POPULARITY
Jean-Louis gesels met Manuel Coelho, 'n gerespekteerde figuur in Namibiese sokker. Manuel het Suidwes-Afrika op O/16- en O/19-vlak verteenwoordig, 18 jaar vir Ramblers gespeel en daarna vir 19 jaar as Voorsitter en 12 jaar as President van die klub gedien. As 'n "A"-lisensie gesertifiseerde afrigter met internasionale ervaring in Angola en Duitsland deel hy sy insigte oor die Sokkerwêreldbeker, sy loopbaan en die ontwikkeling van sokker in Namibië. Luister na 'n boeiende gesprek vol ervaring, perspektief en passie vir die spel.
Die voorsitter van die Amerikaanse Federale Reserweraad, Kevin Warsh, sê hy stel 'n hervormingsagenda bekend wat sal bepaal hoe die sentrale bank sy monetêre beleid bestuur en kommunikeer. Federale goewerneurs het daarvoor gestem om die belastingkoers vir die vierde opeenvolgende vergadering bestendig te hou met die riglyn-uitleenkoers van tussen 3,5- en 3,75-persent. Warsh, wat Jerome Powel vervang het, sê hulle het die vermoë en toewyding om prysbestendigheid tot op die beoogde twee-persent te bring:
Die DA Gauteng-leier Solly Msimanga het sy kandidatuur vir die party se federale voorsittersposisie aangekondig, wat tans deur die Wes-Kaapse LUR vir landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Ivan Meyer, beklee word. Msimanga het in Pretoria gepraat en klem gelê op die versterking van partystrukture, die interne desentralisering van mag en die voorbereiding vir die komende verkiesing. Die voormalige Tshwane-burgemeester het belowe om partybeginsels te verdedig, terwyl hy verseker dat takke en lede 'n sterker besluitnemingstem het:
Lucas Muha is terug aan die stuur van sake by die Nasionale Raad, en sal die sewende raad lei nadat hy ook die sesde voorsitter was. Elke streek word verteenwoordig deur drie raadslede, verkies in die streeks- en plaaslike owerheidsverkiesings in November. Swapo se Emma Muteka tree in as adjunkvoorsitter en volg Victoria Kauma op. Muha belowe om met deursigtigheid en integriteit te lei.
Die BBC-voorsitter Samir Shah het ʼn verskoning uitgereik nadat ʼn toespraak van president Donald Trump van Amerika geredigeer is in ʼn episode van Panorama, en noem dit ʼn oordeelsfout. Die program het Trump se toespraak so geredigeer dat dit lyk asof hy ondersteuners op 6 Januarie 2021 direk aanhits tot geweld in die Kongresgebou. Die BBC se direkteur-generaal, Tim Davie, en uitvoerende nuushoof, Deborah Turness, het bedank. Shah ontken bewerings van sistemiese vooroordeel:
Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, het die bedanking van Karen Stander as voorsitter van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente formeel erken. Manamela het Stander ontmoet om haar bekommernisse te bespreek, ondermeer boelies, intimidasie, rassisme en veiligheidsbedreigings, gevolg deur 'n volle raadsvergadering vandag. Die departement se woordvoerder, Matshepo Seedat, sê Manamela is diep bekommerd oor die bewerings en beklemtoon dat Nsfas etiese, deursigtige en verantwoordbare bestuur moet handhaaf:
Die DA het diep kommer uitgespreek oor die skielike bedanking van die voorsitter van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, Karen Stander. Stander het verwys na dreigemente, boeliegedrag en rassisme. Delmaine Christians van die party doen 'n beroep op minister Buti Manamela om voor die Parlement te verskyn om hierdie bewerings aan te spreek en stappe uiteen te lê om bestuur en vertroue te herstel. Christians sê die DA belowe om streng toesig te handhaaf om Nsfas-bestendigheid te verseker en studentefinansiering te beskerm:
Die DA maan die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, om dringend ʼn nuwe voorsitter vir die Nasionale Loterykommissie aan te stel. Dit volg na die bedanking van Barney Pityana. ʼn DA-woordvoerder, Toby Chance, sê die minister moenie sy voorganger, Ebrahim Patel wat 18 maande gevat het om die gewese voorsitter, Alfred Nevhutanda, te vervang, se fout herhaal nie. Hy sê Pityana moet erkenning kry omdat hy die proses begin het om die Loterykommissie te suiwer:
Die Landbou-werkgewersvereniging het so pas hul jaarlikse kongres aangebied, met 'n rekordbywoning van 65 verteenwoordigers. 'n Praatjie oor geestesgesondheid op plase was baie gewild en gasspreker, Pastoor Wimpie Vernooy, het die gesprek gelei. Kosmos 94.1 Nuus het met Danie van Vuuren gepraat, die vereniging se uitvoerende hoof, wat meer inligting gee.
Waar begin 'n mens om die wêreld te verander? Dis maklik – begin by jouself. Op 7 Junie gesels Brandon Erasmus, voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes, op Kopskuif oor hoe een klein verandering in jou binnewêreld 'n rimpeleffek kan hê wat kan uitkring na jou gesin, jou familie, die gemeenskap, jou dorp, jou land en selfs die wêreld. Skakel in en kom luister hoe Brandon stories van hoop en omgee deel. Brandon gesels oor die geleenthede wat die ATKV-tak aan die jeug bied om hulself te laat geld en 'n daadwerklike verskil in hul gemeenskap te maak.
Die Persraad het Independent Media uitgeskop omdat hulle weier om aan beslissings te voldoen, insluitend die terugtrek van 'n rubriek wat die joernalis, Karyn Maughan, met 'n Nazi-propagandis vergelyk. Ten spyte van 'n opdrag om verskoning te vra, het die groep aan die Raad onttrek. Voorsitter, regter Fritz Brand, sê die verset is onaanvaarbaar. Adjunkvoorsitter, Amina Frense, het aan Newzroom Afrika gesê die Raad bly onafhanklik en deursigtig.
Sittings van die Nasionale Vergadering het gister hervat, en is onmiddelik daarna weer uitgestel na volgende week. Volgens die wetgewers het hulle tyd nodig om deur parlementêre dokumente te gaan, soos aanpassings aan die huweliks-wetsontwerp deur die Nasionale Raad. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die IPC se nasionale voorsitter en raadslid van die Windhoek-Oos kiesafdeling, Brian Black, wat nie gelukkig is nie.
Drie Swapo-lede van die Karas-streeksraad se salarisse is opgeskort deur die raad. Een van die raadslede wat geraak is, Lazarus Nangolo, sê die stap is onwettig. Die raadsvoorsitter Joseph Isaack, sê dis nonsens. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê sy besluit is heeltemal binne die wet.
RISE Mzansi het sy nasionale voorsitter, Vuyiswa Ramokgopa, gelukgewens met haar aanwysing as die Gautengse LUR vir Landbou, Landelike Ontwikkeling en Landbouhervorming. Nasionale woordvoerder, Gugu Ndima, benadruk Ramokgopa se onderneming om die Grondwet te onderhou en die 16-miljoen inwoners van Gauteng te dien. Sy verwys na Ramokgopa se agenda, insluitende die beëindiging van honger, die bevordering van plaaslike voedselproduksie en die ondersteuning van kleinskaalse en stedelike boerdery.
Aanmerkings deur Jerome Powell, voorsitter van die Federale Reserweraad, het 'n beduidende impak op kriptomarkte gehad. Powell het vordering met die bekamping van inflasie erken, maar het die behoefte aan volgehoue bewyse beklemtoon voordat rentekoersverlagings oorweeg word. Sy opmerkings, te midde van markverwagtinge vir Fed-koersverlagings, het gelei tot 'n daling in Bitcoin sowel as ander kripto-geldeenhede, gehad en Bitcoin is tans op rondom 56 260 Amerikaanse dollar. Chris Hart, bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, sê Powell se invloed op kriptomarkte is steeds hoog, maar sal begin daal.
Die land is in rep en roer oor die nasionale minimumloon van 18 Namibiese dollar per uur wat in Januarie volgende jaar ingestel sal word. Die proses het in 2021 begin toe die arbeidsministerie die Loonkommissie ingehuldig het om die moontlikheid van 'n nasionale minimumloon te ondersoek. Die stigting van die kommissie was 'n mylpaal in Namibië se strewe om armoede en historiese inkomste-ongelykheid uit te skakel. Kosmos 94.1 Nuus het met Marius Kudumo, die voormalige voorsitter van die Loonkommissie, gesels oor of die minimumloon van 18 dollar strook met die verslag wat die kommissie aan die arbeidsministerie voorgelê het.
Landbou, water and grondhervorming-minister Calle Schlettwein is die nuwe voorsitter van die Zambezi Waterloop Kommissie, of Zamcom. Hy het Donderdag by die elfde Zamcom-Raad van Ministers in Tete, Mosambiek die leisels oorgeneem. Die vergadering het ingesluit die aanvaarding van sleutelbeleide en besluite om die doeltreffende bestuur, volhoubare ontwikkeling, en redelike en billike benutting van die Zambezi-rivier se waterbronne te verseker. Schlettwein verduidelik een van die kommissie se doele.
04.11.2023 - Mariette van Eeden, voorsitter van die VVOS gesels oor VVOS as vereniging en tuiste waar kleuterskole, speelgroepe, dagmoeders, individue en studente betrokke is om goeie praktyk in die opvoeding en versorging van ons kleuters te bevorder.
Die arbeidsministerie het vandag sy 15de Arbeidsadviesraad bekendgestel met die deurwinterde Bro-Mathew Shinguadja was voorsitter. Die funksies van die raad is om oorlegpleging en samewerking tussen die regering en organisasies van werkers en werkgewers te bevorder. Volgens Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging is die raad van kritiek belang vir die arbeidsektor in die land.
15.10.2022 - Kopskuif - Letecia Swartz - Voorsitter: ATKV-tak Hande van Geloof
15.10.2022 - Kopskuif - Letecia Swartz - Voorsitter: ATKV-tak Hande van Geloof
Die nuut-aangestelde voorsitter van Eskom se raad, Mpho Makwana, het sy strategie uiteengesit om die huidige toestand van die kragvoorsiener om te keer. Makwana sê die verbetering van die beskikbaarheid van energie, wat tans op 59 persent staan, moet voorop gestel word. Makwana sê die uitdaging wat voorlê is om die land se opwekkings-eenhede tot 75 persent te herstel.
Mpho Makwana is aangestel as nuwe voorsitter van Eskom se raad. Die Suid-Afrikaasne minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, het die nuwe raad aangekondig wat die kabinet vanoggend goedgekeur het. Hy sê die raad sal reeds môre met sy werksaamhede begin.
20.08.2022 - Kopskuif - Trudie Swanepoel - Voorsitter: ATKV-damestak Despatch
20.08.2022 - Kopskuif - Trudie Swanepoel - Voorsitter: ATKV-damestak Despatch
Ainsley Moos - voorsitter, US Raad Opneem
Nuuspod praat met die hoof van die Solidariteit Beweging, Flip Buys, oor hoe hy die huidige stand van Suid-Afrikaanse politiek beskou. Ons praat oor selfsorg, federasies, vervalle infrastruktuur, gevalle staat en wat hy verwag in die munisipale verkiesings in Oktober gaan gebeur.
Reaksie word ontvang op aanmerkings deur die Adjunkpresident Nangolo Mbumba dat die implementering van die Afrika Vryhandelooreenkoms 100 miljoen Afrikane teen 2035 uit armoede kan lig. Maar, volgens Pieter van Niekerk, die Voorsitter van die Team Namibia-raad, moet kleiner lande soos Namibië versigtig onderhandel omdat groter besighede kleiner maatskappye uit die mark uit kan kompeteer... hy verduidelik.
Leerders maak die meerderheid van Covid-gevalle uit, veral in die afgelope paar dae. Maar, volgens Colette Rieckert, Voorsitter van die Privaatskole Vereniging van Namibië is daar geen rede om paniekerig te raak nie. Sy het haar standpunt aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik..
Kaizer Chiefs se Voorsitter, Kaizer Motaung, het die Ellispark-stadion tragedie van 2001 in herinnering geroep. Dit is vandag 20 jaar gelede sedert die stormloop wat die lewe van 43 ondersteuners geëis het. 'n Wedstryd tussen Chiefs en Orlando Pirates het tot verskeie skarebeheer-kwessies aanleiding gegee toe meer as 30 000 mense méér as die voorgeskrewe getal probeer het om die stadion binne te kom. Motaung het die gebeure as die land se ergste sportongeluk beskryf:
Die Goewerneur van die Otjozondjupa-streek James Uerikua het saam met die Voorsitter van die Streeksraad Maralyn Mbakera en die bemarkingsagentskap AMTA tuinbou- en pluimvee produsente besoek. Die goewerneur het insae van belanghebbendes gesoek. Uerikua se Uitvoerende Assistent Elvis Muraranganda sê dit het baie goed afgeloop.
Namibiese grondboontjie produsente het meer as 1 000 hektaar die jaar geplant en ‘n bogemiddelde oes word verwag. Dawie Kok, Voorsitter van die Grondboontjie Vereniging sê reënval was tot dusver baie goed en daar was nie noemenswaardige uitdagings nie. Hy sluit by ons aan...
Die knellende droogte in die Kunene-streek geniet op die oomblik aandag nadat die PDM ‘n mosie ter tafel gelê dat die Nasionale Vergadering ‘n taakmag saamstel om die streek te besoek. Boere in die streek het duisende vee verloor en hulle maak staat op voedselbystand om te oorleef. Die taakmag is pas terug in die hoofstad en die Voorsitter, Nono Katjingisiua, gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus oor wat hulle ervaar het.
Suid-Afrikaanse boere en staatsondernemings soos Eskom moet saam werk om oplossings vir die uitdagings waarvoor beide sektore te staan kom, te vind. Dit is die mening van die Uitvoerende Hoof van die buurland se landbou-maatskappy Senwes, Francois Strydom. Dit volg na beraadslagings met die hoof van Eskom, André de Ruyter. Dr Theo de Jager, Saai se Voorsitter in Suid-Afrika stem saam.
Die Goewerneur van die Otjozondjupa-streek James Uerikua sal saam met die Voorsitter van die Streeksraad Marlayn Mbakera en die bemarkingsagentskap AMTA sal tuinbou- en pluimvee produsente vanaf die komende Sondag tot volgende week Saterdag besoek. Die goewerneur wil insae van belanghebbendes ontvang. Uerikua se Uitvoerende Assistent Elvis Muraranganda sluit by ons aan vir meer oor die besoek.
Die Grondlose Mense Beweging, die LPM het twee van sy Mariental raadslede Daniel Gariseb en Rogetta Haak geskors aangesien hulle na bewering saamgesweer het met Swapo leierskap in die dorp. Gariseb is die Voorsitter van die bestuurskomitee en Haak is 'n gewone bestuurslid van die raad. Dit was 'n onstuimige week vir die LPM, waartydens die party ook afskeid geneem het van MacKay Losper wat die party se vernaamste veldtog-beampte was in die suidelike Kunene-streek. Die party se Adjunkwoordvoerder Joyce Muzengua het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Team Namibia bevraagteken NEEEF onder die huidige ekonomiese omstandighede. Die Billike Ekonomiese Bemagtiging Wetsontwerp ondermyn volgens Team Namibia eenheid en belemmer werkskepping asook belegging. Die grondwetlikheid van die wetsontwerp word ook uit verskeie kringe bevraagteken. Volgens Team Namibia is ’n vryemark stelsel ‘n volhoubare manier om vraag en aanbod, sowel as pryse te bepaal. Daar kan op die oomblik insette gelewer word oor NEEEF alvorens dit teruggestuur word na die Nasionale Vergadering. Pieter van Niekerk, die Voorsitter van Team Namibia het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die eerste groep van 30 Suid-Afrikaanse boere het reeds in Oktober 2019 in die Stavropol boerdery gebied in Rusland aangekom. Ongeveer 15 000 boere het op daardie tydstip beplan om die skuif te maak met groot onsekerheid in Suid-Afrika. Die reëlings is deur AfriForum in die buurland gedoen en Dr Theo de Jager, Saai se Voorsitter in Suid-Afrika en deel van die reëlingskomitee het vanoggend die jongste vir ons...
Die Namibiese Ministerie van Finansies het die aanstelling bevestig van die sewe nuwe raadslede van die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië. Die aanstellings tree amptelik op 1 Maart in werking en loop op 28 Februarie 2024 ten einde. Die lede is Julinda !Garu-Oas, 'n verkrygingsdeskundige, Amon Ngavetene, 'n Hoof Risiko en Nakomingsbeampte, Martin Kambulu, Hoof van Verkryging by Meatco, Ono-Robby Nangolo, 'n Regskenner by die Regshervorming en Ontwikkeling Kommissie en Efaishe Nghiidipaa, 'n Verkrygingsbestuurder by MTC. Hilya Nandago-Herman, wat 'n regs en ontwikkeling finansiële spesialis is en Epafras Shilongo, 'n inginieur is uit die vorige raad heraangestel. Die aanstellings vul die voltydse Voorsitter en Adjunk Voorsitter aan wat Patrick Swarts en Lischen Ramakutla is. Hulle termyn van vyf jaar loop in Maart 2022 ten einde. Tonateni Shidhudhu, Woordvoerder van die Ministerie van Finansies het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Die Landbou Produsente Organisasie, oftewel die LPO van Namibië het met empatie en begrip kennis geneem van die kommer wat uitgespreek is deur die United States Cattlemen's Association, oftewel USCA oor die moonlike bek- en klouseer besmetting uit Afrika, veral uit Namibië. Namibië beskik egter oor 'n siektevrye, hoogs-gereguleerde en individueel naspeurbare lewendehawe-sisteem. Die land het vir ongeveer 60 jaar daarin geslaag om bek- en klouseer vry te wees weens effektiewe en streng prosedures wat in plek is. Die LPO het egter sy begrip uitgespreek oor kommer van die USCA, weens 'n moontlike bek- en klouseer uitbreking suid van die Veeartseny Kordonheining wat 'n ramp sal wees vir die Namibiese rooivleis-industrie. Thinus Pretorius, die Voorsitter van die LPO
Reaksie word steeds ontvang op kommer wat die deur Amerikaanse boere deur middel van die United States Cattlemen’s Association oor bek- en klouseer in Namibië uitgespreek is. Die plaaslike Landbou Kenner Wallie Roux het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat dit onus op Namibiese owerhede is om te bewys dat die gebied suid van die veterinêre kordonheining wel veilig is van bek- en klouseer besmetting. Thinus Pretorius, die Voorsitter van die Namibiese Lewendehawe Produsente Organisasie gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus oor die maatreëls wat in plek is, waarvan die Amerikaners dalk nie bewus is nie.
Die Wapeneienaars Vereniging van Namibië, oftewel GOAN, se jaarvergadering wat in Augustus verlede jaar gehou sou word, is onbepaald uitgestel vanweë die inperkings maatreëls wat van toepassing was. Kallie Venzke, Voorsitter van GOAN gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus oor die jongste oor die vereniging, die wapenwet en meer.
AfriForum in Suid-Afrika se het die buurland se plaasaanval-en-moordstatistieke vir 2020 bekend gemaak tydens ’n regstreekse mediakonferensie. Plaasaanvalle in die buurland is vir ‘n geruime tyd reeds ‘n groot uitdaging. AfriForum het ook sy strategie bespreek om plaasaanvalle te bekamp en het hul nuwe beveilig-en-plaas-veldtog bekend gemaak. Ons sluit aan by Andrea Muller 'n navorser by Afriforum wat die aankondiging gemaak het... sowel as Dr Theo de Jager, die bekende Suid-Afrikaanse Landboukenner en Voorsitter van Saai in die buurland.
Thinus Pretorius, die Voorsitter van die LPO en ook sameroeper van die Landelike Veiligheidsplan wat die NLU tesame met Nampol besig is om uit te rol, ten einde misdaad te help bekamp, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor 'n Namibiese perspektief.
Gesondheidswerkers is in die voorste linie in die stryd teen die Covid-19 pandemie en word gevolglik blootgestel aan groot risiko's. Die WGO het regerings en gesondheidswerkers gevra om bedreigings aan te spreek vir die gesondheid en veiligheid van gesondheidswerkers. Vandag se bespreking by die Covid-19 kommunikasiesentrum in Windhoek het ook gefokus op die gesondheid van gesondheidswerkers tydens die pandemie. Esme Botes, Voorsitter van die Privaat Hospitale Vereniging oor die maatreëls by plaaslike hospitale.
As jy lief is vir voëls en jy weet nie of Jannie ‘n Jannie of Sannie ‘n Sannie is nie, dan is die geslagsbepaling-kliniek en algemene gesondheid bepaling vir jou... Op 9 April vanaf 10-uur die oggend tot 5-uur namiddag, bring jou geveerde maat na die Agra Bank Windhoek Ring en dan die volgende dag, kan jy ‘n maat bekom vir jou Jannie of Sannie... Sergio Lopez, Voorsitter van die Avicultural Association sluit by ons aan...
Dr Theo de Jager, die bekende Suid-Afrikaanse Landboukenner en Voorsitter van Saai in die buurland sê die ANC-regering moes eerder oplossings oorweeg het in plaas van streng inperkings. In sy mening sou duisende werksgeleenthede en industrieë werksverliese en geslote deure gespaar gewees het in die tabak-, wyn- en eko-toerisme sektore in die buurland. Hy sluit by ons aan...
Die impak van die tropiese sikloon Eloise word nog in Suid-Afrika, Mosambiek en Zimbabwe beraam. Daar is kenners wat voorspel dat duisende hektaar landbougrond verlore kan gaan in die drie lande maar dit is nog te vroeg om die omvang van die skade te bevestig. Sommige landbou ekonome het hulle kommer uitgespreek oor veral mielieproduksie omdat dit 'n stapel voedsel is. Derek Mathews, die Voorsitter van Graan SA sluit by ons aan...
Vandag gesels Kosmos 94.1 Landbou oor stedelike boere. Ons klim vir eers uit die kraal uit en kuier in Rehoboth en Windhoek waar groentetuine en ander gemeenskapsinisiatiewe werksgeleenthede skep en voedselsekerheid verskerp. Akkerbou word op die oomblik ondersteun. Ons eerste gas vanoggend is die Voorsitter van die Rehoboth Gemeenskapstrust Ronald Kubas. Dit trust werk in die Rehoboth distrik en het ‘n volle waardeketting geskep met produksie en selfs bemarking.
Die Verkiesingskommissie van Namibië het nog nie 'n datum bepaal vir die herverkiesings in die Suide nie veral weens die aandklokreël en 'n aantal ander faktore. Die kommissie se Voorsitter, Advokaat Notemba Tjipueja sê hulle sal die datum bekend maak sodra daar een in plek is.