POPULARITY
Categories
“Ek wil elke gesin uitdaag om regtig moeite te doen om tyd te neem om op die boodskap van Kersfees te fokus.” Maroela Media
“Dit klink dalk soos ʼn cliché, maar dit is wat ons aan ʼn ewige hoop verbind. Ons enigste troos in lewe en dood is om aan Jesus Christus te behoort. Dít is waaroor Kersfees gaan.” Maroela Media
Al ooit gewonder oor Irma Venter se skryfwêreld? Hoe sy leidrade plant sonder om die raaisel te bederf of hoe sy met haar eie karakters oor die weg sou kom? Facebook · Toetentaal op Maroela Media
“Kyk, ek het hierdie jaar maar net weer besef ons moet die Groot Outeur se pen vertrou. Hy skryf die storie van jou lewe, en dankie tog daarvoor.” Maroela Media
Hierdie week vir Wiele2Wiele raak almal liries oor die BMW M2 - 'n motor wat jy nie sonder handskoene aanpak nie. Hulle vat jou ook saam op 'n rit met die BYD Dolphin Surf. Daar is waardevolle raad oor verkoelingsvloeistof en 'n ‘Japannese Ducati' pronk nou in hierdie motorhuis. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Vir vervolgde gelowiges kan ʼn enkele Bybel die verskil tussen wanhoop en volharding wees. Jy kan help om God se Woord in die hande van iemand te plaas wat hul lewe vir hul geloof waag. Elizabeth Botha van Geopende Deure Afrika het Maroela Media meer oor die veldtog vertel. Maroela Media
“Geskeduleerde aktiwiteite toegespits op gehaltetyd sal die paartjie dadelik weer nader aan mekaar bring.” Maroela Media
Wiele2Wiele vat die langpad met die Hyundai Tucson en spandeer ook tyd agter die stuur van Jaecoo se splinternuwe J5. King of the Whip 2025 was verlede naweek en waar daar motorsport-aksie is, is Motul daar. Clinton gesels ook met sy seun, Tristin Pienaar, wat bekroon is as die PE200-wenner én die 2025 SAES National Superbike Cup-kampioen. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Elke item wat jy aan Helpende Hand se Ons Winkels skenk of daar koop, word omgesit in kanse, hulp en hoop vir ander. Maroela Media
Alhoewel glansryk en beeldskoon – iets wat moderne gehore, veral ma's en hul dogters, betower – raak die rolprent soms selfvertroetelend en te lank met ʼn onverwagse liefdestoneel. Maroela Media
New car sales rose 20% in November. Tehillah Niselow spoke to Brendon Staniforth, an automotive journalist for Maroela Media, to unpack what contributed to the increase in new car sales.See omnystudio.com/listener for privacy information.
Hierdie platoniese aanrakings speel ʼn groot rol in die huwelik, aangesien dit emosionele sekuriteit en intimiteit bevestig. Maroela Media
Intimiteit is nie iets wat vroeër jare juis bespreek is nie, daarom heers daar baie wanindrukke rondom die onderwerp, meen huweliksberader Louise Ehlers in episode een van Maroela Media se nuwe podsendingreeks oor intimiteit in die huwelik. Maroela Media
“Om The Five Love Languages deur Gary Chapman saam met jou huweliksmaat te lees, is ʼn briljante manier om te help bepaal watter liefdestale vir jou van meer waarde is.” Maroela Media
“Die huweliksmaat wat die trauma deurgemaak het, moet ook deur die proses leer om hul uitkyk op intimiteit te verander. In die verlede was dit iets wat hulle bang en seergemaak het, en nou is dit iets spesiaals wat hulle aan hul maat verbind.” Maroela Media
“Julle moet leer hoe om hierdie heilige spasie wat die Here vir jou as man en vrou gegee het te respekteer en sodoende die volle voorregte daarvan te benut.” Maroela Media
In episode twee van Maroela Media se podsendingreeks oor intimiteit in die huwelik, bespreek leraar Ian Dubery verslawing aan pornografie vanuit ʼn Christelike perspektief en verduidelik waarom hierdie verslawing so skadelik vir die huwelik is. Maroela Media
Dit is ʼn reuse-uitdaging, aangesien die span mik om ʼn allemintige 6 000 unieke strikkies op ʼn Renault Duster te plak. Maroela Media
Renault stel sy splinternuwe Kiger bekend en ons gaan ry met Jetour se T2, wat behoorlik die koppe laat draai. Passievol oor motorsport en Porsche? Dan móét jy die ‘60 years of Porsche Racing at Kyalami'-koffietafelboek in die hande kry. Motul was weer volstoom betrokke by die 'Roof of Africa' en 'n jonge heer leer vir 'n tannie 'n ding of twee, tydens die VW Rookie Cup Media Challenge. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
“Ons het so drie jaar gelede saam aan musiek begin skryf, en dit het ʼn rukkie gevat om ons klank te vind. Ons is uiteindelik op ʼn plek waar ons van ons musiek hou.” Maroela Media
“Ons wil vir Afrikaanse mense in hul eie taal ʼn uitdrukking van kerk wees.” Maroela Media
Dirk Kotzé, burgemeester van die Mosselbaai-munisipaliteit, reageer op berigte oor Hartland Akademie. Maroela Media
Die musikant Karla Bosch gesels in Maroela Media se ateljee oor haar nuwe album. Maroela Media
“Ek het aanvanklik vir hom half skertsend gevra of hy dit nie sommer met kunsmatige intelligensie wil doen nie – dis mos deesdae maklik om ʼn liedjie self te maak – maar hy het gesê hy wil hê dit moet spesifiek van my af kom.” Maroela Media
In hierdie week se episode het Volvo sy opgegradeerde XC60-sportnuts bekendgestel en die span vat die langpad met die splinternuwe Renault Duster. Hulle gaan maak 'n draai by Goeie Hoop Onderdele om meer oor hierdie familiebesigheid en oor Motul te gesels. Verder toets hulle die BMW R 1300 RT-motorfiets en deel 'n interessante MotoGP-feit. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
“Dit maak my uiters emosioneel om te weet dat dit ander vroue se werklikheid is.” Maroela Media
“Wat mense in die musiekvideo sien, is eintlik nie toneelspel nie, want ek is nie gemaak vir die plaaslewe nie.” Maroela Media
“Dis so te sê ʼn sing-dans-saamskree- Suid-Afrikaanse weergawe van ʼn sprokie met baie komedie – gesinsvermaak geskik vir almal.” Maroela Media
Brendan Peyper het in Maroela Media se ateljee gesels oor sy jongste kortspeelalbum, sy pad in die bedryf, voorlopige sekwestrasie en die trek terug Pretoria toe.a Maroela Media
“Jy moet jou in die skoene van ʼn kind plaas en probeer om soos hulle te dink. Dit het tien jaar as joernalis gevat om my voor te berei vir die skryf van ʼn kinderboek.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Tasha Zaaiman gesels in Maroela Media se ateljee oor haar pad as solokunstenaar, haar jongste enkelsnit en die geestelike ervaring wat sy in haar tyd op “Die Kontrak” gehad het. Maroela Media
“Reuk kan herinneringe en emosies ook teweegbring. As jy in ʼn ou huis instap of iets spesifieks ruik, ontlok dit soveel meer.” Maroela Media
Hierdie week vir Wiele2Wiele plaas hulle Omoda in die kollig - hulle toets die C9 400T Explore en die splinternuwe C7. Daar is 'n Motul-wenk, hulle gesels oor veilige volgafstande en vir 2Wiele word daar meer vertel oor vier Suid-Afrikaners wat ons vlag hoog laat waai. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Roedolf van der Westhuizen, uitvoerende hoof van Die MOS Inisiatief, en Lerina van Rensburg, hoof van Enso Akademie in Wonderboom, Pretoria het met Esté Meyer Jansen oor dié skool gesels. Hulle verduidelik die visie agter hierdie baanbreker- Afrikaanse skool: van die simboliek van die Enso-sirkel tot die droom om leerders te vorm wat die toekoms met selfvertroue en karakter aanpak. Kom luister na die volledige onderhoud om te hoor hoe hierdie nuwe sirkel van leer, lewe en groei deel van MOS se groter droom vir moedertaalonderrig is. Maroela Media
“Die Here was nog altyd goed vir my en my gesin, Hy't nog altyd vir ons gesorg. Hierdie prysgeld is natuurlik wonderlik, maar dit het vir my gevoel soos ʼn geleentheid om terug te gee.” Maroela Media
Roedolf van der Westhuizen, uitvoerende hoof van Die MOS Inisiatief, het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor hoe Afrikaanse onderwys in ʼn digitale wêreld nuwe vlerke kry. Hy vertel waarom hulle besluit het om MOS-Wêreldwyd se aanlyn kurrikulum na die grondslagfase uit te brei Maroela Media
Met inspirasie uit die handgeskrewe resepteboeke van Frik de Jager se ouma Lenie en sy ma Hermana, bied ‘Koesterkos' ʼn skatkis van resepte wat strek vanaf 1914 tot 1989. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele stel Alfa Romeo sy splinternuwe Junior bekend en hulle bring tyd agter die stuur van Isuzu se opgeknapte mu-X sewesitpleksportnuts. Daar is waardevolle olieraad en hulle vat jou terug na 1998, toe Yamaha sy legendariese R1-supermotorfiets aan die wêreld bekend gestel het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Behoorlike behuising is ʼn uitdaging vir talle veterane en daarom het die VAF huise in Klerksdorp, Roodepoort en Krugersdorp waar veterane kan woon teen ʼn lae bedrag vir huur. Elizabeth Bouwer, stigter van die VAF, en voorsitter kol. Luke Enslin, het in Maroela Media se ateljee gesels. Maroela Media
Hierdie week vir Wiele2Wiele stel Toyota sy splinternuwe GR Yaris Outo bekend - 'n verrigtingsikoon! Changan is in die land met vyf nuwe modelle en Jetour stel sy T-reeks bekend. Daar is ook waardevolle raad van Motul, die Killarney Motorskou vind komende naweek plaas en hulle gesels oor BMW se R 12 G/S-motorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings is al die afgelope paar jaar ʼn hoogtepunt op die Afrikaanse musiekkalender. Maroela Media
Toe Nicoleen Thirion (52) vyf jaar gelede met borskanker gediagnoseer is, het haar lewe vir ʼn oomblik byna stilgestaan. As iemand met geen ervaring van dié lewensveranderende siekte nie, het talle verdoemende scenario's in haar kop begin afspeel. Sy het egter vinnig besluit om dit nie as ʼn doodsvonnis te beskou nie. Maroela Media
“Ek is nog altyd baie geseënd met ʼn vreugdevolle gesindheid. Almal ken my as ʼn gelukkige mens." Maroela Media
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele stel MG sy nuwe ZS Pro bekend - 'n kompakte familie-voertuig. Leapmotor, deel van die Stellantis-groep, bring ook sy nuwe C10 REEV na die plaaslike mark. Die opgegradeerde sewesitplek Kia Carnival het die span behoorlik aan die gons. Daar word gesels met Taki Bogiages oor Motul en vir 2Wiele is die nuwe 2025 WSBK-kampioen bekroon. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
“Ek dink dit is die mooi ding van musiek: Elkeen kan ʼn ander betekenis in ʼn lied vind.” Maroela Media
“Ag, ek praat nie sommer meer oor dáárdie dae nie. Ek dink dis al lankal verby en mense het aanbeweeg. Ek kon gaan lê het, maar my wonde het my gemaak wie ek is. Vir my gaan my liedjie juis ook daaroor om te leer uit jou foute en jou lig helder te laat skyn.” Maroela Media
“Ek is hierdie jaar deur baie dinge. Ek het my loopbaan weer aan die gang gekry en is deur ʼn egskeiding, so ek is nou meer as ooit vantevore dankbaar vir my sirkel van mense.” Maroela Media
Terwyl Danny in ʼn klein vertrek in sy huis oor sy troudag geskryf het, het hy nie gedink dit sou soveel vreugde en emosies by ander getroude paartjies of aanstaandes op sosiale media ontketen nie. Maroela Media
“Ek verbaas myself steeds wanneer ek op televisie of in nuusberigte verskyn. Ek dink altyd: Sjoe, Melissa, jy het so ver gekom.” Maroela Media
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele was daar drie bekendstellings - die Volkswagen Transporter, Renault se Triber en die Volvo XC90. Daar is weer 'n tegniese wenk: moet jy in neutraal of in rat ry vir brandstofbesparing? Hulle bring ook vir jou al die jongste 2Wiele-nuus. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media