Pieter se radioloopbaan het in 2010 by ’n klein gemeenskapsradiostasie begin. Hy het sy vlerke gesprei en in April 2016 die Knysnabos verruil vir Pretoria se stadsliggies, waar hy weeksaande jou uitgenooi het om saam met hom te kuier op GROOTfm 90.5 vanaf 18:00 elke aand. Met sy professionele, tog gemaklike stemtoon en persoonlikheid, help hy jou vanaf Maandag, 30 Maart 2020 tussen 05:00 – 06:00 weeksoggende, om wakker te word en gereed te maak vir die dag wat voorlê. Pieter hou jou op hoogte van wat op die paaie gebeur en deel ook relevante nuusgebeure wat deur die loop van die nag/vroegoggend plaasgevind het. Om 05:35, deel hy daagliks inspirasie-insette deur verskeie persone soos Lindie Strydom, Elizabeth Theunissen, Jaco Strydom en Deon van der Berg. In 2017 was Pieter ‘n finalis in die gemeenskapsradiokategorie ‘Best night time show’ by die Liberty Radio Awards en in 2018 ‘n finalis in die ATKV-mediaveertjie kategorie ‘Beste aanbieder by ‘n gemeenskapsradiostasie’. In 2019 Wen Pieter die RDMA-toekenning (Responsible Drinking Media Awards) vir die ‘verantwoordelike gebruik van alkohol’-inset, op die program GROOTtrauma (hy was ook ‘n finalis in die kategorie in 2018). Sy program, Reg of Verkeerd (Dinsdae-aande om 20:00) is ook in 2020 genomineer vir ‘n SA Radiotoekenning in die kategorie: News & Actuality program.
As deel van GROOTfm 90.5 se #GEEweek het Venita en Dr Jaco gedurende #GROOTtrauma gesels met Angelique en Lourens Janse van Vuuren oor die #GROOTverskil wat Kairos in hulle lewens gemaak het. Toe Venita vir Angelique vra wat sy vir haar jonger self sou sê, toe antwoord Angelique; ‘Moet niks verander nie, want dan sal jy nie hier wees waar jy nou is nie'…En dit, ten spyte van geweldige trauma!
Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: Mediese vasvra: Wat is die meer algemene naam vir die limfatiese weefsels aan weerskante van die agterkant van jou keel? Griepseisoen tref vroeg: Die 2025-griepseisoen is die vroegste sedert 2010. Wat beteken dit vir jou gesondheid? Dr. Jaco bespreek die waarde van die griepinspuiting – en wat jy kan doen as jy besluit om dit nié te kry nie. Internasionale Gidshonddag: Pieter van Niekerk van die SA Gidshondvereniging vir Blindes deel hoe gidshonde ‘n impak maak op die lewens van mense met visuele gestremdhede. Snork – meer as net ‘n geluid: Inligting oor oorsake, gevolge, behandeling én leefstylveranderinge wat help. Venita gee praktiese raad tydens hierdie spesiale fokus vir Stop Snoring Week. Dr. Jaco se wenk van die week.
Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: Mediese vasvra: Hoeveel keer klop 'n mens se hart in jou leeftyd? GROOT Oepsie in die Noord-Kaap: Die provinsiale gesondheidsdepartement het versuim om hul lisensie vir medikasie te hernu – wat beteken dit vir pasiënte wat afhanklik is van lewensbelangrike medisyne? Baanbreker-navorsing in beroerte-herstel: UCLA-wetenskaplikes het ‘n nuwe middel, DDL-920, getoets wat breinverbindings ná ‘n beroerte by muise herstel het. Ons kyk na wat dit moontlik vir mense kan beteken. Wêreld Malaria Dag (25 April): Ons fokus op die impak van malaria in Afrika, die jongste statistieke, en die wêreldwye poging om die siekte uit te roei. Dr. Jaco bespreek mediese benaderings, terwyl Venita insig gee in die psigologiese impak op families. Dr. Jaco se wenk van die week.
#GROOTtrauma - Hierdie Week gesels Venita en dr. Jaco van Niekerk:
Hierdie week op #GROOTtrauma bring Venita en Dr. Jaco van Niekerk vir jou ‘n propvol program vol mediese insigte en interessante gesprekke! -Ons begin met ‘n mediese vasvra – weet jy wat die normale liggaamstemperatuur vir ‘n gesonde volwassene is? -Daar is BAIE goeie nuus vir sangeres Tamlyn Wessels – haar mediese fonds het die wondermiddel TRIKAFTA goedgekeur. Dr. Jaco brei meer uit oor hierdie “miricle drug”. -‘n Belangrike waarskuwing van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes – gevalle van witseerkeel neem landwyd toe. ‘n Nuwe studie wys dat ‘n lemoen per dag depressie kan weghou! Ons gesels oor hoe dit moontlik is en of dit ‘n impak het op mense wat reeds antidepressante gebruik. -In ‘n eksklusiewe onderhoud praat ons met Prof. Berend Mets, ‘n spesialis in narkose. Hy deel sy kennis oor hierdie belangrike mediese veld en sy betrokkenheid in ander areas van gesondheidsorg. -Dr. Jaco se wenk van die week – ‘n slim gesondheidswenk om jou gesond en sterk te hou!
Johan Kloppers is 'n traumaberader en gesels oor sekondêre trauma.
Pieter Cloete en Jaco gesels met Carin Bosman oor wêreld water dag (bakterie in water en wat is kwaliteit water). Sy is die direkteur by Carin Bosman Sustainable Solutions.
Die derde Maart was Wereld gehoor dag. Ons gesels met oudioloog, Bronwyn van Wyk van Specsavers oor simptome, behandeling en vroee voorkoming van gehoorverlies.
In die week se program loer ons in by Shay-Lee Engelbrecht wat die 3rde Maart 'n 4000km reis aanpak om fondse in te samel vir Rock of Hope. Lourindi Nel, 'n spelterapeut en haar man Marius Nel, 'n pastoor gesels oor gesonde gesinne.
Dr Jaco van Niekerk gesels oor die nuutste uitbraak van hand-en mond siekte in kwaZulu-Natal en wat beteken dit vir jou gesondheid as jy besluit om minder op jou foon te wees.
Dr Jaco van Niekerk gesels oor wat jy moet weet wanneer jy vir 'n normale roetine doktersafspraak gaan. Hoekom doen jy net sekere bloedtoetse, en wat sien dokters in urinemonsters?
Anel Kruger kuier in die ateljee. Sy was 12 jaar gelede gediagnoseer met AML (Akute myeloïede leukemie). Sy deel haar getuienis en vertel meer oor wat “Survivor guilt” is.
'n Nuwe studie wat in die National Library of Medicine gepubliseer was, dui aan dat Suid-Afrika op 'n opioïd-verlawing krisis. Dr Jaco van Niekerk gesels hieroor.
Dr Andrè Hattingh gesels oor hul projek, Ride 4 a child, Jaco Kleynhans, Hoof van Solidariteit se Internasionale Betrekking gesels oor wat die ontrek van Amerika uit die WGO beteken vir Afrika. Dr Jaco van Niekerk gesels oor sie uitbreek van diphtheriae en wat dit is.
Dr Emmanual Taban, 'n pulmonoloog by Midstream vertel meer oor die HMPV-virus.
Ruvé Esterhuizen, 'n kliniese sielkundige by Life Poortview gee 'n paar wenke vir ouers en matrieks van klas 2024 oor hoe om hul verwagtinge te bestuur vir die matriekuitslae wat volgende week bekendgestel gaan word.
Jaco Kleynhans, hoof van Internasionale betrekking by Solidariteit gesels oor wat tans in Mosambiek aan die gang is en wat se nagevolge dit vir vakansiegangers moontlik kan inhou. Kallie Kriel was verlede week in sy persoonlike kapasiteit in Mosambiek en vertel van sy ervaring. Dr Jaco van Niekerk gee 'n paar vakansie gesondheidswenke.
Venita en Dr. Jaco bespreek van die belangrikste gesondheids- en maatskaplike kwessies. Gedurende Handewasbewustheidsweek het hulle die lewensbelangrike rol van behoorlike handhigiëne uitgelig. Vir Suid-Afrika se 16 Dae van Aktivisme het hulle gefokus op die dringende behoefte aan beter sekuriteit om pasiënte en mediese personeel in kwesbare gesondheidsorgomgewings te beskerm. Hulle het ook die groeiende kommer oor vaping bespreek en die gevare daarvan ontleed. Spesiale gaste Charlene Grobler en Ian van Zyl van Jakaranda Kinderhuis het aangesluit om te gesels oor hoe die veldtog kinders raak. Hulle het die uitdagende omstandighede waarin hierdie kinders grootword en die impak daarvan op hul lewens belig.
Dr Jaco van Niekerk gesels oor narkose en ook die rol wat 'n narkotiseer speel in die multidisiplinêre span.
Studente dr Zoe Nel gesels met Dr Jaco van Niekerk oor hoe dit is om vandag 'n graad in medisyne te studeer teenoor hoe dit in dr van Niekerk se dae was. Wat het verander en wat is nogsteeds dieselfde
Onderhoud met Dr Jaco van Niekerk env Dr Louise Johnson Loots - Internis Met ‘n Spesiale belangstelling in Diabetes by Netcare Montana Ons gesels oor Internasionale Diabetes bewusmakings dag 14 November en ook oor die nuwe middels wat beskikbaar is vir Diabetes soos Ozempic.
Johan Kloppers is 'n berader en betrokke by verskeie plaasaanvalle vir trauma berading. Die week gesels hy oor wat primêre, sekondêre, tweedehandse en kollektiewe trauma is.
Dr Annelize Naudé, Streeksbestuurder van SAVF en Thoriso Tleane, 'n maatskaplike werker van SAVF gesels oor van die uitdagings waarmee hulle daagliks sukkel, die situasies waarin hul hulself bevind partykeer en die ongelooflike werk met min finansieële hulp wat hulle daagliks doen om ons kinders veilig te hou.
Dr. Adler gesels oor “medicine'” 3.0 Dr Adler is 'n internis en sjirurg by Morningside Mediclinic en ook direkteur van Infinity Medical Conierge. Hy gesels oor wat Medicine 3.0 beteken en hoekom dit belangrik is vir 'n moderne holistiese benadering to gesondheid.
Die week gesels Pieter en dr Jaco van Niekerk met Tersia Burger, ondervoorsitter van Hospice Suid-Afrika oor palliatiewe sorg.
Welma Geldenhuys, senior maatskaplikewerker by ADASA gesels oor dimensie. Francois Louw, HUB by Vista Kliniek skop die 9de Oktober af met hul ‘Nuts and bolts' veldtog en vertel meer oor wat hulle beplan en waarna die fondse van die nie-winsgewende projek gaan.
Oktobermaand is borskanker bewustheid maand. Dr Cornel Steyn en Dr Phillipus Nel is in die ateljee om te praat oor borskanker in dames sowel as in mans. Hulle fokus op die voorkoming, simptome en behandeling van borskanker.
'n Onlangse studie het getoon dat as jy diê sewe goed doen, jou kanse om later dimensie en Alzheimer se siekte kry, vertraag kan word. Dr Jaco van Niekerk vertel wat die sewe goed is.
Prof Clive Gray van die Universiteit van Stellenbosch is die ontvanger van die 2023 Harry Oppenheimer Fellowship-toekennings. Dit gaan hom in staat stel om navorsing te doen oor voortydige geboorte. Dr Jaco van Niekerk gesels oor oor Torrets sindroom.
Die Hoof Uitvoerende Beampte van Vista Kliniek gesels oor psigiatriese gesondheid. Kalf Grobler van die Facebook-blad, “Swart hond” deel sy getuienis en vertel ook meer van die groep wat bystand bied vir persone wat met depressie en angs lewe.
Dr Brittain, 'n hematoloog gesels oor 'n nuwe prosedure om kanker te beveg. Die nuwe behandeling word CarT-terapie genoem. Hy vertel meer hieroor.
Dr Jaco van Niekerk gesels oor die mees algemene hartkwale, veiligheid by privaat hospitale en deel ook sy opinie oor verskeie nuusstories wat die afgelope week nuus gemaak het.
Dr Jaco van Niekerk verduidelik wat die verskil is tussen Osteoporose en Rumatoïede artritis.
Johan Kloppers is 'n traumaberader en gesels oor hoe om geweldtrauma te bestuur.
Dr Johan Kluge, 'n kop-en nek sjirurg gesels oor kanker in spesifiek die areas van die liggaam. Hy vertel ook meer oor sy gratis 'screening' projek wat op die 27ste Julie 2024 plaasvind in Johannesburg, Pretoria en Durban.
Dr Maritha Rossouw, 'n onkoloog by ABJ Onkologie in Pretoria Oos gesels oor kanker en nuwe tegnologie wat beskikbaar is vir die behandeling van kanker.
Die week gesels Dr Jaco van Niekerk oor beroerte: Wat jy moet weet, tekens en hoekom tyd van kardinale belang is.
Die week gesels Dr Jaco van Niekerk oor beroerte: Wat jy moet weet, tekens en hoekom tyd van kardinale belang is
Dr Jaco van Niekerk gesels oor beenstruktuur en -trauma in kleuters, tieners en volwassenes en die behandeling daarvan.
Dr Jaco van Niekerk gesels oor jou liggaamstempratuur, hoekom 37 grade die normaal is en wat met jou liggam gebeur as dit oor 40 grade gaan. Hy vertel ook meer oor 'n onlangse studie wat bevind het dat Xyliltol moontlik kan bydrae tot hartaanvalle en beroertes.
Dr Jaco van Niekerk gesels oor 'n interessante studie wat onlangs gedoen is in Amerika waar bewys is dat die swemdrag/klere van 'n kind, moontlik sy lewe kan red. Luister gerus hier om meer oor die studie te leer.
Dr Jaco van Niekerk gesels oor nuwe navorsing wat dui dat vrugbaarheid onder mans afneem weens nanoplastiek wat in sperms voorkom in mans luidens die studie en hy gesels oor die onlangse voorval in die Kaap waar 'n rob moontlik hondsdolheid gekry het en die gevaar daarvan.
Ons gesels met Wes van der Westhuizen en Johan Fourie , kenners op die gebied van Forensiese ondersoeke en motor ongelukke.
Dr Jaco van Niekerk gesels oor die veld van estetiese medisyne