Podcasts about namibiese ministerie

  • 3PODCASTS
  • 63EPISODES
  • 1mAVG DURATION
  • ?INFREQUENT EPISODES
  • May 20, 2021LATEST

POPULARITY

20172018201920202021202220232024


Best podcasts about namibiese ministerie

Latest podcast episodes about namibiese ministerie

Nuus
Grondhervestiging onvolhoubaar in Namibië

Nuus

Play Episode Listen Later May 20, 2021 0:45


Die Uitvoerende Direkteur van die Namibiese Ministerie van Landbou, Water en Grondhervorming, Percy Misika, sê die Regering se hervestigingsformule is nie finansieel volhoubaar nie en dit bereik ook nie die gewenste doelwitte nie. Amptelike rekords van die Regering dui daarop dat 88 miljoen Namibiese dollar bestee is om 10 plase aan te koop met slegs 20 mense wat in die 2020-2021 finansiële jaar hervestig is. ‘n Onafhanklike Landboukenner, Wallie Roux, gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus

Nuus
Kasane is oop vir besigheid!

Nuus

Play Episode Listen Later May 19, 2021 0:38


Die Kasane grenspos met Botswana is oop vir reisigers. Die buurland het die grens oopgemaak en daar is hoop dat dit ‘n hupstoot aan toerisme sal bied. Margaret Kalo, Hoof Skakelbeampte by die Namibiese Ministerie van Binnelandse Sake het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en meer besonderhede gegee.

botswana kosmos nuus kasane namibiese ministerie
Nuus
Proses aan die gang om tweeling in Namibië te kry

Nuus

Play Episode Listen Later May 18, 2021 0:22


Uno Katjipuka-Sibolile, die Regsverteenwoordiger van die ouers van die tweeling Paula en Maya Delgado-Lühl, het bevestig die Namibiese Ministerie van Binnelandse Sake, Immigrasie, Veiligheid en Sekuriteit het eenmalige noodreisdokumente aan die tweeling uitgereik om Namibië toe te kom. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê sy konsulteer nog met die ouers Guillermo en Phillip en die Regering om die proses aan die gang te kry om die meisietjies in die land in te kry.

Nuus
Leerders en Covid - uitdaging is koshuise

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 13, 2021 0:43


Daar was groot skok toe die nuus dat 120 leerders positief getoets het vir Covid bekend gemaak is. Volgens die Uitvoerende Direkteur in die Namibiese Ministerie van Onderwys, Sanet Steenkamp, bly die grootste uitdaging koshuise. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Nuus
Ietermagô storie wek groot kommer

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 13, 2021 0:21


Berigte oor die onwettige handel in die ietermagô het die verkeerde reaksie op veral sosiale media gelok en talle lede van die publiek het melding gemaak van hulle belangstelling om die diertjie te bekom spesifiek om handel te dryf. Volgens die Woordvoerder van die Namibiese Ministerie van Omgewingsake, Romeo Muyunda, wek die toenemende handel in die diere, sowel as die stropery van ander, groot kommer.

Nuus
VSA skenk miljoene se toerusting

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 13, 2021 0:43


Die Amerikaanse regering het vandag laboratorium toerusting aan die Namibiese Ministerie van Gesondheid geskenk. Die skenking vorm deel van die 100 miljoen Amerikaanse doller se bystand wat deur die Amerikaners aan Namibië bewillig is in die bekamping van die Covid-pandemie. Die Woordvoerder van die Amerikaanse ambassade Walter Parrs.

AGRI NEWS NET
Wallie Roux ‘n plaaslike landboukenner- Namibiese regering

AGRI NEWS NET

Play Episode Listen Later Mar 15, 2021 0:38


Reaksie word ontvang op die Namibiese Ministerie van Grondhervorming wat bekendgemaak het dat 67 persent van die 5 miljoen hektaar wat geteiken was teen 2020 bekom is vir grondhervorming. --- Send in a voice message: https://anchor.fm/johannpretorius/message

roux regering reaksie namibiese ministerie
Nuus
Onderwater kultuur sal ook beskerm word

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 3, 2021 0:43


Die Algemene Konferensie van Unesco het die 2001 Konvensie vir die Beskerming van die Onderwater Kultuur Erfenis op 2 November 2001 bekragtig. Die konvensie beoog om alle spore van menslike bestaan met kulturele, historiese of argeologiese karakter wat vir meer as 100 jaar onder water was, te beskerm. In die lig hiervan sal Unesco in samewerking met die Namibiese Ministerie van Onderwys en die Namibiese Nasionale Kommissie vir Unesco oftewel Natcom 'n tweedaagse virtuele streeksvergadering aanbied op 10 en 11 Maart oor die Beskerming van Onderwater Kulturele Erfenis in Afrika. Helvi Elago, Unesco se Program Beampte vir Kultuur in Windhoek het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...

Nuus
Twee klaskamers Donderdag oorhandig by Vyf Rand Laerskool

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 2, 2021 0:42


Daar sal twee klaskamers oorhandig word aan die Namibiese Ministerie van Onderwys. Die klaskamers is opgerig met die hulp van die NamPort Maatskaplike Beleggingsfonds. Die oorhandiging sal Donderdag amptelik gedoen word by die Vyf Rand Laerskool in Okahandja. Die oorhandiging sal behartig word deur die Hoof Uitvoerende Beampte van NamPort, Andrew Kanime aan die Adjunkminister van Onderwys, Fautina Caley. Timotheus Mutambo van die Openbare Betrekkinge Departement by die Ministerie van Onderwys het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Kosmos 94.1 Landbou
Namsip sit bedrywighede voort vanjaar

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Feb 26, 2021 4:10


Verlede jaar het die Namibiese Ministerie van Landbou se landbou meganisering en saad verbetering projek, bekend as Namsip boere in die Otjozondjupa-streek opgelei en bygestaan in ‘n saad vermenigvuldiging projek. Die projek is gedeeltelik befonds deur die Afrika Ontwikkelingsbank. Die ministerie se Direkteur van Landbou Navorsing en Ontwikkeling, Johanna Andowa sluit by ons aan vanoggend vir meer hieroor en die beplanning die vir huidige jaar.

ontwikkeling voort namibiese ministerie
Kosmos 94.1 Landbou
Knopvelsiekte breek uit in Omaheke

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Feb 25, 2021 4:37


Knopvelsiekte het in die Omaheke-streek uitgebreek. Volgens die Namibiese Ministerie van Landbou kom die siekte op die oomblik voor by die Otjombinde kiesafdeling en tot dusver is 31 diere van 10 verskillende eienaars besmet. Alle beweging van diere in die kiesafdeling is opgeskort sonder ‘n inentingsertifikaat. Dr Theuns Laubscher van die Windhoek Veeartseny Kliniek sluit by ons aan...

volgens breek namibiese ministerie
Nuus
Nanso is vies oor Irivari

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 19, 2021 0:42


Die Namibiese studente organisasie Nanso is hewig ontsteld oor die moontlike terugkeer skool toe van Luca Tsamaseb. Hy is bekend as Irivari en is aangekla vir verkragting. Hy het groot opslae gemaak omdat sy ouderdom nie bepaal kan word nie en hy is ongeskoold. Hy is in Graad 1 ingeskryf maar, Nanso wil hê die Uitvoerende Direkteur van die Namibiese Ministerie van Onderwys Sanet Steenkamp moet hom toelating weier omdat hy so ernstige klag in die gesig staar. Dylan Mukoroli, Woordvoerder van Nanso.

vies hy graad woordvoerder die namibiese namibiese ministerie
Nuus
Namibiese regshulp gestaak

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 19, 2021 0:40


Berigte lui dat regshulp op die oomblik deur die Namibiese Ministerie van Justisie gestaak is. Die ministerie se Uitvoerende Direkteur Gladys Pickering het aan plaaslike media bevestig dat daar op die huidige stadium geen regshulp aan beskuldigdes verleen word nie maar, dat die moratorium deel vorm van ‘n reeks hervormings in die regshulp sisteem. Daar is gerugte dat die staat eenvoudig nie die geld het om prokureurs te betaal nie maar Pickering het dit ten sterkste ontken. Vrae word gevra oor wat die voormalige Minister van Justisie, Sacky Shanghala, wat ook aansoek om regshulp gedoen het vir sy Fishrot-klagtes, te doen staan sonder enige regsverteenwoordiging. Die plaaslike Regskenner Professor Nico Horn het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Kosmos 94.1 Landbou
Die jongste oor bek- en klouseer

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Feb 11, 2021 4:25


Die huidige uitbreking van bek- en klouseer in die verre noorde van die land woed steeds maar is volgens die Namibiese Ministerie van Landbou word dit as onder beheer beskou. Dr Albertina Shilongo, die Hoof Veeartsenybeampte by die ministerie skuit by ons aan vir die jongste...

jongste namibiese ministerie
Kosmos 94.1 Landbou
Meer oor uitdagings in die Swakop bekken

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Feb 4, 2021 6:37


‘n Bestuurskomitee vir die Boonste Swakop Bekken is bekend gestel deur die Namibiese Ministerie van Landbou, Water en Bosbou. Bestuur van die bekken is belangrik omdat baie water van die Swakoprivier herlei word deur grondeienaars en dus, in droër jare is daar minder opvangs in die sentrale damme - Von Bach, Swakoppoort en Omatako. Dus is die Swakop bekken een van die belangrikste opvangs gebiede vir Namibië. Maria Amakali, die ministerie se Direkteur van Waterbron Bestuur het net na die bekendstelling van die komitee met Kosmos 94.1 Landbounuus gesels oor die uitdagings in die bekken.

water meer dus kosmos bestuur namibi bekken namibiese ministerie
Kosmos 94.1 Landbou
Uitdagings met aartappels word aangespreek

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Jan 28, 2021 6:44


Daar is ‘n tekort aan kundigheid en navorsing in plaaslike aartappel produksie. Die bevinding is verlede jaar bekend gemaak deur die Namibiese Ministerie van Landbou. Die ministerie het ook aanbeveel dat studies uitgevoer word oor die vatbaarheid van aartappel produksie in Namibië. Ons gas vanoggend is Gilbert Mulonda, die Akkerbouraad se Algemene Bestuurder vir Akkerbou.

daar ons namibi namibiese ministerie
Nuus
Goeie navorsing oor MIV-pasiënte in Nam

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 19, 2021 0:35


Die Amerikaanse Sentrum vir Siektebeheer en Voorkoming het navorsing saam met die Namibiese Ministerie van Gesondheid gedoen op groepe van MIV-positiewe pasiënte wat die virus onder beheer het. Die een deel het gekyk na hoe goed die Gemeenskap Nakomingsgroepe die pasiënte ondersteun en die koste op beide stabiele en onstabiele MIV-pasiënte te behandel is ook ondersoek. Die studie is in drie streke onderneem. Walter Parrs, Skakelbeampte van die Amerikaanse ambassade in die hoofstad...

pasi amerikaanse goeie miv namibiese ministerie
Kosmos 94.1 Landbou
Bek- en klouseer: boere kom nie inperkings na nie

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Jan 15, 2021 6:52


Daar word beweer dat boere nie gehoor gee aan maatreëls wat die ministerie aangekondig het in verband met bek- en klouseer in die noorde nie en die Namibiese Ministerie van Landbou meen dat sou boere die beperkings nakom sou die syfers laer gewees het. Dr Albertina Shilongo, die Hoof Veeartseny Beampte by die ministerie sluit by ons aan...

daar boere namibiese ministerie
Nuus
Graad 12 uitslae begin Februarie bekend

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 15, 2021 0:35


Die Uitvoerende Direkteur van die Namibiese Ministerie van Onderwys, Sanet Steenkamp sê Graad 12 uitslae sal vroeg in Februarie beskikbaar wees. Sy sê die regering sal egter nie die aankondiging deur plaaslike koerante maak nie om onnodige sielkundige stres van leerders te verhoed. Dylan Mukoroli, Nasionale Woordvoerder van die Namibiese Nasionale Studente Organisasie, Nanso....

sy bekend graad namibiese ministerie
Nuus
VSA gee nog bystand aan Namibiese gesondheid

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 14, 2021 0:43


Die Amerikaanse ambassade het verdere ondersteuning aan die Namibiese Ministerie van Gesondheid verleen. Verskeie personeel is aan die ministerie verskaf om die land in die bekamping van die pandemie by te staan. Walter Parrs, Skakelbeampte by die ambassade...

namibiese ministerie
Nuus
Terug kantoor toe? Werk op 'n gesonde wyse

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 13, 2021 0:26


Terwyl die Namibiese Ministerie van Arbeid reeds sy nasionale terug-werk-toe plan bekendgemaak het, het die ANC-regering nog nie so ‘n plan bekend gestel nie. Intussen het Solidariteit in die buurland 'n 10-punt plan ontwikkel wat sy strategie uitstippel vir honderde werkers wat na die feestyd terugkeer werk toe. Die vakbond se Woordvoerder, Paul Mardon, sê die veronderstelling is dat werknemers vreesloos moet wees oor Covid-19 en ook vreesloos moet wees om die ekonomie en werksgeleenthede te red. Hy voeg by dat die plan nie 'n keuse is tussen werk en gesondheid nie, maar eerder 'n keuse om op 'n gesonde wyse te werk:

Nuus
Meer oor jongste bek- en klouseer gevalle

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 13, 2021 0:27


Die Direktoraat van Veeartsenydienste onder die Namibiese Ministerie van Landbou het nuwe gevalle van bek-en klouseer aangeteken op 6 Januarie en weer op 28 Desember. Jona Musheko van die ministerie het meer inligting oor die voorvalle.

meer desember januarie jongste namibiese ministerie
Nuus
Jongste oor Mangetti-elektrifisering

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 8, 2021 0:38


Die kragverskaffer Cenored het laasjaar kagte saamgesnoer met die Namibiese Ministerie van Myne en Energie vir die elektrifisering van die Mangetti kiesafdeling wat steeds voortduur. Die aanvanklike sperdatum vir die voltooiing van die projek was Augustus 2021 maar daar is versoeke ingedien om dit te vervroeg na April 2021. Die projek strek vanaf Maroelaboom deur die Mkata nedersetting na die Mangetti Duin teen 'n koste van 40 miljoen doller en strek oor 125 km. Cenored se Skakelbeampte Charlie Matengu...

energie jongste namibiese ministerie
Nuus
Verkoop van olifante moet gebeur

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 7, 2021 0:25


Reaksie word ontvang op die nuus dat kopers reeds belangstelling getoon het in die aanbod van 170 olifante deur die Namibiese Ministerie van Omgewingsake. Boere in die noordweste en noordooste van die land het baie groot uitdagings met die diere wat groot skade berokken. Die President van die Namibiese Landbou Unie Piet Gouws het sy mening so verwoord...

moet verkoop boere reaksie namibiese ministerie
Kosmos 94.1 Landbou
Omgewingsfonds en landbou vat hande

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Nov 26, 2020 4:23


Die Namibiese Omgewing Beleggingsfonds het 2 miljoen Namibiese doller aan die Namibiese Ministerie van Landbou geskenk vir die bekamping van die sprinkaanplaag wat verskeie dele van die land teister. Die ministerie en die fonds sal in die nabye toekoms baie nou saamwerk. Lot Ndamanomhata, die fonds se Hoof van Kommunikasie sluit vanoggend by ons aan.

hoof hande namibiese ministerie
Nuus
VSA help met 24 gesondheidspersoneel

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 24, 2020 0:40


Die Amerikaanse ambassade in die hoofstad staan die Namibiese Ministerie van Gesondheid by met 24 nuwe poste vir gesondheidswerkers in die land. Walter Parrs van die ambassade het die besonderhede met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.

kosmos nuus namibiese ministerie
Kosmos 94.1 Landbou
Bek- en kouseer onder beheer

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Nov 20, 2020 1:29


Dr Albertina Shilongo, die Hoof Veeartseny Beampte by die Namibiese Ministerie van Landbou sê die bek-en kouseer uitbreking in die twee Kavango-streke is onder beheer. Sy verduidelik.

onder sy beheer namibiese ministerie
Kosmos 94.1 Landbou
Dagga en jou boerdery... teoreties gesproke

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Nov 19, 2020 3:58


Die Hoof Uitvoerende Beampte van die Landbou-sakekamer in Suid-Afrika, John Purchase, sê voorkeur aan die dagga-reguleringsraamwerk sal Suid-Afrika se landbousektor 'n hupstoot gee. Dit volg na sy vooruitskatting vir volgende jaar se groei in die bedryf. Purchase sê die vooruitsigte vir die sektor lyk belowend, maar hy glo meer geleenthede kan realiseer as die regering die raamwerk bespoedig. Hy waarsku dat vooruitsigte vir die komende jaar sal afhang van wêreldpryse en weerstoestande. Intussen het die Namibiese Ministerie vir insette gevra om die wettiging van dagga in die land te oorweeg... Purchase gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus oor die teoretiese geleenthede vir die landbousektor in die gebied.

Nuus
Ombudsman reageer op dagga versoek

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 13, 2020 0:44


Reaksie word ontvang op die aankondiging van die Namibiese Ministerie van Gesondheid dat hy skriftelike voorleggings in verband met die regulering van die gebruik van dagga aanvra. Die bepalings van die voorleggings wat voordele, nadele, gevare en maatreëls insluit, is beskikbaar op die ministerie se webtuiste. Voorleggings moet teen 22 November ingedien word. Die Ombudsman Advokaat John Walters het sy reaksie so verwoord.

ombudsman reageer dagga reaksie namibiese ministerie
Nuus
1 sterfte en 53 nuwe Covid-19 gevalle in Namibië

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 12, 2020 0:44


Daar is vandag volgens die Uitvoerende Direkteur in die Namibiese Ministerie van Gesondheid Ben Nangombe 53 nuwe Covid-19 gevalle uit 'n totaal 1268 toetsuitslae aangeteken. Nangombe...

covid-19 daar namibi namibiese ministerie
Nuus
39 nuwe Covid-19 gevalle

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 11, 2020 0:53


Ben Nangombe, die Uitvoerende Direkteur van die Namibiese Ministerie van Gesondheid het 39 nuwe Covid-19 gevalle in die land bekend gemaak. Nangombe...

covid-19 namibiese ministerie
Nuus
Water infrastruktuur vir Kunene

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 10, 2020 0:49


Die Duitse regering het ondersteuning verleen aan die Namibiese Ministerie van Omgewingsake om water infrastruktuur in die Kunene op te knap. Boorgate word ook gerehabiliteer. Graziella Titus van die Duitse ambassade in die hoofstad, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die projek gepraat.

Kosmos 94.1 Landbou
Ministerie staan kleinskaalse boere by

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Oct 12, 2020 4:49


‘n Veeverspreidingprogram wat daarop gemik is om kleinskaalse boere te bemagtig is deur die Namibiese Ministerie van Stedelike en Landelike Ontwikkeling van stapel gestuur. In die verband is die eerste vee by ‘n gemeenskap net wes van Okahandja verlede week afgelewer. Die Minister, Erastus Uutoni was daar en sluit vanoggend by ons aan.

staan ministerie boere die minister namibiese ministerie
Nuus
Bek-en-klouseer: kom maatreëls na

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 8, 2020 0:20


'n Tydelike verbod op alle lewendehawe beweging is met onmiddellike ingang in die Kavango-Oos streek ingestel. Die besluit volg na die bevestiging van 'n bek-en-klouseer uitbreking by die Hoga nedersetting. Dr Albertina Shilongo, Hoof Veearts by die Namibiese Ministerie van Landbou sê dis noodsaaklik dat die beheermaatreëls nagekom word.

namibiese ministerie
Nuus
67 nuwe Covid-19 gevalle in Namibië

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 8, 2020 1:12


Daar is vandag 67 nuwe Covid-19 gevalle in Namibië bevestig deur die Uitvoerende Direkteur van die Namibiese Ministerie van Gesondheid Ben Nangombe. Nangombe het die besonderhede bekend gemaak by die Covid-19 kommunikasiesentrum in Windhoek.

covid-19 daar windhoek namibi namibiese ministerie
Nuus
Nuwe Covid-19 syfers bekend

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 7, 2020 0:37


Die Uitvoerende Direkteur in die Namibiese Ministerie van Gesondheid Ben Nangombe het die jongste Covid-19 syfers vir Namibië bekend gemaak. Nangombe...

covid-19 bekend namibi namibiese ministerie
Nuus
ACC: geen ondersoek by Buitelandse Sake nie

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 6, 2020 0:43


Die Teenkorrupsie Kommissie sê hy is nie besig met ‘n ondersoek na ongerymdhede en nepotisme in die aanstelling van diplomate by die Namibiese Ministerie van Internasionale Betrekkinge nie. Volgens die kommissie is die klagtes reeds in Julie vanjaar by hom aangemeld. Die Woordvoerder van die kommissie Josephina Nghituwamata...

sake geen volgens namibiese ministerie
Nuus
Pandemie vererger uitdagings vir gestremdes

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 1, 2020 0:39


Baie gestremde mense word wêreldwyd uitgesluit by onderwys en gesondheidsorg en word selfs uitgesluit by gemeenskap aktiwiteite. Die Covid-19 pandemie het intussen die ongelykhede verdiep en nuwe bedreigings na vore gebring vir gestremde individue. Mercy Kufuna, Adjunkdirekteur van die Namibiese Ministerie van Gestremdheidsake...

pandemie baie namibiese ministerie
Nuus
Leerders en Covid - dit wek kommer

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 1, 2020 0:35


Daar is groot kommer nadat die Namibiese Ministerie van Gesondheid aangekondig het dat 345 leerders tot dusver positief getoets het vir Covid-19. Die Oshikoto-streek het die meeste met 170 en Khomas is tweede geplaas met 68. By die Nehale Sekondêre Skool in die Oshikoto-streek het 108 leerders positief getoets vir die virus en 169 leerders wag nog op hulle toets uitslae. Sondag het die ministerie aangekondig dat 48 leerders van Onandjokwe ook positief getoets het. Die Uitvoerende Direkteur van die Ministerie van Onderwys Sanet Steenkamp sê veral koshuise is hoë-risiko. Sy het vroeër met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Nuus
Onderwys was arrogant - Tucna

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 1, 2020 0:40


Reaksie word ontvang nadat die Namibiese Ministerie van Gesondheid aangekondig het dat 345 leerders tot dusver positief getoets het vir Covid-19. Berigte lui dat 108 leerders van die Nehale Sekondêre Skool in die Oshikoto-streek positief getoets het vir die virus en 169 leerders wag nog op hulle toets uitslae. Sondag het die ministerie aangekondig dat 48 leerders van Onandjokwe ook positief getoets het. Die Vakbond Kongres van Namibië, wat teen die heropening van skole gekant is, se Sekretaris-Generaal Mahongora Kavihuha.

covid-19 arrogant skool sondag namibi reaksie namibiese ministerie
Kosmos 94.1 Landbou
Bewaar graslande so

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Sep 28, 2020 2:31


Graslande en weiding in Namibië moet dringend herstel word en ‘n strategie in die verband is deur die Namibiese Ministerie van Landbou ontwikkel saam met vennote. ‘n Onlangse verslag toon dat 60 miljoen hektaar vertrap en oorbewei is wat ‘n verlies van 50 persent in produktiwiteit toon. Erastus Ngaruka die Tegniese Adviseur vir Weiding en Vee by Agribank gesels meer in diepte met ons hieroor.

vee namibi agribank namibiese ministerie
Kosmos 94.1 Landbou
LPO gesels oor arbieders wat langer as een generasie werk

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Sep 23, 2020 3:05


Ingevolge die resolusies van die tweede grondkonferensie moet maatreëls daar gestel word om plaasarbeiders wat meer as ‘n generasie werksaam en woonagtig is op ‘n plaas by te staan onder sekere omstandighede. Die arbeiders word nou gevra om te registreer by die Namibiese Ministerie van Landbou. Thinus Pretorius, die Voorsitter van die Lewendehawe Produsente Organisasie is ons gas vanoggend.

werk langer voorsitter namibiese ministerie
Nuus
Gesondheid: uitdagings sal bly

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 17, 2020 0:51


Kosmos 94.1 — Die Uitvoerende Direkteur in die Namibiese Ministerie van Gesondheid Ben Nangombe sê die ministerie ervaar uitdagings in die openbare gesondheidsektor wat nooit sal verdwyn nie. Nangombe sê die uitdagings strek wyer as net Covid-19.

covid-19 kosmos namibiese ministerie
Nuus
VSA ondersteun Nam gesondheid

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 17, 2020 1:01


Kosmos 94.1 — Die Amerikaanse regering ondersteun die Namibiese Ministerie van Gesondheid oor 'n tydperk van 'n maand in September om 67 dataklerke te huur. Dit verhoog na verwagting Namibië se kapasiteit om siekteneigings en patrone te ontleed wat dit makliker sal maak om te reageer op gesondheidsorg behoeftes van die bevolking. Walter Parrs, die Skakelbeampte van die Amerikaanse Ambassade...

dit kosmos namibi namibiese ministerie
Nuus
Belasting: so dien jy in

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 16, 2020 1:05


Kosmos 94.1 — Namibiese belastingopgawes moet teen 30 September ingedien word en nie alle burgers is vertroud met die proses nie. Chris Claasen, die Direkteur van Klein en Medium Belastingbetalers by die Namibiese Ministerie van Finansies het die aanlyn-proses in kort uiteengesit.

klein die n kosmos belasting namibiese ministerie
Nuus
Nog drie Covid-sterftes in Namibië

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 15, 2020 1:02


Kosmos 94.1 — Die Uitvoerende Direkteur van die Namibiese Ministerie van Gesondheid Ben Nangombe het nog drie Covid-19 sterftes in Namibië bevestig. Nangombe...

covid-19 kosmos drie namibi namibiese ministerie
Kosmos 94.1 Landbou
Agribank se produksie lenings gereed

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Sep 14, 2020 2:36


Kosmos 94.1 — Agribank het bekend gemaak dat hy ‘n waarborg van 200 miljoen Namibiese doller van die Namibiese Ministerie van Finansies bekom het vir produksie lenings wat beskikbaar gestel is volgens sy Covid stimuluspakket. Die bank se Hoof Uitvoerende Beampte Sakaria Nghikembua gesels met Kosmos 94.1 Landbou nuus vir meer hieroor.

covid-19 kosmos agribank namibiese ministerie
Nuus
Covid-19 toetskapasiteit in Namibië is baie goed maar kan verbeter

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 11, 2020 1:07


Kosmos 94.1 — Die Uitvoerende Direkteur van die Namibiese Ministerie van Gesondheid Dr Ben Nangombe sê Namibië se Covid-19 toetskapasiteit is die derde-beste in Afrika en volgens hom is dit nie 'n slegte prestasie nie. Volgens Nangombe poog hulle ook om Covid-19 uitslae binne 24 uur bekend te maak....

Nuus
Ministerie verduidelik oor grenspos

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 31, 2020 0:31


Kosmos 94.1 — Die Woordvoerder van die Namibiese Ministerie van Finansies Tonateni Shidhudhu sê die sluiting van die doeane en aksyns kantore by die Ariamsvlei grenspos is buite hulle beheer. Dit is nodig ingevolge die maatreëls nadat ‘n personeeellid positief getoets het vir korona. Shidhudhu verduidelik.

dit kosmos ministerie namibiese ministerie
Nuus
Otweya-slagoffers kry nasionale dokumente

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 28, 2020 0:48


Kosmos 94.1 — Temba Nghitaunapo, die Streekshoof van die Namibiese Ministerie van Binnelandse Sake het vandag die eerste besending nasionale dokumente oorhandig van inwoners van Otweya aan Neville Andre, die Goewerneur van die Erongo-streek. Die dokmente sal Maandag verder versprei word. Die inwoners van Otweya het hulle dokumente verloor tydens 'n brand wat ook hulle huise en besitting vernietig het op 26 Julie. Nghitaunapo....

kosmos dokumente maandag erongo namibiese ministerie
Nuus
Namibiese Ministerie van Myne en Energie oor Covid-19 gevalle

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 27, 2020 0:45


Kosmos 94.1 — Die Namibiese Ministerie van Myne en Energie het die jongste bekendgemaak oor die ses bevestigde gevalle van Covid-19 wat die afgelope tyd by hulle aangemeld is. Volgens die woordvoerder van die ministerie Andreas Simon volg hulle die noodregulasies soos bepaal in die riglyne van die staat van inperking nougeset na.

Nuus
Reaksie op opbrengs met viskwota veiling

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 27, 2020 0:49


Kosmos 94.1 — Reaksie word ontvang op die aankondiging van die Namibiese Ministerie van Finansies dat daar meer as 600 miljoen Namibiese doller gegenereer is met die afgelope viskwota veiling.Dis volgens die ministerie ‘n goeie opbrengs en die suksesvolle kopers moet voor 31 Augustus betalings doen. Bruce Hansen, Besturende Direkteur van Simonis en Storm in die hoofstad

dis kosmos veiling simonis reaksie namibiese ministerie
Kosmos 94.1 Landbou
Namibiese Ministerie van Landbou is besig met die kartering van grond.

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Aug 3, 2020 5:53


Kosmos 94.1 — Die Namibiese Ministerie van Landbou is besig met die kartering van grond in die land. Data oor drakrag en ekologiese sones moet bepaal word sodat spesifieke areas vir spesifieke doeleindes deur landbou benut word. Die projek beoog ook om die impak van klimaatsverandering te mitigeer. Petrus Canisus, ‘n Direkteur in die ministerie is ons gas.

data kosmos grond namibiese ministerie
Kosmos 94.1 Landbou
Mens, Olifant konflik word verder bespreek.

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Jul 24, 2020 5:07


Kosmos 94.1 — Reaksie is ontvang oor kommentaar van Thinus Pretorius van die Lewendehawe Produsente Vereniging oor konflik met olifante in die noordweste en noordooste van die land. Volgens Pretorius ly die boere grootskaalse skade en daar is baie min wat hulle daaraan kan doen as gevolg van internasionale wetgewing en ooreenkomste wat Namibië onderteken. Dr Betsy Fox van Elephant Human Relations Aid, oftewel EHRA in Namibië sluit by ons aan en Romeo Muyunda, Woordvoerder van die Namibiese Ministerie van Omgewingsake het sy reaksie oor Pretorius se kommentaar so verwoord...

Nuus
Ministerie neem aksie oor afval by Covid-kliniek

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 10, 2020 0:21


Kosmos 94.1 — Reaksie is ontvang op berigte dat die mediese en ander afval by die Robert Mugabe kliniek, wat tans as 'n Covid isolasie sentrum benut word waar Covid-positiewe pasiënte behandel word, sedert Maandag nie gehaal en verbrand is nie. Daar is groot kommer omdat die afval buite lê en ook omdat talle wetenskaplikes regoor die wêreld die Wêreldgesoosndheidsorganisasie vra om amptelik te aanvaar dat Covid deur die lug kan versprei omdat hulle meen daar is daadwerklike bewyse daarvoor. Die Uitvoerende Direkteur van die Namibiese Ministerie van Gesondheid, Ben Nangombe het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...

Nuus
Daar's nie genoeg plek in skole nie

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 16, 2020 0:39


Kosmos 94.1 — Daar sal nie genoeg plek wees vir Graad 1 en 8 leerders by skole regoor Namibië nie. Ouers doen op die oomblik aansoek maar volgens die Woordvoerder van die Namibiese Ministerie van Onderwys, Absalom Absalom, sal daar in elke streek uitdagings met tekorte wees.

Nuus
Bevestiging dat jaarlikse individuele inkomstebelasting sperdatum uitgestel is

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 15, 2020 0:26


Kosmos 94.1 — Tonateni Shidhudu, die Namibiese Ministerie van Finansies se Woordvoerder het bevestig dat die sperdatum van die jaarlikse individuele inkomstebelasting opggawes uitgestel is.

Nuus
Steeds 32 gevalle

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 14, 2020 0:22


Kosmos 94.1 — Daar is vanoggend steeds 32 gevalle van Covid-19 in Namibië. Emmy Elsie Ndevaetela van die Namibiese Ministerie van Gesondheid het die jongste deurgegee by die Covid-19 kommunikasie sentrum in die hoofstad.

Nuus
Groot kommer oor Covid in Walvis

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 14, 2020 0:25


Kosmos 94.1 — Daar is kommer oor die 32ste geval van Covid-19 wat Saterdag bevestig is. Dit is moontlik die eerste geval van plaaslike oordrag maar die Namibiese Ministerie van Gesondheid ondersoek nog die 31-jarige vrou van Walvisbaai se kontakte. Die Minister, Dr Kalumbi Shangula sê hy is bekommerd.

covid-19 dit kommer groot daar kosmos saterdag die minister namibiese ministerie
Kosmos 94.1 Landbou
Saaiboere kan groot baat vind

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Jun 12, 2020 4:59


Kosmos 94.1 — Daar is ‘n nuwe inisiatief van die Namibiese Ministerie van Landbou vir saaiboere in die Otjozondjupa-streek. Kommersiële en kommunale produsente kan baat vind by die projek. Gratis saad, opleiding en uiteindelik ‘n mark vir die produk word verskag. Johanna Andowa, die Direkteur van die Namibiese Landbou Meganisasie en Saad-verbetering Projek oftewel Namsip by die Ministerie is ons gas...

Nuus
Kleuters gaan 22 Junie terug skool toe

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 12, 2020 0:27


Kosmos 94.1 — Vroeë kinder ontwikkelings sentrums sal op 22 Junie in Namibië heropen. Dit sluit alle kleuterskole en voorskoolse sentrums in. Lukas Haufiku, die Skakelbeampte van die Namibiese Ministerie van Geslagsgelykheid...

Nuus
Ons vier Biologiese Diversiteitsdag

Nuus

Play Episode Listen Later May 21, 2020 0:42


Kosmos 94.1 — Namibië sluit vandag aan by die res van die wêreld om Biologiese Diversiteitsdag te herdenk. Sonder die natuur sal die mensdom nie oorleef nie en die tema vanjaar is ‘Ons oplossing lê in die natuur’. Romeo Muyunda, Woordvoerder van die Namibiese Ministerie van Omgewingsake...

Nuus
Skole is gereed sê Steenkamp

Nuus

Play Episode Listen Later May 20, 2020 0:41


Kosmos 94.1 — Die Uitvoerende Direkteur van die Namibiese Ministerie van Onderwys Sanet Steenkamp sê daar is geen rede tot kommer oor die gereedheid van skole nie. Volgens haar het voorbereiding in die verband reeds begin. Sy het by die Covid-19 kommunikasie sentrum in die hoofstad gepraat.