Podcasts about vryheid

Place in KwaZulu-Natal, South Africa

  • 46PODCASTS
  • 115EPISODES
  • 21mAVG DURATION
  • 1EPISODE EVERY OTHER WEEK
  • Mar 24, 2025LATEST
vryheid

POPULARITY

20172018201920202021202220232024


Best podcasts about vryheid

Latest podcast episodes about vryheid

Nuus
IVP se rol in SA se vryheid kan nie onderskat word nie

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 24, 2025 0:17


IVP-president, Velenkosini Hlabisa, sê die party het ʼn groot nalatenskap en ʼn getuienis van volharding en integriteit. Die party het gister sy 50ste herdenking by die Prins Mangosuthu Buthelezi-stadion in Ulundi, in Noord-KwaZulu-Natal gevier. Die vieringe het op ʼn hartseer noot begin toe ʼn bus met ondersteuners op pad na die stadion op die R34 naby Vryheid omgeslaan het. Altesaam 22 mense is beseer. Hlabisa sê die IVP se rol in Suid-Afrika se soeke na vryheid, eenheid en demokrasie kan nie onderskat word nie:

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Gyselaarsonderhandeling

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Mar 8, 2025 3:07


Send us a text1 Petrus 1:18-19 Julle weet mos dat God betaal het om julle los te koop van die sinlose leefstyl wat julle van julle voorouers oorgeërf het. En dié losprys was nie dinge wat vergaan, soos goud of silwer nie. Inteendeel, dit was die kosbare bloed van Christus, soos dié van 'n lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is. (NLV) Die idee om gyselaar geneem te word, is een van die vreesaanjaendste dinge om aan te dink. Een of ander slegte persoon, gryp jou en eis dat iemand anders 'n onmoontlike losprys moet betaal; ‘n betaling waarvan jou lewe afhang.Wat ook al jou standpunt oor die konflik tussen Israel en Hamas oor die Gaza-strook is, dink ek nie één van ons kan nalaat om medelye te hê met daardie 251 mense wat tydens die aanval op Israel op 7 Oktober 2023, gyselaar geneem is. Ons kan onsself nooit indink in die vrees wat hul beleef het, toe hulle ontvoer is, en vir baie maande in duisternis gehou is, terwyl hulle een vir een gesterf het. Ons praat van die verskriklike werklikheid van ‘n ontvoering, maar kan jy vir een oomblik dink aan die gevoel van vreugde en verligting wanneer die losprys vir die ontvoerde betaal word? Petrus herinner die Christene wat in die eerste eeu nC dwarsdeur die Romeinse Ryk vervolg, geteer en geveer en gemartel is, daaraan, dat Jesus die losprys vir hulle betaal het.1 Petrus 1:18-19 Julle weet mos dat God betaal het om julle los te koop van die sinlose leefstyl wat julle van julle voorouers oorgeërf het. En dié losprys was nie dinge wat vergaan, soos goud of silwer nie. Inteendeel, dit was die kosbare bloed van Christus, soos dié van 'n lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is. (NLV)Ons is almal gyselaar geneem deur die sonde in ons lewens; ons rebellie teen God; die gedrag wat bygedra tot die verwoesting van ons lewens en die lewens van diegene rondom ons. Maar God het uit sy groot liefde die losprys vir ons betaal, nie met geld nie, maar met die dood van Jesus, sy Seun, aan die Kruis.Vryheid, is vandag en vir alle ewigheid gewaarborg vir elke gyselaar wat hul vertroue in daardie Losprys, Jesus, plaas. Volkome, ewige vryheid.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
Nujoma was laaste bevryder, maar stryd vir vryheid is nie verby nie

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 14, 2025 0:42


President Sam Nujoma was nie net Namibië se stigterspresident nie, maar, was ook die laaste van die groot bevrydingstrydrosse. Sy naam word verbind met name soos Kenneth Kaunda, Julius Nyerere, Nelson Mandela en meer, sowel as met die dekolonisering van Afrika. Maar, professor Nixon Kariithi, ‘n kenner in Afrika-aangeleenthede sê die stryd vir vryheid is nie verby nie.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Onderbenute Vryheid

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Feb 14, 2025 2:52


Send us a textFillipense1:20-21 Dit is my strewe en hoop dat ek nooit iets sal doen waaroor ek my sal hoef te skaam nie. Ek wil eerder, soos nog altyd, ook nou in my hele bestaan – of ek bly leef en of ek moet sterf – Christus met volle vrymoedigheid verheerlik. Want vir my is die lewe Christus, en die sterwe wins. (NLV) Het jy opgelet hoe moeilik dit word om jou mening te lug; om met vrymoedigheid te sê wat jy as waar beskou? Ja, namate die samelewing meer verdeeld geraak het, het die tradisionele gesinswaardes, byvoorbeeld, nie net al hoe minder belangrik geword nie, maar dit is heeltemal van die openbare platforms geskrap.Wat doen ‘n mens nou? Een antwoord is om net eenvoudig saam met die stroom te gaan. ‘n Ander een is om vasgevang te word in die strikke van samesweringsteorieë. Of, ons kan kerm en kla oor die vernietiging van die reg tot vryheid van spraak, wat immers 'n basiese mensereg behoort te wees!Daar is egter 'n ander benadering. Terwyl hy in die tronk in Rome was, het die apostel Paulus geskryf: Filippense 1:20-21 Dit is my strewe en hoop dat ek nooit iets sal doen waaroor ek my sal hoef te skaam nie. Ek wil eerder, soos nog altyd, ook nou in my hele bestaan – of ek bly leef en of ek moet sterf – Christus met volle vrymoedigheid verheerlik. Want vir my is die lewe Christus, en die sterwe wins. (NLV)Ten spyte van sy omstandighede, was hy ‘n nuwe mens. Hy is totaal verander deur sy ontmoeting met Jesus jare tevore op die pad na Damaskus. Eerder as om te hensop of te kla, het hy dinge deurgedink en besluit om dapper te wees en om vrylik oor Jesus te praat, want hy het geweet dat dit die belangrikste ding is waarvoor hy geroep is.Soos die 19de eeuse teoloog en filosoof, Soren Kierkegaard, eenkeer gesê het: dit is te maklik om vryheid van spraak te eis as 'n plaasvervanger vir die vryheid van denke – ‘n vryheid wat ons selde gebruik.Ja, my maat, wees dapper, getuig vrylik van Jesus wat gekom het om die wêreld te red.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Uiteindelik is daar Vryheid

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Feb 3, 2025 2:50


Send us a text2 Korintiërs 3:17 “Die Here” beteken hier “die Gees”, en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid. Vryheid. Daar's nou 'n woord waarvan ons almal hou ... tog beteken dit verskillende dinge vir verskillende mense op verskillende tye in hul lewens. Ek wonder, wat beteken dit vir jou, hier waar ons nou gesels? Is daar iets waarvan jy vrygemaak wil word? Wat is dit?Die realiteit van die lewe in hierdie onvolmaakte wêreld is dat ons almal uiteindelik ‘n las of twee dra waarvan ons smag om bevry te word: 'n Verpligting, 'n situasie, 'n verhouding wat jou totaal dreineer. Here, maak my vry!Maar die lewe gaan nooit perfek wees nie. Dit is onwaarskynlik dat daar ooit 'n tyd sal wees wanneer daar niks aan die gang sal wees wat jy nie daar wil hê nie. Ja, daar is seker maar altyd iets, nè?So hoe sal dit voel as daardie laste wat jou lam maak, hanteer kan word, sodat jy te midde daarvan, vryheid kan ervaar?2 Korintiërs 3:17 “Die Here” beteken hier “die Gees”, en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid.Jesus het gekom om jou vry te maak. Ja, om jou vry te maak, van die druk om aan God se standaard van volmaaktheid te voldoen! Daardie standaard wat lyk asof nie een van ons ooit in staat sal wees om dit te bereik nie! Vry van al daardie slegte goed wat ons doen, wat ons beroof van die oorvloedige lewe wat Jesus self gesê het Hy't gekom om dit vir ons te gee. Vry om alles te wees wat Hy ons gemaak het om te wees.Daar is niks meer bevredigend as wanneer die laste wat jou wil versmoor, van jou skouers afgeneem word nie. Wanneer dít gebeur, kan jy die wonder van die vryheid wat Jesus vir jou kom bring het, ervaar. Want op die plek waar die Gees van die Here is, is daar vryheid.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Stacey Norman
Big Walk Anthem: Lethu's tune leaves us wanting more!

Stacey Norman

Play Episode Listen Later Jan 22, 2025 10:21


Stacey and J Sbu sat down with 21-year-old Lethu from Vryheid to discuss his Big Walk Anthem entry for the Suncoast East Coast Radio Big Walk. Lethu is motivated by creating joy for others, he took the leap of faith and now he's a Top 5 finalist! If you missed it live, this is what went down!

Magalies Potgooi
[121] Vryheid

Magalies Potgooi

Play Episode Listen Later Dec 4, 2024 58:18


Nie die dorp in die Vrystaat nie - die idee dat jy kan doen wat jy wil. Ons praat oor verskil tussen lande, vryheid om vinnig te ry soos op die autobahn, vryhede waar jy jouself inperk, ens.

East Coast Radio Newswatch
ECR Newswatch @ 08H00

East Coast Radio Newswatch

Play Episode Listen Later Aug 29, 2024 4:01


A local property development company is confident a new shopping centre that has been built in Vryheid will boost employment in and around the northern KZN town. Website

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a Text Message.2 Korintiërs 3:17,18 “Die Here” beteken hier “die Gees”, en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid. Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.Wil jy graag vry van jou sondelas wees? Ek dink ons sal almal bitter graag vry wil wees. En die goeie nuus is dat dít juis om daardie rede is waarom Jesus na hierdie aarde toe gekom het. Om jou vry te maak.Hoe lyk die pad na vryheid? Nie in teorie nie, maar in die praktyk. Nie in ander mense se lewens nie, maar in joune? Komaan, hoe lyk dit eintlik? Wel, hier is God se beskouing van jou vryheid:2 Korintiërs 3:17,18 “Die Here” beteken hier “die Gees”, en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid. Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.As jy jou vertroue in Jesus gestel het, het jy die Heilige Gees ontvang. Dit is dié mens, wat sy geloof uitleef, wat glo dat Jesus is wie Hy sê Hy is; dat Hy gesterf het om vir hul sondes te betaal, en dat Hy weer opgestaan het om aan hulle 'n nuwe, ewige lewe te gee. En waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.Vryheid is dus nie iets waarvoor jy werk of wat jy vir jouself optower nie, dit is 'n gawe van God deur sy Teenwoordigheid in jou, elke minuut van elke dag vir die res van jou dae.En daardie vryheid skyn uit ons, as God se heerlikheid vir ander om te sien … terwyl Hy ons ruwe kante afskaaf, ons harte sag maak, ons nederig maak, ons genees, ons omvorm … terwyl Hy ons verander om soos Hy te wees.Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is. Dis goeie nuus.Want dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

ToekomsVenster
ToekomsVenster: Daar is vryheid

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later May 8, 2024 3:08


Hy bewoon die harte van God se kinders. Hy bevestig die vryheid waaraan kinders van die Here deel gekry het.

Nuus
Vryheid slegs vir paar mense wat met ANC verbind word: Malema

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 28, 2024 0:20


Die president van die EFF, Julius Malema, sê daar was die afgelope 30 jaar vryheid vir slegs vir 'n paar individue - diegene wat met die regerende party verbind word. Malema het die party se Vryheidsdagvieringe in Meadowlands, Soweto, gelei. Hy sê baie mense ly steeds onder die ANC. Daar is nie vryheid vir miljoene mense wat van plase afgesit word, by die werk uitgebuit word en of werkloos is nie.

Nuus
SA gaan ook in Namibië sy vryheid vier

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 24, 2024 0:18


Die Suid-Afrikaanse Hoë Kommissariaat in Namibië het planne aangekondig om Saterdag 30 jaar van vryheid en demokrasie te herdenk. Vierings sal reeds môre begin, onder die tema, die Bevordering van Groei. Die Suid-Afrikaanse Hoë Kommissaris in Namibië, Thenjiwe Mtinsto, sê die inisiatief is daarop gemik om gedeelde geskiedenis en vennootskap, solidariteit, en ubuntu te vier en pan-Afrika-eenheid tussen die twee lande te versterk.

East Coast Radio Newswatch
ECR Newswatch @ 13H00

East Coast Radio Newswatch

Play Episode Listen Later Dec 21, 2023 3:23


Ezemvelo KZN Wildlife has confirmed the escape of a herd of elephants at its iThala Game Reserve in Vryheid north of KZN last night. Website

Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans
Die Christelike vryheid (Galasiёrs 5:2-12)

Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans

Play Episode Listen Later Dec 4, 2023 26:01


God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Vryheid Paradoks

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Dec 4, 2023 2:34


Galasiërs 5:13 Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. Vryheid is iets waarna ons almal smag. Vryheid van dié dinge wat ons moedeloos maak; ons laste, ons verantwoordelikhede; en wat van moeilike verhoudings! Ja-nee, ons wil vry wees daarvan. En dit is glad nie snaaks nie. Ons wil vrygemaak word van daardie bagasie, sodat ons kan aangaan en die lewe geniet.Vir iemand wat nog nooit genoeg besit het om kop bo water te hou nie, sou dit darem wonderlik wees om uiteindelik genoeg te kan hê. Vir iemand wat al jare lank in 'n moeilike huwelik is, sal dit mos bevrydend wees om te kan aanbeweeg.Ja, ek weet: God het ons geroep om vry te wees – maar die soort vryheid waarvan Hy praat, is dalk nie die soort waaraan ons gedink het nie.Galasiërs 5:13 Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde.Die vryheid waarvan God hier praat, is vryheid van bose begeertes; vryheid van sonde; vryheid van die gevolge van al ons oortredings. En, om die waarheid te sê, ons hunkering na al daardie ander vryhede waarvan ons vroeër gepraat het, kan ons daartoe lei om die verkeerde dinge te doen – om oneerlik op te tree; om daardie moeilike huweliksmaat te verlaat, om … wel, om baie dinge te doen.Wanneer jy jou vertroue in Jesus plaas, is jy bevry van die laste van jou eie sonde. Dít is ware vryheid. Dié soort wat jou te midde van, en ten spyte van al die moeilikhede wat jou wil oorweldig, vrymaak …Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

GraceLife
Leef In Vryheid Met Jou Finansies - Deel 4 - Leef Vir Die Koninkryk - Tjaart Olivier (Piketberg)

GraceLife

Play Episode Listen Later Oct 29, 2023 49:25


Leef In Vryheid Met Jou Finansies - Deel 4 - Leef Vir Die Koninkryk - Tjaart Olivier (Piketberg) by GraceLife Podcast

GraceLife
Leef In Vryheid Met Jou Finansies - Deel 3 - Hoekom Gee Ons? - Tjaart Olivier (Piketberg)

GraceLife

Play Episode Listen Later Oct 22, 2023 36:55


Leef In Vryheid Met Jou Finansies - Deel 3 - Hoekom Gee Ons? - Tjaart Olivier (Piketberg) by GraceLife Podcast

GraceLife
Leef In Vryheid Met Jou Finansies - Deel 2 - Hoe Voorsien God? - Tjaart Olivier (Piketberg)

GraceLife

Play Episode Listen Later Oct 8, 2023 43:42


Leef In Vryheid Met Jou Finansies - Deel 2 - Hoe Voorsien God? - Tjaart Olivier (Piketberg) by GraceLife Podcast

ToekomsVenster
ToekomsVenster: Vryheid om regte keuses te maak

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Oct 3, 2023 3:07


Ons leef reeds nou vir altyd as ons glo dat Jesus die prys namens ons elkeen betaal het. Ons is vry, maar die vraag is, vry van en vry tot?

GraceLife
Leef In Vryheid Met Jou Finansies - Deel 1 - Wat Is Jou Fokus? - Tjaart Olivier (Piketberg)

GraceLife

Play Episode Listen Later Oct 1, 2023 41:24


Leef In Vryheid Met Jou Finansies - Deel 1 - Wat Is Jou Fokus? - Tjaart Olivier (Piketberg) by GraceLife Podcast

God se Woord VARS vir jou Vandag
Moenie jou Vryheid Misbruik Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 4, 2023 3:07


Galasiërs 5:13 Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. Kan jy dit glo, dit is alweer die vierde Julie. Dit maak nie saak waar op hierdie planeet jy woon nie, maar jy is seker bewus daarvan dat die VSA, die rykste land ter wêreld, vandag Onafhanklikheidsdag vier.Onafhanklikheid gaan oor vryheid. Ek wil nie ou koeie uit die sloot grawe nie, maar dit is 'n historiese feit dat Amerika se welvaart op die rug van slawerny gebou is; die verskriklike onderdrukking van mense op grond van hul etnisiteit en velkleur.Prys die Here dat dit nie meer die geval is nie. Maar het jy geweet dat die klein Wes-Afrikaanse land Liberië met 'n bevolking van net minder as 5 miljoen, in die middel 1800's gestig is deur geëmansipeerde slawe uit Amerika? Dit is die rede waarom sy vlag so baie soos die Amerikaanse vlag lyk, behalwe dat hulle net een ster in plaas van vyftig het.Teen die laat 1900's het militêre staatsgrepe en die wrede diktatuur van Charles Taylor tot ‘n burgeroorlog en verskriklike onderdrukking daar gelei. ‘n Mens sou dink dat geëmansipeerde slawe in vrede sal wil lewe, veral in ‘n land waar hulle naam – Liberië – vryheid verkondig, nè?Maar nee. Ek wil jou nie 'n kort geskiedenisles gee nie, die rede waarom ek Liberië as ‘n voorbeeld noem, is om vir jou te wys dat ons mense 'n wonderlike vermoë het om ons vryheid te verkwis; om die oorwinning met soveel negatiewe gedrag uit te kanselleer. Galasiërs 5:13Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde.Hierdie waarskuwing is nie slegs aan Amerikaners of Liberiërs nie, maar aan ons almal, want wanneer ons begin doen wat ons sondige natuur behaag, verkwis ons ons Godgegewe vryheid.Dien mekaar met liefde.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Boodskappe van hoop
Pinksterfees - Deur die Gees - Galasiërs 5

Boodskappe van hoop

Play Episode Listen Later May 28, 2023 19:39


https://youtu.be/g9HzVejst1k Die vryheid waarvan Paulus praat, is nie vryheid van alles nie, die vryheid deur Christus: Vryheid is om nooit weer bang te wees dat jy gestraf sal word vir jou sonde nie. Vryheid is om te weet dat God in Christus jou as sy kind aangeneem het. Vryheid is om te weet dat sonde nie meer jou baas is nie. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Taaltoffie
Daniel Strauss se jongste boek wys pad na finansiële vryheid

Taaltoffie

Play Episode Listen Later May 5, 2023 5:00


Daniel Strauss gebruik Dan se storie in ‘Werk soos 'n miljardêr' om wenke en raad te gee oor hoe om finansiële en persoonlike vryheid na te streef. Facebook · Toetentaal op Maroela Media

ToekomsVenster
ToekomsVenster: Tot vryheid geroep

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Apr 30, 2023 5:13


Heiligmaking is ʼn proses, trouens ʼn lewenslange proses. God bly besig om die Jesus-karakter in ons na vore te bring.

Sludge Underground Podcast

Andile & Treasure are chatting to one of Vryheid's best and one half of Groundzero, KayTee. They're touching on where it all began, new music, influences, the impact AKA's untimely death had on him & moreKayTeeSludge Undergroundhttps://www.sludgeunderground.comGet your Sludge Underground beanie here: https://www.sludgeunderground.com/store/Support the showWebsitehttps://www.sludgeunderground.comMerchhttps://www.sludgeunderground.com/storeInstagramhttps://www.instagram.com/sludgeundergroundTikTokhttps://www.tiktok.com/@sludgeundergroundYouTubehttps://www.youtube.com/channel/UCxyLW9b_W81ETvby7J4wmwATwitterhttps://twitter.com/Sludge031Facebookhttps://www.facebook.com/SludgeUnderground

Eden gemeente Preke
Sê "La Vie" - Episode 4 - Die misleidende idee van ons tyd oor sogenaamde seksuele "vryheid"

Eden gemeente Preke

Play Episode Listen Later Feb 13, 2023 27:20


Sludge Underground Podcast

Episode 280: MissHoli takes us on a journey that has seen her combine R&B and Hip-Hop to give listeners some of the finest Trapsoul music to come out of Vryheid. She's diving into how she keeps things professional with her MANager, who also happens to be her partner, some of Vryheid's shortcomings, her clothing brand & moreMissHolihttps://audiomack.com/nomholiwezizwe-sineqholo-kadumisa/songsSludge Undergroundhttps://www.sludgeunderground.comGet your Sludge Underground beanie here: https://www.sludgeunderground.com/store/Support the showWebsitehttps://www.sludgeunderground.comMerchhttps://www.sludgeunderground.com/storeInstagramhttps://www.instagram.com/sludgeundergroundTikTokhttps://www.tiktok.com/@sludgeundergroundYouTubehttps://www.youtube.com/channel/UCxyLW9b_W81ETvby7J4wmwATwitterhttps://twitter.com/Sludge031Facebookhttps://www.facebook.com/SludgeUnderground

God se Woord VARS vir jou Vandag
Aandring op Jou Regte

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jan 27, 2023 2:55


Johannes 15:13 Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê Op watter regte, dink jy, is jy vandag, met al die dinge wat om ons aangaan, geregtig? Daardie onaantasbare menseregte wat jy toegelaat moet word, om sonder inmenging, uit te leef.Dit blyk dat die lys menseregte waarop ons glo ons geregtig is, net elke dag langer word. Vryheid van denke, vryheid van spraak, vryheid van assosiasie, vryheid van godsdiens … wie sou daarteen argumenteer? Dis nie ‘n moeilike vraag nie. Dis diegene wat dinge sê waarmee ander nie saamstem nie. Dis diegene wat assosieer met mense wat ander onsmaaklik vind. Dis diegene wat glo jou godsdiens is sommer ‘n klomp gemors. Dis wat vandag in ons wêreld aangaan; mense eis dat hul sienings, hul oortuigings, hul lewenstyl, onder die vaandel van diversiteit, deur almal aanvaar en sommer toegejuig moet word.Kom ons kyk: as ek en jy oor iets verskil, en ek dring daarop aan dat jy met my moet saamstem, en jy dring daarop aan dat ek met jou moet saamstem … hoe goed gaan dit werk? Ek het nou die dag iets gelees wat my opgeval het: om op jou regte aan te dring sonder om jou verantwoordelikhede te erken, is nie vryheid nie, dis onvolwassenheid.As jy iemand is wat in Jesus glo, wat is jou verantwoordelikhede? Ons lees in:Johannes 15:13 Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.Ja, en soos die apostel Paulus dit later stel, het Jesus sy lewe vir ons afgelê, selfs terwyl ons in ons sonde sy vyande was.Dit lyk vir my of die enigste reg wat aan my as 'n dissipel van Jesus verleen word, is om my kruis op te neem en Hom te volg. En daar is ‘n prys om te betaal. Dit gaan baie kos!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

East Coast Radio Newswatch
ECR Newswatch @ 09H00

East Coast Radio Newswatch

Play Episode Listen Later Jan 8, 2023 3:12


A man is spending the weekend in police custody after he was caught allegedly with illegal explosives in his possession in Vryheid, in northern KZN.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Dit Is Heeltemal Verregaande

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Dec 9, 2022 2:47


Matteus 7:12 “Doen vir ander alles wat julle graag wil hê hulle vir julle sal doen. Dit is die kern van die wet en die profete.” (NLV)Oor die jare het ek baie mense ontmoet, wat op plekke woon waar hulle nie vryheid van spraak het nie. Wat my ontstel het terwyl ek na hul stories geluister het, is hul diep gevoel dat dinge onregverdig is. Vryheid van uitdrukking is iets wat die meeste van ons as 'n fundamentele mensereg sal beskou. En tog word daar vandag, selfs in samelewings wat hulself as oop en ruim-denkend beskou, vryheid van spraak vinniger as wat ons dink, afgetakel. Sir Winston Churchill het dit jare gelede nogal profeties gestel: Sommige mense se idee van vryheid van spraak is dat hulle vry is om te sê net wat hulle wil, maar as iemand anders iets terugsê, voel hulle beledig. En dit is baie dikwels hoe dinge vandag in gesprekke verloop. Ja, waar die een groep mense dink net hulle is reg, het beskaafdheid, liefde en begrip so te sê verdwyn. Die diskoers handel dikwels oor Christenskap; oor jou en my geloof in Jesus en oor die dinge wat God reg en verkeerd noem. Die opponerende magte probeer ons blokkeer; hulle wil ons verhoed om die waarheid te praat. Nou, hoe reageer ons dan? Deur terug te skree? Ek dink nie so nie. Jesus sê in:Matteus 7:12 “Doen vir ander alles wat julle graag wil hê hulle vir julle sal doen. Dit is die kern van die wet en die profete.” (NLV) Dink mooi: hoe sou jy wou hê dat jou teëstanders - diegene wat heeltemal ander sienings as jy het, diegene wat jou kritiseer en verkleineer - jou behandel? Wel, jy het gehoor hoe Jesus wil hê jy moet hulle behandel. En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
KZN-polisie fnuik plaasaanval

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 5, 2022 0:23


Die polisie in KwaZulu-Natal het oor die naweek 'n beplande plaasaanval in Vryheid gefnuik. Die woordvoerder van die polisie, Robert Netshiunda, sê lede van die anti-veediefstalspan het op 'n wenk oor 'n voertuig met twee insittendes reageer. Hulle was na bewering op pad om 'n plaas te beroof. Hy sê die verdagtes sal na verwagting eersdaags in die hof verskyn:

East Coast Radio Newswatch
ECR Newswatch @ 07H00

East Coast Radio Newswatch

Play Episode Listen Later Dec 5, 2022 3:09


Police say their KZN units have foiled an attack on a farm in Vryheid. They nabbed two suspects who were allegedly making their way to the northern KZN farm over the weekend.

Nuus
Vryheid van keuse: Namibië vaar goed, maar daar's ruimte vir meer

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 6, 2022 0:33


‘n Politieke ontleder stem saam met die bevindinge van Ghana-gebaseerde AfroBarometer-verslag, ‘n opname oor demokrasie, regering en lewenskwaliteit. Volgens die verslag ervaar meer as 80 persent Namibiërs vryheid van uitdrukking, 90 persent voel vry om by enige politieke party van hul keuse aan te sluit of in ‘n verkiesing te stem sonder om enige druk te ervaar. Daar is kommer met 76 persent Namibiërs wat in 2014 demokrasie verkies het, gedaal het tot 55 persent in 2021. Plaaslike politieke ontleder Ndumba Kamwanyah sê aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die land goed vaar in vergelyking met ander Afrika-lande, maar dat daar nog ruimte vir verbetering is.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Moenie jou Vryheid Prysgee Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Sep 21, 2022 3:10


Galasiërs 5:1 Christus het ons vrygemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder 'n slawejuk laat indwing nie. Vryheid is een van daardie begrippe waaroor baie mense hulle eie opinies het. Vryheid klink so edel dat ons dit almal begeer. Maar ongelukkig is die konsep van vryheid deur 'n selfsugtige, misleidende wêreld gekaap.Hier in die 21ste eeu, is die idee van absolute morele beginsels, van ‘n almagtige God, en die idee dat daar iets soos "sonde" bestaan… vir baie mense absoluut lagwekkend. Die wêreld kyk daarna en dink by homself, enigiemand wat dít glo, is heeltemal gek.En weet jy, selfs groot dele van die kerk is daarop ingestel om daardie morele opdragte, tot op ‘n punt waar hulle betekenisloos word, af te water.Maar God het elkeen van ons so lief, dat Hy ons uiteindelik konfronteer met die realiteit van die verskriklikheid van ons sonde. Hy leer ons wie Hy is en wat Jesus gedoen het om ons van daardie sonde vry te maak. Maar ‘n diep oortuiging van ons sondige rebelsheid gee ons ‘n nuwe geleentheid om te kies – óf ons die vergifnis waarvoor Christus sy lewe gegee het, gaan aanvaar en óf ons op ons eie sondige paadjie wil voortgaan.Dit was vir my 'n moeilike keuse om te maak, want my sonde was so groot. Die goeie nuus is dat, soos Dane Ortlund, ‘n Presbiteriaanse pastoor, dit stel: Jesus staan ons by téén ons sonde, nie teen óns as gevolg van ons sonde nie.Voorwaar goeie nuus! Maar nou is die vraag, hoekom sal ons terugval in ons sonde? Waarom sal ons dan ons vryheid prysgee en terugkeer na die boosheid van dít wat ons eens gedoen het, nadat ons die genade en barmhartigheid van God in Jesus Christus ontvang het? Kyk wat staan in:Galasiërs 5:1 Christus het ons vrygemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder 'n slawejuk laat indwing nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
SIM-kaart registrasie en media-vryheid

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 31, 2022 0:34


Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing bied vanoggend om tien-uur 'n seminaar aan oor verpligte SIM-kaartregistrasie kragtens Deel 6 van die Kommunikasiewet van 2009. Die tema is “Unpacking Threats to Media Freedom in Namibia”. Dit is sewe maande sedert die inwerkingtreding van verpligte SIM-kaart-registrasie en dit beteken effektief vanaf Januarie 2023 moet almal hul selfoonnommers geregistreer – wat in ander lande media-vryheid negatief beïnvloed het. Frederico Links, 'n navorser van die instituut, praat met Kosmos 94.1 Nuus.

Podlitiek
Ep. 188 - Natal self reggemaak, Zuma-saak en vryheid van spraak

Podlitiek

Play Episode Listen Later Aug 19, 2022 30:26


In die week se episode #ontnonsens Ernst van Zyl, Reiner Duvenage en Paul Maritz 'n paar sake van nasionale en internasionale belang - skakel gerus in!

Nuus
Pelosi se besoek kan Taiwanese se vryheid vinniger ontneem - kenner

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 3, 2022 0:38


Die besoek van die speaker van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers Nancy Pelosi aan Taiwan lok steeds reaksie uit. China, wat reeds teen die besoek gewaarsku het, ag Taiwan as deel van hom maar, die VSA ag die eiland as onafhanklik en demokraties. Die plaaslike politieke ontleder en kenner van Chinese politiek, dr. Charles Mubita sê China se opsies is beperk in enige werklike reaksie wat hy kan toon maar, dit kan lei tot ‘n uiteindelike beperking van vryheid vir Taiwan, wat teenstrydig sal wees met wat die VSA vir die land wil hê.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Maak Seker van die Feite

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jun 23, 2022 3:06


Johannes 16:13,14 Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig. Hy sal My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig.Fopnuus is nie net 'n politieke cliché nie. Dit is 'n diepgaande probleem, vol swak akteurs en selfs skelm regerings, wat doelbewus sosiale saamhorigheid ondermyn, deur leuens op 'n massiewe skaal te vervaardig.Vryheid van spraak en die gebrek van aanspreeklikheid op daardie platforms, het die sosiale media baie mag gegee. In reaksie op al die fopnuus, het sommige platforms (veral Facebook, maar ook ander) "feite-kontrole"-regimes in plek gestel.Dis ‘n oulike idee, maar die probleem daarmee is dat die waarheid, in hierdie tyd waarin ons leef, baie afhanklik is van wie daarna kyk. Die politieke en ideologiese perspektief van die sogenaamde feite-kontroleerders, word deur baie mense as net nog 'n dimensie van die vals-nuus-probleem beskou.Nou ja, hoe bepaal óns, wat in Jesus glo, wat die waarheid werklik is? Ons lees hoe Jesus dit gestel het in:Johannes 16:13,14 Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig. Hy sal My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig.Dit is so maklik om vasgevang te word in ‘n ideologie hier, of ‘n dogma daar; tot op die punt waar baie Christene se politieke agendas meer relevant is, as dít wat Jesus ons geleer het.As Hy waarlik die Here van ons lewens is, dan moet sy Woord die belangrikste element in ons lewens wees; sy Gees van waarheid moet ons harte en verstand oorheers, sy troon is die enigste troon waarvóór ons knieë moet buig.Laat die Gees van die waarheid toe om Jesus in jou lewe te verheerlik, terwyl jy al die ander gode versaak.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Herdenkingsdag of Memorial Day

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 30, 2022 2:58


Eksodus 12:14 “Hierdie dag moet vir julle 'n gedenkdag wees. Julle moet dit as 'n fees tot eer van die Here vier. Vir julle nageslag moet dit 'n vaste instelling wees wat hulle moet vier.Dit maak nie saak waar jy woon nie, maar in die verlede van elke land is daar mans en vroue wat hul lewens vir hul land opgeoffer het om vir jou vryheid te gee. Dit is werklik 'n ontnugterende gedagte.Vandag is Herdenkingsdag, Nasionale Roudag, of Memorial Day, in die Verenigde State, 'n dag waarop die land die weermagslede wat hul lewens in diens opgeoffer het, onthou, eer en hul dood betreur. 'n Gedenkteken, 'n standbeeld of ‘n struktuur word gewoonlik gebruik om ons aan ‘n belangrik gebeurtenis te herinner.Dit hoef nie net ‘n fisiese simbool te wees nie. Die meeste van die tyd leef die herinneringe aan die gestorwenes in mense se harte, aangesien hulle die prys onthou wat daarvoor betaal is.Toe God Israel uit die slawerny in Egipte bevry het, moes elke huishouding 'n lam slag en sy bloed aan hulle deurkosyne verf. Hierdeur het die doodsengel gesien in watter huise die Israeliete woon, sodat die laaste plaag wat Farao en die hele Egipte getref het, hulle sou oorslaan. Ons lees in die Bybel in:Eksodus 12:14 dat God beveel het: “Hierdie dag moet vir julle 'n gedenkdag wees. Julle moet dit as 'n fees tot eer van die Here vier. Vir julle nageslag moet dit 'n vaste instelling wees wat hulle moet vier.Maar dit was net 'n voorsmakie van die ware redding wat sou kom. Baie jare later het Jesus, die Lam van God, Sy bloed gestort om vir ons ons vryheid te koop. Vryheid van die sonde wat ons lewens vernietig. Ook die vryheid van God se toorn op die oordeelsdag, wanneer ons, soos ons almal weet, voor Hom sal moet staan. Dit is prysenswaardig vir nasies om 'n dag opsy te sit as herinnering aan diegene wat hul lewens opgeoffer het om die vryheid vir ander te verseker. Maar ons weet die grootste offer van almal, was die dood van Jesus aan die Kruis. ‘n Ware gedenkdag.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Afrikaans Vandag met Annemie
Vlug om Vryheid en ‘n klip in die modderstroom

Afrikaans Vandag met Annemie

Play Episode Listen Later Apr 15, 2022 11:04


Ag die storie laat mens dink

Podlitiek
Onderhoudreeks - Ernst Roets

Podlitiek

Play Episode Listen Later Mar 10, 2022 61:06


In hierdie episode van ons onderhoudreeks gesels ons met Ernst Roets, Hoof van Beleid en Aksie by AfriForum.Skakels na Ernst se werk:Twitter: @ErnstRoetsWebtuiste: AfriForum.co.zaONDERSTEUN #ONTNONSENS​​​​​​​​. ☕ Koop vir Podlitiek 'n koppie koffie ► www.buymeacoffee.com/podlitiek​​​✉️ Ondersteun ons op Patreon ► www.patreon.com/podlitiekVir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie!Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/yybtvhcsPodlitiek op Spotify ► https://tinyurl.com/podlitiekspotify​​​​​​​​Podlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/Podlitiek​​Podlitiek op Telegram ► https://t.me/podlitiek

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 27 Februarie 2022 Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Play Episode Listen Later Feb 27, 2022 30:16


Lees: Ef 4:1-16. Fokus: Ef 4:15. Groei na Christus deur in liefde by die waarheid te bly. As ons nie meer groei nie, is ons besig om te sterf. Jou opgroei in Christus word bepaal deur die hoeveelheid waarheid jy in liefde lewe. Waarheid sonder liefde lei tot die slawerny van ‘n wettiese lewe (Gal 5:1,2). Christus het reeds gekom om ons vry te maak deur aan sy waarheid vas te hou uit liefde (Joh8:31,32). Die duiwel is die vader van alle leuengedagtes (Joh 8:44) en hy gebruik leuengedagtes om beheerte kry oor ons gelowiges se denke. Dan is hy in beheer van ons totale lewe. As die duiwel met sy leuengedagtes kom om ons denke daarmee te probeer bind, dan wys Christusvir ons deur die Bybel wat God se waarheid is in die lig van sy kruis. So word die duiwel se leuensontbloot en kan ons dit verwerp in ons denke. Vryheid van leuens maak groei moontlik! Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoekom is groei na Christus so belangrik? Hoe rig Satan ‘n “vesting” op in ons denke? Vul in: Volgens Satan is jou waarde = jou prestasies + mense se opinie van jou. Volgens God sewaarheid is jou waarde = Christus se prestasies + G..... se opinie van jou! Hoe maak Christus jou vry van “vestings” in jou denke? Wat beteken dit om Christus as die Waarheid te leer ken?

Podlitiek
Ep. 168 - EFF hofsaak, gaan Mpofu kraak & Joe Rogan se vryheid van spraak

Podlitiek

Play Episode Listen Later Feb 11, 2022 35:12


In vandag se episode #ontnonsens Ernst, Daniël en Paul AfriForum se hofsaak teen die EFF, die druk wat teen adv. Dali Mpofu bou asook die omstredenheid oor Joe Rogan.ONDERSTEUN #ONTNONSENS​​​​​​​​. ☕ Koop vir Podlitiek 'n koppie koffie ► www.buymeacoffee.com/podlitiek​​​✉️ Ondersteun ons op Patreon ► www.patreon.com/podlitiekVir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie!Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/yybtvhcsPodlitiek op Spotify ► https://tinyurl.com/podlitiekspotify​​​​​​​​Podlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/Podlitiek​​Podlitiek op Telegram ► https://t.me/podlitiek

Nuus
Geingob sê Tutu het ook bygedra tot Namibië se vryheid

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 27, 2021 0:26


President Hage Geingob het sy medelye met die mense van Suid-Afrika uitgespreek na die afsterwe van emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Geingob het hom beskryf as 'n toegewyde vryheidsvegter. Tutu is Sondag in die ouderdom van 90 in Kaapstad dood. In sy boodskap het Geingob Tutu beskryf as 'n man van sterk oortuiging en 'n anti-apartheidsikoon wat vasgestaan het tydens die bevrydingstryd van beide Suid-Afrika en Namibië. Huldeblyke aan Tutu stroom in van regoor die wêreld en hy sal op Nuwejaarsdag in Kaapstad ter ruste gelê word. 'n Routydperk is vir die buurland aangekondig wat van krag sal wees vanaf die formele aankondiging van die begrafnis tot die aand voor die begrafnisdiens. Die nasionale vlag sal regdeur die buurland en by Suid-Afrikaanse diplomatieke sendings in die buiteland halfmas hang. President Cyril Ramaphosa het Tutu beskryf as Suid-Afrika se grootste patriot.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Nederige Koning

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Dec 21, 2021 2:43


Sagaria 9:9 Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou koning sal na jou toe kom. Hy is regverdig en hy is 'n oorwinnaar, hy is nederig en hy ry op 'n donkie, op die hingsvul van 'n donkie.Alhoewel 'vryheid' nie 'n woord is wat ons gewoonlik met Kersfees assosieer nie, vorm dit die kern van die Kersverhaal.God se uitverkore volk het op die stadium toe Jesus gebore is, al vergeet hoe dit voel om ‘n goeie koning te hê.Ons kan vandag baie lekker mor en kla oor ons regering, maar die arme Israeliete was toe Jesus gebore is, al vir eeue lank onder die tirannieke Romeinse bewind. Om dit erger te maak was koning Herodes wat oor Judea geheers het, ‘n bondgenoot van die Romeine.Maar kyk wat het die profeet Sagaria reeds eeue tevore oor die koms van 'n ander koning voorspel:Sagaria 9: 9 Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou koning sal na jou toe kom. Hy is regverdig en hy is 'n oorwinnaar, hy is nederig en hy ry op 'n donkie, op die hingsvul van 'n donkie.Jesus was inderdaad 'n heel ander soort koning vir Israel. Hy was 'n goeie koning, 'n nederige koning. Hy is nie net in 'n nederige stal in Bethlehem gebore nie, maar Hy het drie dekades later, op pad na die Kruis, op 'n donkie gery, wat simboliseer dat Hy nederig en in vrede die stad binnekom.Wanneer ons Hom die Koning en die Here van ons lewe maak, dan ontdek ons vryheid. Vryheid van die tirannieke heerskappy van ons sonde. Vryheid van die leuens van hierdie wêreld. Vryheid om te wees wie Hy ons gemaak het deur die oorwinning wat Hy behaal het.Jesus, die goeie Koning, die nederige Koning. Hy het gekom om jou vry te maak.Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Vryheid moet Opbouend Wees

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Oct 26, 2021 2:56


1 Korintiërs10:23,24 Daar is mense wat sê: “Alles is geoorloof.” Ja, maar nie alles is heilsaam nie. “Alles is geoorloof,” sê hulle. Ja, maar alles is nie opbouend nie. 'n Mens moet nie sy eie voordeel soek nie, maar dié van ander.Jesus het belowe dat as Hy ons vry maak, sal ons werklik vry wees! Regtig, heeltemal vry. En tog beteken vryheid verskillende dinge vir verskillende mense. Wat beteken vryheid vir jou? Dit was beslis ‘n baie interessante tyd toe die Nuwe Testament destyds geskryf is. Dit is die tyd toe die Christendom gebore is uit Judaïsme. Ons nuwe verhouding met God, naamlik die 'Nuwe Verbond' is gebore uit ons ou verhouding met Hom, die 'Ou Verbond'.Dit het beteken dat die nuwe gelowiges, diegene wat geglo het aan die dood en opstanding van Jesus, die Seun van God, vry was van 'n hele klomp ou reëls. Dit was skielik aanvaarbaar om byvoorbeeld varkvleis te eet. Skielik het baie van die godsdienstige rituele van die verlede nie meer saak gemaak nie.Daarom skryf Paulus in:1 Korintiërs 10: 23,24 Daar is mense wat sê: “Alles is geoorloof.” Ja, maar nie alles is heilsaam nie. “Alles is geoorloof,” sê hulle. Ja, maar alles is nie opbouend nie. 'n Mens moet nie sy eie voordeel soek nie, maar dié van ander.Met ander woorde, jy moet nie jou nuutgevonde vryheid gebruik as lisensie om te doen net wat jy wil nie. Moet dit nie nou sien as die reg om op ander mense te trap nie. Dit was destyds in daardie konteks waar en dit is vandag nog waar.Hopeloos te veel Christene is gefokus op hul vryhede, hul regte, dit waarop húlle geregtig is ... en hulle vergeet dat dit dikwels ander mense kan seermaak wanneer hulle daarop aandring. Ons vergeet dat ons dikwels op ander trap as ons opstaan.As die Seun van die mens (Jesus) jou vrygemaak het, dan is jy inderdaad vry ... Ja, maar alles is nie opbouend nie. 'n Mens moet nie sy eie voordeel soek nie, maar dié van ander. Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

ToekomsVenster
ToekomsVenster: 'n Lewe van vryheid, vreugde en vrede

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Oct 20, 2021 2:56


Hy nooi ons uit tot ʼn lewe van vryheid, vreugde en vrede, ongeag hoe moeilik dinge somtyds kan wees.

InVia Gemeente
Geloof/Sekerheid: Sekerheid sonder Geloof deur Theo Geyser

InVia Gemeente

Play Episode Listen Later Oct 13, 2021 17:35


"Daar word baie gepraat van die eerste helfte van jou lewe en die tweede helfte van jou lewe. Ontreddering help jou om die essensie van ons lewe in God raak te sien. En alles raak te sien wat ons dink ons kan red. Hierdie fase vra vir nederigheid, en die erkenning van my eie ego-kragte (in Bybelse terme: vlees) wat aan my Vryheid belowe."

Farmer's Inside Track
A guide to farming with cannabis in Mzansi

Farmer's Inside Track

Play Episode Listen Later Sep 15, 2021 25:24


The cannabis craze hit Mzansi a while ago when it was ‘legalized' in South Africa. But navigating the legal hoops to farm with this crop is tricky. This week on Farmer's Inside Track we share a guide to farming with cannabis, plus ins and outs of selling this crop on the market! In our farmer development segment Francois le Grange, FarmSol agri-specialist in KwaZulu-Natal advises any up-and-coming farmers to start incorporating technology in their farming business sooner than later to ensure they keep up with the latest trends as well as improve their chances of producing profitable yields.  Agricultural exports are expected to reach record levels this year. Mzansi is boasting with its's second largest export earnings on record of $10.2bn in the first quarter. Dawie Maree, Head of Information and Marketing at FNB Agriculture believes the outlook for the rest of the year remains favourable.  This week's #SoilSista, powered by Food for Mzansi and Corteva we also meet Lesego Morapeli, a North West rabbit farmer who saw a gap in the market and…well, the rest is history. Lesego is also this week's Soil Sista, powered by Food for Mzansi and Corteva Agriscience. On the top of our reading list this week is, Farmer Innovation in Africa: A Source of Inspiration in Agricultural Development by Chris Reij & Ann Waters-Bayer. And, our farmer tip of the week comes Ayanda Ntshangase is a vegetable farmer based in Vryheid, Kwazulu Natal. 

The Anglo-Boer War
Episode 121 - – The Kenyan Trek Boers of Eldoret & Smuts goes swimming

The Anglo-Boer War

Play Episode Listen Later Jan 12, 2020 22:25


General Jan Smuts is making merry in the Cape, trying to stoke uprisings, while Lord Kitchener's been more successful in clearing the Eastern Transvaal, forcing General Louis Botha to shift towards Vryheid and along the border between the Transvaal and Natal. General Christiaan de Wet is active in the Free State, while General Manie Maritz has continued his low level harassment of the British across the Free State and Cape. I haven't spent much time on Maritz mainly because there is not a great deal of documentation about exactly what he got up to on a daily basis – unlike the other generals we've been following for two years. He is also one of the most bigoted, warped and psychotic men who held a weapon during this terrible war who tended to lie quite a bit in his memoirs. During the Anglo-Boer war he was the only Boer General we know about took a great deal of pleasure in killing blacks instead of British. He seemed inclined to shoot all blacks he found. His most heinous act was lining up all 35 men of a Khoi village at the end of the war and shooting them down in cold blood in what became known as the Leliefontein Massacre. I will have more detail about this in later podcasts. Maritz evaded execution at war's end for what were really war crimes. After all, the Australian Breaker Morant the Australian was executed by the British for a similar spree as he went about executing at least a dozen Boers in cold blood. But back to 1902. General Koos de la Rey is also still free, roaming the veld in the far west of the Transvaal and he has been particularly successful around Rustenburg, Mafikeng, Marico, Zeerust and other smaller towns in the region. We will also hear about how Trek Boers ended up founding the Kenyan town of Eldoret. It was established by the Boers in the midst of the farms they created, and known by locals as Sisibo because of the main farm number 64 – or Sisibo in the local language. Sixty more Afrikaner families arrived in 1911, by then it had a post office and was officially named as Eldoret which continued to prosper. Eventually the railway line reached Eldoret in 1924 accelerating growth, then in 1933 electricity arrived along with an airport. By the 1950s the town was literally divided in two along the main street now called Uganda Road, with Afrikaners living in the north of the divide, and English speakers on the South.