Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings. Met trots deel van Maroela Media.
“Daar is soveel stories van Afrikaans soos wat daar groeperings in die groter taalgemeenskap is.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Nege reusagtige, kleurvolle letters wat die woord “Afrikaans” spel, vertrek op 1 Mei saam met ʼn konvooi uit Pretoria. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
“Dit is ʼn ode aan my seun, want hy is tien monumente op die dorpslein werd.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
“Dit is ongelooflik opwindend, want as jy jou eie ding op jou manier doen dan word dit hanteer soos wat dit jou pas.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
“Vandat ek elke aand saam met my kinders lees, het ek mettertyd begin dink aan stories wat ek self graag saam met hulle sal wil lees.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Maroela Media het ʼn insetsel saamgestel met ʼn paar huldeblyke van mense wie se lewens hy aangeraak het. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Prof. Hans du Plessis se verwerking van 1 Korinthiërs 13. Voorgelees deur Johny Klein. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
“Daar is ʼn lewe ná mishandeling, egskeiding en eensaamheid. Jou lewe kan verander, solank jy net onwrikbaar vashou aan God se redding.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
“Min mense het geweet hoe fel die Bosoorlog in die noorde van die destydse Suidwes-Afrika en die suide van Angola regtig was.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Die bekende aanbieder se outobiografie vertel die verhaal van sy onstuimige grootwordjare op die Kaapse Vlakte en hoe hy bo sy omstandighede uitgestyg het. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Min dinge kom by Afrikaanssprekendes se byna natuurlike manier om die humor in situasies raak te sien en met oorgawe te lag. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
“Mense moenie dink hulle moet komitees stig en derduisende rande uitgee om deel te neem en Afrikaans se eeufeeswording te vier nie.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Jou bene onder die arms neem, soos ʼn sleg gestopte kafsak lyk, om ronde beentjies te hê … Kom luister wat Leon en Amanda de Stadler oor humor in idiomatiese Afrikaans sê. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
“Omdat Afrikaans en Engels so naby aan mekaar in Suid-Afrika leef as omgangstaal of spreektale, is dit tog logies dat ons woorde en begrippe by mekaar sal gaps en gebruik.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
“Die leeueaandeel neem”, “die sieke dra die gesonde”, “Sisufuos-arbeid verrig” – Leon en Amanda de Stadler gesels oor Afrikaanse sêgoed wat aan fabels ontleen is. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Baantjies vir boeties, witvoetjie soek, vol krupsies wees en ʼn bohaai opskop … Kom luister wat Leon en Amanda de Stadler oor spreekwoorde wat deur Nederlands geïnspireer is. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Al ooit die uitdrukking “jou Saterdag is langer as jou Sondag” gehoor? Luister saam na stories oor ʼn paar Afrikaanse uitdrukkings met interessante herkomste. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
“Mense hou in die algemeen nie van verandering nie, en jy moet so iets gewoonlik baie fyn bestuur.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Ons almal kan die volksliedjie “Vat jou goed en trek!”, maar waar kom dit vandaan en wie is die Ferreira van wie daar gesing word? Facebook · Toetentaal op Maroela Media
“Dit is belangriker vir jou om hier ʼn verskil te maak.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
As my skip gekom het, jou anker êrens laat val, iemand die loef afsteek ... Kom luister wat Leon en Amanda de Stadler oor spreekwoorde uit die skeepvaart sê. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
“In ons geskiedenis is daar min dinge wat so ʼn groot rol speel soos die trekkerslewe en die plaas.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Troeteldiere soos katte en honde verryk nie net mense se lewens nie, maar ook die Afrikaanse taal. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Al ooit die uitdrukkings “koffie deur die vlak jaag“ en “die brood dik smeer” gehoor? Luister saam na Leon en Amanda de Stadler se gesprek oor uitdrukkings, idiome en spreekwoorde uit die alledaagse lewe. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Iemand nie van Adam se kant af ken nie, Adam en Eva se skoene aantrek, ʼn Simsonsversugting slaak … Kom luister wat Leon en Amanda de Stadler oor spreekwoorde uit die geloofslewe sê. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
“Jy moet regtig van die eerste oomblik af kinders se aandag trek.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
“ʼn Mens leer nog al die tyd. Vyftig boeke ofte not.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
“Daar is twee goed wat my altyd met so tikkie heimwee na die huis laat verlang, en dit is pannekoek en skaapboud.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
“Sy is soms dwars, en sy het ʼn moeilike streep in haar, maar ʼn goeie hoofkarakter het ʼn bietjie sleg en ʼn bietjie goed in hulle.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Elke Afrikaanse gemeenskap moet ʼn oomblik stilstaan en dink waarom hulle Afrikaans is en hoe die taal van hulle gemeenskap lyk. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
“Die lekkerste en opwindendste deel is die besef dat ons betrokke by die viering van ʼn mylpaal is wat eers weer oor 100 jaar herdenk word.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Portchie, ʼn wêreldbekende en uiters suksesvolle Suid-Afrikaanse kunstenaar, het in sy loopbaan reeds byna 19 000 oorspronklike kunswerke geskep. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Waarom is die bewaring van plekname belangrik? Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Baardskeerdersbos, Struisbaai en Harpuisberg is enkele plekke wat hulle name te danke aan die natuur het. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
In die mond van sommige Suid-Afrikaners is die Karoo alles wes en suid van Bloemfontein. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Daar is ʼn ryk en diverse geskiedenis rondom die herkoms van Afrikaanse plekname, en ʼn gedeelte hiervan lê in Suid-Afrikaanse sendingdorpe. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
“Ek het nooit geweet dat ek drie kinders sou hê wie se moedertaal Afrikaans is nie of dat ek met ʼn Afrikaanse nooi sou trou nie.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
“Taalbevoegdheid is een van die bepalers wat akademiese sukses beïnvloed.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
“Hy bied eintlik onwetend ʼn veilige hawe vir hulle, en daarom voel Twalie dat sy in Frankel se skadu kan gaan sit en in hom kom wegkruip.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
“Enigiemand kan ʼn skrywer word, want elkeen het ʼn storie om te vertel.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
“Skryf het te doen met understanding dat jy iets het om te sê.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
“Die gulheid waarmee ek met elke besoek in Suid-Afrika ontvang word, laat my opnuut besef waarom ek sal aanhou om in Afrikaans te skryf." Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Hoe weet ʼn mens die groep of kerk waaraan jy behoort, is nie dalk ʼn kultus nie? En wat maak jy wanneer ʼn geliefde of vriend by so iets betrokke raak? Die joernalis Jana Marx van Devilsdorp-faam, het in Maroela Media se ateljee antwoorde op ʼn paar van hierdie vrae gegee. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
“Leer jou kinders om Afrikaans te praat, want solank as wat daar kinders is wie se moedertaal Afrikaans is, gaan daar niks met Afrikaans gebeur nie.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
“My ma kry my nog steeds jammer omdat ek nie vir ʼn baas werk nie,” skerts sy, “maar, dit was die beste ding wat ek vir myself kon doen.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
ʼn Bundel soos “Die lewe is ʼn asem lank” bied troos waar woorde ontbreek. Kom luister saam na ʼn paar bekendes se voorlesings van hierdie gedigte. Die podsending is deur NB-Uitgewers vervaardig en goedgunstiglik aan Maroela Media beskikbaar gestel. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Sommige mense is so op keurige taal gefokus dat hulle salig onbewus van die tientalle foute is wat in hulle eie taalgebruik opduik. Karien Brits noem hulle “taalskoorsoekers”. Facebook · Toetentaal op Maroela Media