Podcasts about woordvoerder

  • 25PODCASTS
  • 376EPISODES
  • 3mAVG DURATION
  • 1EPISODE EVERY OTHER WEEK
  • May 7, 2025LATEST

POPULARITY

20172018201920202021202220232024


Best podcasts about woordvoerder

Latest podcast episodes about woordvoerder

Nuus
Fel kritiek teenoor blouligmafia in SA

Nuus

Play Episode Listen Later May 7, 2025 0:17


Action Society sê die vryspraak van agt polisiebeamptes van adjunkpresident Paul Mashatile se BBP-beskermingseenheid is 'n ernstige terugslag vir geregtigheid en polisie-aanspreeklikheid. Die beamptes, bekend as die “blouligmafia”, is in Julie 2023 op die N1-snelweg in Johannesburg afgeneem terwyl hulle burgerlikes aangerand het, maar is in 'n interne dissiplinêre verhoor vrygespreek. Woordvoerder van die organisasie, Juanita du Preez, sê die uitslag stuur 'n gevaarlike boodskap en traumatiseer die slagoffers opnuut:

Nuus
Onderwysminister moet begroting verduidelik: BOSA

Nuus

Play Episode Listen Later May 7, 2025 0:15


Build One South Africa doen 'n beroep op die Parlementêre Komitee oor Basiese Onderwys om aan te dring dat minister Siviwe Gwarube 'n omvattende uiteensetting van die nasionale onderwysbegroting van 330-miljard Suid-Afrikaanse rand moet verskaf. BOSA wil weet hoeveel aan onderwysers, administrateurs en onderwysbeamptes regoor die land betaal word. Woordvoerder van BOSA, Roger Solomons, sê die minister het die verantwoordelikheid ontduik deur aan die parlement te sê om “by die provinsies te gaan vra”:

Nuus
Drama toe wakker bestuurder transitorowers fnuik

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 30, 2025 0:20


'n Transitorooftog in Umlazi, suid van Durban is dramaties gefnuik, nadat 'n bestuurder die gewapende rowers ontduik het deur by die Mega City-winkelsentrum in te ry. Die voertuig is op die N2-snelweg in 'n lokval gelei. 'n Woordvoerder van A-L-S Paramedici, Garrith Jamieson, sê die bestuurder het vinnig gereageer en by die winkelsentrum se parkeerarea ingery, waarna sekuriteit die hekke gesluit en die aanvallers gedwing het om te vlug terwyl skote afgevuur is:

Nuus
Vergeet van Enoch, hele parlement moet ontbind word

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 29, 2025 0:19


Die Activists and Citizens Forum sê hy verwerp geheel en al die oproepe om die bedanking van die Minister van Finansies, Enoch Godongwana. Godongwana het verlede week aangekondig die 0,5 persent BTW-verhoging word teruggetrek. Woordvoerder van die Forum, Dennis Bloem, sê in plaas van Godongwana, doen hulle 'n beroep dat die hele parlement ontbind word en nuwe verkiesings gehou word:

Nuus
Waarskuwing gerig aan inwoners van laagliggende gebiede by die Vaaldam

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 7, 2025 0:19


nwoners in laagliggende gebiede naby die Vaaldam is gewaarsku om te ontruim weens die gevaar van oorstromings. Sondag is ʼn vyfde sluis oopgemaak om toenemende watervlakke te bestuur weens voortdurende reënval in die Vaalrivier se opvangsgebied. ʼn Woordvoerder van die Departement van Water en Sanitasie, Wisane Mavasa, sê die dam is meer as 100-persent vol, en nóg reën word hierdie week verwag:

Nuus
BTW-verhoging 'ekonomiese doodsvonnis vir gewone burgers'

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 4, 2025 0:20


Die United Africans Transformation sê hy verwerp geheel en al die fiskale raamwerkverslag wat in die parlement aanvaar is. Die party sê die voorgestelde BTW-verhoging is 'n ekonomiese doodsvonnis vir gewone burgers en sal die huishoudelike inkomste dreineer, basiese goedere onbekostigbaar maak en hongerte en armoede vererger. Woordvoerder, Mighty Mabule, sê nie net is dit slegte beleid nie, maar ook ekonomiese oorlogvoering teen die mense en hy is van mening Suid-Afrika moet wegbreek uit die wurggreep van Westerse kapitaliste.

Nuus
MK vra vir beslissende wetstelsel rakende GBV

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 31, 2025 0:17


Die MK Jeugliga sê Suid-Afrika se wetstelsel moet seëvier en beslissend wees in die hantering van beide geslagsgeweld en verkragtingsake. Geslagsgeweld duur voortduur om gesinne en gemeenskappe te verwoes en die party vereis dringende ingryping. Woordvoerder van die MK Jeugliga, Nkateko Mkhabela, sê hulle is geskok en hartgebroke deur die brutale verkragting van 'n sewe-jarige kind in die Oos-Kaap:

Nuus
Beweging vir Kaapse onafhanklikheid reis na VSA

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 18, 2025 0:20


Die Cape Independence Advocacy Group sê hy is voornemens om ʼn afvaardiging na Amerika te stuur om amptenare en ander mense met politieke bande te ontmoet. Die groep het aan president Cyril Ramaphosa, die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, en die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, geskryf en amptelik oor hul planne ingelig. ʼn Woordvoerder van die drukgroep, Joan Swart, sê hulle aktiwiteite sal deur die Grondwet beskerm word en die grondwetlike demokrasie in Suid-Afrika versterk eerder as benadeel:

Nuus
Renosterstroper kry 30 jaar agter tralies

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 11, 2025 0:19


Die Streekhof in Skukuza, Mpumalanga, het 'n 38-jarige Mosambiekse burger, Silas Mathebula, tot 30-jaar tronkstraf gevonnis vir misdade wat verband hou met renoster-stropery. Mathebula is skuldig bevind aan betreding, die doodmaak van drie renosters en vuurwapenmisdrywe. Hy is in 2019 aangekeer en het borgtog gekry, waarop hy weer in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem is vir 'n soortgelyke oortreding. 'n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Monica Nyuswa, het die vonnis verwelkom:

Nuus
Gauteng-regering moet beleggers lok: VF-Plus

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 26, 2025 0:22


Die Vryheidsfront Plus in Gauteng sê die ANC-oorheersde regering van provinsiale eenheid moet beslissende stappe doen om ʼn beleggersvriendelike beleidsomgewing te verseker. ʼn Woordvoerder van die party, Anton Alberts, sê sonder nuwe beleggings sal die provinsie nie die sterk ekonomiese inspuiting kry wat nodig is vir sterk ekonomiese groei en volhoubare werkskepping nie. Hy sê die ekonomie moet teen minstens ses-persent groei en dit kan slegs met groot beleggings bereik word.

Nuus
BELA-wet wek steeds kommer

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 7, 2025 0:19


Met skole wat volgende Woensdag heropen, is Dear South Africa nog meer besorg oor die BELA-wet. Die organisasie hou vol die ondertekening van die wet maak inbreuk op die demokratiese regte van die publiek. Woordvoerder van Dear South Africa, Nolu Maki, bevraagteken hoe openbare deelname in die besluitnemingsproses vervat is.

Nuus
Ou Kersbome maak dieretuin pret vir inwoners

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 6, 2025 0:15


Noah's Ark-dieretuinplaas in Noord-Somerset in die Verenigde Koninkryk herwin ou Kersbome om diere se omgewing te verryk. Die dieretuin het die afgelope vyf jaar sowat 15 000 bome ontvang en beplan om ʼn gemeenskapskern vir herwinning te word. ʼn Woordvoerder, Chris Wilkinson, het aan die BBC vertel hoe bril-bere die bome se dennegeur waardeer terwyl renosters graag tussen die spaanders snuffel.

Nuus
ECN-woordvoerder verduidelik iets, weier om verder te praat

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 29, 2024 0:45


Siluka verduidelik een oorsaak van die stembrief-fiasko.

Nuus
ECN-woordvoerder verduidelik iets, weier om verder te praat

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 29, 2024 0:33


Kiesers het vandag by die TransNamib-saal in Windhoek begin stem, die enigste stemlokaal in die Khomas-streek wat oop is vir die verlengde verkiesingstydperk. Stemlokale is in net vier van die land se 14 streke weer oopgestel. Kiesers het al van 4-uur vanoggend in die lyn gestaan en sekere kiesers het binne twee uur hulle stemme uitgebring. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met De Wet Siluka, die woordvoerder van die Verkiesingskommissie, wat die proses verduidelik. Hy het egter botweg geweier om te verduidelik hoekom daar net in vier streke aanhou stem word, en gesê hy sal nie daaroor praat nie.

Nuus
RISE wil weet oor Farmyard-houerwinkels wat R28 miljard kos

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 19, 2024 0:17


RISE Mzansi sê hy steun pogings deur die Gautengse LUR vir Landbou en Landelike Ontwikkeling, Vuyiswa Ramokgopa, om korrupsie en wanbestuur in landbouprojekte te ondersoek. Die party verwelkom Ramokgopa se ondersoek na die Farmyard-houerwinkelprojek wat die provinsie reeds 28 miljoen Suid-Afrikaanse rand uit die sak gejaag het. Woordvoerder van RISE Mzansi, Gugu Ndima, sê die ondersoek sal daarop ingestel wees om die werklike koste van die projek te bepaal, vas te stel of oorspronklike doelwitte bereik is en om die operasionele status van die houers te beoordeel:

Nuus
SAOG moet intree om Maputo-deurgang te herstel

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 9, 2024 0:20


Die Suid-Afrikaanse Vragversendersvereniging waarsku die voortslepende konflik in Mosambiek veroorsaak aansienlike ontwrigting van oorgrens-handelsroetes, veral die Maputo-deurgang. Die vereniging berig skade aan infrastruktuur en tydelike sluitings van die grens ontwrig logistiek, wat kritieke aanbodkettings vertraag wat Suid-Afrika, Zimbabwe en ander streeksmarkte bedien. Woordvoerder van die vereniging, Barbara Mommen, versoek die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap om te bemiddel om bestendigheid teweeg te bring:

Nuus
TotalEnergies kry teenstand in SA hof

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 7, 2024 0:17


Omgewings- en gemeenskapsgroepe, insluitend die Green Connection, Aukotowa Fisheries en Natural Justice het die Hooggeregshof in die Wes-Kaap gevra om TotalEnergies se planne om langs die Suid-Afrikaanse weskus vir olie te boor, te keer. Hulle is van mening die regering het met die goedkeuring van die projekte nie ag geslaan op die risiko vir die marienelewe, kusgemeenskappe en die omgewing nie. 'n Woordvoerder van Green Connection, Lisa Makaula, is van mening die goedkeuringsproses was onbillik en vra vir meer volhoubare energie-oplossings.

Nuus
SA inflasiekoers sak tot 3,8%

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 23, 2024 0:20


Suid-Afrika se inflasiekoers het verlede maand tot 3,8-persent gedaal, van 4,4-persent in Augustus, die laagste vlak sedert vroeg-2021. Dit is die vierde agtereenvolgende maand dat inflasie daal, hoofsaaklik as gevolg van laer vervoerkoste nadat brandstofpryse vanaf verlede jaar met nege-persent gedaal het. Woordvoerder van Statistieke Suid-Afrika, Patrick Kelly, sê die daling het verwagtinge van 'n rentekoersverlaging van 25-basispunte laat opvlam ​​wanneer die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee volgende maand vergader.

Nuus
S-Koreaanse skrywer Han Kang kry Nobelprys vir Letterkunde

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 10, 2024 0:20


Die Suid-Koreaanse skrywer, Han Kang, is die wenner van die Nobelprys vir Letterkunde vir haar intense poëtiese prosa wat geskiedkundige traumas konfronteer en die broosheid van menslike lewe blootlê. Die prysgeld is meer as 19-miljoen Namibiese dollar en sy sal op 10 Desember saam met ander wenners ʼn medalje ontvang. 'n Woordvoerder van die Nobelkomitee, Anders Olsson, sê Kan is bekend vir haar boeke, The Vegetarian en Human Acts, en word wêreldwyd hoog aangeskryf.

Nuus
Betogings by Afrika-olieweek

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 8, 2024 0:18


Omgewingsregte-aktiviste, insluitende die Extinction Rebellion en Green Connection, sal vandag teen oliemaatskappye betoog by die Afrika-olieweek in Kaapstad. Hulle voer aan oliemaatskappye buit Afrika se hulpbronne vir eie gewin uit. Woordvoerder van Green Connection, Liz McDaid, versoek Afrikaleiers om weg te beweeg van fossielbrandstowwe en om te belê in hernubare energiebronne:

Nuus
Nobelprys vir Fisiologie/Medisyne gaan vir mikroRNA-ontdekking

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 7, 2024 0:19


2024 se Nobelprys vir Fisiologie of Medisyne is toegeken aan twee Amerikaanse wetenskaplikes, Victor Ambros en Gary Ruykun, vir die ontdekking van mikroRNA en sy rol in die regulering van geen-aktiwiteit. Hulle navorsing toon verskillende seltipes kan bepaalde funksies verrig selfs met dieselfde genetiese inligting. Die belangrike ontdekking is gegrond op die rondewurm C. elegans. 'n Woordvoerder van die Nobelraad, Olle Kämpe, sê hierdie ontdekking is belangrik om siektes soos kanker en diabetes te verstaan.

Nuus
Regerings van SA en Lesotho gereed vir sluiting van Hoogland-projek

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 1, 2024 0:19


Die regerings van Suid-Afrika en Lesotho sê hulle is voorbereid op die sluiting van ses maande van die Lesotho Hoogland-waterprojektonnel. Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, en haar ampsgenoot in Lesotho, die minister van Natuurlike Hulpbronne, Mohlomi Moleko, vra mense om gedurende hierdie tyd saam te werk om water en energie te bespaar teneinde ontwrigtings te beperk. 'n Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse departement, Mandla Mathebula, sê omvattende maatreëls is ingestel om watersekerheid regdeur die instandhoudingswerk te verseker:

Nuus
Verduidelik SA weermag se uitgawes, vra DA

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 24, 2024 0:17


Die DA vra die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, om die uitgawes van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag aan luukse items te regverdig te midde van groeiende kommer oor sy prioriteite. Die party het sy besorgdheid uitgespreek oor die SANW se deelname aan ʼn duur musiekfees in Rusland wat belastingbetalers 15-miljoen-Suid-Afrikaanse rand uit die sak gejaag het. 'n Woordvoerder van die DA, Nicholas Gotsell, sê hierdie uitgawes doen afbreuk aan die kernmissie van die Weermag, om Suid-Afrika se grense te beskerm en die welsyn van soldate te verseker:

Nuus
Smeltende sneeu kan riviere laat swel: NSRI

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 23, 2024 0:17


Die Nasionale Seereddingsinstituut waarsku dat onlangse swaar sneeuneerslae kan lei tot oorvol riviere. Met die naderende somer en skoolvakansies wat begin het, raai die NSRI Suid-Afrikaners en toeriste aan om ingelig te bly oor die jongste weervooruitsigte en om waterveiligheid toe te pas. Woordvoerder van die instituut, Craig Lambinon, versoek die publiek om bedag te wees op gevaarlike toestande langs waters aan die kus en in die binneland.

Nuus
VSA het kommer oor konflik in Midde-Ooste

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 20, 2024 0:20


Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake is verbind tot die verdediging van Israel teen terroriste-organisasies wat Hamas, Hisbolla en ander Iranse groepe insluit. Minstens 37 mense is dood en byna drie-duisend beseer in 'n vlaag van ontploffings in Libanon in 'n aanval wat Hisbolla se roepradio's en tweerigtingradio's geteiken het. Die verklaring van Amerika volg na die Israelse Departement van Verdediging 'n nuwe fase in die oorlog aangekondig het. 'n Woordvoerder van die departement sê hulle wil nie hê enige party moet die konflik eskaleer nie:

Nuus
Klimaatsverandering sal ontwikkeling belemmer

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 19, 2024 0:21


Klimaatsverandering en gure weerstoestande belemmer die vooruitgang in ontwikkeling, en bedreig die welstand van mense en die planeet. Dit is volgens vanjaar se United in Science-verslag wat deur die Wêreld Meteorologiese Organisasie gekoördineer is. Dit voorspel dat die aarde in hierdie eeu, onder huidige beleid, moontlik drie grade Celsius warmer kan word. ʼn Woordvoerder van die organisasie, Lauren Stuart, sê vordering in natuur- en geesteswetenskappe, asook nuwe tegnologie, kan ʼn groot rol speel in aanpassing by klimaatsverandering:

Nuus
DA hou aksiedag teen Eskom-verhoging

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 18, 2024 0:18


Die DA hou vandag ʼn Nasionale Dag van Aksie in al nege provinsies om protes aan te teken teen Eskom se voorgestelde elektrisiteitstariefverhoging van 36-persent. Dit volg na Eskom se aansoek om ʼn bykomende agt-miljard-rand in te haal met tariewe. Woordvoerder van die DA, Kevin Mileham, sê die verhogings is onbekostigbaar en benadeel Suid-Afrikaners. Hy beklemtoon die massa-optrede sal ʼn deurslaggewende parlementêre debat more vooraf gaan:

Nuus
Vrystaat-munisipaliteite verbeur R3,8 miljard se toelaes

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 10, 2024 0:16


Die Vryheidsfront Plus in die Vrystaat sê munisipaliteite het die afgelope agt boekjare altesaam 3,8-miljard Suid-Afrikaanse rand se voorwaardelike toelaes verbeur. Die fondse wat vir infrastruktuur-probleme bedoel was, is aan Nasionale Tesourie teruggegee. ʼn Woordvoerder van die party, Armand Cloete, sê dit is terwyl riool deur die strate vloei, waterlekkasies groot verliese veroorsaak, paaie verbrokkel en noodsaaklike behuisingsprojekte onvoltooid is.

Nuus
DA die herrie in oor R200 miljoen tender

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 27, 2024 0:18


Die DA in Johannesburg is ontstoke oor die stad se toekenning van ‘n tender van 200-miljoen Suid-Afrikaanse rand aan ‘n maatskappy wat daarvan tereg staan dat hulle City Power met 94-miljoen-rand bedrieg het. Die maatskappy moet die ontploffingsterrein in Lilian Ngoyistraat herstel. Die party eis deursigtigheid, aanspreeklikheid en ‘n swartlys van maatskappye. Woordvoerder vir die DA, Belinda Kayser-Echeozonjoku, versoek ‘n volledige ondersoek om wanbestuur aan te spreek.

Nuus
Geen korrupsie in skoolvoedingsprogram, sê departement

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 22, 2024 0:20


Die Basiese Onderwys-departement ontken bewerings van korrupsie met die vernuwing van die Nasionale Skoolvoedingsprogram. Hulle verwerp bewerings van inmengery in die tenderproses. Direkteur-Generaal, Mathanzima Mweli, sê die moderniseringsproses, wat veronderstel is om die doeltreffendheid en die waarde van die program te verbeter, is omvattend ondersoek en voldoen aan regstandaarde. Woordvoerder van die departement, Terence Khala, sê die proses was wettig en daarop gemik om leerders, klein ondernemings en plaaslike ekonomieë te bevoordeel:

Nuus
VF+ sê paroolstelsel moet opgeknap word

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 16, 2024 0:14


Die Vryheidsfront Plus versoek ‘n omvattende opknapping van die strafregstelsel en swaarder strawwe vir gewelds- en seksuele misdade. Die oproep volg na die terugtrekking van Marius van der Westhuizen se parool, wat in 2011 gevonnis is nadat hy sy drie kinders vermoor het. Woordvoerder van die party, Heloïse Denner, vra vir ‘n hersiening van die paroolstelsel om te verseker dis regverdig en plaas groter waarde op die regte van slagoffers:

Nuus
Skors Mashatile se BBP-polisie: Action Society

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 16, 2024 0:20


Action Society eis die onmiddellike skorsing van agt polisiebeamptes van die BBP-Beskermingseenheid van adjunkpresident Paul Mashatile, na vertragings en proseduriële kwessies in hulle saak van wangedrag. Hulle is verfilm toe hulle verlede jaar ‘n motoris op die N1 naby Winnie Mandela-rylaan aangerand het. Die organisasie kritiseer hulle voortgesette indiensneming as ‘n verkwisting van belastingbetalersgeld. 'n Woordvoerder van Action Society, Juanita du Preez, versoek die Onafhanklike Ondersoekdirektoraat van die Polisie om die publiek se vertroue in die strafregstelsel te herstel.

Nuus
SA kleinhandelverkope styg, wys verbruikersvertroue

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 15, 2024 0:20


Kleinhandelverkope het volgens Statistieke Suid-Afrika jaar-op-jaar met 4,1-persent gestyg, wat beter is as vooruitskattings en dui op verbeterde verbruikersvertroue. Die toename volg op ‘n styging van 1,1-persent in Mei en ondersteun positiewe groei in die bruto binnelandse produk. Met inflasie laer op 5,1-persent verwag die Reserwebank om rentekoerse in September te verlaag, wat moontlik verligting aan verbruikers kan bied. 'n Woordvoerder van Statistieke SA, Raquel Floris, sê die groei word aangedryf deur laer brandstofpryse en beter verkope in supermarkte:

Nuus
SA dankbaar vir Turkse ondersteuning in Den Haag

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 13, 2024 0:14


Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het Turkye weereens lof toegeswaai vir sy toetrede tot Suid-Afrika se volksmoordsaak by die Internasionale Strafhof. Dit plaas nog meer internasionale druk op Israel, en maak Turkye die sewende land wat betrokke wil raak, naas Colombia, Nicaragua, Spanje, Libië, Palestina en Mexiko. Woordvoerder, Chrispin Phiri, sê daar moet geregtigheid in Gaza wees:

Nuus
SAPD moet nouer met buurtwagter saamwerk

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 13, 2024 0:20


AfriForum versoek die Suid-Afrikaanse Polisiediens om nou met buurtwagte en ander sekerheidsagentskappe saam te werk ten einde toenemende misdaad te bekamp. Die oproep volg na die onthulling van ‘n ernstige tekort van 8 500 speurders en ‘n agterstand met onopgeloste sake. Woordvoerder, Jacques Broodryk, sê onlangse syfers toon aan meer as 80 000 moord- en 61 000 verkragtingsake is onopgelos gesluit weens ontoereikende mannekrag en onvoldoende bronne:

Nuus
Zim-burger steel SA-LP se motor van R4m

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 10, 2024 0:18


‘n Twee-en-veertig-jarige Zimbabwiese burger is aangekeer in verband met die beweerde diefstal van ‘n voertuig ter waarde van 4 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die voertuig behoort aan ‘n lid van die parlement. Woordvoerder van die polisie, Malesela Ledwaba, sê die voertuig is in ‘n parkeerterrein by Menlyn Mall gesteel en sou na Zimbabwe gesmokkel word. Die verdagte is buite Polokwane aangekeer:

Nuus
Kommer oor wanpraktyke by SABS

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 10, 2024 0:20


Die DA sê hy het aan die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, geskryf om hom te wys op die voortgesette wanpraktyke by die Suid-Afrikaanse Buro van Standaarde en om ‘n helpende hand uit te reik. ‘n Woordvoerder van die DA, Toby Chance, sê die SABS is ‘n uiters belangrike instelling in die departement, met sy mandaat om te verseker produkte wat in die land gekoop en verkoop word voldoen aan gehaltestandaarde en is internasionaal mededingend:

Nuus
VSA sê IDF moet ondersoek instel na bewerings van teistering

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 8, 2024 0:18


Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake doen 'n beroep op 'n vinnige en deeglike ondersoek na bewerings dat Israelse soldate Palestynse aangehoudenes seksueel geteister het. Uitgelekte beeldmateriaal wys waar soldate na bewering 'n Palestynse aangehoudene by die Sde Teiman-basis in die Israeliese Negev-woestyn seksueel aanrand. 'n Verslag van die Verenigde Nasies het onthul meer as 50 Palestynse aangehoudenes van die Gaza-strook en die Wesbank is sedert sewe Oktober dood. 'n Woordvoerder van die departement, Matthew Miller, sê die bewerings is verskriklik:

Nuus
Vroue, kinders kry swaar wanneer vredesmagte onttrek

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 8, 2024 0:18


Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies ondersoek die negatiewe gevolge van skielike onttrekking van vredesmagte en politieke sendings op die regte van vroue en kinders. Gedurende die vergadering, onder die voorsitterskap van Sierra Leone, het die raad gewys op skielike regeringsveranderings in Mali en Soedan, waar gasheer-regerings sendings gedwing het om te sluit. 'n Woordvoerder van VN Vroue, Sima Bahous, het op die belangrikheid van die insluiting van vroue gewys.

Nuus
Eskom moet fokus op verskaffer-korrupsie: NUM

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 6, 2024 0:20


Die Nasionale Unie van Mynwerkers versoek Eskom om meer te fokus op korrupsie deur sekere verskaffers by sy kragstasies. ‘n Woordvoerder, Thapelo Malekutu, sê die vakbond vra vir swaarder strawwe vir diegene wat die nutsmaatskappy geplunder het en steeds straffeloos daarmee voortgaan. Volgens Malekutu moet Eskom beskerm word saam met die ekonomie en betrekkings.

Nuus
SA werk hard aan watersekuriteit

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 25, 2024 0:19


Suid-Afrika toon vordering met sy watersekuriteit deur in groot infrastruktuurprojekte te belê en munisipale dienste te verbeter. Groot projekte sluit in die Lesotho-Hoogland-waterprojek, die uMkhomazi-waterprojek en die verhoging van die walle van die Hazelmere- en Clanwilliam-damme. Ondanks oponthoude is verskeie projekte tans onder konstruksie. 'n Woordvoerder, Wisane Mavasa, sê die departement verbeter ook die verwerking van waterlisensie-aansoeke en die vertoning van munisipaliteite.

Nuus
AfriForum wen in rasgebaseerde waterlisensie-saak

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 24, 2024 0:17


AfriForum het suksesvol druk toegepas op die Departement van Water en Sanitasie in die Vrystaat om sy besluit te herroep om ‘n tydelike oordrag van ‘n waterlisensie gebaseer op ras te weier. ‘n Woordvoerder van AfriForum, Marais de Vaal, sê die regsaksie was omdat die Departement geweier het om die oordrag van ‘n swart boer na ‘n wit boer goed te keur. Hy sê hierdie oorwinning verwerp diskriminerende praktyke:

Nuus
Transnet-base vas vir R34m se Covid-bedrog

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 24, 2024 0:18


Voormalige uitvoerende beamptes by Transnet, Lerato Makenete en Hawkins Madubane, het in die Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof in Johannesburg verskyn op aanklag dat hulle Transnet tydens die Covid-19-pandemie met 34 miljoen Suid-Afrikaanse rand bedrieg het. Hulle word aangekla saam met Jacob Malusi Ramoyadi en Kenneth Rikhotso. ‘n Woordvoerder van die NVG, Phindi Mjonondwane, sê hulle word aangekla van bedrog, diefstal en geldwassery:

Nuus
SA brandstofprystruktuur 'verg hersiening'

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 19, 2024 0:20


Cosatu sê die regering van nasionale eenheid moet die hersiening van die brandstofprystruktuur bespoedig om te kyk waar belasting verminder kan word om verligting aan verbruikers, pendelaars en die ekonomie te gee. 'n Woordvoerder van Cosatu, Zanele Sabela, sê die Internasionale Monetêre Fonds het dié week Suid-Afrika se BBP-groei-beraming vir die jaar op 0,9-persent behou, ondanks die feit dat die land vir meer as drie maande sonder beurtkrag is.

Nuus
Beter bio-sekerheidsmaatreëls kan bek-en-klouseer stop: DA

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 18, 2024 0:16


Die DA in Limpopo vra vir verbeterde bio-sekerheidsmaatreëls in die boerderybedryf wat fokus op die opspoorbaarheid van vee om bek-en-klouseer te bekamp. Hulle versoek die Departement van Landbou om spoedig die riglyne van die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid te aanvaar vir die stelsels vir identifisering en opspoorbaarheid. ‘n Woordvoerder van die DA, Marie Henn, sê die maatreëls sal deursigtigheid verbeter, landboubelange beskerm en groei in die provinsie se rooivleisbedryf bevorder:

Nuus
Nuwe SA-regering moet meer geld aan onderwys bestee

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 16, 2024 0:20


Rise Mzansi sê gehalte basiese onderwys is ‘n reg, nie ‘n voorreg nie, en kritiseer die bestaande dubbelstelsel wat rykes bevoordeel. Hulle vra ook vir universele toegang tot gehalte onderwys, veilige leeromgewings asook beter belegging in skoolleierskap en onderwyser-ontwikkeling. ‘n Woordvoerder van Rise Mzansi, Makashule Gana, het die regering versoek om voorrang aan hierdie kwessies in die begroting te gee om te verseker geen kind word agtergelaat nie:

Nuus
‘Kernkrag is gevaarlik'

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 16, 2024 0:18


Die Omgewingsinstituut van die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe sê Afrika het nie nog kernkragstasies nodig nie. Die instituut en Earthlife Africa bied vandag in Johannesburg gesamentlik besprekings aan oor die gevare van kernkrag, saam met die pryswenner en Russiese omgewingskenner, Vladimir Slivyak. Die volgende besprekings vind volgende Dinsdag in Kaapstad plaas. ‘n Woordvoerder van die instituut, Francesca de Gasparis, sê gemeenskappe in Kenia maak ook beswaar teen nuwe kernaanlegte:

Nuus
Groot sukses in SA met onwettige vuurwapens

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 15, 2024 0:19


Die polisie sê daar is verlede week ontslae geraak van byna 15 000 vuurwapens en dele van vuurwapens tydens 'n vernietigingsproses in Vanderbijlpark, Gauteng. 'n Woordvoerder, Athlenda Mathe, sê in Februarie is meer as 18 000 vuurwapens en onderdele ook vernietig. Die totaal sedert 2019 is meer as 263 500. Mathe sê van die wapens is vrywilliglik ingehandig en ander is tydens die amnestietydperk ingegee:

Nuus
Eskom gebruik minder diesel as in 2023

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 15, 2024 0:15


Eskom sê sy dieselverbruik is steeds onder die beraamde syfers vir die winter en dit is aansienlik laer as die afgelope twee jaar. 'n Woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die kragnutsmaatskappy se besteding tussen 1 April en 11 Julie op oopsiklus-gasturbines was 3,33 miljard Suid-Afrikaanse rand, wat 487,16 gigawatt-ure opgewek het. Dit is sowat 70 persent minder as die 10,98 miljard rand wat in dieselfde tydperk verlede jaar spandeer is:

Nuus
Korrektiewe Dienste-vakbond bekommerd oor dwelms in tronke

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 6, 2024 0:15


Die Suid-Afrikaanse Korrektiewe Dienste-vakbond het kommer uitgespreek oor dwelmverspreiding in tronke na die inhegtenisneming van twee dwelmmuile op pad na die Helderstroom-korrektiewe eenheid in die Wes-Kaap. Die vakbond sê toenemende bendebedrywighede en korrupsie bedreiging die rehabilitasiestelsel. Woordvoerder, Alude Jizana, doen 'n beroep vir verbeterde veiligheidsmaatreëls, samewerking met wetstoepassing en ondersteuningsprogramme vir die herstel van verslaafdes om die kwessie behoorlik te takel.