POPULARITY
Send us a textGalasiërs 5:13 Broers en susters, julle is inderdaad geroep om in vryheid te leef. Moet net nie die vryheid misbruik om sondige begeertes te bevredig nie, maar gebruik dit om mekaar met liefde te dien. (NLV) Ek is redelik seker daarvan dat net 'n enkele nag in ‘n tronk, genoeg van ‘n afskrikmiddel sal wees om my van enige toekomstige kriminele plannetjies, wat dalk in my hart mag skuil, te genees. Hoe voel jy oor die saak? Nouja, ek kan nie verstaan hoe sekere misdadigers herhaaldelik oortree nie.Tydens die Verbod-era - dis die tydperk tussen 1920 en 1933 toe daar in Amerika ‘n algehele verbod op alkohol ingestel was- het die Amerikaanse bendelid, Al Capone, bekendheid verwerf as die leier van die 'Chicago Outfit'. Dit was ‘n georganiseerde misdaadsindikaat wat smokkelary, dobbelary, dwelmhandel en prostitusie bestuur het. Hy was 'n gedugte kalant, maar die owerhede het hom uiteindelik vasgenael op, van alle dinge, belastingontduiking. Hy is tot 11 jaar in die federale gevangenis gevonnis en het selfs 'n rukkie in die berugte Alcatraz deurgebring.Hy is uiteindelik ná net sewe en 'n half jaar vrygelaat, omdat sy gesondheid merkbaar verswak het weens sifilis. Toe hy vrygelaat is, het hy sy kriminele lewenstyl voortgesit en uiteindelik in 1947 op die ouderdom van net 48, as 'n baie patetiese sieklike man, gesterf.Ten spyte van die verkryging van rykdom en mag, al is dit op oneerlike wyse verkry, het Capone sy kriminele lewenstyl herhaal en dit het hom uiteindelik sy lewe gekos.Galasiërs 5:13 Broers en susters, julle is inderdaad geroep om in vryheid te leef. Moet net nie die vryheid misbruik om sondige begeertes te bevredig nie, maar gebruik dit om mekaar met liefde te dien. (NLV)Jesus het jou vonnis vir jou aan die Kruis uitgedien deur te sterf om vir jou sonde te betaal. Hy het dit gedoen om jou vry te maak van al die sondige plannetjies wat in jou hart skuil. Gaan jy regtig jou swaar verworwe vryheid verkwis deur weer aanstoot te gee? Onthou, om terug te val in jou sonde, is fataal.Moenie jou vryheid as 'n verskoning gebruik om te doen wat jou sondige sélf behaag nie. Dien mekaar met liefde.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textPsalm 103:13 Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien. 'n Sagte hart sal, wanneer dit iemand sien ly, daardie persoon se pyn ervaar asof dit sy eie is ... Maar, dink mooi - op watter stadium is dit geregverdigd om ‘n ander persoon se pyn so vir jouself aan te trek, dat dit gedeelde lyding word?Op verskillende tye van ons lewens was ons elkeen aan beide kante van hierdie groot liefdestransaksie waarna ons as 'deernis' verwys. Enige ouer sal baie keer as hulle sien hulle kind kry swaar, met deernis oorweldig word.En op sommige van die donkerste dae van ons eie lewens, is ons elkeen vertroos, ondersteun en aangemoedig deur die deernis van ander. Wanneer jy nadink aan daardie moeilike tye, en dink aan diegene wat aan jou deernis betoon het; die mense wat hul bes gedoen het om jou lyding te verlig, word jou hart op so 'n spesiale manier week.Dit is uit hierdie diep, persoonlike ervaring van deernis, wat ons die beste kan begin verstaan wat God sê:Psalm 103:13 Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien.God se Vaderhart is oorweldig met 'n deernis wat ons skaars kan begryp, wanneer ons na Hom toe gaan en eenvoudig glo dat Jesus gestuur is om vir ons te ly. Ja, wanneer ons glo dat Jesus vir ons gesterf het en die verskriklike straf wat ons toekom vir ons opstand, in óns plek gedra het. God het deernis wanneer ons ons lyding neem en dit aan die voet van die Kruis neerlê.Daarom kan jy met vrymoedigheid al jou pyn, al jou lyding na Hom toe neem. Want Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Skakel op 19 April op Kopskuif in en luister hoe ds. Madelie Kruger op stil Saterdag gesels oor Paasfees. Lukas 24:6 “Hy is nie hier nie. Hy is uit die dood opgewek. Onthou hoe Hy met julle gepraat het toe Hy nog in Galilea was en gesê het: Die Seun van die mens moet uitgelewer word in die hande van sondige mense, gekruising word, en op die derde dag opstaan.” Ons vier Paasfees, want die kruis is leeg. Op Opstandingsondag is ons bly, want die graf is leeg. Ons vier toekomshoop, maar ook die daaglikse verhouding waarbinne ons met God kan leef, omdat Hy ons ingenooi het.
Dit is een opname van een preek van een van de diensten in de Kerk van de Nazarener Zaanstad. Heeft u vragen of wilt u meer weten over onze gemeente, ga dan naar onze website - www.kvdnzaanstad.nl. We hopen u in één van onze bijeenkomsten persoonlijk te mogen ontmoeten
We beklimmen geknield de 28 treden van de Scala Santa, de trap die ooit werd begaan door onze Heer Jezus Christus toen hij voor Pontius Pilatus diende te verschijnen. In dit heiligdom dat onder de hoede staat van de Passionisten laten we ons door meditaties van hun stichter, de heilige Paulus van het Kruis, naar […]
Send us a textMarkus 15:12-15 Pilatus het weer vir hulle gevra: “Wat wil julle dan hê moet ek met hom maak wat julle die koning van die Jode noem?” “Kruisig hom!” skreeu hulle. “Waarom? Wat se kwaad het hy gedoen?” vra Pilatus hulle. Maar hulle skreeu nog harder: “Kruisig hom!” Omdat Pilatus die mense hulle sin wou gee, het hy Barabbas toe vir hulle losgelaat en Jesus laat gesel en Hom oorgelewer om gekruisig te word. Vandag is "Goeie Vrydag." Hoe kan dit moontlik "goed" genoem word wanneer dit die dood van 'n onskuldige man herdenk, sodat 'n skuldige, 'n moordenaar, vrygelaat kan word?Pontius Pilatus, die Romeinse Goewerneur, het absolute gesag oor Israel gehad. Toe hy Jesus moes verhoor, was die laaste ding wat Hy nodig gehad het, 'n oproer met ontelbare sterftes. As die nuus daarvan in Rome gerapporteer sou word, sal hy teruggeroep en swaar gestraf word. Hy was dus bang en te lafhartig om verantwoordelikheid vir die gebeure te aanvaar.Markus 15:12-14 Pilatus het weer vir hulle gevra: “Wat wil julle dan hê moet ek met hom maak wat julle die koning van die Jode noem?” “Kruisig hom!” skreeu hulle. “Waarom? Wat se kwaad het hy gedoen?” vra Pilatus hulle. Maar hulle skreeu nog harder: “Kruisig hom!” Omdat Pilatus die mense hulle sin wou gee, het hy Barabbas toe vir hulle losgelaat en Jesus laat gesel en Hom oorgelewer om gekruisig te word.Nouja, Pilatus was bang vir 'n oproer, want hy was onder groot druk geplaas deur die Joodse godsdienstige leiers. Dit lyk ook asof hy persoonlik nie regtig bereid was om eenkant toe of anderkant toe ‘n besluit te neem nie, toe kies hy die maklike uitweg. Wie gee tog op die ou end om? Watter verskil sal sy besluit maak?Maar ons weet dat God ook by hierdie gebeure betrokke was. Hy het sy enigste Seun gestuur om aan die Kruis te sterf om die straf vir my sonde te betaal, vir joune, en dié van enigiemand anders wat in Jesus sou glo … sodat ons volkome vergewe kan word; sodat ons 'n nuwe lewe; ja, meer nog, sodat ons die ewige lewe kan hê.Die uitkoms van die hofsaak, was dat Een onskuldige man namens die skuldige, Barabbas, maar ook namens jou, en my gesterf het. Dit is hoekom dit "Goeie Vrydag" genoem word.En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Baie welkom by Tygerberg Gesinskerk, Durbanville!Indien jy Jesus wil leer ken as jou Verlosser, dan is hierdie Bybelstudie `n moet! Laai dit gerus hier af:https://www.bybelstudie.co.za/product-page/kindskap-e-boek-pdfWHATSAPP COMMUNITY GROEPhttps://chat.whatsapp.com/LaXQgdTHtrp2v3FZR4XJFnKONTAK VORMMaak gerus ook met ons kontak. Deur die kontak vorm in te vul, stuur ons graag vir jou 'n welkom boks as jy op ons databasis kom:Kontakvorm: https://gesinskerk.breezechms.com/form/fd3ed0KONTAK DIE KERKKANTOOR:info@gesinskerk.co.za087 2555 827VOLG ONS AANLYN BY:Facebook: www.facebook.com/gesinskerkInstagram: www.instagram.com/gesinskerkWebtuiste: www.gesinskerk.co.za
13 April 25 | Klaargemaak aan die Kruis | Hallo Kerk Centurion - Mark Hodgetts by Hallo Kerk
Send us a textJohannes 6:14-15 Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom.” Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen. Wat is jou verwagting aan die begin van hierdie week waarin ons Paasfees vier? Waarna sien jy uit? Miskien is dit vir jou net nog 'n langnaweek; of miskien beteken dit vir jou 'n bietjie van 'n blaaskansie; of miskien bied dit jou 'n verskoning om ‘n bietjie meer sjokolade te eet as wat jy waarskynlik behoort te eet? Sê my, wat is jou verwagtinge van hierdie Paasfees?Nouja, kan jy enige ooreenkoms tussen sjokolade-Paaseiers aan die eenkant en die dood van Jesus aan die Kruis aan die anderkant sien? So wat verwag mense van hierdie feestyd wat vir sommige Christene so spesiaal is?Destyds in Jesus se tyd het die Israeliete ook onrealistiese verwagtinge gehad.Johannes 6:14-15 Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom.” Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen.Die Israeliete het gesoek na 'n ooreenkoms tussen Jesus en een van die profete of 'n magtige krygsman (soos Dawid). Hulle het gedink die Messias sou kom om hulle van die wrede Romeinse oorheersing in hulle Beloofde Land te bevry. Hulle wou Jesus op húlle voorwaardes koning maak.Hy het wel koning geword – maar ‘n ander soort koning; die koning van ons lewens. ‘n Koning van ons almal, nie net ‘n koning van die Israeliete nie. Hy het gekom om te red – maar Hy het gekom om elkeen van ons van ons sonde te red, nie om 'n nasie te red nie.So dikwels wil ons Jesus net op ons voorwaardes aanneem, net om ons wêreldse probleme op te los, net om ons ellendige struikelblokke uit te wis. Hy doen dit wel, maar dit is nie die rede waarom Jesus gekom het nie. Hy het gekom om jou lewe van nou af tot in alle ewigheid te red. Hy het vir jou gekom.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Aan de slag!Hoe laat Jezus zich kennen in dit gedeelte? Wie is Hij vandaag voor jou?Deze overdenking is geschreven door schrijfster Charlotte Glasbergen-Molenaar.
In deze nieuwe aflevering van onze pelgrimstocht in Rome bezoeken we twee ‘kleinere’ basilieken, maar daarom niet minder belangrijk! De eerste is de basiliek waar de bijzondere relikwieën bewaard worden van het Heilig Kruis en waar het lijden en de kruisdood van onze Heer zeer nabij komt. U hoort wat meer over de geschiedenis van […]
NLB 538: 1-4 Themalied: Hij is de rots Doop Wout van der Vegt Psalm 105: 5 DNP 1: 1-3 Lucas 14:25-35 Preek: Neem je kruis op je… NLB 542: 1-4 NLB 412: 3, 4
Iedere zondag publiceert het FD een luisterverhaal: een FD-artikel dat het luisteren waard is. In deze aflevering hoor je het verhaal Op weg naar de hel: 'Als de Russen een rood kruis zien, vallen ze meteen aan', geschreven door algemeen verslaggever Jean Dohmen. Hij reisde eind januari door Oekraïne om te zien hoe na drie jaar oorlog de stemming in het land is. Lees: https://specials.fd.nl/op-weg-naar-de-hel-als-de-russen-een-rood-kruis-zien-vallen-ze-meteen-aan Voorgelezen en gemonteerd door Elfanie toe LaerEindredactie: Anna DijkmanSee omnystudio.com/listener for privacy information.
“Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.” – Lukas 23:34 (AFR53)
Send us a textEfesiërs 2:10 Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. Hoe sal jy voel teenoor iemand wat so 'n groot opoffering gemaak het dat jy jou lewe aan dié persoon verskuldig is? Komaan, dink hoe dit jou sal laat voel?Die eerste suksesvolle nieroorplanting het in1954 plaasgevind. Dr. Joseph Murray, die hoof chirurg, is vir sy baanbrekerswerk met die Nobelprys bekroon.Deesdae vind daar jaarliks meer as 100 000 nieroorplantings, waarvan 36% van lewende skenkers kom, plaas. Stel jou voor iemand ondergaan ‘n operasie waarin hy een van sy niere skenk om vir jou te laat inplant. Hy stel homself hierdeur in gevaar in die proses; wat in werklikheid ‘n geskenk is om vir jou lewe te gee. Hoe sal dit jou laat voel?Jesus het natuurlik baie meer as dit gedoen. Hy het die geskenk van die Ewige Lewe aan diegene wat in Hom glo, deur sy dood aan die Kruis, gegee. So … hoe reageer ons daarop?Efesiërs 2:10 Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.Hoe? Onthou, God het ons gemaak wat ons nou is. Dit is Hy wat ons nuut gemaak het omdat ons aan Christus Jesus behoort. Hy het dit gedoen en boonop vir ons in staat gestel om die lewens te kan leef wat Hy lankal besluit het ons moet leef.Pablo Picasso het dit so gestel: Die sin van die lewe is om jou gawe te ontdek. En die doel van die lewe is om dit weg te gee.Ek kan nie aan 'n beter, meer vervullende manier dink, as om op God se gratis geskenk van die Ewige Lewe te reageer, deur jou eie unieke, Godgegewe gawe te eien en die res van jou lewe te spandeer om ander daarmee te dien.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textEfesiërs 2:6-7 Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee, sodat God ook in die tye wat kom, sou laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het. Ons dink nie so daaraan nie, maar 'n eenvoudige daad van vriendelikheid van ons kant, wat ons niks kos nie, kan iemand se dag opvrolik ... selfs hulle lewe red. Maar dan is daar ander tye wanneer ‘n onselfsugtige daad jou bestaan in gevaar kan stel.Oskar Schindler was 'n Duitse nyweraar en lid van die Nazi-party. Hy het sekere mense omgekoop om 'n geleentheid in Kraków, Pole te kry om geld te maak. Dit was minder as 80 kilometer weg van die konsentrasiekamp Auschwitz-Birkenau, waar oor ‘n miljoen Jode vermoor is. Maar toe die afgryse van die "Finale Oplossing van die Jode " vir Schindler ‘n werklikheid geword het, het sy fokus van geldmaak verskuif na ‘n poging om soveel Jode se lewens as moontlik te red. Hy het alles – selfs sy eie lewe – gewaag om meer as 1 200 Jode van Volksmoord te red deur hulle vry te koop.Ja, my vriend, soms is genade nie so eenvoudig nie. Soms kan dit jou alles kos. Kyk wat die apostel Paulus 'n paar duisend jaar gelede geskryf het:Efesiërs 2:6-7 Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee, sodat God ook in die tye wat kom, sou laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het.God se genade teenoor jou (en my) het Hom alles gekos – die dood van Jesus, sy enigste Seun aan die Kruis. Jesus het die straf wat ons toegekom het, betaal, sodat ons lewens gered kan word. Dit laat ons dink aan hoe die Jode, wat Oskar Schindler vrygekoop het, moes gevoel het.Ek weet nie van jou nie, maar ek verdien dit nie ... Dit is natuurlik die hele punt! Want as ons dit verdien het, sou ons nooit die ewige, wonderlike rykdom van God se genade ontdek het nie!Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textJohannes 19:28-30 28Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: “Ek is dors.” Daar het 'n kan vol suur wyn gestaan. Die soldate het toe 'n spons vol suur wyn op 'n hisoptakkie gesit en dit teen sy mond gehou. Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring! Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas Onvergewensgesindheid is nie ‘n nuwe ding wat ek en jy in ons daaglikse lewens hier in die 21ste eeu ervaar nie. O nee! Onvergewensgesindheid is so oud soos die berge.Argeoloë wat die opgrawings van Romeinse baddens in die Britse stad, Bath, gedoen het, het op 'n klomp artefakte afgekom wat hulle die "vervloekings-tablette" genoem het. Soos ‘n artikel op die webwerf: psychologytoday.com, berig ... die enigste nalatenskap van hierdie mense wat 1 600 jaar gelede geleef het, is hul woede vir ander mense, wat hulle in vloeke wat op koper of lood geskryf is, verewig het.Dis regtig tragies, maar – kom nou, kyk om jou rond – dit nie regtig nuut nie, is dit? Onvergewensgesindheid floreer, en daarom vind so baie mense dit onmoontlik om te dink dat God hulle sonde vergewe het. Hulle is vas oortuig daarvan dat hulle op een of ander wyse iets sal moet doen om sy guns weer terug te wen!Maar dit was nie sommer net vir Jesus nodig om ‘n towerstaffie oor al ons sonde te swaai nie. Dit het Hom alles gekos om mense soos ek en jy aan die Kruis te vergewe!Johannes 19:28-30 Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: “Ek is dors.” Daar het 'n kan vol suur wyn gestaan. Die soldate het toe 'n spons vol suur wyn op 'n hisoptakkie gesit en dit teen sy mond gehou. Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring!” Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas.Ek en jy kan volkome vergewe word, want Jesus het die prys betaal wat óns nooit sou kon betaal nie … ja, Hy het met sy lewe betaal. En wanneer ons in Hom glo – is daar geen boetedoening nodig nie.Charles Spurgeon het dit so gestel: Die gewone mensdom se godsdiens vertel hom om iets te 'Doen', maar die godsdiens van 'n ware Christen vertel hom dit is ‘Klaar Gedoen'."Dit is afgehandel – heeltemal klaar.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
We lezen u voor uit een geestelijke brief afkomstig uit de abdij Saint-Joseph de Clairval. Deze keer gaat het over de Heilige Teresa Benedicta van het Kruis, vaak gekend onder haar Joodse naam Edith Stein. Zij werd geboren op 12 oktober 1891 als jongste telg in een orthodox joods gezin van elf kinderen, in het […]
Send us a text1 Petrus 1:18-19 Julle weet mos dat God betaal het om julle los te koop van die sinlose leefstyl wat julle van julle voorouers oorgeërf het. En dié losprys was nie dinge wat vergaan, soos goud of silwer nie. Inteendeel, dit was die kosbare bloed van Christus, soos dié van 'n lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is. (NLV) Die idee om gyselaar geneem te word, is een van die vreesaanjaendste dinge om aan te dink. Een of ander slegte persoon, gryp jou en eis dat iemand anders 'n onmoontlike losprys moet betaal; ‘n betaling waarvan jou lewe afhang.Wat ook al jou standpunt oor die konflik tussen Israel en Hamas oor die Gaza-strook is, dink ek nie één van ons kan nalaat om medelye te hê met daardie 251 mense wat tydens die aanval op Israel op 7 Oktober 2023, gyselaar geneem is. Ons kan onsself nooit indink in die vrees wat hul beleef het, toe hulle ontvoer is, en vir baie maande in duisternis gehou is, terwyl hulle een vir een gesterf het. Ons praat van die verskriklike werklikheid van ‘n ontvoering, maar kan jy vir een oomblik dink aan die gevoel van vreugde en verligting wanneer die losprys vir die ontvoerde betaal word? Petrus herinner die Christene wat in die eerste eeu nC dwarsdeur die Romeinse Ryk vervolg, geteer en geveer en gemartel is, daaraan, dat Jesus die losprys vir hulle betaal het.1 Petrus 1:18-19 Julle weet mos dat God betaal het om julle los te koop van die sinlose leefstyl wat julle van julle voorouers oorgeërf het. En dié losprys was nie dinge wat vergaan, soos goud of silwer nie. Inteendeel, dit was die kosbare bloed van Christus, soos dié van 'n lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is. (NLV)Ons is almal gyselaar geneem deur die sonde in ons lewens; ons rebellie teen God; die gedrag wat bygedra tot die verwoesting van ons lewens en die lewens van diegene rondom ons. Maar God het uit sy groot liefde die losprys vir ons betaal, nie met geld nie, maar met die dood van Jesus, sy Seun, aan die Kruis.Vryheid, is vandag en vir alle ewigheid gewaarborg vir elke gyselaar wat hul vertroue in daardie Losprys, Jesus, plaas. Volkome, ewige vryheid.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
In deze aflevering van onze pelgrimstocht in Rome als pelgrim van de hoop bezoeken we eerst het Baptisterium van Lateranen, vlak bij de gelijknamige Pauselijke Basiliek. Daarna steken we even de straat over en ontvangen de ideale gelegenheid om een heel bijzonder boetwerk te kunnen volbrengen! We beklimmen geknield de 28 treden van de Scala […]
Een paal of een Kruis, die ene Jood moet bloeden en waarom? Trots en Ego ofwel de wereld
S4, A26 Jezus volgen is je kruis opnemen
Na de succesvolle Vrij Zijn tv-serie Begin je week met God is nu de podcastserie Begin je dag met God uitgekomen. Elke dag behandelt Wilkin van de Kamp een tekst uit de Bijbel die je inspireert om de nieuwe dag die God je geeft vol verwachting in te gaan. Een podcastserie met 365 levenslessen en waardevolle pareltjes uit de Bijbel. Laat je een jaar lang onderdompelen in het onderwijs over identiteit, vrijheid en eenheid in Christus. Om je hart te raken en je leven te veranderen. Met deze serie heb je goud in handen. Je kunt vandaag al beginnen! Deze afleveringen zijn mogelijk gemaakt door de Vrij Zijn Vriendenkring. Vrij Zijn is een bediening en tegelijkertijd een beweging van christenen uit allerlei kerken in Nederland die hun identiteit, vrijheid en eenheid in Christus hebben gevonden en die dit onderwijs willen (helpen) uitdragen waar zij kerken en werken. Vrij Zijn heeft het verlangen om mensen te helpen hun identiteit en vrijheid in Christus te ontvangen en te versterken, om samen met christenen uit alle kerken onze eenheid in Christus te vieren. Wil je ons helpen om de bevrijdende boodschap van Gods liefde te verkondigen. https://www.vrijzijn.nl/vriendenkring
In deze bijdrage staat het thema van het kruis als bron van leven uit een tekst van Petrus Faber bijzonder centraal. Een thema dat uiteraard tegenstrijdig lijkt, en toch een heel belangrijk thema is om te begrijpen als mens, maar in het bijzonder voor ons als christen. Naast het thema van het kruis, namelijk als bron van leven, zullen er eveneens aspecten van de zonde in deze uitzending aan bod komen. De zonde die God ons in zijn grote barmhartigheid vergeeft, als we ten minste nederig genoeg zijn om deze barmhartigheid van Hem te ontvangen. Laten we niet vergeten dat Jezus gekomen is om zondaars te redden
Send us a textEksodus 12:12-13 “Daardie selfde nag sal Ek deur Egipte gaan om al die eerstelinge van die Egiptenaars, mens en dier, te tref. Met al die Egiptiese gode sal Ek afreken. Ek is die Here! Die bloed aan die huise waarin julle is, sal 'n teken wees: waar Ek die bloed sien, sal Ek die huis oorslaan, en die vernietigende slag waarmee Ek Egipte gaan tref, sal julle nie tref nie. Deur al die jare het die geskiedenis baie onverwagte kinkels en draaie geneem. Ons gaan vandag gesels oor een van daardie eienaardighede - as ek dit so kan noem. Ons weet seker nie almal dat dit vandag Chinese Oujaarsdag is nie. Maar weet jy, wat baie interessant is, is dat een van die Chinese tradisies 'n merkwaardige ooreenkoms met die Joodse Pasga het. Vreemd maar waar...Toe God die nasie Israel uit die kloue van Farao gered het, het Hy vir sy volk gesê...Eksodus 12:12-13 “Daardie selfde nag sal Ek deur Egipte gaan om al die eerstelinge van die Egiptenaars, mens en dier, te tref. Met al die Egiptiese gode sal Ek afreken. Ek is die Here! Die bloed aan die huise waarin julle is, sal 'n teken wees: waar Ek die bloed sien, sal Ek die huis oorslaan, en die vernietigende slag waarmee Ek Egipte gaan tref, sal julle nie tref nie.Watter betekenis het die bloed? Wel, die Israeliete is beveel om 'n lam te slag en sy bloed aan die sykante en bokante van hul deurkosyne te smeer sodat die doodsengel hulle sou verbygaan … vandaar die naam – Pasga wat figuurlik beteken: oorslaan of weglaat. Die Israeliete moes ook tydens die viering van die Pasga hul huise reinig van alle suurdeeg en slegs ongesuurde brood eet.En vanaand, voordat Chinese gesinne bymekaarkom om Oujaarsaand te vier, word hul huise deeglik skoongemaak om volgens hulle geloof slegte geluk weg te vee en plek vir goeie geluk te maak. Elke huishouding moet ook hul vensters en deure met rooi papier, waarop gedigte met gewilde temas soos geluk, rykdom en 'n lang lewe, geskryf is, versier. Dink net daaraan – hoe mense ook al Nuwe Jaar vier, rooi simboliseer die bloed van Jesus – die bloed van die Lam van God – om die sondes van die wêreld weg te neem toe Hy vir jou en my aan die Kruis gesterf het.En wanneer ons Jesus as ons Verlosser aanneem … sal God in werklikheid Jesus se bloed sien, sodat sy straf by ons verby sal gaan. Die kosbare bloed van Jesus, is deur die verbond beseël tot vergewing van ons sondes. (Matt 26:28)Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Frank de Roo leest uit deel 3 het hoofdstuk 8 uit De Imitatie van Christus van Thomas Kempis. Onderwerp: Dankzegging, Kruis van Christus Een uitgave van KokBoekencentrum Utrecht (www.kokboekencentrum.nl/boek/de-imita…van-christus/)
Send us a textJohannes 1:14 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid. Hier is ons. Dit is Kersdag. Laat ek dus ons tyd saam afskop deur vir jou en almal vir wie jy lief is, 'n waarlik geseënde Kersfees toe te wens – want wat ook al jou situasie is, wat ook al jou omstandighede is, vandag is 'n ongelooflike spesiale dag ... vir jou.Nouja, ek weet jy hét al 'n hele paar keer voorheen Kersfees gevier. Miskien word dit selfs 'n bietjie … eentonig. Maar al is Kersfees 'n jaarlikse fees, wat elke jaar op dieselfde datum op die kalender gevier word, is dit soveel meer.Laat ek jou vra, as God jou aandag wou trek, as Hy met jou wou praat, en as Hy wou hê jy moet weet presies hoe lief Hy jou het, hoe kan Hy dit die beste doen? Hoe sou dit lyk? Wel, dit sal nogal baie soos ‘n Kersfees lyk.Johannes 1:14 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.Waarom verwys Johannes na Jesus as “die Woord”? Want Jesus, die Seun van God, is God wat met ons praat in 'n taal wat ons kan verstaan. Jesus is God wat op 'n diep persoonlike en intieme manier na ons uitreik – na jou en na my – en sê: “Dit is wie Ek is. Dit is hoe lief Ek jou het. Ek het na die aarde gekom sodat jy My kan ken. Sodat jy deur te glo in wat Ek deur my dood aan die Kruis gedoen het, vergewe kan word. Sodat jy deur my opstanding 'n nuwe lewe, 'n oorvloedige lewe, 'n ewige lewe kan hê”.Jesus is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textRomeine 5:9,10 Ons is nou vrygespreek deur Jesus se dood. Hoeveel te meer sal Hy ons nie, deur Jesus, verlos van die toekomstige oordeel nie! Want as God ons, terwyl ons nog sy vyande was, deur die dood van sy Seun tot sy vriende gemaak het, hoeveel te meer sal Hy ons nie noudat ons sy vriende is, deur Hom, die lewende Jesus, van die oordeel red nie! (NLV) Kersfees is 'n tyd wanneer ons saam met familie en vriende, met klatergoud en kalkoen, met klokkies en snuisterye feesvier. Maar daar is een Vriend wat ons al te dikwels vergeet om na die tafel te nooi.Is jy al ooit deur 'n vriend verraai? Dit is 'n verskriklike ding. Ek kan jou sê, die diepste litteken wat ek dra, is van die verraad van 'n vriend. Dit het baie, baie jare geneem vir die wond om te genees … en vandag nog is daardie litteken deel van wie ek is.In werklikheid het ons almal vir God verraai - in ons gedagtes, woorde en dade. So, om daardie verhouding te herstel, het Hy self in ons wêreld ingestap, om ons letsels op Hom te dra. Soos ons gister gesien het...Romeine 5:9 Ons is nou vrygespreek deur Jesus se dood. Hoeveel te meer sal Hy ons nie, deur Jesus, verlos van die toekomstige oordeel nie!Soos die profeet Jesaja baie vroeër geskryf het, is ons deur sy wonde genees. Maar hoekom? Wat was God se uiteindelike doel?Romeine 5:10 Want as God ons, terwyl ons nog sy vyande was, deur die dood van sy Seun tot sy vriende gemaak het, hoeveel te meer sal Hy ons nie noudat ons sy vriende is, deur Hom, die lewende Jesus, van die oordeel red nie! (NLV)God se doel was, en is steeds, om ons met Homself te versoen; om ons nader te bring; om die gaping te oorbrug deur ons sonde te vernietig deur Christus se offer aan die Kruis ... sodat ons sy vriende kan wees.Terwyl ons God se vyande was, het hy met ons vriende gemaak deur sy Seun se dood. Moet asseblief nie vergeet om hierdie Vriend na jou tafel te nooi nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textRomeine 5:9 Ons is nou vrygespreek deur Jesus se dood. Hoeveel te meer sal Hy ons nie, deur Jesus, verlos van die toekomstige oordeel nie! (NLV) Daar is iets wat my vir baie jare lank gepla het. En miskien pla dit jou ook terwyl ons aan Kersfees dink. Waarom het God Jesus na ons wêreld gestuur, om 'n mens te word, om uiteindelik aan 'n Kruis te sterf, om vir ons sondes te betaal, sodat ons vergewe kan word? Hoekom het Hy ons nie net vergewe en daarmee klaargekry nie? Dit sou tog baie makliker gewees het, nè?En weet jy wat? Vir die eerste paar jaar nadat ek Jesus as my Verlosser aangeneem het, nadat ek een van die sogenaamde “Christene” geword het, het ek steeds nie 'n antwoord op daardie vraag gehad nie. Ek kon nie verstaan waarom God ons nie net kon vergewe het nie. Dit was tog nie nodig om Jesus na die kruis te stuur nie! En hoekom verwag Hy dat ons in Hom moet glo om van ons sonde gered te word?Maar my vriend, weet jy, sonder 'n antwoord op daardie vraag, maak hierdie hele Kersfees-ding eenvoudig nie sin nie. Ek moes – ons moet – die logika wat agter hierdie grootste van alle liefdestransaksies lê, verstaan – Jesus se kruisiging om vir ons sondes te betaal.Romeine 5:9: Ons is nou vrygespreek deur Jesus se dood. Hoeveel te meer sal Hy ons nie, deur Jesus, verlos van die toekomstige oordeel nie! (NLV)En wat van God se toorn? Ons weet mos dat sonde nie ongestraf kan bly nie. En dit word tog beklemtoon deur die regstelsel – ‘n stelsel wat deur mans en vroue, wat na die beeld van God gemaak is, ontwerp is.Dis reg! 'n Daad van onreg vereis straf. Dis maar hoe dit werk. En al ons dade van rebellie teen God verdien tog waarlik sy woede, sy toorn en sy geregtigheid.Maar uit sy groot liefde het Hy ons skuld op sy Seun geplaas, wat betaal het deur sy bloedoffer aan die kruis. Sodat ons ... deur Christus, van God se toorn gered sal word.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Wat betekent het kruis van Jezus? Gebeurde op Golgota iets dat ik nodig heb? En waarvoor en wanneer dan? Het klassieke protestantse antwoord op die vraag kun je samenvatten als verzoening door voldoening. Arnold Huijgen en Stefan Paas vernieuwen – of verbreden - in hun spreken over resp. de hel en het heil hun antwoord hierop. In deze aflevering gaan de twee publieke theologen samen in gesprek: theologie op het scherpst van de snede. Arnold Huijgen is hoogleraar Dogmatiek aan de Protestantse Theologische Universiteit, Stefan Paas hoogleraar Missiologie aan de VU en de Theologische Universiteit Utrecht. Luister ook: > #35 - Hoe blijft de hel relevant? Met Arnold Huijgen en Guido Derksen > #55 - Lijden omwille van Christus. Met Willem van der Deijl en Myriam Klinker-De Klerck
Send us a textRomeine 5:1 God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. Baie mense verstaan nie dat hulle baie emosionele energie mors deur van hul verlede te probeer vlug. Ek het dit self vir baie jare probeer doen. Wat van jou?Dit is uitmergelend om jou verlede; ja, om die dinge wat jy gedoen het en die verkeerde dinge, wat aan jou gedoen is, te probeer ontvlug. Dit is absurd. Jy wil nou ‘n gelukkige lewe lei, maar op een of ander manier beroof die skuldgevoelens oor verkeerde dinge uit jou verlede jou van jou vrede.Ek kan jou baie mooi vertel hoe dit voel, want ek het self probeer om my verlede te ontvlug. En uiteindelik het ek besef dat ek ook van God probeer vlug het. Iewers, ver agter in my geheue, diep in my hart, het ek geweet dat daar 'n God is wat my liefhet, maar ek was so verskriklik skaam oor wat ek gedoen het en wie ek geword het, dat ek nie na Hom wou gaan nie. Wat van jou?Maar eendag het ek vir die eerste keer verstaan wat die Goeie Nuus van Jesus beteken. En daardie Goeie Nuus is dat …Romeine 5:1 God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus.Met ander woorde, wanneer ons in Jesus glo, en glo dat Hy aan die Kruis gesterf het om vir ons sonde te betaal; staan ons in ‘n splinternuwe verhouding met God. Ons het vrede. Ons leef nou dag na dag uit sy goedheid. Dis die einde van konflik. En hierdie wonderlike vrede van vryspraak is alles aan Jesus Christus te danke.Dis nie net goeie nuus nie, dis opspraakwekkende nuus – vir my en vir jou. Ons verhouding met God is deur ons geloof in Jesus herstel, en dit gee ons vrede met Hom. Uiteindelik...Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textMatteus 3:8 Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is. Het jy al ooit probeer om 'n slegte gewoonte af te leer? Dis nie so maklik nie. Of dit nou rook is, of om die verkeerde kos te eet, om 'n nare persoon te wees, of om te skinder - wat dit ook al is – ja, my pêl, ons sukkel vir so ‘n rukkie en dan gooi ons tou op!Om onsself te verander en om ons lewens op 'n nuwe koers te kry; dié een wat ons regtig wil hê; dié een wat ons weet reg is; is soveel moeiliker as wat ‘n mens ooit verwag het dit sal wees! Kyk wat het Johannes die Doper destyds vir sy volk gesê om hulle voor te berei vir die koms van Jesus, hulle Messias: Matteus 3:8 Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is. 'n Ander vertaling sou so klink: Bewys eerder deur julle voorbeeldige lewe dat julle werklik tot inkeer gekom het.Bekering beteken 'n verandering van hart. En 'n hartsverandering, vanuit God se perspektief, is veronderstel om te lei tot ‘n lewe wat nuwe vrugte dra; goeie vrugte - wat gesien kan word in die wyse waarop ons leef. ‘n Lewe wat bewys is van ‘n hartsverandering.Soos A.W. Tozer dit gestel het: as ons nie deur God se genade verander is nie, dan is ons nie deur God se genade gered nie.Ek wens ek kon vir jou sê dat ék my lewe verander het, dat ék al my demone oorwin het en dat ék deur my goeie werke 'n beter mens geword het. Maar dit sal 'n leuen wees. Die krag om te verander, het eers gekom toe ek my hart vir Jesus oopgemaak het. Die krag het gekom toe ek geglo het dat Jesus aan die Kruis gesterf het en vir die straf, wat my sonde verdien, betaal het.Maar verandering is noodsaaklik. Laat God jou hart verander! Vra Hom. En wys deur die manier waarop jy leef dat jy verander het.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textEfesiërs 4:32 Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het. Ek wil jou vandag graag vandag iets van myself vertel. Ek was glad nie 'n baie aangename mens nie. In my jonger jare was ek so gefokus daarop om te wen en om sukses te behaal, dat ek op ‘n ieder en ‘n elk sou trap om daar uit te kom. Maar toe verander iets. Die vraag is: Wat? Wat was die radikale verandering wat vandag nog in my lewe aan die gang is?Ek het destyds die Christene baie sleg en wreed behandel, baie slegter as ander mense in my lewe. Christene het my oneindig geïrriteer. Ja, vandag kan ek baie mooi verstaan dat dit hulle goedheid was wat my aanstoot gegee het. Dis omdat hulle gedrag my skuldig laat voel het en mý slegte gedrag onderstreep het. In die1990's, het my hele wêreld om my in duie gestort (die besonderhede is nie hier belangrik nie, maar glo my, dit was vernietigend). Maar toe was dit daardie einste "Christene" wat hul harte en hul huise vir my oopgemaak het. Sonder 'n enkele woord van veroordeling, sonder selfs 'n skewe blik of 'n oomblik se aarseling, was hulle dáár vir my.Efesiërs 4:32 Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het.Dit klink maklik om te vergewe, maar wat gebeur as iemand, soos die verskriklike ou, wat ek destyds was, in jou lewe instap? Die skrywer en teoloog C.S. Lewis het gesê: almal dink dat vergifnis 'n wonderlike idee is, totdat hulle self iemand moet vergewe.Die onbeperkte en onvoorwaardelike vergifnis van daardie Christene het my geleer van die liefde en vergifnis van God wat vir my deur die offer van Jesus aan die Kruis, beskikbaar is. Kan ek jou asseblief vra… wees vriendelik en liefdevol teenoor mekaar. Vergewe mekaar net soos God julle deur Christus vergewe het.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
06 Oktober 2024 - Wouter Van Der Merwe - Altare - Hoe Staan Ek Voor Die Kruis Altaar? by LWC
Send us a textJohannes 19:25 -27 Naby die kruis van Jesus het sy ma, sy ma se suster en Maria, die vrou van Klopas, en Maria Magdalena gestaan. Toe Jesus sy ma sien, en die lieflingdissipel wat by sy ma staan, sê Hy vir haar: “Vrou, dáár is u seun.” Daarna sê Hy vir die dissipel: “Kyk, dáár is jou ma.” Van daardie uur af het die dissipel Jesus se ma by hom aan huis geneem. (NLV) Het jy al ooit opgelet hoe jy, wanneer alles goedgaan, baie vriende om jou het? Maar dat hulle, wanneer dinge skielik 'n skewe wending neem, verdwyn soos mis voor die son!Ek reken dat dit ons nie moet verbaas nie. Dit is per slot van sake net natuurlik dat mense begin onttrek na hulle gemaksones en eie veiligheid, wanneer dinge druk op hulle plaas. Baie min van jou sogenaamde vriende is bereid om die moeilike kwessies saam met jou te trotseer.Sê my: watter soort mens is jy? Een wat jou vriende deur voorspoed en teëspoed ondersteun, of is jy ‘n mooiweersvriend; een wat in die niet verdwyn wanneer daar probleme is?Toe Jesus op aarde was en wonderwerke gedoen het, het duisende mense na Hom toe gestroom. Die besighede in stede het hul deure gesluit sodat mense na die een of ander bymekaarkomplek kon gaan om Hom te hoor praat.Jesus het net twaalf manne uitgekies om sy binnekring te vorm. En die nag toe Hy verraai is, het net drie van hulle saam met Hom dieper in die tuin van Getsemane ingegaan om te bid. En op die dag wat Hy gekruisig is, was die meeste van hulle bra skaars:Johannes 19:25,26 Naby die kruis van Jesus het sy ma, sy ma se suster en Maria, die vrou van Klopas, en Maria Magdalena gestaan. Toe Jesus sy ma sien, en die lieflingdissipel wat by sy ma staan, sê Hy vir haar: “Vrou, dáár is u seun.” Daarna sê Hy vir die dissipel: “Kyk, dáár is jou ma.” Van daardie uur af het die dissipel Jesus se ma by hom aan huis geneem. (NLV) Ja, my vriend, by die kruis was daar vier vroue (een daarvan sy moeder) en net een dissipel. Waar was die res, die duisende volgelinge? … Of dan ten minste die ander elf?Hoe nader jy aan die Kruis kom, hoe kleiner word die skare. So, waar staan jy? Ver of naby?Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
#humandesign #incarnatiekruis #humandesignincarnatiekruis #humandesignnederland Wat is het incarnatie kruis in je Human Design? Wat betekent het? Wat houdt het in? En hoe embody je jouw incarnatie kruis? In deze podcast leg ik aan je uit wat het incarnatie kruis is, en hoe belangrijk de betekenis hiervan is in je leven en in je werk. Meer over Human Design: www.saskiavanderkrift.nl
Send us a textMarkus 1:14,15 Later, nadat Johannes gearresteer is, het Jesus na Galilea toe gegaan om God se Goeie Nuus aan te kondig. Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek. God se koningsheerskappy gaan nou enige oomblik begin! Kom tot inkeer en glo die Goeie Nuus!”(NLV) Om 'n nuwe projek aan te pak, is altyd ‘n groot uitdaging. Jy gee daardie eerste tree nogal versigtig. Jy wil hê dit moet goed begin. Jy wil nie mense op die eerste dag ontstel nie.Toe ek destyds, tydens my werk as rekenaarkonsultant met 'n nuwe kliënt begin werk het, was daardie eerste paar dae altyd vir my moeilik. Waarmee het ek te doen? Wie is die ouens met invloed op wie se tone ek nie wil trap nie?Maar kom ons dink aan Jesus, die Seun van God, se grootword dae. Hy was aanvanklik redelik afgesonder in 'n lekker, veilige, klein skrynwerkerswinkeltjie in Nasaret, waar hy seker stoele, deure en kiste gemaak het. Maar toe, op ‘n dag was die tyd ryp vir Hom om met die werk waarvoor sy Vader Hom hierheen gestuur het, te begin.So hoe het Jesus daardie oorgang van die oue na die nuwe hanteer; van die bekende, tot hierdie nuwe fase wat tot die Kruis sou lei?Markus 1:14,15 Later, nadat Johannes gearresteer is, het Jesus na Galilea toe gegaan om God se Goeie Nuus aan te kondig. Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek. God se koningsheerskappy gaan nou enige oomblik begin! Kom tot inkeer en glo die Goeie Nuus!” (NLV)Johannes die Doper is pas in die tronk gegooi – en sou binnekort tereggestel word. Jy sou nou dink dat Jesus versigtig sou wees om aandag om Hom te vestig; maar nee. In plaas daarvan praat Hy met mense oor hulle sonde; Hy daag hul oorgeërfde gedrag uit; Hy sê hulle moet wegdraai van die bose en terugkeer na God toe.Hy het hulle sonde en ons s'n so ernstig opgeneem dat Hy bereid was om sy lewe vir ons almal neer te lê.“Die tyd het aangebreek. God se koningsheerskappy gaan nou enige oomblik begin! Kom tot inkeer en glo die Goeie Nuus!”(NLV)Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Dagelijkse overdenking bij het She Rises Bijbelleesplan Het thema van de maand September is: Op Zijn weg blijven. We lezen uit de Bijbel: Marcus 8: 34
Send us a text1 Tessalonisense 4:3-6 Dit is die wil van God dat julle heilig moet lewe. Weerhou julle van onsedelikheid. Elkeen van julle moet weet dat hy met sy vrou heilig en eerbaar moet saamlewe; julle moenie deur hartstog en begeerte gedrywe word soos die heidene wat vir God nie ken nie. Ook mag niemand hom in hierdie verband te buite gaan en sy broer bedrieg nie, want die Here straf al sulke dinge. So het ons julle trouens al vroeër gewaarsku; ons het julle nadruklik hierop gewys. Dis soms moeilik om jou sake in orde te kry. En nou praat ons van enige sake in jou lewe wat jy moet regruk. Om ‘n nuwe blaadjie om te slaan was nog nooit kinderspeletjies nie... Dit lyk asof te veel dinge jou in ‘n wurggreep wil vasklou en jou wil aftrek. Klink dit bekend? Of gebeur dit net met my?Daardie skoonmaak-proses is die "heiligmaking" waarna teoloë verwys. En uit sy groot liefde, is dit presies wat God wil hê ons moet doen:1 Tessalonisense 4:3-6 Dit is die wil van God dat julle heilig moet lewe. Weerhou julle van onsedelikheid. Elkeen van julle moet weet dat hy met sy vrou heilig en eerbaar moet saamlewe; julle moenie deur hartstog en begeerte gedrywe word soos die heidene wat vir God nie ken nie. Ook mag niemand hom in hierdie verband te buite gaan en sy broer bedrieg nie, want die Here straf al sulke dinge. So het ons julle trouens al vroeër gewaarsku; ons het julle nadruklik hierop gewys.Dit is 'n ernstige waarskuwing! Dit waarsku ons baie duidelik teen die situasies waar ons ons eie sonde met 'n kopknik en 'n knipoog onder die mat wil invee.Maar moenie dink dis ‘n nietigheid nie – God neem ons sonde so ernstig op, dat Hy Jesus gestuur het om aan 'n Kruis te sterf om die prys wat sy geregtigheid vereis, te betaal. Glo in Hom en vra Hom om jou sondes volkome te vergewe.Dis reg, maar nou roep God jou na 'n nuwe lewe. Hy wil jou vrymaak van die gevolge van jou sonde deur jou sonde op te ruim. En dit is nie iets wat jy op jou eie gaan doen nie, want Hy stuur sy Gees – die Heilige Gees – om in jou te woon, om jou te bemagtig en om jou heilig te maak.So, wanneer jy in die versoeking kom om jou sonde ligtelik op te neem, onthou: Dit is die wil van God dat julle heilig moet lewe.En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textHandelinge 2:38 Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. Hier is ‘n vraag vir jou: As God deur Jesus se offer aan die Kruis, ons sonde vergewe het, moet ons dan die manier waarop ons leef, verander? Moet ons wegdraai van ons sonde wat ons in die eerste plek van God vervreem het? Is sy offer dan nie genoeg nie?Nouja, dis 'n vraag wat selfs baie mense wat in Jesus glo, opsetlik vermy. Indien God se vergifnis, wat tog per slot van rekening suiwer gebaseer is op wat Jesus vir ons gedoen het, en nie op ons eie goeie dade nie (en dit is presies wat ek glo), dan kan ons mos maar ewe vrolik aanhou leef soos ons nog altyd geleef het? Is dit die korrekte gevolgtrekking? Hier's nog ‘n vraag: Moet 'n man ophou om by ander vroue te kuier, om getroud te wees? In teorie is sy huweliksertifikaat tog die bewys dat hy getroud is. Maar dit is tog absurd. Sy vrou het die volste reg om van hom te verwag om aan haar getrou te wees.En dis hoe dit met God werk. Dit gaan nie net oor een of ander mooi klein sondaarsgebedjie wat ons ‘n honderd jaar gelede opgesê het nie, maar die wyse waarop ons ons lewens leef. Handelinge 2:38 Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.Wat is die heel eerste ding wat die Apostel Petrus vir daardie skare aansê om te doen: vir daardie einste mense, wat net weke gelede geskree het: "Kruisig Hom!"Bekeer jou – draai weg van jou sonde. Dit is die bewys dat jy in Jesus glo, nie net met jou kop nie, maar met alles wat jy is. Dit is die bewys van jou getrouheid aan Hom.“Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergeweDit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
De traditie van de 16e-eeuwse wederdopers, of Anabaptisten, is gelijktijdig een traditie van pacifisme en van een kritische afstand tot de machten. Tegenover de democratie heeft zij die kritische afstand steeds meer opgegeven. In de huidige tijd zijn de Nederlandse nazaten van de radicale reformers van toen, de doopsgezinden, ook in politieke zin volledig geassimileerd. De vrijzinnige theologie deed de rest, doopsgezinden leven in volle instemming met de neoliberale samenleving.Zie ook: https://veenpreken.wordpress.com/2024/07/08/zwaard-en-kruis-de-doperse-kritiek-op-de-staat/Become a supporter of this podcast: https://www.spreaker.com/podcast/koinonia-bijbelstudie-live--595091/support.
Jezus is overwinnaar. Wat overwon hij dan? Dood en kwaad. En dat deed hij door aan een kruis te sterven, als een loser. Snap jij het nog? Dit is de vierde aflevering van een vierdelige miniserie binnen de podcastserie Dit is de Bijbel over de betekenis van het kruis van Jezus. Dat kruis. Tot in de verste uithoeken van de wereld staat het op gebouwen en dragen mensen het om hun nek. Meer dan 2 miljard mensen geloven dat er iets groots gebeurde daar aan dat kruis, een niet te bevatten geheim, ja hun redding. Tijd om er meer over te leren. Want wat is dat, redding? En waarom moest redding op déze manier gebeuren? Arnold Huijgen is hoogleraar dogmatiek aan de Protestants Theologische Universiteit.
We willen allemaal vrij zijn. Maar vrijheid is niet gemakkelijk. We worden zo gemakkelijk onvrij door dingen buiten onszelf én binnenin onszelf. In de Bijbel leren we dat Jezus mensen vrijgekocht heeft. Vrijgekocht waarvan? En waarom dan? Dit is de derde aflevering van een vierdelige miniserie binnen de podcastserie Dit is de Bijbel over de betekenis van het kruis van Jezus. Dat kruis. Tot in de verste uithoeken van de wereld staat het op gebouwen en dragen mensen het om hun nek. Meer dan 2 miljard mensen geloven dat er iets groots gebeurde daar aan dat kruis, een niet te bevatten geheim, ja hun redding. Tijd om er meer over te leren. Want wat is dat, redding? En waarom moest redding op déze manier gebeuren? Arnold Huijgen is hoogleraar dogmatiek aan de Protestantse Theologische Universiteit.
Verzoening van mensen met God, daar gaat het in deze aflevering over. Maar waarom moeten we verzoend worden met God? Waarom via een man die sterft aan het kruis en die opstaat uit de dood? Deze aflevering gaat over de harde, maar o zo belangrijke realiteit van verzoening. Dit is de tweede aflevering van een vierdelige miniserie binnen de podcastserie Dit is de Bijbel over de betekenis van het kruis van Jezus. Dat kruis. Tot in de verste uithoeken van de wereld staat het op gebouwen en dragen mensen het om hun nek. Meer dan 2 miljard mensen geloven dat er iets ongelooflijk groots, ja hun redding, daar aan dat kruis gebeurde. Tijd om er meer over te leren. Want wat is dat, redding? En waarom redt God zoals Hij dat doet? Arnold Huijgen is hoogleraar dogmatiek aan de Protestantse Theologische Universiteit.
Offers brengen. Het lijkt iets van oude tijden, maar niets is minder waar. Je zult ontdekken dat het aan de orde van de dag is. 2000 jaar geleden was er een man die zijn leven offerde voor mensen zoals jij en ik. Waarom dat zo moest gaan én wat dat betekent, daar wil ik je in deze aflevering meer over vertellen. Dit is de eerste aflevering van een vierdelige miniserie over de betekenis van het kruis van Jezus. Dat kruis. Tot in de verste uithoeken van de wereld staat het op gebouwen en dragen mensen het om hun nek. Meer dan 2 miljard mensen geloven dat er iets groots gebeurde daar aan dat kruis, een niet te bevatten geheim, ja hun redding. Tijd om er meer over te leren. Want wat is dat, redding? En waarom moest redding op déze manier gebeuren? Arnold Huijgen is hoogleraar dogmatiek aan de Protestants Theologische Universiteit.
By Adam Turteltaub Clara Becerra Campos, Senior Compliance Analyst-Europe for TD SYNNEX, and Dr. Tobias Kruis, Head of Corporate Compliance, Giesecke+Devrient, will be addressing the new EU whistleblowing requirements at the 2024 SCCE European Compliance & Ethics Institute, which takes place in Amsterdam March 18-20. In this podcast, they delve into the challenges posed by the directive, which significantly expands the number of EU-based and non-EU-based companies that must comply. The directive not only provides protections for whistleblowers, they explain. It also establishes procedures and deadlines for handling reports. As significantly, it leaves the door open to variations among EU member states, which complicates the picture considerably. So what should you do? If your organization does not have a whistleblower line already in place they recommend you: Implement an internal reporting channel Be sure it's aligned with legal and data privacy Consider who will manage the system and conduct the investigations Ensure confidentiality Communicate with your workforce For those with a helpline already they recommend starting with a gap analysis to determine if your existing efforts are meeting the new requirements. Listen in to learn more, then join them in Amsterdam at the 2024 SCCE European Compliance & Ethics Institute.