ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie (info@toekomsvenster.co.za) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

Sy het ʼn grappie gemaak, getuienis gelewer en my met hoop laat wegstap. Dit is ʼn verhaal oor die laaste dinge wat regtig saak maak.

Die Woord sny nie om te vernietig nie, maar om te onthul waar waarheid moet groei.

God gee kinders aan ons, nie om te verwaarloos nie, maar om te beskerm.

Waar jou krag ophou, begin die Heilige Gees se krag.

Wanneer jy nie meer weet hoe nie, herinner die Here jou: “Ek wil, en Ek kan”.

God keer nie altyd die storm nie, maar Hy verlaat nooit die een in die storm nie.

Hoe kan ons wêreld verander as ons mekaar nie eers kan verdra nie. Die Bybel vra nie wie is reg nie, dit vra eerder wie het eerste gaan vrede maak?

Kom ons laat die Here toe om sy werk te doen.

Wees jou eie beste vriend. As jy nie van jouself hou nie, hoe verwag jy dat ander van jou sal hou?

Pa, gesels met jou seun. Daar is soveel verlore seuns, of is dit verlore pa's?

Vriende en medegelowiges speel ʼn ontsaglike belangrike rol in mekaar se lewens.

Is jy plat teen die grond? Bely hardop: “Ek is ʼn gunsgenoot van God”.

Dit is sekerlik die kortste teks in die Bybel: Jesus het gehuil.

Reken jy ook dalk dat dit al te laat geword het?

Hy gee die vermoeides krag en versterk dié wat nie meer kan nie.

Hy nooi ons uit om Hom in ons vertroue te neem en ons gedagtes, gevoelens, vreugdes en teleurstellings te deel.

God is die een wat die dorheid van ons menswees verlig deur uitkoms te gee.

Dan kom die oproep en belofte van die Here: God sien julle raak.

Is jy bewus van die klop aan die deur van jou hart?

Die enigste versekering wat nie teleurstel nie, is by God. Ja, God self.

ʼn Christen weet wie en wat hy is en wat sy roeping op aarde verteenwoordig.

Dan gebeur die lewe en God is ook dáár: volledig, hartlik en genoegsaam.

Meer belangrik: Ons moet die Naam van die Here hoog hou en die prys vir wat Hy vir ons algehele verlossing betaal het, nie minag nie.

Vertrou die Here en die beloftes wat Hy gemaak het toe jy jou kind ten doop gebring het.

Sal dit nie uitnemend wees as Christene wêreldwyd ook die strate wil invaar om as feesvierende menigte die roem, eer en erkenning te gee aan die beste Koning wat daar is nie?

Daar is soveel om voor te bid en soveel om te vra.

Wat ʼn wonderbaarlike toesegging, ʼn belofte uit die Woord van die Here: God is getrou en laat nooit die werk van sy hande vaar nie.

“Ek trek ʼn streep in die sand. Tot hiertoe en nie verder nie. Ek is tot alles in staat deur Hom wat vir my die krag gee.”

Mag die Here gee dat ons elke dag met volle oorgawe sal hardloop.

Mag die Here ons help om met integriteit te leef. Integriteit beteken ʼn lewe wat samehangend is.

Dink aan Psalm 23: “U ontvang my soos ʼn eregas.” Kom ons doen moeite.

ʼn Voorreg, ja, maar nie ʼn maklike een nie. Jy kry seer, en jy máák ook seer. Dis alles deel van die reis.

Jy is sterker as wat jy dink. Jy kan meer hanteer as wat jy vermoed. Ná alles, die Gees van God woon in jou.

Maak vandag nog ʼn lys van mense met wie jy kan praat wanneer die lewe sy onvriendelike gesig wys. Jy hoef dit nie alleen te dra nie.

Daar is ʼn God in die hemel en hy is nie ver nie, maar naby en nie op ʼn afstand nie, maar digby.

Daniël word raakgesien omdat hy en sy vriende in alle opsigte bo hul tydgenote uitstaan.

Om saam met God oor ʼn koppie koffie te kuier werk net so goed saam. Jy trek jou Bybel en dagboek nader en word nuuskierig oor wat die Here deur sy Gees vir jou wil sê.

Jy was alleen, so dink jy. Niemand weet nie. Maar Iemand weet. Hy het gesien en kennis geneem.

As jy lank genoeg aanhou, word dit lekker. Bly in die wedloop van die lewe. Die Here is daar.

Mag ons woorde – en alles wat daarmee verband hou – ʼn stuk heiligmaking ondergaan.

Ek wonder of ons nie iets by die natuur kan leer nie. Wat daarvan as ons ons mooiste klere en kleure uithaal en moeite doen met onsself as beelddraers van die lewende God in hierdie wêreld?

Hiermee waag ek tien stellings wat verband hou met die eenheid van God in die Ou en Nuwe Testament.

God is God vir die nasies.

Ons het ʼn God van onmeetlike liefde en barmhartigheid vir die hele mensdom.

Lê die vrees vandag nog af. God se genade is ruim – dit strek oor alle afstande en alle tekortkominge. Sy Gees help ons om daagliks in heiligmaking te groei. Dit beteken dat ons met verloop van tyd al hoe meer soos Jesus word.

Lê die vrees vandag nog af. God se genade is ruim – dit strek oor alle afstande en alle tekortkominge.

Kan dit wees dat ons gewoond geraak het aan genade, dat die wonder van die genade wat God aan ons bewys het, as vanselfsprekend ervaar word?