Podcasts about die suid afrikaanse

  • 17PODCASTS
  • 318EPISODES
  • 4mAVG DURATION
  • 1MONTHLY NEW EPISODE
  • Mar 19, 2025LATEST

POPULARITY

20172018201920202021202220232024


Best podcasts about die suid afrikaanse

Latest podcast episodes about die suid afrikaanse

Nuus
Al verstewig die rand, onderpresteer hy steeds

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 19, 2025 0:43


Ten spyte van al die debatte oor Suid-Afrika se gespanne verhouding met die VSA, het die Suid-Afrikaanse rand, en dus Namibiese dollar, Dinsdag sy beste vlak teenoor die dollar sedert middel Desember bereik. In Februarie het die geldeenheid vlugtig tot bo 19 teen die Amerikaanse geldeenheid gestyg nadat die Amerikaanse president Donald Trump aangekondig het dat sy land gaan ophou om hulp aan Suid-Afrika te verleen oor sy grondonteieningsbeleid. Die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt sê dis nie eintlik iets om te vier nie.

Nuus
Amerikaanse dollar versterk

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 13, 2025 0:34


Die Suid-Afrikaanse rand, en dus die Namibiese dollar, het Vrydag vir die eerste keer sedert April 2024 tot meer as 19 tot die Amerikaanse dollar verswak en was op 'n stadium op 19,20. Die wisselkoers is tans rondom 19,14. Die gevolg is dat invoere en brandstof duurder sal word. Kosmos 94. Nuus het met Suid Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt gepraat wat verduidelik wat met die dollar aan die gebeur is.

Nuus
Tyla blink uit op Billboard-musiektoekennings met twee pryse

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 13, 2024 0:16


Die Suid-Afrikaanse popsensasie, Tyla, het uitgeblink op 2024 se Billboard-musiektoekennings en is vereer vir beste Afrobeats-liedjie en Afrobeats-kunstenaar. Sy is agt keer in ses kategorieë benoem, insluitend Top R-en-B-kunstenaar en Top R-en-B vroulike kunstenaar. Tyla, wat bekend is vir amapiano-musiek, het ook toekennings verower op die SAMA's, Grammys, BET en MTV EMA's. Sy het haar aanhangers bedank vir hul ondersteuning.

Nuus
OR Tambo brandstof-fiasko: Amper 50 000 passasiers geraak

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 11, 2024 0:21


Die Suid-Afrikaanse lughawemaatskappy, ACSA, sê Maandag se vier uur lange brandstof-onderbreking by die OR Tambo Internasionale Lughawe het 483 vlugte en 49 429 passasiers geraak. Boonop is 31 vlugte vir die dag gekanselleer. Die probleem is veroorsaak deur ʼn dryfas wat gebreek en gekeer het dat brandstof van opgaartenks na die laaiblad gepomp word sodat die vliegtuie volgemaak kan word. ACSA se uitvoerende hoof, Mpumi Mpofu, sê ʼn nood-klepvervanging sal die komponent se betroubaarheid verseker:

Nuus
Oliepryse sal onder druk bly vir die volgende ses maande

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 9, 2024 0:40


Oliepryse bly onder druk en dit is natuurlik tot voordeel van verbruikers. Brent het die week geopen op net meer as 71 Amerikaanse dollar ‘n vat. Opul en sy vennote het produksie verhogings tot ten minste April volgende jaar uitgestel maar, die prys van die kommoditeit herstel nie, as gevolg van laer vraag. Die Suid-Afrikaanse beleggingsekonoom Dawie Klopper sê dit behoort vir die volgende ses maande voort te duur.

Monitor
Monitor 9 Desember 2024

Monitor

Play Episode Listen Later Dec 9, 2024 47:53


Die DA sê 'n faksie van die ANC wil onderwysminister Siviwe Gwarube uit die saal lig. Rusland gee Sirië se president, Bashar al-Assad, asiel nadat sy regering in duie stort. Die Suid-Afrikaanse sopraan, Pretty Yende, sing in die herboude Notre Dame-katedraal in Parys.

Nuus
Tyla raap drie toekennings by MTV EMA in

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 11, 2024 0:17


Die Suid-Afrikaanse sensasie Tyla het drie toekennings ingepalm by die MTV Europe-musiektoekennings wat in Manchester, Engeland, gehou is. Sy was die wenner van Best R&B, Best Afrobeats, en Best African Artist. Die popsuperster Taylor Swift was die groot wenner met vier toekennings; Best Artist en Best Video vir haar samewerking met Post Malone aan Fortnight, Best Live, en Best US Act. Onder die ander wenners was Eminem, Ariana Grande en Raye. Tyla sê sy is geëerd en geskok oor haar toekennings:

Breakfast with Martin Bester
Bok van Blerk deel spesiale oomblik met 80-jarige aanhanger

Breakfast with Martin Bester

Play Episode Listen Later Nov 8, 2024 3:02


Die Suid-Afrikaanse sanger Bok van Blerk het onlangs op Breakfast with Martin Bester kom kuier waar hy 'n paar spesiale oomblikke met van sy grootse aanhangers gedeel het.

breakfast deel bok blerk die suid afrikaanse martin bester
Spektrum
Spektrum 7 November 2024

Spektrum

Play Episode Listen Later Nov 7, 2024 49:54


Advokaat Dali Mpofu sluit aan by 'n reeks voormalige EFF-lede wat nou 'n nuwe politieke tuiste het. Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat deklassifiseer sy geheime verslag oor die beweerde aandeel van top-polisielede in die sluipmoord op die teenbende-speurder, Charl Kinnear. Die wenners van die Earthsot-pryse is by 'n glansgeleentheid in Kaapstad bekendgemaak. Een-miljard rand se opgradering van die Mosselbaai se hawe in die Tuinroete om sy handels- en toerismefunksie te vergroot. Die Suid-Afrikaanse mans krieketspan wil vergoed vir sy onlangse rits nederlae, wanneer hulle Indië môre in Durban pak.

Nuus
So lyk die jongste oor La Niña

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 27, 2024 0:38


Die jongste weervoorspellings vir Namibië dui daarop dat die La Niña-verskynsel waarskynlik die komende reënseisoen sal beïnvloed. Hoewel La Niña die kanse op reënval verhoog, waarborg dit nie konsekwente en wydverspreide neerslae nie. Die Suid-Afrikaanse weerkenner Johan van den Berg het 'n opdatering oor La Niña en Namibië gegee in die jongste AMT-weervoorspelling.

berg amt la ni namibi jongste die suid afrikaanse
Nuus
SA se Kira wat wêredtitel in kanovaart verower

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 8, 2024 0:18


Die Suid-Afrikaanse roei-ster, Kira Bester, het die algehele Wêreldtitel verower by die Wêreldkampioenskap vir Oseaanwedvaart vir Kano's in Madeira, Portugal. Die 22-jarige het die wedvaart van 21 kilometer in net minder as twee uur afgelê en mede-Suid-Afrikaner, Michelle Burn, met 22 sekondes verslaan. Ana Swetish van Amerika was derde. Bester beskryf haar oorwinning as ʼn droom wat bewaarheid is.

portugal amerika madeira kano bester suid afrikaner die suid afrikaanse
Nuus
Ja, die reën kom - in November

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 13, 2024 0:38


Die jongste AMT-weervoorspelling is uit. Die eerste betekenisvolle reën vir landboudoeleindes word in November verwag. Die Suid-Afrikaanse weerkenner Johan van den Berg kyk na die veranderende weerpatrone, ryp wat kan voorkom en die verwagte reënval. Van den Berg is aan die woord.

berg amt die suid afrikaanse
Nuus
Tyla maak geskiedenis by MTV Video Music-toekennings

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 12, 2024 0:21


Die Suid-Afrikaanse sangeres, Tyla, het haar eerste MTV Video Music-toekenning vir Best Afrobeats gewen vir haar trefferliedjie, Water. Sy het geskiedenis gemaak as die eerste vroulike Afrika-kunstenaar wat ʼn MVA wen. Taylor Swift, wat 12 keer benoem is, het sewe opgeraap. Dit sluit in Kunstenaar van die Jaar en Beste Samewerking vir Fortnight saam met Post Malone. Sy spog nou met die meeste toekennings in MVA-geskiedenis. Tyla sê die uitwerking wat haar liedjies wêreldwyd het, bewys dat Afrika-musiek ook popmusiek kan wees.

Nuus
Vreemde wêreldekonomie-bewegings dalk goed vir Namibië

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 11, 2024 0:33


Die Suid-Afrikaanse belegger en kommentator Karin Richards het op X haar kommer gedeel oor dalende olie- en koperpryse, wat sy as kommerwekkende aanwysers vir die wêreldekonomie beskou. Sy het opgemerk dat oliepryse daal, ondanks 'n oorlog in die Midde-Ooste, terwyl goud se stabiliteit as 'n waarskuwing dien. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Cirrus-ekonoom Robert McGregor, oor wat dit vir Namibië beteken.

Nuus
Hou moed, die reën is op pad!

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 8, 2024 0:34


Die jongste AMT-weervoorspelling sê enkele reënbuie kan begin voorkom maar die eerste goeie reën word eers later in die seisoen verwag. Baie warm toestande kom voor en die rypseisoen blyk verby te wees. Dit lyk ook of La Nina begin versterk, wat positief is vir somerreënval. Die Suid-Afrikaanse weerkenner Johan van den Berg is aan die woord.

Nuus
Beurtkrag kan einde '24 verby wees

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 31, 2024 0:18


Die Suid-Afrikaanse energiekenner, Sampson Mamphweli, glo die regering kan teen November of Desember vanjaar aankondig beurtkrag is iets van die verlede. Mamphweli sê die vooruitsig vir die beskikbaarheid van energie is positief, met vier maande sonder beurtkrag, ‘n beskikbaarheidsfaktor van energie van meer as 60-persent en minder ineenstortings. Hy is vol vertroue Eskom kan tot die begin van die somer volhou met energievoorsiening:

desember wees hy einde eskom die suid afrikaanse
Nuus
Landbou kan stukrag wees vir ekonomiese groei

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 31, 2024 0:19


Die Suid-Afrikaanse landbouminister, John Steenhuisen, het op Agri Oos-Kaap se jaarkongres beklemtoon dat dié sektor die stukrag kan wees vir ekonomiese groei in die Oos-Kaap. Steenhuisen sê kwessies soos beleids-onsekerheid, plaasmoorde, landelike misdaad en uitdagings met biosekuriteit moet egter dringend opgelos word sodat die sektor groei. Hy sê landbou lewer 'n beduidende bydrae tot die land se BBP en bied talle geleenthede vir groei, ontwikkeling en werkskepping.

wees hy groei bbp steenhuisen die suid afrikaanse
Nuus
Repokoers moet in September in SA daal - dis onvermydelik

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 29, 2024 0:38


Die Suid-Afrikaanse rand het effe versterk teenoor die Amerikaanse dollar verlede week veral na die jongste inflasiesyfers uit die VSA getoon het dat die Federale Reserwebank teen September rentekoerse sal sny. Volgens dr. Roelof Botha van die Optimum-groep beteken dit dat dit onvermydelik sal wees dat Suid-Afrika ook teen September ‘n daling in die repokoers sal sien. Hy verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.

Nuus
SA mik om volgende jaar van gryslys te kom

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 18, 2024 0:13


Die Suid-Afrikaanse finansminister, Enoch Godongwana, sê met die regering se vinnige instelling van die aksieplan waarop met die Finansiële Aksietaakmag ooreengekom is, sal die land vroeg volgende jaar van die gryslys verwyder word. Suid-Afrika is in Februarie verlede jaar op die gryslys geplaas omdat hy nie voldoen aan internasionale standaarde wat geldwassery en onwettige finansiële transaksies betref nie. Godongwana sê sy departement het 31,2-miljoen Suid-Afrikaanse rand toegeken aan belastingbeleid-subprogram in die ekonomiese beleid-, belasting-, finansiële regulering- en navorsingsprogram om die land van die gryslys te kry:

Nuus
Rand verstewig met nuwe kabinet

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 1, 2024 0:19


Die Suid-Afrikaanse rand het met net meer as 1,5 persent verstewig na die nuwe kabinet in die buurland aangekondig is. Politieke partye in die regering van nasionale eenheid wat ministeries gekry het, sluit in die DA, IVP, Vryheidsfront Plus en Patriotic Alliance. President Cyril Ramaphosa sê die inkomende regering sal voorkeur gee aan vinnige, inklusiewe en volhoubare ekonomiese groei, en om ʼn meer regverdige samelewing te skep deur armoede en ongelykheid aan te spreek.

RSG Geldsake met Moneyweb
Wat beteken ‘n nuwe kabinet vir die Suid-Afrikaanse ekonomie?

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Jul 1, 2024 9:28


Prof Jannie Rossouw van Wits Sakeskool en Prof André Duvenhage van die Noordwes-Universiteit gesels oor die regering van nasionale eenheid, en nuwe kabinet. Volg RSG Geldsake op Twitter

kabinet ekonomie noordwes universiteit die suid afrikaanse
Nuus
SA jeug moet maar ook eie werk skep...

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 28, 2024 0:15


Die Suid-Afrikaanse jeug is aangemoedig om ywerig te bly in hul entrepreneurskapsreis. Green Youth Indaba se voorsitter, Sanele Zulu, het die noodsaaklikheid beklemtoon om geleenthede te bied en die hoë werkloosheids-probleem aan te pak. Zulu het met die SABC gepraat en die belangrikheid van entrepreneurskapsopvoeding en begrip van wetgewende bepalings vir ondernemings beklemtoon. Hy het 'n beroep op jong entrepreneurs gedoen om proaktief geleenthede te soek om die ekonomie te verbeter en werkloosheid aan te spreek:

maar werk moet zulu hy sabc skep die suid afrikaanse jeug
Nuus
Slegte nuus oor komende reënseisoen

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 28, 2024 0:36


In Suider-Afrika is La Niña geneig om geassosieer te word met bogemiddelde reënval en voorspellings was dat die streek wel die stelsel die komende somer sou sien ontwikkel. Maar, die nuus kan nie slegter wees nie. Die Suid-Afrikaanse weerkenner Johan van den Berg het 'n opdatering oor die Namibiese toestande gegee en gesê dat La Niña in die komende maande neutraal sal bly en nie sterk sal ontwikkel nie.

berg maar la ni komende nuus die suid afrikaanse
Nuus
SA moet kabinet vorm, rand verswak

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 28, 2024 0:32


Die Suid-Afrikaanse rand het begin daal en daal steeds, te midde van onsekerheid oor president Cyril Ramaphosa se kabinet. Spanning laai ook op omdat daar friksie is tussen die DA, die ANC se grootste koalisievennoot, en Ramaphosa oor sleutelportefeuljes. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Chris Hart gesels oor wat die rand in die komende dae gaan doen.

Nuus
M-pokke gevalle neem toe, medikasie in SA bekom

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 21, 2024 0:20


Die Suid-Afrikaanse gesondheidsdepartement het die eerste besending Tecovirimat ontvang om pasiënte te behandel wat weens a-pokke met ernstige gesondheidsprobleme sukkel. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê die proses is aan die gang om nog behandeling, wat entstof insluit, te kry indien dit nodig sou wees. Hy sê nog ses gevalle is deur ʼn laboratorium bevestig wat die totaal op 13 te staan bring:

neem hy die suid afrikaanse
Nuus
Suid-Afrikaanse rand versterk op hakke van stemmery

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 18, 2024 0:39


Die Suid-Afrikaanse rand vertoon op die oomblik baie goed teen die Amerikaanse dollar, rondom 18,20. Die bestendigheid en volwasse gedrag van die politieke partye het volgens die ekonoom Chris Hart, ‘n baie goeie impak op die geldeenheid wat selfs verder kan versterk.

Nuus
Medikasie vir M-pokke bekom

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 13, 2024 0:18


Die Suid-Afrikaanse gesondheidsdepartement het pogings verskerp om die verspreiding van M-pokke te bekamp, nadat vyf gevalle en een sterfte aangeteken is. Die departement span saam met MIV-programme en sleutelorganisasies om bewusmaking te verhoog. Die gesondheidminister, Joe Phaahla, het op 'n nuuskonferensie gesê Tecovirimat, 'n antivirale medikasie, is verkry vir ernstige gevalle deur skenkings van die Wêreld-gesondheidsorganisasie.

miv joe phaahla die suid afrikaanse
Nuus
AfriForum vra partye om NGV tydens koalisiegesprekke teen te staan

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 12, 2024 0:15


Die Suid-Afrikaanse vakbond Solidariteit het politieke partye wat betrokke is by samesprekings vir 'n regering van nasionale eenheid, versoek om die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering teen te staan. Die oproep volg te midde van president Cyril Ramaphosa se aankondiging dat hy die vakbond se hofaansoek teen die NGV gaan teenstaan. Anton van der Bijl van Solidariteit voer aan dit is ongrondwetlik, onbekostigbaar en sal toegang tot gehalte gesondheidsorg verminder. Van der Bijl beloof om die versekering in die hoogste hof uit te daag:

Breakfast with Martin Bester
Ikoon Soli Philander praat oor in nuwe 'Pinocchio, 'n musikale komedie'

Breakfast with Martin Bester

Play Episode Listen Later Jun 10, 2024 8:37


Die Suid-Afrikaanse legende, Soli Philander het met Breakfast with Martin Bester gesels oor 'Pinocchio, 'n musikale komedie' wat vanaf 14 Junie by die Pierneefteater op die planke sal wees.

breakfast soli praat komedie philander die suid afrikaanse martin bester
Nuus
Vivo Energy belê groot in SA

Nuus

Play Episode Listen Later May 23, 2024 0:19


Die Suid-Afrikaanse handelsminister, Ebrahim Patel, sê Vivo Energy wat deur die globale verbruiksgoedere-handelaar Vitol besit word, gaan aanvanklik tien-miljard Suid-Afrikaanse rand in sy bedrywighede daar belê. Dit volg ná sy samesmelting met Engen. Patel sê die belegging is deel van ʼn reeks verbintenisse tot openbare belang en mededinging, wat werksverliese wil voorkom en voortgaan met kontrakte aan plaaslike raffinaderye.

RSG Geldsake met Moneyweb
Raubex wys daar is nog lewe in die Suid-Afrikaanse infrastruktuur- en konstruksiebedryf

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later May 13, 2024 7:00


Dirk Lourens, bedryfshoof van Raubex gesels oor die groep se finansiële resultate, diversifikasie, en die Suid-Afrikaanse infrastruktuur- en konstruksiebedryf. Volg RSG Geldsake op Twitter

daar lewe suid afrikaanse die suid afrikaanse raubex
Nuus
Kimberley-polisiestasie aangeval deur Nigeriërs na makker gearresteer is

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 24, 2024 0:12


Die Suid-Afrikaanse polisie- en gevangenisse-vakbond Popcru het 'n aanval op die Kimberley-polisiestasie deur agt Nigeriese burgers ten sterkste veroordeel. Die aanval het plaasgevind tydens 'n polisie-operasie waarin 'n Nigeriese burger geteiken is wat van dwelmbesit verdink word. Dit het skade aan voertuie en stasievensters tot gevolg gehad. Die agt beskuldigdes bly in aanhouding en sal Vrydag weer in die landdroshof in Kimberley verskyn. Popcru se woordvoerder, Richard Mamabolo, doen 'n beroep op die publiek om die land se wette te respekteer.

dit deur vrydag die suid afrikaanse popcru
Nuus
Rand verswak, soek verskanste beleggings

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 23, 2024 0:21


Die Suid-Afrikaanse rand, en dus Namibiese dollar, verswak steeds teen die Amerikaanse dollar en het oor die afgelope week meer as 2 persent teen die Amerikaanse geldeenheid verloor. Op die oomblik verhandel die rand rondom 19,25 teen die dollar. Die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt sê pryse sal styg en die repokoers word ook geraak.

RSG Geldsake met Moneyweb
Van die platteland tot 'n pilaar in die Suid-Afrikaanse mededigingsreg

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Apr 4, 2024 12:59


Ahmore Burger-Smidt, hoof van regulatoriese sake by Werksmans Prokureurs gesels oor haar agtergrond, loopbaan, die industrie waarin sy is, en haar stokperdjies. Volg RSG Geldsake op Twitter

platteland die suid afrikaanse
AfriPod
NUUSKOMMENTAAR: Migrasie-uitdagings en wysigings aan die Suid-Afrikaanse immigrasiewetgewing

AfriPod

Play Episode Listen Later Apr 4, 2024 6:05


In aanloop tot die verkiesing is migrasie een van die kwessies wat heelwat aandag geniet. Van die kandidate maak uitlatings wat gevaarlik na aan xenofobie klink, terwyl ander Suid-Afrikaners frustrasies met die land se swak grensbeheer verwoord.

suid afrikaners die suid afrikaanse
Nuus
Phaahla stel ondersoek in na gru-busongeluk

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 2, 2024 0:13


Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, Joe Phaahla, stel vandag ondersoek in na die vordering van die Limpopo-gesondheidsowerhede met die identifikasie en repatriasie van die slagoffers van 'n busongeluk. Vyf-en-veertig mense is dood toe 'n bus op pad van Botswana af na Moria verlede Donderdag in Limpopo in 'n ongeluk betrokke was. 'n Woordvoerder van die departement, Foster Mohale, sê 'n agt-jarige kind, wat ernstig beseer is, was die enigste oorlewende:

botswana stel donderdag limpopo woordvoerder joe phaahla die suid afrikaanse
Nuus
Nuwe onderwys-wetsontwerp sal onderwys-gehalte afdwing

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 8, 2024 0:19


Die Suid-Afrikaanse vakbond Solidariteit waarsku die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette kan openbare skole benadeel, wat moontlik tot hul agteruitgang kan lei. Die vakbond het tydens 'n voorlegging aan die Nasionale Raad van Provinsies se gekose komitee oor Onderwys, kommer uitgespreek oor die voorgestelde wysigings aan taal- en toelatingsbeleide in die wetsontwerp. Hy vra gedesentraliseerde onderwys en ook die erkenning van ouers se belangrike rol. Johnell Prinsloo van Solidariteit waarsku indien ouers hul deelname in skoolsake ontneem word, kan dit lei tot kinders se onttrekking, verminderde befondsing en 'n afname in onderwyser-gehalte.

hy die suid afrikaanse gehalte
Nuus
Bodvenster oop vir onafhanklike kragverskaffers

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 18, 2024 0:23


Die Suid-Afrikaanse kantoor vir onafhanklike kragverskaffers gaan sy reserwe-bod vir venster sewe van die onafhanklike kragprodusenteprogram vir hernubare energie bekendstel. Die reserwebod sal as rugsteun gebruik word om verdere vertragings om kapasiteit by die netwerk te voeg, te voorkom. Die kantoor se regshoof, Lena Mangondo, sê die sewende bod-ronde bestaan uit 3 200 megawatt binnelandse windkrag en 1 800 megawatt fotovoltaïese sonkrag. Sy sê die sperdatum vir aanbiedings is 30 April:

sy die suid afrikaanse
Nuus
SA se watergehalte onder die loep die week

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 16, 2024 0:20


Die Suid-Afrikaanse minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu sal ‘n twee-daagse spitsberaad vir Waterdienste-owerhede lei na aanleiding van die Blou– en Geen-Druppel-verslae en die Groendruppel-vorderingbeoordelings-verslag. Donderdag en Vrydag se byeenkoms bring verteenwoordigers byeen van 144 waterdienste-owerhede, om afnemende watergehalte en toenemende nie-inkomstewater te bespreek. Die woordvoerder van die departement, Wisane Mavasa, het met die media gepraat.

water onder donderdag vrydag blou senzo mchunu die suid afrikaanse
Nuus
SA se grense waak teen cholera, veral uit Zimbabwe

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 4, 2024 0:18


Die Suid-Afrikaanse gesondheidsdepartement het gereageer op die cholera-uitbreking in buurlande deur gesondheidstoetse en -opvoeding by grensposte op te skerp. In samewerking met belanghebbers soos die Grensbeheerowerheid word pogings aangewend om oordrag oor grense te verhoed. Die woordvoerder, Foster Mohale, pleit by reisigers wat terugkeer van gebiede waar cholera endemies is, insluitend Zimbabwe, om waaksaam te wees, met gesondheidsbeamptes saam te werk en openlik te wees oor simptome:

Nuus
Lae produksie pla SA wynbedryf nie

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 29, 2023 0:22


Die Suid-Afrikaanse wynbedryf is nie bekommerd oor die wêreldye afname in produksie nie. Volgens die International Organisation of Vine and Wine, val produksie en kan dit die laagste vlak in 60 jaar bereik. Die klaarblyklike swak oes in die Suidelike Halfrond en Europa is deels verantwoordelik vir die afname. Die bedryfskenner Maryna Calow sê daar is nog nie rede tot paniek nie.

Nuus
Eskom se kragstasies presteer goed - Ramokgopa

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 22, 2023 0:20


Die Suid-Afrikaanse minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê Eskom-kragstasies se werkverrigting is bestendig en bereik ʼn hoogtepunt by 86,7 persent. Ramokgopa het die jongste oor die instelling van die Energie-aksieplan bekend gemaak. Medupi werk teen 80,7 persent en Lethabo teen 76,4 persent. Die minister sê kragstasies soos Duvha, Tutu's, Kahuna, Camden, Hendrina en Grootvlei verbeter teen ʼn positiewe koers:

energie goed tutu eskom kahuna lethabo kgosientsho ramokgopa ramokgopa die suid afrikaanse
Nuus
Mchunu beloof stappe teen waterkrisis

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 21, 2023 0:19


Die Suid-Afrikaanse minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu, sê sy departement beplan om die voortslepende waterkrisis wat Suid-Afrika in die gesig staar, te hanteer deur middel van minimale onderhandelinge met waterdiensowerhede. Mchunu het dié opmerking gemaak tydens ‘n water-imbizo by die King Zwelithini-stadion in Umlazi, in eThekwini, KwaZulu-Natal. Die ministerie se woordvoerder, Kamogelo Mogotsi sê ván die waterprobleme wat in sommige gemeenskappe ondervind word, kon maklik opgelos word as plaaslike owerhede by die basiese beginsels van bedrywighede en instandhouding van infrastruktuur gehou het:

teen kwazulu natal suid afrika ethekwini senzo mchunu die suid afrikaanse beloof
Nuus
Lekker rugby die naweek in Kampioenebeker, Uitdaagbeker

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 15, 2023 0:20


Die Suid-Afrikaanse spanne mik na nog ʼn sterk vertoning in die tweede ronde van die Kampioenebeker en die Uitdaagbeker, nadat hulle verlede week met vier oorwinnings uit vyf weggespring het. In die Kampioenebeker is die Stormers die gashere vir die verdedigende kampioene, La Rochelle, met die Bulle teen Lyon in Frankryk. In die Uitdaagbeker verwelkom die Cheetahs die Haaie in Bloemfontein, terwyl die Leeus die Newcastle Falcons in Johannesburg trakteer. Volgens skrumskakel Morné van den Berg bou die Leeus goeie momentum.

Nuus
Meer polisie 'help nie teen misdaad'

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 15, 2023 0:15


Die Suid-Afrikaanse organisasie Activists and Citizens Forum sê die regering se strategie om meer polisiebeamptes te werf, is onvoldoende om buitensporige misdaad te bekamp. Die forum voer aan dat solank misdadigers magtiger is as die polisiediens, sal verskerpte werwing ondoeltreffend bly om misdaad hok te slaan. Woordvoerder Dennis Bloem verwys na ‘n kommerwekkende tendens waar misdadigers en die samelewing nie meer wetstoepassers vrees nie. Bloem vra vir ‘n dringende hersiening van die strafregstelsel en bepleit die herstel van magte aan die polisie.

Nuus
COP28-ooreenkoms wyd verwelkom

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 14, 2023 0:18


Die Suid-Afrikaanse omgewingsminister, Barbara Creecy, sê Suid-Afrika verwelkom die waterskeidingsbesluit van ‘n Wêrelddoelwit vir Aanpassing wat by die COP28-klimaatkonferensie Dubai aanvaar is. Dit is ‘n kollektiewe verbintenis wat reeds in 2013 deur Afrikalande voorgestel is en onder die Parys-ooreenkoms gevestig is. Die verbintenis is daarop gemik om politieke optrede en finansiering vir klimaatvriendelike aanpassing op dieselfde skaal as klimaatversagting te bedryf. Creecy sê die besluit erken die belangrikheid daarvan om voldoende openbare finansies uit ontwikkelde lande vir aanpassings te verseker:

dubai dit parys suid afrika barbara creecy die suid afrikaanse
Nuus
Bewerings oor SAL-aandeelhouding 'vals, kwaadwillig'

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 14, 2023 0:20


Die Suid-Afrikaanse openbare ondernemings departement erken die belangrikheid daarvan dat die parlement moet toesig hou en aandring op aanspreeklikheid. Terselfdertyd verwerp hy bewerings dat hy nie saamwerk nie met die portefeuljekomitee oor openbare ondernemings in sy ondersoek van die strategiese ekwiteitsvennootskap-transaksie vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens. Die woordvoerder van die departement, Ellis Mnyandu, sê enige bewerings dat die voorgestelde aankoop van die aandeelhouding van 51 persent in SAL deur die Takatso-konsortium nie ‘n deursigtige en regverdige proses was nie, is kwaadwillig en duidelik vals.

takatso die suid afrikaanse
Nuus
Gauteng teenmisdaad-beamptes kry meer magte

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 13, 2023 0:18


Die Suid-Afrikaanse minister van justisie, Ronald Lamola, het bekendgemaak dat Gautengse misdaadvoorkomingsbewaarders nou wetlik die status van vredesbeamptes het. Hierdie benaming is kragtens artikel 334 van die Strafproseswet en verleen aan hulle groter bevoegdhede in misdaadvoorkoming. Die woordvoerder van die ministerie, Chrispin Phiri, sê die besluit volg op ‘n deeglike ontleding van wetlike raamwerke, wat die bewaarders se status in ooreenstemming bring met die van provinsiale verkeersbeamptes:

meer gauteng hierdie ronald lamola die suid afrikaanse chrispin phiri
Nuus
Pikitup-werkers mag nie geskenke vra nie

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 13, 2023 0:20


Die Suid-Afrikaanse afvalbestuurs-onderneming, Pikitup, vra inwoners van Johannesburg, om enige werknemers wat Kersgeskenke eis, aan te gee. Pikitup se kommunikasiebestuurder, Muzi Mkhwanazi, beklemtoon werknemers word streng verbied om geskenke te vra. Hy het ook inwoners ontmoedig om geskenke aan te bied, aangesien dit gelei het tot gevalle van individue wat hulself as Pikitup-werknemers voorgedoen het om geskenke te ontvang:

johannesburg hy die suid afrikaanse
Nuus
Reeza sê hulle geel alles in môre se laaste T20

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 13, 2023 0:19


Die Suid-Afrikaanse kolwer Reeza Hendricks sê hulle het ‘n kliniese vertoning gelewer om Indië in die reëngeteisterde tweede T20 in Gqeberha te klop. Indië het 180 vir sewe in 19,3 boulbeurte aangeteken met reën wat hul beurt voortydig beëindig het. Hendricks het ‘n aangepaste teiken van 152 vir ‘n oorwinning in 15 boulbeurte nagejaag en 49 van 28 balle aangeteken. Suid-Afrika het die teiken gehaal met nog sewe balle oor. Hendricks sê dit gee hulle momentum in aanloop tot die laaste T20 môre op die Wanderers: