Kompas Dienste

Follow Kompas Dienste
Share on
Copy link to clipboard

Ons sien onsself tussen die Pinkster en Driesuster gemeentes. Ons dienste is modern maar tog behou ons die mooi vanuit die tradisionele en charismatiese bewegings. Ons probeer om dit nie moeilik te maak vir mense wat skepties is oor God of kerk om Jesus te kan ontmoet nie. Ons aanbidding nooi jou uit om God te ontmoet en ons boodskappe is maklik om te verstaan en prakties genoeg om uit te leef.

Kompas Gemeente


    • Nov 25, 2021 LATEST EPISODE
    • every other week NEW EPISODES
    • 38m AVG DURATION
    • 85 EPISODES


    Search for episodes from Kompas Dienste with a specific topic:

    Latest episodes from Kompas Dienste

    Die krag van Gebed

    Play Episode Listen Later Nov 25, 2021 35:43


    Deesdae word ons deur ons omstandighede uitgedaag om met groot wysheid te lewe. Met hierdie reeks vertrou ons dat God jou sal help om met krag te lewe. Marius Malan het ons Sondag op ‘n treffende manier herinner aan die krag van gebed.

    Die krag van Geloof

    Play Episode Listen Later Nov 18, 2021 38:30


    Deesdae word ons deur ons omstandighede uitgedaag om met groot wysheid te lewe. Met hierdie reeks vertrou ons dat God jou sal help om met krag te lewe. Marius Malan het ons Sondag op ‘n treffende manier herinner aan die krag van geloof.

    Die krag van Gemeenskap

    Play Episode Listen Later Nov 11, 2021 39:12


    Deesdae word ons deur ons omstandighede uitgedaag om met groot wysheid te lewe. Met hierdie reeks vertrou ons dat God jou sal help om met krag te lewe. Johan Pieterse het ons Sondag op ‘n treffende manier herinner aan die krag van gemeenskap.

    Die krag van Gehoorsaamheid

    Play Episode Listen Later Nov 4, 2021 35:46


    Deesdae word ons deur ons omstandighede uitgedaag om met groot wysheid te lewe. Met hierdie reeks vertrou ons dat God jou sal help om met krag te lewe. Hugo Weich het ons Sondag op ‘n treffende manier herinner aan die krag van gehoorsaamheid.

    Die krag van Gee

    Play Episode Listen Later Oct 28, 2021 41:05


    In die afgelope tyd word ons uitgedaag deur ons omstandighede om met groot wysheid te lewe. Met hierdie reeks vertrou ons dat God jou sal help om met krag te lewe. Marius Malan het Sondag ons op ‘n treffende manier herinner hoe ons met krag kan lewe deur jouself vir God se koninkryk te gee.

    Met grysheid kom wysheid - Lesse van Gideon

    Play Episode Listen Later Oct 21, 2021 39:03


    Deesdae word ons deur ons omstandighede uitgedaag om met groot wysheid te lewe. Met hierdie reeks vertrou ons dat God jou sal help om lewenswysheid by karkaters uit die Bybel te leer. Johan Pieterse het ons Sondag op ‘n treffende manier herinner hoe Gideon se lewe ‘n verskil in die koninkryk van God gemaak het.

    Met grysheid kom wysheid - Lesse van Daniël

    Play Episode Listen Later Oct 14, 2021 42:31


    Deesdae word ons deur ons omstandighede uitgedaag om met groot wysheid te lewe. Met hierdie reeks vertrou ons dat God jou sal help om lewenswysheid by karkaters uit die Bybel te leer. Darius van der Schyf het ons Sondag op ‘n treffende manier herinner hoe Daniël se lewe ‘n verskil in die koninkryk van God gemaak het.

    Met grysheid kom wysheid - Lesse van Ester

    Play Episode Listen Later Oct 7, 2021 36:33


    In die afgelope tyd word ons uitgedaag deur ons omstandighede om met groot wysheid te lewe. Met hierdie reeks vertrou ons dat God jou sal help om lewenswysheid by karkaters uit die Bybel te leer. Marius Malan het Sondag ons op ‘n treffende manier herinner hoe Ester se lewe verander het toe sy haar roeping ontdek het.

    Met grysheid kom wysheid: Lesse van Moses

    Play Episode Listen Later Sep 30, 2021 34:03


    Deesdae word ons deur ons omstandighede uitgedaag om met groot wysheid te lewe. Met hierdie reeks vertrou ons dat God jou sal help om lewenswysheid by karakters uit die Bybel te leer. Marius Malan het ons Sondag op 'n treffende manier herinner aan wyshede wat ons uit Moses se lewe kan leer.

    Met grysheid kom wysheid: Die storie van Elia

    Play Episode Listen Later Sep 23, 2021 37:17


    Deesdae word ons deur ons omstandighede uitgedaag om met groot wysheid te lewe. Met hierdie reeks vertrou ons dat God jou sal help om lewenswysheid by karakters uit die Bybel te leer. Hugo Weich het ons Sondag op 'n treffende manier herinner aan wyshede wat ons uit Elia se lewe kan leer.

    Met grysheid kom wysheid: Josef en Simson

    Play Episode Listen Later Sep 17, 2021 36:27


    Deesdae word ons deur ons omstandighede uitgedaag om met groot wysheid te lewe. Met hierdie reeks vertrou ons dat God jou sal help om lewenswysheid by karakters uit die Bybel te leer. Tommie Arpin het ons Sondag op 'n treffende manier herinner aan wyshede wat ons uit Josef en Simson se lewens kan leer.

    Met grysheid kom wyshied: Abraham

    Play Episode Listen Later Sep 10, 2021 32:39


    Deesdae word ons deur ons omstandighede uitgedaag om met groot wysheid te lewe. Met hierdie reeks vertrou ons dat God jou sal help om lewenswysheid by karkaters uit die Bybel te leer. Afgelope Sondag het Marius Malan ons op 'n treffende manier herinner aan wyshede wat ons by Abraham kan leer.

    Lewe: Met volhoubaarheid

    Play Episode Listen Later Sep 2, 2021 38:00


    In die afgelope tyd word ons uitgedaag deur ons omstandighede om weer te dink oor die sin en betekenis van die lewe. Met hierdie reeks vertrou ons dat God jou vrae sal beantwoord en vrede bring oor die lewe en om te leef met volhoubaarheid. Hugo Weich het ons Sondag herinner dat ons in God se teenwoordigheid en met sy krag 'n volhoubare lewe kan leef ten spyte van moeilike omstandighede.

    Lewe: Met vrees

    Play Episode Listen Later Aug 27, 2021 37:19


    Die afgelope tyd word ons deur ons omstandighede uitgedaag om weer te dink oor die sin en betekenis van die lewe. Met hierdie reeks vertrou ons dat God jou vrae sal beantwoord, jou vrede sal bring oor die lewe en om met die regte verwagting te leef. Marius Malan het ons Sondag herinner dat ons in God se beskermende teenwoordigheid kan lewe sonder ongesonde vrees.

    Lewe: Met 'n verantwoordelikheid

    Play Episode Listen Later Aug 20, 2021 42:56


    Lewe: Met 'n verwagting

    Play Episode Listen Later Aug 12, 2021 43:42


    Die afgelope tyd word ons deur ons omstandighede uitgedaag om weer te dink oor die sin en betekenis van die lewe. Met hierdie reeks vertrou ons dat God jou vrae sal beantwoord, jou vrede sal bring oor die lewe en om met die regte verwagting te leef. Marius Malan het die reeks vir ons begin en gesels oor om met die regte verwagting te leef. Hierdie is 'n belangrike onderwerp en ons sien met 'n verwagting uit na die res van die reeks.

    Hoe om reg te maak vir die dood van 'n geliefde

    Play Episode Listen Later Aug 5, 2021 47:08


    Hoe om reg te maak vir die dood van ‘n geliefde. Hierdie is so 'n belangrike onderwerp, aangesien elkeen van ons op ‘n stadium die dood van ‘n geliefde moet verwerk.

    Hoe om reg te maak vir die dood

    Play Episode Listen Later Jul 29, 2021 43:05


    In die afgelope word tyd word ons almal met die dood gekonfronteer. Die dood is nooit 'n gemaklike onderwerp nie en wanneer ons daarmee gekonfronteer word, kom daar ook baie vrae by ons op. Met hierdie reeks vertrou ons dat God jou vrae sal beantwoord en vrede bring oor die dood. Marius Malan het die reeks vir ons voortgesit en gesels oor die vraag: Hoe om reg te maak vir die dood. Hierdie is so 'n belangrike aspek, aangesien elkeen van ons se tyd op aarde tot 'n einde gaan kom. 

    Hoekom is daar dood?

    Play Episode Listen Later Jul 22, 2021 35:36


    Om hierdie vraag te beantwoord moet ons na die Skrif in Romeine 5:12-13 (NLV)  gaan kyk: Toe Adam gesondig het, het sonde in die wêreld ingekom en deur Adam se sonde ook die dood. En so het die dood tot alle mense deurgedring, want almal het gesondig. Reeds voordat die wet gegee is, het mense gesondig, alhoewel sonde nog nie so spesifiek toegereken kan word as daar geen wet is nie. Deur hierdie vers kan mens duidelik sien dat sonde die dood in die wêreld gebring het. Gelukkig vir ons, met die koms van Jesus Christus en met God se oorvloedige genade van vryspraak, stel dit ons in staat om koninklik oor sonde en die dood te triomfeer (Romeine 5:17-19 NLV). Was die dood deel van God se plan? Gaan luister gerus die preek.

    Wat gebeur wanneer jy doodgaan?

    Play Episode Listen Later Jul 15, 2021 44:12


    Van die mees algemene vrae wat gevra word rondom die dood is onder andere: Gaan ons mekaar in die hemel sien? Kan mense wat dood is met ons praat? Word mense engele wanneer hulle doodgaan? Wat gebeur met ‘n onskuldige (‘n kind) wanneer hulle doodgaan? en nog ‘n paar ander. Marius deel met ons Skrif rondom al hierdie vrae en lig ook vir ons die belangrikste vraag van almal uit: ”Wat gebeur met jou wanneer jy doodgaan?” – Hemel of hel. God het ‘n ander siening oor die gesegde ”tot die dood ons skei”. Hier op aarde kan ons kan wel van vlees en bloed  geskei word, maar vir God is die dood die begin van die ewige lewe en om weer met Hom verenig te word. Om deel te hê aan Sy ewige belofte, moet jy jouself die vraag afvra: ”Wat doen ek en waarmee hou ek myself besig terwyl ek hier op aarde is?” Ons hoop jy geniet die reeks.

    Grond - Erfgrond

    Play Episode Listen Later Jul 8, 2021 41:23


    Erfgrond is gewoonlik 'n stuk grond wat jy as seën van 'n familielid ontvang. Ons Hemelse Vader het aan elkeen van ons ook erfgrond gegee, maar dit voel nie of dit noodwendig altyd goed gaan op ons erfgrond nie. Dit voel nie of dit 'n seëning is nie. Vir ons om werklik die seën van God se erfgrond aan ons te geniet, moet ons deel hê aan Sy familie.

    Grond - Wegsteekgrond

    Play Episode Listen Later Jul 1, 2021 39:40


    God het aan elkeen van ons gawes en talente gegee om by te dra tot Sy koninkryk. Soms steek ons, om verskillende redes, hierdie ”munstukke” weg. Ons moet egter besef ons moet dit wat God vir ons gegee het, gebruik.

    Grond - Leemgrond

    Play Episode Listen Later Jun 24, 2021 41:11


    Leemgrond is die vrugbaarste en beste grond vir ‘n plant of boom om in te groei en vrug voort te bring. God se Vaderhart is dat elkeen van Sy kinders leemgrond sal wees, dat dit wat Hy in ons lewe saai sal vrug dra. Hoe lyk die vrug van jou lewe - goed of sleg?

    Grond - Belofte grond

    Play Episode Listen Later Jun 17, 2021 41:19


    Hoeveel keer het ons al gebid vir iets soos ‘n nuwe werk of ‘n eggenoot waarmee jy jou lewe wil deel en wanneer God sy belofte nakom sukkel ons partykeer om die belofte wat ons aan Hom gemaak het na te kom. Die wêreldse menings, raad en opninies gooi mens baie keer van koers af en maak ons deurmekaar om hierdie beloftes na te kom. Dit is juis in hierdie belofte-grond tydperk waar ons, ons oë en dankbaarheid op God moet hou om ons beloftes ook na te kom. Wat is die belofte wat God aan jou gemaak het en wat doen jy daarmee? Wees braaf en trek op na jou belofte-grond!

    Grond - Bloedgrond

    Play Episode Listen Later Jun 10, 2021 45:22


    Almal van ons is grond en a.g.v. sonde verander dit ons in bloedgrond. Sonde het 'nskuldlas en dit hang oor ons skouers maar wanneer ons besef dat Jesus Sy bloedgegee het om ons van die skuld van sonde los te maak, maak dit ons vry. Ons behoortnou aan Hom want Hy het ons met Sy kosbare bloed gekoop.

    Grond - Toets

    Play Episode Listen Later Jun 3, 2021 44:25


    Ons het gekyk na die gelykenis van die saaier in Matteus 13 en die vraag gevra: Watse tipe grond is ons? So gaan ons kan evalueer en toets hoe vrugbaar ons grond is, sodat God nuwe groei in ons lewe kan bring.

    Grond - Werk

    Play Episode Listen Later May 27, 2021 35:46


    Alles begin by die grondwerke. Toe God die mens gemaak het, het Hy ons uit stof geskape met die doel om te werk en op te pas. Iewers het die grondwerk saam met God ontbreek, maar met Pinkster sien ons dat Jesus dit weer deur die Heilige Gees kom herstel het.

    Grond - Breek

    Play Episode Listen Later May 20, 2021 37:52


    Grond speel 'n baie groot rol in ons elkeen se lewe en ons sien dit ook in die Bybel. Grond word baie as ‘n metafoor in die Bybel gebruik en in ons reeks gaan ons bietjie in die grond van ons menswees rondkrap, ‘n paar dinge omskoffel, kunsmis gooi, iets plant sodat ons ons grond (harte) kan voorberei vir Pinkster en wat God in hierdie Pinksterseisoen in ons lewe wil doen. Marius Malan het die reeks vir ons afgeskop en gesels oor Grondbreek. Daar is dinge wat ons in ons lewe kan inlaat wat ons harte kan verhard, wat ons groei kan verhoed. Ons moet die grond in ons lewe breek, sodat ons ruimte skep vir God om die goeie werk wat Hy in ons begin het, te kan voltooi.

    Hoekom lewe jy nog vir jouself?

    Play Episode Listen Later May 13, 2021 39:45


    Daar is twee tipes mense in hierdie lewe: mense wat vir hulself lewe en die wat vir ander lewe. Die groot vraag is watter een is jy? God roep ons om onselfsugtig vir Sy koninkryk te lewe.

    Hoekom het ek die Bybel nodig?

    Play Episode Listen Later May 6, 2021 40:42


    Almal sê altyd ons moet ons Bybel lees, maar het jy al ooit gewonder hoekom? Jy sien, die Bybel is soveel meer as net 'n boek. God het dit vir ons gegee om as wapen te gebruik in die geestelike oorlog waarin ons onsself bevind. Ons het reeds die oorwinning in die oorlog déúr Jesus, maar met ons wapen kan ons grond terugwen wat die vyand van ons probeer steel.

    Hoekom is daar lyding en seer?

    Play Episode Listen Later Apr 28, 2021 40:33


    As Jesus lewe, hoekom daar lyding en seer is? So baie mense sukkel met hierdie vraag, want as God lewe en bestaan, hoe kan Hy pyn en seer toelaat? Hierdie wêreld is gebroke, maar God werk nog steeds en bly nog steeds goed, al gebeur hierdie dinge.

    Hoe hoor ek Sy stem

    Play Episode Listen Later Apr 21, 2021 40:05


    Darius van der Schyf het die reeks vir ons voortgesit en gesels oor as Jesus lewe, hoe hoor ons Sy stem? Hierdie is 'n vraag wat baie mense vra, maar ons elkeen kan weet dat God met ons in gesprek wil wees. Daar is elke dag baie stemme en lawaai om ons en ons moet leer om te onderskei wanneer dit God se stem is en dan gehoorsaam volg. 

    Hoekom sukkel jy om te glo ?

    Play Episode Listen Later Apr 14, 2021 28:51


    Net soos vorige jare het ons sopas Paasfees gevier. Dit is soveel meer as net ‘n lekker langnaweek. In Paasfees sien ons dat Jesus die dood oorwin het en opgestaan het,  maar tog leef ons soms asof Jesus nie lewe nie, asof Hy nooit uit die dood opgestaan het nie. Met ons nuwe reeks gaan ons kyk na hoekom ons sukkel om te lewe asof Jesus opgestaan het. Deur die oë van ‘n volgeling wat leef asof Jesus opgestaan het, gaan ons na vrae en uitdagings van die lewe kyk. Marius Malan het die reeks vir ons afgeskop en gesels oor as Jesus lewe, hoekom sukkel ons om te glo? Geloof is nie net kopkennis en 'n paar mooi stories wat ons ken nie. Geloof is dit waarvolgens ons leef en wat ons koers bepaal. Dalk het ons toegelaat om al die dinge van God te hoor en te sien, maar iewers het ons ophou glo in God.

    Paasfees - Die pad na die graf

    Play Episode Listen Later Apr 14, 2021 33:23


    Marius Malan het die reeks vir ons afgesluit en op Goeie Vrydag met ons gesels oor die pad na die kruis en op Opstandingsondag oor die pad na die graf. In hierdie boodskappe is daar soveel hoop vir ons opgesluit omdat God 'n pad vir ons gestap het sodat ons nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan verkry. Hy het die dood oorwin en vir jou en my opgestaan.

    Paasfees - Die pad na die kruis

    Play Episode Listen Later Apr 14, 2021 36:27


    Marius Malan het die reeks vir ons afgesluit en op Goeie Vrydag met ons gesels oor die pad na die kruis en op Opstandingsondag oor die pad na die graf. In hierdie boodskappe is daar soveel hoop vir ons opgesluit omdat God 'n pad vir ons gestap het sodat ons nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan verkry. Hy het die dood oorwin en vir jou en my opgestaan.

    Paasfees - Die pad na die tafel

    Play Episode Listen Later Apr 7, 2021 34:26


    Met die laaste maaltyd het Jesus met Sy dissipels die betekenis van die tafel en nagmaal kom vestig. As Sy volgelinge vandag, dra dit soveel waarde in ons eie lewens. Deur die tafel en die nagmaal word ons uitgenooi na verhouding

    Paasfees - Die pad na Jerusalem

    Play Episode Listen Later Mar 31, 2021 34:28


    Die Paastyd is gewoonlik 'n wonderlike tyd waar ons kan stilstaan en weer bewus raak van wat Jesus vir my en jou kom doen het. Ons is met Sy bloed aan die kruis losgekoop  om ons die geleentheid te bied om in verhouding  met Hom te leef. In die reeks gaan ons kyk na die pad wat Jesus gestap het in die oploop na Sy kruisdood, asook daarna, en Sy  opstanding. Marius Malan het die reeks vir ons afgeskop en gesels oor die pad na Jerusalem. Alhoewel dit nog nie Palmsondag is nie, het hierdie gedeelte van Jesus se intog in Jerusalem soveel waarde in ons lewe. Elkeen van ons leef met verwagtinge. Net soos die mense van toe  'n verwagting gehad het van watter Leier en Koning Jesus moes wees, het ek en jy ook baie maal verwagtinge oor God. Jesus het egter nie gekom om menslike verwagtinge te bevredig nie,  maar wel om God se doel te verwesenlik.

    Ongetemde - Liefde

    Play Episode Listen Later Mar 17, 2021 30:38


    Darius Prinsloo, van Ritmia Gemeente, het die reeks vir ons afgesluit en gesels oor God se ongetemde liefde. Die storie van Hosea wat met die prostituut trou is so ‘n goeie illustrasie  van hoe God se ongetemde liefde vir ons lyk. Omdat God se liefde vir ons so ongetem en groot is, kan ons dan ook ander liefhê. 

    Ongetemde - Krag

    Play Episode Listen Later Mar 10, 2021 36:40


    Elkeen van ons het al in ons lewe kragteloos gevoel. Dalk beleef jy dit tans in jou lewe. As mens is ons inherent swak en beskik nie altyd die krag om goed te doen, of onsself te verbeter nie. Die goeie nuus is dat God se ongetemde krag tot ons, as Sy kinders, se beskikking is. Ons moet toelaat dat God se ongetemde krag deur ons lewe brand en ons bron van krag word.

    Ongetemde - Verandering

    Play Episode Listen Later Mar 3, 2021 47:28


    Verandering is so goed soos 'n vakansie, dit kan 'n goeie impak op ons hê, maar ons moet versigtig wees, want daar is goeie/positiewe verandering en negatiewe verandering. Die keuses wat ons maak, ons gesindheid en hart bepaal in watse rigting ons verander. Ons moet seker maak ons bly verander na die positiewe manier, God se manier.

    Ongetemde - Verstand

    Play Episode Listen Later Feb 24, 2021 41:25


    Ons verstand is een van die mees ongetemde plekke. God wil juis jou verstand tem omrede dit soveel verwoesting kan bring as dit nie getem word nie. Jesus doen hierdie in en deur jou verhouding met Hom, waarin Hy jou goeie vrae vra, nuwe kennis gee, oefeninge inbou en deur aanspreelikheidsverhoudings.

    Ongetemde - Hart

    Play Episode Listen Later Feb 18, 2021 29:47


    Daar is baie dinge in die lewe wat na ons kant toe kom, maar in die proses moet ons ons hart beskerm. Die vyand wil ons hart aanval en vernietig. Dalk sit jy vandag met 'n gebroke hart, maar as jy Jesus in jou lewe toelaat, sal Hy jou hart genees en nuut maak.

    Ongetemde - Jesus

    Play Episode Listen Later Feb 10, 2021 45:40


    Met ons nuwe reeks Ongetemde, gesels ons oor wie God werklik is en hoe dit lyk wanneer ons in 'n hegte verhouding met Hom leef. Wat die ware betekenis  van om Geesvervuld te leef is en Hom lief te hê met ons hele hart, siel, krag, verstand en ons naaste soos onsself. Marius Malan het die reeks vir ons afgeskop en gesels oor Jesus as  die Leeu en die Lam. Soms skep ons in ons gedagtes 'n idee van God en maak ons Jesus uit om hierdie sagte God te wees. Iemand wie ons soms kan bestuur en ons vergeet hoe almagtig Hy werklik is, dat Hy die Leeu van Juda is en dat Hy die dood oorwin het. Dit is  belangrik om hierdie perspektief te onderhou wanneer ons in ‘n verhouding met Hom leef.

    9de Verjaarsdag

    Play Episode Listen Later Feb 3, 2021 55:34


    Elke dag maak ons keuses wat ons lewe vorm en in 'n rigting stuur. Sommige vanons keuses is goed en ander weer minder goed. Ons glo dat as ons God se wysheidin ons keuses begin toepas, sal ons 'n lewe leef wat tel en suksesvol is. Ek glo onskeuses sal beter wees en ons sal die korrekte rigting vind waarna ons almal op soek is.Marius Malan het die reeks vir ons voortgesit en met ons gesels oor wat ons, as kerk, se rigting is,noudat ons ons  9de verjaarsdag kan vier. 

    Gaan

    Play Episode Listen Later Jan 27, 2021 67:25


    Marius Malan het die reeks vir ons voortgesit en met ons gesels oor ”gaan” en dat daarin 2021 vier maniere is wat God jou gaan vra om te gaan . Deur die jaar gaan Hy jou vra om te  ondersoek, te luister, te offer en te volg. Deur te gaan, gaan God jou kragtig kan gebruikom 'n verskil in Sy koninkryk te maak. 

    Stop

    Play Episode Listen Later Jan 19, 2021 37:51


    Elke dag maak ons keuses wat ons lewe vorm en in 'n rigting stuur. Sommige van ons keusesis goed en ander weer minder goed. Ons glo dat as ons God se wysheid in ons keuses begintoepas, sal ons 'n lewe leef wat tel en suksesvol is. Ek glo ons keuses sal beter wees en onssal die korrekte rigting vind waarna ons almal op soek is. Darius van der Schyf het die reeks  vir ons voortgesit en met ons gesels dat ons soms moet stop om rigting te kry. Hierdie wêreld  kan ons so besig hou dat ons die belangrike dinge kan mis. Soms is dit vir jou en my net nodigom stop-oomblike in ons lewe in te bou en by Jesus se voete te sit, sodat Hy ons in die rigtingvan Sy wil kan lei.

    Begin

    Play Episode Listen Later Jan 11, 2021 35:08


    Elke dag maak ons keuses wat ons lewe vorm en in 'n rigting stuur. Sommige vanons keuses is goed en ander weer minder goed. Ons glo dat as ons God se wysheidin ons keuses begin toepas, sal ons 'n lewe leef wat tel en suksesvol is. Ek glo onskeuses sal beter wees en ons sal die korrekte rigting vind waarna ons almal op soek is. Darius van der Schyf het die reeks vir ons afgeskop en met ons gesels oor waar ons beginom Goddelike rigting te verkry. Dit is waar ons begin, wat ons opstel om werklik God serigting vir ons lewe te vind. Is God deel daarvan?

    Waar is die begin

    Play Episode Listen Later Jan 4, 2021 31:27


    Ons almal kan saamstem dat 2020 'n moeilike en uitdagende jaar was. Jy het dalk jou werk verloor,  'n naasbestaande verloor, jou huwelik is op die rotse, 'n slegte gewoonte is aangeleer, of selfs jou verhouding met God is vernietig. Wat ookal jou seer in jou lewe, vandag kom God en Hy sê: ”Hier is Ek, kom na My toe, ek wil 'n verhouding met jou hê.” Pastoor Koos Jooste noem dat God jou ontmoet net waar jy is en dat die begin/aanpak van 2021 in die teenwoordigheid van God lê, nie by mense of aardse dinge nie, net by God. Wat is jou planne en verwagtinge vir 2021?Is God deel daarvan?

    Die morsige middel

    Play Episode Listen Later Jan 4, 2021 33:49


    Eindig sterk

    Play Episode Listen Later Dec 31, 2020 40:23


    Ons bevind onsself in daardie tyd van die jaar waar dit die einde van die ou jaar is en die begin van 'n nuwe jaar. Dit is 'n tussenin spasie waar alles van die vorige jaar klaar is, maar die nuwe jaar nog nie begin het nie. Hierdie is eintlik 'n baie goeie seisoen om jou eie lewe te evalueer en alles wat verby is vir God te gee en in Sy teenwoordigheid die nuwe jaar in te stap.

    Tafel

    Play Episode Listen Later Dec 8, 2020 44:00


    Ons as gelowiges staan altyd die gevaar om in godsdiens te verval. Ons God nooi ons uit om aan tafel te kom sit, om in verhouding met Hom te leef. By die tafel besef ons ons is deel van God se familie en ons kan by Jesus leer. Sit jy aan Tafel saam Jesus?

    Claim Kompas Dienste

    In order to claim this podcast we'll send an email to with a verification link. Simply click the link and you will be able to edit tags, request a refresh, and other features to take control of your podcast page!

    Claim Cancel