Church 2 Go was started by a few friends who dream of making church more accessible for people on the go. The main focus is to equip disciples to live a life worth living. C2G wants to make theology easy digestible and give you the opportunity to "go to church" at anytime if you can't make your Sunday service. Join us on this journey!
Paulus kom leer ons dat die diversiteit van ons gemeente en gemeenskap is belangrik vir die huishouding van God. Dat almal 'n gawe van die Here ontvang het en dat die belangrikste aspek bly, om bruikbaar vir die Here te wees.
Vandag fokus ons bietjie op geestelike groei en hoe belangrik dit is om die Evangelie te studeer asook om die vals leer te erken.
Paulus kom wys vir ons hoe ons as Christene prakties die Evangelie moet verkondig nastreef en uitleef, met 'n spesiale klem op die Here se getrouheid.
Kry ons dit reg om die vaste kos te eet of val ons nog terug na melkkos. Gebruik geleenthede om die vaste kos te eet om te groei in die geloof.
As God vir ons is, wie kan teen ons wees!! God is ons grootste held!
Watter betekenis het die kruis nog vir ons. Is die net 'n simbool van die kerk? Of dink ons met verwagting aan ons verlossing?
Besef ons dat die Here kyk na ons harte. Nie die hoeveelheid geld of diens nie, maar met watter gesindheid mens gee of dien.
Ons elkeen het 'n bediening. Is jy albesig met jou bediening? Waarvoor wag jy?
Ons reageer uit twee basiese emosies, Liefde of Vrees. Watter emosie beheer jou? 1 Johannes 4:7-21
Wanneer ons dink aan Jona dink ons aan iemand wat ongehoorsaam was. Jona het 'n verantwoordelikheid ontvang van die Here. Ek en jy ook. Wat maak jy met hierdie vertroue?
Wat beteken dit om op die Here te vertrou met jou hele hart. En hoe beinvloed dit ons gebede?
Luk. 15. Die gelykenis van die verlore seun is een wat ons al baie gehoor het. Tog sien ons onsself steeds in hierdie verhaal raak.
Ons almal het 'n roeping. Het jy al jou roeping ontdek? Hoe ontdek ons die roeping van ons lewe?
Wat is ons deel aan ons redding?? Waar kom ons geloof vandaan? En hoe weet ek of ek gered is?
Ja, Paulus, jy is reg. Ons bou skeidingsmure sodat ons kan veilig voel. Omdat ons so vêr van God af voel, wil ons onsself beskerm. Kyk net al hierdie mure... Maar, Paulus, ons moet bieg: dit voel asof ons al vêrder van God afdryf. Ons bou mure tussen mense. Ons bou mure tussen ryk en arm, ons bou mure tussen jonk en oud, ons bou mure tussen ons mense wat anders is as ons, daar is mure tussen ons en mense wat anders praat as ons, daar is mure tussen ons en mense wat anders lyk as ons, daar is mure tussen ons en mense wat anders dink as ons, daar is mure tussen ons en mense wat anders leef as ons.
Wat maak ons as gelowiges die kerk? Vervul jy jou rol in hierdie groter prentjie?
Kom reis saam deur Efesiërs 1 waar ons in Paulus se skoene en saam met hom besef hoe Jesus in ons skoene kom staan het, sodat ons in die wêreld se skoene kan staan om vir hulle Jesus te word... Gebruik hierdie week Efesiërs 1 as klankbaan vir jou stiltetyd...
God werk soms met ons op onverstaanbare maniere. Die ding is, ons val so maklik in ‘n gemaksone in dat ons nie meer hoef of wil groei in die geloof nie. Dis dan wat daar soms ‘n krisis oor ons pad kom en dit voel asof ons van die afgrond afgegooi word wat maak dat ons ons geloofsvlerkies moet laat werk om bo te bly. Lees Deuteronomium 32:1-12 Gesels saam: 1. Wat het jou getref in hierdie teksgedeelte? 2. Wat vertel die teks jou van die Here? 3. Wanneer was die laaste geleentheid, wat jy aan kan dink, waar jy jou geloofsvlerke moes gebruik? 4. Watter geleentheid kan jy aan dink wat waarlik jou geloof beproef het? 5. Wat gaan jy hierdie week doen om jou geloofsvlerke te versterk? Deel gerus hierdie video met ander. Sluit aan by ons kanaal op Telegram by https://t.me/Church2Go Luister na die oudio-preek op Anchor.fm by https://anchor.fm/church2go Like ons op facebook by en kyk ook weer na die preek: https://www.facebook.com/church2go.c2g Images created with Canva Music: https://www.bensound.com
Paulus wil in 1 Korintiërs 6 hê dat ons moet verstaan dat ons onder nuwe bestuur is. En wanneer ons met ons liggame en ons koppe besef dat ons onder nuwe bestuur is, dan gebeur daar iets besonders. Ons word geestelik een met Christus. En dan begin ons Hom dieper ken, want ons beweeg al nader aan Hom. Lees 1 Korintiërs 6:12-20 1. Wat het getref in die teksgedeelte? 2. Wat is jou lewensleuse? 3. Hoe lyk 'n lewe wat onder jou eie bestuur is? 4. Hoe lyk 'n lewe wat ons God se bestuur is? 5. Hoe sal jy jou lewe se bestuur beskryf, onder wie se bestuur leef jy? 6. As jou lewe onder God se bestuur is, bestuur slegs jou kop, gedagtes en denke, of bestuur Hy ook jou hand en jou voete? 7. Wat beteken dit vir jou om te weet dat jou lewe 100% onder God se bestuur is? 8. Lees Romeine 12:1. Hoe beïnvloed Paulus se versoek jou lewe en hoe help dit jou om onder God se bestuur te kom? 9. Jesus het vir Natanael gesê: “Hier is 'n ware, egte gelowige. Hy is eerlik en opreg. Hy het glad niks om weg te steek nie.” Kan Jesus dieselfde oor jou lewe sê? Indien nie, wat moet jy verander om 'n tempel van die Heilige Gees te wees? 10. Wat is nou jou lewensleuse?
AL WAT EK WENS... Die lewe is gevul met wins-oomblikke en verlies-oomblikke. Daar is dinge in die lewe wat vir ons 'n ontsettende groot waarde het. Paulus vertel in Filippense 3 dat sy ontdekking van Christus alles in waarde oortref. Lees Filippense 3:7-11 Praat saam: 1. Wat het jou getref in die teksgedeelte? 2. Wat is jou grootste wins in die lewe? Wat is die dinge waaraan jy waarde heg? 3. Wat was jou grootste verlies in die lewe? Wat is die dinge wat jy as gemors (vullis) beskou? 4. Hoe leef jy die lewe? As 'n reis, of as 'n bestemming? 5. Hoe weeg jou verhouding met Jesus op jou lewensskaal? 6. Wat kan jy nou begin doen om 'n dieper en meer innige liefdesverhouding met Jesus te bou? 7. Wat is nou jou grootste wens in die lewe?
Al voel God soms afwesig, veral in 2020, herinner Psalm 67 ons weer dat Hy elke dag, en ook in 2021 by ons teenwoordig is en sal wees.
Ons gee soms so vinnig op wanneer dit lyk asof die Here nie ons gebede verhoor nie. Jesus kom herhinder ons om nie moed te verloor nie.
Hoekom gebruik Jesus gelykenisse wanneer Hy mense leer? En wat kan ons daaruit leer?
Het jy al gebid vir iets en dit nie gekry nie?? Jakobus 5 help ons met 'n paar antwoorde in hierdie opsig.
Jakobus kom leer ons hoe belangrik dit is om ook ons tonge in toomte moet hou.
Jakobus gee vir ons praktiese lesse oor hoe 'n lewe lyk van iemand wat tot geloof gekom het.
Soms gebeur daar vreemde en negatiewe dinge met ons. Maar in daardie situasies is God besig om dit ten goede te laat werk. Moet nie God se hande werk in jou lewe mis nie.
Soms isdit nodig om uit jou "comfortzone" te kom om geestelik te groei.
Jesus het ons vrygemaak. Wat maak ons nou met daardie vryheid?
Ons wat glo in Jeus is gered en vry, waarom skep ons vir onsself nuwe wette om onder te lewe?
Die Here ken ons beter as wat ons onsself ken. Ons kan vrede vind in die wete daarvan.
Leef ons in die Gees, in vryheid? of leef ons vplgens die sondige natuur?
Staan ons op al die beloftes in die woord of net eintlik op die een??
Wat is die opdrag wat ons as gelowiges het vir die jaar waarin ons is en wat nog voorlê?
God het hierdie wyse manne gelei na Jesus toe. Hy lei ons ook nog vandag, beleef jy die Here se leiding in jou lewe?
Voorlesing van gedig wat Dr Kruger duPreez self geskryf het.
Soms gaan ons geestelik deur 'n woestyn. Ons sukkel om God te hoor en te ervaar. Maar dis juis dan wat God die naaste aan ons is, besig om ons te vorm.
Ons keer terug na die kapel in God se Groot Huis. Deur die venster sien ons drie bergpieke...
Ons bevind onsself in die kuier-vertrek van God se Groot Huis...
Kom kyk saam hoe lyk die duurste item van God se Groot Huis...
Kom kuier saam in die kombuis van God se Groot Huis. Die een van die lekkerste plekke om te wees....
Nadat ons in die troonkamer was, beweeg ons in die gang af na die studeerkamer en die ketelkamer.
Nadat ons in die uitkyktoring was, stap ons nou die trappe af na die kapel...
Ons beweeg met die trappe en die groot houtdeur gaan stadig oop en ons bevind onsself op die dakstoep (uitkyktoring)
Welkom in die woonkamer, ons reis verder deur God se Groot Huis.
Kom reis saam deur God se Groot Huis met behulp van die Ons Vader-gebed.