#JouMenseMyMense

Follow #JouMenseMyMense
Share on
Copy link to clipboard

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”! Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem. GROOTfm 90.5 se #JouMenseMyMense en sáám is ons beter, word met trots geborg deur SPAR.

GROOTfm 90.5

    • Nov 22, 2022 LATEST EPISODE
    • infrequent NEW EPISODES
    • 9m AVG DURATION
    • 371 EPISODES

    More podcasts from GROOTfm 90.5

    Search for episodes from #JouMenseMyMense with a specific topic:

    Latest episodes from #JouMenseMyMense

    #JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

    Play Episode Listen Later Nov 22, 2022 9:52

    Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met sirkulasie en amputasie gehad het, was sy dood ‘n groot en skielike verrassing. Wanda se hart is nog baie seer, en trek tans baie swaar met die dat sy ‘n klein inkomste verdien wat aan haar en veral haar seun se behoeftes moet voorsien. Wanda se man, Craig, het op ‘n dag siekgeword en gekla oor lyfseer. Hulle was dokter toe, waarna die dokter hulle na die hospitaal verwys het. Hulle het nie medies nie, en is na Steve Biko toe. Dinsdagoggend het hulle na die hospitaal vertrek, met hulle seun wat gehelp het om sy pa in die voertuig te laai. Toe hulle by ongevalle arriveer, moes Craig eers ‘n Covid-toets doen. Craig, wat reeds ‘n geamputeerde toon gehad het as gevolg van sy diabetes, het genoem dat hy nie sy bene kan voel nie. Uiteindelik is hy na ‘n lang proses van Covid-vrywaring in ‘n hospitaalkamer in. Hy is gelukkig toe op ‘n bed, maar nog steeds in isolasie as gevolg van ‘n vermoede dat hy aan breinvliesontsteking ly. Die dokters het toe agtergekom dat daar ‘n bloedklont in sy rug in geskiet het. Die dokter het vir Wanda later geskakel en ingelig dat hulle sy ‘gesonde' been gaan amputeer. Hy het na hierdie amputasie septisemia gekry, wat gevolg het op ‘n rooi uitslag op sy vel. Wanda noem dat, toe die septisemia behandel is, dit baie beter gegaan het. Sy sê na 53 dae het sy vir die eerste keer hoop gehad! Maar, dis ongelukkig nie hoe hierdie verhaal eindig nie…GROOTfm 90.5 het gaan kuier.

    #JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

    Play Episode Listen Later Nov 16, 2022 14:39

    Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil... baie. Saans as niemand my hoor nie, want ek ontstel hul net. Dis meestal van pyn. Na die trane wat my siel skoon was sit ek by Vader se voete, dis waar ek berusting kry. Daai trane genees ook baie ánder dieperliggende emosies waarvan mens nie weet nie. Soooo... Ek is nie altyd so braaf nie! But God.....” Lalie het verlede jaar in ‘n hek-paal vasgeloop, waarna sy na haar been gekyk het, en moes aanskou hoe haar been vir haar ‘gaap' as gevolg van ‘n groot sny wat sy opgedoen het as gevolg van ‘n geroeste paal wat uit die hek uitgesteek het. Haar vriende het haar in die huis ingedra, en sy haar geheue verloor. Vrydagoggend is sy na ‘n dokter toe vir steke, anti-biotika en ‘n klem-in-die-kaak inspuiting. Daardie aand het sy nie geslaap nie, en die volgende dag is sy terug na die dokter toe vir nog ‘n klem-in-die-kaak inspuiting. Met tuiskoms het sy aan die slaap geraak, en haar vriende het haar gelos, sodat sy slaap. Dis hier waar sy in ‘n koma beland het. Haar been het intussen pers geword en blase gevorm. Haar vriende het haar na die hospitaal toe gejaag waar hulle haar op ‘n ventilator gesit het. Dokters het vir haar suster gesê hulle moet haar groet. Lalie kan niks onthou nie. Die dokters het met haar suster meegedeel dat sy ‘n vleisetende bakterie opgetel het en dat hulle dadelik haar been moet amputeer. Lalie het in Januarie vanjaar begin spaar vir prostese. Sy sê sy is iemand wat nie kan stilsit nie, en sonder ‘n been, is die vooruitsig van beweging waaraan sy gewoond is, ondraaglik. Min wetend, dat die fondse wat sy so proaktief bymekaarmaak sou gebruik word vir nog ses amputasies… Na aanleiding van ‘n hulpkreet gerig deur ‘n baie goeie vriendin, Petra Nortje, het GROOTfm 90.5 gaan kuier…

    #JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

    Play Episode Listen Later Nov 9, 2022 9:12

    Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir sy eksamen leer…Ashleigh van Dyk het ‘n hulpkreet aan ons gerig nadat haar man, Etienne, nie net sy werk tydens Covid verloor het nie, maar sy eie besigheid moes prysgee nadat hy twee beroertes gely het. Ashleigh van Dyk, haar man Etienne, hulle seun Owen, skoonma en Ashleigh se ma is in nood gedompel. Ettiene, wat die broodwinner was, vat elke dag stap vir stap in sy pad na genesing na hy in September-maand vier beroertes gely het. Hulle mediese onkostes strek bo R90 000, maar hulle het ‘n dak bo hul koppe. Vyf mense is afhanklik van hierdie veilige vesting, en hulle huur is ook agterstallig. Ettiene het al baie vordering getoon, en loop nie meer met sy kierie nie. Dokters-verslae toon ook geen tekens van brein- of permanente skade nie, alhoewel hy weer van voor af moet leer loop en praat. Hulle ontdek ook vier bloedklonte. Ons is dankbaar vir Ashleigh se inkomste, wat skaars die maandelikse elektrisiteit en kruideniersware kan dek. Sy is moeg en moedeloos, maar verklaar die heeltyd dat “die Here in beheer is”. Hulle gesin is ‘n gelukkige gesin, en hulle besef die pad na genesing en herstel is nog lank. Hulle is dankbaar vir mekaar, vir elke mens wat deelvorm van hulle ondersteuningsnetwerk. GROOTfm 90.5 het gaan kuier…

    #JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

    Play Episode Listen Later Nov 1, 2022 11:09

    Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe' nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en dogter. Morelife het op die jong ouderdom van 22 ‘n groot besluit gemaak, ten koste van homself, en ter wille van sy vrou en kind, en homself besig gehou met los werkies, en elke sent wat hy verdien het, huis toe gestuur. Een aand, toe hy die geleentheid gehad het om nog geld te verdien, deur geld op die spel te sit tydens ‘n snooker-meedinging, het sy lewe drasties verander. Voordat ons ‘n oordeel vel oor die woord, taverne of ‘shebeen', kom ons dink aan hoeveel keer ek en jy ‘n bedrag op ‘n ‘ooreenkoms' gesit het. Morelife het die spel gewen, en voor hy sy wenprys kon neem, is hy met ‘n baksteen oor die kop geslaan, en met ‘n mes gesteek. GROOTfm 90.5 het binne-in die hartjie van die informele nedersetting, Plastic View, gaan kuier. Ons glo in ‘n Magtige God, wat wonderwerke kan verrig. Ons besef opnuut dat geweld, en swaarkry, en armoede nie ‘n ‘race' ding is nie, maar ‘n ‘human race' ding. Mag ons, wat EEN Vader het, EEN Hemelse en Waardige Koning, al Sy kinders eerbiedig, liefhê en dien – soos wat Hy doen. Mag ons opnuut bewus wees van die Grootheid van Sy liefde en genade, en besef dat ons verantwoordelikheid om ‘n verskil te maak, nie grense het nie. Morelife het ‘n nuwe vertrekpunt. Ons is dankbaar vir Operation Healing Hands se Dr Helene Basson, wat Morelife wil sien vir ‘n konsultasie. Vir SPAR wat ons die geleentheid gegee het om vir Ezekiël te kon Seën met ‘n geskenkbewys om vir Morelife te sorg met kos. Mag sy vooruitsig weer dit word. ‘n Vooruitsig van ‘n beter lewe vir hom, sy vrou en hulle pragtige kind. Ons vertrou en hoop en glo saam met jou, Morelife! En ons hou die goeie nuus dop! As iemand Morelife en sy familie kan ondersteun met kos, asb stuur ‘n epos na info@grootfm.co.za.

    #JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘The happiest place on earth'

    Play Episode Listen Later Oct 26, 2022 10:38

    TLC, ‘The Love of Christ', is ‘n kinderhuis wat 30-jaar terug deur ‘n familie gestig is, en het al vir 900 kinders families gevind. Hulle uitgangspunt is ‘we love, to let go', en probeer so gou as moontlik om ‘n baba by ‘n familie geplaas te kry. Een van hulle groot wense is om ‘n bord buitekant die hek op te sit wat lees: ‘The happiest place on earth'. En, dis presies wat ons ervaring was met ons kuier. Wat maak hulle anders? Daar is so baie elemente! Hulle neem nie net baba's in nie, maar soms ook hul moeders – vir wie hulle dan die fasiliteite gee om hulle eie kind te ‘foster', soos hulle daarna verwys. TLC se personeel verwys al van vroeg af, en erken die kinders se ‘tummy mummy' en verduidelik vir die kinders hoekom hulle nie permanent by hulle ‘tummy mummies' kan woon nie. TLC fokus daarop om kinders te laat behoort – ‘n baie basiese behoefte van enige mens. TLC het ‘n groot behoefte om ‘n verbintenis met die gemeenskap te ontsluit en te vestig in die kinders, wat volgens Besturende Direkteur, Pippa Jarvis, die grootste uitdaging van ons land is vandag. Pippa sê: “The need for belonging from an early age is fundamental to human development. And unless we fix that, if a child at 20 feels disconnected from the community, then they don't have empathy or compassion. Then they steel from another and hurt one another and behave in bad and anti-social ways because they haven't belonged to a society. They don't understand how it feels to be loved and be important and be invested in, and we need to fix that.” Nie net voorsien die personeel en span van TLC vir hierdie kinders ‘n tuiste, ‘n plek van veiligheid, liefde en ontferming nie, maar, wanneer die kinders aangeneem word, kry hulle ‘n foto-album. Hierdie foto-album bevat foto's van mylpale (“milestones”) van tot hulle eerste tree, tot hulle eerste tand. Die kinders wat die huis dan verlaat, neem die album saam, sodat wanneer hulle daar weggaan, hulle nie net ‘n vertrekpunt het na hul volgende hoofstuk nie, maar ‘n verlede wat alles omhels wat so eie is aan ‘n kind met ‘n ‘normale' opvoeding, begin en lewe. Pippa, Ellen, Tommy, die hele span, het ons harte so diep geraak. Dankie dat julle nie net waardige mense die wêreld instuur nie, maar getuienisse, stories, verhale van oorwinning. Dankie dat ons ‘the happiest place on earth' kon ervaar. Ons paaie sal weer kruis.

    #JouMenseMyMense saam met SPAR – Zavian Ainslie

    Play Episode Listen Later Oct 19, 2022 9:41

    Wat ‘n voorreg om julle voor te stel aan besonderse mense. Mamma Lisa, Pappa Kobus, Sussie Zaskia en Boetie Zavian! Daar is soveel vreugde en liefde in hierdie huis en tussen hierdie huisgesin, maar, hiermee saam is daar ook bekommernisse. Die groot bekommernis oor wanneer dit hulle seuntjie, Zavian, net meer as een-jaar oud, se laaste dag saam met hulle is. Alhoewel hierdie bekommernis nie gesag dra nie, is dit onvermydelik. GROOTfm 90.5 het gaan kuier… Zavian Ainslie is gebore op 16 Julie 2021 met ‘n hart-kwaal wat bekendstaan as Tricuspid Valve Atresia en PDA. Dit beteken dat die klep tussen die twee regterkantste hartkamers het nie ontwikkel nie. Hy het ‘n gat in sy hart, wat eintlik ironies genoeg sy lewe gered het. Genevieve Ellis, Mamma Lisa se Ma, het verlede jaar ‘n versoek aan ons gerig om te help met finansiering vir ‘n hartoperasie, wat ongeveer R 348,333.32 sou kos. Lisa en Pappa Kobus het ongelukkig eers na Zavian se geboorte by ‘n mediese fonds aangesluit, wat beteken het dat die fonds nie hierdie operasie goedgekeur het nie. Die oggend van die 16de Julie, wat veronderstel was om ‘n vreugde- en vredevolle ervaring moes wees, het in ‘n geweldige traumatiese oomblik ontaard. Nadat Zavian gebore is, was hy nie dadelik by sy mamma, Lisa nie. Lisa sê sy het gewonder wat aangaan, en toe Pappa Kobus by die kamer instap, het sy geweet iets is fout. Sy het vir Zavian eers die volgende dag in die Intensiewe Sorgeenheid gesien, vol pypies – ‘n prentjie wat nog vlak in Lisa se geheue lê. Lisa en Kobus besoek elke twee maande die hartspesialis om Zavian se vordering dop te hou. In April vanjaar het hulle weer ‘n besoek afgelê, en die nuus ontvang dat dokters niks meer vir Zavian kan doen nie. In die presiese woorde: “Zavian is not a candidate for further operations.” Hierdie weerlose, liefdevolle ouers het gehoor dat sy suurstof gaan minder word, en dat hulle elke oomlik met hom moet geniet. Dit kan weke tot maande wees, óf hy kan lewe tot op die ouderdom van 7-10 jaar. Zavian se suurstoftelling tydens die laaste ondersoek en besoek was 75% - dieselfde as twee maande terug. Mamma Lisa en Pappa Kobus is baie dankbaar vir die stabilisering van sy suurstofinhoud, en bid dat dit so sal bly. Sy ouers, saam met sy sussie, Zaskia, is onbeskryflik lief vir hom, en dankbaar vir hulle familie en ondersteuningsnetwerk wat vir hulle so baie beteken. Lisa en Kobus werk albei voldag, om al hulle onkostes ted ek. Hulle fokus op sy gesondheid, en verklaar daagliks dat hy veel ouers as 10 jaar gaan word. Hulle koester elke oomblik en geleentheid saam, en is gerig daarop om soveel moontlike herinneringe te kweek terwyl hulle saam is. Hulle grootste wens is om Zavian se voete in die seesand te sit en te sien! Ons weet hulle smag na geleenthede om herinneringe te kweek, en, het ons het vir Rynard en Therien, ons goeie vriende van ATKV Oorde, vertel van die gesin se behoefte. Hulle Seën graag vir Lisa, Kobus, Zaskia en Zavian met vier nagte se verblyf by ATKV Klein Kariba vir juis daardie herinneringe. Ons is dankbaar dat ons ook vir hulle, met behulp van SPAR, ‘n R1 500-geskenkbewys kon gee en ‘n R500 brandstof-geskenkbewys. Ons weet dat geen prognose of diagnose, geen aardse voorspelling of vooruitsig ons Vader se almag, Sy gesag, en Sy genesingskrag oorheers nie. Ons beaam en verklaar die volgende woorde van Leeland in hulle liedjie, ‘Waymaker', wat lees: “You are, Waymaker, miracle worker, promise keeper, light in the darkness! You are here, touching every heart, healing every heart, turning lives around, mending every heart.” En wat ‘n voorreg om as GROOT-familie en GEEmeenskap ook nou deel van jou ondersteuningsnetwerk te kan wees, wat saam glo, hoop, vertrou en verklaar!

    #JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘Nie wat jy soek nie, wat jy nodig het…'

    Play Episode Listen Later Oct 12, 2022 9:21

    Tannie Charmaine le Roux sien tans om na vyf bejaardes wat met kanker gediagnoseer is, wat op hulle sterfbed lê. Dis nie net wat sy doen nie, dis haar hart! Mens sal dink daar is nie meer plek in die huis of onder haar versorging nie. Maar, met Tannie Charmaine is daar is altyd plek vir nog iemand. Hierdie iemand is Sharon Victor en haar drie kinders – Caitlyn, Luane en Kyle. GROOTfm 90.5 het ‘n epos ontvang van iemand wat Sharon as haar ander ma beskou, en, in hierdie epos het (óók) Charmain vir ons gevra om by die gesin in te loer. Ons het gaan kuier. Tannie Charmaine, by wie Sharon en haar drie kinders tans woon, praat met baie lof oor Sharon. Sy is hardwerkend, sagmoedig en ‘n besonderse mamma vir haar kinders. Elke oggend stap sy saam met al drie haar kinders skool toe, skole wat baie ver van mekaar af geleë is. Nadat Sharon die kinders veilig by die skool gekry het, meld sy aan by ‘n restaurant in Pretoria-Noord waar sy ‘n inkomste verdies as ‘n karwag. Haar grootste wens is dat haar kinders se lewe anders sal lyk as hare. Alhoewel sy sê dat sy nie haar lewe anders sou wou hê nie, as gevolg van haar kinders. Sharon is gekwalifiseerd om vir ‘n sekuriteitsmaatskappy te werk, en hoop vir ‘n eerbare werk en ‘n standvastige inkomste. Haar wil is ongetwyfeld daar. Hierdie mamma sal enigiets doen om haar kinders te beskerm, aan hulle te voorsien, en aan hulle ‘n beter lewe as nou te kan gee. Sharon se boodskap aan iemand wat deur dieselfde teëspoed gaan, is om aan te hou glo en hoop, en dat daar mense is wat deur Hom gestuur word om te help. Kos, ‘n yskas, klere vir die kinders en ‘n wasmasjien is tans haar grootste behoeftes. Bo alles, ‘n volhoubare werk. Sy smag daarna om weer op haar voete te kom, op hierdie stadium met behulp van die engelvlerke van Tannie Charmaine.

    #JouMenseMyMense saam met SPAR - ‘Geen geld, net ‘n enjin…'

    Play Episode Listen Later Oct 5, 2022 9:40

    Katrien en GROOTfm 90.5 gesels reeds van verlede jaar af…Katrien se hulpkreet se titel was: ‘Geen geld net ‘n ENGIN vir ons Bakkie'. Katrien en Rudi is in ‘n diep gat. Verlede jaar, met ‘n kuier by Rudi se ma in Vanderbijlpark, het ‘n groot deel van hulle inkomste weggeval toe die enjin van hulle voertuig breek. Rudi het nie net vullisverwydering gedoen vir hulle eie brood en botter nie, maar ook vir ‘n man wat op straat woon vir wie julle ‘n werkie kon bied. Katrien en Rudi is al ‘n wyle in hierdie gat. Rudi is verlede jaar Februarie afgelas as gevolg van Covid-19, maar, was daarna proaktief toe hy begin met die vullisverwydering. Sonder ‘n voertuig, is dit nie meer moontlik nie. Na die uitstuur van ‘n magdom CV's om vir Rudi ‘n nuwe werk te kry, en geen reaksie nie, sit hulle met hulle hande in hulle hare, met bekommernisse, maar ook met hoop. Dis min, maar dis daar! Ja, soms is dit maklik om te sê dat iemand ‘n plan moet maak en moet proaktief wees. Maar soms, het iemand net ‘n HOOPstoot nodig, ‘n vertrekpunt na ‘n volgende hoofstuk. GROOTfm 90.5 het gaan kuier.

    #JouMenseMyMense saam met SPAR – As jy niks behalwe HOOP het nie…

    Play Episode Listen Later Sep 28, 2022 9:29

    Dit gaan bitter swaar met Mari en Drikus van der Merwe. Dis asof hulle omstandighede net te veel en te groot geraak het. Hulle wil opgee, maar ons weet, soos in Romeine 5:3 - 5 staan, “dat swaarkry volharding kweek, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie.” Want, dis presies wat hulle het. Hoop. Madeleen se epos lees as volg: “Ek rig die verdien namens ‘n dierbare vriendin en oud-kollega – Mari en Drikus Van Merwe.Mari is ‘n gekwalifiseerde kleuterskool juffrou wat haar werk voor Covid al verloor het weens velkanker wat by haar gediagnoseer is. Weens die feit dat hul geen medies het nie en afhanklik is van staatsbehandeling, en die feit dat sy ‘n diabeet is, het sy haar voet verloor. Haar man, wat ook sukkel om werk te kry, probeer maar om die pot aan die kook te hou deur privaat werke te doen. Sy het aansoek gedoen vir Sassa, maar is afgekeur want volgens die owerhede, kan sy ‘n ‘sittende werk' kry. Op die oomblik gaan dit vreeslik sleg by hulle. Albei het geen inkomste, geen vervoer, geen kos en is uitgesit uit hul plek weens agterstallige huur. Geen noodsaaklike medikasie of voedsame kos het nou sy tol begin eis.” Haar WhatsApp status het die oggend van ons kuier gesê: "Here sit asb iemand op ons pad.... Ons het regtig hulp nodig ek bid uit my hart uit". Na aanleiding van ‘n vriendin en oud-kollega, Madeleen, het GROOTfm 90.5 gaan kuier om hulle te help met ‘n #HOOPstoot.

    #JouMenseMyMense saam met SPAR – Die Seeley-tweeling

    Play Episode Listen Later Sep 21, 2022 13:17

    Helga van Zyl en Tabitha Janse van Rensburg het ‘n epos aan GROOTfm 90.5 gestuur en ‘n storie vertel van ‘n gesin van vyf. Mamma Deolien, Pappa Kevin, boetie Keegan en sy tweeling sussies, Kaylea en Kaylyn. Hulle het ‘n groot storie, wat binnekort ‘n nog groter getuienis gaan wees. Onsekerheid heers, maar hulle geloof oorheers. Op 1 Desember 2021 het die Seeley-gesin se lewe drasties verander. Kaylea, een van die tweeling het begin siek voel. Sy was moeg en het hoofpyn begin kry. Sy het laat middag saam met haar sussie en boetie geswem toe sy ‘n “aanval” kry in die swembad. Gelukkig het sy haar “life jacket” aangehad. Sy was lam, kon glad nie beweeg nie en haar regter been het styf getrek. Mamma Deolien neem haar toe dadelik na ongevalle toe, waar sy opgeneem word. Die Pediater doen toetse, MRI en ‘n “Lumber Puncture”. Die MRI-verslag wys konvulsie, en dat die linkerkant van haar brein geswel is. Na al die toetse kan die Pediaters nog steeds nie vasstel wat fout is met haar nie, alhoewel haar diagnose dui op ‘n Neurologiese immuunsiekte is (ADEM), “Optic Neoritis”. Sy word tans behandel met onder andere sterk kortisoon. Haar lyfie en gemoed het drasties verander. In Junie 2022 het Kaylyn die ander tweeling-sussie begin hoofpyn kry en bewe. Die Neurologiese Pediater bevestig dat Kaylyn dieselfde simptone toon as Kaylea. Haar diagnose is gedeeltelik ook “Optic Neuritis”. Hulle beweer dis geneties. Die tweeling se diagnose is steeds onbekend, en blyk dit neurologies van aard is. Die toestand val hulle ogies aan, en kan die tweeling blind word indien daar nie spoedig ‘n diagnose gemaak word nie. GROOTfm 90.5 het gaan kuier…

    #JouMenseMyMense saam met SPAR - Esegiël 37:5 (dorre doodsbeendere kry lewe)

    Play Episode Listen Later Sep 14, 2022 8:37

    Ons het ‘n epos ontvang van Ronel Booysen, names haar en haar man, Jan. Hierdie epos is belaai met bekommernisse en uitgemergelde ‘honger om hulp' – letterlik en figuurlik. Ronel en haar man is beide werkloos, vir die afgelope jaar, nadat beide hulle hul werke gedurende die Covid-pandemie verloor het. Ronel noem dat sy fisies en psigies wegkwyn, en vertel hoe haar man elke aand vir haar bid terwyl hy haar ‘benerige liggaam' vashou. Jan stap elke dag ongeveer 40 km opsoek na werk, terwyl Ronel na hulle drie hondekinders omsien. Hulle is, buiten haar man van die afgelope 25 jaar, haar alles. Sy sê hoe sy eerder vir hulle sal kosgee, as vir haarself. Jan sit eers eenkant om Zander, hulle een hondekind rustig te hou. Hy vee kort-kort sy gesig af soos die trane by sy wange afrol terwyl ons eers met Ronel gesels. Hy is ook bitter moeg. Moeg gesukkel. Toe ons klaar was met die onderhoud, het Ronel en Jan diep asemgehaal. Hulle smag in mismoed en swakheid – fisies en psigies – na ‘n deurbraak. Na ‘n vaste werk. Na die normale lewe wat hulle gelei het drie jaar gelede. Hulle wil planne maak, maar huidige omstandighede beperk hulle op hierdie stadium net te veel. Dit wat hulle kan doen, doen hulle. Jan se skoene is al deurgeloop. Elke oggend stap hy uit die kaal, leë ‘Wendy'-huis, opsoek na ‘n beter vooruitsig. Liewe Jan en Ronel, ons vra nie, ons verklaar. Ons verklaar dat Hy, wat die ‘waymaker' is, sal sorg vir hierdie deurbraak en uitkoms en keerpunt waarvoor julle al so lank bid. Dat Sy bonatuurlike krag en ontferming julle leë huis en harte sal vul. Dankie dat julle vir mekaar lief is. Dankie dat julle dankbaar is. Dankie dat julle met so min, vir ons so baie leer! Ons is opgewonde om die gewaarwording van Sy beloftes vir julle te beleef. Dit eendag saam met julle te vier. En uiteindelik, daaroor kan getuig. Mag julle geestesoë helder bly, sodat julle sal aanhou sien wat julle het, en nie dit wat julle nie het nie. Julle is moeg gesukkel, ja, maar dankie dat julle nog nie moeg ge'glo' is nie. Die storms sal stilword, in Jesus Naam. Esegiël 37:5 So sê die Here my God vir hierdie bene: Ek gaan gees in julle laat kom sodat julle kan lewe.

    #JouMenseMyMense saam met SPAR – “Julle is meer werd as baie mossies.”

    Play Episode Listen Later Sep 6, 2022 8:52

    Monita Venter het aan ons ‘n hulpkreet gerig. Hulle koskaste, so ook hulle motor se tenk is dolleeg. Ma Monita en Pa FJ het albei hulle werke verloor, en is tans in ‘n donker gat. Hulle moet huur betaal, en na hulle twee pragtige dogters omsien. Haar 9-jarige dogter woon tans by haar Ouma – die omstandighede daar is effens beter en kan hulle vir haar gee wat Monita en FJ nie kan nie. Monita en FJ se harte breek om nie hulle oudste dogtertjie by hulle te kan hê nie. Maar, hulle weet die opoffering is nie tevergeefs nie. Monita is ‘n gekwalifiseerde nael-tegnikus, en FJ is gekwalifiseerd om konstruksiewerk te doen. Monita deel met ons ‘n guns wat iemand aan hulle bewys het. ‘n 1c-muntstuk wat gepaardgaan met ‘n – soos die vrou dit noem – mossieprojek. Saam met hierdie 1c-muntstuk, vasgelê in ‘n sleutelhouer, staan die vers uit Mattheus 10: 29 tot 31 - “Is twee mossies nie vir 'n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel. Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.” Liewe Monita, FJ, en julle twee prinsesse. Sonder twyfel is julle meer werd as mossies. Hou vas aan hierdie vers, maar bly vashou aan Hom, wat vir julle uitkoms en keerpunt sal sorg, sodat julle ook kan bly getuig van Sy goedheid, en kan bevestig en beaam aan ander, dat gee nie om hoe diep julle gat nou is nie, Hy sal voorsien.

    #JouMenseMyMense saam met SPAR – Psalm 37:5

    Play Episode Listen Later Aug 31, 2022 7:14

    Chantelle Theunissen het ‘n ruk gelede ‘n epos aan ons gestuur en gevra vir hulp om uit die gat te kom. Haar man is die enigste broodwinner, met ‘n salaris van R5 800 per maand. Net hulle huur is R3 500 per maand. Chantelle het haar werk verloor tydens die pandemie, en na vele probeerslae en die uitstuur van haar CV, het sy ‘n week gelede ‘n werk in ‘n kroeg gekry – waarvoor sy R22 per uur betaal word. Sy sê in haar brief, ‘die dag wat ek nie nodig het om te bekommer wat my kinders vanaand gaan eet nie, sal ek voel ek het gewen'. Hulle gat het nog dieper geword…'n Week gelede, terwyl sy by die werk was, het haar man, Braam, selfdood gepleeg. Chantelle is in sak en as…Haar vooruitsig is dor, en sy weet nie hoe sy na haar drie kinders gaan omsien nie. Janike benodig dringend ‘n bril, Damon is ‘n woelige twee-jarige, en die een-jarige Emily het ‘n groot behoefte aan voedsame kos. Chantelle se grootste bekommernis is nie haar eie welstand nie, maar die van haar kinders. Tans in hulle koskaste is twee uie, en mieliemeel. Die vier-jarige Janike se grootste behoefte is ‘koekies'! Terwyl Chantelle nog rou en wonder oor haar man se selfdood, probeer sy kop bo water hou, en vrede vind met dit wat gebeur het. Daar is nie geld vir ‘n roudiens nie, maar fokus sy nou op antwoorde wanneer haar kinders vra waar hulle pappa is.

    #JouMenseMyMense saam met SPAR – HO is huis toe!

    Play Episode Listen Later Aug 23, 2022 8:41

    Janie Denyssen het vir ons ‘n epos gestuur om haar vriendin en kollega, Marietjie van Wyk, met agterstallige skuld te help. Sy het haar oorlede broer se seun, HO, aangeneem en is hy vir die afgelope 10 jaar in haar en die Oord PV3 se sorg. By die Oord, saam met ander mense wat soos HO, met Down's Sindroom gediagnoseer is, kan hy homself wees. Die oord, waarvoor Marietjie ontsaglik dankbaar is, kos maandeliks baie duur. Marietjie, wat ook intussen afgetree het, sukkel om dit te bekostig. ‘n Paar weke gelede het ons die nuus gehoor dat HO oorlede is. Nie net is Marietjie se hart aan't skerwe as gevolg van hierdie verlies nie, maar hang die agterstallige skuld swaar oor haar kop. Sy probeer haar beste om by die betalings te bly, want soos sy sê, ‘doen sy dit vir die ander mense wat nog daar bly en ook die hulp nodig het'. Marietjie het intussen ‘n derde van haar pensioen onttrek om ‘n groot gedeelte van die agterstallige bedrag te delf. Sy skuld nog R60 000. GROOTfm 90.5 het gaan inloer om Marietjie te vertroos en haar storie te hoor…

    #JouMenseMyMense saam met SPAR – Sagmoedige Ann

    Play Episode Listen Later Aug 15, 2022 9:30

    Ons het ‘n epos ontvang wat lees: “Ek het net weereens die naweek besef hoe bevoorreg ons is. My seuntjie se maatjie, Llewelyn, het die naweek by hom kom speel. Dit was die maatjie se eerste keer wat hy genooi was om by iemand te kom speel en die seuntjie en sy gesin het in my hart in geklim. Mamma noem dat maatjies hom nie nooi nie omrede hy 'n spraak agterstand het en die maatjies hom nie verstaan nie. Sy mamma, Ann, is moedeloos en het nie die nodige finansies vir 'n konsultasie by 'n opvoedkundige sielkundige om te bepaal of hy medikasie nodig het of wat hy nodig het om sy skooljaar te kan voltooi nie. Haar bekommernisse rakende ‘n spesiale skool vir Llewelyn raak ook meer aangesien hierdie skole in die algemeen min tot geen subsidie bied.” GROOTfm 90.5 het gaan kuier… Llewelyn se pappa, Pieter, was 'n paar jaar terug in motorfiets-ongeluk waartydens 'n gedeelte van sy linkerkant verlam gelaat is. Hy is ook tydens die inperking ontslaan van die werk. Hy het in tussen werk gekry in Midrand, maar toe ry 'n dame in hom vas en omrede hulle alreeds met finansiële uitdagings gelaat is het hulle nie versekering nie en dus word hul enigste kar afgeskryf. Die kar staan tans in hulle erf en leen hul 'n familielid se kar. Mamma Ann probeer sover moontlik proaktief wees om vir haar gesin te sorg en aan hulle behoeftes te voorsien. Sy is dankbaar vir haar werk, waar sy kort-kort moet geld leen om kop bo water te hou.

    #JouMenseMyMense saam met SPAR – Waar weeskinders net kan wees!

    Play Episode Listen Later Aug 10, 2022 9:10

    Na afloop van Vrouedag en -maand-vierings het die vrywillige veldwagters by Dinokeng besluit om dié rondte ‘n groep skoolverlater-dogters van die Jakaranda en Louis Botha Kinderhuise met ‘n naweek-wegbreek te bederf. Jakaranda en Louis Botha Kinderhuise het tans 167 dogters in totaal wat in hul sorg geplaas is deur die kinderhof – as gevolg van verwaarlosing, seksuele - en fisiese mishandeling. Volgens CEO, Charlene Grobler is hierdie vir hulle ‘n naweek waartydens hulle net kan ‘wees'! Hierdie dogters, en al die kinders wat die kinderhuise hul tuiste noem, is lankal nie meer slagoffers of ‘wees' nie. Hulle het ‘n huis. ‘n Familie! ‘n Heenkome en ‘n vooruitsig. Hulle is oorwinnaars van hul omstandighede, en streef met dryf en wil na ‘n toekoms en lewe wat aansienlik ‘makliker' is as die vertrekpunt waarmee hulle in hierdie wêreld in verwelkom is. Die dogters kon terugsit en luister na aanbiedings en praatjies oor die natuur, wildlewe, gawes van die Gees, en selfbeeld. Janine Strydom van Techtrix Tactical Solutions het saam met haar vennoot, Angus, die dogters wysgemaak oor selfverdediging, en met raad en wenke toegerus oor hoe om hulself in ‘n uitdagende en bedreigende situasie te bemagtig. Nie net het hulle met die dogters gesels oor hoe om hulleself te beskerm nie, maar ook vir hulle ‘n geleentheid gebied om ‘n loopbaan in sekuriteit te oorweeg en by hulle instansie aan te sluit. Die dogters, wat net tot op ‘n 21-jarige ouderdom deur die sisteem beskerm word, word dikwels oorgelaat aan hul eie genade, met ‘n ‘self sien kom klaar'-vooruitsig wat op hulle wag. Techtrix Tactical Solutions het met meer opgedaag as ‘n selfverdedigingsklas. Hulle kon vir die dogters bekendstel aan ‘n nuwe vooruitsig. Een wat hulle op ‘n volhoubare wyse kan bemagtig. Ons is dankbaar vir elke rolspeler wat hierdie naweek moontlik gemaak het. Aan elke borg en vir elke bydrae. Aan SPAR wat gesorg het vir kruideniersware wat ‘n heerlike spyskaart kon lewe gee. Aan die span vrywillige-veldwagters van Dinokeng wat altyd in oorvloed belê in hierdie kinders se besoek. Hulle tyd, liefde en toewyding teenoor verskilmaak-geleenthede soos hierdie.

    #JouMenseMyMense saam met SPAR – Bak jouself uit die moeilikheid uit

    Play Episode Listen Later Aug 2, 2022 8:55

    Arend Moll en die liefde van sy lewe, Sonja, het die harte van die Oosters gewen met hulle koeksister-advertensies op die Facebook-gemeenskapgroep, “Ek is van die Ooste”. Arend was vir 'n ruk werkloos en hulle het toe begin koeksisters bak. Elke keer wanneer hulle 'n behoefte aan iets het, het hulle baie spesifiek gevra vir hulp vir daardie uitdaging. Hulle het nooit gevra vir geld nie. Arend en Sonja het somme gemaak en dan vir die Oosters gesê hulle moet 5 dosyn koeksisters verkoop om die spesifieke uitdaging te oorkom. Mense het so ingekoop in Arend-hulle se lewe en daar is selfs mense wat koeksister koop wat nie eers suiker eet nie. Hulle werk hard om kos op die tafel te sit, en soos hulle sê, “bak hulleself uit die moeilikheid uit”. GROOTfm 90.5 het gaan kuier, want hulle storie en gepaardgaande dryf het hulle reeds so inspireer...En, die varsgebakte koeksisters vir ontbyt was 'n onverwagse, tog GROOT bederf! Liewe Arend en Sonja, julle oorwinning is soet – figuurlik, maar ook letterlik. Ons is saam met julle opgewonde oor die koeksister- en roomyswinkel waarvan julle droom, en verklaar in Jesus Naam dat hierdie droom binnekort 'n realiteit sal word. Ons droom saam met julle oor dit, maar ons droom ook dat julle storie nog soveel meer mense sal aanmoedig om nooit moed te verloor of op te gee nie. Sodat almal wat deur 'n uitdagende tyd gaan, nie net die soet van julle koeksisters sal proe nie, maar ook die soet van julle oorwinning in hulle eie lewe sal ervaar.

    #JouMenseMyMense saam met SPAR – As die ‘groener gras' verdor

    Play Episode Listen Later Jul 27, 2022 8:26

    Mario Britz het vir 26-jaar by ‘n firma in Port Elizabeth gewerk. Die firma het toegemaak, en kon nie eers die werknemers se pensioenfondse uitbetaal nie. Na 2-jaar se soeke na werk, het Mario in Pretoria werk gekry. Hy, sy pragtige vrou Landi en 4-jarige seun, Zion, het alles gepak wat in hul Renault Kwid kon pas, en gegaan waar hulle vooruitsig was. ‘n Vooruitsig van beter omstandighede, en bo alles, ‘n beter toekoms vir Zion. Mario het aan ons ‘n hulpkreet gerig, omdat hy eers ‘n maand moes werk voor hy sy 1ste salaris ontvang het. Dit was ‘n uitdaging om tot ‘n brood te koop om te eet. Gelukkig het Zion by sy skool kos gekry, want in die aande was daar niks. Sommige aande het Mario en Landi sonder kos gaan slaap, en as hulle gelukkig was, was daar ‘n vrug wat hulle kon eet. Mario is ‘n klipharde werker, en hy smag na ‘n geleentheid om vir ‘n maatskappy sy staal en potensiaal te wys. Hy is ontsettend lief vir sy vrou en seuntjie, ook sy ander kinders wat in Port Elizabeth woon. Hy sal vir hulle enigiets doen – selfs met ‘n leë maag gaan slaap. Hy is dankbaar vir sy vrou, en hulle ‘deur dik en dun' huwelik. Dankie dat julle bly hoop, bly glo en bly vertrou, en aan ons almal bewys dat ons nie net sal leef van brood nie, maar van elke woord wat uit die mond van God kom – soos geskryfstaan in Matt 4:4. Ons is saam met julle opgewonde oor die vooruitsigte en verwagtinge waarvan julle gedroom het die dag toe julle verhuis het.

    #JouMenseMyMense saam met SPAR – Van oorleef tot oorwin!

    Play Episode Listen Later Jul 19, 2022 11:06

    Hesta en Waldo Swanepoel het ‘n storie en ‘n half om te deel. Die afgelope 19 jaar was nie maklik nie, en smag hulle na ‘n ‘Sjoe!' en sorgvrye volgende 19! Tans bly hulle staande soos hulle kinderlik afhanklik van die Here is, styf vashou aan Sy soom, ondanks baie vrae en ‘n behoefte om asem te skep. Mamma Hesta is al ‘n klompie jare enkelmamma, en is Waldo se pa ‘n paar jaar terug oorlede. ‘n Week na sy dood, is haar ma en Waldo se ouma oorlede. Sy smag na iemand wat vir Waldo ‘n kans sal gee met ‘n werk, en is tans besig om hom soveel moontlik met kort-kursusse verder te bemagtig. Hy is bo-gemiddeld getoets vir ‘n tegniese aanleg, maar tans beperk finansies sy verdere kwalifikasies. Hesta se suster het vir ons ‘n epos gestuur, en haar suster beskryf as ‘n ‘warrior' wat nooit kla nie. Hesta was huiwerig oor die kuier, want sy wil net nie as ‘n slagoffer voorkom nie. Sy sê self hulle het soveel om voor dankbaar te wees, al oorval die onsekerheid van veral Waldo se toekoms haar. Sy ken Waldo se potensiaal, maar voel ook soms minderwaardig omdat sy nie die rol as ‘pappa' kan vertolk nie. Sy voel soms asof die wêreld haar en Waldo verwerp het, maar erken ook dat hulle hulself isoleer ter wille van beskerming. Haar stem bewe soos sy ons van hulle vele uitdagings vertel, maar, alhoewel haar hart baie seer is, en haar mismoed kort-kort sy verskyning maak, eindig haar sinne met hoop env rede, met die wete dat die Here weer sal sorg vir uitkoms en ‘n deurbraak – soos Hy altyd doen. GROOTfm 90.5 het gaan kuier om bo alles vir haar dankie te sê vir haar waagmoed, oorwinnaars-mentaliteit, en sommer net vir die mens en mamma wat sy is!

    #JouMenseMyMense saam met SPAR – Onblusbaar!

    Play Episode Listen Later Jul 12, 2022 11:21

    Hierdie was sonder twyfel een van die mees uitsonderlike kuiers met die onvergeetlike, alom inspirerende Annetjie de Kock! Sy het haar nek gebreek op 7 en ‘n half maande tydens ‘n ongeluk by die dagsorg. Van die dag af is sy verlam. Sy het deur die jare verskeie operasies aan haar arms gehad wat haar eintlik net “vermink” gelaat het. Sy is so positief, en noem tydens die onderhoud sy kan so gelukkig wees dat haar rugmurg nie beskadig is nie…Sy kies om so positief te wees, want sy sê dis vir haar lekker! Anders sal sy net in ‘n hoekie sit, en haarself jammerkry, en nie die mense ontmoet wat sy reeds ontmoet het nie. Annetjie de Kock is deur geweldig baie. Nie net is sy totaal afhanklik van mense se hulp nie, maar is haar twee hoofversorgers kort na mekaar oorlede – verlede jaar haar pa, en verlede maand, haar ma. Sy sê dis nie ‘meer so seer nie'… Sy is op 2 Februarie vanjaar in Wilgers hospitaal opgeneem as gevolg van ‘n drukseer. Daar is eers ‘n kolostomie gedoen voordat die drukseer herstel is. Daar was egter komplikasies omdat sy nie op haar maag kan lê nie vanweë die wanposisie van haar arms en skouers. Die drukseer sukkel om gesond te word ten spyte van ‘n 2de chirurgiese prosedure. Die oggend wat ons gaan kuier het, het die internis ook ingeloer en die goeienuus gedeel wat die seer aansienlik beter lyk. Die vooruitsig van huis toe gaan, lyk skielik weer helder! Annetjie is reeds so opgewonde, dat sy haar rolstoel-battery laat kom het om te herlaai. Nie enige battery nie, ‘n kar-battery, waarmee sy so tevrede is…Sy soek niks meer nie…Luister gerus na hierdie oorwinningsverhaal…

    #JouMenseMyMense saam met SPAR – Lucy's Den

    Play Episode Listen Later Jul 5, 2022 9:40

    ‘n Rukkie gelede het GROOTfm 90.5 twee versoeke uit verskillende oorde ontvang wat vra of ons nie kon help met die verligting van omstandighede by Lucy's Den nie. Van Marco Viljoen, en van Adelei Geldenhuys, ‘n verpleegster by Zuid-Afrikaanse Hospitaal. Lucy Hammond het Lucy's Den / Plek van Geloof begin omdat sy gesien het daar is ‘n geweldige behoefte vir veral ouer mense wat nie ‘n heenkome het nie. Ja, hulle is deur hulle familie verwerp. Sy het ‘n uitsonderlike groot passie vir mense, en om hulle te versorg. Soms wil sy moed opgee, maar haar antwoord op dit; “Waar gaan hierdie mense heen”. GROOTfm 90.5 het toe saam met die verpleegspan van Saal B van Zuid-Afrikaanse Hospitaal en Marco Viljoen, ‘n vriend van Lucy's Den, gaan kuier… In April vanjaar is Lucy se man en steunpilaar, Joel, eweskielik oorlede. Hy het met sy karige salaris vir Lucy gehelp met die huur elke maand. Sy werk se bakkie was ook hul vervoer die laaste paar maande. Lucy se kar het gebreek en sy kon nie meer die kinders skool toe vat elke dag nie, maar gelukkig was Joel se werksbakkie beskikbaar, vir nou. As die voertuig teruggeneem word kan die kinders nie meer skool toe gaan nie, en Lucy kan nie ry om kos te gaan koop nie. Daar is talle ander uitdagings, soos die wasmasjien wat gebreek het, en ‘n paar van die inwoners wat kort na mekaar oorlede is. Saam met Marco, en die verpleegeenheid van Saal B van Zuid-Afrikaanse Hospitaal, kon ons vir die gemeenskap van Lucy's Den, met wat hulle noem, ‘Christmas in July', hou.

    #JouMenseMyMense saam met SPAR – Geen stut kan haar stuit!

    Play Episode Listen Later Jun 29, 2022 9:03

    Daar is seker ‘n rede hoekom Dané Steyn met rooi hare gebore is…want aan hierdie vlam en VUUR is daar geen keer nie! Dane Steyn is slegs ‘n paar weke na haar 13de verjaarsdag gediagnoseer met Adolescent Idiopathic Scoliosis (ICD10 Code: M41.20). Haar ‘kurwe' van haar T8 tot haar L3-werwel is tans by 55° en die rotasie op haar T11-werwel is by at 32°. In ‘luimens'-terme, grens hierdie graad van skoliose op lewensgevaarlik, siende dat die drukking wat deur die skoliose veroorsaak word, teen Dané se organe kan begin druk, en orgaanfunksie beinvloed. GROOTfm 90.5 het gaan kuier… Dane moet tans hierdie stut vir 23-uur van die dag dra. Sy moet ook daagliks strekoefeninge doen soos voorgeskryf deur die fisioterapeut, en daar word gereeld X-trale geneem om haar groei te monitor. Sy het haar eerste stut in Februarie vanjaar ontvang. Soos alle mediese kondisies is die uitgawes geweldig groot. Die Steyn-gesin is dankbaar dat hulle mediese fonds ‘n groot gedeelte van die stut se koste gedek het, en die res van die fondse was as ‘n skenking aan hulle gegee. Mamma Nicolene het ook begin om ‘poppies' te maak om fondse te genereer. Die verkope het hulle almal verras, en gebruik Nicolene en Dané dit as ‘n tyd waartydens hulle ook kan ‘bond'. Alhoewel hulle uitgawes vir nou binne bereik is, lê daar nog baie onsekerheid vir hulle as gesin voor. Einde Junie gaan die spesialis ‘n besluit neem of Dané moet aanhou om die stut te dra, óf of hulle moet voortgaan met die operasie. Alhoewel die prosesse en prosedures onsekerheid insluit, is die uitkoms ‘n wen-wen. Dané sal hiervan genees!

    Claim #JouMenseMyMense

    In order to claim this podcast we'll send an email to with a verification link. Simply click the link and you will be able to edit tags, request a refresh, and other features to take control of your podcast page!

    Claim Cancel