POPULARITY
Dink ons en bid ons vir christene in vervolgde lande? Martelare is immers ons broers in die geloof, en ons behoort hulle in gebed te onderskraag. Hoe moet ons hulle aanmoedig in hul dapperheid om die evangelie steeds onverskrokke te verkondig? Is die kerk nog gereed met 'n apologetiese antwoord vir die uitdagings van ons tyd. En is ons gereed vir die bedreiging van christelike verdrukking in ons eie land? Intussen is ons land besig met die jaarlikse seks-ekspo, en word immoraliteit gevier. Oral word plakkate opgesit teen lamppale om vrye seks te verkoop as 'n skadelose soort vermaak, sodat selfs jong kinders dit nie eens meer kan vryspring nie. Hoe gemaak met die media en publisiteit van hierdie euwel van seksuele misbruik en pornografe?
1 Petrus 1:24,25 Die Skrif sê: “Die mens is soos gras, en al sy prag soos 'n veldblom; die gras verdor en die blom val af maar die woord van die Here, dít bly vir ewig.” En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is. Dit word al hoe moeiliker vir enigiemand wat in Jesus glo, om aan te hou glo wat in die Bybel staan. Stem jy saam? Miskien dink jy soos so baie mense om jou dat dit so verouderd is dat dit glad nie meer van toepassing op jou is nie. Wel, ek kan nie daarmee saamstem nie.Die 66 boeke van die Bybel is onder verskillende omstandighede deur verskillende mense, oor sowat 1 500 jaar geskryf. Dwarsdeur daardie tydperk en in die sowat 2 000 jaar sedertdien, het mense altyd daarteen gestry.God se eie volk, die Israeliete, het die profete wat Hy vir hulle gestuur het, verwerp. En onthou jy, hulle het Jesus, die Seun van God, gekruisig! Die kerk self het menigmaal deur die jare die Bybel teëgestaan. Die kerk het byvoorbeeld vir William Tyndale in 1536 op die brandstapel verbrand, omdat hy die Bybel uit Latyn na Engels vertaal het.Ja, die Bybel het 'n moeilike pad geloop, en tog is dit steeds met ons. Dit word steeds as God se boodskap aan ons geëer. Hoekom is dit?1 Petrus 1:24,25 Die Skrif sê: “Die mens is soos gras, en al sy prag soos 'n veldblom; die gras verdor en die blom val af maar die woord van die Here, dít bly vir ewig.” En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is.Ek stem heelhartig saam met die teoloog R.C. Sproul, wanneer hy skryf: “Ons het geen reg om uit die perspektief van die 21ste eeu na 'n Bybelse teks te kyk en die betekenis daarvan te verander nie. As die perspektief van die 21ste eeu nie by die Bybel pas nie, is dit die perspektief wat verkeerd is, nie die Bybel nie.”die gras verdor en die blom val af maar die woord van die Here, dít bly vir ewig. En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is.Dis sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Drie onderwerpe van bespreking wat terugkyk oor die afgelope maand se nuus is: politiek en die stembus, wêreldse sukses en natuurrampe. Wat het christene te doen met die politiek, en hoe moet ons die stembus benader? Is ons rentmeesters van die skepping, en het ons 'n verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap? Kan jy jou geloof uitleef daar waar jy is? Waaraan word sukses gemeet? Is wêreldse sukses werklik die moeite en tyd werd vanuit 'n ewigheidsperspektief? Mark 8:36: "Wat baat dit 'n mens immers as hy die hele wêreld as wins bekom, maar sy lewe verloor?" Hoe moet die gelowige natuurrampe sien, en hoe moet ons dit as deel van God se plan beskou? Amos 3:6 "Sal daar 'n ramp oor 'n stad kom as die Here dit nie gebring het nie?"
Wat is die voor- en nadele van teologiese konferensies? Dien dit 'n goeie doel, of is dit net 'n gepraat wat die plaaslike gemeente uitsluit? Gereformeerde Sessies 2024 het reeds in April plaasgevind en was grootliks susksesvol met baie goeie basiese Bybelse riglyne en preke. Wat is 'n meerdere vergadering of sinode vergadering, en wat is die oorspronklike doel daarvan binne ons kerkverband? Die Woord Konferensie vind hierdie jaar plaas van 7-9 Junie 2024, te Gereformeerde kerk Daspoort, en die tema is: Hoe ken ek God? Hoe baat die plaaslike kerk en gereformeerde predikante by hierdie konferensies?
Christus se lyding was volkome en die prys vir ons sonde is reeds aan die kruis betaal. Wat sal mensgemaakte paasfees rituele, kruistogte en paasstasies van die wonderlike evangelie boodskap steel, of probeer byvoeg? Jesus het reeds aan die kruis gesê, "Dit is volbring". Kolossense 2:6-14: "Pasop dat niemand julle meevoer deur 'n filosofie en leë bedrieëry, wat gegrond is op menslike tradisie en teorieë oor die kosmiese elemente, en nie op Christus nie. Want in Hom woon die hele volheid van die Godheid liggaamlik. En in Hom, wat Hoof oor elke heerskappy en mag is, is julle met hierdie volheid vervul. In Hom is julle ook besny, nie met die besnydenis deur mensehande nie, maar deur die besnydenis van Christus, waardeur julle sondige bestaan weggeneem is. Omdat julle in die doop saam met Hom begrawe is, is julle ook saam met Hom opgewek deur die geloof in die krag van God, wat Hom uit die dood opgewek het …. Hy het die skuldbewys met sy aanklagte teen ons uitgewis en dit blywend weggeneem, toe Hy dit aan die kruis vasgespyker het."
Dink na oor kerk en staat was Professor Fika Janse van Rensburg se onlangse skrywe in die media. ".... ons land kies dat die regering die pluraliteit van godsdiensvryheid erken, en dat godsdiensvryheid in ons land sal geld....." Die vraag is: Is daar 'n beter weg as pluralisme? Wat is die staat se verantwoordelikheid teenoor die kerk en hoe verskil dit van Artikel 36 van Nederlandse geloofsbelydenis? Hoe behoort die kerk te preek en hoe moet die staat te regeer?
Scriptura sluit Januarie 2024 af met 'n christelike perspektief op drie nuusgebeure: Dricus du Plessis wen geveg teen Sean Strickland, 'n lasterlike reklamebord in Boksburg, en Suid-Afrika kla Israel aan van volksmoord op Gaza.
Scriptura werp Bybelse lig op die nuwe regulasies vir landbou-uitvoere vir blanke boere, die voorgestelde Bela wetsontwerp vir onderwys en skole, en Nederland se regse politieke party wat hul kultuur verdedig en stry teen massa immigrasie. Mag enige wet, taal of kultuur in die pad van die evangelie staan? Hoe kan ons die staat verantwoordelik hou vir goeie regering, ekonomiese bestuur, vryheid van geloof en ons goddelike mandaat vir die opvoeding van ons kinders?
In Perspektief - Oktober 2023, gesels Scriptura oor die aanval van Moslem millitante groep, Hamas, op Gaza, asook die NG kerk se besluit oor selfde geslag verbintenisse op hul sinode vergadering van 2023.
Scriptura bespreek drie onderwerpe in Perspektief van September 2023, naamlik: dieremishandeling en diereverering kry dieselfde status, Christenskap groei in Iran ongeag vervolging, en op Erfenisdag was daar 'n byeenkoms van die Sciëntologie-kerk (Christian Science) in Suid-Afrika by Castle Kyalami met die Ubuntu tema.
Terwyl Daniel voor die magtige maar ook wrede Koning Nebukadneser verskyn verklaar hy:"Sy koninkryk is n ewige koninkryk, en sy heerskappy is van geslag tot geslag!" (Dan 4:3) God se Koninkryk is n onverganklike ewige (Ps 145:13) onwankelbare (Heb 12:28) en REGERING. Die regerings van die mens is tydelik en wispelturig, gebaseer op die arm van die vlees...#Regering #Onwankelbaar #Versterking #Barmhartiging #Mandaat #Vrede #Reformasie #Hemels #Koninkryk
Scriptura gesels oor twee onderwerpe in Perspektief van Augustus 2023: geslagsneutrale huweliksontwerp en 'n nuwe kategismus van menslike seksualitei. Het die christelike kerk nog bestaansreg in terme van die huweliksbevestiging? Wat is die sentrale werk van die kerk teenoor die staat? Is die hedendaagse kultuur besig om jou en jou kinders te katkiseer volgens hulle oortuigings van menslike seksualiteit, of is dit nog die woord van God? Hoe het God geslag en seksualiteit ontwerp?
In Perspektief gesels Scriptura oor twee films naamlik Sound of Freedom en Barbie, asook oor die beplande Nasionale Gesondheidsversekeringsfonds.
In Perspektief van Junie 2023, kyk Scriptura na drie sake in die nuus, naamlik die boikot aksie teen Woolworths oor LGBTQ produkte, die "real housewives" van die wynlande televisie-reeks , en die regering se skikking met Solidariteit oor rasooreenkoms vir regstellende aksie in Suid-Afrika.
Scriptura gesels vandag oor vier onderwerpe in die nuus wat 'n impak op ons getuienis mag hê. Wat is die "Woke ideologie" besig om te doen? Kanada se genadedood wetgewing. Het Suid-Afrika se regering wapens aan Rusland verskaf? Hoe moet ons ekonomiese druk en hopeloosheid benader en hanteer?
Laat die Woord van die Here toe om die proses Goddelik te begelei, maar maak werk van die emosie. Kom sterker, beter toegerus en volwasse aan die ander kant daarvan uit.
Scriptura gesels oor twee nuusgebeure wat tydens April 2023 plaasgevind het. Die kruistog gehou op Goeie Vrydag in Vredefort - kan ons vir God iets teruggee as bewys dat ons Sy genade dankbaar is, of is Christus en die lewendige verkondiging van die evangelie genoeg vir die kerk? En die NG Kerk Vrystaat bly vir eers deel van hul Algemene Sinode, en wil werklik nog in gesprek gaan oor die bestaan van die bose, en die ontmitologisering van Genesis 1 tot 3.
Scriptura bespreek drie sake vanuit 'n bybelse invalshoek ten einde 'n christelike perspektief daarop te gee wat in drie verskillende dele van God se wêreld plaasgevind het in die laaste maand: die Saddleback kerk van California is onthef van lidmaatskap by die Southern Baptist Convention vanweë hul ongehoorsaamheid aan die bybelse leerstellings oor vroue in die amp van predikant; die leier van die EFF politieke party, meneer Julius Malema, het godslasterlike uitsprake gemaak en die burgers van Suid-Afrika gedreig indien enige iemand hom sou teengaan tydens sy "nasionale stilstand" optog gehou op 20 Maart 2023, en dan het Uganda se president, meneer Yoweri Museveni, nuwe wetgewing teen die LGBTQ gemeenskap en beweging ingestel.
Ons leef in 'n wêreld vol konflik en spanning. Mense leef sonder vrede in hulle harte, en wanneer dit daar is, is dit gewoonlik van korte duur. Daar is 'n beter manier van lewe! Vrede is moontlik, ten spyte van en te midde van al die chaos in die wêreld en persoonlike moeilike omstandighede. Maar, jy moet dit kies!
In hierdie perspektief episode gesels Scriptura oor die Asbury herlewing, die kerk van Engeland wat gender neutrale terme vir God oorweeg, en die sataniese vertoning by die Grammy toekennings.
Die Algemene Sinode van die GKSA is 'n bybelse instelling wat Paulus reeds in Handelinge 15 begin het. Wat is 'n gereformeerde sinode, en hoekom is dit nodig dat afgevaardigdes vergader? Wat is die binnewerke van hierdie kerklike vergaderings? Hoekom moet kerke van dieselfde denominasie bymekaar kom om te vergader oor kerklike sake? Verskillende denominasies het verskillende soorte kerkbestuurstelsels. Hoekom is ons oortuig dat ons kerkbestuurstelsel reg en belangrik is, en watter gesag het die sinode?
Efesiërs 1:3-8 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het. Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God wat Hy in al sy wysheid en insig so oorvloedig aan ons geskenk hetKan ek jou iets vra? Op 'n skaal van nul tot tien, in watter mate het die genade van God in Jesus Christus, jou lewe radikaal, heeltemal en totaal verander? Dis ‘n ernstige vraag. As jy ‘n mens is wat werklik in Jesus glo en verstaan dat om Jesus te volg, net soos Hy belowe het, beslis opoffering en lyding sal behels – en as jy smag na 'n beter lewe; ‘n ryker lewe; 'n meer oorvloedige lewe; 'n lewe wat ander lewens sal beïnvloed; 'n lewe wat werklik 'n blywende erfenis van liefde sal nalaat ... as jy hierdie mens is en God se genade jou lewe nie heeltemal verander het nie, dan is iets ernstig verkeerd. Iets ernstig!Efesiërs 1:3-8 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het. Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God wat Hy in al sy wysheid en insig so oorvloedig aan ons geskenk het. Hierdie kosbare vers, die Woord van God, is die belangrikste ding wat ek vandag met jou moet deel. My woorde skiet tekort. Laat God se Woord diep in jou hart insink. Laat die seën, die guns, die radikale genade van God jou hart vul, jou kettings breek, jou vrymaak om alles te wees wat Hy jou geskape het om te wees. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
In Perspektief vandag is drie onderwerpe op die tafel, naamlik: die onderwysdepartement wil 'n "veilige" ruimte skep vir die LGBTQ+ leerders in publieke skole, diversiteitsopleiding by Hoerskool Vishoek het sterk teenkanting gekry as gevolg van rassisme en godslastering, en buitelandse pastore en predikante gaan nie meer werkspermitte verkry om in Suid-Afrika te werk nie.
Die drie sake wat vandag bespreek word, lig die eiewillige godsdiens en die immorele lewenstyl van ons tyd skerp uit. Dit is Bethel musiekgroep, Zandre Strydom en die christ in me kultus, en die LGBTQ beweging. Hul slinksheid en boosheid word ontbloot in hul selfverafgoding, asook die verwerping en verdraaiing van die Bybel. Dit is ernstige klagtes en mense moet bewus wees van die misleidende invloed wat die teologie van hierdie groepe op die samelewing en op ons kinders het om gevolglik die valse godsdiens waarmee hulle ons probeer vang, te verwerp.
Angus Buchan lei gebedsdae op verskillende plekke en duisende mense woon dit by. Wat is die agtergrond en die motivering daarvan, en wat is die rede vir die byeenkomste? Wat openbaar hierdie massa saamtrekke van Suid-Afrikaanse christene? Daar is massa saamtrekke, sogenaamde tekens en wonderwerke wat mense emosioneel opgesweep laat vir ‘n kort rukkie, maar gou weer koud word. Waar is die werklike bekerlinge en ware dissipelskap? Gaan die volgelinge van die gebedsbyeenkomste ook nou kerk toe, en word hulle diensbare lidmate van hul plaaslike gemeentes? Wat is die teologie en godsbeeld wat deur hierdie beweging geleer word, en is dit bybels?
Scriptura bespreek twee baie ernstige sake van die afgelope tyd op hierdie perspektief episode van Augustus 2022, naamlik Noordwes Universiteit Potschefstroom kampus se geslagsbewustheidsweek en verrigtinge in terme van geslagtelikheid en "diversiteit". En tweedens, die groot pornografie krisis wat Suid-Afrika nou in die gesig staar waarin kinders so jonk soos vyf jaar alreeds vir pornografieverslawing behandeling ontvang. Wat kan ons as ouers doen om ons kinders voor te berei en op te lei om al die aanslae van die satan teen te staan, want "liefde laat nie die leuen toe nie", sê Marnix Boersema.
Scriptura bespreek die bekering van oud satanis, Riaan Swiegelaar, voormalige medestigter van die sataniese kerk in Suid-Afrika. In 'n publieke onderhoud het hy sy onlangse bekering onthul, maar toon geen sondebesef nie, gee geen eer aan Jesus Christus nie, en het geen planne om weg te draai van sy sondige lewe en godslasterlike sataniese praktyke nie. Hy verkondig 'n vreemde jesus en 'n soort "liefde" waarvan die Bybel nie leer nie. Die waarheid is: die Skrif alleen gee 'n ware perspektief op alles in die lewe, en in alle ware christene se lewe geniet die Woord van God heel hoogste prioriteit en dra dit ook die hoogste gesag. Jesus Christus staan absoluut sentraal in ware christene se lewens, en God alleen regeer oor alles.
Scriptura gesels in Junie 2022 se perspektief opname oor twee onderwerpe. Eerstens, die Covid-19 inperkings en maatreëls wat nou weggeneem is, en dan die godslasterlike transgender revolusie wat chaos op alle vlakke van die samelewing veroorsaak.
Scriptura bespreek drie nuusgebeure wat skerp reaksie uitgelok het die afgelope maand vanuit 'n christelike perspektief: 'n blanke student wat op 'n swart student se besittings urineer het op die Stellenbosch kampus, die naam van die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl kom in gedrang, en laastens die massamoord by 'n laerskool in Texas. Aanbieders: Jaco de Beer, Gerhard van Rhyn 00:00 Perspektief Mei 2022 03:10 President Ramaphosa se brief 03:35 Student beskadig eiendom 12:30 Sonde probleem 16:05 Vergifnis van God 18:48 Afrikaanse Taalmonument 23:00 Waaraan hou ons die styfste vas? 33:47 Massa-moord by Texas laerskool 42:10 Goddelose wereld 48:40 Kerk se roepingstaak Skrifverwysings: Hand 17, Ef 2:11-22, Joh 17, Joh 10, Rom 1, Skakels: Todd Friel/Wretched Radio: https://youtu.be/PJg3DGBfrw4
Scriptura bespreek Disney se jare lange veldtog om sexuele verwarring en sonde te normaliseer. Hul LGTBQ agenda is onthul en bevestig dat hulle die leuen ondersteun en bevorder, ten koste van die siele van ons kinders. Wat staan ouers te doen? Verder kyk Scriptura na die transaksie waarin Elon Musk die sosiale media platvorm, Twitter, koop. Hy wil dit transformeer om totale onbeperkte vryheid van spraak te bevorder. Wat hou vryheid van spraak vir die christen in, en wat is die moontlike slaggate? 00:00 Perspektief April 2022 01:20 Florida stop seksuele onderrig vir kinders onder 10 03:00 Disney erken LGTBQ agenda openlik 11:38 Vermaak wat God verafsku 22:10 Heers oor jou slimfoon, tegnologie en TV 23:30 Elon Musk koop Twitter 27:00 Wat is vryheid van spraak vir die christen? 31:45 Wysheid oor vryheid van spraak Skrifverwysings: Kol 2:1-4, Ps 19, Ef 4 Aanbieders: Jan-Louis Lee, Jaco de Beer, Jonker Venter
Dit voel of vir my dat ons maklik praat oor ʼn inflasiekoers van 5,7%, of ʼn uitgebreide werkloosheidskoers van 46,2%. Die Pietermaritzburg Economic Justice and Dignity Projek se huishoudelike bekostigbaarheidsindeks plaas hierdie makro syfers in perspektief. Die indeks meet die koste van ‘n mandjie van basiese voedselprodukte wat huishoudings eerste koop om te oorleef. * Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
Jan-Louis Lee voer 'n onderhoud met Ds Dubois du Toit van die NG kerk Suiderhof in Namibië oor die dwaalleer van homoseksualiteit in die NG kerk, en wat die dollerende kerke en Kairos nou daaraan doen. 00:00 Perspektief Maart 2022 00:45 Ds Dubois du Toit oor homoseksualiteit in die NG kerk 10:50 Wat doen die kerk hieraan? 35:07 Wat moet lidmate doen? 45:00 Wat is gereformeerdheid, en hoekom is ek gereformeerd? https://www.glodiebybel.co.za/persverklaring-kairos-netwerk-reageer-op-besluite-deur-sinode-van-namibie-2022-03-22/
00:00 Perspektief Februarie 2022 02:37 Oorlog - Rusland en Oekraïne: Christene se perspektief op oorlog, en bybelse lig op die komplekse situasie. 25:45 CSE of Omvattende Sexopvoeding: Basiese onderwys sillabus bevat Lewensorientering met onvanpaste, seksuele inhoud, en so besmet seksuele perversiteit ons kinders se opvoeding. Skrifverwysings: Psalm 146 beryming - moet op prinse nie vertrou nie..., Matt 24, Luk 22, Johannes 8, Rom 13, 1 Tim 2:2 Aanbieders: Marnix Boersema, Jaco de Beer, Jan-Louis Lee, Jonker Venter, Gerhard van Rhyn
In die eerste perspektief episode van 2022, gesels die Scriptura span oor drie nuusgebeure van die afgelope maand naamlik die onderhoud van Babylon Bee met Elon Musk, 'n vark se hart wat oorgeplant is in 'n mens, en die normalisering van pedofilie. 00:44 Onderhoud van Babylon Bee met Elon Musk 20:15 Varkhart oorplanting 31:09 Normalisering en goedpraat van pedofilie Aanbieders: Jan-Louis Lee, Jaco de Beer, Gerhard van Rhyn
Scriptura kyk terug oor drie groot kwessies en gebeure wat die christelike geloofsgemeenskap regoor die wêreld erg uitgedaag het hierdie jaar. Transgender agenda en die geslagskwessies, covid regulasies van die regering vir eredienste, en dan die geweldige vrees vir die dood wat posgevat het, of ontbloot is, as gevolg van die pandemie. Jesus het in Mattheus 10:28 gesê: "En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel." Lê daarom liewer jou lewe af vir Christus en vir die koninkryk van God. Aanbid en verheerlik Hom, ons Skepper God, bo alles. Hy wat die dood reeds oorwin het en alle mag oor alles het. Hy wat ons vrygekoop het van sonde en dood, sodat ons nie aan die verganklike kort lewe en ons misleidende hartsbegeertes uitgelewer is nie, maar 'n vaste hoop op die ewige lewe kan hê. 00:00 2021 in Perspektief 01:25 "Transgender" agenda en die geslagskwessies 07:20 God se skepping - man en vrou 09:45 Identiteitskrisis onder kinders 11:55 Seksuele revolusie 16:08 Wat is die waarheid oor geslag? 16:55 Hoe leer die publieke skoolkurrikulum? 18:42 Keer terug na die basiese Bybelse beginsels 19:20 Covid regulasies van regering vir eredienste 19:25 God se wette bo die staat se covid regulasies 21:10 Stryd in die kerk 24:49 Wat beteken kerkwees in hierdie tyd? 26:42 Oorvergeesteliking van ons geloof 28:44 Twee virusse: covid en die magvirus 29:28 Semper reformanda 30:36 Beelde en sakramente in die Bybel is konkreet en tasbaar 33:02 Waarvoor is ons werklik geroep? 34:56 Te "versigtig" om kerk toe te gaan? 36:10 Dubbelhartigheid 37:05 Doodsvrees het mense wêreldwyd beetgepak 38:30 Vrees vir die dood 39:23 Illusie van beheer oor die dood 41:19 Wat beteken naasteliefde? 42:40 Jesus het die dood oorwin 44:30 Ons werklike roeping 46:08 Neem jou kruis op en volg Jesus 47:50 Normale sosiale interaksie word gekriminaliseer 51:07 Ons behoort aan Christus in lewe en in sterwe Teksverwysings: Rom 1 en 13, Deut 6, 2 Joh, Daniel, 1 Kor, Heb 2:14-15, Fil 1, Jon 11, Mark 8, Apostoliese Geloofsbeleidenis. Skakels: http://www.scriptura.co.za/2018/08/huwelik-en-gesin-die-satan-se-stille-aanslag-op-die-kerk/ http://www.scriptura.co.za/2019/03/die-huwelik-6-geslagskwessies/ http://www.scriptura.co.za/2021/09/et-cetera-september-2021-week-3/ https://semperreformanda.co.za/ https://www.youtube.com/watch?v=m2HOjrpP9yk http://www.scriptura.co.za/2021/01/perspektief-januarie-2021-eredienste-en-huidige-regulasies-van-die-regering/ Aanbieders: Jan-Louis Lee, Gerhard van Rhyn en Marnix Boersema
Perspektief: November 2021 Aanbieders: Jonker Venter, Jan-Louis Lee en Jaco de Beer 00:00 November in perspektief 00:43 Tema 1 - Oud-president FW de Klerk se boodskap voor sy afsterwe 01:08 Tema 2 - Metaverse 01:40 Reaksie op De Klerk se boodskap 06:28 Harte is ontbloot... 09:49 Negende gebod 11:04 Daar is 'n groter prentjie... God regeer soewerein 12:00 Sosiale media impak 14:40 Objektiewe waarheid 17:55 Kansellasie kultuur 18:33 Wandel in wysheid - lig en sout 20:55 Artikel 36 - Nederlandse Geloofsbelydenis 22:33 Metaverse 26:30 Virtuele wêreld post-covid 29:19 Eindtye - stad van Babilon 30:50 Wetgewing uitdaging 32:00 Uitdaging vir die kerk 33:52 Virtuele "eredienste" bedreig onderlinge verbintenis 36:20 Isolasie impakteer geestesgesondheid 37:45 Gevare van gebrek aan verhoudings 39:55 Ouers moet grense bepaal vir jonger generasies Skrifverwysings: Kol 4, Matt 5:13-16, 2 Kor 3, Openbaring, 1 Kor 12
Aanbieders: Marnix Boersema, Jonker Venter 00:00 Oktober in Perspektief 2021 04:00 Heinz-Winckler transgender debakel 22:42 Grondwet hofsaak: 26-week fetusse mediese afval of nie? 32:25 Steven Furtick - Jesus maak jou die beste "jy" Skrifverwysings: Psalm 119, Romeine 1, Mattheus 5, Esegiël 36:25,26 Verwante artikels en episodes: http://www.scriptura.co.za/2019/03/die-huwelik-6-geslagskwessies/ http://www.scriptura.co.za/2020/07/n-dopper-moet-sy-bybel-lees/ http://www.scriptura.co.za/2019/02/perspektief-januarie-2019/ http://www.scriptura.co.za/2019/06/perspektief-mei-2019/ http://www.scriptura.co.za/2021/04/perspektief-maart-2021/
In hierdie Perspektief episode gesels Gerhard van Rhyn en Jonker Venter oor 3 onderwerpe naamlik die stryd teen dwaalleer in kerk, en dolering (treur), die nuwe voorgenome haatspraak en haatspraakmisdaad wetgewing, en laastens die positiewe nuwe aborsiewetgewing in Texas, Amerika. 00:26 September 2021 in Perspektief 01:44 Stryd teen dwaalleer in kerk, en dolering 04:44 Gereformeerde kerk interpreteer die skrif grammaties-histories 06:16 Kern van boodskap is nie los van oorsprong van teks nie 08:10 Dolering - hartseer oproep tot bekering 09:00 Wesenlike stryd in die kerk - Wat is die Bybel? 14:35 Artikel 29 van Nederlandse Geloofsbelydenis oor dwaalleer 17:58 Nuwe voorgenome haatspraak en haatspraakmisdaad wetgewing 19:35 Hoe word bepaal of haat aangeblaas is en haatspraak plaasgevind het? 20:52 Staaf jou teen vervolging 23:00 Moenie jou naaste afbreek nie 28:35 Wetgewing is om die slegte te straf 31:49 Nuwe aborsiewetgewing in Texas Skrifverwysings: Artikel 29 van Nederlandse Geloofsbelydenis oor dwaalleer. Gal 1:6-12, Ef 2, 1 Tim 2, Ps 139 Aanbieders: Gerhard van Rhyn en Jonker Venter
00:00 Augustus 2021 in Perspektief00:22 Opsomming van die onderwerpe ter sprake: - Vervolging van Christene in Afghanistan na Taliban oorname. - Inenting Manipulasie: Game gee 10% afslag vir mense wat ingeënt is. - Christus word verheerlik op die Olimpiese Spele.03:11 Vervolging van Christene in Afghanistan na Taliban oorname.13:00 Hoe moet Christene en die kerk na die vervolging kyk? 22:09 Inenting Manipulasie: Game gee 10% afslag vir mense wat ingeënt is.34:37 Hoe gaan hierdie wêreldbeskouing Christene raak? - Wat gee ons weg in tye van ‘n krisis? - Word ons vryheid om te aanbid geraak? - Hang die wêreld se veiligheid van my inenting af?41:00 Christus word verheerlik op die Olimpiese Spele. - Die spele is misbruik om ook die seksrevolusie te bevorder.50:52 Alles gaan oor die eer van God. Skrifgedeeltes: Openbaring 1:9, Kolossense ? 1 Korinthiërs 12, Johannes 11, Habakuk 2, Romeine 14, Romeine 8, Filippense 3
In hierdie episode beskou Scriptura 'n paar aktuele sake en nuusgebeure van die afgelope maand vanuit 'n Bybelse perspektief. 00:00 Julie 2021 in Perspektief 01:30 Onluste en eredienste 09:55 Gereformeerde term, Sphere sovereignty, beginsel van soewereiniteit in eie gesagskring: gesin, kerk, regering 11:30 Nederlandse Geloofsbeleidenis artikel 36: die plek van die regering 16:20 Statisme - staat kry oppermag oor alles 18:43 Hoofpunte: - Die antwoord oor eredienste kan nooit wees: So sê die regering nie. - Kan die kerkraad ‘n lidmaat bind deur te sê: Jy kan nie vandag die 4de gebod gehoorsaam nie, en die erediens bywoon nie? - Virtuele dienste is nie eredienste nie - Die kerkraad moet realistiese evaluasies doen 24:40 Inentingspaspoorte en beperking van beweging van die wat nie ingeënt is nie - Patroon van die narratief - Ingeligte besluit teenoor ‘n aktivistiese besluit - Onderskei tussen eredienste en inenting 40:40 Inent of nie: ‘n saak van skeiding tussen gelowiges? Skrifverwysings: Spreuke 29: 2 en 18, Amos, Psalm 96:10, Openbaring, Jakobus, Romeine 14, 1 Kor 8-10, 1 Kor 10:31 Aanbieders: Gerhard van Rhyn, Marnix Boersema, Jaco de Beer, Jan-Louis Lee Photo geneem deur: Andre Swart/AP Photo
Soms voel dit vir ‘n mens asof jou hart wil gaan staan… onluste, geliefdes sterf, werkloosheid, korrupsie, niks maak sin nie!!! Ons kan tans almal sê: “DIE LEWE IS NIE MAKLIK NIE!” Tog is daar baie om voor dankbaar te wees! Te midde van die krisis, kom daar soms buitengewone oplossings en deurbrake! Nou is dit die tyd om PERSPEKTIEF te behou!! SKRIF: Mark. 13:33-37 “Wees voortdurend waaksaam”
Podlitiek en Radio Scriptura gesels in hierdie episode saam oor die rol van die kerk in die samelewing, en kyk vanuit 'n bybelse perspektief na die vraag: Wat is die band en verhouding tussen geloof en politiek? Aanbieders, Daniël Eloff en Paul Maritz, is in gesprek met Jan-Louis Lee, Marnix Boersema en Jaco de Beer, en brei uit oor die kerk se politieke bewussyn, gelowiges se deelname en plek in die politiek. - Mag gelowiges 'n politieke bewussyn hê? - Moet gelowiges deelneem aan politiek? - Is daar 'n plek vir gelowiges in die politieke sake? 00:00 Podlitiek info 00:55 Scriptura info 04:04 Mag gelowiges 'n politieke bewussyn hê, en moet ons deelneem aan die politiek? 10:40 Wat is die plek van Christus in die kultuur? 14:30 Verhouding tussen kerk en staat 16:00 Moet die kerk 'n politieke bewussyn hê? 20:38 Die staat is 'n dienaar van God 22:55 Moet kerk en staat geskei wees? 30:03 Ons grootste probleem is sonde, en ons grootste nood is Christus 33:45 God het 3 omgewings ingestel: die gesin, die kerk en die regering... wat mekaar nie mag onderdruk nie 37:00 Die christen en die stembus
Mei in Perspektief 01:48 Nagwaak vir Jacob Zuma. 07:00 Polities-teologiese beskouing. 10:55 Waarskuwing aan leiers (Jesaja 5:20). 12:22 Kerk en staat moet geskei wees. 16:21 Toenemende korrupsie in die ANC - wat is ons hoop en behoud? 17:27 God sal die perfekte oordeel fel - vergeldingsteologie (Ps 7:16). 20:30 Vertrou op die Here (Ps 37). 21:15 Ons het ‘ n roeping hier (1 Kor 17). 22:37 Konflik tussen Israel en Palestina. 24:00 Eindtye - hoe moet ons Israel sien? 29:00 Redding kom slegs deur Jesus Christus (Matt 24:13-14). 33:08 Kerk moet aan die Here onderwerp - Tweede bede van die Onse Vader (Sondag 48 van Heidelbergse Kategismes).
Verander Jou Perspektief, Verander Jou Lewe - Deel 1 Change Your Perspective, Change Your Life - Part 1
Verander Jou Perspektief, Verander Jou Lewe - Deel 2 / Change Your Perspective, Change Your Life - Part 2
In ons eerste potgooi gesels ons met bekende ekonoom Mike Schussler oor die Suid-Afrikaanse ekonomie. Ons gesprek raak aan verskeie onderwerpe. Onder andere skets Mike vir ons waar Suid-Afrika in die globale ekonomiese bestel inpas. Hy deel ook sy raad hoe ons as a land ons ekonomiese prestasie kan verbeter.
In ons eerste potgooi gesels ons met bekende ekonoom Mike Schussler oor die Suid-Afrikaanse ekonomie. Ons gesprek raak aan verskeie onderwerpe. Onder andere skets Mike vir ons waar Suid-Afrika in die globale ekonomiese bestel inpas. Hy deel ook sy raad hoe ons as a land ons ekonomiese prestasie kan verbeter.
00:00 Perspektief: Maart 2021 02:07 Begrafnisse vir ongebore babas 11:25 Inentingspaspoorte 20:52 Die aanvalle in Mosambiek
Australiese wetsontwerp teen homoseks-bekering, James Coates gearresteer na oortreding van Covid-19 regulasies, Twee sterftes van Ravi Zacharias 1:19 Australiese wetsontwerp teen homoseks-bekering. 21:40 Kanadese predikant, James Coates, gearresteer en verbied om te preek weens oortreding van Covid-19 grendelregulasies. 38:50 Die twee sterftes van apologeet, Ravi Zacharias.
1. Hoe gemaak met die regering se Covid-19 regulasies? 1.1. FOR SA se saak teen die regering oor eredienste. 2. Hoe dink die kerk Bybels oor die opskorting van eredienste? 2.2. Hoe hanteer kerkrade en christene verskille aangaande die opskorting van eredienste en die regering se regulasies?
Rasverbeterings-leer of Eugenetiek (01:38) Selfmoord onder tieners (18:24) Boek van dr Ben du Toit - "God, Is daar 'n ander antwoord?" (30:25)
Nagmaal: 'n Vars Perspektief || Communion: A Fresh Perspective
Nagmaal: 'n Vars Perspektief || Communion: A Fresh Perspective
Trump vs Biden. Senekal. Direkte Bybelvertaling.
Onlangse nuusgebeure: Clicks Cuties KwaSizabantu
Matteus 4:18-20 Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om 'n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was vissers van beroep. Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg.Ek weet nie of jy in God glo nie. Ek het uiteraard geen idee waar jy ten opsigte van geloofsake staan nie, maar daar is vandag iets op my hart wat ek met jou wil deel. Eintlik is dit die heel belangrikste ding wat ek ooit met jou kan deel. Dis 'n snaakse ding; iets onbekend kan van ver af vreesaanjaend voorkom, maar diep in ons hart weet ons dis die regte ding. Neem byvoorbeeld verandering. Verandering is onvermydelik, maar dit bevat dikwels 'n element van vrees. Wat sal gebeur as my plan nie werk nie? Wat sal gebeur as ek misluk? En wat sal gebeur as alles net erger word in plaas beter? Ons ervaar almal daardie gevoel van afwagting aan die een kant, maar vrees aan die ander kant. En weet jy, dis maklik om na Jesus te kyk en te glo dat Hy goed is, maar wat doen ek dan? Wat doen ek, as Hy my dan vra om iets te doen wat ek nie wil doen nie? Wat gebeur as ek met volle oorgawe besluit om Hom te volg en dit werk nie soos ek gedink het dit sou nie? Jy hoor Hom fluister - 'Ek is lief vir jou'. Jy voel daardie verlange, daardie hartsbegeerte om Hom te volg. Miskien is dit vandag die dag vir jou om daardie stap te neem. Miskien is dit vandag die dag om daardie uitnodiging te aanvaar. Miskien is dit vandag die dag om met 'n ander perspektief na Hom te kyk. Ons lees in:Matteus 4: 18-20 Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om 'n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was vissers van beroep. Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg. Hoor jy vandag hoe Jesus na jou roep? Volg hom. Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Watter Bybelse riglyne bestaan daar omtrent vuurwapenbesit onder Christene ter wille van selfverdediging?
Jy word vandag geïnspireer om die regte perspektief te kry op die probleem - Lynette Beer help daarmee.
Meningstuk in die Beeld: 'n Dopper kan ook gay wees Christene in Sjina wat hul geloof moet opsê BLM-Beweging in Suid Afrika
Wat maak ons met die genade wat ons ontvang het?
Ons fokus in hierdie episode op die "Black Lives Matter" beweging en die gedagte van "wokeness"
Moneyweb Radio — Johann Els – hoofekonoom, Old Mutual Investment Group Professor Piet Naudé – direkteur van die Universiteit Stellenbosch se Sake- Bestuurskool Piet Nel - belastingprojekleier, Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters
Ons kyk na onlangse nuusgebeure vanuit 'n Bybelse Perspektief
Vanuit die hemel, kyk Liewe Jesus heeltyd na ons... Hy sien alles – wyd en suid. Dis amper soos om hoog in ‘n boom of uitkyktoring te klim en so ontsettende mooi en wye uitsig te hê van die wêreld om ons. Mag ons op Jesus vertrou om oor ons wag te hou en ons te lei en te bewaar. En mag ons die groter prentjie van Sy liefde en genade verstaan. Ons skrifgedeeltes vir vandag is: Handelinge 1:9 (NLV): “Hy (Jesus) het dit gesê, en is toe in die hemelruim opgeneem terwyl hulle toekyk. Hy het in ’n wolk verdwyn.
Jesaja 40:21,22 Weet julle dan nie, het julle nie gehoor nie, is dit nie van die begin af aan julle bekend gemaak nie, het julle nie 'n begrip van hoe die aarde ontstaan het nie? God het sy troon bokant die hemelkoepel, die aardbewoners is vir Hom soos sprinkane. Hy span die hemel oop soos 'n tentdoek, oop soos 'n tent vir die mense om onder te woon. Jy sal my gereeld hoor praat oor perspektief. Dit beteken, hoe nader iets is, hoe groter lyk dit en hoe verder dit is, hoe kleiner lyk dit. Jou perspektief verander eintlik die werklikheid vir jou. Ongelooflik.Goed, laat ons vir 'n oomblik aanvaar dat God inderdaad God is; dat Hy vir jou en my geskape het, en dat Hy sy Seun, Jesus, gestuur het, om vir ons aan die Kruis te sterf.As dit alles waar is, hoe sien God jou? Ek bedoel, as jy deur dieselfde venster na jouself wil kyk, as wat God jou sien - hoe lyk die venster?Is dit 'n klein venstertjie? Die soort wat nie veel lig inlaat nie? Of die soort waarmee jy nie ver vooruit kan sien nie? Kyk God deur 'n nou venster na ons lewens, of het Hy 'n baie wyer perspektief; 'n groot venster; wat oorvloedige lig laat instroom? Dié soort, wat hom toelaat om moontlikhede verder in die toekoms te kan sien, as wat jy ooit sou kon sien?Kom ons vra, watter soort perspektief God op jou lewe het.In Jesaja 40: 21,22 lees ons: Weet julle dan nie, het julle nie gehoor nie, is dit nie van die begin af aan julle bekend gemaak nie, het julle nie 'n begrip van hoe die aarde ontstaan het nie? God het sy troon bokant die hemelkoepel, die aardbewoners is vir Hom soos sprinkane. Hy span die hemel oop soos 'n tentdoek, oop soos 'n tent vir die mense om onder te woon.Hier's die antwoord: God het 'n volmaakte perspektief. Die volgende keer wat jy 'n probleem het, wat te groot is vir jou om te hanteer ... onthou, ons God is 'n groot God. Hy sien baie meer as wat ons sien; Hy sien alles, en sy almag kan ons nie peil nie.Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Ons kyk na onlangse nuusgebeure vanuit 'n Bybelse Perspektief: 1. Doelbewuste kinderloosheid 2. Gesinsgeweld wat toeneem in die grendeltyd
Ons gesels in hierdie episode slegs oor die COVID-19 Pandemie - juis omdat daar soveel vrae en onsekerheid onder mense en selfs Christene heers.
Ons kyk na onlangse nuusgebeure vanuit 'n Bybelse Perspektief: 1. Steven Spielberg se dogter, Mikaela, wat haar bekwaam as 'n Pornografiese Aktrise (01:39) 2. Beloftebos: Weier dat 'n selfdegeslag paartjie by hulle trou (11:21) 3. Bouwer Bosch se meningstuk op Netwerk24 oor "Jesus en sy donkie wat Sparkling water drink". (21:19)
2020.02.16
Onlangse nuusgebeure in Perspektief: 1. Pres. Ramaphosa se toespraak op 16 Desember 2019 2. Sosiale Media en PTSD ("Post Traumatic Stress Disorder") 3. Australië veldbrande en Coronavirus
Message from Johan Delport on December 31, 2019
November in Perspektief: 1. Springbokke wen die wêreldbeker 2. #ImStaying 3. Genadedood
Ons kyk na Oktober 2019 se nuusgebeure vanuit 'n Bybelse Perspektief: Wiskunde is onderdrukkend vir die skole in Seattle (00:45) Grantleigh: Godslasterlik of net kuns? (13:08) CSE: Seksonderrig in skole (26:03)
Ons kyk na hierdie maand se nuusgebeure vanuit 'n Bybelse perspektief: Wetgewing aangaande lyfstraf in SA Die doodstraf Benny Hinn se bekering
Dit is opvallend hoe daar tans in Suid-Afrika en regoor die wêreld protes-optogte gehou word. Baie keer gaan dit selfs oor tot geweld of vandalisme. Is protes-optogte iets waaraan Christene behoort deel te neem? Hoe sou ons deelname daaraan lyk? (03:20) Wat sê die Skrif oor opstand teen die regering, en hoe behoort gelowiges op te tree teenoor 'n goddelose regering? (17:38) "Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel" Rom 13:1
On besef eers die krag van perspektief wanneer dit verander! Soms kan ons doen met God se uitkyk oor ons lewe, Dalk met jy dit hoor of jy weet van iemand. Deel dit gerus en geniet dit.
In hierdie episode beskou ons nuusgebeure van Julie-maand vanuit 'n Bybelse perspektief. Die fokus van hierdie maand se episode is: 01:24 Afvalligheid van die Gereformeerde geloof: Joshua Harris, Mark Driscoll en Francis Chan 29:11 'n Nuwe huwelikswet vir Suid Afrika
In hierdie episode beskou ons nuusgebeure van Junie-maand vanuit 'n Christelike perspektief. Die fokus gebeure van hierdie maand se episode is: -Junie maand: Gay maand (Pride month). Die sistematiese manier waarop ons beinvloed word deur die media. -Die staatsrede / Munisipaliteite wat onderpresteer. Is daar nog hoop vir ons in so 'n land? -Christina Landman se uitlating oor "Fresh Expression" kerke in Switzerland. Moet ons ook begin "koffie-kroeg"- en "rock en roll"- kerk hou?
Mei in Perspektief! In die lig van onlangse nuusgebeure gesels ons in hierdie episode oor: -Star Wars Produksie-vervaardiger wat 'n donasie wil gee vir die pro-aborsie saak (2:40) -Disney se "gay parade" wat begin Junie afgespeel het (12:55) -Multichoice en die gebeure daaraan verbonde (22:22)
April in Perspektief! In die lig van onlangse nuusgebeure gesels ons in hierdie episode oor: Paasfees-kruisigings in die Fillipyne (0.50'') Die Notre Dame wat afgebrand het (09:45'') Uitlatings van die rugbyspeler, Israel Folau (19:33'')
Maart in Perspektief! In die lig van onlangse nuusgebeure gesels ons eerste oor die aanval op Moslems in Nieu-Zeeland. Daarna praat ons oor vervolging van Christene, spesifiek ook na aanleiding van Christene in Nigerië wat onlangs aangeval en doodgemaak is.
Dr Isak Burger God en Satan in Perspektief 3 Maart 2019 by LWC
Februarie in Perspektief! In die lig van onlangse nuusgebeure gesels ons eerste oor "boelie" onder skoolkinders. Ons praat daarna ook saam oor 'n moontlike belasting opstand ("tax revolt") in Suid-Afrika.
Hierdie is die eerste episode van die nuutste toevoeging tot Radio Scriptura: Perspektief. In hierdie eerste episode bespreek ons New York se aborsie-wetgewing, die Bosasa-skandaal en beantwoord ook 'n luisteraars-vraag: "Moet ek stem?".
'n Bekendstelling van Radio Scriptura se nuwe program "Perspektief".
Episode 0! Ons skop 2019 af deur te vertel wat die doel van Scriptura is en onsself aan die luisteraars voor te stel. In hierdie episode gesels ons ook oor wat DV vir Radio Scriptura voorlê hierdie jaar, o.a. 'n paar reekse, boekbesprekings en ook 'n nuwe program: Perspektief!
Hemelse Perspektief - Tjaart Olivier (Piketberg) by GraceLife Podcast
10 Junie 2018 - Perspektief - Mathys van Eyssen by Corpus Christi Panorama
'n Perspektief van die Kruisiging en Opstanding
Parys 09h00 "Perspektief"
A message from His People Potchefstroom
A message from His People Potchefstroom