POPULARITY
Send us a textFilippense 3: 19 -21 Ewige vernietiging is hulle uiteinde, liggaamlike behoeftes is hulle god en skandelike dinge is hulle trots. Al waaraan hulle dink, is aardse dinge. Ons, daarteenoor, het ons burgerskap in die hemel. Van dáár verwag ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser. Hy sal ons vernederde liggame verander in liggame met goddelike heerlikheid, soos sy eie. Hiervoor sal Hy dieselfde krag gebruik as dié waarmee Hy alle dinge onder sy gesag bring.(NLV) Hoe voel jy wanneer oënskynlik bose mense suksesvol is, maar diegene wat probeer om goed te doen, nie net misluk nie, maar as gevolg daarvan, ly? En wanneer dit met ons gebeur, is daar ‘n baie groot versoeking om opstandig te word.Lance Armstrong, die Amerikaanse fietsryer, het vroeg in sy loopbaan baie belowend gelyk en 'n paar groot wedrenne gewen voordat hy in 1996 met testikulêre kanker gediagnoseer is. Hy het herstel en dapper voortgegaan om die gesogte Tour de France sewe opeenvolgende kere van 1999 tot 2005 te wen. Toe hy egter skuldig bevind is op die aanklag van die gebruik van 'n verbode middel, is hy van al sy titels gestroop en geheel en al uit professionele fietsry verban.Stel jou nou voor dat jy een van die fietsryers is wat jaar na jaar die uitmergelende Tour de France ry, net om geklop te word deur iemand wat reeds ‘n ruk lank onder verdenking vir die gebruik van prestasie-verbeterende dwelms, is. Wat doen jy? Bly jy dwelm-vry en bly jy verloor, of begin jy dieselfde dwelms gebruik om mededingend te wees?Wel, dit hang af van wat vir jou belangrik is. Armstrong was bekoor deur sy korttermyn roem. Die apostel Paulus het oor mense met daardie soort ingesteldheid gesê:Filippense 3:19-21 Ewige vernietiging is hulle uiteinde, liggaamlike behoeftes is hulle god en skandelike dinge is hulle trots. Al waaraan hulle dink, is aardse dinge. Ons, daarteenoor, het ons burgerskap in die hemel. Van dáár verwag ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser. Hy sal ons vernederde liggame verander in liggame met goddelike heerlikheid, soos sy eie. Hiervoor sal Hy dieselfde krag gebruik as dié waarmee Hy alle dinge onder sy gesag bring. (NLV)Daar is soveel meer aan die lewe as korttermyn sukses. Dink verder as die hede, want Jesus het vir jou gesterf en opgestaan om vir jou 'n ewige heerlikheid te gee, ‘n ewigheid wat ons nie nou kan sien nie en wat ons onsself nooit eers kan voorstel nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textFilippense 4:11-12 Ek sê dit nie omdat ek iets kortkom nie. Ek het regtig geleer om onder alle omstandighede reg te kom. Ek weet wat dit is om boomskraap te lewe, en ek weet wat dit is om oorvloed te hê. Ek het lewenservaring opgedoen vir alle omstandighede, vir wanneer ek genoeg het om te eet én wanneer ek honger is, vir oorvloed én tekort. (NLV) Goed, vandag is die dag wat ek ‘n moeilike en teer sakie gaan aanraak... Hoe spandeer jy jou geld? Belangriker nog, watter kriteria pas jy toe om óf die goedkoper; óf die duurder item te kies; óf hoe word jy beïnvloed deur daardie onnodige item wat vir jou skree … “koop my!”As jou finansies iewers tussen boomskraap en krities is, is die antwoord redelik eenvoudig – jy koop net wat jy moet. Maar selfs dan is die versoeking nog steeds baie groot om geld onoordeelkundig uit te gee en nie genoeg oor te hou vir die noodsaaklikhede nie.Te oordeel aan die snuisterye en gemors wat in enige digitale of fisiese winkelsentrum beskikbaar is, is die probleem dat baie van diegene wat 'n bietjie beter daaraan toe is, dat hulle geen diskresie aan die dag lê nie. Hulle ... koop en versamel en huur dan stoorfasiliteite vir hul oortollige rommel.Miskien is dit tyd om jou besteding te heroorweeg. Die apostel Paulus, wat in 'n Romeinse kerker op sy doodsvonnis gesit en wag het, het dit geskryf:Filippense 4:11,12 Ek sê dit nie omdat ek iets kortkom nie. Ek het regtig geleer om onder alle omstandighede reg te kom. Ek weet wat dit is om boomskraap te lewe, en ek weet wat dit is om oorvloed te hê. Ek het lewenservaring opgedoen vir alle omstandighede, vir wanneer ek genoeg het om te eet én wanneer ek honger is, vir oorvloed én tekort. (NLV)Sien jy, Paulus se tevredenheid was nie deur sy besittings bepaal nie, maar deur God self!Waarop spandeer jy jou geld? Hoekom spandeer jy dit? Het jy regtig daardie 'ding' nodig? Regtig? Wat dit ook al is, hoeveel dit ook al kos, dit sal jou nooit die tevredenheid en die vervulling waarna jy soek, bring nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textFilippense 2:14-15 Doen alles sonder kla of teëpraat. Dan sal julle as onberispelike kinders van God bo verdenking staan. Julle sal skoon lewe in 'n wêreld vol oneerlike en perverse mense. Skyn in hierdie donker wêreld soos helder sterre. (NLV) Hou jy daarvan om uit te staan in ‘n skare en raakgesien te word, of sal jy eerder net op die agtergrond bly? Dit is 'n interessante vraag, want dikwels wil jy eers die kat uit die boom kyk. Dit hang ook af van hoe jy daardie spesifieke dag voel en in watter bui jy is.Ek het onlangs na ‘n program van die bekende sielkundige, Jordan Peterson, op YouTube gekyk waarin hy gesê het: Mense wil nie eintlik slaag nie, hulle wil net nie misluk nie. Hulle mik nie om gelukkig te wees nie, hulle wil net nie ly nie. Hulle bly dus in die middel van die trop. Hulle wil onsigbaar wees en alleen gelaat word.Dit mag dalk so wees, maar elke nou en dan wil ons almal erkenning geniet en waardeer word. Is dit trots? Is dit verkeerd? ... of is dit net 'n normale deel van menswees?Dit lyk asof sommige mense wil spog en ons weet almal hoe lelik dit is. Ander wil inderdaad wegkruip en onsigbaar wees, maar weet jy, dit beteken dat die res van ons dikwels die kosbare bydrae hulle kan bied, misloop. Hoe kry jy daardie balans reg?Filippense 2:14-15 Doen alles sonder kla of teëpraat. Dan sal julle as onberispelike kinders van God bo verdenking staan. Julle sal skoon lewe in 'n wêreld vol oneerlike en perverse mense. Skyn in hierdie donker wêreld soos helder sterre. (NLV)Ons is inderdaad omring deur heeltemal te veel mense wat die hele tyd hulle eie beuel blaas. Maar my liewe vriend, moenie toelaat dat dit jou intimideer en laat onttrek totdat jy onsigbaar is nie. Skyn in hierdie donker wêreld soos helder sterre.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textFilipense 4:13 Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. Daar kom 'n tyd vir ons almal wanneer ons voel asof ons op dieselfde ou plek vasgevang is, in daardie selfde ou groef. Niks verander ooit nie. Jy staan botstil. Jy beweeg nie vorentoe na die nuwe dinge waarvan jy droom nie.Dit kan vir ander mense lyk asof jou omstandighede absoluut perfek is – jy't 'n goeie werk, goeie gesondheid, ‘n gelukkige gesin – al die dinge wat, in teorie, 'n goeie lewe verteenwoordig.Maar jy voel vasgevang. Dit is asof daar iets anders is wat jy moet doen. Ek onthou hoe ek destyds aan die einde van my IT-konsultasieloopbaan gevoel het toe ek en my sakevennote pas ons besigheid aan 'n publieke maatskappy verkoop het...Daar was 'n goeie uitbetaling en die nuwe maatskappy het my 'n wonderlike loopbaangeleentheid en 'n baie goeie salaris aangebied; die volle boksemdais! Tog het ek steeds vasgevang gevoel. Daar was ‘n ander opsie. Daar was die geleentheid om oor te neem as die HUB en om die geestelike bediening van Christianityworks te behartig.Die groot uitdaging was, dat daar amper geen inkomste by Christianityworks in die vooruitsig was nie, want daar was slegs 'n handjievol ondersteuners. Op daardie stadium het die bediening reeds opgehou om Bybelonderrigprogramme vir die radiostasies te vervaardig. Dit was, uit 'n menslike oogpunt, tot ‘n stadige dood gedoem. Maar, toe het God met my deur die woorde van die apostel Paulus gepraat. Daardie woorde wat hy, as ‘n afwagtende veroordeelde in 'n klam kerker, aan 'n Romeinse wag vasgeketting, geskryf het, was:Filippense 4:13 Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.Julle ken die res van die storie! Maar op daardie stadium was dit ‘n ontsettende groot risiko om te loop. Ek moes besluit om daardie veilige, bekende, gemaklike IT-konsultasieloopbaan agter te laat, wetende dat daar ‘n groot moontlikheid bestaan dat alles op ‘n mislukking kan uitloop. Wat doen ek as dit misluk? En as ek bedroë daarvan afkom?Nee my maat - dit is nie dat ons in ‘n situasie vasgevang is nie - ons wil net nie uit ons gemaksone tree nie. Komaan! Jy is tot alles in staat deur Hom wat jou krag gee.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textFilipense 1:9-10 Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees, Verantwoordelikhede, druk en pligte voel asof hulle ons wil vasdruk en verswelg. Ja, dis die werk, die kinders, die huishouding … Ek moet dit doen, ek moet dat doen. Ek is seker jy het ook al daardie onophoudelike, versmorende gevoel van verpligtinge ervaar!‘n Rukkie gelede het die pastoor by ons kerk oor hierdie einste ding gepraat. Hy het iets gesê wat my regtig getref het; dit het my laat besef dat dit in 'n groot mate ons eie houding is wat baie van hierdie druk veroorsaak.Hier is die kern wat hy gesê het: "Ek kom daarby uit” is belangriker as "ek moet daarby uitkom."Ek bid vir my vriende, nie … ek moet vir my vriende bid nie. Ek is vrygewig teenoor diegene by die werk, nie ... ek moet vrygewig teenoor hulle wees nie. Ek help my vriend wat swaarkry, nie ... Ek moet my vriend wat swaarkry help nie.Daar is baie meer vreugde, meer vryheid, meer potensiaal in "ek kom daarby uit" as "ek móét daarby uitkom". Miskien is dít wat die apostel Paulus besef het, toe hy hierdie wonderlike gebed vir sy vriende vanuit sy kerker in die dodesel gebid het:Filippense 1:9-10 Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees,"Ek moet" skep laste. "Ek doen dit" skep potensiaal.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
ń Studie oor die boek Filippense
ń Studie oor die boek Filippense.
Send us a textFilipense 4:4 Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!Kan ek jou vra om al die dinge wat jou gedagtes besighou – die druk, die verantwoordelikhede, die stryd, die dinge wat jou frustreer – af te skakel en om in jou verbeelding saam met my op reis te gaan?Ek wil hê jy moet jou verbeel dat jy in hierdie oomblik met 'n vreugde gevul kan word wat eenvoudig nie in woorde uitgedruk kan word nie. Ja, dit is nie maklik nie, want die realiteite wat jou konfronteer, die dinge wat jy nie vir jouself sou gekies het nie, blokkeer daardie gevoel. Jy sukkel selfs net om dit in jou verbeelding te sien...Die apostel Paulus se brief aan die Filippense staan bekend as die boek van vreugde. Wat dit belangrik maak vir ons om te verstaan, is dat hy dit in ‘n klam Romeinse kerker geskryf het. Hy was vasgeketting aan 'n wag en gereed vir sy doodsvonnis om voltrek te word. Maar ten spyte hiervan, skryf hy vir sy vriende in Filippi: Filippense 4:4 Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! Hoekom? Hoe? Wanneer God jou bron van vreugde is, bepaal jou omstandighede nie jou vreugde nie. Daardie vreugde is 'n gawe van God. Dit begewe of verlaat jou nooit nie.En wanneer jy skielik daardie gevoel kry dat jy gaan val; dat jou omstandighede besig is om jou te oorweldig … is al wat jy hoef te doen; is om met God te praat. Wanneer jy 'n paar minute bewustelik in sy Teenwoordigheid deurbring, sal sy vreugde – nie joune nie, nie die wêreld s'n nie, sy vreugde! – jou oorweldig op 'n manier wat woorde nie kan beskryf nie.Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textFilippense 3:13,14 Nee, broers en susters, ek reken self nie dat ek al is wat ek moet wees nie, maar een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God deur Christus Jesus aan my gee. Stel jou vir 'n oomblik voor jy is 'n soldaat op pad na ‘n oorlogsituasie. Dis ‘n ernstige geveg om lewe en dood. Maar die laaste ding wat jy gedoen het voordat jy die huis verlaat het, was om 'n massiewe argument met jou eggenoot te hê. Sê my, is jy nou voorbereid om die vyand te konfronteer?Dit is waarskynlik 'n hipotetiese vraag, maar jy kan jou net voorstel hoe jy moet voel, nè? Jy is op die punt om jou lewe op die spel te plaas, en die laaste ding wat jy gedoen het, was om te skree op die een persoon vir wie jy die liefste is.Dit is nie 'n goeie gemoedstoestand om in te wees as jy in die spervuur instap nie. En dit is dieselfde in ons daaglikse lewens. Tensy jy vrede maak met jou verlede en tensy jy jou spyt hanteer, gaan dit in die toekoms elke dag by jou spook. Dit is geen manier om die lewe te leef nie. Paulus skryf in…Filippense 3:13,14 Nee, broers en susters, ek reken self nie dat ek al is wat ek moet wees nie, maar een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God deur Christus Jesus aan my gee.Paulus het meer rede gehad om spyt te wees oor sy verlede as enige van ons. Voordat hy Jesus op die pad na Damaskus ontmoet het, het hy Christene genadeloos vervolg. Baie het aan sy hand gesterf. Toe ontmoet hy Jesus en Jesus verander sy hele lewe.So, terwyl jy jou spyt verwerk en probeer om vrede te maak met die verlede, mag hierdie woorde jou gesindheid verander:ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Baptist Church Kempton Park (South Africa) / Baptistekerk Kemptonpark
Gideon Strauss
Send us a textFilippense 2:3,5 Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Dink ‘n bietjie terug aan die laaste keer wat jy iets gesê of gedoen het wat beslis nie die regte ding was nie. Maar, toe jy dit besef, het jy jouself afgevra waarom jy dit gedoen het. Neewat, ons ploeter net voort en maak elke keer dieselfde fout. Jy sou dink dat ons uit ons foute sal leer; of hoe?Ons het elkeen stofgetrapte gedragspaadjies. Oftewel gedragspatrone, wat ons keer op keer herhaal. Kom ons sê daar is 'n spesifieke persoon waarvan jy nie hou nie, en wanneer jou foon lui en sy naam op die skerm verskyn, beantwoord jy eenvoudig nie die oproep nie. Hoekom doen jy dit?Wel, jy kan dalk redeneer dat jy nie vandag iemand anders se drama in jou lewe nodig het nie. Jy hoef nie te luister na hulle gekerm nie, of dalk gaan hulle jou net ontstel en weer ‘n keer kritiseer. Goed, ons kan goeie verskonings hê...Maar dink mooi, wat is jou motief wanneer jy daardie besluit neem? Gaan dit om jóú, of oor daardie moeilike persoon? Is dit vir jou eie gemoedsrus, of het die ander persoon miskien net vandag ‘n woordjie van bemoediging nodig? Dit is nie lekker om ons motiewe te bevraagteken nie, maar ons moet dit gereeld ondersoek. Die apostel Paulus skryf in:Filippense 2:3,5 Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was:As ons praat van Jesus se gesindheid, moet ons onthou dat Hy aan die kruis gesterf het vir mense soos ons, ten spyte van die feit dat ons ook maar moeilike mense is. Wanneer dit kom by hoe jy ander mense behandel, moet jy altyd bereid wees om jou motiewe te bevraagteken.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Paulus sê in Romeine 14:8 "Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here." Hoe sterf ons tot eer van die Here? Hoe moet die lewe van die gelowige ingerig wees om gereed te wees vir die dood? Kyk na Paulus se nalatenskap vir Timoteus en Titus. Is daar 'n groter nalatenskap vir jou kinders as jou getuienis van die evangelie? "Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins, skryf Paulus aan die Filippense. Moet ons hulde verkondig aan die afgestorwenes, of liewer die evangelie brng as troos?
Send us a textFilippense 2:3-5 Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander. Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Mense dink deesdae baie anders oor belangrike sake. Dis asof daar 'n groot verskuiwing in mense se koppe aan die gang is. Maar weet jy, dis nie ‘n nuwe ding nie. Waar mense voorheen ingestel was op hul medemens, fokus hul nou op hulself, of soos die geleerdes dit stel: Dit is die globale verskuiwing weg van 'n kollektiewe, wedersyds-verantwoordelike wêreldbeskouing na 'n individualistiese een.Mens sien dít al lankal duidelik in die Weste. Mense het oor die afgelope eeu, soos ekonomieë ontwikkel het en soos mense ryker geword het, meer regte vir hulself geëis. En soos rekenaars en selfone die middelpunt van ons wêreld geword het … het mense so selfsugtig geword, dat hul verhoudings met hul medemens nog slegter geword het.As gevolg van verwestering, het hierdie idee dat jy die belangrikste persoon is en dat jy geregtig is op baie voorregte, ook in ontwikkelende nasies oorgeneem. Maar hierdie verskriklike selfsug, is niks nuuts nie, dis van die vroegste tye af met ons. Dit is waarom Jesus se opdrag om 'n lewe van opoffering te lei, nog altyd vir die mens moeilik was om te sluk, en altyd sal wees. Ja, dis natuurlik hoekom Jesus se opdrag om jou lewe vir Hom op te offer, vir so baie mense onaanvaarbaar is.Filippense 2:3-5 Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander. Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was:En soos ons weet, het Hy, al was Hy die Seun van God, alles prysgegee om een van ons te word, om te sterf, om gekruisig te word … vir ons.Ja, ons leef in 'n wêreld wat oorheers word deur mense wat selfgeregtig leef. Maar weet jy, die lewe van 'n Christus-volgeling is presies die teenoorgestelde daarvan.Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was:Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
“Al wat ek wens, is om Christus te ken ...” – Filippense 3:10
Filipense 2:10,11 Só sal by die noem van Jesus se heerlike Naam elke knie in die hemel en op die aarde en onder die aarde buig, en elke tong sal bely: “Jesus Christus is Here!” En só sal God die Vader verheerlik word! (NLK) Elke nou en dan praat God deur die een of ander skynbaar onbenullige gebeurtenis met ons. Dit kan ‘n piepklein dingetjie wees, maar sy boodskap kom op ‘n magtige en onpeilbare manier na ons toe. Die einste ding het onlangs met my gebeur.Ek moes ‘n vliegrit op pad huis toe na 'n lang vlug, in Tokio onderbreek, en ek het 'n taxi na my hotel geneem. Ek het ‘n onnosel fout begaan. Ek het aan die taxibestuurder die verkeerde adres gegee. Met ons aankoms by die verkeerde hotel, was daar natuurlik geen bespreking in my naam nie. Die vriendelike ontvangsklerk het die misverstand uitgepluis, my gevra om te gaan sit en vir my 'n ander taxi bestel om my hierdie keer na die regte hotel te neem.Toe die taxi aankom, het daardie ontvangsklerk my vergesel, vir die bestuurder die korrekte adres gegee (want ek praat nie 'n woord Japannees nie) en my tasse agter in die bagasieruim gelaai. Maar hier is die ding wat my werklik aangeraak het: toe ons uitry, het daardie jong man op die sypaadjie gestaan, hy het uit respek só laag vir my gebuig, dat dit trane in my oë gebring het.Ek was nie eers 'n betalende kliënt nie. Hy sou my nooit weer sien nie. Ek was ‘n totale onbelangrike persoon vir hom, maar tog het hy my op hierdie manier vereer. En op daardie oomblik het ek myself afgevra … of dit die nederige prentjie van my lewe is, of nie? Is dit wat God sien as Hy na my kyk … of nie?Filippense 2:10,11 Só sal by die noem van Jesus se heerlike Naam elke knie in die hemel en op die aarde en onder die aarde buig, en elke tong sal bely: “Jesus Christus is Here!” En só sal God die Vader verheerlik word! (NLK)Die lewe wat Jesus eer, is die lewe wat verkondig dat Hy die Here is.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Filippense 2:3,4 Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange. (NLV) Sê my, geniet jy dit om saam met 'n trotse persoon te woon of te werk, of om deur ‘n paar van hulle omring te word? Dit is nie baie pret nie, is dit?Een van die mees vernietigende van alle denkwyses is beslis een wat gewortel is in trots, want vir die trotse persoon gaan alles oor hulleself. Hulle is die middelpunt van die heelal – hoe húlle voel, wat húlle wil hê en wat die mense van húlle dink.Dit lei daartoe dat hulle verblind word vir die behoeftes, die gevoelens, die vermoëns en die bydraes van ander. Hulle sal jou vertrap om húlle doel te bereik. Hulle sal jou ignoreer, jou verraai en saamsweer teen jou, om hulself, in hul eie oë en in die oë van ander, belangrik te laat lyk.God weerstaan altyd die hoogmoediges en betoon genade aan die nederiges. Kyk wat staan in die Bybel oor trots:Filippense 2:3,4 Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange. (NLV)Voorwaar wyse raad. Ons moet ons trots oorwin as ons Jesus wil volg, want Hy het, alhoewel Hy die Seun van God was, Homself tot in die dood, ja, die dood aan die kruis, verneder.Maar dit is ook 'n heilsame les oor die keuse van mense wat ons kies om onsself mee te omring. Soos iemand eenkeer gesê het, wees versigtig wie jy op jou skip laat klim, want sommige mense sal die hele skip laat sink, net omdat hulle nie die kaptein kan wees nie.Wie is die mense met wie jy jouself omring? Moet hulle hoegenaamd op jou skip wees?Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Filippense 4:19 Omdat Christus Jesus dit verdien het, sal my God uit sy heerlike rykdom vir julle voorsien in elke behoefte wat julle het. (NLV) In 'n wêreld wat al hoe meer welvarend word, word dit vir ons moeiliker en moeiliker om 'n grens tussen ons behoeftes en ons begeertes te trek. Ja, en ons raak so maklik deurmekaar met die twee wanneer ons bid. Waar ek woon, beskou die meeste mense 'n warm stort as 'n fundamentele mensereg. Hoe kan jy die dag daarsonder begin? Dit was beslis my siening, totdat ek die eerste keer ware armoede teëgekom het in 'n dorpie genaamd Halia in Indië. En toe weer, in 'n melaatse kolonie in Tanzanië, toe ek koekies seep in die misvormde hande van mense wat vingers verloor het, geplaas het. Daardie ervarings is geneig om jou onderskeiding tussen behoeftes en begeertes te verskerp. Maar in die afwesigheid van daardie soort duidelikheid, wonder ek of ons al te dikwels na God gaan en Hom smeek om in basiese behoeftes te voorsien, wanneer ons in werklikheid oor ons begeertes praat. Die apostel Paulus het baie goed verstaan wat die onderskeid tussen sy behoeftes en begeertes was. Hy skryf hierdie woorde, uit sy dodesel: Filippense 4:19 Omdat Christus Jesus dit verdien het, sal my God uit sy heerlike rykdom vir julle voorsien in elke behoefte wat julle het. (NLV) God voorsien in die behoeftes van sy mense. Ja, Paulus was in boeie. Hy is uiteindelik tereggestel. Hy is nou vir alle ewigheid in God se Teenwoordigheid. Ons kan onsself soms in ons eie tronk bevind, en op daardie plek sal ons God ons elke behoefte ten volle bevredig. Nie op 'n suinige manier nie, maar uit sy heerlike rykdom in Christus. Dis wie Hy is. Maar laat ons nie vir een oomblik ons behoeftes met ons begeertes verwar nie. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Filippense 3:20 Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag. Sê my, wat is die dinge wat jy werklik geniet om te doen? Jou stokperdjies, jou tydverdrywe, die dinge wat jou vreugde verskaf? Dit is lekker om net aan hulle te dink, maar in watter mate het hulle slagysters geword?Wel, dit klink nou ‘n bietjie negatief, of hoe? Hier voel ons sommer net lekker as ons dink aan die dinge wat ons graag doen, en … toe kom bederf ek alles met daardie ongerieflike vraag oor die goeie dinge in jou lewe wat jou wegtrek van die beste ding, die belangrikste ding, die een ding, wat aan die einde van jou lewe op hierdie aarde, die enigste ding sal wees wat saak maak.Miskien dink jy, "Wag 'n bietjie, het ons nie gister hieroor gepraat nie?" Ja ons het. Maar daar is meer. Daar is die realiteit dat die dinge wat onsigbaar is, baie belangriker en groter is as die dinge wat gesien kan word, want:Filippense 3:20 ... ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.My vriend as jy in Jesus glo, dan is jy bloot 'n indringer op hierdie aarde. Jou ware tuiste, net soos myne, is by Hom, en ons het die volste reg om met groot afwagting te wag vir die dag wanneer Hy óf terugkeer, óf wanneer ons huis toe gaan na Hom toe.Hoe maklik is dit tog nie om so vasgevang te raak in die dinge van hierdie wêreld, met al die genot en druk, net om die belangrikste ding van alles te mis nie? Kyk op en sien!Want ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwagDit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Filippense 1:6 Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom. Wel, die eerste week van die jaar is amper verby. Sê my, wat is jou plan vir die tweede, die derde, die vierde week? En nog belangriker, wat dink jy is God se plan vir jou lewe?Dis nou 'n interessante vraag. Ons kan so besig raak met ons eie hoop en drome, dat dit nie eers in ons gedagtes opkom dat God ook hoop en drome vir ons lewens koester nie. Watter ouer het nie?Dink jy nie dat God baie hoop, drome en planne vir jou lewe het nie? Dink net wat Hy alles vir jou gedoen het: Hy het jou nie net geroep nie, Hy het jou vergewe deur die dood van Jesus aan die Kruis en deur sy opstanding uit die graf boonop vir jou 'n nuwe en ewige lewe geskenk. Die apostel Paulus skryf aan sy vriende in Filippi:Filippense 1:6 Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.Ek wonder of ons nie in daardie een vers God se plan vir jou lewe ontdek het nie? Hy het inderdaad deur jou geloof in Jesus, 'n goeie werk in jou begin: Hy het jou na Homself geroep, Hy't jou skoon gewas van jou sonde en jou met sy Heilige Gees, sy Teenwoordigheid wat in jou woon, gevul.En wat is sy plan? Om daardie wonderlike werk te voltooi. Om voort te gaan om jou te verfyn, jou te laat groei, en jou nog nader te trek deur die op- en afdraandes wat Hy vir jou lewe beplan het. Ja, om sy goeie en magtige werk in jou te voltooi, totdat jy tot in alle ewigheid in sy teenwoordigheid kan jubel.So, moenie deur allerhande dinge afgelei word nie. Hou jou oog op sy einddoel.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Filippense 3:18-20 Ek het dikwels vir julle gesê en tot my verdriet moet ek dit nou herhaal: Daar is baie wat as vyande van die kruis van Christus lewe. Die verderf is hulle einde; die maag is hulle god; hulle skande is hulle trots; hulle is aardsgesind. Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag. Daar is deesdae baie dinge wat ons aandag aflei. Sommige van hulle is baie positief. Maar hulle neem bietjie vir bietjie toe en voor jy jou oë uitvee, is jy op 'n glibberige afwaartse glybaan, op pad weg van God af.Ek vertrou dat God jou met genoeg kos, klere, 'n dak oor jou kop en 'n paar liefdevolle verhoudings geseën het. En, ja, bo en behalwe daardie basiese lewensbelangrike dinge, is dit wonderlik om af en toe 'n vermaaklike fliek te kyk, of om jouself vir jou gunsteling sportspan hees te skree, of om 'n bietjie vakansie te hou.Daar is niks verkeerd met enige van daardie dinge nie, totdat ... hulle die belangrikste dinge in ons lewens word. Tot ons meer en meer van hulle wil hê. Totdat hulle ons so ver van God af neem dat ons in ons gedagtes, woorde, dade, in ons hoop, drome en begeertes, vyande van die Kruis word. Hoor hier:Filippense 3:18-20 Ek het dikwels vir julle gesê en tot my verdriet moet ek dit nou herhaal: Daar is baie wat as vyande van die kruis van Christus lewe. Die verderf is hulle einde; die maag is hulle god; hulle skande is hulle trots; hulle is aardsgesind. Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.Hoe lyk baie mense se lewensreis deesdae? Leef hulle as vyande van die kruis van Christus; voel hulle nooit vervuld nie, nooit tevrede nie en het hulle onbewustelik die weg tot vernietiging gekies?Maar ek en jy is burgers van die hemel. Ons wag vir Jesus se wederkoms. My vriend God het jou geroep om die eerbare weg op jou reis en in jou wandel deur hierdie lewe, te kies. Moenie 'n vyand van die kruis word nie.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Filippense 3:14-16 Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God deur Christus Jesus aan my gee. Almal van ons wat geestelik volwasse is, behoort hierdie doel te hê. As daar enigiets is waaroor julle anders dink, sal God ook dít vir julle duidelik maak. Nietemin, laat ons aanhou loop op die pad waarmee ons tot hiertoe gekom het. Het jy al opgelet dat hoe meer jy jouself inspan om iets te doen wat die moeite werd is, hoe meer is jy geneig om versigtiger en stadiger te raak. Ja, jy word selfs 'n bietjie rustiger; jou gedagtes dwaal so maklik ... en dan kom jy tot stilstand...Gister het ons gesels oor die apostel Paulus se kragtige raad, oor hoe ons die res van ons tyd op hierdie aarde behoort te leef ... Filippense 3:14 Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God deur Christus Jesus aan my gee.Maar weet jy, om voluit te hardloop is harde werk wanneer jy jou kruis opgeneem het om Jesus te volg. Maar net ingeval jy lus kry om jou pas te vertraag, kyk wat skryf Paulus nog in:Filippense 3:15,16 Almal van ons wat geestelik volwasse is, behoort hierdie doel te hê. As daar enigiets is waaroor julle anders dink, sal God ook dít vir julle duidelik maak. Nietemin, laat ons aanhou loop op die pad waarmee ons tot hiertoe gekom het.Wie moet na die wenpaal haas? Almal van ons wat geestelik volwasse is! Miskien maak God nou vir jou iets duidelik. Miskien is dit die Heilige Gees wat jou aanmoedig om gedurende die nuwe jaar aan te hou met die pad waarmee ons tot hiertoe gekom het.Die realiteit is dat wanneer jy nie vorentoe beur nie, en nie voluit na die prys, wat in Christus reeds joune is nie, hardloop; dan gly jy agteruit. Jy beweeg na die gebied waar die duiwel, wat gekom het om jou te beroof, jou keer op keer sal aanval. Leef voort en volg die waarheid wat jy reeds ken. Hardloop voluit na die wenstreep!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Filippense 3:14 Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus. Nouja, terwyl jy gereed maak om die nuwe jaar aan te durf, mag ek jou vra, waar is die wenpaal vir jou? Wanneer sal jou wedloop verby wees?Miskien dink jy dis 'n bietjie vreemd vir ons om oor 'n eindpunt te praat, terwyl ons eintlik net gereed maak om na volgende jaar se wegspringblok te stap. Maar kom ons wees realisties. Ons het elkeen 'n eindpunt voor en die meeste van ons het geen benul van wanneer en waar dit gaan kom nie.En dan gaan ons vrolik voort asof daar nie 'n eindpunt vir ons wedloop hier op aarde bestaan nie. Maar daar is baie beslis ‘n eindpunt: ons liggaam sal finaal ingee, of Jesus sal terugkeer … watter een ook al eerste kom.Dink mooi. Wat gaan jy tussen nou en jou eindpunt doen? Hoe gaan jy jou wedloop hardloop? Sal jy vasgevang word in die bekommernisse en die eise van hierdie wêreld, of sal jy fokus op die prys wat voorlê? Kom ons fokus dan gedurende die volgende jaar net daarop - aangesien ons eindpunt ons enige tyd kan verras. Hoe gaan jy volgende jaar jou wedloop hardloop? Kyk wat skryf die apostel Paulus in:Filippense 3:14 Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.God bied vir jou 'n wonderlike lewe; van nou af tot in alle ewigheid. Bly gefokus, hardloop met krag na die wenstreep, offer, dien, eer, verheerlik jou God. Want die prys – die ewige lewe in Christus Jesus – is absoluut die moeite werd.Hou aan om te hardloop.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Filippense 3:12,13 Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het. Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Die meeste van ons besin sekerlik nou oor die jaar wat pas verby is … Hoe het dit gegaan? Was dit 'n goeie of 'n slegte een?Nouja … hoe het dit gegaan? Was jy suksesvol? Is jy 'n beter mens? Het jy jou doelwitte bereik, of nie? En hoe affekteer dit die wyse waarop jy oor volgende jaar voel?En hoekom is ek vandag so vol vrae? Ek wil jou herinner daaraan dat God in hierdie tyd met jou is. Hy wil 'n kragtige, positiewe rol daarin speel om jou vorentoe te lei na die toekoms wat Hy vir jou beplan het. En daar is niks beter as om met Hom te praat oor hoe ons die jaar wat pas verby is, verwerk het; en hoe ons vir die een wat kom, gaan beplan nie.Filippense 3:12,13 Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het. Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is.Dit is wat die apostel Paulus sê wanneer hy besin oor sy verlede, hede en toekoms. En die waarheid is dat nie een van ons perfek is nie. Ons het almal foute gemaak. Ons almal het nog 'n lang pad om te gaan. Vergeet dus die verlede en strek jou daarna uit om die doel wat God aan jou gestel het, te bereik. Want …Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Filippense 2:7-9 maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, Dit is lekker wanneer ander mense jou waardeer – vir die mens wat jy is, vir wat jy gedoen het en dalk selfs vir die potensiaal wat hulle in jou sien. Dit is lekker. Maar die tragedie is dat ons in 'n wêreld, wat op sy kop staan, leef.Om meer soos Jesus te word, is nie iets wat oornag gebeur nie, ten minste nie vir my nie. Wat van jou?Goed, nou dat ons mekaar verstaan, kom ons vra mekaar wat doen ons met daardie natuurlike begeerte om populêr te wees, om gerespekteer te word, of om toekennings vir ons voortreflikheid te ontvang?Dit is immers een ding om deur ander gewaardeer te word. Dit is heeltemal ‘n ander ding om na erkenning en belonings te smag. Wat het Jesus gedoen?Filippense 2:7-9 maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam isWat dit vir my sê, is dat die grootste daad van nederigheid in die hele geskiedenis vir Jesus die grootste eer en beloning besorg het. En daardie beginsel geld vandag ook vir mense soos ek en jy.Soos jy op jou reis saam met Jesus voortbeur – al is dit party dae een tree vorentoe, twee treë terug – ontdek jy dat hoe nederiger jy is, hoe meer erkenning ontvang jy. En weet jy dat wanneer jy vrykom van die begeerte tot wêreldse erkenning, hoe meer word jy vry van die druk om mense te beïndruk; jy hoef nie meer erkenning te kry nie; jy hoef nie meer te wen nie.Maar hoe meer jy jouself verneder, hoe meer seën God jou op maniere wat jy nooit sou kon dink nie. Verneder jouself.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Baptist Church Kempton Park (South Africa) / Baptistekerk Kemptonpark
Koos van der Westhuizen
Baptist Church Kempton Park (South Africa) / Baptistekerk Kemptonpark
Roelf Power
Filippense 2:5-8 Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. Ek het al oor die jare 'n paar baie slim, suksesvolle mense teëgekom. Wat van jou? Mense wat soveel meer kan bereik as wat ek of jy ooit sou kon bereik. Maar daar is een ding wat baie van hulle in die voet skiet.Die probleem is dat jy terselfdertyd slim en wreed kan wees. Jy kan ook terselfdertyd ongelooflik suksesvol en ongelooflik onaangenaam wees. Jy kan selfs terselfdertyd groot oorwinnings behaal en groot verliese ly. Dit is 'n vreemde kombinasie, maar ons sien dit tog die hele tyd in soveel mense voorkom.Dit is regtig tragies, want wanneer trots sy kloue in ‘n persoon inslaan, loop dit op ontworteling uit. Ek het eenkeer iemand hoor sê dat trots elke deug van sy waarde voor God beroof, en ek sal byvoeg, ook voor mense.Jy kan die slimste persoon op die planeet wees, maar ook die eensaamste persoon omdat ander mense (om nie van God self te praat nie) jou trots afstootlik vind. Daarom is dit so belangrik om die trots in jou hart uit te roei, voordat dit jou vernietig, want dit sál jou vernietig. Hoogmoed kom altyd voor die val. En wat is die beste manier om trots te vernietig? Kom ons kyk in:Filippense 2:5-8 Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Filippense 4:6,7 Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. Angs is van die vroegste tye af al 'n chroniese toestand wat ontelbare, miljoene mense van die kwaliteit van lewe beroof. En in die tegnologiese, media-gedrewe wêreld waarin ons vandag leef, is daar bewyse dat dit meer intensief en meer vernietigend as ooit tevore is. En, waaroor is jy nou angstig? Wat is daar wat besig is om aan jou siel te knaag en jou so te pla dat jy snags rondrol? Ja, natuurlik weet ek dat daar uitdagings in ons lewens is. En dit is 'n natuurlike, menslike reaksie om jou oor hulle te bekommer. Maar vir die persoon wat sy vertroue in Jesus gestel het, is dit beslis nie nodig om in 'n konstante toestand van angs te leef nie. Kyk wat sê Paulus uit sy dodesel in: Filippense 4:6,7 Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. Waaroor moet ons bekommerd wees? Niks! Hoe kry ons God se vrede wanneer ons in ‘n probleemsituasie verkeer? Ons moet in elke situasie vir Hom vertel wat ons dink en nodig het - deur ons harte met dankbaarheid sonder om te mor en te kla, voor Hom uit te stort. Maar hier is die gedeelte wat my regtig raak; dit oorweldig my gedagtes! As ons ons begeertes aan Hom bekend maak, dan sal sy vrede, die soort vrede, wat te midde van ons omstandighede nie sin maak nie, nie slegs ons harte vul nie – maar ons harte bewaar van enigiemand en almal (die duiwel inkluis) wat ons wil beroof van hierdie Godgegewe, Heilige-Gees-bemagtigde vrede. My vriend, luister mooi. Dit is God se beproefde en bewese belofte aan jou. 'n Vrede wat alle verstand te bowe gaan is joune. Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Filippense 3:10,11 Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood. Krag en lyding is nie woorde wat ons so dikwels in een sin gebruik nie. En tog wanneer ons swaarkry, is dit juis wanneer ons God nodig het om sy onbegryplike groot krag in ons vry te stel.Gister het ons gesels oor Paulus se begeerte om Christus te ken en die krag wat Hom uit die dood opgewek het, te hê. Opstandingskrag. Heilige Gees krag. Ons kan almal 'n dawerende halleluja en amen daarop sê!Maar die kinkel in die kabel kom in die laaste deel van die versie, wanneer hy kom by die idee van lyding. Is dit nou regtig nodig, Paulus?Filippense 3:10,11 Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood.Ag nee man, moes jy dit nou kom bederf deur lyding daarby te voeg? Maar ons weet almal dat lyding in hierdie gevalle sondige wêreld waarin ons leef, 'n realiteit is.En weet jy, God het self lyding ervaar toe Hy ter wille van ons na die aarde gekom het om as mens te lewe en aan die Kruis te ly. Maar Hy het nie daar aan die kruis vasgespyker, of dood in die graf gebly nie, want die dood kon Hom nie vashou nie. Dit is daardie opstanding waarna Paulus smag, daardie wonderlike belofte waarop hy sy hoop vestig.En dit is dieselfde opstanding uit die dood waarna ek en jy kan uitsien wanneer ons tyd hier op aarde verby is. My vriend, wanneer jy dus swaarkry, soos jy, voordat jou tyd verby is, ongetwyfeld sal, smag na Christus. Ja, smag om soos Hy te wees in sy lyding, want jy kan, wanneer jou lydensdae verby is, op die rotsvaste, sekere hoop van jou opstanding, die ewigheid lewe, vertrou. Verlang na Christus.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Filippense 3:10 Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood Ek het al dikwels oor die jare gewens dat ek, as pa, aan my kinders die wysheid van my jare lange ondervinding en dit wat ek vir hulle kan doen, kan oordra.En dit is maar hoe vaders is, nè? Maar as ek, as sondige mens daardie begeerte kan hê, hoeveel te meer het ons Vader in die Hemel nie daardie selfde begeerte nie?En hoeveel meer suksesvol, dink jy, sal Hy wees, as wat ek ooit kan wees? Wysheid en krag. Dit is om daardie rede dat die apostel Paulus, aan sy vriende in Filippi skryf: Filippense 3:10 Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood.Paulus smag daarna om Jesus te ken en die krag wat Hom uit sy dood opgewek het, te smaak. Hy smag daarna om sy Here en Verlosser so intiem en so persoonlik te ken, dat die onbegryplike groot krag, daardie Heilige Gees krag wat Jesus uit die dood opgewek het, in hom, in sy lewe, in sy bediening en in sy wandel, aan die werk sal wees....Maar nou kom die tweede helfte van daardie vers:en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood.Wanneer ervaar ons meer van God se krag? Daar is geen plek, geen tyd in ons lewens waar ons sy krag so daadwerklik beleef, as wanneer ons in lyding verkeer nie. Ons weet dat Hy gedurende daardie tye sy magtigste karaktervorming in ons doen. Ja, wanneer ons dit nodigste het, sal Hy meer as enige ander tyd, sy krag vrystel.Om Christus te midde van lyding te ken, is om soos Christus te wees.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Filippense 3:9 ...sodat ek Christus as wins kan verkry en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat 'n mens in Hom glo. Enige huwelikspaar sal vir jou vertel dat argumente een ding is, maar wanneer jy daardie onenigheid vir ‘n lang tyd in stilte laat broei, word dit 'n ramp. Dit is die pad na ‘n egskeiding.In baie opsigte is dit dieselfde in ons verhouding met God. Daar gaan tye wees wanneer ons Hom teleurstel. Hopelik kom dit vandag minder voor as wat dit miskien vyf jaar gelede voorgekom het. En soos ons meer en meer soos Jesus word, sal dit oor vyf jaar nog minder kere voorkom.Maar as ons, wanneer ons teen Hom sondig, toelaat dat dae, weke en selfs maande verbygaan sonder om terug te draai en om sy vergifnis te vra … dan loop ons verhouding 'n ernstige risiko om op die rotse te loop.Indien jy ooit in daardie situasie is, hou vas aan hierdie kragtige en bemoedigende versie wat jou sal herinner dat jy altyd ... altyd na Hom kan terugdraai en sy vergifnis kan vra.Filippense 3:9 ...sodat ek Christus as wins kan verkry en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat 'n mens in Hom glo.Ons vryspraak voor God hét nooit en sál nooit bepaal word deur ons vermoë om die regte dinge te doen nie. Ons vryspraak voor God kom slegs deur ons geloof in die feit dat Jesus gesterf het, om die prys vir ons sonde te betaal, en dat Hy weer opgestaan het, om ons 'n nuwe, ewige lewe te gee. Dit is 'n gratis geskenk van ons Vader in die hemel, aan die kinders vir wie Hy lief is.Moet nooit bang wees om na God terug te draai en Hom om vergifnis te vra nie. Dis hoekom Jesus vir jou gesterf het!En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Filippense 2:14,15 Doen alles sonder kla of teëpraat. Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly, onberispelike kinders van God te midde van ontaarde en korrupte mense. Tree onder hulle op as ligdraers in die wêreldJy weet hoe dit gaan. Alles gaan klopdisselboom met nege uit die tien belangrike dinge in jou lewe – jou verhoudings, gesondheid, finansies. . .Maar daar is daardie een vlieg in die salf, wat jou soveel hartseer veroorsaak.En jy weet wat daardie vlieg veroorsaak nè? Ons wil kerm en kla oor daardie een ding, terwyl ons heeltemal perspektief verloor op die nege uit die tien ander dinge in ons lewens, wat so wonderlik goed verloop. Hoekom doen ons dit? Ja, ek dink dis seker maar ons menslike natuur.Dit kom soos ‘n teregwysing wanneer jy na Jesus kyk en besef dat Hy nie een keer oor sy lewe gekla het nie. Hy het soms sy dissipels vermaan. Ander kere het Hy die godsdiensleiers van sy dag gekritiseer. Maar sê my, kan jy aan een geval dink waar 'n enkele gekerm oor sy lippe gekom het? Ek kan nie aan een dink nie.Selfs nie eers toe Hy deur Judas verraai is, onregverdig verhoor, geslaan, uitgeskel en uiteindelik aan 'n kruis vasgespyker is nie. Nie een keer nie! Voel jy nie asof jy jou kop in skaamte moet laat sak oor jou kroniese en belaglike gekerm en gekla nie? Kyk wat staan in:Filippense 2:14,15 Doen alles sonder kla of teëpraat. Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly, onberispelike kinders van God te midde van ontaarde en korrupte mense. Tree onder hulle op as ligdraers in die wêreld.Wat moet ons sonder om te kla of te stry, volgens God doen? Absoluut alles! En hoekom moet ons alles so doen? Sodat ons onberispelik en rein sal wees, kinders van God, ligdraers in die wêreld, sonder vlek of rimpel.Laat ons vandag saam hierdie openbaring omhels. Dit maak nie saak hoe moeilik dinge raak nie, dit maak nie saak hoe onregverdig dit mag lyk nie, hou op met jou gekerm, hou op om te kla, hou op om te stry … skei uit daarmee en spring aan die werk!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Filippense 3:21 Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos sy verheerlikte liggaam te wees.Kan ek vandag pynlik eerlik met jou wees? Ek dink nie dat diegene van ons, wat onsself Christene noem, enigsins genoeg tyd spandeer om opgewonde te raak oor die Goeie Nuus van Jesus en Hom genoeg daarvoor eer nie.Ek onthou 'n dosent van my – Ian Pennicook – van jare gelede, toe ek nog in die Bybel Kollege was, wat elke keer wanneer hy van die Kruis van Christus gepraat het, in sy trane verstik het. Die erns van dit wat Jesus vir hom gedoen het, het hom totaal oorweldig.Ek onthou hoe hy eendag, deur sy trane, gesê het: “Ek is jammer. Ek kan nie sommer net oor die kruis praat nie. Ons moet roem in die kruis.” Die erns van daardie stelling het sedertdien by my gebly. Deur al die voor- en teëspoed, deur die sleurwerk van die alledaagse, het die loutere heerlikheid van die Kruis van Christus my hart gevul.Maar nie net dit nie. Vir almal wat in Jesus glo, hulle sonde bely en weggedraai het van dít wat hulle weet verkeerd is, gaan daardie heerlikheid tot in alle ewigheid na hul lewens oorspoel.Filippense 3:21 Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos sy verheerlikte liggaam te wees.Alles wat Christus aan die Kruis verwerf het, sal vir alle ewigheid deur Sy krag, ons s'n word.Ek weet nie wat jou omstandighede is nie – dalk is vandag een van daardie alledaagse dae vir jou, of dalk is jy gedaan, of dalk verkeer jy in ‘n desperate wanhoop – maar watter soort dag jy ook al beleef, onthou die Kruis. Beroem jou daarop. En weet jy, dat daardie heerlikheid vir ewig en altyd joune sal wees.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Filippense 3:20 Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.Ons dink selde oor wie of wat ons toelaat om ons denke en optrede te beïnvloed. In hierdie media gedrewe era verbruik ons meestal net "goed," sonder om eers te dink. Maar dit is 'n gevaarlike ding om te doen. Invloed - dis 'n kragtige konsep. Soos ons die afgelope paar dae gesien het, hou dit 'n groot seën in om onsself deur die regte mense te laat beïnvloed. Goddelike rolmodelle is kragtige wegwysers wat deur God daar geplaas is, om ons in die regte rigting te lei. Maar om onsself deur die verkeerde mense te laat beïnvloed, loop uiteindelik op 'n ramp uit. Om onsself te laat manipuleer deur wat die apostel Paulus “vyande van die kruis” noem; of dit nou individue, korporatiewe bemarkingsfoefies, die heersende sosiale tendense, politieke faksies, of gevaarlike geloofsoortuigings is… dit sal op die ou end rampspoedig wees. Dit maak sin, maar nou kom die vraag: hoe onderskei jy tussen goeie en slegte, met ander woorde, tussen goddelike en goddelose mense vir wie jy toestemming gee om in jou lewe inspraak te hê? Dit is eintlik heel eenvoudig. Jy pas die goudstandaard toe: Filippense 3:20 Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag. Ek en jy behoort nie aan hierdie wêreld nie. Jesus het dit baie duidelik gestel dat ons, nes Hy, in hierdie wêreld is, maar nie van die wêreld nie. As jy dus twyfel, kyk na Jesus – Hy is die goudstandaard; die hemelse standaard. Mense, bestuursliggame, leiers … hulle kan almal sê wat hulle wil, maar as ons Jesus die Here van ons lewe noem, is Hy ons standaard. Hy is die heerser teenoor wie ons die ander mense, wat seggenskap oor ons lewens wil hê, moet opweeg. En as hulle nie aan die standaard voldoen nie, gooi hulle uit. Dit kan op die kort termyn seermaak, maar onthou, jy wag vir Jesus, jou Verlosser, om terug te kom. Dit is wat werklik saak maak. En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Filippense 3:18,19 Ek het dikwels vir julle gesê en tot my verdriet moet ek dit nou herhaal: Daar is baie wat as vyande van die kruis van Christus lewe. Die verderf is hulle einde; die maag is hulle god; hulle skande is hulle trots; hulle is aardsgesind.Een van die dinge wat ouers die meeste vrees, is dat hul kinders die pad byster sal raak, wanneer hulle verkeerde vriende het en ander mense van twyfelagtige karakter toelaat om hul rolmodelle te word.Hoeveel keer, dink jy, het God gesien dat een van sy kinders op 'n dwaalspoor gelei is, omdat hulle die voorbeeld van die verkeerde mense gevolg het?Sê my, wie is jou rolmodelle? Wie is diegene vir wie jy jou hart oopmaak? Wie laat jy toe om ‘n invloed te hê op wat jy dink en hoe jy optree? En – hier is die kernvraag – kan jy hulle vertrou? Is hulle jou vertroue waardig?Gister het ons gesels oor die belangrikheid daarvan om die regte rolmodelle in ons lewens te hê... sodat ons, as dissipels (of leerders) van Jesus, ook sy vakleerlinge word - met 'n baie goeie indiensopleiding op die koop toe.Maar vandag wil ek 'n waarskuwing rig oor die keuse van verkeerde mentors in ons lewens. Kyk wat sê die apostel Paulus oor daardie einste ding in:Filippense 3:18,19 Ek het dikwels vir julle gesê en tot my verdriet moet ek dit nou herhaal: Daar is baie wat as vyande van die kruis van Christus lewe. Die verderf is hulle einde; die maag is hulle god; hulle skande is hulle trots; hulle is aardsgesind.Daar is mense daar buite wat voorgee om Christene te wees. Hulle gee voor dat hulle getroue volgelinge van Christus is. Hulle lyk en klink so wonderlik en oortuigend, maar as jy die vrug van hul arbeid ondersoek, is hulle allesbehalwe!Moenie jou hart oopmaak vir die verkeerde mense nie. Moenie deur die vyande van die kruis mislei word nie!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Filippense 3:17 Wees my navolgers, broers, en let op die mense wat lewe volgens die voorbeeld wat ons vir julle stel.Ek dink nie daar is een van ons wat nie 'n beter lewe wil hê nie. Ek praat nie net van wêreldse dinge soos gemak en sukses nie. Natuurlik is dit lekker om gemak en sukses te hê. Maar vandag praat ons van "'n beter lewe" as innerlike veranderinge; veranderinge ín ons.Wanneer jy terugdink oor die afgelope week, het jy sekerlik 'n paar, kom ons noem hulle maar stampe en stote langs die pad, gehad? Dinge wat nie heeltemal verloop het soos jy dit wou hê nie. Ja, dinge wat wrywing veroorsaak het, wat seergemaak het. Dinge wat - as jy dit anders kon gedoen het – heeltemal anders sou gelyk het.En as ons pynlik eerlik wil wees, sal ons elkeen moet erken dat ons beslis ook ‘n aandeel in daardie omstandighede gehad het. Dit is waarom daardie "beter lewe" impliseer dat ons moet leer, verander en ons swakhede en mislukkings te bowe moet kom.Weet jy dat praktiese kennis nie in klaskamers geleer word nie. Daarom dat aspirant skrynwerkers, byvoorbeeld, ‘n vakleerlingskap by ‘n meester doen sodat hulle die praktiese vaardighede van hul ambag, in die werkplek kan aanleer. Hulle werk by meer ervare skrynwerkers en volg hulle voorbeeld, oor en oor, totdat hulle die vaardigheid bemeester het. Dit is oor die algemeen dieselfde in die lewe. Dit is hoe die apostel Paulus dit aan sy vriende in Filippi gestel het:Filippense 3:17 Wees my navolgers, broers, en let op die mense wat lewe volgens die voorbeeld wat ons vir julle stel.Oor die jare, op my reis saam met Jesus, was baie van wat ek geleer het, indiensopleiding - om te kyk hoe diegene wat wyser en meer volwasse as ek is, saam met Jesus stap. Ek het gesien hoe hulle onder druk reageer en ek is deur hulle nederigheid en hulle godsaligheid geïnspireer.‘n Mens noem hulle mentors, of rolmodelle en hierdie mense speel 'n ontsettende belangrike rol in ons lewens.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Filippense 3:10-12 Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood. Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het.Een van die grootste leuens wat die duiwel al vir eeue lank vir God se mense vertel, is dat ons gered kan word en die gratis gawe van die ewige lewe kan hê, sonder om die wyse waarop ons lewe, te verander.As jy bekend is met die Goeie Nuus van Jesus, dink jy nou dalk …Wag so ‘n bietjie. Sê jy dat ek God se guns moet verdien deur goeie dinge te doen? Nee, glad nie! Net gister het ons gesien hoe die apostel Paulus sê in:Filippense 3:9 … en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat 'n mens in Hom gloDit is die Goeie Nuus, maar tensy ons daardie geloof uitleef, het ons nie werklik die genadegawe wat in Christus aan ons gebied word, aanvaar nie. Hier is dit in:Filippense 3:10-12 Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood. Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het.Die rede waarom Christus jou syne gemaak het, is om jou lewe te transformeer, en dit gebeur wanneer jy in sy lyding deel. Ek en jy, ons is nog nie heeltemal die mense wat Hy wil hê ons moet wees nie. Maar ons is besig om getransformeer te word, of ten minste … behoort ons daarmee besig te wees.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Filippense 3:8-10 ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat 'n mens in Hom glo. Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood,Wat is vir jou baie belangrik? Waaraan heg jy die grootste waarde in jou alledaagse lewe? Dis nie ‘n teoretiese vraag nie. Ek praat van die werklikheid, die manier waarop jy werklik jou lewe leef. Dit is nie 'n maklike vraag nie, want as 'n Christen behoort die korrekte antwoord... my verhouding met Jesus te wees. Maar hoe dikwels neem dinge soos jou trots, jou begeerte om gerespekteer te word, die dinge wat jy wil koop en ervaar, die plek in, van dít wat jou prioriteit moet wees? Hier praat die apostel Paulus oor daardie einste ding in: Filippense 3:8-10 ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat 'n mens in Hom glo. Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, In vergelyking met om Christus as Verlosser te hê, is al daardie goed in ons lewens, "waardelose gemors" (eintlik staan daar "mis" in die oorspronklike teks). Paulus se ontmoeting met Christus het alles vir hom verander. Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, My vriend, dit is tyd om vir eens en vir altyd te besluit wat jy regtig in hierdie lewe wil hê. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Filippense 3:4-7 Tog sou ek ook op uiterlike dinge kon vertrou. As iemand meen dat hy op uiterlike dinge kan vertrou, ek nog meer: ek is op die agste dag besny, van geboorte 'n Israeliet, uit die stam Benjamin, 'n egte Hebreër, in wetsopvatting was ek 'n Fariseër, in my ywer 'n vervolger van die kerk, in onderhouding van die wet van Moses om vryspraak te kry, onberispelik. Maar wat eers vir my 'n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus, Om ‘groot te word' behels die proses om oor die jare volwasse te word, en natuurlik ook om minder afhanklik van ander en meer selfstandig te word. Dit is hoe dit hoort - maar daar is 'n vangplek.Toe ons kinders volwassenes geword het, was dit so 'n vreugde om te sien hoe hulle al hoe minder op ons hulp aangewese was en meer kon terugval op die dinge wat ons hulle geleer het. Selfstandigheid. Dis belangrik. Maar waar lê die vangplek? Wel, dit klink so...In jou groeiproses, wanneer jy al hoe meer selfvertroue ontwikkel, is dit maklik om uiteindelik heeltemal op jou eie vermoëns staat te maak, eerder as op God se genade. Hier is hoe die apostel Paulus dit gestel het in:Filippense 3:4-7 Tog sou ek ook op uiterlike dinge kon vertrou. As iemand meen dat hy op uiterlike dinge kan vertrou, ek nog meer: ek is op die agste dag besny, van geboorte 'n Israeliet, uit die stam Benjamin, 'n egte Hebreër, in wetsopvatting was ek 'n Fariseër, in my ywer 'n vervolger van die kerk, in onderhouding van die wet van Moses om vryspraak te kry, onberispelik. Maar wat eers vir my 'n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus,Paulus was regtig ‘n uitstaande mens. Hy het al God se reëls gevolg en in sy selfvertroue het hy gedink dat hy onberispelik is en dat hy in sy lewe saam met God ‘n groot sukses van sy lewe gemaak het. Tot op die dag wat hy Jesus ontmoet het. Dis toe dat hy besef het dat al die dinge wat hy voorheen trots op was - sy erfenis, sy geleerdheid en sy vermoë om die reëls getrou te volg - heeltemal waardeloos was.Moenie so selfstandig wees dat jy onafhanklik is nie. Wees genade-afhanklik.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Filippense 3:2,3 Pas op vir daardie rondloperhonde, pas op vir daardie kwaaddoeners, pas op vir die mense van die versnydenis! Ons wat God deur sy Gees dien, het mos klaar die ware besnydenis. Ons beroep ons op wat Christus Jesus gedoen het en nie op menslike dinge nie.Die onderwerp van besnydenis is een van die dinge wat my elke keer ek dit in die Bybel raakloop, eerlikwaar ontstel. Dit was 'n vereiste van die Ou Testamentiese wet, jare voordat narkose ooit uitgevind is. Eina! Manlike besnydenis was 'n fisiese teken om te bewys dat jy aan God se volk behoort. Dit was 'n wetlike vereiste onder die ou kontrak tussen God en sy volk, wat ons nou die Ou Verbond noem. Maar Christus het gekom om die wet te vervul. Daardie ou rituele en wetlike vereistes maak nie meer saak vir iemand wat in God se vergiffenis, deur Jesus se offer aan die kruis, glo nie. Vir ons is dit nie meer nodig om te voldoen aan die 613 gebooie en wette wat in die Torah - Genesis, Eksodus, Levitikus, Numeri en Deuteronomium - vervat is nie. Wat ‘n verligting ... ja, inderdaad, vir ouens soos ek! Onder hierdie Nuwe Verbond van genade gaan dit alles daaroor om te reageer op wat Jesus vir ons gedoen het, eerder as om die wet, wat niemand in elk geval in staat was om te gehoorsaam nie, te onderhou. Maar … daar is steeds mense wat daarop aandring om die horlosie na die Ou Verbond terug te draai. Dit is wat die apostel Paulus oor hulle sê: Filippense 3:2,3 Pas op vir daardie rondloperhonde, pas op vir daardie kwaaddoeners, pas op vir die mense van die versnydenis! Ons wat God deur sy Gees dien, het mos klaar die ware besnydenis. Ons beroep ons op wat Christus Jesus gedoen het en nie op menslike dinge nie. Paulus draai nie doekies om nie! Hy wys ons dat ware aanbidding die aanbidding van God deur die Heilige Gees is, eerder as om reëls en regulasies te volg. Om vry te wees! – dit is waarvoor Christus ons vrygemaak het! Maak seker dat julle vry bly, en moet nie weer onder 'n slawejuk vasgebind word nie. (Gal 5:1 NLV) Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Filippense 3:1 Verder, my broers en susters, wees bly omdat julle aan die Here verbind is. Om weer hieroor vir julle te skryf maak my nie moeg nie, en vir julle gee dit duidelikheid. (NLV)Daar was tye in my lewe (en ongetwyfeld in joune ook) waar dit gevoel het asof die vreugde van die Here uit my lewe verdwyn het. Jesus het soos Hy beloof het, alles gesê en gedoen om ons blydskap volkome te maak. Regtig! Watter vreugde?!Daar is niks so bemagtigend as die vreugde van die Here nie. Geluk is bloot 'n emosionele reaksie op uiterlike omstandighede – wanneer dinge goed gaan is ons gelukkig; wanneer dit sleg gaan, is ons hartseer. Maar, weet jy, die vreugde van die Here is soos 'n fontein van lewende water wat van binne opborrel. Ons kan dit nie self laat gebeur nie, maar vir elkeen wat in Jesus glo, sal daar uit die diepste van sy wese riviere van lewende water vloei.Ek kan hierdie waarheid met jou deel, maar dit kan slegs 'n geringe impak maak. Maar wanneer God dit deur Sy Woord vir jou sê, sal die Heilige Gees jou verkwik op maniere wat die woorde van mense nooit kan nie.Filippense 3:1 Verder, my broers en susters, wees bly omdat julle aan die Here verbind is. Om weer hieroor vir julle te skryf maak my nie moeg nie, en vir julle gee dit duidelikheid. (NLV)Ek voel baie dieselfde as die apostel Paulus hieroor. Ek kom gereeld terug om met jou oor die vreugde van die Here te gesels, sodat jy voorbereid kan wees op al die gebeurlikhede van die lewe.Ons kan vandag oor baie ander dinge praat, maar dit is net dat die blydskap van die Here so belangrik is, so wonderlik is ... dat dit absoluut geen moeite vir my is om jou weer aan hierdie versie te herinner nie.Die blydskap van die Here is jou krag. En ek wil seker wees dat jy gereed is om sy blydskap te ontvang!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Filippense 2:9-11, Eksodus 20:7 --- Send in a voice message: https://anchor.fm/bybel-tyd/message
Filippense 2:14-16 --- Send in a voice message: https://anchor.fm/bybel-tyd/message
Filippense 1:29,30 God het julle die voorreg gegee om Christus te dien, nie alleen deur in Hom te glo nie, maar ook deur vir Hom te ly. Julle en ek het dieselfde stryd wat julle my vroeër al sien stry het en waarvan julle hoor dat ek nou nog stry.Wanneer ons deur ‘n tyd van lyding gaan (soos ons almal ongetwyfeld soms gaan), is die laaste ding waaraan ons dink, dat daardie lyding 'n seën kan wees. Dit kan tog nie reg wees nie - wie sal ooit die twee woorde “lyding” en “seën” in dieselfde asem gebruik?Wanneer ons oor die toekoms droom, droom ons altyd oor goeie dinge, oor seëninge. Nie een van ons sit ooit daar en hoop en bid vir 'n tyd van lyding nie. Nee, ons vermy lyding soos die pes. En omdat nie een van ons ooit wil ly nie, is dit gerieflik om die verband tussen seën en lyding, heeltemal uit ons gedagtes te verban.Die apostel Paulus was 'n man wat beslis gewoond was aan beide seën en lyding. Kyk wat sê hy in:Filippense 1:29,30 God het julle die voorreg gegee om Christus te dien, nie alleen deur in Hom te glo nie, maar ook deur vir Hom te ly. Julle en ek het dieselfde stryd wat julle my vroeër al sien stry het en waarvan julle hoor dat ek nou nog stry.Waarom het God jou geseën? Hoe het God jou geseën? Hy het jou geseën met die voorreg om Christus te dien. Sy seëninge aan jou is nie bedoel om by jou te stop nie. Dit is bedoel om tot sy eer deur jou te vloei na die lewens van ander. Dit is die eerste punt.Punt nommer twee, is dat daar saam met daardie seëninge, wat deur jou vloei, die eer om vir Christus te ly, bykom. Wanneer jy dus die volgende keer swaarkry, onthou net dat wanneer jy met 'n rein hart en 'n positiewe gesindheid vir Christus ly, en steeds toelaat dat Sy seëninge deur jou vloei... bring hierdie lyding eer aan Christus.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Filippense 1:6 Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus komSonde is 'n feit soos ‘n koei. Ek weet dit is deesdae nie 'n gewilde onderwerp om te bespreek nie, maar van wanneer af bepaal gewildheid die waarheid? Ja, sonde is en bly 'n feit van die lewe.En as ons onsself, ons lewens en ons verhoudings wil verbeter sodat ons môre 'n beter mens sal wees, as wat ons vandag is, dan moet ons die feite hanteer. Almal se sonde is ook nie dieselfde nie - jou sonde is ongetwyfeld anders as myne, maar ons het almal sonde om te hanteer. Soms struikel ons, en ons struikel, en ons struikel, en val weer en weer ‘n keer terug in daardie selfde ou sonde. Ander kere is dit baie ernstiger – ons val tot ons plat op die aarde lê. Hoe dit ook al sy, op 'n stadium is dit maklik om tot die gevolgtrekking te kom dat ons nooit oorwinning oor ons sonde gaan hê nie.Maar weet jy, dis ‘n gevolgtrekking waartoe ons kom wanneer ons vergeet dat God met ons is ... en dat Hy ons daaruit gaan red. Hoe kan ons seker wees daarvan? Hier is die antwoord in :Filippense 1:6 Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.Ons kan absoluut seker wees daarvan, want God werk in ons. Hier is hoe die 18de-eeuse voormalige slawehandelaar, John Newton, dit gestel het: Ek is nie die man wat ek behoort te wees nie, ek is nie die man wat ek wil wees nie en ek is nie die man wat ek hoop om te wees nie, maar deur die genade van God is ek nie die man wat ek vroeër was nie.Onthou jy kan nooit vir God uit die vergelyking laat nie.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Psalm 59:10, Filippense 2:14-16 --- Send in a voice message: https://anchor.fm/bybel-tyd/message
Filippense 4:11-12 --- Send in a voice message: https://anchor.fm/bybel-tyd/message
Filippense 4:13 --- Send in a voice message: https://anchor.fm/bybel-tyd/message
Filippense 2:14-16 --- Send in a voice message: https://anchor.fm/bybel-tyd/message
Die Rolling Stones het `n treffer "I can't Get No Satisfaction" waarmee so baie mense kan identificeer. Tog is dit moontlik om in alle omstandighede vergenoegd te wees. In hierdie kort boodskap uit Filippense 4 sal ons die geheim ontdek om in alle omstandighede vergenoegd te wees.Support the show (https://thebiblegps.com/donation)