien dit moontlik maak vir beleidmakers om die voortou te neem in die verandering van gedrag en maatskaplike gewoontes asook om meer bewustheid te kweek oor die regte van vroue en kinders. Sy sê die vlakke van geweld en diskriminasie teen vroue en kinders veral die afgelope drie jaar het kommerwekkend geword. Lucia Eises, 'n Maatskaplike Werker het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula sê Namibië is op koers om Covid-19 entstowwe te ontvang en uit te rol. Hy het vandag gepraat in die Nasionale Vergadering waar hy die Huis ingelig het oor die land se vordering in die stryd teen die pandemie en die gereedheid vir die entstof. Dr Shangula...
Die Namibiese Minister van Landbou Calle Schlettwein het vandag vergader met raadslede, tradisionele leiers en produsente by Nkurenkuru in die Kavango-Wes streek. Dit maak deel uit van sy roadshow om die omvang te bepaal van die bek- en klouseer uitbreking in die noordelike streke. Schlettwein sê een van die uitdagings op die oomblik is dat boere in die suidelike en noordelike dele van die land verkies om hulle vleis op die plaaslike markte te verkoop eerder as by 'n geregistreerde slagpale aangesien hulle dan meer geld maak met hulle produkte.
Die Namibiese Minister van Openbare Ondernemings Leon Jooste het in ‘n onderhoud met die nasionale uitsaaier die NBC gesê dat die bedrywighede van openbare ondernemings deurentyd beoordeel sal word. Media berig gereeld oor korrupsie en die lae prestasie van die 22 staatsondernemings. Volgens Jooste beteken sy ministerie se ingrypings nie altyd dat daar korrupsie is nie maar somtyds is dit net om prosesse meer vaartbelyn of effektief te maak.
Dit wil voorkom of skole 'n spilpunt geword het vir Covid-19 veral in skole in die noordelike dele van die land. Tydens die laaste Covid-19 opdatering is daar bevestig dat 182 leerders positief getoets het vir Covid-19 insluitend 101 van die Ekuko Hoërskool in die Omuthiya-distrik. Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula sê hulle het die kwessie met die betrokke owerhede opgeneem.
Daar is vandag 273 nuwe Covid-19 gevalle in Namibië aangemeld waarvan onder meer 182 leerders is met 101 van die leerders uit die Omuthiya-distrik en 2 gesondheidswerkers. Daar is nog 120 gevalle wat van die virus herstel het. Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula.
Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula sê die ministerie hertoets nie meer bevestigde gevalle van Covid-19 nie. Dr Shangula sê alle werknemers word aangeraai om bewyse of klarings te kry van kwarantyn-fasiliteite. Minister Shangula....
Die Namibiese Minister van die Omgewing en Toerisme, Pohamba Shifeta het meer besonderhede bekendgemaak oor maatreëls wat die toerismebedryf in werking gestel het om in die lig van die impak van die Covid-19 pandemie die bedryf te help stimuleer.
Reaksie word ontvang op die verbod op toeskouers by sportgeleenthede. Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula het die maatreël wat tot 3 Februarie geld, ingestel as deel van die strategie om Covid-infeksies te bekamp. Die Minister van Sport, Agnes Tjongarero
Die Namibiese Minister van Visserye, Albert Kawana het bewerings ontken deur die Regstellende Herposisionering Beweging dat die ministerie op die rantjie van ineenstorting is en werknemers uitbuit. Kawana het gereageer op 'n brief wat aan hom gerig is deur die beweging se streekskantoor onder leiding van Knowledge Ipinge oor verskeie kwessies in die ministerie en die sektor oor die algemeen. Hy het onder meer die mening uitgespreek dat die ministerie onder Kawana se leiding disfunksioneel is en die industrie plunder. Ipinge....
Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula sal om 10 uur vanoggend Namibiërs toespreek oor die jongste Covid-19 regulasies om die virus hok te slaan. Manuel Ngaringombe, die Sekretaris-Generaal van die Populêre Demokratiese Beweging met sy verwagtinge.
Die Namibiese Minister het weinige aanpassings gemaak aan maatreëls in verband met die Covid-pandemie wat hy op 23 Desember aangekondig het. Skole se aangepaste kalender soos deur die Ministerie van Onderwys bekendgemaak is, is onveranderd.
Mense sonder grond is besig om ongeduldig te word aangesien hulle boonop sukkel om hulle huurgeld by te bring met Covid-19 wat die situasie drasties bemoeilik met verliese aan inkomste en ander uitdagings. Grondbesettings is besig om toe te neem regoor die land wat ook onder meer Windhoek insluit. Die Namibiese Minister van Stedelike en Landelike Ontwikkeling Erastus Utoni het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Namibiese Minister van Stedelike en Landelike Ontwikkeling Erastus Utoni sal binnekort nuutverkose raadslede in die verskillende streke van die land ontmoet. Die nuwe raadslede is verkies tydens die afgelope streeksraad en plaaslike owerheid verkiesings op 25 November. Utoni het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Kommer het ontstaan na goeie reën neerslae oor ‘n nuwe uitbreking van ‘n sprinkaanplaag wat moontlik kan ontstaan. Die Namibiese Minister van Landbou Calle Schlettwein sê die situasie is onder beheer en word deurlopend gemonitor. Hy voeg by dat die nodige infrastruktuur ook in plek is.
Dis nog nie duidelik wanneer Namibië sy eerste besending van die Covid-19 entstof sal ontvang nie. Namibië het egter voldoen aan alle voorvereistes om van die eerste lande te wees wat die entstowwe ontvang. Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Daar is 'n rits aanpassings gemaak aan die huidige Covid-19 regulasies in Namibië. Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula sê die tweede vlaag van Covid-19 in Namibië hou groot gevare in vir Namibië. De minister het ook 'n aandklokreël van 9 uur in die aande tot 4 uur in die oggende aangekondig wat regoor die land sal geld.
Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula sê regulasies vir mense wat gesterf het van Covid-19 verwante oorsake, is verslap.
Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula sê die tweede vlaag van Covid-19 beskik oor die potensiaal om veel erger te wees as die eerste vlaag indien maatreëls nie streng nagekom word nie.
Daar is vandag weer 'n rekord van 434 nuwe Covid-19 gevalle in Namibië aangemeld. Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula het meer besonderhede.
Die Namibiese Minister van Landbou Calle Schlettwein het die jaar in oënskou geneem en sê hy is baie positief oor wat voorlê en ook, wat gedurende 2020 behaal is. Hy het met Kosmos 94.1 Landbounuus gepraat.
Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula sê kommer kring uit in Windhoek oor die buitensporige aantal nuwe Covid-19 gevalle wat daagliks aangeteken word. Die hoofstad se jongste positiewe gevalle beslaan 60 persent van die nasionale totaal. Minister Shangula...
Die Namibiese Minister van Landelike en Stedelike Ontwikkeling Erastus Uutoni het inwoners aan die kus daarvan verseker dat die Swapo regering regverdig erwe aan inwoners sal voorsien. Hy het gepraat by die oorhandiging van sertifikate van eienaarskap aan inwoners by Otweya, ‘n nedersetting wat van Twaloloka hernoem is na ‘n verwoestende vuur in Julie vanjaar waar meer as 150 wonings afgebrand is.
Die Namibiese Minister van Stedelike en Landelike Ontwikkeling Erastus Uutoni het die plaaslike openbare uitsaaier die NBC geloof vir die diens wat hy lewer met uitdagende begrotingstekorte.
Die Namibiese Minister van Justisie Yvonne Dausab het meer besonderhede bekend gemaak oor die magte van die Minister van Gesondheid, indien inperkings maatreëls oortree word. Sy het by vanoggend se perskonferensie by Staatshuis in die hoofstad gepraat.
Die Namibiese Minister van Handel Lucia Ipumbu sê die SME sektor moet uitbrei en diversifiseer om te verseker dat werkskepping geskied en die ekonomie kan groei. Landbou is volgens Ipumbu van kritiese belang, maar daar moet innovering wees.
Die Namibiese Covid-19 gevalle is steeds besig om toe te neem. Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula het die syfers bekend gemaak.
Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula het vroeër vanmiddag sy kommer uitgespreek oor die nuwe aantal Covid-19 gevalle wat vandag in Namibië aangemeld is. Vandag se gevalle is die hoogste syfer wat sedert die uitbreking in Namibië aangemeld is. Minister Shangula...
Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula het 'n beroep gedoen op die publiek om die bestaande voorkomende maatreëls na te kom om te verhoed dat die Covid-19 virus verder versprei in Namibië.
Die Namibiese Minister van Veiligheid en Sekuriteit Frans Kapofi het met boere naby Omitara ontmoet om kwessies oor veediefstal en stropery te bespreek. Die vergadering is deur Marina Lamprecht van Rooikraal gereël kort nadat die Minister van Landbou Calle Schlettwein ook die boere daar toegespreek het. Lamprecht sluit vanoggend by Kosmos 94.1 Landbounuus aan om oor die vergadering te gesels.