Province of South Africa
POPULARITY
Die DA sê 56-persent van die land se polisiestasies kan nie per telefoon bereik word nie. 'n Landwye oudit het bevind 571 uit meer as 1 000 polisiestasies het nie hul gelyste amptelike nommers beantwoord nie. Limpopo het die swakste reaksiekoers getoon, gevolg deur die Vrystaat. Die DA-lid, Ian Cameron, sê die bevindings beklemtoon voortdurende uitdagings in die polisiediens, insluitend personeeltekorte, verouderde tegnologie en kommunikasieprobleme:
“Ek wil nooit 'n dominee op die platteland wees nie!” Hoe baie moes ek dit al hoor. Of iets soortgelyks. Veral onder jonger dominees deesdae. Ja, hulle sien dalk nog kans vir “'n klein plekkie langs die see”, sal hulle dan opmerk — die roeping Kaap toe loop al sterker — maar nie sommer vir 'n klein plekkie in die Vrystaat of Noordkaap nie. “Ek sal gaan,” sê iemand, “maar net as 'n Engel self die boodskap bring.” Rikus van Zyl is 'n dominee op die platteland in die Vrystaat, op Edenburg, 80km suid van Bloemfontein, en sy oë blik as hy oor die bediening praat. Die platteland is in Rikus se murg. Hy onthou sy grootwordjare in Wesselsbron. Hulle was mielieboere, hy gereeld gaan visvang, elke aand was daar huisgodsdiens, Sondae as gesin kerk toe . . . daai tipe lewe. En toe gebeur 'n amper tragiese ding . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
Die polisie en die weermag gaan voort met pogings om netwerke van georganiseerde misdaad tot niet te maak wat wat betrokke is by onwettige mynbou, bendeverwante geweld en ander ernstige en geweldsmisdaad. ‘n Polisiewoordvoerder, Mpho Mathebula, sê gekoördineerde multidissiplinêre operasies is in Mei regoor die Oos-Kaap, Vrystaat, Gauteng, Noordwes en die Wes-Kaap uitgevoer, waarin 1 287 verdagtes vir 'n reeks ernstige oortredings in hegtenis geneem is:
19 Mei 2026: Die Wes-Kaapse regering gaan die kabinet vra om 'n ramp te verklaar ná verlede week se oorstromings. Openbare skole in Gauteng met agterstalige munisipale skuld staar krag- en wateronderbrekings in die gesig. Nuwe gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat aangemeld, terwyl nog entstofdosisse in die land aankom.
Die 58ste Nampo Oesdag sluit vandag af. Dit was 'n besige week by Nampo-park net buite Bothaville in die Vrystaat, veral met die tema "Veerkragtigheid deur Innovasie" en die massiewe Toyota-wêreldrekordpoging vir die Hilux-byeenkoms wat vroeër hierdie week plaasgevind het. Pieter Moller, die bekende radiojoernalis, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die Nasionale Rampbestuursentrum het al drie regeringsvlakke versoek om hul steun vir rampbestuurspanne te verskerp en gebeurlikheidsmaatreëls te versterk. Dit volg nadat die ongunstige weerstoestande in sommige provinsies as 'n nasionale ramp geklassifiseer is, weens stortreën, storms en skadelike wind in die Wes-Kaap, Noordwes, Vrystaat, Oos-Kaap, Noord-Kaap en Mpumalanga. Thabo Khupari van Nasionale Rampbestuur sê hierdie klassifikasie plaas nou die primêre verantwoordelikheid op die regering:
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het 'n waarskuwing uitgereik vir donderstorms met swaar reën en skadelike wind in dele van die land tot Maandag. 'n Geel vlak 2-waarskuwing vir hewige donderstorms met swaar reën is uitgereik vir dele van die Noord-, die Oos- en die Wes-Kaap, en die sentrale en westelike dele van die Vrystaat en Noordwes. Weervoorspeller Tokelo Chiloane sê hierdie weers-verandering is die gevolg van twee agtereenvolgende kouefronte:
Die bus vol ongedokumenteerde buitelanders, waaronder 12 kinders, wat in die Vrystaat voorgekeer is, laat owerhede kopkrap. Polisiebeamptes moet korrupte kollegas ontmasker, sê 'n kenner. Eiendomspryse in Kaapstad word te duur vir gewone mense. Donald Trump waarsku: Môre is D-dag vir die oorlog in Iran.
Die DA in die Vrystaat verwelkom die Hooggeregshof in Bloemfontein se uitspraak oor die finale verbeurdverklaring van ses luukse eiendomme en ʼn Mercedes-Benz-voertuig met ʼn totale waarde van 32 miljoen Suid-Afrikaanse rand in Gauteng, die Vrystaat en Noordwes. Roy Jankielsohn van die DA sê die hof het bevind hierdie bates is bekom deur bedrieglike aktiwiteite soos bedrog, korrupsie en geldwassery wat verband hou met die asbesdak-skandaal van 255 miljoen rand:
Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het Suid-Afrikaners verseker dat dit steeds veilig is om sanitêre doekies en broekievoerings te gebruik. Dit volg nadat 'n onlangse studie deur die Universiteit van die Vrystaat bevind het dat sekere sanitêre doekies en broekievoerings skadelike endokrien-ontwrigtende chemikalieë kan bevat. Motsoaledi het gister in 'n inligtingsessie met die media gesê die lae vlakke van endokrien-ontwrigtende chemikalieë wat in die produkte voorkom, is nie 'n nuwe bron van kommer nie en is nie skadelik nie:
COPE betreur die dood van sy stigtersleier, Mosiuoa Lekota. Die 77-jarige anti-apartheidsaktivis, wat algemeen bekend was as 'Terror', is na 'n lang siekbed in 'n hospitaal oorlede. Lekota het in verskeie hoedanighede in die regering gedien, insluitend as premier van die Vrystaat en minister van Verdediging, en was ook ANC-voorsitter onder Thabo Mbeki tussen 2002 en 2007. Pakes Dikgetsi van Cope sê die gedenk- en begrafnisreëlings sal nog oorgedra word:
COPE-leier Mosiuoa Lekota sterf. Daar is nou meer gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat as in KwaZulu-Natal. Die DA begin met die volgende fase van hulle stryd teen die waterkrisis. 'n Student is vas nadat hy 'n LGBTQ+ Pride-vlag op NWU se kampus met die woorde, Heil Hitler, ontsier het.
AfriForum sê die regering se goedkeuring van Rand Water se 800 miljoen rand belegging in 'n Zanzibar-waterprojek is 'n bewys van sy misplaaste prioriteite. Die organisasie waarsku terwyl miljoene in die buiteland bestee word, worstel inwoners van Gauteng, Mpumalanga, die Vrystaat en Noordwes steeds met ernstige watertekorte. Marais de Vaal van AfriForum noem die besluit polities-gedrewe en vra die regering om eers plaaslike waterkrisisse aan te pak:
Die Nasionale Verbruikerskommissie het ʼn ondersoek begin na nege verskaffers van sanitêre doekies en soortgelyke produkte. Dit volg ná ʼn onlangse ondersoek deur die Universiteit van die Vrystaat wat bevind het sommige van hierdie produkte bevat moontlik skadelike stowwe wat die endokriene-stelsel ontwrig. Die kommissie se waarnemende kommissaris, Hardin Ratshisusu, sê die chemiese stowwe word verbind met probleme soos hormonale wanbalanse, onvrugbaarheid, endometriose en kanker:
Die DA is baie bekommerd oor die bevindinge van 'n onlangse studie deur die Universiteit van die Vrystaat, dat skadelike endokrien-ontwrigtende chemikalieë teenwoordig is in bekende en algemeen gebruikte sanitêre produkte. Angel Khanyile van die DA sê die bevindinge is 'n ernstige openbare gesondheidsprobleem wat dringende aandag vereis. Sy sê hulle vra vir 'n dringende ondersoek deur die Nasionale Verbruikerskommissie na die nakoming van produkveiligheidsvoorskrifte:
Suid-Afrika se werkloosheidsyfer daal in die vierde kwartaal van 2025. Boere in die Vrystaat wag steeds op entstof teen bek-en-klouseer. Die Reserwebank oorweeg dit om die prima uitleenkoers van banke te skrap. Ons praat met die bekroonde lofsanger, Ria Reen van Platfontein in die Noord-Kaap.
Gautengse munisipaliteite word gemaan om hulle waterverbruik met 40% te verminder. Kabinets- en parlementslede kry 'n salarisverhoging hoër as inflasie. 'n Megaboer in die Vrystaat, Nick Serfontein, gee sy insig oor die bek-en-klouseer-krisis.
Die 2025 Suid-Afrikaanse Versoeningsbarometer toon slegs 31-persent van burgers het baie vertroue in die Regering van Nasionale Eenheid met 34-persent wat min vertroue toon. 'n Navorser, Kate Lefko-Everett, sê vertroue is in die Wes-Kaap, Noordwes en Limpopo die hoogste en die laagste in die Noord-Kaap, KwaZulu-Natal en die Vrystaat. Sy verbind dié gemengde resultate aan bestuur, dienslewering en aanspreeklikheid want armoede en ongelykheid is steeds groot struikelblokke:
Amerika se minister van buitelandse sake herbevestig dat Suid-Afrika nie welkom is by volgende jaar se G20-beraad in Miami nie. Infrastruktuur-, onderwys-, en gesondheids-projekte in die Vrystaat steier weens onderbesteding . Goeie vordering om die konstruksiemafia in KwaZulu-Natal aan bande te lê.
Moorde en voorvalle van roof neem af, maar beteken dit bestendigheid in alle dele van die land? Oorstromings in die suide van Thailand eis 145 lewens. 'n Ma van die Vrystaat deel haar kommer oor haar seun wat daar vasgekeer is. Die Springbokke wil hulle jaareindtoer op 'n onoorwonne noot teenWallis eindig.
Kommer oor die bek-en-klouseer-krisis in die Vrystaat. Baie Suid-Afrikaanse skole is swak voorbereid om boelies vas te vat. Ons bespreek Amerika se aangewese ambassadeur na Suid-Afrika.
AfriForum sê onlangse inbrake by die De Brug militêre basis in die Vrystaat, waar plofstof en ammunisie gesteel is, toon Suid-Afrika se militêre basisse is swak beveilig en kwesbaar vir misdaad. Jacques Broodryk van die organisasie doen 'n beroep op die minister van verdediging en militêre veterane, Angie Motshekga, en die leierskap van die Suid-Afrikaanse nasionale weermag om ten volle deursigtigheid te wees oor die diefstalle en maatreëls uiteen te sit om verdere voorvalle te voorkom:
Die dierewelsynsorganisasie Blood Lions is diep bekommerd nadat nog 'n leeu ontsnap het terwyl hy per pad vervoer is. Die dier was van die Vrystaat onderweg na Nietverdiend in die Ramotshere Moiloa Munisipaliteit. Owerhede in Noordwes het bevestig die leeu is veilig gevang. Stephanie Klarmann van die organisasie sê die voorval stel die voortdurende gevare in Suid-Afrika se kommersiële leeubedryf bloot, insluitend swak welsynstandaarde en moontlike permitoortredings:
Reaksie op die Geïntegreerde Hulpbronplan. Kommer oor minder geld en personeel vir Gautengse skole in 2026. Akademiese aktiwiteite hervat vandag by die Universiteit van die Vrystaat.
Die Universiteit van die Vrystaat bly gesluit ná gewelddadige betogings op al drie kampusse. Die Menseregtekommissie is vasbeslote om sy hofaksie teen Operasie Dudula voort te sit. 'n Dramatiese wending op Dag 11 van die Madlanga-kommissie. Amerika hier kom ons... danksy Bafana Bafana!
Die UDM sê hy is woedend en hartgebroke oor onlangse berigte van seksuele misbruik, teistering en wangedrag waarby onderwysers regoor die land betrokke is. Die waarnemende sekretaris-generaal, Zandile Phiri, sê daar het verlede maand sake in Gauteng, die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en die Vrystaat voorgekom wat 'n diep en sistemiese krisis in die onderwystelsel aandui. Sy sê skole moet 'n toevlugsoord vir onderrig wees, nie plekke van trauma nie:
Die regering het bevestig dat strafregtelike stappe volgende week begin teen vyf verdagtes in verband met die Jagersfontein-slykdamramp in die Vrystaat in 2022. Drie mense is dood toe die damwal gebreek het. Die woordvoerder van die Departement van Water en Sanitasie, Wisane Mavasa, sê die vyf verdagtes, wat in diens is van 'n ingenieursmaatskappy, word aangekla van moord, kwaadwillige saakbeskadiging en oortreding van die Wet op Beroepsgesondheid en -Veiligheid:
Landbouminister John Steenhuisen sê die regering gryp in om die verwoestende bek-en-klouseer-uitbreking te bekamp. Hy het 274 onopgeloste gevalle in Gauteng, KwaZulu-Natal, die Vrystaat, Noordwes en Mpumalanga bevestig. Steenhuisen sê ook die oorblywende 400-duisend entstofdosisse uit Botswana is ontvang, met 50-duisend wat reeds versprei is. Hy sê die oorblywende dosisse is op uitbrekingsbrandpunte in die Vrystaat, Mpumalanga, Noordwes en Gauteng gemik:
Die DA eis ʼn onmiddellike, dringende en volledige opknapping van alle installasies by die Suid-Afrikaanse Weermag se militêre basisse. Dit volg ná die onlangse diefstal van ammunisie by die Bloemspruit-lugmagbasies in die Vrystaat. Die party sê die minister van Verdediging, Angie Motshekga, en die SANW moet voor die parlement verskyn en ʼn befondste herstelplan vir basiese sekerheid voorlê. Chris Hattingh van die DA sê volgehoue kabeldiefstal by militêre basisse het regstreekse sekerheidsimplikasies:
Die polisie ondersoek die skietdood van 'n vermeende bendeleier buite die Mitchell's Plain-landdroshof op die Kaapse Vlakte. Inwoners van Parys in die Vrystaat is warm onder die kraag oor onbetroubare watervoorsiening. Kommer oor toenemende voorvalle van geweld op skoolgronde. 'n Studie wys daar is steeds 'n tekort aan vroue in die direksies van maatskappye.
Cosatu het 'n beroep gedoen op die Vrystaatse leierskap van die ANC, om die party skoon te maak van alle burgemeesters en provinsiale leierskap wat by wangedrag geïmpliseer word en die beweging en regering in oneer gebring het. Die vakbondfederasie sê as die leierskap beweerde oortreders verder beskerm, sal Cosatu en sy geaffilieerdes op aanspreeklikheid aandring. Die Cosatu woordvoerder, Zanele Sabela, sê die onlangse verslag van die ouditeur-generaal het verdoemende uitsprake teen munisipaliteite gelewer wat vir te lank sonder aanspreeklikheid gelaat is:
Die Madlanga-kommissie van ondersoek na kriminaliteit, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel se eerste mediakonferensie word verwelkom. Verskeie munisipaliteite in die Vrystaat word deur onreëlmatighede gekenmerk. 'n Konferensie begin in New York oor 'n tweestaat-oplossing vir die Palestyne en Israel.
Reaksie word ontvang op nog ‘n bevestiging van bek-en-klouseer in die buurland, die keer in die Vrystaat wat die aantal uitbrekings in vyf provinsies op 270 te staan. Hiervan is 249 uitbrekings nog aktief. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jako van Wyk, die voorsitter van die Lewendehawe Produsente Organisasie wat sy kommer uitgespreek het oor die bedreiging vir die plaaslike landbousektor.
Alhoewel dit te vroeg is om definitief te sê dat Namibië die "wedloop" in groenwaterstof gewen het, is die land 'n duidelike leier in die streek en word beduidende vordering gemaak. Maar, Suid-Afrika vorder ook. President Cyril Ramaphosa het aangekondig dat vier nuwe vlagskip-groenwaterstofprojekte voorberei word vir voorlegging aan die kabinet. Hy het op die Afrika Groenwaterstof Spitsberaad in Kaapstad gesê hierdie projekte sal bou op die vordering wat reeds gemaak is, insluitend die Coega Groen-Ammoniakprojek in die Oos-Kaap en die loodsprojek by Sasolburg in die Vrystaat wat reeds groenwaterstof vir plaaslike gebruik produseer:
Die DA eis dringende optrede om oorgrensmisdaad in die Vrystaat te stuit. Ons neem die termyn van die afgetrede hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, in oënskou. Entrepreneurskap onder die jeug is in die kollig tydens Jeugmaand.
AfriForum sê die pas-aangekondigde vennootskap tussen die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en Mangaung se Verkeersdepartement in die Vrystaat hou die risiko in om burgerlike wetstoepassing te militariseer. Die organisasie waarsku dat militêre opleiding vir verkeersbeamptes die publiek se vertroue kan ondermyn en wetstoepassing kan wegskuif van 'n gemeenskapsgebaseerde benadering. Jacques Broodryk van AfriForum het om duidelikheid gevra oor die omvang van die Weermag se betrokkenheid, en benadruk dat verkeers-wetstoepassing 'n burgerlike funksie moet bly:
Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering is daartoe verbind om saam met boere te werk om hul probleme aan te spreek. Hy het ʼn draai gemaak by die Nampo Oesdag in die Vrystaat wat een van die grootste landbou-tentoonstellings is. President Cyril Ramaphosa het dit ook vroeër die week besoek waar hy gesê het Afrikaners wat na Amerika vertrek het, kies die lafhartige uitweg. Mashatile sê die boere wat hy by Nampo ontmoet het, is nie van plan om die land te verlaat nie:
Die eerste groep Afrikaner-“vlugtelinge” land in die VSA. Suid-Afrika word in 'n internasionale opname as die sewende beste land beskryf. Die 2025 NAMPO-Oesdag begin amptelik vandag in Bothaville in die Vrystaat.
Drie liggame, vermoedelik dié van polisielede wat verlede week vermis geraak het, is in die Hennopsrivier in Centurion gevind. Die lede, wat op pad van die Vrystaat na Polokwane was, het op 23 April verdwyn terwyl hulle in 'n wit Volkswagen Polo gereis het. Volgens polisiewoordvoerder Athlenda Mathe is die liggame nog nie geïdentifiseer nie en soektogte en ondersoeke duur voort:
Die DA eis 'n volle ondersoek en dissiplinêre optrede ná die onttrekking van atlete van Limpopo uit die SA skolekampioenskappe in Bloemfontein in die Vrystaat. Die party sê atlete is sonder kos of verblyf gelaat en moes op busse slaap na mislukte beplanning deur die provinsiale Departement van Sport, Kuns en Kultuur. Franco Marx van die DA dring aan dat diegene wat verantwoordelik is, aanspreeklik gehou moet word om die publiek se vertroue te herstel:
Die landbou-departement in die Vrystaat doen 'n beroep vir waaksaamheid namate die Afrika-kommandowurm-uitbreking vererger. Meer as 70 gevalle is in Gariep, Lejweleputswa en die Mangaung Metro aangeteken, met nuwe uitbrekings in Bultfontein, Hoopstad en Brandfort. Moliehi Moeng van die departement sê die owerhede versprei tans chemikalieë en spuite aan boere wat geraak is:
'n Gekoördineerde operasie waarby die polisie in die Vrystaat, die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Noord-Kaap betrokke was, het gelei tot die beslaglegging op tik ter waarde van 50 miljoen Suid-Afrikaanse rand en die arrestasie van 'n 35-jarige man. Lede van Aliwal-Noord Speur- en Misdaadintelligensie het inligting ontvang van 'n vragmotor wat van Smithfield na Aliwal-Noord onderweg was en dwelms vervoer het. 'n Polisiewoordvoerder, Loraine Earle, sê die voertuig is onderskep en deeglik deursoek:
Francois Wilken, boer en president van Vrystaat Landbou, verduidelik hoekom daar 'n meningspeiling onder hulle lede is. Volg RSG Geldsake op Twitter
Chris Burgess, hoofredakteur van Landbouweekblad, gesels oor Vrystaat Landbou se meningspeiling onder sy lede en die moontlike gevolge indien die organisasie sou onttrek. Volg RSG Geldsake op Twitter
Sestig boere van die Namibiese Landbou Unie gaan van 3 tot 8 Maart vier suksesvolle herlewingsboere in Suid Afrika besoek. Dr. Louis Du Pisanie van die Universiteit van die Vrystaat het die toer gereël vir Namibiese boere om kers op te steek by die boere. Die doel is om te gaan kyk hoe boere hulle weiding kan herstel om grondgesondheid te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Piet Gouws, die voormalige president van die Namibiese Landbou Unie, wat meer inligting gee oor die toer.
Die DA in die Vrystaat vra vir die vestiging van gespesialiseerde landelike veiligheidseenhede en verhoogde polisiesigbaarheid om voortdurende plaasmoorde in die provinsie aan te spreek. Dit volg na onlangse aanvalle in Rouxville, Glen en Parys, wat landelike gemeenskappe en die landbousektor diep geraak het. DA-woordvoerder, Werner Horn, sê meer moet gedoen word om boere en hul werkers teen gewelddadige aanvalle te beskerm:
Die African Transformation Movement eis geregtigheid en vergoeding nadat 'n pasiënt na bewering komplikasies ontwikkel het ná 'n mislukte operasie by die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein in die Vrystaat. Die party het die hospitaal se bestuur gekritiseer en beweer hulle was nalatig en het versuim om behoorlike sorg te verskaf. Die ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, eis aanspreeklikheid van die provinsiale Departement van Gesondheid en vra verder 'n opknapping van die gesondheidsorgstelsel om soortgelyke voorvalle in die toekoms te voorkom:
Die Vrystaatse Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake is bekommerd oor die erge reën en donderstorms wat skade in Welkom in die Vrystaat aangerig het. Die woordvoerder, Zimasa Mbewu, sê in die stadium kan die departement nie bevestig of 'n tornado of hewige donderstorm die skade veroorsaak het nie, maar hulle wag op 'n bevestigingsverslag van die Suid-Afrikaanse Weerdiens:
Danie Naudé, 'n navorsingsassistent aan die Universiteit van die Vrystaat, het by die Keetmanshoop-streekkongres van die Namibië Landbou-unie en Veeprodusente-organisasie 'n tekort aan Namibiese skape by Suid-Afrikaanse slagplase bespreek. Hy was deel van 'n navorsingspan wat Suid-Afrikaanse wanpersepsies wat Namibië blameer vir swak speenkalf- en skaappryse bestudeer het. Dit spruit deels uit Namibië en Botswana se grensbeheer vir sekere gewasse, wat volgens Suid-Afrikaners strydig is met die SACU-ooreenkoms. Die studie het bevind Namibiese skape is van kritieke belang vir sommige abbatoirs, met een slagplaas wat 90 persent van sy deurset van Namibië verkry. Kosmos 94.1 Nuus het met die landboukenner Wallie Roux gesels, wat meer inligting gee.
Die regering sê hy koördineer omvattende ondersoeke na die uitbreking van siektes wat deur voedsel veroorsaak word in Gauteng, Mpumalanga, die Vrystaat, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. Die Gesondheidsminister, Aaron Motsoaledi, het verlede week bekendgemaak organofosfaat, wat in plaagdoders gebruik word, het verlede maand ses kinders in Soweto se dood veroorsaak. Hulle het volgens berigte ʼn pakkie skyfies gedeel wat hulle by ʼn plaaslike spazawinkel gekoop het. Gavin Sadler van die regering sê hulle voer ʼn openbare veldtog om mense op te voed en bewus te maak van voedselveiligheid: