Ander programme

Follow Ander programme
Share on
Copy link to clipboard

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.

GROOTfm 90.5


    • Apr 28, 2026 LATEST EPISODE
    • weekly NEW EPISODES
    • 12m AVG DURATION
    • 356 EPISODES


    More podcasts from GROOTfm 90.5

    Search for episodes from Ander programme with a specific topic:

    Latest episodes from Ander programme

    Zander Van Der Westhuizen gesels met Zakhe Mazibuko

    Play Episode Listen Later Apr 28, 2026 32:45


    Zander Van Der Westhuizen het vanaand op die Gospelprogram met Zakhe Mazibuko gesels oor die werk van PEN in die middestad van Pretoria. Zakhe Mazibuko het ook sy ongelooflike getuienis gedeel en vertel wat hy glo is die oplossing vir misdaad in Suid Afrika.

    #GROOTBiddag2026 - Nina en Jennifer

    Play Episode Listen Later Apr 24, 2026 42:51


    Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.

    #WeeksdaeVibesMetVenita - BIDDAG 2026 | Mauritrz Zietsman & Michelle Janse van Rensburg

    Play Episode Listen Later Apr 24, 2026 27:35


    Gedurende die GROOT Biddag 2026 gesels Mauritrz Zietsman & Michelle Janse van Rensburg met Venita en Elrica oor die temas - Jeug / leiers wat opstaan vir die waarheid en die toekoms van ons land.

    #WeeksdaeVibesMetVenita - BIDDAG 2026 | Reinhadt Smit

    Play Episode Listen Later Apr 24, 2026 24:10


    Gedurende die GROOT Biddag 2026 gesels Reinhadt Smit met Venita en Elrica oor die tema - Hoop

    #WeeksdaeVibesMetVenita - BIDDAG 2026 | Johan Kruger & JD Mostert

    Play Episode Listen Later Apr 24, 2026 31:18


    Gedurende die GROOT Biddag 2026 gesels Johan Kruger & JD Mostert met Venita en Elrica oor die temas - Skole/ Onderwysers - prosesse binne skole en Optimale opvoeding

    #GROOTBiddag2026 - Zander en Tanya kuier saam met Prof Chris de Wet en Marlene Steyn

    Play Episode Listen Later Apr 24, 2026 34:51


    Zander en Tanya kuier saam met Prof Chris de Wet en Marlene Steyn, en hulle gesels oor Heiligmaking. Is Hy net jou Verlosser? Of is Hy jou Here? Jesus het die gebrokene die geleentheid gegee om Heilig te wees, maar, Heiligmaking begin met leeg-making... As jy alleen en verlate voel, is jy eintlik op ‘n plek waar jy soveel deurbrake kan beleef. Dit is waar God die naaste aan jou is. Daar waar jy eintlik die verste voel. Dis die presiese plek waar Hy jou vorm. Wanneer jy bang is vir die woord, ‘Heilig', gebruik die woord, ‘behoort'.

    #GROOTBiddag2026 - Melissa Botma gesels met Zander en Tanya oor God se Karakter.

    Play Episode Listen Later Apr 24, 2026 36:44


    Hy is standvastig! ‘n Rots en Anker! Hy giet Sy liefde uit na ons toe in Jesus Christus! Die belangrikste ding van ‘n mens is wat in ons opkom as ons die woord, ‘God', hoor. Godsbeeld vorm alles! As kind van God, hou aan na Hom toe draai! Hy kan riviere in woestyne laat bars!

    #GROOTBiddag2026 - Heidemarie Kasselman en Jean-Louis du Toit oor Gebed vir ons land en leiers

    Play Episode Listen Later Apr 24, 2026 33:09


    Jennifer, Maynie en Charonike gesels met Heidemarie Kasselman en Jean-Louis oor hoe belangrik dit is om vir ons leiers en ons land te bid. Luister gerus weer!

    #GROOTBiddag2026 - Charonike en Maynie bid saam Lean Buys oor Roeping

    Play Episode Listen Later Apr 24, 2026 43:28


    Charonike en Maynie gesels met Lean Buys oor God se roeping oor en vir jou lewe. Ons gesels en bid oor die menslike vraag; “Hoekom is ek hier?” Ons bid oor hoe om God se plan vir jou lewe te herken, om jou gees weer nuut te maak, en hoe om Hom te verheerlik deur Sy roeping vir jou! Luister gerus weer!

    #GROOTBiddag2026 - Annelie bid saam Ds Tiaan van Niekerk oor die Wapenrusting van God

    Play Episode Listen Later Apr 23, 2026 45:03


    Die Wapenrusting van God, beskryf in Efesiërs 6:10-18, is geestelike toerusting wat gelowiges in staat stel om standvastig te bly. Dit behels die gordel van waarheid, borswapen van geregtigheid, skoene van die evangelie van vrede, skild van geloof, helm van verlossing, swaard van die Gees (Woord van God) en aanhoudende gebed. Luister gerus weer!

    Zander van ver Westhuizen gesels met Karen Zoid - 22 Februarie

    Play Episode Listen Later Feb 22, 2026 19:22


    Zander van ver Westhuizen gesels met Karen Zoid gesels oor haar produksie - Zoid Psalm. Sy vertel hoe dit ontstaan het, haar geestelike reis met die produksie en haar nuwe liefde vir kerk en kerkorrel.

    Zander van der Westhuizen gesels met Brent Dawes -1 Februarie

    Play Episode Listen Later Feb 1, 2026 15:32


    Zander van der Westhuizen het tydens die Gospel-program gesels met Brent Dawes - die mede-regisseur en skrywer van die nuwe animasie-film: David. Brent vertel tydens die onderhoud hoe die droom ontstaan het en 'n werklikheid geword het. Luister ook hoe die film deur honderde kunstenaars gebou is en hoe Phil Wickham en Lauren Daigle betrokke geraak het. Die film is van internasionale gehalte en is net hier in Kaapstad geskep!

    Zander van der Westhuizen - 9 November

    Play Episode Listen Later Nov 9, 2025 32:51


    Op Sondagaand se Gospelprogram het Zander van der Westhuizen met Dr Marinda van Niekerk en Mientjie & Wouter Prozesky oor die stryd vir Baba-reddingsbokse gesels. Marinda is van PEN en Mientjie & Wouter van Rock of Hope. Hulle organisasies doen wonderlike werk in Pretoria. Roelene Botes het ook haar getuienis kom deel. Sy is destyds in 'n stormwaterpyp gevind. Vandag, deur die Here se genade, leef sy haar roeping as onderwyser en kinderwerker uit.

    Jennifer Myburgh gesels met Cisca Adamson oor Die Media Impact Konferensie

    Play Episode Listen Later Jul 21, 2025 5:17


    Jennifer Myburgh het met die Kommunikasie bestuurder van TBN Africa, Cisca Adamson, gepraat oor die Die Media Impact Konferensie.

    Zander van der Westhuizen gesels met Leon van der Merwe - 01 Junie

    Play Episode Listen Later Jun 1, 2025 23:12


    Zander van der Westhuizen gesels oor die werk van die Gideons , Leon van der Merwe - Uitvoerende direkteur van Die Gideons Internasionaal in Suid-Afrika - hulle gesels oor die werk van die Gideons

    #Saterdagmiddag-saam met Divan 17 Mei

    Play Episode Listen Later May 17, 2025 20:23


    Cycling Buddies SA is n Pretoria gebaseerde organisasie wat siggestremde mense help om hul passie vir fietsry uit te leef. Die bestuurspan het in die ateljee by Divan kom kuier om te gesels oor die proses om n loods te word, en hulle ervaring van die GROOT trap te deel. (Cycling Buddies: https://www.facebook.com/profile.php?id=61576715810276)

    #Grootbiddag - Jennifer Myburgh en Maynie Kasselman - Gebed vir Pretoria Deel 3

    Play Episode Listen Later Apr 25, 2025 13:45


    Emile Raubenheimer van PopUp het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Jennifer en Maynie gesels oor gebed vir ons stad. Francois Botha sluit ook ons Biddag 2025 met worship en gebed. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.

    #Grootbiddag - Jennifer Myburgh en Maynie Kasselman - Gebed vir Pretoria Deel 2

    Play Episode Listen Later Apr 25, 2025 15:40


    Herman Steynberg van U-Turn het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Jennifer en Maynie gesels oor gebed vir ons stad. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.

    #Grootbiddag - Jennifer Myburgh en Maynie Kasselman - Gebed vir Pretoria

    Play Episode Listen Later Apr 25, 2025 10:18


    Susan van der Walt van PEN het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Jennifer en Maynie gesels oor gebed vir ons stad. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.

    #Grootbiddag - Jennifer Myburgh en Maynie Kasselman - Die vervolgde Kerk Deel 2

    Play Episode Listen Later Apr 25, 2025 18:38


    Hugo van Niekerk van Kingdom Global group, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Jennifer en Maynie gesels oor die vervolgde Kerk. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.

    #Grootbiddag - Jennifer Myburgh en Maynie Kasselman - Die vervolgde Kerk

    Play Episode Listen Later Apr 25, 2025 21:23


    Lynette Leibach, Direkteur van Open Doors SA, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Jennifer en Maynie gesels oor die vervolgde Kerk. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.

    #Grootbiddag - Charonike Nel - Dominee Vian Louw Gebed

    Play Episode Listen Later Apr 25, 2025 7:29


    Ds Vian Louw van die NG Gemeente Stilbaai, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag saam met Charonike gebid. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.

    #Grootbiddag - Charonike Nel - God se lewensdoel vir jou

    Play Episode Listen Later Apr 25, 2025 34:15


    Marinus Hayes van Every Nation, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Charonike gesels oor God se lewensdoel vir jou. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.

    god luister every nation grootfm lewensdoel
    #Grootbiddag - Charonike Nel - Pastoor Louie Giglio Gebed

    Play Episode Listen Later Apr 25, 2025 3:55


    Pastoor Louie Giglio van Passion, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag saam met Charonike gebid. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.

    #Grootbiddag - Charonike Nel - Rentmeesterskap

    Play Episode Listen Later Apr 25, 2025 29:03


    Pastoor Wouter van der Merwe van Lewende Woord Centurion, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Charonike gesels oor Rentmeesterskap. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.

    #Grootbiddag - Zander van der Westhuizen - Diensbaarheid, Roeping en Die Vrug van die Gees

    Play Episode Listen Later Apr 25, 2025 32:01


    Jacques Papenfus van Moeggesukkel en Dr. Roedolf Botha, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Zander gesels oor Diensbaarheid, Roeping en Die Vrug van die Gees. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.

    #Grootbiddag - Zander van der Westhuizen en Prof. Chris de Wet - Dissipelskap

    Play Episode Listen Later Apr 24, 2025 32:01


    Prof Chris de Wet, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Zander gesels oor Dissipelskap. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.

    #Grootbiddag - Nina Coetzer 24 April

    Play Episode Listen Later Apr 24, 2025 50:32


    Nina gesels en bid saam met Eunice van der Merwe oor God se Heiligheid en sy Heiligmaking in ons...

    #Grootbiddag - Nina Coetzer 24 April

    Play Episode Listen Later Apr 24, 2025 31:37


    Nina gesels en bid saam met Philip Pretorius van Every Nation oor 'n Sacrifice of Praise en hoekom 'n mens soms deur moeilike tye moet gaan

    #GROOTBiddag - Die hart agter GrootFM 90.5 se Biddag.

    Play Episode Listen Later Apr 24, 2025 27:35


    Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.

    Jennifer Myburgh gesels met Sidewalk Prophets

    Play Episode Listen Later Feb 23, 2025 18:44


    Jennifer Myburgh het met David Frey, hoofsanger van die groep, Sidewalk Prophets gesels oor hulle nuwe album en die belangrikheid van gospel musiek. Luister gerus weer!

    Zander van der Westhuizen gesels Met Hettie Brittz

    Play Episode Listen Later Dec 9, 2024 28:58


    Zander van der Westhuizen gesels tydens 16 dae van aktivisme teen geslagsgebasseerde geweld met Hettie Brittz al die pad uit Amerika. In 2010 het 'n groep mans Hettie en Louis in hul huis in Irene vasgebind en geroof terwyl hul kinders slaap. Hettie vertel die aangrypende verhaal van hoe die Here by haar was deur 'n verkragting. Louis was ontvoer en het gevrees vir sy lewe voordat hulle hom vrygelaat het. Vandag vertel Hettie van haar genesing van vrees en haar pad om vryheid en vergifnis te leef. Die Here het hierdie gebeure gebruik om ook deur Hettie se getuienis ander vroue op 'n pad van genesing te begelei. Elkeen se pad is anders, maar deur die Here se liefde en genade, is genesing moontlik.

    Gesprek met onderwysers - Sondagaand Gospel met Zander van der Westhuizen

    Play Episode Listen Later Nov 18, 2024 39:03


    Sondag 17 November 2024 19:00 - 18:00 Zander van der Westhuizen gesels in die ateljee met onderwysers oor hul werk en roeping tydens die Gospelprogram. Die onderwysers vertel van hul werksdag, uitdagings en wat hul grootste behoeftes is. Hulle gee advies vir ouers en daar word tydens die program vir onderwysers gebid. Ons onderwysers is vir ons belangrik en kosbaar!

    Jennifer Myburgh gesels met Carina Nel

    Play Episode Listen Later May 27, 2024 27:12


    Jennifer Myburgh het op die Gospel program met die Suid Afrikaans aktrise Carina Nel gesels. Syt gesels oor haar moeilike 2023 en die hoop wat Jesus bring.

    Sondae-aande gospel - Christia Uys - 26 Mei 2024

    Play Episode Listen Later May 26, 2024 35:33


    Die dag van 28 Januarie 2020 is vir ewig in Christia Uys en haar twee kinders "ingebrand". Hulle stap die moeilike pad na genesing sedert haar man onverklaarbaar selfmoord gepleeg het. Vandag is dit haar en twee vriendinne se passie om aan die ander eensames wat agterbly ná selfdood te sê: “Jy is nie alleen nie.” Christia en haar dogter Janica gesels tydens die onderhoud met Zander van der Westhuizen oor hul pad van genesing en hoe hulle nou anders gesinne help wat deur dieselfde trauma gaan. Kyk ook gerus die volledige getuienis op LIG se Youtube kanaal:

    Grootfm 90.5 Biddag - Eenheid

    Play Episode Listen Later Apr 30, 2024 39:37


    Annelie gesels met Leraar Christo Venter en Ds. Ivor Swartz oor Eenheid.

    Biddag - Chemiene en George Hauptflesh oor Hoop vir ons land en stad

    Play Episode Listen Later Apr 30, 2024 27:03


    Charonike Nel het met Chemiene en George Hauptflesh gesels oor hoop vir ons land en ons stad. Luister gerus weer

    Biddag - Ernie de Meyer

    Play Episode Listen Later Apr 30, 2024 7:18


    Charonike Nel het met Ernie de Meyer gesels en saam gebid vir ons stad. Luister gerus weer

    Biddag - Jennifer Myburgh oor Oorwinning

    Play Episode Listen Later Apr 30, 2024 25:01


    Charonike Nel het met Jennifer Myburgh gesels oor Oorwinning. Luister gerus weer

    Biddag - Sonet Stofberg en Venita Engelbrecht gesels met Lindi Strydom

    Play Episode Listen Later Apr 30, 2024 41:28


    Lindi Strydom, stigter van GROOTfm 90.5 se #HOOPstoot, gesels met Venita Engelbrecht en Sonet Stofberg oor HOOP! Sy het telefonies ingeskakel al die pad vanaf Somerset Wes, en inspireer ons met Sy Ewige waarheid waarin Sy en ons volhoubare hoop lê.

    Biddag - Sonet Stofberg en Venita Engelbrecht

    Play Episode Listen Later Apr 29, 2024 38:20


    Trauma-dokter, Dr Jaco van Niekerk en sy vrou, Esmaralda, en befaamde paramedikus, Xander Loubser, kuier saam met Venita Engelbrecht en Sonet Stofberg, en gesels as deel van die GROOTfm 90.5 GROOT Biddag oor gesondheidsorg.

    Biddag - Sonet Stofberg en Venita Engelbrecht gesels met Liesl Pretorius

    Play Episode Listen Later Apr 29, 2024 35:37


    Hoof van die regsafdeling van FOR SA – ‘n organisasie wat advocate is vir die vryheid van geloof in Suid-Afrika. Liesl deel haar kennis en wysheid vir aktiewe burgerskap.

    Biddag - Zander Van Der Westhuizen

    Play Episode Listen Later Apr 29, 2024 37:13


    Zander Van Der Westhuizen Gesels met Lizelle van Kyros en hulle gesels oor liefde

    #Biddag 2024 - Nina & Steven Dollenberg van 3Ci

    Play Episode Listen Later Apr 29, 2024 41:27


    Nina gesels met Steven Dollenberg van 3CI oor geloof. Beide Nina en Steven praat uit ‘n eerlike, rou, persoonlike plek en hoop die gesprek beteken netso baie vir jou, as vir hulle.

    3ci

    Claim Ander programme

    In order to claim this podcast we'll send an email to with a verification link. Simply click the link and you will be able to edit tags, request a refresh, and other features to take control of your podcast page!

    Claim Cancel