Wiele2Wiele

Follow Wiele2Wiele
Share on
Copy link to clipboard

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.

Maroela Media

Donate to Wiele2Wiele


    • Feb 20, 2026 LATEST EPISODE
    • every other week NEW EPISODES
    • 23m AVG DURATION
    • 502 EPISODES


    More podcasts from Maroela Media

    Search for episodes from Wiele2Wiele with a specific topic:

    Latest episodes from Wiele2Wiele

    Wiele2Wiele ry Leapmotor se C10 REEV

    Play Episode Listen Later Feb 20, 2026 26:51


    Wiele2Wiele het die jaarlikse Stand van die Motorbedryf-aanbieding (Somi) deur Toyota Suid-Afrika bygewoon vir die jongste nuus uit die bedryf, asook watter nuwe Toyota-modelle op pad is. Hulle gaan ook ry met Leapmotor se C10 REEV, wat staan vir Range Extended Electric Vehicle. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry Tata Tiago

    Play Episode Listen Later Feb 12, 2026 26:39


    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou wat nuus is by Volkswagen SA na afloop van die jaarlikse VW Indaba. Hulle gaan ry ook met die Tata Tiago, met 'n beginprys van R185 000. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    tiago tata hulle maroela media
    Wiele2Wiele gesels oor Motor van die Jaar-finaliste

    Play Episode Listen Later Feb 6, 2026 26:52


    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle vir jou wie die 18 finaliste vir die SAGMJ se Motor van die Jaar-kompetisie is en spandeer ook tyd met een van daardie finaliste – die Volvo EX90 Twin Performance Ultra. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    motor jaar finaliste maroela media
    Wiele2Wiele ry nuwe JMC Vigus-bakkie

    Play Episode Listen Later Jan 30, 2026 24:49


    Hierdie week vir Wiele2Wiele ervaar hulle die nuwe JMC Vigus enkel- en dubbelkajuitbakkie, beskikbaar vanaf R299 900. Hulle bring ook tyd met die Ford Everest Sport SIP deur en vertel jou van die enjinveranderinge wat in 2026 op pad is. Verder deel hulle 'n tegniese wenk oor hibriede voertuie en spekuleer oor wat 2026 vir MotoGP en WorldSBK kan inhou. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele gooi kollig op SA'ners se Dakar-stories

    Play Episode Listen Later Jan 23, 2026 20:18


    Wat verg dit regtig om die Dakar te voltooi? Die Wiele2Wiele-span het gaan uitvind. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    stories dakar gooi maroela media
    Wiele2Wiele ry Toyota Hilux Legend 55

    Play Episode Listen Later Jan 15, 2026 25:31


    Terwyl Toyota Hilux'e oor die duine van Saoedi-Arabië vlieg by die Dakar-veldtydren, bring die span van Wiele2Wiele tyd deur met die Toyota Hilux Legend 55 en vertel jou alles oor hierdie legende. Met die uitmergelende Dakar-ren wat tans aan die gang is, verduidelik Toyota Gazoo Racing SA se Guy Botterill en Saood Variawa hoe hulle voorberei vir die enorme sandduine en vir Dakar-navigasie. Die Southern Africa Dakar Group gaan ook vir jou vertel hoe jy nog hierdie week Motul-pryse kan wen. Vir die tegniese wenk van die week vra hulle die vraag of 2026 die jaar van elektriese bakkies gaan wees en hulle bring vir jou die jongste motorfietsnuus, insluitend alles oor die FIM World Supercross Championship. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele: Agter die skerms by Dakar

    Play Episode Listen Later Jan 9, 2026 25:43


    Wiele2Wiele is terug vir 2026 en hulle wiele is weer aan die rol. Met die Dakar-veldtydren wat tans in volle swang is in Saoedi-Arabië, plaas hulle die kollig op een van die wêreld se uitmergelendste veldtydrenne. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    dakar saoedi arabi maroela media
    Wiele2Wiele ry BMW M2

    Play Episode Listen Later Dec 12, 2025 24:06


    Hierdie week vir Wiele2Wiele raak almal liries oor die BMW M2 - 'n motor wat jy nie sonder handskoene aanpak nie. Hulle vat jou ook saam op 'n rit met die BYD Dolphin Surf. Daar is waardevolle raad oor verkoelingsvloeistof en 'n ‘Japannese Ducati' pronk nou in hierdie motorhuis. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry Tucson en nuwe J5

    Play Episode Listen Later Dec 5, 2025 23:52


    Wiele2Wiele vat die langpad met die Hyundai Tucson en spandeer ook tyd agter die stuur van Jaecoo se splinternuwe J5. King of the Whip 2025 was verlede naweek en waar daar motorsport-aksie is, is Motul daar. Clinton gesels ook met sy seun, Tristin Pienaar, wat bekroon is as die PE200-wenner én die 2025 SAES National Superbike Cup-kampioen. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry Jetour T2

    Play Episode Listen Later Nov 28, 2025 26:27


    Renault stel sy splinternuwe Kiger bekend en ons gaan ry met Jetour se T2, wat behoorlik die koppe laat draai. Passievol oor motorsport en Porsche? Dan móét jy die ‘60 years of Porsche Racing at Kyalami'-koffietafelboek in die hande kry. Motul was weer volstoom betrokke by die 'Roof of Africa' en 'n jonge heer leer vir 'n tannie 'n ding of twee, tydens die VW Rookie Cup Media Challenge. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry nuwe Duster

    Play Episode Listen Later Nov 21, 2025 24:51


    In hierdie week se episode het Volvo sy opgegradeerde XC60-sportnuts bekendgestel en die span vat die langpad met die splinternuwe Renault Duster. Hulle gaan maak 'n draai by Goeie Hoop Onderdele om meer oor hierdie familiebesigheid en oor Motul te gesels. Verder toets hulle die BMW R 1300 RT-motorfiets en deel 'n interessante MotoGP-feit. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele: Omoda in kollig

    Play Episode Listen Later Nov 14, 2025 25:06


    Hierdie week vir Wiele2Wiele plaas hulle Omoda in die kollig - hulle toets die C9 400T Explore en die splinternuwe C7. Daar is 'n Motul-wenk, hulle gesels oor veilige volgafstande en vir 2Wiele word daar meer vertel oor vier Suid-Afrikaners wat ons vlag hoog laat waai. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry opgeknapte mu-X

    Play Episode Listen Later Nov 6, 2025 26:24


    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele stel Alfa Romeo sy splinternuwe Junior bekend en hulle bring tyd agter die stuur van Isuzu se opgeknapte mu-X sewesitpleksportnuts. Daar is waardevolle olieraad en hulle vat jou terug na 1998, toe Yamaha sy legendariese R1-supermotorfiets aan die wêreld bekend gestel het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele: GR Yaris kry outo-ratkas

    Play Episode Listen Later Oct 31, 2025 26:26


    Hierdie week vir Wiele2Wiele stel Toyota sy splinternuwe GR Yaris Outo bekend - 'n verrigtingsikoon! Changan is in die land met vyf nuwe modelle en Jetour stel sy T-reeks bekend. Daar is ook waardevolle raad van Motul, die Killarney Motorskou vind komende naweek plaas en hulle gesels oor BMW se R 12 G/S-motorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele: Kia se Carnival opgekikker

    Play Episode Listen Later Oct 23, 2025 26:19


    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele stel MG sy nuwe ZS Pro bekend - 'n kompakte familie-voertuig. Leapmotor, deel van die Stellantis-groep, bring ook sy nuwe C10 REEV na die plaaslike mark. Die opgegradeerde sewesitplek Kia Carnival het die span behoorlik aan die gons. Daar word gesels met Taki Bogiages oor Motul en vir 2Wiele is die nuwe 2025 WSBK-kampioen bekroon. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele: Nuwe Transporter, Triber en XC90 bekendgestel

    Play Episode Listen Later Oct 17, 2025 25:54


    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele was daar drie bekendstellings - die Volkswagen Transporter, Renault se Triber en die Volvo XC90. Daar is weer 'n tegniese wenk: moet jy in neutraal of in rat ry vir brandstofbesparing? Hulle bring ook vir jou al die jongste 2Wiele-nuus. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry inprop-hibried Velar

    Play Episode Listen Later Oct 9, 2025 25:30


    Hierdie week vir Wiele2Wiele ry hulle met Range Rover se inprop-hibried Velar, die Opel Grandland en hulle bring ook tyd met die Volkswagen Tayron deur. Motul gee raad oor gedokterde diesel en die span deel die jongste nuus uit die motorfietswêreld. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele: Heeltyd speeltyd met Mini en BMW

    Play Episode Listen Later Oct 2, 2025 26:54


    Hierdie week vir Wiele2Wiele is dit heeltyd speeltyd met die Mini Cooper JCW en BMW se M135. Hulle gesels oor al die goed wat jy in jou motor doen wanneer jy in verkeer vassit. Daar word ook oor Marc Márguez, wat pas as die 2025 MotoGP-kampioen gekroon is, gesels en kyk terug na alles wat hy sedert 2020 moes trotseer om weer bo uit te kom. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry met twee BMW's

    Play Episode Listen Later Sep 26, 2025 25:42


    Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele 'n draai met BMW se 118 en sy wilde boetie, die M235. BYD het sy splinternuwe Dolphin Surf  bekendgestel - tans die bekostigbaarste elektriese motor in Suid-Afrika.  Ons deel praktiese raad oor ‘run-flat'-bande en gesels oor die indrukwekkende BMW R 1300 GS Adventure-motorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry Audi se A3-sedan

    Play Episode Listen Later Sep 19, 2025 24:29


    Hierdie week vir Wiele2Wiele vier Toyota sy Hilux se ryke geskiedenis in Suid-Afrika met die bekendstelling van die Hilux Legend 55. Vir die padtoets van die week klim die span agter die stuur van die Audi A3 sedan in. Daarna kyk hulle terug na die naweek se motorsport-aksie met die Extreme Festival se GR Cup en vertel jou meer van die 'Killarney Time Attack Powered by MasterDrive' wat hierdie komende naweek plaasvind. Hulle gesels ook met Clinton oor sy Moto Bike Shed-storie en wat hulle alles vir jou kan bied. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele: Mazda, Volvo en Audi onder die loep

    Play Episode Listen Later Sep 13, 2025 25:38


    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele was daar drie padtoetse: die Mazda CX-30 wat propvol standaardspesifikasies is, die Volvo C40 Recharge wat die koppe laat draai en die Audi Q8 55 TFSI Black Edition met sy treffende swart afwerkings. Verder gee hulle raad oor hoe jy jou swaarvoertuiglisensie kan kry en gesels oor die 2025 MotoGP-kampioenskap wat binnekort beklink word. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry met Audi RS Q8

    Play Episode Listen Later Sep 5, 2025 25:53


    Hierdie week gaan speel Wiele2Wiele met die Audi RS Q8 - is dit 'n sportmotor of 'n familiemotor? Hulle spandeer ook tyd met die handratmodel van Volkswagen se T-Cross en is aangeneem verras. Volkswagen het ook sy splinternuwe Tayron bekendgestel. Hy is as 'n sewesitplek beskikbaar teen 'n bekostigbare prys, met tipiese VW-kwaliteit wat jou sal laat glimlag. Hulle raak dan nostalgies met 'n besonderde motorsport-koffietafelboek, 'South African Champion' en gee vir jou terugvoer oor die avontuurmotorfiets-toer na die Makgadikgadi-panne. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ervaar nuwe MG3

    Play Episode Listen Later Aug 29, 2025 26:10


    Hierdie week op Wiele2Wiele ervaar hulle die splinternuwe MG3, 'n kompakte luikrug wat beslis aandag gaan trek. Hulle bring ook tyd met die Chery Tiggo 7 CHS deur. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry Jaecoo se J7 SHS

    Play Episode Listen Later Aug 22, 2025 26:24


    Hierdie week op Wiele2Wiele stel Volvo die nuwe EX30 Cross Country bekend. Hulle neem jou saam op 'n Toyota ‘Roots to Routes'-geskiedenisreis en spandeer tyd met die Jaecoo J7 SHS. Verder gesels hulle oor die regte bandkeuses vir jou 4x4-voertuig en raak nostalgies oor 2Wiele met die Suzuki GSX-750 SRAD. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry met Omoda se inprop-C9

    Play Episode Listen Later Aug 14, 2025 26:24


    Hierdie week vir Wiele2Wiele bring hulle tyd met die Omoda C9 SHS, 'n inprop-hibriede model, deur en gaan speel met die Mini Covertible Cooper S. Ford Motor Company of Southern Africa beplan om amper R1 miljard in sy handelaarsnetwerk te belê. Die 'EV's on Display'-skou in Hermanus was 'n reusesukses en hulle deel al die jongste nuus uit die motorfietsbedryf. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry met Ranger XLT

    Play Episode Listen Later Aug 7, 2025 24:09


    Hierdie week vir Wiele2Wiele gesels hulle oor die besonderse ‘EV's on Display'-skou wat die komende naweek in Hermanus plaasvind. Hulle spandeer ook tyd saam met die Ford Ranger XLT-bakkie. Jy hoor van Gert en sy pantoffels en hoekom getWorth kwaliteit beloon. Hulle gesels ook oor Suid-Afrikaanse motorvervaardigers en die invloed van Amerikaanse uitvoerbelasting. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry Polo R-line

    Play Episode Listen Later Jul 31, 2025 25:20


    Hierdie week vir Wiele2Wiele ry hulle met die trotse #BuildInSA Volkswagen Polo R-Line. Dan is dit tyd vir speel met ‘klei' en kreatief raak met 'n keramiek Suzuki Jimny 5-deur by die Clay Café. Hulle deel ook hul eie getWorth-storie en gesels dan met Daniel Pienaar van These Sweet Times. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry met VW se Golf 1.4 TSI

    Play Episode Listen Later Jul 24, 2025 25:23


    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou meer oor Nissan se nuwe Stealth-bakkie en hulle bring kwaliteittyd met VW se Golf 1.4 TSI deur - 'n ware juweel van 'n motor. Daar is raad oor wetlike beskerming wanneer jy 'n motor aankoop, 'n tegniese wenk oor motordiefstal en Honda-nostalgie vir 2Wiele-liefhebbers. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry Suzuki Dzire

    Play Episode Listen Later Jul 17, 2025 26:10


    Hierdie week gaan rits Wiele2Wiele met Suzuki se Dzire-sedan rond. Stellantis het groot planne vir Suid-Afrika, onder andere met sy Opel Grandland. Daar is raad oor hoe om jou motortransaksie ongekompliseerd te hou, 'n tegniese wenk oor waarborgkostes en hulle gesels met KJ Mononyane, wat aan die 2025 Red Bull MotoGP Rookies Cup deelneem. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry vuurwarm Audi

    Play Episode Listen Later Jul 10, 2025 24:30


    Hierdie week vir Wiele2Wiele gaan ry hulle met Audi se vuurwarm SQ7 V8-sportnuts. Carl leer dans met 'n Nissan 350Z en hulle speel bietjie met 'n Suzuki Swift. Daar is ook raad oor wanneer jy 'n motor aanlyn koop en Martin Camp deel sy Dakar-planne. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    daar dakar hierdie suzuki swift nissan 350z maroela media
    Wiele2Wiele ry met opgekikkerde Kia Sorento

    Play Episode Listen Later Jul 4, 2025 25:05


    Hierdie week vir Wiele2Wiele ry ons met die nuwe opgekikkerde Kia Sorento sewesitplek-sportnuts en bring tyd met die Audi Q3 35 TDI deur. Ons gee raad oor slaggate vir wanneer jy jou droom tweedehandsevoertuig koop en AJ Venter vertel jou alles van sy deelname aan 2025 Isle of Man TT. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry P300-bakkie

    Play Episode Listen Later Jun 26, 2025 25:25


    Hierdie week beleef Wiele2Wiele hoe die Ford Wildlife Foundation 'n verskil maak deur die Cape Leopard Trust en hulle spandeer tyd met die GWM P300-bakkie. Daar is 'n tegniese wenk oor wat gebeur wanneer jy daardie Eco-, Comfort- en Sport-knoppies druk, asook die jongste nuus uit die motorfietsbedryf. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry nuwe Cross en Duster

    Play Episode Listen Later Jun 23, 2025 24:44


    Hierdie week vir Wiele2Wiele spandeer hulle tyd met die opgegradeerde Toyota Corolla Cross en Renault se splinternuwe Duster. Hulle gesels oor die ‘black-box' in jou motor wat geheime verklap en kuier saam met Ernest Page van Tracktion Driving Experiences oor hulle ‘Track Experience'-renbaanopsie. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele: Drie nuwe hibriede motors onder die loep

    Play Episode Listen Later Jun 12, 2025 26:07


    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gesels hulle oor drie nuwe hibriede voertuie – die Hyundai Santa Fe, die Jaecoo J7 SHS en die Omoda C9 PHEV. Dit is dan ook heeltyd-speeltyd en sywaarts saam met Tracktion Driving Experiences! Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele toets Tank, Omoda en Transit

    Play Episode Listen Later Jun 5, 2025 26:59


    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele is daar drie padtoetse: Die GWM Tank 300 2.4 diesel, Omoda se C5 230T en die Ford Transit Custom Sport. Hulle gesels ook met Carien Teessen - sy was die enigste dame op 'n vierwielmotorfiets wat aan die onlangse SA Safari Veldtydren deelgeneem het. Hulle gesels ook met AJ Venter, wat aan die North West 200 in Ierland deelgeneem het en tans deelneem aan die Isle of Man TT-renne. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry nuwe hibriede Jaecoo J7

    Play Episode Listen Later May 30, 2025 27:22


    In hierdie week se episode gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe Honda Amaze en ervaar die Jaecoo J7 SHS voor sy amptelike bekendstelling. Hulle deel hul eie Kritzinger getWorth-storie en staan breëbors trots oor ronde drie van die 2025 Wêreld-veldtydrenkampioenskapreeks (W2RC) wat op eie bodem plaasgevind het - die Safari Veldtydren by Sun City. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    sun city hulle maroela media
    Wiele2Wiele ry met SA se Motor van die Jaar

    Play Episode Listen Later May 23, 2025 24:13


    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gaan ry hulle met die splinternuwe vierdegenerasie Suzuki Dzire en spandeer tyd met die SA Motor van die Jaar-wenner - die BMW X3 e30. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    motor jaar bmw x3 maroela media
    Wiele2Wiele: Hier is SA se Motor van die Jaar

    Play Episode Listen Later May 16, 2025 23:49


    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele word die wenners van die Motor van die Jaar (COTY) onder die loep geneem. Hulle gesels die nuwe sewestiplek-Hyundai Alcazar en die Isuzu mu-X wat opgeknap is. Hulle verduidelik wat die verskillende rookkleure uit jou uitlaat kan beteken en gesels oor die Fransman Johann Zarco, wat die naweek se MotoGP-ren in Frankryk gewen het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele gesels oor afgelope Simola-heuwelren

    Play Episode Listen Later May 8, 2025 27:40


    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gesels hulle oor die 15de Simola Hillclimb wat die afgelope naweek plaasgevind het en Jeanette wat daar deelgeneem het in 'n Suzuki Swift Sport en deel was van die Suzuki SA-span. Terwyl sy in die Suid-Kaap was, het sy ook met Dirk Coetzee gesels - 'n inspekteur van getWorth in die Tuinroete. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    suzuki swift sport maroela media
    Wiele2Wiele ry met BMW X3 M50

    Play Episode Listen Later May 2, 2025 26:27


    In hierdie episode van Wiele2Wiele ry hulle met die fantastiese BMW X3 M50, spaar brandstof met Suzuki se outomatiese Swift en maak jou lus vir hierdie komende naweek se Simola-heuwelren in Knysna. Hulle deel 'n interessante tegniese wenk oor motors wat soos in die flieks weghol en maak 'n draai in 'n kollega se motorhuis, om te sien watter nuwe ysterperde daar pronk. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele: Alles wat jy oor Simola-heuwelren moet weet

    Play Episode Listen Later Apr 24, 2025 24:48


    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gesels hulle oor die 15de Simola-heuwelren, wat van 1 tot 4 Mei 2025 in Knysna plaasvind. Suzuki Suid-Afrika sal daar wees om te wys jy hoef nie sakke vol geld of 'n monster-enjin te hê om deel te wees van een van die lekkerste motorsportgeleenthede nie! Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry nuwe VW Golf

    Play Episode Listen Later Apr 17, 2025 26:15


    In hierdie episode van Wiele2Wiele ry hulle met die splinternuwe VW Golf 8.5. Hulle glimlag breed oor die Mini Cooper S en raak stylvol in Franschhoek saam met Lexus en JAN. Vir die wenk van die week gesels hulle oor sagteware wat jou enjin se komponente beskerm en hulle sit die kollig op die Márquez-era in MotoGP-renne. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry Triton en Tiguan

    Play Episode Listen Later Apr 10, 2025 25:32


    Hierdie week vir Wiele2Wiele leer hulle jou om te sleep soos 'n ‘pro' met die Ford Ranger. Hulle spandeer tyd met die Mitsubishi Triton-bakkie, toets die Volkswagen Tiguan en gesels oor waardevermindering. Hulle verduidelik die verskil tussen 'n uitlaatsisteem-passer en 'n vervaardiger. Daar is ook al die jongste nuus uit die motorfietsbedryf. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry Volvo se vlagskip-sportnuts

    Play Episode Listen Later Apr 3, 2025 25:54


    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gaan ry hulle in luuksheid met Volvo se splinternuwe vlagskip-sportnuts – die EX90. Hulle vertel jou meer oor Lexus se opgradering van sy LX-sportnuts en raak nostalgies oor 'n besonderse boek - 60 Years of Porsche Racing at Kyalami. Daar word ook gesels oor pantserveiligheid wat nou meer bekostigbaar is met die SVI Light-pakket en kyk na International Female Ride Day wat in Mei plaasvind. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    volvo daar lexus lx hulle kyalami international female ride day maroela media
    Wiele2Wiele brul met M5, Mini Aceman en slim wenke

    Play Episode Listen Later Mar 27, 2025 25:45


    Hierdie week vat Wiele2Wiele jou saam op ʼn rit in die splinternuwe adrenalienbelaaide BMW M5, en hulle maak kennis met die jongste lid van die Mini-familie – die nuwe Aceman. Daar is ook ʼn waardevolle motorwaarde- en tegniese wenk, plus alles wat jy wil weet oor Funduros en opwindende veldmotorfiets-kompetisies. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele skop stof op met nuwe Duster

    Play Episode Listen Later Mar 20, 2025 26:03


    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele is daar ‘n uitdaging: Wees kop- en lyffiks vir die uitmergelende Fortuner Challenge! Die beloning: 'n nuwe Toyota Fortuner GR-Sport! Die langverwagte, splinternuwe Renault Duster is ook hier en laat die koppe behoorlik draai. Daar is raad van getWorth oor die faktore wat jou motor se waarde bepaal en hulle gesels met Martin Camp, wat sy visier stel op die 2026 Dakar-ren op 'n Kove-motorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry met Touareg en Everest

    Play Episode Listen Later Mar 13, 2025 24:22


    In hierdie episode van Wiele2Wiele ry hulle met die baie gewilde VW Touareg en Ford se vlagskip-sportnuts, die Everest Platinum. getWorth gee dan vir jou slim raad oor hoe om jou voertuig se koop of verkoop beter te beplan. Hulle kyk ook na waarheen die energie gaan wat jy in jou tenk gooi en bring vir jou agter-die-skerms MotoGP-nuus. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    mount everest motogp hulle touareg vw touareg maroela media

    Claim Wiele2Wiele

    In order to claim this podcast we'll send an email to with a verification link. Simply click the link and you will be able to edit tags, request a refresh, and other features to take control of your podcast page!

    Claim Cancel