Podcasts about agribank

  • 14PODCASTS
  • 135EPISODES
  • 3mAVG DURATION
  • 1WEEKLY EPISODE
  • May 6, 2025LATEST

POPULARITY

20172018201920202021202220232024


Best podcasts about agribank

Latest podcast episodes about agribank

VOV - Sự kiện và Bàn luận
Tiêu điểm - Bảo hiểm Agribank khẳng định vị thế tiên phong, “lá chắn thép” cho khu vực Tam nông thời kỳ hội nhập

VOV - Sự kiện và Bàn luận

Play Episode Listen Later May 6, 2025 7:34


VOV1 - Bảo hiểm Agribank tại khu vực tam nông như bảo hiểm mùa vụ, bảo hiểm vật nuôi, bảo hiểm người vay vốn… là những sản phẩm thiết thực không chỉ giúp bà con yên tâm sản xuất mà còn góp phần ổn định an sinh xã hội, giảm gánh nặng cho ngân sách nhà nước trong công tác hỗ trợ thiên tai.

Nuus
Agribank skuld, rente: Schlettwein sê boere moet ondersteun word

Nuus

Play Episode Listen Later May 2, 2025 0:30


'n Openbare beroep is op president Netumbo Nandi-Ndaitwah gedoen om Agribank aan te spoor om gedeeltelike rente-afskrywings op agterstallige lenings te oorweeg, as 'n maatreël om die las van die voortdurende droogte en hoë lewenskoste op boere te verlig. Die beroep voer aan dat swartlyste en eiendomsveilings teenproduktief is en die ontberinge wat geraakte boere in die gesig staar, net vererger. Kosmos 94.1 Nuus het met voormalige landbouminister, Calle Schlettwein, gesels om sy mening te hoor.

Nuus
Gewasbestuursplanne nou belangriker as ooit

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 28, 2025 0:43


Met ligte reën wat nog vandeesmaand verwag word, word boere aangemoedig om reeds te begin voorberei vir die komende winterseisoen. Met 'n gewasbestuursplan word boere aangeraai om hulself te vergewis van die verskeie omgewingsfaktore wat gewasproduksie beïnvloed. Kosmos 94.1 Nuus het met Hanks Saisai, die tegniese adviseur vir gewasse en pluimvee by Agribank, gepraat.

Nuus
EIF help banke en NNF om toegangsentiteite vir Groen Klimaatsfonds te word

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 7, 2025 0:40


Die Omgewing Beleggingsfonds hou vandag en môre ‘n slypskool om die Namibiese Natuurstigting, Agribank, Bank Windhoek en die Ontwikkelingsbank te ondersteun om geakkrediteer te word as Direkte Toegangsentiteite vir die Groen Klimaatfonds. Kosmos 94.1 Nuus het met Romeo Muyunda, die fonds se woordvoerder, gesels.

Nuus
Sprinkane verniel gewasse, daar behoort vroeë waarskuwingstelsel te wees

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 4, 2025 0:40


Sprinkane verniel gewasse, daar behoort vroeë waarskuwingstelsel te wees Die kabinet het hierdie week kommer uitgespreek oor 'n moontlike sprinkaanplaag-uitbreking wat uit die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap na Namibië kan versprei. Volgens berigte is daar reeds tekens van so 'n uitbreking in die Zambezi-streek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat Hanks Saisai, 'n tegniese adviseur by Agribank wat spesialiseer in gewasse, wat kommentaar lewer oor die impak van sprinkaanplae.

Nuus
Nust-Agribank ooreenkoms sal landbou bystaan

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 28, 2025 0:33


Agribank en Nust het ‘n drie-jaar ooreenkoms onderteken om vaardighede en navorsing in landbou verder te ontwikkel en versterk. Nust se Harold Pupkewitz Graduate School of Business sal dit namens die universiteit hanteer en die fokus sal geplaas word op die omskakeling van kommunale boerdery na ‘n besigheidsgedrewe model.

business agribank
Nuus
Landbou moet die geld gebruik vir voedselsekerheid

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 28, 2025 0:41


Reaksie word ontvang op die 2,6 miljard Namibiese dollar se toewysing vir landbou in die jongste begroting. Daar is gespesifiseerde toewysings soos verbeterde voedselstelsels, groenskemas en fase twee van die Neckartal-besproeiingsprojek. Die begroting vanjaar is veel groter as verlede jaar se 1,9 miljard dollar. Agribank se tegniese adviseur vir gewasse en pluimvee, Hanks Saisai het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Nuus
Plaaslike akkerbou moet verbeter

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 25, 2025 0:36


Uiters lae plaaslike produksie het Namibië genoodsaak om grane ter waarde van amper 863 miljoen Namibiese dollar in te voer, meeste van Suid-Afrika, gevolg deur Litaue en die VSA. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se vierde-kwartaal verslag vir landboustatistieke, het produksie met amper 75 persent in die vierde kwartaal van 2024 gedaal. Kosmos 94.1 News het met Hanks Saisai, die tegniese adviseur vir gewasse en pluimvee by Agribank gesels. Hy sê benewens die swak reënval wat verlede jaar ontvang is, versuim kommunale boere om oesbestuur te doen tydens plae-uitbrekings wat ook tot tekorte in die land lei.

VOV - Sự kiện và Bàn luận
Tiêu điểm - Agribank chắp cánh khát vọng khởi nghiệp

VOV - Sự kiện và Bàn luận

Play Episode Listen Later Mar 23, 2025 4:30


VOV1 - Trong khi nhiều bạn trẻ có xu hướng rời quê lên thành phố lập nghiệp, thì lại có những thanh niên khác hành trình "ngược” từ thành thị trở về quê hương khởi nghiệp để đưa sản phẩm làng quê vươn xa.

nghi agribank
Nuus
Weiveld benodig méér as net reën

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 15, 2025 0:37


Erastus Ngaruka, tegniese adviseur vir lewende hawe en weiveld by Agribank, waarsku dat reënval alleen nie weiveld se herstel kan verseker nie. Oorbeweiding, bos-indringing en gronderosie verswak gemeenskaplike weivelde en laat indringerspesies toe om oor te neem. Selektiewe beweiding verminder ook waardevolle grasspesies. Hy beklemtoon dat die volhoubare bestuur van weivelde noodsaaklik is vir langtermynherstel en ekosisteem-stabiliteit.

hy agribank
Nuus
Landbou werk hard aan kommandowurms

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 27, 2025 0:38


'n Uitbreking van herfskommandowurms het vele mielielande in die Zambezi-streek vernietig en bedreig hierdie seisoen se oes. Landbouvoorligtingsbeamptes het vroeër gesê hulle sal ingryp wanneer plaagdoders beskikbaar is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Hanks Saisai, die tegniese adviseur vir gewas- en pluimveeproduksie by Agribank, wat sê die landbouministerie is druk besig om die uitbreking te beveg.

Nuus
Na beesbedryf, is pluimvee tweede grootste

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 14, 2025 0:36


Die plaaslike pluimveebedryf boer goed vorentoe en het die tweede grootste bydraer tot landbouproduksie geword na die beesbedryf. Die produksiewaarde het met 13,74 persent gestyg vanaf 1,5 miljard Namibiese dollar in 2023 tot 1,74 miljard verlede jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hanks Saisai, die tegniese adviseur vir gewas- en pluimveeproduksie by Agribank. Hy verwag verdere groei.

VOV - Việt Nam và Thế giới
Tin trong nước - Bảo hiểm Agribank phát triển nhiều sản phẩm bảo hiểm gắn với khu vực nông thôn

VOV - Việt Nam và Thế giới

Play Episode Listen Later Feb 11, 2025 3:14


VOV1 - Trong khuôn khổ chương trình làm việc của Ban điều hành Agribank, ngày 10/2/2025, đoàn công tác do ông Phạm Toàn Vượng Phó Bí thư phụ trách Đảng bộ, Thành viên HĐTV, Tổng Giám đốc làm trưởng đoàn cùng đoàn công tác cấp cao của Agribank đã có chuyến thăm và làm việc với Bảo hiểm Agribank.

Nuus
Goeie reën bring ook plae en peste

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 10, 2025 0:40


Terwyl reën verligting vir boere bring ná 'n droogte, hou dit ook risiko's in. Agribank waarsku teen gevare soos weerlig, vloede, plae en siektes wat vee en gewasse kan skade doen. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hanks Saisai, 'n tegniese adviseur by Agribank wat in gewasse spesialiseer.

Nuus
Kom, reën, of mielies moet weer ingevoer word

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 21, 2024 0:38


Handelsyfers vir die laaste kwartaal van 2024 toon 'n beduidende styging in Namibië se graan-invoere, wat 718 miljoen Namibiese dollar beloop het, vergeleke met 415,5 miljoen dollar in dieselfde kwartaal van 2023. Volgens die jongste Landbou Statistiese Bulletin van die Namibië Statistieke Agentskap was mielies die mees ingevoerde graan, ter waarde van 413,4 miljoen dollar, gevolg deur koring teen 269,4 miljoen dollar, en rys teen 6,7 miljoen dollar. Die hoë invoerrekening word toegeskryf aan lae binnelandse produksie te midde van die voortslepende droogte. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hanks Saisai, 'n tegniese adviseur by Agribank wat in gewasse spesialiseer, wat sê as dit nie gou reën nie, sal dieselfde volgende jaar gebeur.

Nuus
Daar's bystand beskikbaar, veeboere, gebruik dit

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 12, 2024 0:29


Agribank se skakelbeampte, Fillemon Nangonya, moedig Namibiërs aan om beskikbare geleenthede te benut. Hy versoek veral veeboere om Agribank te nader vir hulp om boorgate te boor en waterskaarste-uitdagings aan te spreek. Nangonya het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en ook die belangrikheid daarvan beklemtoon dat boere veerkragtige boerderypraktyke moet aanneem om die veranderende weerstoestande die hoof te bied.

Nuus
Nuwe rooi druif-variëteite gee bedryf 'n hupstoot

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 9, 2024 0:39


Die belofte van Arra se nuwe rooi druif-variëteite, soos Arra Fire Crunch en Arra Cherry Crush, is tydens onlangse velddae in Namibië beklemtoon. Die dae is aangebied deur TopFruit by die Namibië Druiwemaatskappy in Aussenkehr. Die geleentheid, deel van die "Arra, Rooi Faktor"-strategie, het aansienlike belangstelling van Namibiese en Suid-Afrikaanse produsente gelok, wat kennis geneem het van die variëteite se veerkragtigheid, gemak van produksie en geskiktheid vir globale markte. Willie Vermeulen van Karsten Farms het die variëteite geloof vir hul hoë opbrengste, lae koste en sterk markpotensiaal. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hanks Saisai, 'n tegniese adviseur by Agribank wat in gewasse spesialiseer, wat positief is oor die nuwe variëteite.

Nuus
Hitte raak nie net jou weiding nie...

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 20, 2024 0:37


Klimaatsverandering het 'n aansienlike impak op veeproduktiwiteit omdat die beskikbaarheid van voedsel en water verminder en weiveldtoestande verswak. In Namibië vererger stygende temperature en onvoorspelbare reënvalpatrone hierdie kwessies, met onlangse uiterste hittegolwe wat 40 grade Celsius oorskry het wat die probleem onderstreep. Erastus Ngaruka, Agribank se tegniese adviseur vir adviesdienste, beklemtoon dat hierdie klimaatsverskuiwings 'n kritieke uitdaging vir veeboerdery bied. Alle vee is hoogs kwesbaar vir hittestres, wat hul fisiologiese funksies ontwrig. Kosmos 94.1 Nuus het met Ngaruka gesels, wat meer besonderhede gee.

Nuus
Groente- of vrugteboer? Registreer by NAB

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 18, 2024 0:36


Registrasie by die Namibiese Akkerbouraad is noodsaaklik vir beide aspirant- en gevestigde plaaslike gewasprodusente. Dit bied erkenning as 'n wettige produsent en toegang tot formele en informele markte. Dit bring ook integrasie in 'n spesifieke produksiesone, wat bydraes tot plaaslike landbou verhoog. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hanks Saisai, 'n tegniese adviseur by Agribank wat in gewasse spesialiseer, wat uiteensit hoekom dit belangrik is vir gewasprodusente om te registreer.

Nuus
Agribank bied gratis aanlyn opleiding vir boere

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 15, 2024 0:38


In 'n poging om Namibiërs te ondersteun om kwaliteit landbouprodukte te lewer, veral in die huidige droogte, het Agribank 'n gratis aanlyn opleidingsprogram begin vir boere en belangstellendes om te gebruik wanneer hulle dit pas. Die opleidingsessies, beskikbaar op Agribank se YouTube-kanaal, dek verskeie landbou-onderwerpe om boere te help om hul vaardighede en kennis te verbeter. Fillemon Nangonya, Agribank se skakelbeampte, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en meer inligting gegee.

Nuus
Biochar kan mahangu-produksie 'n hupstoot gee

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 13, 2024 0:37


'n Namibiese landboukundige het 'n beroep op kommunale boere gedoen om biochar, of landbou-houtskool, in hul mahangu-lande te gebruik om die grond te verbeter en meer voedsel te produseer. Axel Rathouge van AgriConsult Namibia sê die meeste kommunale boere se mahangu-lande word in sanderige grond geplant, wat deur reën weggeloog word. Hy sê een van die beste maniere om grond organies te verbeter om meer voedsel te produseer, is om landbou-houtskool op gewasse se wortelsones toe te dien, want dit 'n geweldige kapasiteit om water en plantvoedingstowwe te hou. Hy sê boere versamel klein stukkies afvalhout van hul lande wat verbrand kan word en in mahangu-lande se vore geplaas kan word om die grond te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hanks Saisai, tegniese akkerbou-adviseur by Agribank, wat saamstem en meer inligting gee.

VOV - Việt Nam và Thế giới
Tin trong nước - Nguồn tín dụng đối với ngành lúa gạo vùng ĐBSCL trên 124.000 tỷ

VOV - Việt Nam và Thế giới

Play Episode Listen Later Nov 8, 2024 3:12


 - Agribank sẵn sàng cung ứng nhu cầu vốn tín dụng và dịch vụ tài chính nhằm triển khai thành công Đề án phát triển 1 triệu ha lúa chất lượng cao, phát thải thấp vùng Đồng bằng sông Cửu Long đến năm 2030 theo chủ trương của Chính phủ và Ngân hàng Nhà nước.Tín dụng đối với ngành lúa gạo vùng ĐBSCL đạt khoảng 124.000 tỷ đồng, chiếm khoảng 53% dư nợ tín dụng lúa gạo toàn quốc. Đây là thông tin được đưa ra tại hội nghị triển khai chương trình tín dụng ưu đãi thực hiện Đề án 1 triệu hecta lúa chất lượng cao và phát thải thấp vùng ĐBSCL diễn ra ngày 7/11 do Ngân hàng Nhà nước Việt Nam phối hợp với Bộ Nông nghiệp & Phát triển nông thôn, UBND tỉnh Đồng Tháp tổ chức. --- Support this podcast: https://podcasters.spotify.com/pod/show/vov1tintuc/support

VOV - Sự kiện và Bàn luận
Chuyên gia của bạn - Để bảo hiểm là "bệ đỡ" an sinh cho nền kinh tế

VOV - Sự kiện và Bàn luận

Play Episode Listen Later Nov 7, 2024 30:17


 - Sau thiên tai bão lũ, đặc biệt là sau cơn bão số 3 (Yagi) vừa qua, các doanh nghiệp bảo hiểm đã khẩn trương rà soát, chi trả quyền lợi bảo hiểm cho khách hàng bị ảnh hưởng. Đây là một trong những đợt bồi thường thiệt hại lớn nhất trong những năm gần đây do hậu quả từ thiên tai. Điều này một lần nữa chứng tỏ bảo hiểm thực sự là một giải pháp phòng ngừa rủi ro hữu hiệu, giúp người dân giảm bớt khó khăn và sớm phục hồi sau khi gặp phải những rủi ro thiên tai; qua đó đóng góp quan trọng trong việc bảo đảm an sinh xã hội. Vai trò của bảo hiểm đặc biệt quan trọng như vậy nhưng thị trường lại vẫn phát triển chưa tương xứng, vì sao lại như vậy và đâu là giải pháp phát triển? Thành viên Hội đồng quản trị Công ty Bảo hiểm Agribank, chuyên gia Đỗ Minh Hoàng sẽ phân tích trong Chương trình: Chủ đề : baohiem --- Support this podcast: https://podcasters.spotify.com/pod/show/vov1sukien/support

VOV - Việt Nam và Thế giới
Tin trong nước - Vượt qua hơn 1.000 doanh nghiệp, Bảo hiểm Agribank đạt Giải thưởng Thương hiệu Quốc Gia 2024

VOV - Việt Nam và Thế giới

Play Episode Listen Later Nov 5, 2024 2:33


Ngày 4/11/2024, tại Hà Nội, sản phẩm Bảo An Tín Dụng của Bảo hiểm Agribank đã vinh dự đón nhận giải thưởng danh giá Thương Hiệu Quốc Gia năm 2024. Đây là minh chứng cho sự nỗ lực không ngừng của Bảo hiểm Agribank trong việc phát triển các sản phẩm bảo hiểm nông nghiệp uy tín, đồng hành và bảo vệ quyền lợi của người nông dân và doanh nghiệp tại Việt Nam. --- Support this podcast: https://podcasters.spotify.com/pod/show/vov1tintuc/support

Nuus
Maak so vir gesonde hoenders, baie eiers

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 30, 2024 0:31


Agribank se tegniese adviseur wat in gewasse spesialiseer, Hanks Saisai, het onlangs in 'n artikel redes vir sy sukses in die pluimvee-bedryf gedeel. Om optimale gesondheid te verseker, moet elke hoender daagliks gemiddeld 130 gram voer gevoer word. Boere kan kombuisafval en tuinreste as 'n aanvullende voedselbron gebruik. Kommersiële pluimveemengsel of graanmengsel word aanbeveel om die nodige koolhidrate en proteïene te verskaf. Wateroplosbare aanvullings soos Opti-Boost of Avi boost kan bygevoeg word vir noodsaaklike vitamiene en minerale. Kosmos 94.1 Nuus het met Saisai gesels, wat meer wenke gee.

VOV - Sự kiện và Bàn luận
Chuyên gia của bạn - Bảo hiểm nông nghiệp chia sẻ rủi ro với người dân khi có thiên tai

VOV - Sự kiện và Bàn luận

Play Episode Listen Later Oct 2, 2024 28:58


- Thưa quý vị và các bạn! Cơn bão số 3 Yagi đi qua đã để lại thiệt hại nặng nề về tài sản cho các cá nhân và doanh nghiệp tại địa bàn 20 tỉnh, thành phố. Theo thống kê của Cục Quản lý giám sát bảo hiểm- Bộ Tài Chính đến ngày 20/09 các đơn vị bảo hiểm đã tiếp nhận 12000 thông tin thiệt hại bảo hiểm về tài sản, xe cơ giới, sức khỏe ước tính thiệt hại là 9 nghìn tỉ đồng. Trong những lúc thiên tai như vậy bảo hiểm nông nghiệp đã thể hiện là lá chắn kinh tế vững chắc cho khu vực tam nông, chia sẻ rủi ro thiệt hại cho doanh nghiệp, nông dân. Tuy nhiên thực tế sự tham gia bảo hiểm nông nghiệp của người dân, doanh nghiệp nước ta còn khá hạn chế. Để giúp người dân tìm hiểu rõ hơn về bảo hiểm nông nghiệp, quyền lợi khi tham gia loại hình này chương trình Chuyên gia của bạn hôm nay bàn về nội dung này với sự tham gia của Đỗ Minh Hoàng thành viên Hội đồng quản trị bảo hiểm Agribank. --- Support this podcast: https://podcasters.spotify.com/pod/show/vov1sukien/support

VOV - Việt Nam và Thế giới
Tin trong nước - Nông dân Quảng Nam mạnh dạn vay vốn kinh doanh, vươn lên làm giàu

VOV - Việt Nam và Thế giới

Play Episode Listen Later Sep 26, 2024 2:18


- Những năm qua, Ngân hàng Nông nghiệp và Phát triển nông thôn (Agribank) đã đồng hành, tiếp sức cho hàng ngàn hộ dân ở tỉnh Quảng Nam có điều kiện đầu tư kinh doanh, phát triển sản xuất. Qua đó, nhiều hộ có cuộc sống ổn định, vươn lên làm giàu. Chủ đề : nông dân, vay vốn --- Support this podcast: https://podcasters.spotify.com/pod/show/vov1tintuc/support

Nuus
Kunsmis-vervaardiging moeilik in Namibië

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 24, 2024 0:40


Die Bank van Namibië se direkteur van navorsing en finansiële sektor-ontwikkeling, Emma Haiyambo, sê die land het 'n nasionale kunsmisproduksiestrategie nodig om produksiekoste te verminder en wêreldwyd mee te ding. Sy sê deur kunsmis binnelands te produseer, kan Namibië nie net sy afhanklikheid van duur invoere verminder nie, maar ook sy landbouwaardeketting versterk. Maar reeds in 2018 het Thomas Abanga, die stigter en uitvoerende hoof van Abanga Farms and Food Systems, op die Omaheke Werkskeppingskonferensie gesê sy maatskappy is in die finale stadium van die oprigting van 'n kunsmisfabriek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hanks Saisai, Agribank se tegniese adviseur wat in gewasse spesialiseer, wat die uitdagings uiteensit.

VOV - Sự kiện và Bàn luận
Bảo hiểm nông nghiệp, lá chắn tài chính cho nông dân lúc thiên tai

VOV - Sự kiện và Bàn luận

Play Episode Listen Later Sep 20, 2024 4:53


 - Thiên tai, bão lũ luôn là nỗi ám ảnh đối với người dân, nhất là những người sống dựa vào sản xuất nông nghiệp. Như cơn bão số 3 (Yagi) đã gây thiệt hại nặng nề về người và tài sản cho người dân tại 20 tỉnh, thành phía Bắc. Trong những tình huống khó khăn như vậy, bảo hiểm đã và đang phát huy vai trò quan trọng của mình, như một tấm lá chắn tài chính giúp người dân vượt qua khó khăn. Bảo hiểm nông nghiệp Agribank là một trong những đơn vị bảo hiểm đã triển khai ngay các hoạt động nghiệp vụ, nhanh chóng bồi thường cho người dân và doanh nghiệp nông nghiệp sau ảnh hưởng của bão số 3. --- Support this podcast: https://podcasters.spotify.com/pod/show/vov1sukien/support

VOV - Việt Nam và Thế giới
Tin trong nước - Thoát nghèo nhờ vay vốn đầu tư chăn nuôi, trồng trọt

VOV - Việt Nam và Thế giới

Play Episode Listen Later Sep 17, 2024 2:48


- Nhiều hộ dân ở huyện Hoà Vang, thành phố Đà Nẵng đã mạnh dạn vay vốn từ Ngân hàng Nông nghiệp và Phát triển nông thôn (Agribank) đề phát triển chăn nuôi trồng trọt, kinh doanh, buôn bán nhỏ lẻ. Nhiều gia đình thoát nghèo vươn lên làm giàu. Chủ đề : Thoát nghèo, nhờ vay vốn đầu tư, chăn nuôi, trồng trọt --- Support this podcast: https://podcasters.spotify.com/pod/show/vov1tintuc/support

ng trong nhi agribank
Nuus
Koringproduksie tans nie sterk nie, nes in SA

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 14, 2024 0:32


Koringproduksie-vooruitsigte in Suid-Afrika vir 2024-2025 is nie baie positief nie, volgens die Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom Wandile Sihlobo. Koringproduksie word op 1,9 miljoen ton geraam, 'n 7 persent afname op 'n jaargrondslag. Dit is weens die droogte en in sommige streke is ook minder koring aangeplant. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hanks Saisai, Agribank se tegniese adviseur wat in gewasse spesialiseer, oor die situasie in Namibië.

Nuus
Bokvleis-uitvoere, hoe gemaak, ons slag nie bokke nie

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 11, 2024 0:40


Namibië het goedkeuring van China gekry om gedroogde vrugte en skaapvleis daarheen uit te voer. President Nangolo Mbumba het aangekondig dat Namibië voorkeurinvoer-bepalings sal geniet en dat bokvleis deel sal wees van die uitvoere. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Erastus Ngaruka, die tegniese adviseur by Agribank se Adviesdienste, oor hoe die bokvleis-uitvoere sal werk aangesien Namibië nie bokke slag nie en hulle lewend uitvoer na Suid-Afrika.

Nuus
Akkerbouers begin stelselmatig voorberei, hoop vir reën

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 5, 2024 0:35


Volgens die seisoenale reënvoorspelling vir 2024-2025 kan Namibië wisselende reënval in al die streke verwag in die komende somer. Die land het reeds 'n moeilike landbouseisoen agter die rug, met langdurige droë periodes tydens kritieke gewas-ontwikkelingstadia. Akkerbouers begin nou voorberei en daar word gehoop dat La Niña die konsekwente en wydverspreide reënval sal bring wat nodig is om van die landbou-uitdagings te herstel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Hanks Saisai, Agribank se tegniese adviseur wat in gewasse spesialiseer, oor wat boere ter voorbereiding kan doen.

Nuus
Goedkoper opsies vir diversifisering in landbou

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 3, 2024 0:39


Namibië staar haglike weidingstoestande in die gesig, met byna die hele land wat swak tot baie swak weiding het. Die beperkte reënval wat voorspel word, vererger die situasie en maak dit al hoe meer uitdagend vir boere om te oorleef. Kenners raai boere aan om te diversifiseer en alternatiewe opsies te ondersoek, soos die vervaardiging van houtskool of die bestuur van bosindringing. Die meerderheid boere kan dit egter nie bekostig nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Erastus Ngaruka, die tegniese adviseur vir Agribank se adviesdienste, wat inligting deel oor ander opsies.

Nuus
Agritoerisme bied geleenthede, veral vir landelike Namibië

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 12, 2024 0:40


Agritoerisme bied 'n unieke geleentheid om die landbou-erfenis van 'n streek te kombineer met die groeiende vraag na outentieke en meeslepende reiservarings. Deur landelike landskappe, plaaslewe en plaaslike voedselproduksie ten toon te stel, kan agritoerisme bydra tot ekonomiese diversifikasie, gemeenskapsontwikkeling en omgewingsvolhoubaarheid. Kosmos 94.1 News het met Hanks Saisai, tegniese adviseur van Agribank gesels oor die praktyk in Namibië.

Nuus
Akkerbouraad, Agribank ondersteun vrugteboere

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 22, 2024 0:39


Namibia se vermoë om genoeg voedsel te produseer word al hoe meer kommerwekkend, soveel so dat die regering en instansies moet intree. Die Namibië Akkerbouraad het 'n studie vrygestel wat sê Namibië voer 96 persent van haar vrugte in. Daarom doen die raad en Agribank stappe om plaaslike vrugte-boerdery te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Emilie Abraham, die Akkerbouraad se tuinbou-mark ontwikkelingsbestuurder, wat meer inligting verskaf.

VOV - Kinh tế Tài chính
Trước giờ mở cửa - Agribank phát hành 10.000 tỷ đồng trái phiếu ra công chúng năm 2024

VOV - Kinh tế Tài chính

Play Episode Listen Later Jul 16, 2024 5:37


- Việt Nam là điểm đến đầu tư quan trọng.- Dồi dào đơn hàng, xuất khẩu dệt may dự kiến tăng trưởng 8 - 10%.- Agribank phát hành 10.000 tỷ đồng trái phiếu ra công chúng năm 2024. Chủ đề : Agribank, trái phiếu --- Support this podcast: https://podcasters.spotify.com/pod/show/vov1kd/support

nam ch ng agribank
Nuus
Agribank bied droogte-verligting aan kliënte

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 10, 2024 0:34


Agribank het 'n droogtehulpinisiatief van 104,6 miljoen Namibiese dollar van stapel gestuur. Die fasiliteit is van vandag vir sy kliënte met grond- en lewendehawe-lenings beskikbaar. Verder sal die bank ook rente op agterstallige rekenings van ongeveer 83 miljoen dollar laat vaar. Die bank se uitvoerende hoof Raphael Karuaihe het vandag die aangekondig gemaak.

verder bied agribank
Nuus
Biomassa-skou uiters belangrik vir die sektor

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 4, 2024 0:33


Die Standard Bank Biomassa-skou 2024 sal van 8 tot 10 Augustus in Otjiwarongo in die Otjozondjupa-streek plaasvind. Die driedaagse geleentheid, gereël deur die Namibië Biomassa Bedryfsgroep en die Houtskoolvereniging van Namibië, beoog om die florerende biomassasektor in Namibië en die streek te bevorder. Vanjaar se tema is “Innoveer vir 'n groener toekoms”. Dit sal kundiges in die bedryf, navorsers en beide openbare en private belanghebbendes bymekaarbring vir kennisuitruiling, netwerkvorming en die tentoonstelling van die nuutste oes- en verwerkingstegnologieë vir bosbiomassa. Erastus Ngaruka, Agribank se vee-tegniese adviseur, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor hoekom dié skou belangrik is.

Nuus
Droogtebestande saad is nie meer 'n luuksheid nie

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 19, 2024 0:39


Landbounavorsing is noodsaaklik om 'n veilige, stabiele en volhoubare voedselvoorraad vir 'n groeiende wêreldbevolking te verseker. Dit dryf vordering in gebiede soos oes-opbrengste, plaag- en siekteweerstand, en hulpbronbewaring. Dit is deurslaggewend om die wêreld te voed te midde van uitdagings soos klimaatsverandering en gronddegradasie. In Namibië is droogtebestande sade nou meer as ooit nodig om boere te help. Kosmos 94.1 Nuus het met Erastus Ngaruka, die tegniese adviseur vir Agribank se adviesdienste, gesels oor die belangrikheid van navorsing in die land.

Nuus
Pluimvee-boere moet versigtig wees in die winter

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 12, 2024 0:38


Hoender word as die goedkoopste bron van proteïen geag en ook die mees doeltreffendste manier vir kleinskaalse produsente om landbou te betree en kos te verskaf. Maar, die oorgang van somer na winter bied uitdagings vir pluimveeboere, aangesien koue weer die voëls se vatbaarheid vir siektes verhoog, wat tot hoër sterftesyfers lei. Om hierdie risiko's te versag, moet boere winterbedekkings gebruik om pluimvee teen wind- en kouestremming te beskerm en broeiperiodes te verleng. Hulle moet ook behoorlike verhitting in hoenderhokke op koue nagte verseker. Om hierdie maatreëls te prioritiseer is van kardinale belang vir die handhawing van die welstand van pluimvee in die winter. Hanks Saisai, die tegniese adviseur vir gewasse en pluimvee by Agribank, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en gee raad aan pluimveeboere.

VOV - Việt Nam và Thế giới
Tin trong nước - Quá tải ở các điểm bán vàng bình ổn tại TP.HCM

VOV - Việt Nam và Thế giới

Play Episode Listen Later Jun 4, 2024 1:40


- Chiều nay (4/6) tại TP.HCM, ngoài Công ty TNHH MTV Vàng bạc Đá quý Sài Gòn (SJC), 4 ngân hàng thương mại là Agribank, VietinBank, Vietcombank, BIDV đã mở cửa các điểm bán vàng bình ổn thị trường. Số lượng người mua rất đông, dẫn tới tình trạng quá tải. --- Support this podcast: https://podcasters.spotify.com/pod/show/vov1tintuc/support

tp trong hcm sjc bidv agribank vietcombank vietinbank
VOV - Việt Nam và Thế giới
Tin trong nước - Người dân xếp hàng chờ mua vàng miếng SJC tại ngân hàng

VOV - Việt Nam và Thế giới

Play Episode Listen Later Jun 3, 2024 3:01


- Từ 14h30' chiều nay (3/6), 4 ngân hàng thương mại nhà nước gồm Agribank, VietinBank, Vietcombank, BIDV bắt đầu triển khai bán vàng miếng sau khi mua trực tiếp từ Ngân hàng Nhà nước. Giá vàng bán ra tại các ngân hàng là 79.980.000 đồng/lượng. Nhiều người dân xếp hàng từ sớm chờ mua vàng. Chủ đề : Người dân xếp hàng, chờ mua vàng miếng, SJC tại ngân hàng --- Support this podcast: https://podcasters.spotify.com/pod/show/vov1tintuc/support

gi nh ng trong nhi ch ng sjc bidv agribank vietcombank vietinbank
Nuus
Maak so met veldbrande die winter

Nuus

Play Episode Listen Later May 21, 2024 0:38


Die droë seisoen is op hande, wat groot kommer wek oor die moontlikheid van veldbrande. Laas jaar hierdie tyd was daar 499 344 hektaar wat gebrand het sedert die begin van 2023. In 2021 alleen was daar 'n totale veldbrand van 3 miljoen hektaar regoor die land en in 2022, 2,4 miljoen hektaar wat gebrand het. Kosmos 94.1 Nuus het by die tegniese adviseur vir Agribank se adviesdienste, Erastus Ngaruka, gaan aanklop oor advies vir boere om veldbrande te kontroleer. Volgens Ngaruka moet plaasboere goed met mekaar kommunikeer.

Nuus
Lae oeste: Regering kan wel ingrypings maak

Nuus

Play Episode Listen Later May 3, 2024 0:37


Vanjaar se gesamentlike nasionale graanproduksie is 53 persent laer as verlede seisoen se oes. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hanks Saisai, Agribank se tegniese adviseur vir gewasse en pluimvee, wat sê die regering kan steeds mielieproduksie in Kavango Oos en Wes, asook die Zambezi-streek stimuleer omdat dit warm bly en daar water is.

Nuus
Tekorte aan grane gaan pryse verder laat styg

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 24, 2024 0:40


Die erge tekorte aan grane, met sommige beramings wat meer as 53 persent aandui, gaan jou sak direk raak. Die hele Suider-Afrika het tekorte met Zimbabwe, Zambië en Malawi wat reeds noodtoestande verklaar het. Dit beteken ons is uitgelewer aan die internasionale markte. Volgens Hanks Saisai, akkerbou-kenner by Agribank, sal pryse styg...

Nuus
Agribank se gratis lesings waardevol vir boere

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 19, 2024 0:40


Agribank bied gereeld gratis kursusse en seminare aan om boere op te lei en meer veerkragtig te maak, in 'n poging om boere te bemagtig. Die laaste lesing was oor hoe om vee en veegetalle tydens die droogte te bestuur. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Erastus Ngaruka, die tegniese adviseur vir Agribank se Adviesdienste, oor die belangrikheid van hierdie lesings.

Nuus
Agribank se gratis lesings waardevol vir boere

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 19, 2024 0:26


Ngaruka sê dat die lesings in al die streke aangebied sal word.

Nuus
Ons behoort meer water uit Oranje te gebruik, en aanplantings diversifiseer

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 16, 2024 0:39


Namibië benut nie ten volle sy deel van die Oranje-rivier nie en vlakke is tans baie laag by beide Blouputs en Sendelingsdrif, veral omdat Suid-Afrika die rivier baie goed benut. Kosmos 94.1 Nuus het met Hanks Saisai, tegniese adviseur by Agribank, sê die druiwe wat teen die rivier geproduseer word is wel hoë-waarde maar, lusern vir die somer en koring in die winter sal ook baie goed werk, veral vir binnelandse gebruik.

Nuus
Akkerbou: Maak so om produksie te verhoog

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 2, 2024 0:40


Volgens die Namibiese Statistieke Agentskap het die invoerrekening vir akkerboubouprodukte gedurende die vierde kwartaal verlede jaar 338,1 miljoen Namibiese dollar beloop, vergeleke met 279,1 miljoen dollar in dieselfde kwartaal van 2022. Stimulante, speserye en aromatiese gewasse was die top-ingevoerde produkte ten bedrae van 62,3 miljoen dollar, gevolg deur aartappels met 54,7 miljoen dollar, appels van 30,2 miljoen dollar, groentesaad behalwe beet teen 23,2 miljoen dollar en teeblare van 16,4 miljoen dollar. Byne 92 persent van hierdie produkte is uit Suid-Afrika verkry. Kosmos 94.1 Nuus het met Hanks Saisai, tegniese adviseur by Agribank wat spesialiseer in gewasse en pluimvee, gesels oor wat plaaslike boere moet doen om hul produkte op die rakke te kry.