Podcasts about besoek

  • 34PODCASTS
  • 197EPISODES
  • 19mAVG DURATION
  • 1EPISODE EVERY OTHER WEEK
  • Apr 16, 2025LATEST

POPULARITY

20172018201920202021202220232024


Best podcasts about besoek

Latest podcast episodes about besoek

Kosmos 94.1 Kollig
Estie Schreiber gesels oor A.Vogel se Boldocynara

Kosmos 94.1 Kollig

Play Episode Listen Later Apr 16, 2025 11:06


Dis Paastyd – 'n tyd van lam, soetpampoen, hot cross buns en hope sjokolade! Wie wil nou nie 'n lekker ete saam met familie en vriende geniet nie? Maar onthou, jou lewer – daardie stille helper – mag dalk net fluister vir bietjie ondersteuning. A.Vogel se Boldocynara is die antwoord! Hierdie natuurlike formule ondersteun lewerfunksie en is sonder voorskrif beskikbaar by apteke. Besoek www.avogel.co.za en soek na “Liver signs” vir meer inligting en om weer daardie tekens van leweroorlading te hersien. Het jy vrae? Kontak Estie gerus per e-pos by info@sanatural.co.za.

Monitor
Monitor 11 April 2025

Monitor

Play Episode Listen Later Apr 11, 2025 49:55


'n Besoek aan Israel deur twee politieke partye veroorsaak onmin in die regering van nasionale eenheid. Verskeie parlementêre komitees is bekommerd oor die besnoeiing van die weermag se begroting. Slagoffers van misdaad in die Wes Kaap. word die waarborg gegee dat hulle verklarings by die polisie in Afrikaans kan aflê.

Kosmos 94.1 Kollig
Estie Schreiber gesels oor Oxiprovin

Kosmos 94.1 Kollig

Play Episode Listen Later Apr 9, 2025 12:33


Hoekom verouder die liggaam elke dag? Hoekom lyk dit asof sekere mense vinniger ouer word as ander? Wat gebeur? Hierdie week gesels Estie Schreiber oor Oxiproven. Oxiprovin is bekostigbaar en sonder voorskrif beskikbaar by jou naaste apteek. Besoek www.oxiprovin.co.za vir meer inligting of kontak haar per e-pos by info@sanatural.co.za indien jy enige navrae het.

Nuus
MK vies oor Zelensky se besoek aan SA

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 5, 2025 0:20


Die MK-party sê hy gaan betoog teen president Volodymyr Zelensky van Oekraïne se komende staatsbesoek aan Suid-Afrika. Die sekretaris-generaal Floyd Shivambu veroordeel die regering se besluit om Zelensky te nooi en noem hom ʼn strooipop-president. Zelensky kom na verwagting volgende week in Pretoria aan vir ʼn amptelike staatsbesoek. Hy beklemtoon dat Zelensky se besoek teen die land se onverbonde standpunt oor die oorlog tussen Rusland en Oekraïne indruis:

Kosmos 94.1 Kollig
Estie Schreiber gesels oor kroniese pyn en inflammasie

Kosmos 94.1 Kollig

Play Episode Listen Later Apr 2, 2025 12:13


Hierdie week gesels Estie Schreiber oor kroniese pyn en inflammasie in die spiere, gewrigte en ligamente. ThreshHold tablette en jel mag dalk net die antwoord wees. ThreshHold is beskikbaar by apteke landswyd. Besoek www.threshhold.co.za vir meer inligting of kontak haar per e-pos by info@sanatural.co.za indien jy enige navrae het.

Nuus
McIlroy besoek Augusta, verken die baan

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 27, 2025 0:18


Die viermalige major-kampioen, Rory McIlroy, het vroeër die week die Augusta National in Georgia besoek ter voorbereiding van die Meesters. Dis die enigste major-titel wat hy kort om ʼn loopbaan-Grand Slam te voltooi. Die speler van Noord-Ierland en die wêreld-nommer-een, die Amerikaner Scottie Scheffler, is van die gunstelinge om die Meesters te wen wat op 10 April afslaan. McIlroy, wat hierdie week aan die Houston Ope deelneem, sê sy verkenningsreis na Augusta was om weer gewoond te raak aan die baan:

Kosmos 94.1 Kollig
Estie Schreiber gesels oor die spysverteringsstelsel

Kosmos 94.1 Kollig

Play Episode Listen Later Mar 26, 2025 13:38


Hierdie week gesels Estie Schreiber oor die spysverteringsstelsel. Van slegte asem tot 'n spoelmaag of hardlywigheid. Pyn, krampe en die moeite om sekere kosse te eet, is 'n daaglikse stryd vir sommige mense. A Vogel se Molkosan mag dalk net die antwoord wees. 99 jaar vertrou die wêreld al op Molkosan. Molkosan is beskikbaar by apteke landswyd. Besoek www.avogel.co.za vir meer inligting of kontak haar per e-pos by info@sanatural.co.za indien jy enige navrae het.

Nuus
DA sê SA-afvaardiging moet besoek aan VSA vervroeg

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 17, 2025 0:17


Die DA vra die Presidensie om die regering van nasionale eenheid se afvaardiging na Amerika te vervroeg om te onderhandel oor maniere om die diplomatieke betrekkinge met een van die land se belangrikste handels- en beleggingsvennote te stabiliseer. Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake Marco Rubio het op sosiale media verklaar Suid-Afrika se ambassadeur Ebrahim Rasool is as persona non grata nie meer welkom in die land nie. Emma Powell van die DA sê die party beskou Rasool se uitsetting as uiters nadelig:

Nuus
NamNet besoek Speaker oor samewerking met parlement

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 14, 2025 0:39


Die Namibiese Civil Society Non-State Actors-netwerk, NamNet, het 'n hoflikheidsbesoek aan die Nasionale Vergadering-speaker prof. Peter Katjavivi, gebring. Ronny Dempers van die Namibia Development Workshop het die afvaardiging gelei en 'n beroep gedoen op die insluiting van die burgerlike samelewing in die parlement se werk, asook samewerking met burgerlike samelewing-organisasies om die nasionale ontwikkelingsprioriteite te bereik. Dempers het die parlement geprys vir die bekendstelling van e-parlementsinstrumente soos die aanlyn-wetsontwerp register, aangesien dit burgerlike betrokkenheid bevorder. Katjavivi het gesê burgerlike samelewing-organisasies speel 'n belangrike rol in die bevordering van demokrasie en goeie bestuur. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die bestuurskenner Dr. Marius Kudumo, wat deel van die afvaardiging was.

Nuus
Pohamba vertel van laaste besoek aan Nujoma

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 11, 2025 0:33


Voormalige president Hifikepunye Pohamba, 'n dekadeslange vriend van stigterspresident Sam Nujoma, sê hy was nie verbaas om van sy sterwe te hoor nie. Die twee leiers se paaie het die eerste keer in 1960 in Dar es Salaam in Tanzanië gekruis. Pohamba het met plaaslike media gepraat by sy huis in Okanghudi ka Pohamba in die Ohangwena-streek.

Francois van Rensburg
Lunch Punch: Spina and Benignetti piano duo besoek Suid-Afrika

Francois van Rensburg

Play Episode Listen Later Feb 7, 2025 20:05


Spina and Benignetti piano duo besoek Suid-Afrika.

Nuus
Yi se besoek het strategiese belange

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 4, 2025 0:58


Die besoek van môre tot Dinsdag deur Wang Yi, die Chinese minister van buitelandse sake is ‘n strategiese skuif, veral met die wêreld, en plaaslike, se veranderende politiek. Yi kom môre in die land aan en is geskeduleer om samesprekings met verkose president, Netumbo Nandi-Ndaitwah, in Windhoek te voer en dan op Swakopmund met president Nangolo Mbumba te vergader. Die politieke ontleder, professor Andre Duvenhage het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Nuus
Winde gesels met Kosmos 94.1 oor prins William se besoek

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 6, 2024 0:38


Prins William het die Earthshot-prys deur sy Royal Foundation in 2020 begin om nuwe idees aan te moedig om omgewingsprobleme op te los, met die fokus op jong entrepreneurs en innoveerders. Dit is in 2021 bekendgestel en die eerste drie toekenningseremonies is in Brittanje, die Verenigde State en Singapoer gehou. Vanjaar word die seremonie in Kaapstad gehou, en William het 'n tydjie in die Moederstad deurgebring. Alan Winde, die premier van die Wes-Kaap, het eksklusief met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die belangrikheid daarvan om hom daar te hê.

Nuus
Hengari sê oor besoek aan Elon Musk, en Starlink 

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 18, 2024 0:22


Tydens 'n persinligtingsessie by Staatshuis het Alfredo Hengari, die presidensiële perssekretaris, 'n opdatering gegee oor president Nangolo Mbumba se onlangse vergadering met die miljardêr Elon Musk. Hulle bespreking het gesentreer rondom die moontlike vestiging van 'n Starlink-kantoor in Namibië. Musk se Starlink het aansoek gedoen vir 'n lisensie om sy satelliet-internetdienste in Namibië aan te bied. Volgens Hengari word die aansoek nog hersien.

Nuus
Mbumba se besoek aan Duitsland kom op goeie tyd

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 7, 2024 0:41


President Nangolo Mbumba en sy Duitse eweknie, dr. Frank-Walter Steinmeier, sal amptelike samesprekings hou om betrekkinge tussen Namibië en Duitsland te bespreek. Luidens ‘n verklaring sal hy in sy hoedanigheid as die mede-fasiliteerder van die Beraad van die Toekoms die konferensie gebruik om druk vir die hervorming van internasionale finansiële instellings te plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met Chris Hart, ‘n Suid-Afrikaanse ekonoom gesels oor presies wat dit sou behels.

Nuus
Mashatile jag beleggings op VK-besoek

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 1, 2024 0:19


Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering van nasionale eenheid se strategiese voorkeure is om volhoubare ekonomiese groei te bereik, armoede te verlig en ʼn etiese, bevoegde ontwikkelingstaat te ontwikkel. Hy is tans op ʼn werksbesoek aan die Verenigde Koninkryk wat een van Suid-Afrika se belangrikste bilaterale vennote is, veral wat handel, belegging, toerisme en Billike Energie-oordrag betref. Mashatile het aan Bloomberg gesê die regering van nasionale eenheid wil ʼn gunstige beleggingsomgewing skep:

Nuus
Geen plaaslike voordeel aan Biden se besoek aan Angola nie

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 23, 2024 0:34


Reaksie word ontvang op Amerikaanse president Joe Biden wat sy belofte om Afrika te besoek gaan hou en op 14 Oktober Angola sal besoek. Die bekende politieke ontleder professor Andre Duvenhage sê daar is verskeie faktore wat die keuse aangedryf het en dat daar nie veel van ‘n voordeel vir Namibië is nie.

Nuus
Mbumba-beloftes na China besoek: President sal moet mooi besin...

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 9, 2024 0:32


Na die Afrika-China-beraad het president Nangolo Mbumba aangekondig dat sy regering landbouverwerkingsentrums in landelike gebiede vir vestig om plaaslike produksie 'n hupstoot te gee, ekonomiese groei te stimuleer en waarde tot landbouprodukte toe te voeg. Mbumba sê hierdie inisiatief sal bekostigbare kleinskaalse tegnologieë, toerusting en gereedskap vereis om landbouverwerking in die land te verbeter en dit sal blykbaar van China af kom. Maar, groenskemas onderpresteer, abattoirs werk nie optimaal nie en landbou se ekonomiese bydrae krimp. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by die landboukenner Wallie Roux vir sy mening.

Nuus
Kom besoek die Grünau winterskool!

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 1, 2024 0:40


Die jaarlikse Grünau winterskool is geskeduleer vir 14 Augustus by die Vastrap Gasteplaas, 5km vanaf Grünau op die B3 na Karasburg. Ondanks die voortslepende droogte word boere landwyd aangemoedig om dit by te woon. Die geleentheid spog met opwindende sprekers, insluitend die legendariese Dr. Joggie Briedenhann van Hartebeesloop, en beloof 'n dag vol aktiwiteite vir die hele gesin. Dolf de Wet, 'n boer van Michberg plaas naby Grünau, rig 'n hartlike uitnodiging aan almal.

Kosmos 94.1 Kollig
Estie Schreiber gesels die week oor die lewer met behulp van A Vogel se "Boldocynara"

Kosmos 94.1 Kollig

Play Episode Listen Later Jul 31, 2024 11:39


Estie Schreiber gesels die week oor die lewer. Die grootste binne orgaan van die liggaam met meer as 500 verskillende funksies! Jou lewer is jou vriend. Ken jy die taal van die lewer? Ons produk vir die lewer is A Vogel "Boldocynara". Dit is beskikbaar by apteke en gesondheidswinkels. Vir meer inligting besoek gerus www.avogel.co.za, of stuur vir ons ‘n e-pos na info@sanatural.co.za. Besoek ook gerus ons Facebook bladsy A Vogel Suid-Afrika.

Nuus
!Gawaxab besoek aan Londen 'n groot sukses

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 5, 2024 0:34


Die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab, het die Londen Aandelebeurs toegespreek en Namibië se blywende stabiliteit en voorspelbaarheid in 'n onstuimige globale ekonomie beklemtoon. Namibië se Eurobond van 750 miljoen Amerikaanse dollar is op die Aandelebeurs genoteer. !Gawaxab het belanghebbendes gerusgestel dat Namibië reeds 'n strategie ingestel het om sy Eurobond-verpligtinge na te kom. Kazembire Zemburuka, die Bank van Namibië se woordvoerder, gee meer inligting.

Nuus
Regshulpsentrum besoek kus vir gratis regsadvies

Nuus

Play Episode Listen Later May 20, 2024 0:35


Die Regshulpsentrum verskaf môre-oggend vanaf 11-uur gratis regsadvies en publikasies by die Swakopmund-museum. Hulle sal op 22 Mei van 9-uur die oggend tot 2-uur by die Dunes Mall in Walvisbaai wees. Die gratis regsadvies sal fokus op kwessies soos testamente en boedels, gesinsgeweld, egskeiding, arbeidsaangeleenthede en ander regsaangeleenthede. Gegewe die talle ontwikkelings in die kusstreke van Namibië, sal die sentrum ook inligtingsessies hou oor die reg om geraadpleeg te word as belanghebbende en geaffekteerde partye, kragtens die Wet op Omgewingsbestuur. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum.

Nuus
Bipa besoek streke vir kwytskelding

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 26, 2024 0:40


Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, het vroeër sy jaarlikse boete-kwytskeldingsprogram met drie maande verleng tot 30 Junie. Dit was na 'n oorweldigende aanvraag en terugvoer van die sakegemeenskap, veral klein- en mediumgrootte besighede. Bipa gaan verskeie streke besoek waar sakelui na sekere dorpe kan gaan om aansoek te doen vir die kwytskeldingsprogram. Kosmos 94.1 Nuus het met die owerheid se woordvoerder, Ockert Jansen, gesels vir 'n opdatering.

Nuus
Seibeb besin oor parlementêre besoek aan Switserland

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 28, 2024 0:43


Die speaker van die Nasionale Vergadering, Peter Katjavivi, het 'n afvaardiging van parlementslede gelei na die 148ste Inter-Parlementêre Unie vergadering in Genève, Switserland. Die parlementslede Henny Seibeb, Charmaine Tjirare and Nono Katjingisiua het Katjavivi vergesel na die vergadering, wat gister ten einde geloop het. Seibeb besin oor sommige van die sleutelkwessies wat bespreek is en hoe dit Namibië beïnvloed.

Nuus
Wat help elle-lange besoek aan Genève

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 25, 2024 0:34


Reaksie word ontvang op die afvaardiging wat tans in Genève, Switserland is op besoek aan die 148ste Parlementêre Unie Vergadering. Die speaker, professor Peter Katjavivi lei die groep wat tot 27 Maart daar sak wees. Die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah vra watter voordeel die lang besoek met ‘n groot groep, sal wees vir die land.

Nuus
Okahandja-aktivis kap Uutoni oor besoek aan dorp

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 7, 2024 0:26


Die Okahandja Munisipaliteit stel môre sy Strategiese Plan vir 2024-2029 bekend, en het die publiek uitgenooi om die geleentheid by te woon. Die plan sal 'n nuwe strategiese rigting skep om die lewensomstandighede en -standaarde van alle inwoners en beleggers te verbeter. Die stedelike ontwikkeling-minister, Erastus Uutoni, sal die dokument amptelik bekendstel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die aktivis Sydney Gariseb, wat sê hy is ontsteld, want hulle vra al vir jare die minister om die dorp te besoek en na hul probleme te luister, sonder sukses. Maar nou skielik, omdat dit verkiesingsjaar is, kom besoek hy die dorp.

Nuus
Okahandja-aktivis kap Uutoni oor besoek aan dorp

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 7, 2024 0:32


Kry die nuus soos dit breek.

Nuus
Cele se besoek aan Parys ondersoek

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 18, 2024 0:18


Die DA verwelkom die Openbare Beskermer se ondersoek ná die besoek van die Suid-Afrikaanse polisie-minister, Bheki Cele, en sy assistent aan Parys vir die Wêreldbeker-rugbytoernooi, wat na bewering deur ‘n ongeïdentifiseerde privaat maatskappy betaal is. Die party wil weet of Cele in stryd met die Wet op Etiek van Uitvoerende Lede opgetree het. Okkie Terblanche van die DA beplan om amptelik ʼn etiekklagte by die parlement in te dien en voer aan Cele se optrede is teenstrydig met sy verpligtings en pligte as ʼn parlementslid.

Nuus
Hierdie man wou graag stemlokale besoek... baie graag

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 17, 2024 0:20


Hoe graag wil ‘n mens spitsverkeer misloop? Of ‘n stemlokaal besoek en presies hoeveel stemlokale wil ‘n mens dan besoek? Lees verder: Die saak teen ‘n 24-jarige man wat hom na bewering as ‘n diplomaat van die Verenigde Nasies voorgedoen het om polisiebegeleiding te verkry, is in die Pretoria-landdroshof uitgestel. Nhlanhla Sizani is aangekla van bedrog, asook vervalsing. Die woordvoerder van die Valke, Katlego Mogale, sê Sizani het tydens die plaaslikeregeringsverkiesing van 2021 ‘n vervalste brief met die VN-wapen ingedien vir polisiebegeleiding na stembusse vir die duur van die verkiesing:

Nuus
Kom besoek die Swakopmund Straatkermis!

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 21, 2023 0:38


Die Swakopmund Straatkermis in Daniel Tjongarerolaan is in volle swang. Die geleentheid is 'n viering van gemeenskapsgees en bied aan plaaslike inwoners en besoekers 'n geleentheid om saam te kom en gesellig te verkeer in 'n feestelike omgewing. Daar is 'n verskeidenheid kos-stalletjies asook stalletjies met onder meer gesondheidsorg- en skoonheidsprodukte, handgemaakte speelgoed, allerhande kuns en kunsvlyt wat aangebied word. Linda Mupupa, die woordvoerder van die Swakopmund Munisipaliteit, praat oor hoekom die publiek die kermis moet besoek.

Klipkouers Potgooi
Episode 175: Die SONpaneel

Klipkouers Potgooi

Play Episode Listen Later Sep 6, 2023 72:25


Elke laaste Vrydag van die maand, kuier Jacques, Dewald, Marais en Ernes saam om die Boma@21-besigheidsvuur. Hulle duik kop eerste in die swembad van handel, reg, geskiedenis en aktuele sake. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com

Klipkouers Potgooi
Episode 174: Die SONpaneel

Klipkouers Potgooi

Play Episode Listen Later Aug 11, 2023 79:25


Elke laaste Vrydag van die maand, kuier Jacques, Dewald, Marais en Ernes saam om die Boma@21-besigheidsvuur. Hulle duik kop eerste in die swembad van handel, reg, geskiedenis en aktuele sake. Besoek: www.klipkouers.com        

Nuus
DA sê Zuma is voortvlugtige met sy Russiese besoek

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 26, 2023 0:16


Die DA in die buurland sê die Departement van Korrektiewe Dienste se onvermoë om aan te kondig wanneer oudpresident Jacob Zuma gaan terugkeer tronk toe, is onregverdigbaar. Die Konstitusionele Hof het 'n aansoek verwerp dat die Appèlhof-beslissing oor Zuma se vrylating op mediese parool omgekeer word. Die waarnemende kommissaris van Korrrektiewe Dienste, Makgothi Thobakgale, moet besluit of die tyd wat Zuma op mediese parool was, bygetel moet word. Janho Engelbrecht van die DA sê die oudpresident is 'n voortvlugtige nadat hy sy verblyf in Rusland verleng het:

AfriPod
Skoleplasings 2024 - Registreer so vroeg as moontlik

AfriPod

Play Episode Listen Later Jun 13, 2023 16:57


Die aanlyn skoleregistrasieproses om gr. 1- en gr. 8-leerders vir die 2024-skooljaar te registreer, open op 15 Junie. Aansoeke sluit op 14 Julie in die skoolvakansie. Daarom word ouers aangemoedig om dit so gou as moontlik te doen en om ook gesertifiseerde afskrifte van die nodige dokumentasie by skool in te dien. Alana Bailey, hoof van Kultuursake by AfriForum, en Melanie Buys, hoof van ontwikkeling van die Skoleondersteuningsentrum, gesels in hierdie AfriPod-episode oor die registrasieproses. Besoek gerus www.skole.co.za vir wenke oor die registrasieproses of stuur 'n e-pos na onderwys@afriforum.co.za indien enige probleme ondervind word. Aanbieder: Carina Bester Vervaardiger: Chanté Kelder

Klipkouers Potgooi
Klipkouers SON: WEEK 19

Klipkouers Potgooi

Play Episode Listen Later May 8, 2023 89:19


Klipkouers se Sake Ondersteuningsnetwerk (SON) is 'n Private Afrikaanse Sakekamer en Besigheidspotgooi. Jacques Basson gesels gereeld met Afrikaner entrepreneurs en impakmakers ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com Webwerf

Klipkouers Potgooi
Klipkouers SON | W18E3 | Finansies

Klipkouers Potgooi

Play Episode Listen Later Mar 10, 2023 24:59


Klipkouers se Sake Ondersteuningsnetwerk (SON) is 'n Private Afrikaanse Sakekamer en Besigheidspotgooi. Jacques Basson gesels gereeld met Afrikaner entrepreneurs en impakmakers ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com Webwerf

Klipkouers Potgooi
Klipkouers SON | W18E4 | Volle Onderhoud

Klipkouers Potgooi

Play Episode Listen Later Mar 10, 2023 116:03


Klipkouers se Sake Ondersteuningsnetwerk (SON) is 'n Private Afrikaanse Sakekamer en Besigheidspotgooi. Jacques Basson gesels gereeld met Afrikaner entrepreneurs en impakmakers ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com Webwerf

Klipkouers Potgooi
Klipkouers SON | W18E2 | Regspraak

Klipkouers Potgooi

Play Episode Listen Later Mar 10, 2023 25:44


Klipkouers se Sake Ondersteuningsnetwerk (SON) is 'n Private Afrikaanse Sakekamer en Besigheidspotgooi. Jacques Basson gesels gereeld met Afrikaner entrepreneurs en impakmakers ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com Webwerf

Klipkouers Potgooi
Klipkouers SON | W18E1 | Besigheid & Bemarking

Klipkouers Potgooi

Play Episode Listen Later Mar 10, 2023 29:42


Klipkouers se Sake Ondersteuningsnetwerk (SON) is 'n Private Afrikaanse Sakekamer en Besigheidspotgooi. Jacques Basson gesels gereeld met Afrikaner entrepreneurs en impakmakers ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com Webwerf

Nuus
Copps 94.1 besoek Groot Aub

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 1, 2022 0:55


Kosmos 94.1 se Copps 94.1 teenmisdaad-realiteitsprogram was Vrydagaand weer regstreeks op die lug, dié keer vanaf Groot Aub, met ons borge G4S Namibia, JAC van M&Z Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, LifeLink Emergency Services, Cema Drilling and Compressors, ITR Namibia Earthmoving Equipment, Dulux Namibia, Engen Eureka Service Station en die Windhoekse Stadspolisie. Francois Lottering sê daar is 'n groot uitdaging met shebeens in die nedersetting suid van Windhoek.

Nuus
Guterres besoek Pakistan

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 12, 2022 0:21


Die sekretaris-generaal van die VN, Antonio Guterres, sê hy is ontroer deur die vrygewigheid van die mense wat deur die oorstromings geraak is. Guterres het Pakistan die naweek besoek om solidariteit met die land te toon ná die verwoestende vloede. Guterres het die wêreld herinner besoedelingsvlakke in Pakistan is relatief laag maar die land is een van die lande wat die ergste deur klimaatsverandering geraak word. Guterres beskou die vloede as bewys van die toenemende intensiteit van klimaatsverandering.

Nuus
Ramaphosa besoek Jagersfontein vandag

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 12, 2022 0:19


President Cyril Ramaphosa besoek vandag die Jagersfontein-Charlesville-area in die Vrystaat. Dit volg nadat drie mense gisteroggend dood is en vier steeds vermis word nadat 'n myndam se wal gebreek en die oorstroming eiendom beskadig het. Nege huise is meegesleur en 20 is onherstelbaar beskadig. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die president is hartseer oor die tragedie:

Nuus
DA besoek erfenisterreine on instandhouding te evalueer

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 8, 2022 0:19


Suid-Afrika sukkel nes Namibië om sy erfenisgebiede in stand te hou. Die DA in Gauteng onderneem vandag 'n toesig-inspeksie by die OR Tambo-kultuurgebied in Benoni, Ekurhuleni. Die gebied is deur die bewaarder van erfenisterreine, die provinsiale Departement van Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning, verwaarloos. Volgens ʼn woordvoerder van die DA, Kingsol Chabalala, sê die party gaan die toestand van die infrastruktuur beoordeel en met 'n voorstel vorendag kom oor hoe hierdie erfenisterrein opgeknap en bemark kan word:

Nuus
Besoek aan vroue wat deur vloede in KwaZulu-Natal geraak is

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 29, 2022 0:21


Die Suid-Afrikaanse adjunkminister van maatskaplike ontwikkeling, Hendrietta Bogopane-Zulu, gaan vandag vroue wat in April deur die verwoestende oorstromings in KwaZulu-Natal geraak is, ontmoet. Die woordvoerder van die departement, Lumka Oliphant, sê die vroue sal hul ondervindinge en ontberings met die adjunkminister deel. Oliphant sê dit maak deel uit van Vrouemaand-geleenthede.

Nuus
Pelosi se besoek kan Taiwanese se vryheid vinniger ontneem - kenner

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 3, 2022 0:38


Die besoek van die speaker van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers Nancy Pelosi aan Taiwan lok steeds reaksie uit. China, wat reeds teen die besoek gewaarsku het, ag Taiwan as deel van hom maar, die VSA ag die eiland as onafhanklik en demokraties. Die plaaslike politieke ontleder en kenner van Chinese politiek, dr. Charles Mubita sê China se opsies is beperk in enige werklike reaksie wat hy kan toon maar, dit kan lei tot ‘n uiteindelike beperking van vryheid vir Taiwan, wat teenstrydig sal wees met wat die VSA vir die land wil hê.

Nuus
Internasionale spanning: Sal Pelosi vandag Taiwan besoek of nie?

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 2, 2022 0:52


Dit is nie bekend of die Amerikaanse speaker Nancy Pelosi wel vandag Taiwan sal besoek of nie. Amerikaanse media berig dat beide Amerikaanse amptenare sowel as Taiwannese amptenare dit wel bevestig het, maar niemand is direk aangehaal nie en, die land was nie op haar amptelike skedule van haar Asiatiese toer nie. Presidente Joe Biden en Xi Jinping van China verskil in hul standpunt teenoor Taiwan. China ag dit as deel van sy territorium terwyl die VSA die land as vry en onafhanklik ag. Die woordvoerder van die Amerikaanse nasionale sekuriteitsraad, John Kirby sê die VSA sal nie intimideer word nie.

Nuus
Shiimi en Kandjoze besoek sakelui van Outapi

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 2, 2022 0:38


Die Namibiese minister van finansies, Iipumbu Shiimi, en die direkteur van die Nasionale Beplanningskommissie, Obed Kandjoze, is tans in Outapi in die Omusati-streek, en betrek die sakegemeenskap van daardie streek. Die sakemanne en -vroue is 'n platform gegun om hul menings en bydraes te lewer oor kwessies wat hulle deur die regering aangespreek wil word.

besoek die namibiese
Nuus
Calle besoek Zambezi-streek

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 30, 2022 0:30


Die Namibiese minister van landbou, Calle Schlettwein, is op 'n streeksreis in die Zambezi-streek. Die minister het tydens hierdie besoek die geleentheid gehad om in te loer by die goewerneursforum wat in die streek aangebied is. Een van die hoogtepunte van sy reis was die besoek aan die Katima Mulilo-abattoir waar hy ingelig is oor die bedrywighede en opknapping van die abattoir. Die ministerie se woordvoerder, Jona Musheko gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans
Kinderjare; besoek aan Jerusalem (Lukas 2:21-52)

Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans

Play Episode Listen Later May 10, 2022 25:33


Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans
Maria besoek Elisabet (Lukas 1:26-38)

Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans

Play Episode Listen Later May 5, 2022 25:50