Province of South Africa
POPULARITY
AfriForum sê die pas-aangekondigde vennootskap tussen die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en Mangaung se Verkeersdepartement in die Vrystaat hou die risiko in om burgerlike wetstoepassing te militariseer. Die organisasie waarsku dat militêre opleiding vir verkeersbeamptes die publiek se vertroue kan ondermyn en wetstoepassing kan wegskuif van 'n gemeenskapsgebaseerde benadering. Jacques Broodryk van AfriForum het om duidelikheid gevra oor die omvang van die Weermag se betrokkenheid, en benadruk dat verkeers-wetstoepassing 'n burgerlike funksie moet bly:
Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering is daartoe verbind om saam met boere te werk om hul probleme aan te spreek. Hy het ʼn draai gemaak by die Nampo Oesdag in die Vrystaat wat een van die grootste landbou-tentoonstellings is. President Cyril Ramaphosa het dit ook vroeër die week besoek waar hy gesê het Afrikaners wat na Amerika vertrek het, kies die lafhartige uitweg. Mashatile sê die boere wat hy by Nampo ontmoet het, is nie van plan om die land te verlaat nie:
Die eerste groep Afrikaner-“vlugtelinge” land in die VSA. Suid-Afrika word in 'n internasionale opname as die sewende beste land beskryf. Die 2025 NAMPO-Oesdag begin amptelik vandag in Bothaville in die Vrystaat.
Drie liggame, vermoedelik dié van polisielede wat verlede week vermis geraak het, is in die Hennopsrivier in Centurion gevind. Die lede, wat op pad van die Vrystaat na Polokwane was, het op 23 April verdwyn terwyl hulle in 'n wit Volkswagen Polo gereis het. Volgens polisiewoordvoerder Athlenda Mathe is die liggame nog nie geïdentifiseer nie en soektogte en ondersoeke duur voort:
Professor Stephan Joubert — teoloog, skrywer van meer as 55 boeke, buitengewone professor aan die Universiteit van die Vrystaat en stigter van die digitale geloofsgemeenskap e-kerk, praat oor God se karakter.
Die DA eis 'n volle ondersoek en dissiplinêre optrede ná die onttrekking van atlete van Limpopo uit die SA skolekampioenskappe in Bloemfontein in die Vrystaat. Die party sê atlete is sonder kos of verblyf gelaat en moes op busse slaap na mislukte beplanning deur die provinsiale Departement van Sport, Kuns en Kultuur. Franco Marx van die DA dring aan dat diegene wat verantwoordelik is, aanspreeklik gehou moet word om die publiek se vertroue te herstel:
Die landbou-departement in die Vrystaat doen 'n beroep vir waaksaamheid namate die Afrika-kommandowurm-uitbreking vererger. Meer as 70 gevalle is in Gariep, Lejweleputswa en die Mangaung Metro aangeteken, met nuwe uitbrekings in Bultfontein, Hoopstad en Brandfort. Moliehi Moeng van die departement sê die owerhede versprei tans chemikalieë en spuite aan boere wat geraak is:
'n Gekoördineerde operasie waarby die polisie in die Vrystaat, die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Noord-Kaap betrokke was, het gelei tot die beslaglegging op tik ter waarde van 50 miljoen Suid-Afrikaanse rand en die arrestasie van 'n 35-jarige man. Lede van Aliwal-Noord Speur- en Misdaadintelligensie het inligting ontvang van 'n vragmotor wat van Smithfield na Aliwal-Noord onderweg was en dwelms vervoer het. 'n Polisiewoordvoerder, Loraine Earle, sê die voertuig is onderskep en deeglik deursoek:
Wie moet SA se nuwe ambassadeur na Amerika wees, en wat is volgende vir SA-VSA verhoudinge? Onderwysers in die Vrystaat kan hulle mediese fonds verloor. Kommer oor die stand van menseregte in die land.
Dr. Liezel Rudolph, senior lektor aan die Universiteit van die Vrystaat oor Suid-Afrika se unieke geomorfologie.
President Cyril Ramaphosa sê hy verwag 'n verslag van Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika, Ebrahim Rasool, wat die land moet verlaat. Die regering is bekommerd oor die situasie in KwaZulu-Natal waar oorstromings reeds sedert Januarie, 24 lewens geëis het. Vrae oor staatsdienswerkers in die Vrystaat se mediese fonds-bydraes wat nie by die fonds uitkom nie. Insekte word in die Hartebeespoortdam vrygelaat om te help met oorgroeide plante.
Die ANC wil sy takke in die Vrystaat versterk. Reaksie op die Amerikaanse president se jongste aanbod aan Suid-Afrikaanse boere. Huldeblyke stroom in ná die dood van dramaturg Athol Fugard.
Francois Wilken, boer en president van Vrystaat Landbou, verduidelik hoekom daar 'n meningspeiling onder hulle lede is. Volg RSG Geldsake op Twitter
Chris Burgess, hoofredakteur van Landbouweekblad, gesels oor Vrystaat Landbou se meningspeiling onder sy lede en die moontlike gevolge indien die organisasie sou onttrek. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die polisie in Gauteng soek na minstens agt verdagtes, wat na bewering betrokke was by die gru-aanranding van klante in 'n nagklub in Pretoria. 'n Verslag oor die werklikhede van vaderskap in Suid-Afrika is onlangs vrygestel. Boere in die Noord-Kaap en Vrystaat sukkel om voort te bestaan midde die voortslepende droogte.
Sestig boere van die Namibiese Landbou Unie gaan van 3 tot 8 Maart vier suksesvolle herlewingsboere in Suid Afrika besoek. Dr. Louis Du Pisanie van die Universiteit van die Vrystaat het die toer gereël vir Namibiese boere om kers op te steek by die boere. Die doel is om te gaan kyk hoe boere hulle weiding kan herstel om grondgesondheid te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Piet Gouws, die voormalige president van die Namibiese Landbou Unie, wat meer inligting gee oor die toer.
Munisipaliteite in die Vrystaat vermors meer as R3-miljard rand se water in vyf jaar. Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê die regering se beplande ondersteuningsfonds vir slegs swart sakeondernemings, is ongrondwetlik.Ons ondersoek die impak van oorvol klaskamers op die welstand van leerlinge en onderwysers.
Tersiêre instellings bars uit hulle nate. Ons praat met 'n kenner oor die groeiende gaping tussen beskikbare plek by universiteite en die reuse aantal studente-aansoeke. Die polisie in die Vrystaat sê Operasie Vala uMgodi behaal groot sukses in die stuit van onwettige mynbou in dié provinsie. Ons vra 'n krimonoloog vir haar insette nadat 'n man onlangs in hegtenis geneem is vir die besit en verspreiding van kinderpornografie. Suid-Afrika het twee jaar nodig om van rommelstatus te herstel, sê die Minister van Finansies by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos. Die MeerKAT-radioteleskoop in die Noord-Kaap illustreer sy uitsonderlike vermoëns met nóg 'n nuwe ontdekking.
Die DA in die Vrystaat vra vir die vestiging van gespesialiseerde landelike veiligheidseenhede en verhoogde polisiesigbaarheid om voortdurende plaasmoorde in die provinsie aan te spreek. Dit volg na onlangse aanvalle in Rouxville, Glen en Parys, wat landelike gemeenskappe en die landbousektor diep geraak het. DA-woordvoerder, Werner Horn, sê meer moet gedoen word om boere en hul werkers teen gewelddadige aanvalle te beskerm:
Die African Transformation Movement eis geregtigheid en vergoeding nadat 'n pasiënt na bewering komplikasies ontwikkel het ná 'n mislukte operasie by die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein in die Vrystaat. Die party het die hospitaal se bestuur gekritiseer en beweer hulle was nalatig en het versuim om behoorlike sorg te verskaf. Die ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, eis aanspreeklikheid van die provinsiale Departement van Gesondheid en vra verder 'n opknapping van die gesondheidsorgstelsel om soortgelyke voorvalle in die toekoms te voorkom:
Die Vrystaatse Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake is bekommerd oor die erge reën en donderstorms wat skade in Welkom in die Vrystaat aangerig het. Die woordvoerder, Zimasa Mbewu, sê in die stadium kan die departement nie bevestig of 'n tornado of hewige donderstorm die skade veroorsaak het nie, maar hulle wag op 'n bevestigingsverslag van die Suid-Afrikaanse Weerdiens:
Ons berig oor die mini-tornado wat Welkom in die Vrystaat getref het. Verskeie weerwaarskuwings tot en met Vlak 8 geld oor die ooste van die land. Anthony Blinken besoek Suid-Korea.
Parys in die Vrystaat steier onder 'n waterkrisis. Die skending van menseregte in konflikgeteisterde gebiede is in die kollig op Internasionale Menseregtedag. Die dobbelbedryf se bydrae tot die ekonomie neem toe.
Nie die dorp in die Vrystaat nie - die idee dat jy kan doen wat jy wil. Ons praat oor verskil tussen lande, vryheid om vinnig te ry soos op die autobahn, vryhede waar jy jouself inperk, ens.
Misdaadgesteisterde gemeenskappe in Gauteng sê die jongste misdaadstatistiek weerspieël nié die werklikheid nie. Kommer oor die toename in seksuele misdade in die Vrystaat. Amerikaanse ontleders sê Afrikalande kan met reg bekommerd wees oor aangewese Amerikaanse president Donald Trump se administrasie, gegewe die onsekerheid oor sy buitelandse beleid. Die private sektor gryp in om 'n vervalle regeringsgebou in Durban se sakekern te herontwikkel. Wat is die implikasies van die tydelike skietstaking tussen Israel en Libanon?
Danie Naudé, 'n navorsingsassistent aan die Universiteit van die Vrystaat, het by die Keetmanshoop-streekkongres van die Namibië Landbou-unie en Veeprodusente-organisasie 'n tekort aan Namibiese skape by Suid-Afrikaanse slagplase bespreek. Hy was deel van 'n navorsingspan wat Suid-Afrikaanse wanpersepsies wat Namibië blameer vir swak speenkalf- en skaappryse bestudeer het. Dit spruit deels uit Namibië en Botswana se grensbeheer vir sekere gewasse, wat volgens Suid-Afrikaners strydig is met die SACU-ooreenkoms. Die studie het bevind Namibiese skape is van kritieke belang vir sommige abbatoirs, met een slagplaas wat 90 persent van sy deurset van Namibië verkry. Kosmos 94.1 Nuus het met die landboukenner Wallie Roux gesels, wat meer inligting gee.
Henning Mostert is een van daai mense wat jou beter laat voel oor die wêreld, die kerk, jouself en sommer die hele lewe. Hy is dominee op 'n klein dorpie in Botswana, maar ook 'n meganiese ingenieur, met 'n Meestersgraad in Veeartsenykunde en hy kan orrel en klavier speel en hy hou van seil — and that's just scratching the surface! “Ghanzi is net mooi in die middel van alles,” lag hy. “Ons is 1000km van Swakopmund af en 1000km van die Victoria meer af, 1200km van die Vrystaat, 1000 van Johannesburg 1500km van die Kaap.” Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
Die regering sê hy koördineer omvattende ondersoeke na die uitbreking van siektes wat deur voedsel veroorsaak word in Gauteng, Mpumalanga, die Vrystaat, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. Die Gesondheidsminister, Aaron Motsoaledi, het verlede week bekendgemaak organofosfaat, wat in plaagdoders gebruik word, het verlede maand ses kinders in Soweto se dood veroorsaak. Hulle het volgens berigte ʼn pakkie skyfies gedeel wat hulle by ʼn plaaslike spazawinkel gekoop het. Gavin Sadler van die regering sê hulle voer ʼn openbare veldtog om mense op te voed en bewus te maak van voedselveiligheid:
Nersa het twee lisensies aan Eskom toegestaan om sonkragfasiliteite in die Wes-Kaap en die Vrystaat te bedryf. Jan Vermeulen, redakteur van MyBroadband gesels oor die nuwe lisensies, en die toekoms van hernubare energie in Suid-Afrika. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die minister van toerisme, Patricia de Lille, sê die Somerveldtog skep ʼn goeie platform om Suid-Afrika te bevorder as ʼn aantreklike bestemming wat plaaslike en internasionale reisigers moet sien. Sy het die veldtog in die Vrystaat bekendgestel. De Lille sê die doel is om mense aan te moedig om meer te reis, weggesteekte juweeltjies te ontdek en alle dele van die land te besoek.
Die Departement van Water en Sanitasie sê die Lesotho-hooglandwaterprojektonnel se onderhoud-operasies wat volgens beplanning in Maart 2025 voltooi sal wees, verloop goed sedert die sluiting van die tonnel vroeër die maand. Die woordvoerder van die departement, Wisane Mavasa, sê die tonnels se water is gedreineer en die proses van drooglegging het 'n volle week geduur. Sy sê water uit die tonnels is in die Caledon- en Klein-Caledon-riviere in die Vrystaat gestort:
Adjunkpresident Paul Mashatile het erken die regering kon meer gedoen het om voor te berei vir die swaar sneeuneerslag wat in verskeie dele van die land voorgekom het. Hy het gister die hoofrede gelewer by die regering se Erfenisdag-herdenking in Ficksburg in die Vrystaat. Verskeie provinsies het die afgelope paar dae onder swaar sneeuval deurgeloop, insluitend KwaZulu-Natal, waar twee mense verkluim het. Mashatile sê Suid-Afrikaners moet voorbereid wees op die uitwerking van klimaatsverandering:
Die Landbou-sakekamer het kommer uitgespreek oor vee se welsyn ná die sneeu in die Oos-Kaap, die Vrystaat en KwaZulu-Natal. Wandile Sihlobo van Agbiz moedig boere aan om vee vir beesvleis, wildsvleis en suiwel te monitor. Hy waarsku oor moontlike logistieke kwessies in die vervoer van noodsaaklikhede soos melk, as gevolg van weerstoestande, maar sê assesserings is tans aan die gang:
Die regering het nooddiensspanne geloof vir hulle reaksie op situasies wat weens gure weerstoestande in dele van die land ontstaan het. Twee mense is in KwaZulu-Natal dood nadat hulle op die N3-hoofweg in sneeu vasgekeer is. Dele van Gauteng, die Oos-Kaap, Mpumalanga en die Vrystaat is ook deur sneeu geraak. Die regering se waarnemende woordvoerder, Nomonde Mnukwa, sê hoewel paaie opgeruim is, moet motoriste steeds versigtig bestuur omdat sommige paaie steeds glad is:
Die regering raai motoriste in verskeie provinsies aan om hul reise te kanselleer tot die weerstoestande verbeter. Sinombulelo Mlisa van die Regeringskommunikasie- en inligtingstelsel sê hewige weerstoestande het swaar sneeu oor dele van Gauteng, die Vrystaat, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap meegebring:
Die organisasie, WaterCan, sê swak beplanning is die rede vir waterprobleme in Gauteng. Vyf munisipaliteite in die Vrystaat skuld die Vaal Sentraal-waterraad R10 miljard. Ons praat met 'n ontleder oor die verhoogde spanning in die Midde-Ooste, wat die Lebanon-ontploffings meebring.
Die adjunkminister van Water en Sanitasie David Mahlobo het aangekondig die Lesotho Hoogland-waterprojek se tonnels sal van 1 Oktober tot 31 Maart 2025 gesluit wees vir onderhoud en herstelwek. Die sluiting raak die Vrystaat, Mpumalanga, dele van Gauteng en Noordwes. Die minister gee die versekering maatreëls is ingestel om voldoende watervoorraad te verseker en moedig gemeenskappe aan om water te bespaar.
Die Suider-Afirkaanse Agri-inisiatief, SAAI het nóg 'n vee-slagting deur zama-zama's in die Vrystaat se Goudvelde veroordeel. Vee wat aan 'n boer van Ventersburg en Virginia behoort het, is gesteel en gister deur onwettige mynwerkers geslag. Die uitvoerende hoof van SAAI, Francois Rossouw, sê die polisie moet hulle pogings verskerp om van Zama Zama's in gemeenskappe ontslae te raak:
Die Vryheidsfront Plus in die Vrystaat sê munisipaliteite het die afgelope agt boekjare altesaam 3,8-miljard Suid-Afrikaanse rand se voorwaardelike toelaes verbeur. Die fondse wat vir infrastruktuur-probleme bedoel was, is aan Nasionale Tesourie teruggegee. ʼn Woordvoerder van die party, Armand Cloete, sê dit is terwyl riool deur die strate vloei, waterlekkasies groot verliese veroorsaak, paaie verbrokkel en noodsaaklike behuisingsprojekte onvoltooid is.
Die Neema-stigting vir Dowes het die kroning van Mia le Roux as Mej. SA 2024 as geskiedkundig beskryf want dit plaas die kollig op kwessies wat die dowe-gemeenskap raak. Die 28-jarige model wat in die Vrystaat gebore is, is die eerste gehoorgestremde vrou om die gesogte titel te verower. Sy is op eenjarige ouderdom met ernstige gehoorverlies gediagnoseer. Fatima Cele van die stigting sê die Mej. SA-organisasie het ook getoon wat moontlik is deur persone met gestremdhede, veral uit die gemeenskap van dowes en hardhorendes, in te sluit:
AfriForum het suksesvol druk toegepas op die Departement van Water en Sanitasie in die Vrystaat om sy besluit te herroep om ‘n tydelike oordrag van ‘n waterlisensie gebaseer op ras te weier. ‘n Woordvoerder van AfriForum, Marais de Vaal, sê die regsaksie was omdat die Departement geweier het om die oordrag van ‘n swart boer na ‘n wit boer goed te keur. Hy sê hierdie oorwinning verwerp diskriminerende praktyke:
Rugby: Jan-Hendrik Wessels draf môre op die Vrystaat-stadion die eerste keer in 'n Springboktrui op die veld wanneer die Springbokke vir Portugal pak. Die jong stut het in Bloemfontein grootgeword en was op Grey-kollege saam met die haker André-Hugo Venter, wat ook gereed is vir sy eerste toets, van die reserwebank af. Hulle twee is Grey se 46ste en 47ste Springbokke. Wessels sê dit is baie spesiaal om sy debuut voor sy tuisskare te maak.
‘n Multidissiplinêre span onder aanvoering van die SAPD se teen-ontvoeringtaakspan het 12 sakepersone en ses studente gered wat die laaste ses maande vir ‘n losprys ontvoer is. Die jongste slagoffer is ‘n 49-jarige Portugese sakeman wat Maandag in Snake Park, Soweto, gered is. Die woordvoerder van die SAPD, Athlenda Mathe, het onthul die polisie het 49 ontvoerders aangekeer en op 21 voertuie en agt vuurwapens beslag gelê in Gauteng, Noordwes en die Vrystaat:
Sokker: Die waarnemende minister van Sport, Maropene Ramokgopa, vra Suid-Afrikaners om hulle agter Bafana Bafana te skaar en môre die Vrystaat-stadion in Bloemfontein vol te pak. Suid-Afrika speel teen Zimbabwe in 'n Wêreldbeker-kwalifiseringswedstryd. Groep C is nog wyd oop, met slegs drie punte tussen Lesotho in die eerste plek en Zimbabwe onderaan die punteleer. Die departement se woordvoerder, Litha Mpondwana, sê dit is Bafana Bafana se eerste wedstryd in Bloemfontein sedert 2010.
Die departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling in Suid-Afrika, raai boere aan om nie diere op hul grond toe te laat sonder veeartsenykundige gesondheidsklarings by diere se oorsprong nie. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê die virus wat die uitbreking van bek-en-klouseer op 'n plaas in Humansdorp in die Oos-Kaap veroorsaak het, is amper identies aan die een wat gelei het tot wydverspreide uitbrekings in 2021 en 2022 in Limpopo, Noordwes, Vrystaat, Gauteng en Mpumalanga.
Joubert Roux, medestigter van Zero Carbon Charge gesels oor hulle ooreenkoms met die Vrystaat-regering. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling sê daar is 'n toename in kinderverlating, met meer as 250 gevalle wat aangemeld is vanaf Oktober tot Desember verlede jaar. Die departement se woordvoerder, Lumka Oliphant, sê die meerderheid het in KwaZulu-Natal, die Vrystaat en die Wes-Kaap voorgekom. Oliphant beklemtoon pogings om bewusmaking oor seksuele gesondheidsregte te versprei om tienerswangerskappe uit te skakel en ondersteuning te bied. Sy sê onderwys-, berading- en aannemingsdienste is daarop gemik om tienerswangerskappe en kinderwelsyn aan te spreek:
ActionSA se president, Herman Mashaba, sê die komende algemene verkiesing bied ‘n besondere geleentheid om die regerende ANC se bewind van drie dekades te beëindig. Die party het sy premierskandidate bekendgemaak vir Mpumalanga, die Oos-Kaap en die Vrystaat nadat hy vroeër reeds kandidate in vier ander provinsies bekend gemaak. Hy sê daar is onbenutte potensiaal in dié drie provinsies. Volgens Mashaba het ActionSA meer as 500 000 stemme in ses munisipaliteite ontvang, al is die party slegs ‘n jaar voor 2021 se plaaslike regeringsverkiesing gestig:
Daar was geen renosterstropery in die Kunene- en Erongo-streke aan die einde van 'n wonderlike jaar vir die Save the Rhino Trust nie. Dit is 'n groot verbetering vanaf 'n paar jaar gelede. Volgens 'n studie deur die Namibiese Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie en die Universiteit van die Vrystaat, was een van die gebiede met die hoogste koerse van wildstropery egter die Erongo-streek, dwarsdeur die tydperk 2015 tot 2020. Simson !Uri-≠Khob, die hoof uitvoerende beampte van die trust, het hul prestasies met Kosmos 94.1 Nuus bespreek.
Die Vryheidsfront Plus in die Vrystaat sê hy is oortuig moedertaalonderrig is die sleutel om die provinsie se hoë druipsyfer aan te spreek. Byna 40 persent graad 10's en 26 persent graad 8's in die provinsie het verlede jaar nie hulle eksamen geslaag nie. Armand Cloete van die party sê dit beteken niks om die beste slaagsyfer in die land te hê as vier uit elke tien graad 10 leerders in die provinsie in dieselfde jaar druip nie: