POPULARITY
Ekonomie je vědou věd, věda par excellence, řekl mi před lety v rozhovoru český ekonom a tehdejší prezident Václav Klaus. Mluvil především o přesnosti a průkaznosti, s níž ekonomie zachycuje a představuje svět kolem nás.
Met die jaar wat einde se kant toe staan, word die vordering van die ekonomie onder die vergrootglas geplaas. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus-ekonoom Oliver Diggle oor sy ekonomiese oorsig gesels. Hy sê die jaar het goed begin, maar sake het stelselmatig verswak.
Lullu Krugel, hoofekonoom van PwC Afrika, gee haar mening oor Suid-Afrika se ekonomiese groei. Volg RSG Geldsake op Twitter
Dit is hierdie Vrydag Swart Vrydag en ekonome hou asem op vir hierdie aanwyser van hoe dit met verbruikers en met die ekonomie gaan.
Die Australiese premier, Anthony Albanese, sê die G20-leiersberaad is 'n belangrike byeenkoms vir die vereniging van die lande wat die wêreld se ekonomieë dryf. Hy het gister in Suid-Afrika aangekom voor die beraad in Johannesburg hierdie naweek. Albanese is die eerste Australiese premier wat die land sedert 2013 besoek. Hy sê in 'n tyd van wêreldwye onsekerheid moet Australië met sy internasionale vennote saamwerk om die gedeelde uitdagings en geleenthede wat voorlê, aan te pak:
Die Kalifornië-goewerneur Gavin Newsom het ‘n subnasionale afvaardiging van 100 amptenare na COP30 in Brasilië gelei om te beklemtoon dat subnasionale jurisdiksies soos deelstate steeds daartoe verbind is om die klimaatkrisis aan te pak. Hy is die medevoorsitter van beide die America Is All In en die Amerikaanse Klimaatalliansie-koalisies. Hy het skerp kritiek teen die Trump-administrasie uitgespreek en sê die groen ekonomie word aan China oorhandig. China vervaardig tans agt uit elke tien sonpanele en sewe uit elke tien elektriese voertuie.
Říjnový speciál fakultního podcastu De Facto se věnuje tomu, jak mohou sociální vědy přispět k efektivnější zdravotní péči. O tom, jak se dá ekonomie a sociologie propojit s lékařskými obory, hovořili dva hosté – doktorka Jana Votápková z Institutu ekonomických studií a profesor Dino Numerato z Institutu sociologických studií.Jak se buduje důvěra mezi rodiči a pediatry? Jak se liší ceny hospitalizací v Česku a Německu? A jakými způsoby může sociologie pomoci v boji proti antibiotické rezistenci? Dozvíte se v podcastu.
Die Landless Peoples Movement, LPM, het 'n perskonferensie gehou oor die middeltermyn-begroting. Die partyleier, Bernadus Swartbooi, het ook sy mening gelug oor ander kwessies in die land. Een van sy reaksies was oor die afdanking van die minister van energie, Natangwe Ithete, volgens Swartbooi was hy onervare in sy pos. Hy sê ook die Swapo regering het nie daarin geslaag om 'n opdatering te gee oor die finansiële vordering van semi-staatsinstellings nie.
Namibië se ekonomiese stabiliteit is op wankelrige grond namate inkomste vanaf die Suider-Afrikaanse Doeane-unie styg terwyl ander inkomstestrome krimp. Met regeringsinkomste wat in 2024/25 89 miljard Namibiese bereik het, hoofsaaklik deur 'n 15 persent styging in Sacu-inkomste, waarsku ekonoom Josef Sheehama dat die land gevaarlik afhanklik raak van 'n enkele bron. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat tensy Namibië sy inkomstebasis verbreed en in sektore soos toerisme, landbou en hernubare energie belê, ontwikkeling 'n knou kan kry.
Dr. Steve Minnaar van Abax Investments en Ryk van Niekerk gesels oor Standard Bank se Inaugural Informal Economy Report. Volg RSG Geldsake op Twitter
FNB-ekonoom Helena Mboti sê ten spyte van 'n stadiger tweede kwartaal, bly die land se ekonomie op koers om met 3 persent in 2025 te groei. Namibië se reële bruto binnelandse produk het met slegs 1,6 persent jaar-op-jaar in die tweede kwartaal van 2025 gegroei, af van 2,8 persent in die eerste kwartaal, namate sleutelrisiko's vir die vooruitsigte begin realiseer het. Met landbou, vervaardiging en toerisme wat na verwagting in die tweede helfte sal herstel, handhaaf Mboti egter 'n versigtig optimistiese houding vir die mediumtermyn.
TransUnion se jongste Consumer Pulse-studie toon 'n vlaag van optimisme oor die ekonomie onder Namibiërs, met 71 persent wat sê dat hulle hoopvol voel oor die jaar wat voorlê, en 78 persent wat 'n inkomsteverhoging verwag. Ekonoom Gabriel Erastus, wat met Kosmos 94.1 Nuus gepraat het, dring egter aan dat 'n trompetgeskal oor die ekonomie met 'n knippie sout gevat moet word. Hy sê die ekonomie bly skerp verdeeld tussen die formele en informele sektore. Erastus verduidelik.
Die goudprys mik vir $3800, die rand-dollar wisselkoers verhandel rondom R17,30 en die JSE stel rekord hoogtepunte op, maar opnamedata wys 'n ander storie.
Poslechněte si záznam živého vystoupení podcastu Dobrovský&Šídlo v Polepšovně ducha v Řeži u Prahy.Host: Daniel Münich, ředitel akademického think tanku IDEA při CERGE-EI (https://idea.cerge-ei.cz)
Dr. Elna Moolman, hoof van finansiële markte by Standard Bank Groep Navorsing en Ekonomie, gesels oor die rentekoersbesluit. Volg RSG Geldsake op Twitter
Suid-Afrika se ekonomie het met 0,8-persent gegroei vanaf April tot Junie teenoor 0,1-persent in die vorige kwartaal. Groei is aangevuur deur mynbou, vervaardiging en handel, met sterk prestasie in platinum, goud, chemikalieë en die motorbedryf. Huishoudelike besteding aan goedere, klere en gasvryheid het ook bygedra. Die Statistikus-generaal, Risenga Maluleke, het tydens die vrystelling van die bruto binnelandse produk-uitslae gesê vervoer en die boubedryf het afgeneem en uitvoere het met 3,2-persent gedaal, wat 'n las op die ekonomie is:
Dr. Elna Moolman, hoof van finansiële markte by Standard Bank Groep Navorsing en Ekonomie, bespreek die BBP-syfer. Volg RSG Geldsake op Twitter
Dr. Francois Stofberg, hoofekonoom by Efficient Group, deel sy mening oor die Suid-Afrikaanse ekonomie en hoe belangrik elektrisiteitsvoorsiening en logistiek is vir die stabilisering van die ekonomie. Volg RSG Geldsake op Twitter
Namibië se ekonomie is onder druk. Kenners waarsku dat 'n kombinasie van hoë belasting op 'n klein groepie individue, 3,8 persent van die werkende bevolking, en lae lone vir die meerderheid ekonomiese groei kan vertraag. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Josef Sheehama gepraat, wat gewaarsku het dat hoë belasting en lae lone groei versmoor, verbruikersbesteding verminder en sakebeleggings vertraag.
Die smokkel van goedkoop brandstof uit Angola, of “ngungula”, het Namibië se Nasionale Energiefonds die afgelope vyf jaar 300 miljoen Namibiese dollar gekos, het amptenare by die Ongwediva Jaarlikse Handelskou onthul. Daar word uiteraard nie belasting en heffings op verkope betaal nie. Owerhede sê die onwettige handel, veral in die Oshana-, Ohangwena- en Omusati-streke, dreineer miljoene uit die ekonomie en benadeel gemeenskappe. Kosmos 94.1 Nuus het met Abednego Ekandjo, die petroleum-ekonoom by die energieministerie gepraat.
En Dënschdeg de Moie war d'Entwécklung vun der Wirtschaft a vum Emploi am Land Thema an der Emissioun "Invité vun der Redaktioun".
En Dënschdeg de Moie war d'Entwécklung vun der Wirtschaft a vum Emploi am Land Thema an der Emissioun "Invité vun der Redaktioun".
Die ou sê-ding is dat as Amerika nies kry die wêreld verkoue en op die oomblik is dit moeilik om te diagnoseer wat met Amerika aangaan. In hierdie episode wil ek graag praatoor hulle ekonomiese groeikoers, werkskepping, en inflasie. Dit alles is belangrik vir rentekoerse daar en hier.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.
Die DA sê die ANC se mislukking om 'n sterk handelsooreenkoms met die VSA te sluit het Suid-Afrikaanse uitvoerders blootgestel aan skadelike nuwe tariewe. Die party blameer die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau en die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola dat hulle nie vroeër opgetree het nie, met besighede wat nou 30-persent tariewe in die gesig staar terwyl buurlande slegs 15-persent betaal. Ryan Smith van die DA doen 'n beroep op dringende hervormings om burokrasie te verminder:
Die EFF is bekommerd dat die hoë koste van elektrisiteit in die land Suid-Afrika se ekonomie kan destabiliseer. Julius Malema van die EFF sê stygende kragtariewe plaas 'n ondraaglike las op huishoudings, klein besighede en die vervaardigingsektor, wat tot gemeenskapsonrus kan lei. Malema waarsku teen verhoogde werkloosheid, verminderde ekonomiese aktiwiteit en verdere verergering van ongelykheid. Hy bepleit 'n dringende verskuiwing na meer bekostigbare energie-moontlikhede:
Prof Peet van der Merwe van die Noordwes-Universiteit (NWU) bespreek hulle navorsing oor die jagbedryf in Suid-Afrika. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, waarsku dat Amerikaanse tariewe die voertuigvervaardigings- en die landbousektor in Suid-Afrika die ergste sal raak. Amerika gaan vanaf begin volgende maand 'n tarief van 30 persent op uitvoere uit Suid-Afrika instel. Ongeveer 100 000 werksgeleenthede in die motor- en die landbousektor is in gevaar, insluitend 35 000 net in die sitrus-sektor. Kganyago het aan Reuters gesê dit is belangrik vir individuele lande om hulle reaksie op die tariewe by hul ekonomieë aan te pas:
Reaksie word ontvang op nog ‘n bevestiging van bek-en-klouseer in die buurland, die keer in die Vrystaat wat die aantal uitbrekings in vyf provinsies op 270 te staan. Hiervan is 249 uitbrekings nog aktief. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jako van Wyk, die voorsitter van die Lewendehawe Produsente Organisasie wat sy kommer uitgespreek het oor die bedreiging vir die plaaslike landbousektor.
Johan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, gesels oor die markte. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die regering het sy verbintenis tot 'n lae-koolstof, volhoubare ekonomie herbevestig tydens die Groen Beleggingsdialoog in Walvisbaai. Minister Natangwe Ithete het gesê klimaatsaksie is sentraal tot ontwikkeling, en het kennis geneem van vordering in hernubare energie soos die Omburu-sonkragaanleg en planne om landelike skole en klinieke van sonkrag te voorsien. Namibië se groen waterstofprojekte, insluitend ontwikkelings in Tsau ||Khaeb, posisioneer dit as 'n kontinentale leier. Ithete het wetgewers aangespoor om wette wat groen groei ondersteun, te versterk en voordele vir die jeug, vroue en landelike gebiede te verseker. Die lynminister, Natangwe Ithete het meer.
Die onafhanklike ekonoom, Ulrich Joubert, gesels oor sy agtergrond, loopbaan en die industrie waarin hy hom bevind. Volg RSG Geldsake op Twitter
S jedním z nejvýznamnějších českých ekonomů současnosti jsme se bavili o tom, jak vlastně na tom je naše země v porovnání s ostatními evropskými ekonomikami - žijeme ve spálené zemi, anebo patříme naopak mezi ty lepší a bohatší země Evropy? Tématem našeho setkání byla i nová kniha Mojmíra Hampla Globalizace u konce s dechem. Je to tak, že se přeskládává světový systém i mezinárodní partnerství a v podstatě končí krásné období klidu a prosperity, na které budeme muset na nějakou dobu zapomenout? Začíná rozhovor, jehož plnou téměř hodinovou délku a bez reklam můžete najít v aplikaci Herohero pod mým jménem anebo na webu na www.herohero.co/petrhorkyOdkazy:kniha: https://www.knihydobrovsky.cz/kniha/globalizace-u-konce-s-dechem-777137517Zjisti vícKuba, David a jejich nevšední pohledy na zajímavá témata, která vás baví.Listen on: Apple Podcasts SpotifySupport the show
Dr Christie Viljoen, senior ekonoom by PwC, deel sy mening oor Suid-Afrika se BBP-syfer. Volg RSG Geldsake op Twitter
Tydens 'n sitting van die Nasionale Raad het die Swapo-LP Gerhard Shiimi sy teleurstelling uitgespreek oor die stand van landbou-verwerkingsprojekte onder die Namibia Industrial Development Agency, Nida. Hy het verwys na 'n verslag van die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge en die Ekonomie ná oorsigbesoeke aan vyf streke. Shiimi wil weet waarom die Teenkorrupsie-kommissie nie intree en 'n opdatering gee nie, en beklemtoon dat staatsprojekte wat met belastingbetalers se geld gefinansier word, beskerm moet word.
Gedurende die week het Bank Windhoek die wenners van sy handelsmerk liedkompetisie aangekondig. Onder die tema "Is dit moontlik om 'n bank lief te hê?" is PDK as die wenner aangekondig en het 70 000 Namibiese dollar in prysgeld ontvang. Daar was 155 amptelike liedjie-voorleggings en 126 video-inskrywings. Bank Windhoek se hof van bemarking, Jacquiline Pack, het die belangrikheid van die kreatiewe ekonomie beklemtoon en die bank se verbintenis tot kreatiewe kunste uiteengesit.
Die Bank van Namibië het se ekonomiese vooruitsigte vir 2025 opdateer. Die ekonomie sal na verwagting vanjaar met 3,8 persent groei en teen 4 persent in 2026. Dit is 'n afwaartse hersiening van 0,2 persentasiepunte vir vanjaar vanaf die Desember 2024-skatting. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Josefina Oskar, die bank se kommunikasiebeampte, wat verduidelik.
Podcast Ve vatě slaví 200. narozeniny. Od své první epizody, která vyšla v říjnu 2021, podnítil k investování celou řadu posluchačů. Investiční příběhy některých z nich představujeme ve speciální epizodě. Jak se z nich poučit, probíráme s Annou Píchovou a Dominikem Stroukalem.Ještě před pár lety toho vítěz investiční soutěže Martin Šedivý o financích, krom toho, že mu na účet chodila výplata, moc nevěděl. První impuls přišel na misi v Afghánistánu, kam jako profesionální výsadkář odletěl na podzim roku 2019.„Ve volném čase to bylo jen o tom, jak se zabavit. Takže chození do posilovny, káva s kamarády, hraní Counter Striku. To vás, když jste tam už šest měsíců, přestává bavit. Jeden z kolegů mi vrazil do ruky knížku od Tomáše Sedláčka Ekonomie, dobra a zla. Moc jsme to nechápal a to mě podnítilo ke studiu,“ líčí Šedivý v podcastu Ve vatě.*****Ve vatě. Podcast novinářky Markéty Bidrmanové. Poslechněte si konkrétní rady investorů a odborníků na téma investic, inflace, úvěrů a hypoték. Finanční „kápézetka“ pro všechny, kterým nejsou peníze ukradené.Vychází každý čtvrtek. Poslouchejte na Seznam Zprávách, Podcasty.cz nebo ve všech podcastových aplikacích.V podcastu vysvětlujeme základní finanční pojmy a principy, nejde ale o investiční poradenství.O čem byste chtěli poslouchat příště? Co máme zlepšit? A co naopak určitě neměnit? Vaše připomínky, tipy i výtky uvítáme na adrese audio@sz.cz.
Jak dopadnou nově oznámená americká cla na českou a světovou ekonomiku? Jak by měli reagovat politici a centrální banky? A co radí bývalý guvernér ČNB pražskému arcibiskupství při správě církevního majetku? Tomáš Pancíř se zeptal bývalého guvernéra ČNB, ekonomického poradce Allianz pojišťovny a také člena ekonomické rady pražského arcibiskupství Jiřího Rusnoka.
Jak dopadnou nově oznámená americká cla na českou a světovou ekonomiku? Jak by měli reagovat politici a centrální banky? A co radí bývalý guvernér ČNB pražskému arcibiskupství při správě církevního majetku? Tomáš Pancíř se zeptal bývalého guvernéra ČNB, ekonomického poradce Allianz pojišťovny a také člena ekonomické rady pražského arcibiskupství Jiřího Rusnoka.
Jak dopadnou nově oznámená americká cla na českou a světovou ekonomiku? Jak by měli reagovat politici a centrální banky? A co radí bývalý guvernér ČNB pražskému arcibiskupství při správě církevního majetku? Tomáš Pancíř se zeptal bývalého guvernéra ČNB, ekonomického poradce Allianz pojišťovny a také člena ekonomické rady pražského arcibiskupství Jiřího Rusnoka.Všechny díly podcastu Dvacet minut Radiožurnálu můžete pohodlně poslouchat v mobilní aplikaci mujRozhlas pro Android a iOS nebo na webu mujRozhlas.cz.
Die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, dr. Kaire Mbuende, sê kunsmatige intelligensie kan Namibië se ekonomie transformeer. Kuberveiligheidsrisiko's, werkverliese en etiese oorwegings moet egter ook in ag geneem word, sê hy. Volgens Mbuende moet KI ‘n bemagtigingsinstrument vir almal wees en niemand uitsluit nie.
Ekonome hou asem op vir Trump-bevrydingsdag wat waarskynlik vandag gaan wees. Die Amerikaanse president gaan ‘n reeks tariewe en heffings op invoere uit verskeie lande instel. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Roodt, gesels wat waarsku dat inflasie aangevuur gaan word.
Die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, dr. Kaire Mbuende, sê kunsmatige intelligensie kan Namibië se ekonomie transformeer. Kuberveiligheidsrisiko's, werkverliese en etiese oorwegings moet egter ook in ag geneem word, sê hy. Volgens Mbuende moet KI ‘n bemagtigingsinstrument vir almal wees en niemand uitsluit nie:
STADIO het vandag finansiële resultate vir sy boekjaar tot einde Desember aangekondig. Die omset is 14% hoër, en die wins spring met amper 30%. Die uitvoerende hoof, Chris Vorster, bespreek die resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter
Statistieke Suid-Afrika het vandag die jongste BBP-syfer aangekondig. Dawie Roodt, stigter en hoofekonoom van die Efficient Groep, gesels oor Suid-Afrika se ekonomie. Volg RSG Geldsake op Twitter
‘n Nuwe projek beoog om aflandig in Namibië met salm te boer, onder leiding van 'n groep Noorweegse viserybedryf-veterane. Daar is groot belangstelling in die projek onder beleggers in Noorweë, asook in Namibië, China en Suid-Afrika. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Clement Kaukuetu, die firma se president van Namibiese bedrywighede, oor die verwagte voordele vir die land se akwakultuursektor en ekonomie.
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se president, Lesetja Kganyago, waarsku dat wêreldwye handelspanning en ʼn moontlike BTW-verhoging kan twee jaar se verlangsaamde inflasie ontspoor. Die nasionale begrotingsrede is verlede week uitgestel nadat die regering van nasionale eenheid op die nippertjie verskil het oor die moontlikheid dat BTW met 2 persent verhoog word. Kganyago het by ʼn G20-vergadering van finansiële amptenare in Kaapstad aan CNBC Africa gesê Suid-Afrika se agenda vanjaar fokus daarop om oorgrensbetalings te verbeter:
Die Bank van Namibië projekteer dat die plaaslike ekonomie in 2025 met 4 persent sal groei. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Josef Sheehama oor die projeksie gesels. Volgens Sheehama, as fiskale toestande verbeter en mense aanspreeklik gehou word, verwag hy dat Namibië se skuld-tot-BBP-verhouding sal aanhou daal tot 57 persent, wat dui op sterk nominale BBP-groei. Sheehama het beklemtoon dat die bekamping van korrupsie noodsaaklik is om die ekonomie te verbeter.
Die Namibiese Statistieke-agentskap het die ekonomiese prestasie vir die derde kwartaal bekend gemaak. BBP het met 2,8 persent gegroei, effe onder die 3,1 persent wat in 2023 aangeteken is. Die regering se besteding het met 5,7 persent gegroei terwyl privaatbesteding met ‘n skamele 0.5 persent toegeneem het. Uitvoere het ook beter vertoon. Die agentskap se woordvoerder, Mirjam Shihepo het meer.
Ná Donald Trump se verkiesing het sommige Suid-Afrikaanse kommentators kommer uitgespreek oor die impak op Afrika-lande, spesifiek oor die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, of Agoa. Dit verleen belastingvrye toegang tot Amerikaanse markte vir duisende produkte uit lande suid van die Sahara, wat Namibië se uitvoer van beesvleis, houtskool en minerale bevoordeel. Agoa se struktuur laat lede egter kwesbaar vir veranderings in Amerikaanse beleid en leierskap, veral gegewe Trump se "Amerika eerste" houding. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement Ekonomie by Unam, wat sê ons hoef nie bekommerd te wees nie.