Podcasts about dalk

  • 61PODCASTS
  • 309EPISODES
  • 16mAVG DURATION
  • 1WEEKLY EPISODE
  • Jul 7, 2025LATEST

POPULARITY

20172018201920202021202220232024


Best podcasts about dalk

Latest podcast episodes about dalk

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Vry om te wees wie jy wil wees?

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Jul 7, 2025 4:40


Dit is ʼn groot vraag. Dalk moet jy dit vir jouself begin vra, want dit is nog nie te laat nie.

Nuus
Dalk kan 4x4-ambulanse help in Kavango-Oos

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 25, 2025 0:40


Die oud-gesondheidsminister en mediese dokter, Bernard Haufiku, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die toenemende gevalle van voedselvergiftiging in die Ndiyona-kiesafdeling in Kavango Oos, waar 20 sterftes tussen 2023 en 2025 aangemeld is. Hy meen dit word gekoppel aan swak infrastruktuur, veral slegte paaie, 'n gebrek aan vervoer en beperkte vulstasies.

Nuus
Groot skuld dalk nie Nsfaf se fout nie, vrae oor gratis hoër onderwys

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 24, 2025 0:40


Reaksie word ontvang op die nuus dat die Namibiese Studente-hulpfonds, Nsfaf, ‘n gekwalifiseerde ouditopinie by die ouditeur-generaal Junias Kandjeke ontvang het vir die 2023-24 boekjaar. Kandjeke het sy kommer uitgespreek oor standaard prosedures by die fonds wat nie goedgekeur is nie en gedateer is. Dit, ten spyte van die feit dat die fonds internasionale openbare sektor rekeningkundige standaarde aangeneem het. Hy het ook kommer oor die fonds se volhoubaarheid en sê net 1 persent van 1,8 miljard Namibiese dollar wat hy geskuld word, is ingevorder. Bestuurskenner dr. Marius Kudumo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê hy dink nie gratis hoër onderwys is die beste opsie nie.

Nuus
Groot skuld dalk nie Nsfaf se fout nie, vrae oor gratis hoër onderwys

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 24, 2025 0:36


Kry die nuus soos dit breek.

RSG Geldsake met Moneyweb
R60 miljard-klasaksie kom dalk teen banke

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Jun 24, 2025 8:42


Advokaat Douglas Shaw gesels oor die R60 miljard-klasaksie teen banke. Volg RSG Geldsake op Twitter

RSG Geldsake met Moneyweb
Moet jy nie dalk vroeg aftree nie?

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Jun 13, 2025 8:05


Hardi Swart, besturende direkteur en stigter van Family Wealth Custodians, gesels oor die redes om vroeër af te tree. Volg RSG Geldsake op Twitter

RSG Geldsake met Moneyweb
Dié alge is dalk 'n oplossing vir SA se rioolprobleme

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Jun 10, 2025 6:14


Dr Yolandi Schoeman, UFS Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
Versigtig met disktrikshospitaalkostes... almal sal dalk wil 'eet'

Nuus

Play Episode Listen Later May 6, 2025 0:40


Reaksie word ontvang op die aankondiging dat die nuwe distrikshospitaal wat vir Havana in die hoofstad beplan word, nou 3,2 miljard Namibiese dollar sal beloop, ongeveer 300 miljoen dollar meer as wat aanvanklik verwag is. Die parlementêre leier van die opposisie IPC, Imms Nashinge sê die regering moet uiters versigtig wees dat dit nie ‘n projek is waar almal iets vir homself kan vat nie.

Nuus
SAPD vind (dalk) konstabels so Polo-onderdele

Nuus

Play Episode Listen Later May 1, 2025 0:20


Die polisie het bevestig dat die soek- en reddingspanne stukke van 'n voertuig - insluitend 'n voor- en agterbuffer - by die Hennopsrivier in Centurion gevind het. 'n Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê kenners probeer vasstel of dit met die Volkswagen Polo verbind kan word waarmee die polisiekonstabels Cebekhulu Linda, Keamogetswe Buys en Boipelo Senoge van Bloemfontein na Limpopo gereis het:

Nuus
Laer olieprys dalk 'n Opul taktiek

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 29, 2025 0:40


Oliepryse het vroeër ietwat versterk ten spyte van verwarring oor die tariefgesprekke tussen die VSA en China, maar die prys bly steeds rondom 64 Amerikaanse dollar ‘n vat. Handelaars het 'n gebrek aan belangrike nuus en verwagte toenames in aanbod aangehaal met markte wat steeds pryse ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het met Dawie Klopper gepraat, 'n Suid Afrikaanse ekonoom wat sy mening deel.

Stellenbosch Gemeente
Sondag, 27 April | saam met Deon Botha

Stellenbosch Gemeente

Play Episode Listen Later Apr 26, 2025 39:02


Dalk jou eerste keer hier of lanklaas hier - dit is goed om konneksie met mekaar te hê, hoe wonderlik dat tegnologie dit tog moontlik maak, al is dit oor 'n skerm. Virtuele konneksie bly konneksie en is hopelik 'n sinvolle bron van inspirasie en groei. Luister hier saam na die voorafopgeneemde klankopname van die [...]

Nuus
Borgskap aan Okahandja-dorpsraad dalk onttrek oor Maasdorp-betoging

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 25, 2025 0:36


Ants Mobile Billboards, 'n maatskappy gebaseer in Okahandja, het gedreig om sy eenmalige borgskap vir buitelug-advertensies aan die plaaslike dorpsraad te onttrek indien dit voortgaan om 'n beplande demonstrasie wat geregtigheid vir Ingrid Maasdorp eis, te blokkeer. Die maatskappy het belowe om die protes te ondersteun deur 500 plakkate aan organiseerders te skenk en het die belangrikheid van burgerlike deelname en vryheid van uitdrukking beklemtoon. Kosmos 94.1 Nuus het met Bebe |Huseb, eienaar van die maatskappy gepraat.

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Hosanna, die Koning kom

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Apr 14, 2025 3:13


Dalk wil jy net in stilte aanbid: “Here, U is waardig”.

hosanna dalk die koning
ToekomsVenster
ToekomsVenster | In die begin

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Apr 9, 2025 5:02


Dalk kan ons gebed wees: Here, waarmee wil U ʼn begin maak in my lewe? Help my om die vertroue waardig te wee

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Here maak ons doof vir donker en oop vir lig

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Apr 7, 2025 3:36


Dalk het dit tyd geword om die Here te vra om om ons doof te maak vir die negatiewe praatjies en instrumenteel te maak in ʼn nuwe, positiewe en opbouende meesterverhaal.

Nuus
Seekoei in Swakoprivier het dalk uit lodge-grond ontsnap

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 25, 2025 0:22


Die voormalige landbouminister, Calle Schlettwein, het foto's geneem van seekoei-spore in die Swakoprivier, stroomaf van Gross Barmen. Dit het 'n opskudding op Facebook veroorsaak, met baie mense wat wonder waar die seekoei vandaan kom. Dit is moontlik dat die seekoei uit 'n nabygeleë lodge ontsnap het op soek na beter weiding. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Teofilus Nghitila, die uitvoerende direkteur van omgewingsake en toerisme, wat sê hulle is nie bewus van die situasie nie, maar dat 'n span uitgestuur sal word om ondersoek in te stel.

Nuus
Konstusionaliteit van Jerry-wette dalk ter sprake

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 14, 2025 0:39


Die Swapo-wetgewer Jerry Ekandjo se twee omstrede wetsontwerpe wat gemik is teen gay huwelike, loop gevaar om te verval. Dit is omdat president Nangolo Mbumba dit nog nie onderteken het nie. Indien hulle nie voor die einde van die sewende parlement deur die president bekragtig word nie, sal hulle verval. Ekandjo het dit in die parlement opgehaal en die minister in die presidensie, Christine Hoebes, het hom geantwoord. Sy sê die president het nie die grondwet oortree deur nie die wetgewing te teken nie.

Nuus
Jy sal dalk môre se maansverduistering kan sien

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 13, 2025 0:41


Die totale maansverduistering sal môre plaasvind met die Aarde wat perfek in lyn sal wees tussen die Son en die Maan, wat veroorsaak dat die Maan deur die Aarde se skaduwee beweeg. As gevolg hiervan sal die Maan 'n rooi voorkom as gevolg van die verspreiding van sonlig deur die Aarde se atmosfeer. Dit word dus 'n "bloedmaan" genoem. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Riaan Steenkamp, hoof van die fisika-afdeling van Unam gesels, wat verduidelik wat ons sal sien.

Nuus
Seewier sal dalk moet instaan vir vis as kos

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 28, 2025 0:16


Kry die nuus soos dit breek.

Nuus
Seewier sal dalk moet instaan vir vis as kos

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 28, 2025 0:16


Oseane, wat altyd beskou is as onbeperk, is tans onder druk weens oorbevissing, aardverwarming en besoedeling. Dit is volgens ʼn marienebioloog aan die Universiteit van die Wes-Kaap, professor Gavin Maneveldt. Byna 90-persent van die wêreld se seevisvoorraad is volledig uitgeput of oorbevis. Maneveldt sê wetenskaplikes oorweeg ander voedsel- en energiebronne terwyl die wêreldbevolking na verwagting teen 2050 9,7-miljard sal bereik. Hy sê 'n belowende oplossing is die onontdekte moontlikhede wat seewier bied.

Nuus
Seewier sal dalk moet instaan vir vis as kos

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 28, 2025 0:16


Oseane, wat altyd beskou is as onbeperk, is tans onder druk weens oorbevissing, aardverwarming en besoedeling. Dit is volgens ʼn marienebioloog aan die Universiteit van die Wes-Kaap, professor Gavin Maneveldt. Byna 90-persent van die wêreld se seevisvoorraad is volledig uitgeput of oorbevis. Maneveldt sê wetenskaplikes oorweeg ander voedsel- en energiebronne terwyl die wêreldbevolking na verwagting teen 2050 9,7-miljard sal bereik. Hy sê 'n belowende oplossing is die onontdekte moontlikhede wat seewier bied.

Nuus
Seewier sal dalk moet instaan vir vis as kos

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 28, 2025 0:16


Kry die nuus soos dit breek.

Nuus
BOSA dalk hof toe oor nasionale loterylisensie

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 25, 2025 0:15


BOSA sê hy oorweeg regstappe nadat die van minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, aangekondig het die huidige nasionale loterylisensie sal met nog 'n jaar verleng word. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê die verlenging, ter waarde van byna 200-miljard-rand oor vyf jaar, is die enkele grootste tender in Suid-Afrika, en wek ernstige kommer oor wettigheid, deursigtigheid en regverdige mededinging. Hy sê BOSA bespreek tans die saak met regskenners om uit te vind of die verlenging regmatig is.

RSG Geldsake met Moneyweb
'n Laer inflasieteiken is dalk nie so voordelig vir Suid-Afrika as wat die Reserwebank dink nie

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Feb 10, 2025 5:08


'Dit is belangrik dat die Reserwebank na verskeie kategorieë van pryse kyk': Dr Daan Steenkamp – uitvoerende hoof, Codera Analytics. Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
SA behuisingsprogram dalk 'gemanipuleer'

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 5, 2025 0:20


Die GOOD-party sê hy is bekommerd dat die land se behuisingsprogram gemanipuleer word terwyl sommige desperaat en dakloos op die waglys bly. Doreen Carolissen van die party sê in die Drakenstein-munisipaliteit in die Wes-Kaap is inwoners wat titelaktes ontvang het, maar dan die huise verhuur en nie daarin woon nie. Sy sê die praktyk is onregverdig teenoor duisende mense wat wag op hul behuisingsgeleentheid.

RSG Geldsake met Moneyweb
Boere moet dalk sertifikate hê om brandstof op hul plase te berg

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Jan 21, 2025 10:50


Annelize Crosby, hoof van regsintelligensie by Agbiz, gesels oor 'n moontlike sertifikaat vir die berging van brandstof op plase. Volg RSG Geldsake op Twitter

RSG Geldsake met Moneyweb
SA kry dalk gou 'n nuwe “e”-paspoort

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Jan 17, 2025 7:54


Dr. Leon Schreiber, minister van binnelandse sake sê die proses is onderweg. Volg RSG Geldsake op Twitter

RSG Geldsake met Moneyweb
Die regering wil dalk Eskom en Transnet op die JSE noteer

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Jan 16, 2025 10:57


Die regering werk saam met die JSE om staatsbeheerde maatskappye op die beurs te noteer. Kokkie Kooyman, 'n fondsbestuurder by Denker Capital, sê dit sal afhang van hoe ernstig die regering is en die kwaliteit van die mense wat hulle aanstel. Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
Onderwysministerie het dalk 'n plan om poste te skep

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 18, 2024 0:31


Kommer is in 'n gepubliseerde brief geopper oor die groeiende aantal gekwalifiseerde werklose onderwysers regoor die land. Die klaer sê baie onderwysers wat in 2020 gegradueer het, sit steeds sonder werk. Die brief het frustrasie oor die onderhoude-proses onderstreep en vra vir die direkte plasing van onderwysers. Die skrywer sê hulle kan nie hul NSFAF-lenings terugbetaal nie, en die gebrek aan werk kan sommige individue tot desperate maatreëls dryf, soos om hulle tot misdaad of sekswerk te wend. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die uitvoerende direkteur van onderwys, Sanet Steenkamp.

Nuus
Onderwysministerie het dalk 'n plan om poste te skep

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 18, 2024 0:33


Steenkamp sê hulle ondersoek 'n stelsel met onderrigsessies in die oggende en middae, wat meer onderwysposte kan skep.

Nuus
Hittegolf duur voort, reën dalk later

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 9, 2024 0:34


Hittegolftoestande duur voort regoor Namibië, met gedeeltelik bewolkte en baie warm weer wat in die binneland verwag word. Donderbuie word in sommige gebiede voorspel, veral in die Kunene en die sentraal-noordelike streke. Temperature sal styg, veral in Mariental op 42 grade Celsius, Opuwo op 41 grade, en verskeie noordelike dorpe op 40 grade. Kusdorpe soos Walvisbaai en Swakopmund sal koeler bly op onderskeidelik 25 grade en 23 grade. Inwoners word aangeraai om gehidreer te bly en die nodige voorsorgmaatreëls teen die hitte te tref. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Odillo Kgobetsi van die Windhoekse weerkantoor.

Nuus
Privaatsektor-kredietverlening styg, dui dalk ommeswaai aan

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 3, 2024 0:36


'n Goeie aanduiding dat die ekonomiese klimaat besig is om te verbeter is die jaarlikse groei in privaatsektor-kredietverlening wat positief gedraai het na dit negatief was vir 46 opeenvolgende maande, vanaf November 2020. Die jaarlikse groei in Oktober was 3,4 persent, teenoor groei van 3 persent in September. Reële groei was 0,4 persent in Oktober, vergeleke met minus-0,4 persent die vorige maand. Tannan Groenewald, hoof van data en ontleding by Cirrus, het die positiewe vooruitsigte vir 2025 gedeel.

RSG Geldsake met Moneyweb
Nuwe fonds hou dalk die grootste goudreserwes nog

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Nov 29, 2024 9:55


Drikus Combrinck, uitvoerende hoof van Capicraft gesels oor die markte. Volg RSG Geldsake op Twitter

RSG Geldsake met Moneyweb
Die paaie van die voorsorgfonds en die Werkloosheidsversekeringfonds gaan dalk skei

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Nov 28, 2024 6:15


Daar word voorgestel dat die departement wat die Werkloosheidsversekeringfons en die Voorsorgfonds administreer nou geskei word in twee enititeite. Prof. Hugo Pienaar, direkteur van arbeidsreg by Cliffe Dekker Hofmeyr bespreek die voorstel. Volg RSG Geldsake op Twitter

RSG Geldsake met Moneyweb
Spar kondig sy finansiële resultate aan vandag en, dalk verassend, besluit om nie ‘n dividend te verklaar nie

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Nov 28, 2024 7:32


Die uitvoerende hoof van Spar, Angelo Swartz gesels oor die groep se finansiële resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
Man wat gevang is met AK-47's dalk net karweier daarvan

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 13, 2024 0:30


'n 24-jarige man van Ontoko in die Onesi-kiesafdeling in Omusati- is gevind in besit van sewe AK-47-aanvalsgewere en sewe leë AK-47-magasyne. Die items is laat Dinsdag ontdek maar die verdagte is nog nie aangekla nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Omusatiise streeksbevelvoerder, kommissaris Ismael Basson, gesels wat sê hy sal eers môre voor die hof verskyn omdat hy dalk nie die hoofverdagte is nie.

Nuus
Man wat gevang is met AK-47's dalk net karweier daarvan

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 13, 2024 0:30


'n 24-jarige man van Ontoko in die Onesi-kiesafdeling in Omusati- is gevind in besit van sewe AK-47-aanvalsgewere en sewe leë AK-47-magasyne. Die items is laat Dinsdag ontdek maar die verdagte is nog nie aangekla nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Omusatiise streeksbevelvoerder, kommissaris Ismael Basson, gesels wat sê hy sal eers môre voor die hof verskyn omdat hy dalk nie die hoofverdagte is nie.

RSG Geldsake met Moneyweb
Petrolprysstyging dalk net ‘n druppel in die emmer

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Nov 5, 2024 7:29


Dawie Roodt, stigter en hoofekonoom van die Efficient-groep gesels oor die petrolprys. Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
Brandstofprys dalk onveranderd - ekonoom

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 29, 2024 0:39


Oliepryse het Maandag skerp geval met meer as 4 Amerikaanse dollar per vat, nadat Israel se aanval op Iran nie olie- en kernfasiliteite geteiken het nie. Brent verhandel tans net onder 72 dollar ‘n vat, af van amper 76 dollar Sondag. Brent het alhoewel net met 1 persent die afgelope 30 dae gedaal. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Tannan Groenewald, hoof van data en analise by Cirrus, wat sy voorspelling vir die brandstofprys in November gee.

Nuus
Duurder vliegkaartjies beïnvloed dalk plaaslike toerisme

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 25, 2024 0:39


Die gemiddelde kamerbesettingskoers het in die derde kwartaal tot 63,46 persent gedaal, van 64,84 persent in dieselfde tydperk verlede jaar en 64,74 persent in 2019. Die sentrale- en kus-dele het die grootste daling getoon, terwyl besettingskoerse in die Noorde gestyg het, moontlik aangedryf deur hernieude belangstelling in landelike toerisme en verbeterde infrastruktuur. Daar is verskeie faktore wat 'n rol in die gemiddelde laer syfers speel, soos stygende reiskoste en strenger visumregulasies. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Gasvryheidvereniging van Namibië, wat haar siening gee.

Nuus
Trustco sê daar's dalk drie reuse-diamante, nie net een nie

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 22, 2024 0:39


Meya Mining in Sierra Leone, waarin Trustco 'n 19,5 persent belang het, 'n reuse diamant van 391,45 karaat gemyn. Die diamant kom van die Kono-distrik van Sierra Leone, waar Meya al 25 jaar lank 'n eksklusiewe diamantmyn-lisensie hou. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die adjunk-uitvoerende hoof van Trustco, Quinton van Rooyen Jr. wat 'n opdatering oor die diamant gee. Dit het net nog meer interessant geword.

Nuus
Musk dalk in die sop oor US$1m daaglikse boerpot

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 22, 2024 0:29


Die tegnologie-miljardêr Elon Musk gaan elke dag ‘n miljoen Amerikaanse dollar weggee aan geregistreerde kiesers in state waar die partye kop-aan-kop is. Verkiesingswetdeskundiges is egter van mening dit kan wette oortree waarvolgens mense nie betaal kan word om te registreer nie. Musk het beloof om die geld lukraak toe te ken aan mense wat 'n versoekskrif ter ondersteuning van die Eerste en Tweede Wysiging onderteken het. Die rykste man ter wêreld het meer as 75 miljoen Amerikaanse dollar aan die Trump-veldtog gegee. Musk wend alle pogings aan dat mense vir Trump moet stem.

Nuus
Los buie dalk op pad die naweek

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 17, 2024 0:37


Volgens die weervoorspelling soos ons die naweek nader kan daar reënbuie begin uitsak. Die binneland sal sonnig en warm wees in die westelike dele, terwyl dit elders gedeeltelik bewolk en warm sal wees met buie in die sentrale en oostelike dele. Geïsoleerde donderbuie word in die noordooste en sentraal-noorde verwag, en dit sal waarskynlik warm bly oor die gebied. Kusbewoners kan gedeeltelik bewolk en koel tot matige toestande met miskolle verwag. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Odillo Kgobetsi van die Windhoekse weerkantoor.

Nuus
Twee-pot-aftreestelsel dalk van belang vir Namibië

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 17, 2024 0:37


Op 1 September het Suid-Afrika die twee-pot-aftreestelsel ingestel, wat lede se voordele in twee aparte potte deel: 'n spaarpot en 'n aftreepot. Dit belowe verbeterde aftree-uitkomste en groter buigsaamheid vir individue, veral omdat groot skuld afbetaal kan word terwyl mense nog werk. Namibië het ook pensioenhervormingspogings soos die kwessie van verpligte bewaring, maar die tweepotstelsel is 'n lewensvatbare alternatief. Andreas Shaanika van Old Mutual Namibia sê die stelsel behoort deeglik oorweeg te word.

Nuus
Kinders dalk 3 uur lank in ou yskas voor hul dood

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 17, 2024 0:24


Die NamPol-bevelvoerder in die Zambezi-streek, kommissaris Andreas Shilelo, sê voorlopige ondersoeke dui aan dat die vier kinders wat Maandag in 'n ou, ongebruikte vrieskas in die Cowboy-nedersetting vasgekeer was, moontlik drie uur lank binne was voordat twee dood ontdek is. Die ander twee is na die Katima Mulilo-staatshospitaal gehaas, waar hulle met hul aankoms dood verklaar is. Volgens Shilelo is die kinders, wat nie verwant was nie, deur 'n opsigter gevind wat na hulle begin soek het nadat hulle vir 'n ruk lank nie gesien is nie. Shilelo het namens NamPol medelye met die families uitgespreek. Hy maan inwoners om waaksaam te wees oor items wat kinders se veiligheid in gevaar kan stel.

Nuus
Renosterhoring dalk in apteke, volgens Shifeta

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 11, 2024 0:38


Die kabinetsbesluit om 723 stuks wild te jag om droogtehulp aan te vul word in die Nasionale Vergadering bespreek. Verdediging-minister Frans Kapofi het aan omgewing-minister Pohamba Shifeta gevra wat gaan word van die ivoor van die olifante wat geskiet gaan word. Shifeta sê die ministerie kyk daarna om dit te verkoop, en hy het ook 'n interessante plan met renosterhoring.

Nuus
Vreemde wêreldekonomie-bewegings dalk goed vir Namibië

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 11, 2024 0:33


Die Suid-Afrikaanse belegger en kommentator Karin Richards het op X haar kommer gedeel oor dalende olie- en koperpryse, wat sy as kommerwekkende aanwysers vir die wêreldekonomie beskou. Sy het opgemerk dat oliepryse daal, ondanks 'n oorlog in die Midde-Ooste, terwyl goud se stabiliteit as 'n waarskuwing dien. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Cirrus-ekonoom Robert McGregor, oor wat dit vir Namibië beteken.

Nuus
Vreemde wêreldekonomie-bewegings dalk goed vir Namibië

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 11, 2024 0:15


Kry die nuus soos dit breek.

Nuus
Namibië kan dalk gevolge sien oor MV Kathrin

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 28, 2024 0:37


Die vaartuig MV Kathrin wat nie toegelaat is om in Namibië te dok nie maak omtrent opslae. Die vaartuig was glo op pad na Israel met wapens of ammunisie om in die oorlog in Gaza te gebruik, en die Namibiese Polisie het vasgestel daar is plofstof aan boord. Die verbod strook met Namibië se internasionale verpligtinge, insluitend die Volksmoordkonvensie, het Justisieminister Yvonne Dausab gesê. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met professor Andre Duvenhage, 'n politieke ontleder in Suid-Afrika, wat sê dat daar 'n impak kan wees op die verhouding tussen Namibië en Duitsland.

Nuus
Onderplate fnuik dalk Mercedes in F1

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 27, 2024 0:16


Motorsport: Mercedes se Formule Een-spanhoof, Toto Wolff, sê die swak vertoning in die Nederlandse Grand Prix kan moontlik toegeskryf word aan die opknapping van albei motors se onderplate. George Russell het sewende geëindig voor sy spanmaat, Lewis Hamilton, terwyl Lando Norris van McLaren met die kroon weggestap het. Mercedes het drie van die laaste vier wedrenne voor die somerblaaskans gewen. Wolff sê ʼn paar faktore kon bygedra het tot die swak prestasie in Zandvoort: