Fearless & Unfiltered

Follow Fearless & Unfiltered
Share on
Copy link to clipboard

I speak to South Africans from all walks of life about what inclusivity and transformation mean to them, and how they believe our agency can be used to effectively address inequality.

Lidia Rauch


    • Dec 16, 2021 LATEST EPISODE
    • infrequent NEW EPISODES
    • 1h 21m AVG DURATION
    • 27 EPISODES


    Search for episodes from Fearless & Unfiltered with a specific topic:

    Latest episodes from Fearless & Unfiltered

    Episode 27 | Versoeningsdag 2021: Edwin Cleophas, Yvette Lucas en Schalk Van Heerden

    Play Episode Listen Later Dec 16, 2021 112:42


    Ek voer 'n eerlike gesprek met Edwin Cleophas, Yvette Lucas en Schalk Van Heerden oor versoening in Suid-Afrika.  Edwin Cleophas: Besturende direkteur van Social Justice Agency | Sosiale kohesie, geregtigheid en transformasie aktivis & fasiiteerder. Yvette Lucas: CEO van Nahre Conulting | Geestelike berader | Geestesgesondheidsaktivis Schalk van Heerden: Voorsitter van Betereinders | Leraar by Fontainebleau gemeente Ons gesels oor waar ons dink ons as Suid-Afrikaners werklik staan itv versoening in 2021, oor wat ons terug hou, wat ons hoop gee en spesifiek ook die rol wat wit mense kan en moet speel in die verwesenliking van ware versoening. Hierdie was ‘n baie betekenisvolle en nodige gesprek. Hoop jy geniet dit saam met ons!

    Episode 26 | George Rauch

    Play Episode Listen Later Nov 14, 2021 88:49


    George Rauch: Pa | Predikant | Denker In hierdie episode gesels ek met my pa. Hierdie is verseker die mees spesiale episode wat ek al opgeneem het en seker ooit sal, want dit is met my OG. Een van die mense wat die grootste invloed gehad het (en steeds het) op my denke en hoe ek sin maak van die wêreld rondom my. Sy storie en perspektief is een wat vir my diep saak maak en een wat ek glo gehoor moet word. Veral in hierdie spesifieke tydstip in ons land se geskiedenis. Ons kan net sin maak van waarheen ons oppad is wanneer ons verstaan waar ons vandaan kom, en hierdie gesprek het vir my nodige insig en stof te nadenke daar rondom gebied en ek hoop dat dit vir jou dieselfde sal bied. Ek en my pa gesels oor sy eie storie en agtergrond. Van sy reis in politiek, die kerk en alles tussenin. Ons staan stil by FW De Klerk se afsterwe, wat dit beteken vir ons land en hoe dit ook ‘n uitnodiging is om eerlik met onsself te wees oor hoe vêr ons nog het om te gaan om ware versoening te verwesenlik. En soveel meer. Ek is diep dankbaar vir hierdie gesprek. Dankie pappa. Ek is baie lief vir pappa. xx

    Episode 25 | Dawie Scholtz

    Play Episode Listen Later Nov 9, 2021 46:02


    Dawie Scholtz: Elections Analyst | Management Consultant   Dawie and I spoke about key lessons to take out of last week's Local Government Election, potential outcomes in the hung metros (Tshwane, Johannesburg, Ekurhuleni, Ethekwini, and Nelson Mandela Bay), and active citizenry.

    Episode 24 | 2021 Local Government Election

    Play Episode Listen Later Oct 26, 2021 26:24


    With the 2021 Local Government Election coming up, I wanted to share my thoughts on what I think is worth thinking about and considering before casting your vote on Monday. I speak from my experience in party politics and local government.  Two things I didn't mention, but would like to remind you of:  - You can ONLY vote with your barcoded ID. No passports or drivers licences will be accepted - You can ONLY vote in the ward you are registered in.  Your vote is your voice! Please use it! 

    Episode 23 | Azille Coetzee

    Play Episode Listen Later Oct 21, 2021 74:03


    Azille Coetzee: Filosoof | Feminis | Skrywer Ek en Azille gesels oor haar boeke (In my vel en haar splinternuwe boek: Die teenoorgestelde is net so waar), wit bevoorregting, feminisme, inklusiwiteit, Afrikaner wees en meer. Azille is ‘n nederige, diep-denkende, amazing mens en ons land en wêreld is verseker soveel ryker met haar stem in dit! Hierdie was een van my gunsteling gesprekke sovêr, met baie stof te nadeneke.  Ek hoop regtig dat jy ook waarde daaruit sal kry.

    Episode 22 | Ashwin Afrikanus Thyssen

    Play Episode Listen Later Aug 31, 2021 70:22


    Ashwin Afrikanus Thyssen: Dosent | PhD student | Aktivis Ek en Ashwin gesels oor sy PhD studie: '"O My Body": Constructing a Black and Queer Theological Anthropology', oor die interseksie van geloof, sekusualiteit en ras, en hoe hierdie diskoerse in die samelewing uitspeel. Ons praat ook oor die moontlikheid van rasgelykheid en soveel meer. Ashwin is iemand wat gebore is om ‘n impak op die wêreld te maak! Hierdie gesprek het my gelos met soveel stof te nadenke en ek hoop dat dit dieselfde vir jou sal wees.

    Episode 21 | Ruhan Fourie

    Play Episode Listen Later Aug 4, 2021 134:35


    Ruhan Fourie: Geskiedkundige | Akademikus   Ek en Ruhan gesels oor sy navorsing, die kerk, oor hoe ons geskiedenis teenwoordig is in ons hede, plundering (looting), aktiewe burgerskap, oor wat versoening en inklusiwiteit vir ons beteken en meer.   “Ons moet besef dat as dit sleg gaan daar buite, daan dit sleg met my ook.” - Ruhan Fourie

    Episode 20 | Rudi Swanepoel

    Play Episode Listen Later Jun 24, 2021 71:29


    Rudi Swanepoel: Dominee | Skrywer | Foodie | Aktivis    Ek en Rudi gesels oor Andrew Murray NG Kerk waar hy in die bediening staan, oor sy hart vir versoening, witwerk, die neem van verantwoordelikheid, en meer.   Dit was so ‘n voorreg om met Rudi te gesels. Rudi is ‘n vriend, leier, kritiese denker en die verpersoonliking van nederige diensbaarheid.    “Een ding wat ons moet doen is om ons harte sag te maak. Ons moet aanhou om met oop en sagte harte te probeer leef, itv versoening en insluiting. God se liefde raak nie op nie. Dis nie soos die gas in my verwarmer nie. Hoe meer ek dit oopdraai, hoe meer word dit.” - Rudi Swanepoel

    Episode 19 | Mercy Kannemeyer

    Play Episode Listen Later May 31, 2021 76:57


    Mercy Kannemeyer: Skrywer | Regisseur | Teatermaker   Ek en Mercy gesels oor wat dit beteken om ‘n aktiewe burger te wees, oor wit bevoorregting, versoening en ons geskiedenis.   Ons embrace die ongemaklikheid waarmee hierdie onderwerpe kom en laat onsself toe om so bietjie daarin te sit. Hierdie was ‘n besonderse lekker en stimulerende gesprek vir my en ek hoop regtig dat dit vir jou ook sal wees.   “As jy daarin belangstel om ‘n aktiewe burger in hierdie land te wees moet jy saam praat en wanneer die tyd kom, moet jy saam begin doen.” - Mercy Kannemeyer

    Episode 18 | Helené Prinsloo

    Play Episode Listen Later Apr 28, 2021 96:08


    Helené Prinsloo: Reklame koördineerder | Professionele boekwurm | Foodie | Vriendin   Lidia en Helené gesels oor bevoorregting, die kompleksiteit en die verskeie weergawes daarvan. Hulle vat ‘n deep dive in die onbekende en embrace die messiness van wat hulle dink dit beteken om goeie mense te (begin) probeer wees.    Baie van ons probleme gebeur omdat ons nie die kuns verstaan van wat dit beteken om goeie mense te wees nie.  - Helené Prinsloo

    Episode 17 | Wilken Calitz

    Play Episode Listen Later Dec 16, 2020 81:20


    Wilken Calitz: Musikant | Skrywer | Vriend   Ek en Wilken gesels oor sy boek, oor die belangrikheid van luister en foute maak, oor die gebrek aan integrasie in die kunste en soveel meer.   Dit was so lekker om met jou te gesels, Wilken. Dankie dat jy so oop, eerlik en real is en dat jy jouself toelaat om diep te dink oor die moeiliker onderwerpe van die lewe. Baie waardering vir jou, my vriend.

    Episode 16 | Esté Rabé

    Play Episode Listen Later Dec 2, 2020 88:54


    Esté Rabé: Kunstenaar | Entrepreneur | Gesondheidsaktivis   Ek is so opgewonde oor hierdie episode met die lieflike Esté Rabé, wie ek bevoorreg genoeg is om ‘n baie goeie vriendin te noem. Wat ‘n ongelooflike voorreg was dit nie om met Esté te gesels nie. We took a real deep dive from the beginning. Ons gesprek was oop, eerlik en vulnerable.   Ek en Esté het gesels oor witheid, die Afrikaner kultuur, gesondheid en soveel meer.   Kom vat ‘n deep dive saam met ons!   

    Episode 15 | Werner Wessels

    Play Episode Listen Later Nov 27, 2020 85:19


    Werner Wessels: Kreatiewe direkteur van Mej. Suid-Afrika | Stilis | Vriend   Ek en Werner gesels oor Mej. Suid-Afrika se benadering tot en viering van diversiteit, oor onderdrukking, wit bevooregting, die bou van opregte verhoudings en vriendskappe en soveel meer.   Lief jou, Wer!

    Episode 14 | Schalk Van Heerden

    Play Episode Listen Later Nov 18, 2020 90:50


    Schalk Van Heerden: Betereinder | Skrywer | Leraar   Ek en Schalk gesels oor wat dit vir ons beteken om Afrikaners te wees, oor Betereinders, oor hoe verantwoordelikheid neem, versoening en restitusie in aksie lyk, oor victimhood, witwerk en soveel meer.   Hierdie was vir my ‘n ongelooflike insiggewende gesprek. Schalk is ‘n amazing voorbeeld van iemand wat sy agentskap gebruik om aktief te help heel maak, reg maak, homself toelaat om mens te wees in die proses en sodoende ook die mense rondom hom daardie toestemming gee. Ons almal kan so baie by hom leer.   Baie dankie Schalk, dit was vir my ‘n voorreg!

    Episode 13 | Kara du Toit

    Play Episode Listen Later Nov 13, 2020 62:48


    Kara du Toit: Aktrise | Vriendin | Light bringer   Ek en Kara het gesels oor wit bevoorregting, die belangrikheid van erkenning, die millennial generasie en meer.   Hierdie was ‘n baie spesiale opname en is ‘n baie spesiale episode met een van die mees kosbare mense in my lewe.    Ek en Kara stap al ‘n lang pad saam (11 years and counting) en ek is so dankbaar vir haar hart,  oopheid en opregtheid waarmee sy nie net hierdie gesprek nie, maar ook elke interaksie in haar lewe aanpak.  

    Episode 12 | Gielie Hoffmann

    Play Episode Listen Later Nov 9, 2020 79:47


    Gielie Hoffmann: Spreker | Skrywer | Coach | Fasiliteerder   Ek en Gielie gesels oor wat diversiteit en inklusiwiteit vir ons beteken, oor die impak van ons geskiedenis op ons hede, oor die fasilitering van moeilike gesprekke en soveel meer.   Gielie doen betekenisvolle selfaktualisering werk. Hy het ‘n hart vir versoening in Suid-Afrika en streef werklik daarna om deel te wees van die oplossing en die bou aan ‘n beter toekoms.   “Ons het vermensliking nodig” - Gielie Hoffmann

    Episode 11 | Mandlakazi Ngumbela

    Play Episode Listen Later Oct 12, 2020 85:41


    Mandlakazi Ngumbela: Advocate of the High Court of South Africa | Member of the Cape Bar | Supermom   Mandlakazi and I spoke about systemic racism, white privilege, our history and its impact on democratic South Africa, and much more. She is passionate about social justice, she has a brilliant mind and it was such a privilege to speak to and learn from her.   "It's about acknowledging that you have this privilege and with it comes the responsibility to dismantle it. And that doesn't mean that you have to give something up, but you need to allow space for other people to benefit also." - Mandlakazi Ngumbela

    Episode 10 | Christi van der Westhuizen

    Play Episode Listen Later Sep 23, 2020 92:42


    Christi van der Westhuizen: Gepubliseerde skrywer | Sosiaal-politieke kommentator | Akademikus   Ek en Christi gesels oor wit opperheerskappy, akademiese aktivisme, die impak van ons geskiedenis, skaamte en soveel meer.   Christi is ‘n absolute powerhouse. Sy lei op die oomblik die navorsingsprogram by die Sentrum vir die Bevordering van Nie-Rassigheid en Demokrasie by die Nelson Mandela Universiteit. Sy is 'n gereelde openbare spreker en rubriekskrywer. Haar publieke werk is te sien in plaaslike, internasionale radio-, TV-, gedrukte en aanlyn-media. Christi kry dit reg om met haar navorsing en skryfwerk ‘n wesenlike impak in die denke, harte en menswees van soveel mense buite die akademie te maak. Sy is absoluut toegewy aan nie-rassigheid, gelykheid en regstelling. Haar lewe spreek in elke sin van die woord daartoe.   Ons almal het so baie om te leer by haar. Hierdie gesprek was vir my baie betekenisvol en my wens is dat dit vir jou ook sal wees. Geniet dit!

    Episode 9 | Louis van der Riet

    Play Episode Listen Later Sep 1, 2020 77:13


    Louis van der Riet: Teoloog | Akademikus | Aktivis | Voorbeeld   Ek en Louis gesels oor versoening, restitusie, 'wit werk', verantwoordelikheid, spiritualiteit en baie meer.   Louis is toegewy aan inter-rasse versoening en alles wat daarmee gepaard gaan. Sy lewe, siel en menswees spreek opreg daartoe. Om met Louis te gesels en om by hom te leer was 'n voorreg. Hy het baie om met hierdie wêreld te deel. Ek hoop dat hierdie episode jou sal uitdaag, inspireer en bemoedig.

    Episode 8 | Roy Gluckman

    Play Episode Listen Later Aug 24, 2020 83:15


    Roy Gluckman: Keynote speaker | Diversity and Inclusion specialist | Attorney   Roy and I spoke about intragroup work, privilege, ignorance, shame, history and so much more.   Roy is a critical thinker, exceptionally warm, compassionate, and specialises in creating safe spaces to ask the much-needed questions about our place in the world and how we can better understand ourselves and each other by engaging with and embracing our differences.

    Episode 7 | Dominic Gaobepe

    Play Episode Listen Later Aug 11, 2020 87:07


    Dominic Gaobepe: Author | Diversity and Inclusion specialist | Speaker | Truth speaker   Dominic and I spoke about privilege, poverty, justice, history, the taking of responsibility and so much more.   Dominic is a literal source of wisdom and drops truth bombs left, right and centre. I don't think it's possible to listen to him and not be inspired and motivated to use your agency to contribute to meaningful change. He has the most brilliant mind, but even a more beautiful heart. You'll see what I mean. “The tragedy of the human experience is that many people accept the reality that they are born into” - Dominic Gaobepe   Enjoy.

    Episode 6 | Tracey-Lee Lusty

    Play Episode Listen Later Aug 4, 2020 48:16


    Tracey-Lee Lusty: Body positivity influencer | Mental health warrior | Attorney   She might be more familiar to you as the body positivity personality, @fitnessgirl_za   Tracey-Lee and I spoke about using your influence and platform to stand up against injustice, historical privilege, and the importance of continuously gaining a fresh perspective.   Tracey-Lee is a great example of someone that uses her platform and voice to speak up against injustice and in doing so, inspiring those around her (on- and offline) to do the same.

    Episode 5 | Bouwer Bosch

    Play Episode Listen Later Jul 28, 2020 68:27


    Bouwer Bosch: Kunstrepreneur | Aktivis | Uplifter   Ek en Bouwer gesels oor wit bevoorregting, geskiedenis, die neem van verantwoordelikheid vir ons verlede, die rol van die kunste in Suid-Afrika se transformasie journey en soveel meer. Bouwer gebruik sy stem, platform en menswees om aktief versoening in Suid-Afrika te verwesenlik, op die mees opregte manier. Dit was ‘n voorreg om met hom te gesels en gedagtes uit te ruil.   Hierdie was ‘n meaningful gesprek. Geniet hom!   “Die een wat uitgehoor wil word moet eerste luister” - Bouwer Bosch

    Episode 4 | Pietie Beyers

    Play Episode Listen Later Jul 21, 2020 98:16


    Pietie Beyers: Akteur | Skrywer | Nuutskepper | Kindheartedness personified   Ek en Pietie gesels oor ons kinderjare en die lesse wat ons geleer het langs die pad, oor sy journey van Zulu leer en die impak wat dit daagliks op sy lewe maak, die verpersoonliking van medemenslikheid en soveel meer. Om diep te delf saam met Pietie was ‘n beautiful ervaring. Hy het die most generous, aansteeklike spirit, wat ek seker is jy onmiddelik sal kan optel en jou dag sal ophelder en gedgates sal inspireer.   “Ek is ‘n sensitiewe dier met die letsels van ‘n mens en die hart van ‘n golden retriever” - Pietie Beyers

    zulu ek hy pietie beyers
    Episode 3 | Candice Mama

    Play Episode Listen Later Jul 14, 2020 89:03


    Candice Mama: One of Vogue Paris' most inspiring women in the world | Top 20 African women by UN and AU | Award-winning international speaker | Published author Candice and I spoke about #BlackLivesMatter, forgiveness, privilege, and kindness. Candice is the literal personification of inspiration!    Enjoy.

    Episode 2 | Wilhelm Verwoerd

    Play Episode Listen Later Jul 7, 2020 69:29


    Wilhelm Verwoerd: Skrywer | Navorser | Fasiliteerder | Inspirasie Ek en Wilhelm het gesels oor kultuur, intergenerasie dinamika, versoening en die neem van verantwoordelikheid. Ek hoop hierdie episode inspireer jou net soveel soos dit my geïnspireer het.

    Episode 1 | Rekgotsofetse Chikane

    Play Episode Listen Later Jun 10, 2020 114:35


    Rekgotsofetse Chikane: Published author | Academic | Activist | Leader | All-round awesome person Rekgotsofestse and I spoke about his personal journey, the history and future of our country, the #MustFall movements, forgiveness, reconciliation, the taking of responsibility and so much more. I sincerely hope that this episode challenge, inspires and encourages you.

    Claim Fearless & Unfiltered

    In order to claim this podcast we'll send an email to with a verification link. Simply click the link and you will be able to edit tags, request a refresh, and other features to take control of your podcast page!

    Claim Cancel