Podcasts about dalk

  • 62PODCASTS
  • 339EPISODES
  • 15mAVG DURATION
  • 1WEEKLY EPISODE
  • Feb 25, 2026LATEST

POPULARITY

20192020202120222023202420252026


Best podcasts about dalk

Latest podcast episodes about dalk

Nuus
Uitdagings met tantième dalk nie net by goud nie

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 25, 2026 0:37


Vrae het ontstaan oor Namibië se mynbou inkomste na 'n onthullende oudit deur die ouditeur-generaal. Goudmyne het 'n omset van ongeveer 6 miljard Namibiese dollar per jaar gehandhaaf, maar korporatiewe belastingbetalings het met 47 persent van 2020 tot 2022 gedaal. Ouditeur-generaal Junias Kandjeke sê die skerp daling dui op moontlike belastingontduiking en ernstige toesiggapings by die lynministerie en NamRA. Bestuurskenner Pius Dunaiski waarsku dat die swakhede verder as goudmynbou kan strek en doen 'n beroep op sterker afdwinging.

Nuus
Tollie-pryse dalk aan die daal

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 25, 2026 0:32


Die pryse vir tollies blyk om te daal. Die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad het die nuutste vleispryse vrygestel. Bek-en-klouseer in die buurland veroorsaak onsekerheid wat Namibiese markte tot 'n mate raak. Die raad se bemarkingbestuurder, Desmond Cloete verduidelik.

Stellenbosch Gemeente
NA-LEEF gedagte | In Wording (onder konstruksie)

Stellenbosch Gemeente

Play Episode Listen Later Feb 25, 2026 10:14


Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse of lees die blog-inskrywing hier onder. . . Naleef-gedagte: …in-wording (onder konstruksie) Deon se gesels oor die Hebreeuse woord, die kern van Israel se geloof, die Shema (Deut 6) ,en die postuur van luister, het my laat dink aan die luisteryke “Heilige familie kerk” (La Sagrada Familia) in Barcelona. Die bouwerk aan hierdie indrukwekkende Katedraal, ontwerp deur die Spaanse Argitek Antoni Gaudí, het in 1882 begin. Hulle beplan om na 144 jaar in Junie 2026 die bouwerk klaar te maak — 100 jaar na Gaudi se dood! Met Gaudi se dood in 1926 was die bouwerk maar ongeveer 20% ver. N.a.v kritiek oor die lang bouproses het hy blykbaar opgemerk “My client is not in a hurry.” Na sy dood was daar 'n Spaanse burgeroolog in 1936 en Gaudi se oorspronklike planne en modelle is vernietig en 'n hele paar argitekte ná hom moes namens Gaudi die planne en modelle rekonstrueer. Hoewel die bouery al vir jare voortduur ,en nog nie klaar is nie, is die Katedraal al lankal in gebruik. Die Pous het die gebou geheilig en as 'n UNESCO erfenisgebied verklaar. Selfs al word daar beplan om in Junie vanjaar die buitekant van die argitek-wonder te voltooi, word daar beweer dat die die afronding met standbeelde, lig en kuns eers in 2034 voltooi sal wees. Hierdie bou-proses, wat na 'n ewigheid voel, en die postuur van luister – 'n openheid om te hoor en te leer ge-hoor-saam leef – het my laat wonder: Kinders raak soms goed kwyt of vang onbesonne dinge aan…en ons glimlag en dink “Siestog, hulle is nog net kinders, hulle leer nog, hulle is nog in wording.” Ons maak spasie vir hierdie wording se vrae, wonder en foute. Ons moedig dit selfs aan. Maar is groot-mense regtig afgehandel, wanneer ons so vol kritiek, ‘n foutlose perfektheid van mekaar verwag? Of, veroorsaak die plooilose kunsmatige intillegensie dat ons só min genade met onsself het: “Ek moes van beter geweet het! Hoe kon ek so dom wees? Teen die tyd behoort ek mos te weet, in beheer te wees…Die wêreld, die kerk, my werk en my mense verwag dit immers van my!” Dan bestaan daar natuurlik ook die afgehandeldes: Klaar gedink, klaar besluit – selfversekerde ék-weet-mense. Dalk steek hierdie afgehandeldheid maar kop uit by elkeen van ons. Dalk hét ons nie ruimte vir leer, groei, verander…of selfs die moontlikheid dat ek nog altyd verkeerd was oor 'n saak, 'n persoon of gebeure nie. Afgehandeldes verwag natuurlik ook afgehandeldheid by ander! Dit maak nogal die lewe, 'n beroep en 'n verhouding spanningsvol as jy moet voorgee dat jy perfek, afgerond, kant-en-klaar is. Veral as jy voor jou siel weet “Ek weet nie. Ek is nie in beheer nie. Ek sukkel met dit, daai en die ander…” Ek en jy is, wanneer ons eerlik kan wees met onsself, soos Gaudi se meesterwerk: onafgehandeld – vir ewig in-wording. Hoe anders sal jou lewensbenadering en verhoudings lyk wanneer jy hierdie “in-wording” genade ook dáár kan uitleef: Jy vra dalk meer vrae as wat jy stellings maak; Jy haal die juk van perfektheid se angs van jou skouers af en word oral bekend as 'n ewige student; In plaas van kritiek en verwerp, sien jy “Siestog, hy leer nog, hy groei nog, hy ontdek nog…” en dan nie op 'n beterweterige manier nie, maar op ‘n ek-is-ook-nog-in-wording manier. Wat help kla en skel en self-marteling oor onafgehandeldheid? Dit is soos om na 100 jaar die meesterlike katedraal af te breek omdat dit nou nog nie klaar is nie. Dis tog absurd! Om 'n onafgehandelde verder af te breek, maak tog geen sin nie. ‘n Beter benadering is dalk eerder “Hoe word ek deel van die in-wording storie van God met jou? In-wording beteken nie, in onbruik nie. In-wording beteken nie, minder heilig of indrukwekkend nie. In-wording beteken nie, laat staan maar soos dit is nie. Paulus skryf vir die gemeente in Korinte, ‘n gemeente wat nog duidelik in-wording is. Hy sluit 'n lang gesprek oor die sluier-van-ons-gebrokenheid af met die mooi woorde in 2 Kor 3:18 “Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.” Die woorde “Ons word al meer verander” se tydsgleuf is tot in die oneindigheid…m.a.w dit beteken letterlik “vir-ewig-in-wording” en so ook die woorde “die heerlikheid van ons uitstraal neem steeds toe”. Ek is nog nie klaar nie, jy is nog nie klaar nie, die kerk is nog nie klaar nie…ons is vir ewig nog in wording en die argitek-bouer is die Here, wat die Gees is en die manier hoe die Gees primêr in die Bybel werk is deur mense. Mag ons al meer met die genade leef van “My client is not in a hurry.” omdat ons vertrou dat 'n meesterstuk soms langer as 'n ewigheid neem. Na-leef teks: “Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.” 2 Korintiërs 3:18 Na-leef vrae Waar in jou lewe is jy nog in wording? Wat gaan jou help om jou kind-wees, jou openheid vir wording, te onthou? Wat gaan jou help om ruimte te maak vir ander se ewige wording?

Stellenbosch Gemeente
NA-LEEF gedagte | Sielsverlange

Stellenbosch Gemeente

Play Episode Listen Later Feb 10, 2026 11:22


'n Gesprek wat jou nooi om saam te dink oor die skepping in al sy diversiteit. Pieter reflekteer op die afgelope week se preek oor die kontoere van die siel [ Kyk/luister hier as jy die preek misgeloop het ] Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse of lees die blog-inskrywing hier onder. . . Na-leef gedagte – sielsverlange 'n Vriend vertel jare gelede die storie van 'n jagervaring in die Kalahari. Sedert die eerste aanhoor het ek die storie al dikwels uit ander monde gehoor: Om in die Kalahari te jag is ver skiet. Dit is 'n wye uitgestrekte land. Die Khoisan mense, met hul geplooide skrefies oë, het oor geslagte heen die vaardigheid ontwikkel om die landskap soos 'n boek te lees. Tekens te sien, spoor te volg, 'n aanvoeling te besit wat dorp- en plaasjapies met nuutste jag-tegnologie nog nie kon bemeester nie. Voor die netjies ingerigte bakkie het die klomp bloedorstiges dus 'n Khoisan man wat oor die duine en vlaktes draf, besig om 'n spoor te volg en hulle in die regte rigting te lei. Erens is daar darem 'n dors of 'n medemenslikheid wat hul laat stop om net hul asems terug te kry. Na so 'n korterige stop voor hul verder vorentoe wil beur, is die Khoisan man steeks. “Nee”, sê hy ewe beleefd, “ons kan nog nie verder nie — ons het nou so vinnig en ver gevorder ek wag nog vir my siel om my in te haal.”  Het jy al die storie gehoor? Die storie van stop, rus, wag…dat jou siel kan opvang met die haastige pas waarteen ons leef. Hoor of ervaar jy dit dalk daagliks? In die eerste week van Februarie loop ek 'n ma, van 'n vars ingeskryfde Gr. 1-dogtertjie, raak en sy vertel hoe oorweldigend die tempo van die jaar al klaar is. Hoe hulle met 'n skok hul kind moes beperk tot net vier buitemuurse aktiwiteite in die eerste kwartaal, want sy wil aan alles deelneem en nie uitmis nie. Wanneer ek by die pa-en-seun naweek 'n gemeentelid vra hoe die jaar vir hom begin het, is sy eerste woorde hoe hy moet keer dat hulle gesin nie maar net met einde 2025 se tempo voort vaar nie, en hoe moeilik dit is. Hy maak die opmerking “Besig-wees het mos 'n status-simbool geword.” Ervaar jy dit ook só en hoekom sou ons stadiger, minder, spasie, rus…assosieer met sielvol. Hoekom word sekere ervarings – van musiek, tot geregte, tot mense, tot plekke – as sielvol beskryf en ander nie? Waak miskien vir 'n oomblik, as 'n oorgestimuleerde wese, daarteen om te besef dat dit by sielvol nie noodwendig gaan oor nuwe ervarings of blootstelling nie. Dit gaan dalk juis nie oor novelty se verleiding nie, maar oor 'n oer-roering wat jou stroop van al die toevoegsels wat ons met lewe verwar. Dit het dalk juis met minder as met meer te doen, met gestroop as met nog en nog en nog…Dis meer soos om 'n ou hout tafel te restoureer en jare lange verf-lae sorgvuldig af te stroop om die grein, geur, kleur, die karakter en oorsprong vry te laat as om 'n nuwe gadget of laag verf op die tafel aan te bring. Vanoggend val die welkome verligting van somerreën op die sinkdak van die kantoor. 'n Luidrugtige verrassing! So uitbundig dat dat ek my stil-word musiek afsit om na die reën te luister. My gebed? “Dankie Here vir 'n sinkdak. Dankie dat vanoggend se verlange nie gedemp kan word met moderne *fieterjasies nie, dat my Maandag-skarrel tot bewus-wees oorreed word.” Aanvanklik, op die spoor van André se boodskap van die afgelope Sondag [luister hier daarna as jy dit misgeloop het], het ek beplan om kreatief te probeer skryf oor die siel. Natuurlik om jou te help om 'n greep te kry op die onbegryplike misterie van jou God-geasemde jy. Die reën het my gryp gulsige pogings verstil tot eenvoudig ervaar en aanvaar dat daar 'n dors is na 'n stroom wat dieper as seisoene lê, wyer as my dagboek en doen vloei en minder besoedel is deur my giere, gyte en gedagtes. Parker Palmer verwoord my klankdigte bewussyn goed wanneer hy sê “We sense that something is missing in our lives and search the whole world for it, not understanding that what is missing is us.” Ek nooi jou dus om, vir 'n oomblik saam met my, jou vasgeklemde-gryp-na-verstaan-en-beheer hande oop te vou asof dit iets vry laat…Om eenvoudig in voeling te kom met jou oop-hand verlange na lewe, na geur, na kleur, na raaksien, na hoor, na voel…die ewige pols van lewe wat met ons is, in ons is en selfs deur ons lyf wil kry. Oor hierdie verlange skryf David Whyte “Longing calls for a beautiful, grounded humiliation, the abasement of what we thought we were, and strangely the giving up of central control while being granted a new, watchful, scintillating, peripheral discrimination.” Wat help jou om in voeling te kom met hierdie verlange? Ons kan beslis nie die reën skep of manipuleer nie, maar ons kan ten minste sorg dat ons buite of onder 'n sinkdak is wanneer dit kom. Dalk kan jy eenvoudig begin om jou verlange te verwoord “Oorrompel my soos 'n Bolandse donderbui, verstof my siel tot lewe.” * ‘n Onnodige versiering of bykomstigheid. Na-leef teks “Soos ‘n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God! My siel dors na God, na die lewende God.” Psalm 42:2-3 “’n Versadigde siel vertrap die heuningstroop, maar vir ‘n hongerige siel is alles wat bitter is, soet.” Spreuke 27:7 (AFR53) Na-leef vrae Waar val die reën vir jou? M.a.w, waar word jy bewus van jou verlange en dors na iets verby die oppervlak-geskarrel? Wat moet jy doen om meer gereeld daardie plek/oomblik te besoek? Hoe sou jy hierdie Godsoomblikke in jou alledaagse kon verweef?

RSG Geldsake met Moneyweb
Sterk Kaapse winde waai dalk groot skade-eis na Transnet se kant toe

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Feb 4, 2026 13:17


Jabu Mdaki, uitvoerende hoof van Transnet Hawe-terminale, gesels oor probleme by die Kaapse hawe wat die uitvoer van steenvrugte vertraag. Volg RSG Geldsake op Twitter

Stellenbosch Gemeente
NA-LEEF gedagte | ‘n Veelkleurige skepping

Stellenbosch Gemeente

Play Episode Listen Later Feb 4, 2026 26:19


'n Gesprek wat jou nooi om saam te dink oor die skepping in al sy diversiteit. Pieter gesels met Helène Smit. “Kom ons gesels saam oor die prentjies wat ons het van mekaar wat ons nie eens altyd besef nie. Dalk help dit ons om saam die volheid van God se skepping te ontdek. Natuurlik is hierdie tipe gesprekke soms ongemaklik. En as jou huis en omgewing ‘n veilige spasie is waar jy nie regtig hoef te kies vir ongemak nie, kan ons dit maklik vermy. Maar verloor ons nie dan ‘n stuk van God se “voluit lewe” geskenk nie?” – Helène Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Die veelkleurige skepping beweeg my… – Helène Smit Hulle sê dat ‘n liefde vir voëlkyk jou onverhoeds betrap met die ouderdom. En aangesien ek groot geword het in ‘n familie met verkykers en voëlboeke, het die onvermydelike toe ook met my gebeur. Saam met die voëlkyk die laaste 10 jaar, het ek so diep onder die indruk gekom van die diversiteit van die skepping. Dit voel vir my al meer of God soveel pret gehad het toe hy al die verskillende voëls uitgedink het. Kyk net na die Paradysvlieevanger of Rooiborslaksman! En dan praat mens nog nie eens oor al die vreemde insekte, wonderlike fynbos en belaglike diepsee kreature nie! As ek kyk na al die verskillende persoonlikhede, eienskappe en talente van die mensdom, sien ek beslis ook God se kreatiwiteit en sin vir humor. Dit is dalk nie heeltemal teologies korrek nie, maar ek is oortuig God het die skepping so divers gemaak vir ons genot. Dan wonder ek: As ek kyk na die mense om my, die mense wat naby my bly, saam met my kerk toe gaan, dieselfde plekke oefen as ek, dan voel dit of hulle maar meestal lyk soos ek. Daar is beslis nie dieselfde diversiteit in my vriendekring as wat daar is in hierdie mooie dorp van ons nie. Ons weet almal dat dit is as gevolg van ons land se geskiedenis-storie. Maar dit voel of ek uitmis op ‘n groot stuk genot wat God dalk vir my beplan het. Want dink net hoe my prentjie van Hom sou kon verander as ek meer gereeld saam met iemand wat totaal anders as ek lyk en grootgeword het en dink, die Bybel kan lees! Maar sjoe – dis moeilik om regtig kontak te maak! Ons het soveel vooropgestelde idees oor mekaar. As ek iemand sien wat ek nie ken nie, maak ek aannames oor hulle op grond van geslag, ras, klere. En dit verander dadelik hoe wyd my arms oop is vir hulle. En of ek dalk ongemerk eerder seker maak my motordeur is gesluit in die verkeer… Ek sou beslis kon sê dat my wêreld heeltemal veelkleurig genoeg is met werk en gesin en vriende en stokperdjies en dat ek nie regtig die res van die skepping mis nie. Dit is mos nie regtig nodig om te gaan soek na nog meer kleure en geure en geluide nie? Is daar enige gevaar daarin om maar net dit wat ek reeds om my het, voluit te geniet? Dan dink ek egter aan die nuwe lied wat ek al harder en meer gereeld hoor wêreldwyd: Ek staan op vir MY mense. Ek maar seker dat MY mense OK is. Die Bybel sê ek moet lief wees vir my bure – so ek gaan veg vir my buurt. Ek dink egter dat ons dalk hier keuses begin maak wat kies teen ‘n deel van God se hart? Ek wonder wat sê die Bybel oor nationalisme? Oor menswees bo ras en taal en al die ander verskille en diversiteit. Daarom wil ek jou uitnooi om saam met my te dink oor die skepping in al sy diversiteit. Kom ons gesels saam oor die prentjies wat ons het van mekaar wat ons nie eens altyd besef nie. Dalk help dit ons om saam die volheid van God se skepping te ontdek. Natuurlik is hierdie tipe gesprekke soms ongemaklik. En as jou huis en omgewing ‘n veilige spasie is waar jy nie regtig hoef te kies vir ongemak nie, kan ons dit maklik vermy. Maar verloor ons nie dan ‘n stuk van God se “voluit lewe” geskenk nie? So hier is jou uitnodiging: kom gesels saam. In ‘n veilige spasie waar jy mag sê wat jy voel, al voel dit nie heeltemal reg nie. Kom ons ontdek ons dorp se volle kleure saam. Ek het dit n paar jaar terug begin doen. Ongemak gekies deur mense te volg op sosiale media wat my bitter kwaad maak. Spasies gekies waar mense anders lyk as ek. Boeke en TV reekse  deur mense van ander rasse en kulture as ek. Ek het diversiteit gekies! En wow – ek het sooooooveel gewen! En ek is boonop nou BAIE minder ongemaklik. Ek voel baie minder skuldig. Dit voel of ek tools het om verskil te maak. Kom kuier saam. Kom ontdek die volle geskenk van diversiteit en die God wat dit uitgedink en geskep het en steeds so lief het. Word deel van ons reis binne SG om met groter verwondering tuis te kom en te leef met diversiteit van mense in ons lewe: Versoeningsgesprek – 'n oop, veilige saam-gesels ruimte oor die wonders, uitdagings en misverstande oor ras en diversiteit. Donderdag 12 Feb om 18:30 by kantoor [elke 2e Do van die maand] Becoming human – 'n werkswinkel wat doelbewus geloof en diversiteit in gesprek bring met mekaar. Donderdag 26 Feb om 18:30 by die kantoor [elke laaste Do. van die maand] Church walk – 'n pelgrimstog deur die geskiedenis van Stellenbosch en ons storie.    Sat 21 Mrt 8:00-12:00, vanaf Aunt Sophie by die Ou Landbou-saal. Volg hierdie skakel om deel te word van die WA-groep

RSG Geldsake met Moneyweb
FIS kan dalk gou leefstyloudits doen

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Feb 3, 2026 10:27


Adv. Pieter Smit, waarnemende direkteur van die Finansiële Intelligensiesentrum, verduidelik wat alles van die FIS verwag sal word en wat só 'n leefstyloudit sal behels. Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
Australië deporteer dalk Brit oor Nazi-simbole

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 24, 2025 0:14


ʼn Britse burger wat aangekla is dat hy Nazi-simbole vertoon, se Australiese visum is teruggetrek en hy gaan moontlik na die Verenigde Koninkryk gedeporteer word. Dit volg terwyl die land toeslaan op anti-Semitisme na die massamoord op Bondi-strand. Die 43-jarige man is ook vroeër die maand aangekla dat hy op sosiale media geweld teen die Joodse gemeenskap aanhits. Die minister van Binnelandse Sake, Tony Burke, sê hulle is besig met strenger wetgewing teen haatspraak:

Nuus
Jipee (dalk) vir Starlink... maar die kostes?

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 19, 2025 0:37


Cran het 'n oorweldigend positiewe reaksie gekry toe die publiek gevra is om insette te lewer op Starlink se lisensie-aanbod. Cran het altesaam 1 180 geskrewe voorleggings ontvang, waarvan 1 164 die toekenning van die lisensie ondersteun. Net 16 voorleggings was nie ten gunste daarvan nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nrupesh Soni, 'n tegnologiekenner en besigheidseienaar, wat ook nie opgewonde is nie.

Nuus
Daar's dalk weer zama zamas ondergronds vasgekeer

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 17, 2025 0:20


Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het kommer uitgespreek dat onwettige mynwerkers moontlik in Bapong, Noordwes, vasgekeer is nadat grond ingekalwe het. Ná ʼn besoek deur Natjoints-lede en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, is minstens elf onwettige mynwerkers vasgetrek en beslag gelê op tien masjiengrawe. Masemola sê wetstoepassers moet weekliks inspeksie doen. Hy sê inwoners en operateurs moet regulasies nakom terwyl owerhede inspeksies en nakomingsmaatreëls verskerp:

RSG Geldsake met Moneyweb
Daar is 'n chroom-plan, en dit kan dalk werk

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Dec 11, 2025 10:49


Japie Fullard, uitvoerende hoof van Glencore Alloys, bespreek hul plan om steenkoolkrag vir energie-intensiewe nywerhede te benut. Volg RSG Geldsake op Twitter

RSG Geldsake met Moneyweb
Mr Price betaal dalk te veel vir Europese oorname

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Dec 10, 2025 6:59


Johan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, gesels oor Mr Price se oorname van die NKD Group GmbH. Volg RSG Geldsake op Twitter

ToekomsVenster
ToekomsVenster | ʼn Barmhartige uitnodiging vir die uitgeputtes

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Dec 8, 2025 3:44


Dalk is dit nie omdat jy nie meer krag vir die stryd het nie; dalk vra God net dat jy eers rus.

RSG Geldsake met Moneyweb
Delgingsfondse vlieg dalk onder die radar, maar dit kan 'n baie lonende opsie wees

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Nov 26, 2025 7:46


Elke Brink, direkteur by PSG R21, gesels oor die gebruik van delgingsfondse vir diskresionêre fondse. Volg RSG Geldsake op Twitter

RSG Geldsake met Moneyweb
Ja, die fooie van beleggings is belangrik, maar die opbrengste is dalk belangriker

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Nov 18, 2025 12:05


Jac de Wet, welvaartsbestuurder by PSG Wealth, verduidelik hoekom laer fooie nie noodwendig beter opbrengs waarborg nie. Volg RSG Geldsake op Twitter

RSG Geldsake met Moneyweb
Nvidia kan (dalk) met nog 70% spring

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Nov 3, 2025 9:18


Amelia Morgenrood, aandelemakelaar by PSG Wealth Faerie Glen, gesels oor Redefine en Pepkor se aankondigings van vandag, die prestasie van motorverkope vanjaar, en die aandeelpryse van groot Amerikaanse tegnologiemaatskappye. Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
Handelsooreenkom met VSA dalk binnekort - Cyril

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 30, 2025 0:19


President Cyril Ramaphosa sê die 30-persent tariewe wat Amerika op Suid-Afrikaanse uitvoere gehef het, het die land genoop om sy handelsomvang te diversifiseer. Die president is op ʼn tweedaagse staatsbesoek aan Switserland. Die land is een van Suid-Afrika se belangrikste Europese handelsvennote met ʼn handelsvolume van 18,2 miljard Suid-Afrikaanse rand in 2024. Ramaphosa sê die regering hoop om binnekort ʼn handelsooreenkoms met Amerika te sluit:

Nuus
Kamala het dalk weer oog op Withuis

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 26, 2025 0:19


Voormalige Amerikaanse visepresident Kamala Harris het aan die BBC gesê dat sy dalk weer vir die Withuis kan staan. Harris gesê dat sy "moontlik" eendag president sal wees en is vol vertroue dat daar in die toekoms 'n vrou in die Withuis sal wees. Sy het meningspeilings wat haar as 'n buitestaander beskou om die Demokrate se keuse vir die volgende verkiesing te word, verwerp.

Nuus
Brand by Katima registrasiekantoor beskadig dalk eiendomslêers

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 24, 2025 0:37


Die registrasiekantoor van die Katima Mulilo-stadsraad is rondom middernag ernstig deur 'n brand beskadig. Brandbestryders het vinnig gereageer en die brand suksesvol in bedwang gebring en verhoed dat dit na ander departemente versprei. Talle lêers rakende dorpseiendom het waarskynlik skade gely. Drie weke gelede is daar by die raad se kantore ingebreek, en daardie ondersoeke is steeds aan die gang. Die uitvoerende hoof van dorpsraad, Raphael Liswaniso, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die oorsaak van die brand tans onbekend is.

Nuus
Konstruksie sal dalk verligting kry met repokoers wat af is

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 22, 2025 0:40


Die onlangse repokoersverlaging sal na verwagting 'n beskeie hupstoot aan konstruksie- en eiendomsbeleggings gee deur laer leenkoste en verbeterde kredietbekostigbaarheid. Almandro Jansen, ekonoom van Simonis Storm, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat strukturele teenwinde soos verhoogde konstruksie-insetkostes en ingevoerde materiale steeds uitdagend is en grootskaalse beleggings afskrik.

God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Besondere Transformasie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Oct 14, 2025 3:08 Transcription Available


Send us a textMarkus 9:35 Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.” Kom ons kyk vandag na die verskil tussen arrogansie en nederigheid. Hulle is wêrelde van mekaar verwyder, nè? Dink ‘n bietjie mooi – hoe sien ander jou? Is jy arrogant of nederig of êrens tussenin?Dis moeilik om in ons moderne tyd aan 'n meer dramatiese transformasie van arrogansie na nederigheid, as in die lewe van Nelson Mandela, te dink.Mandela was eens 'n vurige, militante leier wat geglo het dat gewapende weerstand die enigste manier was om apartheid te beëindig. Die sewe-en-twintig jaar in die tronk, waar hy volgens sekere bronne tot bekering gekom het, het hom nederig gemaak en hom geduld, vergifnis en die krag van versoening geleer.Toe hy vrygelaat is, het hy vrede bo wraak gekies en met alle mense saamgewerk om Suid-Afrika te verenig en homself nooit bo die gereg gestel nie. As president het hy met nederigheid gelei en nasionale genesing bo enige persoonlike wrokke geprioritiseer. Sy transformasie van 'n uitdagende rewolusionêre jong man na 'n wyse, deernisvolle leier het hom een van die geskiedenis se grootste staatsmanne gemaak.Mandela se verhaal wys net hoe nederigheid óór arrogansie triomfeer. En kyk wat het Jesus vir sy dissipels geleer:Markus 9:35 Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.”Hoe dikwels verlang ons heimlik daarna om koning te kraai – sodat óns begeertes, óns behoeftes, óns gerief en óns perspektief voorrang bo almal s'n sal geniet? Ek vermoed dit gebeur baie meer gereeld, as wat ons wil erken.Miskien, moet ons almal ‘n bietjie kyk na ons houding, ons verhoudings en ons gedrag teenoor ander. Dalk sien ons in die proses 'n paar geleenthede om te herdefinieer wat dit beteken om eerste te wees.Jesus spel die "eerste plek" baie duidelik uit, nè? Dis daardie plek waar ons die heel laaste en almal se dienaar moet wees.”Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

RSG Geldsake met Moneyweb
SA hoenderbedryf dalk bedreig deur Amerikaanse invoere

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Oct 8, 2025 4:43


Die vervalde Agoa-ooreenkoms en die toenemende invoer van Amerikaanse hoender kan plaaslike boere benadeel, sê die bedryf. Marthinus Stander, bestuurshoof van Rainbow Chicken, bespreek die implikasies van hierdie uitdagings. Volg RSG Geldsake op Twitter

Somali Public Agenda
Duruufaha Dhaqaale ee Dalk Ka Jira & Sida loo Maareyn karo

Somali Public Agenda

Play Episode Listen Later Aug 25, 2025 47:15


Duruufaha dhaqaale ee muwaaddiniinta Soomaaliyeed guudahaan ay wajahayaan, gaar ahaan kuwa ku nool gobolka Benaadir ayaa sii xoogeysanaya. Duruufahaas oo nuucyo kala duwan leh, sababo kala duwanna lala xiriirin karo, waxa ay saameyn ku yeesheen bulshada qeybaheeda hoose.  Qeybtan 36-aad ee Adeeg Wanaag Podacast, agaasimaha SPA Policy Lab, Dr. Aweis Ahmed iyo Prof. Yaxye Caamir, waxa ay ku falanqeynayaan duruufahaas dhaqaale, waxa sababaya iyo sida lagu maareyn karo.Contact Somali Public Agenda's Adeeg Wanaag Podcast · Tweet us at @somalipubagenda, @Aweisade (the host), and @SPAPolicyLab · Email us at podcasts@somalipublicagenda.org Thanks for listening!

Nuus
VSA-inflasie styg dalk nie na tariewe: ekonoom

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 1, 2025 0:36


President Donald Trump se tariewe tree vandag in talle lande in werking met kritici wat sê inflasie sal in die VSA styg saam met die pryse van goedere. William Lee, die hoof-ekonoom van die Milken-instituut het met CNN gepraat en hy meen inflasie sal nie so groot kwessie wees nie.

Podlitiek
Ep. 274 - Is mediese fondse rassisties en dalk sien ons gou geteikende sanksies?

Podlitiek

Play Episode Listen Later Jul 24, 2025 29:38


In hierdie episode gesels Louis en Ernst oor die ondersoekpaneel na rassisme by mediese fondse wie se verslag onlangs bekendgestel is, sowel as die Amerikaanse wetsontwerp oor die hersiening van diplomatieke verhoudinge met Suid-Afrika. Die Podlitiek-span bestaan uit: Ernst van ZylLouis BoshoffArno Roodt

RSG Geldsake met Moneyweb
Daar kom dalk 60 wysigings aan arbeidswetgewing

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Jul 23, 2025 10:55


Prof Hugo Pienaar, direkteur by Thomson Wilks Prokureurs, bespreek die voorgestelde wysigings aan die arbeidswetgewing en wanneer dit moontlik in werking kan tree. Volg RSG Geldsake op Twitter

NTVRadyo
26 Temmuz 2025 (456) Zeynep Dalkılıç

NTVRadyo

Play Episode Listen Later Jul 23, 2025 15:46


Zeynep Dalkılıç 27 yaşında. 5 yıl önce motosiklet kazası sonucu omurilik felci oldu. Bugün tekerlekli sandalye basketbol oyuncusu ve aynı zamanda gezgin. Tekerlekli sandalyeyle ve tek başına dünyayı geziyor. Anlattıklarını dinleyin. NEDEN ENGELSİZ? NTVRadyo'da farklı bedenlerdeki sporculara, kendilerini ifade edebilecekleri alan açıyoruz. Birbirimizi tanımak ve anlamak için. Çünkü biz farklılıklarımızla biziz. Ayhan Aktaş hazırladığı programda hem farklı bedenlerle yapılan spor dallarındaki gelişmeleri duyuruyor, hem mikrofonu sporculara uzatıyor, hikayelerini ve duyurmak istediklerini aktarıyor. Engelsiz cumartesi 15.10, pazar 11.10'da NTVRadyo'da. Kaçıranlar ve tekrar dinlemek isteyenler için programın arşivi ntvradyo.com.tr ve podcast platformlarında.

RSG Geldsake met Moneyweb
Die Joburg Metro wil dalk bekende openbare parke verkoop of ontwikkel

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Jul 16, 2025 5:20


Nicolene Jonker, wyksraadslid, Demokratiese Alliansie (DA) Volg RSG Geldsake op Twitter

RSG Geldsake met Moneyweb
FlySafair- vlieëniers kan dalk volgende week begin staak

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Jul 16, 2025 10:24


Helgard Cronjé, adjunkhoofsekretaris vir die openbare bedryf by Solidariteit, bespreek hoe waarskynlik 'n staking volgende week is, en waarom die vakbond meen die voorgestelde loonverhoging is onbillik. Volg RSG Geldsake op Twitter

volgende dalk flysafair
Nuus
Dalk kan 4x4-ambulanse help in Kavango-Oos

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 25, 2025 0:40


Die oud-gesondheidsminister en mediese dokter, Bernard Haufiku, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die toenemende gevalle van voedselvergiftiging in die Ndiyona-kiesafdeling in Kavango Oos, waar 20 sterftes tussen 2023 en 2025 aangemeld is. Hy meen dit word gekoppel aan swak infrastruktuur, veral slegte paaie, 'n gebrek aan vervoer en beperkte vulstasies.

Nuus
Groot skuld dalk nie Nsfaf se fout nie, vrae oor gratis hoër onderwys

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 24, 2025 0:40


Reaksie word ontvang op die nuus dat die Namibiese Studente-hulpfonds, Nsfaf, ‘n gekwalifiseerde ouditopinie by die ouditeur-generaal Junias Kandjeke ontvang het vir die 2023-24 boekjaar. Kandjeke het sy kommer uitgespreek oor standaard prosedures by die fonds wat nie goedgekeur is nie en gedateer is. Dit, ten spyte van die feit dat die fonds internasionale openbare sektor rekeningkundige standaarde aangeneem het. Hy het ook kommer oor die fonds se volhoubaarheid en sê net 1 persent van 1,8 miljard Namibiese dollar wat hy geskuld word, is ingevorder. Bestuurskenner dr. Marius Kudumo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê hy dink nie gratis hoër onderwys is die beste opsie nie.

Nuus
Groot skuld dalk nie Nsfaf se fout nie, vrae oor gratis hoër onderwys

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 24, 2025 0:36


Kry die nuus soos dit breek.

RSG Geldsake met Moneyweb
R60 miljard-klasaksie kom dalk teen banke

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Jun 24, 2025 8:42


Advokaat Douglas Shaw gesels oor die R60 miljard-klasaksie teen banke. Volg RSG Geldsake op Twitter

RSG Geldsake met Moneyweb
Moet jy nie dalk vroeg aftree nie?

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Jun 13, 2025 8:05


Hardi Swart, besturende direkteur en stigter van Family Wealth Custodians, gesels oor die redes om vroeër af te tree. Volg RSG Geldsake op Twitter

RSG Geldsake met Moneyweb
Dié alge is dalk 'n oplossing vir SA se rioolprobleme

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Jun 10, 2025 6:14


Dr Yolandi Schoeman, UFS Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
Versigtig met disktrikshospitaalkostes... almal sal dalk wil 'eet'

Nuus

Play Episode Listen Later May 6, 2025 0:40


Reaksie word ontvang op die aankondiging dat die nuwe distrikshospitaal wat vir Havana in die hoofstad beplan word, nou 3,2 miljard Namibiese dollar sal beloop, ongeveer 300 miljoen dollar meer as wat aanvanklik verwag is. Die parlementêre leier van die opposisie IPC, Imms Nashinge sê die regering moet uiters versigtig wees dat dit nie ‘n projek is waar almal iets vir homself kan vat nie.

Nuus
SAPD vind (dalk) konstabels so Polo-onderdele

Nuus

Play Episode Listen Later May 1, 2025 0:20


Die polisie het bevestig dat die soek- en reddingspanne stukke van 'n voertuig - insluitend 'n voor- en agterbuffer - by die Hennopsrivier in Centurion gevind het. 'n Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê kenners probeer vasstel of dit met die Volkswagen Polo verbind kan word waarmee die polisiekonstabels Cebekhulu Linda, Keamogetswe Buys en Boipelo Senoge van Bloemfontein na Limpopo gereis het:

Nuus
Laer olieprys dalk 'n Opul taktiek

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 29, 2025 0:40


Oliepryse het vroeër ietwat versterk ten spyte van verwarring oor die tariefgesprekke tussen die VSA en China, maar die prys bly steeds rondom 64 Amerikaanse dollar ‘n vat. Handelaars het 'n gebrek aan belangrike nuus en verwagte toenames in aanbod aangehaal met markte wat steeds pryse ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het met Dawie Klopper gepraat, 'n Suid Afrikaanse ekonoom wat sy mening deel.

Nuus
Borgskap aan Okahandja-dorpsraad dalk onttrek oor Maasdorp-betoging

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 25, 2025 0:36


Ants Mobile Billboards, 'n maatskappy gebaseer in Okahandja, het gedreig om sy eenmalige borgskap vir buitelug-advertensies aan die plaaslike dorpsraad te onttrek indien dit voortgaan om 'n beplande demonstrasie wat geregtigheid vir Ingrid Maasdorp eis, te blokkeer. Die maatskappy het belowe om die protes te ondersteun deur 500 plakkate aan organiseerders te skenk en het die belangrikheid van burgerlike deelname en vryheid van uitdrukking beklemtoon. Kosmos 94.1 Nuus het met Bebe |Huseb, eienaar van die maatskappy gepraat.

Nuus
Seekoei in Swakoprivier het dalk uit lodge-grond ontsnap

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 25, 2025 0:22


Die voormalige landbouminister, Calle Schlettwein, het foto's geneem van seekoei-spore in die Swakoprivier, stroomaf van Gross Barmen. Dit het 'n opskudding op Facebook veroorsaak, met baie mense wat wonder waar die seekoei vandaan kom. Dit is moontlik dat die seekoei uit 'n nabygeleë lodge ontsnap het op soek na beter weiding. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Teofilus Nghitila, die uitvoerende direkteur van omgewingsake en toerisme, wat sê hulle is nie bewus van die situasie nie, maar dat 'n span uitgestuur sal word om ondersoek in te stel.

Nuus
Konstusionaliteit van Jerry-wette dalk ter sprake

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 14, 2025 0:39


Die Swapo-wetgewer Jerry Ekandjo se twee omstrede wetsontwerpe wat gemik is teen gay huwelike, loop gevaar om te verval. Dit is omdat president Nangolo Mbumba dit nog nie onderteken het nie. Indien hulle nie voor die einde van die sewende parlement deur die president bekragtig word nie, sal hulle verval. Ekandjo het dit in die parlement opgehaal en die minister in die presidensie, Christine Hoebes, het hom geantwoord. Sy sê die president het nie die grondwet oortree deur nie die wetgewing te teken nie.

Nuus
Jy sal dalk môre se maansverduistering kan sien

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 13, 2025 0:41


Die totale maansverduistering sal môre plaasvind met die Aarde wat perfek in lyn sal wees tussen die Son en die Maan, wat veroorsaak dat die Maan deur die Aarde se skaduwee beweeg. As gevolg hiervan sal die Maan 'n rooi voorkom as gevolg van die verspreiding van sonlig deur die Aarde se atmosfeer. Dit word dus 'n "bloedmaan" genoem. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Riaan Steenkamp, hoof van die fisika-afdeling van Unam gesels, wat verduidelik wat ons sal sien.

Nuus
Seewier sal dalk moet instaan vir vis as kos

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 28, 2025 0:16


Oseane, wat altyd beskou is as onbeperk, is tans onder druk weens oorbevissing, aardverwarming en besoedeling. Dit is volgens ʼn marienebioloog aan die Universiteit van die Wes-Kaap, professor Gavin Maneveldt. Byna 90-persent van die wêreld se seevisvoorraad is volledig uitgeput of oorbevis. Maneveldt sê wetenskaplikes oorweeg ander voedsel- en energiebronne terwyl die wêreldbevolking na verwagting teen 2050 9,7-miljard sal bereik. Hy sê 'n belowende oplossing is die onontdekte moontlikhede wat seewier bied.

Nuus
Seewier sal dalk moet instaan vir vis as kos

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 28, 2025 0:16


Oseane, wat altyd beskou is as onbeperk, is tans onder druk weens oorbevissing, aardverwarming en besoedeling. Dit is volgens ʼn marienebioloog aan die Universiteit van die Wes-Kaap, professor Gavin Maneveldt. Byna 90-persent van die wêreld se seevisvoorraad is volledig uitgeput of oorbevis. Maneveldt sê wetenskaplikes oorweeg ander voedsel- en energiebronne terwyl die wêreldbevolking na verwagting teen 2050 9,7-miljard sal bereik. Hy sê 'n belowende oplossing is die onontdekte moontlikhede wat seewier bied.

Nuus
Seewier sal dalk moet instaan vir vis as kos

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 28, 2025 0:16


Kry die nuus soos dit breek.

Nuus
Seewier sal dalk moet instaan vir vis as kos

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 28, 2025 0:16


Kry die nuus soos dit breek.

Nuus
BOSA dalk hof toe oor nasionale loterylisensie

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 25, 2025 0:15


BOSA sê hy oorweeg regstappe nadat die van minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, aangekondig het die huidige nasionale loterylisensie sal met nog 'n jaar verleng word. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê die verlenging, ter waarde van byna 200-miljard-rand oor vyf jaar, is die enkele grootste tender in Suid-Afrika, en wek ernstige kommer oor wettigheid, deursigtigheid en regverdige mededinging. Hy sê BOSA bespreek tans die saak met regskenners om uit te vind of die verlenging regmatig is.

Nuus
SA behuisingsprogram dalk 'gemanipuleer'

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 5, 2025 0:20


Die GOOD-party sê hy is bekommerd dat die land se behuisingsprogram gemanipuleer word terwyl sommige desperaat en dakloos op die waglys bly. Doreen Carolissen van die party sê in die Drakenstein-munisipaliteit in die Wes-Kaap is inwoners wat titelaktes ontvang het, maar dan die huise verhuur en nie daarin woon nie. Sy sê die praktyk is onregverdig teenoor duisende mense wat wag op hul behuisingsgeleentheid.

Nuus
Onderwysministerie het dalk 'n plan om poste te skep

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 18, 2024 0:31


Kommer is in 'n gepubliseerde brief geopper oor die groeiende aantal gekwalifiseerde werklose onderwysers regoor die land. Die klaer sê baie onderwysers wat in 2020 gegradueer het, sit steeds sonder werk. Die brief het frustrasie oor die onderhoude-proses onderstreep en vra vir die direkte plasing van onderwysers. Die skrywer sê hulle kan nie hul NSFAF-lenings terugbetaal nie, en die gebrek aan werk kan sommige individue tot desperate maatreëls dryf, soos om hulle tot misdaad of sekswerk te wend. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die uitvoerende direkteur van onderwys, Sanet Steenkamp.

Nuus
Onderwysministerie het dalk 'n plan om poste te skep

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 18, 2024 0:33


Steenkamp sê hulle ondersoek 'n stelsel met onderrigsessies in die oggende en middae, wat meer onderwysposte kan skep.