Podcasts about die namibiese ministerie

  • 2PODCASTS
  • 68EPISODES
  • 1mAVG DURATION
  • 1WEEKLY EPISODE
  • May 20, 2021LATEST

POPULARITY

20172018201920202021202220232024


Best podcasts about die namibiese ministerie

Latest podcast episodes about die namibiese ministerie

Nuus
Onderwysers se salarisse nie vertraag nie

Nuus

Play Episode Listen Later May 20, 2021 0:31


Die Namibiese Ministerie van Onderwys het ten sterkste reageer op ‘n stemgreep wat op sosiale media versprei is dat die betaling van onderwysers se salarisse vetraag is. Die Uitvoerende Direkteur in die ministerie Sanet Steenkamp sê dit is onwaar.

Nuus
Ministerie sê oor Job se aantygings

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 13, 2021 0:49


Die Namibiese Ministerie van Myne en Energie het meer inligting bekend gemaak om die aantygings wat deur Job Amupanda, in sy posisie as leier van die Regstellende Herposisionering Beweging, oor die waardasie van Namdia se diamante gemaak het, op te klaar. Die Woordvoerder van die ministerie Andreas Simon het die besonderhede...

Nuus
AR se vakbond nog nie goedgekeur nie

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 13, 2021 0:16


Die Namibiese Ministerie van Arbeid het te kenne gegee dat die Regstellende Herposisionering Beweging se aansoek om ‘n vakbond te stig nog nie goedgekeur is nie. Die ministerie se Uitvoerende Direkteur Bro-Mathew Shinguadja sê die beweging se aansoek vir die goedkeuring van die Revolusionêre Unie sal geprosesseer word soos enige ander vakbond se aansoek. Die beweging het vroeër aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hy sy vakbond bedrywighede op 20 April sal afskop soos die Woordvoerder, Simon Amunime verduidelik.

Nuus
Ministerie van Arbeid bevestig D&M plasings

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 12, 2021 0:33


Die Namibiese Ministerie van Arbeid het bevestig dat D&M Rail alle vakante poste deur hom gevul het. Luidens ‘n verklaring deur die ministerie se Uitvoerende Direkteur Bro-Mathew Shinguadja, is 45 werksoekers suksesvol by die maatskappy geplaas vir sy jongste projek. Daar was vroeër betogings met werkers wat gesê het onwettige prosedure is gevolg om werksoekers aan te stel. Usi //Hoebeb, Woordvoerder van die maatskappy, het hulle standpunt vroeër so verwoord.

Nuus
Anker-kinders moet uit na skudding

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 9, 2021 0:43


Die Namibiese Ministerie van Onderwys sê hy beplan om personeel en leerders van die Edward Garoëb Primêre Skool by Anker na Fransfontein te skuif as gevolg van die hoeveelheid skuddings wat die gebied ervaar. Meeste van die leerders is drie jaar verskuif maar is aan die begin van die jaar herroep. Na Sondag se aardbewing van 5,4 op die Richterskaal is daar hernude kommer oor die welstand van die leerders en onderwysers. Anna Nghipondoka, die Minister van Onderwys het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Kosmos 94.1 Landbou
Minister gesels oor konflik met wilde diere

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Mar 30, 2021 5:44


Konflik met wilde diere het oor die afgelope jare toegeneem en baie boere, beide kommunaal en kommersieel, sit met hulle hande in hulle hare in verskeie gebiede, veral met olifante. Die Namibiese Ministerie van Omgewingsake het verskeie programme daargestel om die konflik te mitigeer. Die minister is ons gas vanoggend....

Kosmos 94.1 Landbou
Tweede plaag woed te midde van plaagdoder tekorte

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Mar 19, 2021 3:11


Die Namibiese Ministerie van Landbou sê die tweede rooi sprinkaanplaag is baie erger as die eerste een en baie groter vlieënde swerms word gewaar. Margaret Kalo, Woordvoerder van die ministerie sê daar is tans nie voorraad vir plaagdoders nie.

Nuus
Opskorting van brandstoflisensies opgehef

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 2, 2021 0:34


Die Namibiese Ministerie van Myne en Energie het die opskorting van aansoeke vir nuwe brandstof kleinhandel en groothandel lisensies met onmiddellike ingang opgehef. Die ministerie het die lisensie prosedures en vereistes hersien vir die toekenning van die lisensies ingevolge die Petroleum Produkte en Energie Regulasies van 2000. Sodra die ministerie se webtuiste opgedateer is, kan riglyne en vorms afgelaai word of by die ministerie se hoofkantoor afgehaal word by die Direktoraat van Petroleum Aangeleenthede. Andreas Simon, die ministerie se Senior Skakelbeampte het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Nuus
Rooikruis staan onderwys by

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 2, 2021 0:36


Die Namibiese Ministerie van Onderwys sal 75 reinigingseenhede van die Namibiese Rooikruis ontvang. Talle leerders doen op die oomblik die virus op en die oorhandiging, wat druk op die ministerie sal verlig, word môre gedoen. Timotheus Mutambo van die ministerie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Nuus
Sewe nuwe lede aangestel by Sentrale Verkrygingsraad

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 1, 2021 0:36


Die Namibiese Ministerie van Finansies het die aanstelling bevestig van die sewe nuwe raadslede van die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië. Die aanstellings tree amptelik op 1 Maart in werking en loop op 28 Februarie 2024 ten einde. Die lede is Julinda !Garu-Oas, 'n verkrygingsdeskundige, Amon Ngavetene, 'n Hoof Risiko en Nakomingsbeampte, Martin Kambulu, Hoof van Verkryging by Meatco, Ono-Robby Nangolo, 'n Regskenner by die Regshervorming en Ontwikkeling Kommissie en Efaishe Nghiidipaa, 'n Verkrygingsbestuurder by MTC. Hilya Nandago-Herman, wat 'n regs en ontwikkeling finansiële spesialis is en Epafras Shilongo, 'n inginieur is uit die vorige raad heraangestel. Die aanstellings vul die voltydse Voorsitter en Adjunk Voorsitter aan wat Patrick Swarts en Lischen Ramakutla is. Hulle termyn van vyf jaar loop in Maart 2022 ten einde. Tonateni Shidhudhu, Woordvoerder van die Ministerie van Finansies het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...

Nuus
Samewerking met Kuba in kuns en kultuur

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 26, 2021 0:41


Die Namibiese Ministerie van Onderwys het ‘n memorandum van verstandhouding met die Kubaanse Ministerie van Kultuur onderteken. Die twee ministeries sal saamwerk op die gebied van kultuur en kunste. Timotheus Mutambo, die waarnemende Skakelbeampte in die ministerie...

Nuus
Waarskuwing oor fopnuus

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 15, 2021 0:36


Die Namibiese Ministerie van Arbeid het weereens kennis geneem van fopnuus wat sy herverskyning gemaak het en op die oomblik veral sirkuleer op sosiale media platforms. Volgens die kennisgewing het werkers wat tussen 1990 en 2021 werksaam was, die reg om 'n voordeel van 30 000 Namibiese doller te ontvang van die Maatskaplike Voorsorgkommissie. Dit verskaf ook 'n skakel waar moontlike begunstigdes kan seker maak of hulle name op die lys verskyn. Die ministerie waarsku die publiek teen die slenter. Bro-Matthew Shinguadja, Uitvoerende Direkteur in die ministerie...

Kosmos 94.1 Landbou
Oranje styg, waarskuwing is tans op hoëvlak

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Feb 2, 2021 2:40


Inwoners langs die Oranje-rivier is gewaarsku oor stygende vlakke in die rivier as gevolg van gure reën in sy opvangsgebied. Die Gariepdam loop oor en is tans op 119 persent van kapasiteit. Die Namibiese Ministerie van Landbou sê die rivier se vlak het met amper 3 meter by Blouputs toegeneem en daar is kommer oor veral druiweboere langs die rivier. Paulina Mufeti, die Adjunk Direkteur in die Departement van Hidrologie het meer inligting.

Kosmos 94.1 Landbou
Sprinkane is terug... Minister gesels

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Jan 28, 2021 4:19


Die Namibiese Ministerie van Landbou sê die sprinkaanplaag het 50 000 hektaar landerye verwoes en daar is kommer omdat nuwe swerms reeds in die Zambezi-streek opgemerk is. Die streek het ook die eerste plaag verlede jaar Februarie aangemeld. Sprinkane het uiteindelik 9 van die 10 akkerbou gebiede geteister. Die ministerie is geloof vir sy reaksie op die plaag maar dit wil voorkom asof dit alles weer van voor af kan begin as dringende stappe nie geneem word nie. Die Minister Calle Schlettwein gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus

Nuus
Shoprite-Checkers loononderhandelings steeds op dooiepunt

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 15, 2021 0:45


Die Namibiese Ministerie van Arbeid was betrokke by loononderhandelings tussen die Shoprite-Checkers groep en Nafau onder die leierskap van die NUNW. Die onderhandelings het intussen 'n dooiepunt bereik maar die partye sal onderhnadelinge voortsit. Anna Sakeus, die ministerie se Skakelbeampte het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Nuus
Gr 11, 12 uitslae moontlik vroeg Februarie

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 13, 2021 0:41


Die Namibiese Ministerie van Onderwys het die hoop uitgespreek om die eksamen-uitslae van Graad 11 en 12 leerders in die eerste week van Februarie bekend te maak. Daar word egter moontlike uitdagings in die vooruitsig gestel. Sanet Steenkamp, Uitvoerende Direkteur in die ministerie...

Nuus
Nie 'n mandaat vir inentingsplan by skole nie

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 12, 2021 0:21


Die Namibiese Ministerie van Onderwys sê hy kan geen plan uitrol vir inentings by skole teen Covid-19 nie omdat dit buite sy mandaat is. Skole is ‘n brandpunt vir Covid-19 infeksies. Die ministerie se Uitvoerende Direkteur Sanet Steenkamp het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die Ministerie van Gesondheid en Sentrum vir Siektebeheer die proses sal hanteer.

Kosmos 94.1 Landbou
Ons moet aanhou doen wat boere doen, kos produseer

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Jan 6, 2021 7:22


Die Namibiese Ministerie van Landbou het tydens die pandemie daardwerklike suksesse behaal en het volgens die raad van internasionale kenners en netwerke, alles gedoen soos daar internasionaal aangeraai is. Ons gas vanoggend is die minister, Calle Schlettwein om te gesels oor wat voorlê en wat die uitdagings is...

Nuus
Onderhandelings oor heropening van skole

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 4, 2021 0:38


Die Namibiese Ministerie van Onderwys is steeds besig om met betrokke owerhede te onderhandel oor die heropening van skole. Sedert die begin van hierdie maand het Namibië 'n hoë aantal positiewe Covid-19 gevalle aangeteken. Sanet Steenkamp, die Uitvoerende Direkteur in die ministerie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...

Kosmos 94.1 Landbou
Bek- en klouseer - so maak ministerie

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Jan 4, 2021 3:12


Bek- en klouseer is in die Olukonda gebied in die Oshikoto-streek bevestig. Die Namibiese Ministerie van Landbou het die beweging van alle gesplete hoefdiere in die gebied verbied. Die Namibiese Direktoraat Veeartsenydienste in die Ministerie van Landbou, Water en Grondhervorming se Dr Kenneth Shoombe het die jongste in verband met die ministerie se reaksie so aan Kosmos 94.1 Landbounuus so verwoord.

Kosmos 94.1 Landbou
Ministerie pak bewaringsboerdery aan

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Dec 7, 2020 1:07


Die Namibiese Ministerie van Landbou, Water en Grondhervorming het 'n landwye projek bekendstel vir belangegroepe in die bedryf. Die projek lê klem om bewaringsboerdery. Simon Nghipandula van die ministerie sê die eerste vergadering in die noorde het baie goed afgeloop.

Kosmos 94.1 Landbou
Boere reageer op olifante

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Dec 7, 2020 3:27


Boere in die noordooste en –weste van die land het talle uitdagings met olifante en die probleem, wat reeds jare duur blyk om erger te raak. Die Namibiese Ministerie van Omgewingsake wil nou 170 olifante uit die twee gebiede verkoop en ‘n tender is reeds geadverteer. Die President van die Namibiese Landbou Unie, wat al voorheen die probleem met Kosmos 94.1 Landbounuus bespreek het, gesels vanoggend weer met ons.

Kosmos 94.1 Landbou
Jongste oor olifant slypskool

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Nov 24, 2020 2:19


Daar is ‘n slypskool gehou om ‘n Nasionale Olifant Bestuursplan te skep. Die Namibiese Ministerie van Omgewingsake het saam met belanghebbendes en nie-regeringsorganisasies die kwessies bespreek. Talle boere veral in die noordooste en noordweste van die land het groot uitdagings met olifante en daar is kenners wat meen die bevolking is te groot. Ons gesels met die President van die Namibiese Landbou Unie Piet Gouws, wat ook die slypskool bygewoon het.

Nuus
Landbou kry N$2m vir sprinkane

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 24, 2020 0:39


Die Namibiese Ministerie van Landbou sal vandag ‘n skenking van 2 miljoen Namibiese doller ontvang in die bekamping van die sprinkaanplaag in die land. Die Omgewing Beleggingsfonds maak die skenking. Margaret Kalo, Hoof Woordvoerder van die ministerie...

Nuus
Finansies en kie bespreek verkryging by gesondheid

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 23, 2020 0:28


Die Namibiese Ministerie van Finansies hou vandag ‘n slypskool in verband met die uitdagings wat die Ministerie van Geosndheid ervaar met verkryging. Na wat berig word sukkel gesondheid om dienste te lewer regoor die land met medisyne tekorte en meer... nie net tydens die pandemie nie. Die Woordvoerder van die Ministerie van Finansies Tonateni Shidhudhu...

Nuus
Leningskema vir kleinbesighede word geloods

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 20, 2020 0:45


Die Namibiese Ministerie van Finansies sal om 3-uur vanmiddag die nuwe SME Leningskema bekendstel. Die fondse word deur die regering gewaarborg en die lenings sal by kommersiële banke gemaak word. Danny Meyer van SME’s Compete.

Nuus
Geregtigheid is toeganklik

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 20, 2020 0:31


Die Namibiese Ministerie van Justisie en die Regshulpsentrum beywer hulle daarvoor om geregtigheid toeganklik te maak vir alle Namibiërs. Die twee entiteite het kragte saamgesnoer om wetgewing aanlyn beskikbaar te stel deurdie NambLII en Namlex aanlyn platforms. Dianne Hubbard, die Namlex Projek Koördineerder het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Kosmos 94.1 Landbou
Plan vir ons olifante

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Nov 19, 2020 6:40


Daar word vandag en môre ‘n slypskool gehou om ‘n Nasionale Olifant Bestuursplan te skep. Die Namibiese Ministerie van Omgewingsake sal saam met belanghebbendes en nie-regeringsorganisasies die kwessies bespreek. Talle boere veral in die noordooste en noordweste van die land het groot uitdagings met olifante en daar is kenners wat meen die bevolking is te groot. Ons gesels met Professor Morgan Hauptfleisch, ‘n Bewarings Ekoloog en hoof van die Biodiversiteit Navorsing Sentrum by die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie.

Nuus
Covid-maatreëls bring ander verligting

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 19, 2020 0:37


Die Namibiese Ministerie van Gesondheid se Uitvoerende Direkteur Ben Nangombe sê die afname in jaarlikse diarree-gevalle in Namibië kan toegeskryf word aan Covid-19 higiëne maatreëls.

Nuus
Plaaswerker aangerand in Okahandja-omgewing oor besoldiging

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 17, 2020 0:38


Die Namibiese Ministerie van Arbeid het gereageer op 'n klag deur 'n plaaswerker in die Okahandja-omgewing wat na bewering aangerand is deur sy werknemer. Die plaaswerker het aanvanklik 'n klag op 30 Oktober ingedien dat hy nie sy besoldiging ontvang het vir werk wat hy gedoen het nie. Die vergoeding van 3000 doller is egter op 2 November aan hom uitbetaal maar die plaaswerker beweer egter hy is aangerand deur die plaasbestuurder nadat hy gevra het vir sy vergoeding. Die werknemer het 'n klag ingedien by die Namibiese polisie. Maria Hedimbi, die Ministerie van Arbeid se Hoof Skakelbeampte het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Nuus
Voorkeur-ooreenkoms tree 1 Jan. in werking

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 17, 2020 0:37


Die Namibiese Ministerie van Industrialisasie en Handel sê Namibië het die SADU-Mosambiek en Britse Ekonomiese Vennootskap Ooreenkoms in die Nasionale Vergadering bekragtig. In 2017 het Brittanje bekend gemaak dat dit van voorneme is om die Europese Unie te verlaat. Dit beteken Brittanje sal nie meer handel dryf as deel van die EU nie en moet sy eie handelagenda saamstel wat handelsooreenkomste insluit met vennote. Die doel van die ooreenkoms is voorkeur-handel tussen Namibië, Botswana, Eswatini, Lesotho, Mosambiek, Suid-Afrika en Brittanje. Die ooreenkoms tree op 1 Januarie in werking. Elijah Mukubonda, die ministerie se Hoof Inligtingsbeampte het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Nuus
Etosha se paaie word gerehabiliteer

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 12, 2020 0:42


Die Namibiese Ministerie van die Omgewing is besig met die rehabilitasie van dele van die padnetwerk in die Etosha Nasionale Park in 'n poging om toeriste en toeroperateurs terug te lok wat die park vermy weens die swak padinfrastruktuur. Die Minister van die Omgewing Pohamba Shifeta sê sowat 190km van die Etosha padnetwerk sal gerehabiliteer word. 50km se grondpad vanaf Mbari na Olifantsrus is reeds gerehabiliteer teen 'n koste van 32 miljoen Namibiese doller. Minister Shifeta...

Nuus
Water is nie gratis nie - NamWater

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 11, 2020 0:43


Verskeie munisipaliteite het hulle kommer uitgespreek oor inwoners van die rekenings betaal nie. Die Namibiese Ministerie van Stedelike Ontwikkeling het aan die begin van die pandemie opdrag aan owerhede gegee om water te verskaf aan alle inwoners, ongeag hulle uitstaande skuld. Op sy beurt, het NamWater groot uitdagings met munisipaliteite wat nie die watervoorsiener betaal nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Johannes Shigweda, die Woordvoerder van NamWater oor die jongste gesels

Kosmos 94.1 Landbou
Nuwe sentrum bestudeer boerdery en klimaatsverandering

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Nov 6, 2020 3:30


Die Namibiese Ministerie van Landbou neem vandag sy Mashare Landbousentrum vir Klimaatbestendigheid in die Kavango Oos-streek in werking. Die sentrum is geskep om risiko’s verbonde aan voedselsekerheid wat veroorsaak word deur klimaatsverandering aan te spreek. Aanpassings in boerdery metodes en meer sal ook deur die sentrum aangespreek word. Die minister, Calle Schlettwein het meer vanoggend oor die sentrum.

Kosmos 94.1 Landbou
Bek-en-klouseer wek kommer

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Oct 8, 2020 4:14


Die Namibiese Ministerie van Landbou het bevestig dat bek-en-klouseer uitgebreek het in die Kavango Oos streek nadat 13 beeste positief getoets het vir die siekte in die Hoha nedersetting. Die beeste is afkomstig van 8 uit die 23 krale in die nedersetting waar altesaam 657 beeste is. Die ministerie het tydelike beperkings op die beweging van alle lewende beeste, skape, bokke, varke en wilde diere na en van die bek-en-klouseer beskermingsgebied buiten die Zambezi-streek en die Mukwe kiesafdeling in Kavango Oos daargestel. Dr Albertina Shilongo, die Hoof van Veeartseny by die Ministerie van Landbou gesels vanoggend met ons hieroor.

Nuus
Ministerie wag nog vir uitslae oor buffels

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 5, 2020 0:32


Die Namibiese Ministerie van die Omgewing en Toerisme sê hy wag nog op die uitslae nadat toetse op die 16 buffels wat in die Kwando-rivier versuip het, gedoen is. Die diere het verlede week versuip nadat hulle vermoedelik vir roofdiere gevlug het. Die Woordvoerder van die ministerie, Romeo Muyanda ...

Kosmos 94.1 Landbou
Daadwerklike aksie op sprinkane

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Oct 5, 2020 3:27


Die Namibiese Ministerie van Landbou het ‘n span na die noorde van die land, sowel as die Zambezi-streek, ontplooi om die sprinkaanplaag onder die loep te neem. Die Minister, Calle Schlettwein het ook noorde toe gereis om die skaal van die uitdaging eerstehands te ervaar. Daar is kommer dat wanneer die eerste reën kom dat die eiers kan uitbroei en plae weer voorkom. Verskeie dele van die areas is besproei. Minister Schlettwein gesels met Kosmos 94.1 Landbounuus vanoggend.

Nuus
Dis die plan met die buffels

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 5, 2020 0:23


Die Namibiese Ministerie van die Omgewing en Toerisme het meer besonderhede bekendgemaak oor planne om ‘n aantal buffels in die Waterberg-platopark op te veil. Die Woordvoerder van die ministerie, Romeo Muyanda het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Nuus
Reaksie op brandstofprys

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 1, 2020 0:43


Reaksie word ontvang op die aankondiging dat die prys van diesel op 7 Oktober met 40 sent per liter sal daal terwyl petrol onveranderd bly. Die Namibiese Ministerie van Myne en Energie het die aankondiging gemaak. Klaus Schade, ‘n plaaslike Ekonoom.

Nuus
Afgelope veiling van visvang kwotas onder die loep

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 30, 2020 1:01


Die Namibiese Ministerie van Finansies het vroeër 'n perskonferensie oor die afgelope aanlyn opveiling van visvang kwotas aangebied. Die inkomste wat na verwagting na die veiling ingesamel sou word het meer as 620 miljoen doller beloop alhoewel dit nie gerealiseer het nie. Die fondse sou aangewend word as 'n Covid-19 reaksie hulpfonds om veral onderwys en gesondheid te ondersteun. Kopers het egter nooit vir die kwotas betaal nie en van die kwotas vir te duur aangekoop wat daartoe gelei het dat kwotas nie opgeëis is nie. Die Minister van Finansies Ipumbu Shiimi..

Nuus
Studente in Kuba sal pakkies kry ongeag struikelblokke

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 16, 2020 1:03


Kosmos 94.1 — Die Namibiese Ministerie van Gesondheid se Uitvoerende Direkteur Ben Nangombe het meer besonderhede bekend gemaak oor die struikelblokke wat ondervind is om pakkies af te lewer in Havana, Kuba ter ondersteuning van Namibiese studente.

Nuus
Pakkies op pad na Kuba

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 16, 2020 0:46


Kosmos 94.1 — Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het bevestig dat die pakkies vir studente wat in Kuba studeer via Johannesburg na Havana gestuur sal word. Die aankondiging is vandag gemaak. Luidens die verklaring was die uitdaging die beskikbaarheid van vlugte. Yanna Smith het die besonderhede.

Nuus
Hidrobreking gerugte onwaar

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 16, 2020 0:35


Kosmos 94.1 — Die Namibiese Ministerie van Myne en Energie het gereageer op berigte dat ‘n Kanadese maatskappy ReconAfrica lisensies bekom het om deur middel van hidrobreking vir olie- en gasbronne te eksploreer in die Kavango-Zambezi Oorgrens Bewaringsgebied. Die Adjunk Minister Kornelia Shilunga ...

Nuus
NDF rig veldhospitaal in Windhoek op

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 14, 2020 0:39


Kosmos 94.1 — Die Namibiese Ministerie van Verdediging het ‘n mobiele veldhospitaal aan die Ministerie van Gesondheid in die Khomas-streek oorhandig. Die hospitaal, wat 42 beddens het met ‘n hoësorg eenheid, sal druk op mediese instansies in die streek verlig. Kolonel Festus Sackaria, die Bevelvoerder van die fasiliteit...

Nuus
Onthou jou belasting opgawe

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 14, 2020 0:25


Kosmos 94.1 — Die Namibiese Ministerie van Finansies het Namibiërs herinner aan die spertyd vir die indien van hulle jaarlikse inkomstebelasting opgawes. Die spertyd is vroeër tot einde September verleng as gevolg van die impak van die Covid-19 pandemie. Tonateni Shidhudhu, die ministerie se Woordvoerder.

Nuus
Terug skool toe!

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 14, 2020 0:34


Kosmos 94.1 — Die Namibiese Ministerie van Onderwys het meer besonderhede gegee oor die heropening van skole vir verskillende grade vir fisiese onderrig vandag in ooreenstemming met die riglyne wat reeds vroeër bekendgemaak is. Die Woordvoerder van die ministerie Absalom Absalom het die besonderhede.

Nuus
Nog fondse vir kunstenaars

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 31, 2020 0:44


Kosmos 94.1 — Die Namibiese Ministerie van Onderwys, Kuns en Kultuur het, deur die Nasionale Kunsteraad, verdere ondersteuning aan kunstenaars tydens die pandemie aangekondig. Die Woordvoerder van die Ministerie, Absalom Absalom het die besonderhede.

Nuus
Steenkamp oor skole

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 31, 2020 1:06


Kosmos 94.1 — Skole heropen volgende week vir alle leerders regoor die land. Die Namibiese Ministerie van Onderwys sê hy is gereed om leerders terug te verwelkom. Die Uitvoerende Direkteur Sanet Steenkamp het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Nuus
Viskwota veiling: ministerie tevrede

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 28, 2020 0:57


Kosmos 94.1 — Die Namibiese Ministerie van Finansies is tevrede met die meer as 600 miljoen Namibiese doller wat gegenereer is met die afgelope viskwota veiling. Dis volgens die ministerie ‘n goeie opbrengs en die suksesvolle kopers moet voor 31 Augustus betalings doen. Tonateni Shidhudhu, die Ministerie se Woordvoerder...

Nuus
Graan oeste lyk aansienlik beter vanjaar in die land

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 27, 2020 0:41


Kosmos 94.1 — Die Namibiese Ministerie van Landbou, Water en Grondhervroming se jongste verslag oor voedselsekerheid in die land dui daarop dat daar 'n betekenisvolle verbetering die jaar is. Daar is volgens die verslag 'n merkbare toename in oeste met die goeie reënseisoen wat oor groot dele van die land in die 2019/2020 seisoen voorgekom het. Gilbert Mulonda, die Algemene Bestuurder van die Namibiese akkerbou raad.

Nuus
Namibiese Ministerie van Myne en Energie oor Covid-19 gevalle

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 27, 2020 0:45


Kosmos 94.1 — Die Namibiese Ministerie van Myne en Energie het die jongste bekendgemaak oor die ses bevestigde gevalle van Covid-19 wat die afgelope tyd by hulle aangemeld is. Volgens die woordvoerder van die ministerie Andreas Simon volg hulle die noodregulasies soos bepaal in die riglyne van die staat van inperking nougeset na.

Nuus
Jongste oor skole-opname

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 27, 2020 0:51


Kosmos 94.1 — Die Namibiese Ministerie van Onderwys het meer besonderhede bekendgemaak oor die reaksie dusver oor hulle drie aanlyn meningspeilings wat geskep is vir lede van die gemeenskap, verwante vakbonde en leerders, ouers en onderwysers. Die ministerie wil met die opnames weet wat die openbare mening in verband met die huidige stand van onderwys is. Die Uitvoerende Direkteur Sanet Steenkamp.

Nuus
Jongste statistiek oor wildlewe misdade

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 25, 2020 0:48


Kosmos 94.1 — Die Namibiese Ministerie van Omgewingsake het die jongste statistiek bekendgemaak oor wildlewe misdade.Daar was ‘n aantal gevalle in die tydperk van 17 tot 23 Augustus. Romeo Muyunda van die Ministerie.

Kosmos 94.1 Landbou
Namibiese Ministerie van Landbou is besig met die kartering van grond.

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Aug 3, 2020 5:53


Kosmos 94.1 — Die Namibiese Ministerie van Landbou is besig met die kartering van grond in die land. Data oor drakrag en ekologiese sones moet bepaal word sodat spesifieke areas vir spesifieke doeleindes deur landbou benut word. Die projek beoog ook om die impak van klimaatsverandering te mitigeer. Petrus Canisus, ‘n Direkteur in die ministerie is ons gas.

Nuus
Aardbewing in Karibib se-omgewing

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 9, 2020 0:28


Kosmos 94.1 — Die Namibiese Ministerie van Myne en Energie het bevestig dat‘n aardbewing van 3komma 9 op die Richterskaal sowat 85 kilometer suid van Karibib vroeg vanoggend voorgekom het. Bufelo Lushetile, die Adjunk Direkteur van die Geofisika-afdeling by die Ministerie het meer besonderhede.

Nuus
Geen syfers vanoggend nie, eers later

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 9, 2020 0:11


Kosmos 94.1 — Die Namibiese Ministerie van Gesondheid sal nie vanoggend om 10 ‘n opdatering van korona-gevalle in die land deurgee nie. Die Ministerie is steeds besig om uitslae van toetse en syfers te verifieer. Die Minister, Dr Kalumbi Shangula het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Kosmos 94.1 Landbou
Projek vir saaiboere verloop goed.

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Jul 9, 2020 3:42


Kosmos 94.1 — Die Namibiese Ministerie van Landbou het ‘n maand gelede ‘n nuwe projek vir saaiboere in die Otjozondjupa-streek van stapel gestuur. Beide kommersiële en kommunale produsente is uitgenooi om deel te wees van die projek. Gratis saad, opleiding en uiteindelik ‘n mark vir die produk sal verskaf word. Johanna Andowa, die Direkteur van die Namibiese Landbou Meganisasie en Saad-verbetering Projek oftewel Namsip by die Ministerie van Landbou het die jongste met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.

Nuus
Slypskool aangebied teen armoede

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 8, 2020 0:27


Kosmos 94.1 — Die Namibiese Ministerie van die Omgewing het begin met 'n slypskool. Die doel van die slypskool is om lewensbestaan te bevorder en armoede uit te wis. Romeo Muyunda, die ministerie se Woordvoerder...

Kosmos 94.1 Landbou
Staatsveeartse word gesoek.

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Jul 7, 2020 3:50


Kosmos 94.1 — Die Namibiese Ministerie van Landbou is steeds in konsultasie met die Openbare Dienste Bestuursafdeling van die regering om 51 poste te skep vir staatsveeartse regoor die land. Die aansoek is deur die Ministerie in Februarie gedoen. Die Ministerie het toestemming ontvang om die poste te skep op die voorwaarde dat daar ‘n verlaging sal wees in salarisse vir die poste wat op vlak 6 van openbare dienste is. Dr Albertina Shilongo die Ministerie se Hoof Veeartsenybeampte gesels met ons vanoggend...

Nuus
Nuwe aansoeke kan ingedien word vir diamantlisensies

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 6, 2020 0:35


Kosmos 94.1 — Die Namibiese Ministerie van Myne en Energie het bekend gemaak dat hulle weer nuwe aansoeke vir lisensies sal aanvaar wat uitgereik word ingevolge die Diamantwet. Die ministerie het die hersiening van vereistes en prosedures gefinaliseer vir die goedkeuring van nuwe lisensies. Andreas Simon, die Woordvoerder van die Ministerie van Myne en Energie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...

Nuus
Wetgewing oor woude word aangepas

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 15, 2020 0:44


Kosmos 94.1 — Belanghebbendes en rolspelers het tot 14 Julie om insette te lewer in verband met die hersiening van wetgewing in verband met Namibiese woude en die benutting van die bron. Die Namibiese Ministerie van Omgewingsake sê die proses word deur die Suider Afrikaanse Instituut vir Omgewingsassesering behartig. Daar is vir meer as ‘n jaar groot uitdagings met die onwettige kap van hout in veral die twee Kavango-streke. ‘n Namibiese ekoloog, Dr Peter Cunningham met sy mening.

Kosmos 94.1 Landbou
So doen jy aansoek vir hulp.

Kosmos 94.1 Landbou

Play Episode Listen Later Jun 14, 2020 7:21


Kosmos 94.1 — Die Namibiese Ministerie van Landbou het boere daaraan herinner dat ondersteunende dokumente vir hulp in terme van droogteverligting teen 24 Junie ingedien moet word. Felix Romeo Humpries, 'n tegnikus by die Ministerie sê boere kwalifiseer vir subsidies op voer, bemarking, weiding en vervoer van diere... hy gesels vanoggend met ons oor die proses wat gevolg moet word...

Nuus
Daar is genoeg voorbehoedmiddels

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 14, 2020 0:22


Kosmos 94.1 — Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het gereageer op die versoek van die Populêre Demokratiese Beweging se Vroueliga om die tekort aan voorbehoedmiddels in die land aan te spreek. Die liga se Sekretaris- Generaal Loide Iipinge sê dit affekteer gesinsbeplanning en kan ook tot onwettige en onveilige aborsies lei asook meer babastortings. Volgens die Uitvoerende Direkteur van die Ministerie van Ben Nangombe is die tekort reeds aangespreek...

Nuus
Oes en vervoer van hout steeds verbode

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 11, 2020 0:47


Kosmos 94.1 — Die Namibiese Ministerie van die Omgewing en Toerisme het daarop gewys dat die oes en vervoer van hout in die land steeds verbode is. Die Ministerie het gereageer op berigte dat die praktyk steeds plaasvind. Die woordvoerder van die ministerie Romeo Muyanda het die situasie so aan Komos 94.1- Nuus verduidelik.

Nuus
Saaiboere kry hulpstoot

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 11, 2020 0:37


Kosmos 94.1 — Die Namibiese Ministerie van Landbou het ‘n nuwe projek vir saaiboere in die Otjozondjupa-streek van stapel gestuur. Beide kommersiële en kommunale produsente kan baat vind by die projek. Gratis saad, opleiding en uiteindelik ‘n mark vir die produk word verskag. Johanna Andowa, die Direkteur van die Namibiese Landbou Meganisasie en Saad-verbetering Projek oftewel Namsip by die Ministerie.

Nuus
Uitslae van toetse op vier leerders binnekort verwag

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 10, 2020 0:21


Kosmos 94.1 — Die Namibiese Ministerie van Gesondheid verwag dat die uitslae van toetse vir die koronavirus op die vier leerders van die Swakopmund Sekondêre Skool binnekort bekend sal wees. Die vier het met griep simptome by die staatshospitaal in Swakopmund aangemeld vir behandeling. Dr Bernard Haufiku, die Spesiale Gesondheidsadviseur in die Kantoor van die Adjunk President.

Nuus
Nog 'n geval, ook vanaf kwarantyn

Nuus

Play Episode Listen Later May 22, 2020 0:42


Kosmos 94.1 — Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat nog ‘n geval van Covid-19 in die land bevestig is. Verder sê die Ministerie dat die eerste geval, die Roemeense burger, het nie herstel nie. Hy het weer positief getoets net voor hy uit kwarantyn gelaat is. Daar is nog ‘n pasiënt wie herstel het so Namibië het tans 5 aktiewe gevalle. Daar is 531 persone steeds in kwarantyn. Vier vlugte vanuit Suid-Afrika word in die volgende week verwag.

Nuus
Buitelanders vas vir wild-misdade

Nuus

Play Episode Listen Later May 19, 2020 0:39


Kosmos 94.1 — Die Namibiese Ministerie van die Omgewing en Toerisme het meer besonderhede bekendgemaak oor drie Namibiërs en 'n Duitse burger wat tussen 11 en 17 Mei deur die Namibiese polisie in hegtenis geneem is vir beweerde wildverwante misdade. Romeo Muyunda Woordvoerder van die Ministerie.