Sport analise en ‘n hele lot bog daarby.
In die laaste aflewering van Slat die Sport gesels Stephen en Arnie met Springbok-legende Corne Krige oor sy rugbyloopbaan en die stand van die spel vandag. Daarna sluit atletiekkenner Sean Falconer aan om alles oor die Comrades-marathon te bespreek. Ruben loer in en deel van sy gunsteling Slat die Sport oomblikke. Dankie dat jy saam gesluister het! – hierdie was 'n laaste een vir die boeke!
Ons bring hulde aan Cornal Hendricks – 'n legende op én van die veld af. Marcell Coetzee en Dawie Spies deel persoonlike herinneringe en staaltjies oor die man agter die nommer 14-trui.
N spesiale episode van #SlatDieSport vir ons 2025 Biddag
Oscar Chalupsky deel 'n baie kragtige getuienis oor sy kankerdiagnose en hoe hy steeds sy passie vir sport uitleef. Arnold gesels met sports joernalis Micheal Vlismis oor die huidige stans van Suid Afrikaanse gholf.
Ons kyk na die week se gebeure insluitend die Olimpiese Kommittee se nuwe hoof, en ontluikende Afrika atlete. Telford Vice gesels met ons oor die stand van krieket in Suid Afrika en die onlangse teleustellende besluite van Krieket Suid-Afrika. Laastens loer ons in by die Cape Epic and bespreek hoe hierdie jaar se wedren verloop
Ons verken die ITP J60 tennistoernooi wat vanjaar in Pretoria plaasvind. Berry Ferreira kyk saam met ons na die nuwe F1-seisoen wat hierdie week begin. Stephen Cook deel insigte oor die SA20 Schools-toernooi, en Marlie Viljoen, deel van die 4 x 400m-aflosspan wat 'n nuwe SA-rekord opgestel het, vertel ons meer oor hierdie merkwaardige prestasie.
Charne Swart is slegs die sesde Suid-Afrikaanse vrou wat die 800m in minder as twee minute voltooi het. Haar afrigter, Ilze Wicksell, was die eerste vrou wat hierdie mylpaal bereik het – reeds in 1983! Beide kampioene kuier vandag saam met ons in die ateljee. Verder gesels ons met Jaco van der Westhuyzen oor sy sportiewe gesin, sy indrukwekkende rugbyloopbaan en sy diepgewortelde passie vir sy geloof.
Die Springbok slot en Vodacom Bulls staatmaker Ruan Nortje gesels met die Stephen en Jacques oor sy loopbaan en die groot stryd teen die Stormers. Die skole roei-kampioenskappe is om die draai en ons vind uit wat dit behels.
Ons gesels met John Downes, 'n atletiekskrywer en -afrigter, en hy lig sy mening oor al die wêreldrekords wat deesdae gebreek word. Taelyn Smith, 'n 17-jarige atleet met 'n blink toekoms, kuier by ons in die ateljee. En ons maak 'n draai by Robyn Searle, kaptein van die Titans-vrouekrieketspan.
Die beste Suid-Afrikaners in vanjaar se Midmar-myl kom kuier in die ateljee. Catherine van Zyl en Henré Louw gesels met ons oor hul sukses en deel ook so paar toekomsplanne. Dr. Jacques Faul van die Titans praat meer oor Titans en Bulls Legends krieketwedstryd wat volgende maand gaan plaasvind. Werner Prinsloo, afrigter van Akani Simbine, vertel meer oor Akani se jongste avontuur op die atletiekbaan.
Die 52ste Midmar-myl is om die draai. Wayne Ridden, die resiesdirekteur, vertel ons meer van hierdie roemryke geleentheid.
Ons gesels met die Proteas en MI Cape Town se Corbin Bosch. Mario Solomon, kaptein van die SA meesters, vertel meer die komende krieket wêreldbekertoernooi vir mans bo 50.
Ons bespreek MMA met die kampioenvegter Cameron Saaiman. Henk Lategan is terug nadat hy ‘n tweede plek in die Dakar veldtydren behaal het.
Ons loer in by Nikki Caromba, wenner van die "World's Toughest Mudder". kompetisie. Graham Gerstch kuier in die ateljee en vertel oor oor die Pretoria Marathon.
Slat die sport - ons het gepraat met Dave Ussendorf oor die nedbank golf challenge asook dunhill cup en ook met Chris Morris oor die proteas toetse en eendag wedstryde teen pakistan
Die veelsydige Eliz-Mari Marx van die Proteas kuier in die ateljee en die motorsport fundi Hendrik Verwoerd deel sy insigte voor die laaste naweek van die F1 wêreldkampioenskap.
Stephen en Jacques is in die ateljee en loer in by twee prominente sport skrywers, Fanie Heyns en Jan de Koning
Ons gesels met die oud-skeidregter Mark Lawrence.
Duitser Bosman, die sakeman en rugbybestuurder van formaat, deel sy perspektiewe oor die stand van Boland klubrugby. Gert van der Merwe, 'n gesoute speler-agent, vertel meer oor sy tyd saam met die Springbokke in Skotland en Kenneth Mabela van die Titans, gee ons 'n kykie na die inspirerende wêreld van blinde krieket.
In hierdie episode het ons die wêreld van sport verken saam met twee spesiale gaste, Simon Riekert en Gary Bailey. Simon, 'n rugbyskrywer en uitsaaier, het sy insigte oor die naweek se Bok-toets gedeel en hy maak so paar voorspellings wat spankeuses en tellings betref. Gary Bailey, voormalige top-doelwagter en sportkommentator, het 'n kykie gegee in die wêreld van sokker en het sy ervarings op en af van die veld gedeel.
Die “radical golfer” Heindrich de Preez kom maak ‘n draai in die ateljee en die ultra-marathon atleet Bennie Roux vertel ons van die Ultra Gobi 400km-marathon waaraan hy in Oktober geelgeneem het.
Ons gesels met die Suid-Afrikaanse netbalspeler, Karla Pretorius, sowel as die talentvolle kolwer van die Proteas en Titans, Donovan Ferreira. Verder sluit Rhyn Swanepoel, bestuurder van die suksesvolle Boxer Atletiekklub, by ons aan in die ateljee om oor Glenrose Xaba se nuwe rekordprestasie te gesels!
Stephen en Arnie ontvang die nuwe wêreldrekordhouers in die 400 x 100m aflos van Curro Hazeldean. Ons gesels ook met die Lions se ster kolwer, Mitchell van Buuren en ons hou jou op hoogte van die skitterende T20-Wêreldbeker halfeinstryd tussen Suid-Afrika en Australië
Arnie gesels met die bergfietsry-legende Greg Minnaar.
Stephen en Arnie praat met die rugbyskrywer Mike Greenaway en dan hoor ons meer van die Olimpiese roei medaljewenner Bridgette Hartley.
Jacques en Arnie gesels met Jacques Faul van die Titans oor die T20 Challenge, SA krieket, Rassie Erasmus en meer
Ons gesels met die medaljewenner, Louzanne Coetzee en Jean Verster reflekteer oor die Olimpiese spele.
Die Bulls spelers Nizaam Carr en Keagen Johannes kuier in die ateljee!
Die Affies Prestige Tennistoernooi is amper hier, Johann Thormahlen van Rapport deel sy mening oor die Bok-span en ons loer in by die ster-spiesgooier, Jo-Ané van Dyk.
Ons gesels Jukskei met Corlien Mentz en Simon Riekert kuier in die ateljee en gesels oor Saterdag se GROOT toets teen die All Blacks.
Ons gesels met Talita Weigand en Amy Bathgate van die SA Binnehuise Vroue Krieketspan en JL de Jager kuier in die ateljee.
Jacques en Arnold gesels met Edmund Du Plessis oor sy olimpiese spele semi-finaal
Ons praat met Claus Kempen & Louzanne Coetzee wat amper op pad na die Paralimpiese Spele is en dan Netwerk24 se sport joernalis Sarel vd Walt wat in Parys is.
Ons gesels met die legendariese afrigter en spanbestuurder van die Suid-Afrikaanse atletiekspan, Jean Verster.
Ons verwelkom vir drie jong rotsklimmers wat binnekort Suid-Afrika by die Jeug Wêreldkampioenskap gaan verteenwoordig. Derby-gees heers in Pretoria en ons gesels met Hoërskool Waterkloof en Afrikaanse Hoër Seunsskool voor die naweek se groot stryd.
Suid-Afrika se nuutste armdruk kampioen, George van Rij, kuier in die ateljee en ons maak n draai in Londen en gesels met John-Laffnie de Jager oor die jongste verwikkelinge by Wimbledon
Enrico Hepburn van Gauteng Dowe Rugby kuier in die ateljee en Arnie gesels met CJ Stander oor sy loopbaan en Saterdag se groot toets teen die Iere!
Ruben Delmage & Arnold Geerdts het met Wynand de Villiers oor die Cravenweek gesels en ook met Graeme Joffee oor sy nuwe boek. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
Ruben Delmage en Arnold Geerdts het 'n propvol program gehad en gesels met die volgende gaste: Marinus du Plessis oor die o13 Cravenweek, Michael Horak van die Sharks oor Grant Khomo week in PE en Shanil Mangaroo van die Bulle en Charl Crous van die Verenigde Rugby Kampioenschap. Luister gerus weer hier as jy die program gemis het.
Ons bespreek die 0/13 Cravenweek met Hector Swiegelaar en ons loer in by Bruce Fordyce.
Willem Alberts kuier saam met ons in die ateljee en ons loer in by Pretoria se nuutste Wereldrekordhouer , Joshua Gerber
Stephen en Arnie loer in by Jimmy Wright , biokinetikus van die Sharks, al die pad vanuit London.
Stephen en Jaques ontvang vir sensei Justin du Plooy en gesels karate. Ons loer ook in by Rhyno Smith van Benetton Rugby.
Neil Brand kom kuier in die ateljee en ons gaan loer in by Glasgow Warriors afrigter ,Franco Smith