Wiele2Wiele

Follow Wiele2Wiele
Share on
Copy link to clipboard

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.

Maroela Media


    • May 30, 2025 LATEST EPISODE
    • weekly NEW EPISODES
    • 23m AVG DURATION
    • 467 EPISODES


    More podcasts from Maroela Media

    Search for episodes from Wiele2Wiele with a specific topic:

    Latest episodes from Wiele2Wiele

    Wiele2Wiele ry nuwe hibriede Jaecoo J7

    Play Episode Listen Later May 30, 2025 27:22


    In hierdie week se episode gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe Honda Amaze en ervaar die Jaecoo J7 SHS voor sy amptelike bekendstelling. Hulle deel hul eie Kritzinger getWorth-storie en staan breëbors trots oor ronde drie van die 2025 Wêreld-veldtydrenkampioenskapreeks (W2RC) wat op eie bodem plaasgevind het - die Safari Veldtydren by Sun City. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    sun city hulle maroela media
    Wiele2Wiele ry met SA se Motor van die Jaar

    Play Episode Listen Later May 23, 2025 24:13


    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gaan ry hulle met die splinternuwe vierdegenerasie Suzuki Dzire en spandeer tyd met die SA Motor van die Jaar-wenner - die BMW X3 e30. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    motor jaar bmw x3 maroela media
    Wiele2Wiele: Hier is SA se Motor van die Jaar

    Play Episode Listen Later May 16, 2025 23:49


    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele word die wenners van die Motor van die Jaar (COTY) onder die loep geneem. Hulle gesels die nuwe sewestiplek-Hyundai Alcazar en die Isuzu mu-X wat opgeknap is. Hulle verduidelik wat die verskillende rookkleure uit jou uitlaat kan beteken en gesels oor die Fransman Johann Zarco, wat die naweek se MotoGP-ren in Frankryk gewen het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele gesels oor afgelope Simola-heuwelren

    Play Episode Listen Later May 8, 2025 27:40


    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gesels hulle oor die 15de Simola Hillclimb wat die afgelope naweek plaasgevind het en Jeanette wat daar deelgeneem het in 'n Suzuki Swift Sport en deel was van die Suzuki SA-span. Terwyl sy in die Suid-Kaap was, het sy ook met Dirk Coetzee gesels - 'n inspekteur van getWorth in die Tuinroete. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    suzuki swift sport maroela media
    Wiele2Wiele ry met BMW X3 M50

    Play Episode Listen Later May 2, 2025 26:27


    In hierdie episode van Wiele2Wiele ry hulle met die fantastiese BMW X3 M50, spaar brandstof met Suzuki se outomatiese Swift en maak jou lus vir hierdie komende naweek se Simola-heuwelren in Knysna. Hulle deel 'n interessante tegniese wenk oor motors wat soos in die flieks weghol en maak 'n draai in 'n kollega se motorhuis, om te sien watter nuwe ysterperde daar pronk. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele: Alles wat jy oor Simola-heuwelren moet weet

    Play Episode Listen Later Apr 24, 2025 24:48


    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gesels hulle oor die 15de Simola-heuwelren, wat van 1 tot 4 Mei 2025 in Knysna plaasvind. Suzuki Suid-Afrika sal daar wees om te wys jy hoef nie sakke vol geld of 'n monster-enjin te hê om deel te wees van een van die lekkerste motorsportgeleenthede nie! Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry nuwe VW Golf

    Play Episode Listen Later Apr 17, 2025 26:15


    In hierdie episode van Wiele2Wiele ry hulle met die splinternuwe VW Golf 8.5. Hulle glimlag breed oor die Mini Cooper S en raak stylvol in Franschhoek saam met Lexus en JAN. Vir die wenk van die week gesels hulle oor sagteware wat jou enjin se komponente beskerm en hulle sit die kollig op die Márquez-era in MotoGP-renne. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry Triton en Tiguan

    Play Episode Listen Later Apr 10, 2025 25:32


    Hierdie week vir Wiele2Wiele leer hulle jou om te sleep soos 'n ‘pro' met die Ford Ranger. Hulle spandeer tyd met die Mitsubishi Triton-bakkie, toets die Volkswagen Tiguan en gesels oor waardevermindering. Hulle verduidelik die verskil tussen 'n uitlaatsisteem-passer en 'n vervaardiger. Daar is ook al die jongste nuus uit die motorfietsbedryf. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry Volvo se vlagskip-sportnuts

    Play Episode Listen Later Apr 3, 2025 25:54


    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gaan ry hulle in luuksheid met Volvo se splinternuwe vlagskip-sportnuts – die EX90. Hulle vertel jou meer oor Lexus se opgradering van sy LX-sportnuts en raak nostalgies oor 'n besonderse boek - 60 Years of Porsche Racing at Kyalami. Daar word ook gesels oor pantserveiligheid wat nou meer bekostigbaar is met die SVI Light-pakket en kyk na International Female Ride Day wat in Mei plaasvind. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    volvo daar lexus lx hulle kyalami international female ride day maroela media
    Wiele2Wiele brul met M5, Mini Aceman en slim wenke

    Play Episode Listen Later Mar 27, 2025 25:45


    Hierdie week vat Wiele2Wiele jou saam op ʼn rit in die splinternuwe adrenalienbelaaide BMW M5, en hulle maak kennis met die jongste lid van die Mini-familie – die nuwe Aceman. Daar is ook ʼn waardevolle motorwaarde- en tegniese wenk, plus alles wat jy wil weet oor Funduros en opwindende veldmotorfiets-kompetisies. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele skop stof op met nuwe Duster

    Play Episode Listen Later Mar 20, 2025 26:03


    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele is daar ‘n uitdaging: Wees kop- en lyffiks vir die uitmergelende Fortuner Challenge! Die beloning: 'n nuwe Toyota Fortuner GR-Sport! Die langverwagte, splinternuwe Renault Duster is ook hier en laat die koppe behoorlik draai. Daar is raad van getWorth oor die faktore wat jou motor se waarde bepaal en hulle gesels met Martin Camp, wat sy visier stel op die 2026 Dakar-ren op 'n Kove-motorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry met Touareg en Everest

    Play Episode Listen Later Mar 13, 2025 24:22


    In hierdie episode van Wiele2Wiele ry hulle met die baie gewilde VW Touareg en Ford se vlagskip-sportnuts, die Everest Platinum. getWorth gee dan vir jou slim raad oor hoe om jou voertuig se koop of verkoop beter te beplan. Hulle kyk ook na waarheen die energie gaan wat jy in jou tenk gooi en bring vir jou agter-die-skerms MotoGP-nuus. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    mount everest motogp hulle touareg vw touareg maroela media
    Wiele2Wiele: Nuwe P300-bakkie onder die loep

    Play Episode Listen Later Mar 7, 2025 25:45


    In hierdie episode van Wiele2Wiele besoek hulle die BMW-aanleg in Rosslyn buite Pretoria om te sien waar die nuwe vierde generasie BMW X3 gebou word. GWM het sy nuwe P300-bakkie bekend gestel en daar is 'n waardevolle wenk oor motorwaarde. Die ‘Kerk, Karre & Koffie'-geleentheid kom ook onder die loep en vir 2Wiele word daar onder meer oor die eerste MotoGP-ren gesels. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele maak kennis met MG se Cyberster

    Play Episode Listen Later Feb 27, 2025 25:31


    In hierdie week se Wiele2Wiele-episode maak hulle kennis met MG se pragtige Cyberster. Met sy skêr-deure en 0-100 km/h in net 3,2 sekondes, is dit meer as net 'n sportmotor – dit is 'n belewenis! Wat bepaal die waarde van jou motor? Mariantha van getWorth gaan vir jou die antwoord gee. Daarna gesels die span oor ‘Kerk, karre en koffie'. Dit was ook die eerste rondte van die MRSSA-renne en hulle vertel jou alles daarvan. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry met Jac T9-bakkie

    Play Episode Listen Later Feb 20, 2025 26:09


    Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe driedeur-Mini Cooper, ervaar die Chinese JAC T9-bakkie en leer meer oor waardevermindering saam met getWorth. Hulle raak ook nostalgies oor motortegnologie met 'n 1973 VW Beetle. Vir 2Wiele gesels hulle oor Martin Camp wat gaan deelneem aan die SA Safari Rally op 'n Kove-motorfiets, en ook oor MotoGP en WorldSBK. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry met BMW M760e

    Play Episode Listen Later Feb 13, 2025 25:29


    Wiele2Wiele het 'n draai by die Volkswagen Indaba gaan maak en raak opgewonde oor alles wat op pad is - selfs Italiaanse wiele! Hulle gaan ry in luuksheid met 'n ‘spa' op wiele - BMW se M760e. Daar is waardevolle tweedehandse motorwaarde-wenke en die Motorcycle Racing Series South Africa (MRSSA) gaan amptelik afskop met die Suzuki 8R Cup wat bekostigbare motorfietsrenne moontlik maak. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele gesels oor MG se nuwe SA hoofstuk

    Play Episode Listen Later Feb 6, 2025 25:38


    In hierdie week se Wiele2Wiele-episode vertel hulle jou meer oor MG se bekendstelling van sy ZS- en HS-sportnutsmodelle in Suid-Afrika. Die Ford Ranger Platinum is 'n luukse bakkie met 'n klomp tierlantyntjies en getWorth bring vir jou 'n motorwaardewenk. Clinton Pienaar kuier in die ateljee, gesels oor Project-X en bespiegel oor die MotoGP-seisoen. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry opgeknapte Corolla Cross

    Play Episode Listen Later Jan 30, 2025 25:37


    Vir hierdie week se Wiele2Wiele-episode het hulle met die opgeknapte Toyota Corolla Cross gaan ry. Die Cross is Suid-Afrika se topverkoper-sportnuts. Hulle het ook die SOMI (State of the Motor Industry)-geleentheid bygewoon, sit die kollig op die MG HS en verduidelik die verskil tussen ‘nuut' en ‘opgegradeer' in die week se tegniese wenk. Laastens gesels hulle oor die ikoniese Suzuki TL 1000 S-motorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    'Wiele2Wiele' draai by die Haval H7 en Dakar-veldtydren

    Play Episode Listen Later Jan 24, 2025 24:39


    Hierdie week stel GWM hulle nuwe Haval H7 bekend wat soos ʼn paal bo water uitstaan met sy unieke styl en kenmerke. Hulle draai die fokus na die MG ZS en gaan loer na getWorth se resensies op Google. Daar is ook ʼn volledige verslag oor die 2025 Dakar-veldtydren en die podiumresultate van ons trotse Toyota Gazoo Racing Suid-Afrika-renspan. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry met hibriede Hilux

    Play Episode Listen Later Jan 20, 2025 25:33


    In hierdie episode van Wiele2Wiele skyn hulle die kollig op die MG Cyberster, ry meer as 4 000km met die Hilux Raider 48V en spandeer tyd met die Omoda C9. Hulle gesels oor die brandstofkwaliteit in Suid-Afrika en oor die KTM-bom wat einde 2024 gebars het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele gesels MG en Dakar

    Play Episode Listen Later Jan 10, 2025 26:02


    Vir die eerste Wiele2Wiele-program van 2025 gesels hulle met Joe Pretorius, bemarkingsbestuurder van MG Motor SA, oor MG se ryke geskiedenis van meer as 100 jaar en sy terugkeer na Suid-Afrika. Hulle kyk ook na interessante feite en insigte oor die 2025 Dakar-ren wat tans aan die gang is. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele: Land Rover se Defender 90 D300 onder die loep

    Play Episode Listen Later Dec 12, 2024 26:26


    In die laaste Wiele2Wiele-episode vir 2024 word daar Land Rover se Defender 90 D300 gesels. Daar word ook oor 2025 se Dakar-ren gesels en hulle vertel jou meer oor al die Suider-Afrika deelnemers wat in aksie gaan wees. Soek jy bewyse dat getWorth werklik kwaliteit beloon? Hulle gaan vir jou praktiese voorbeelde gee. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry met Volvo se inprop-XC90

    Play Episode Listen Later Dec 5, 2024 24:39


    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele ry hulle met Volvo se luukse XC90 T8 Recharge sportnuts, spandeer tyd in Ford se Territory en geniet Suzuki se uitstekende nuwe Swift-buksie. Daar is handige raad vir die langpad en 'n Honda-motorfiets vir enige smaak en begroting. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry met nuwe Triton-bakkie en opgeknapte Creta

    Play Episode Listen Later Nov 28, 2024 25:26


    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele deel Renault Suid-Afrika opwindende nuus, die splinternuwe Mitsubishi Triton maak sy verskyning en Hyundai het hul gewilde Creta opgeknap. Jy sal moet spring vir getWorth se "Crazy Deals" van November! Honda Tygerberg hou 'n opedag vir motorfietsentoesiaste, en die manne gesels oor 'n monster van 'n ysterperd. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    hyundai triton jy creta mitsubishi triton maroela media
    Wiele2Wiele toetsbestuur Monster-Merc

    Play Episode Listen Later Nov 22, 2024 26:44


    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele toetsbestuur hulle die lang slap Mercedes-AMG GT 63 E Performance - 'n monster met Formule 1-tegnologie, 620 kW en 'n ongelooflike 1 470 Nm wringkrag. Nissan stel ook sy nuwe Magnite bekend, propvol moderne tegnologie. Nicol en Mariantha van getWorth pak 'n prettige karspeletjie aan en Clinton bring vir jou 'n opsomming van die 2024 MotoGP-kampioenskap. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry met Omoda C9 en nuwe Swift

    Play Episode Listen Later Nov 14, 2024 26:22


    In hierdie episode van Wiele2Wiele spandeer hulle tyd met die luukse Omoda C9 en Suzuki se splinternuwe Swift wat op almal se lippe is. Hulle gesels met Winstone Jordaan, hoof uitvoerende beampte by GridCars, om antwoorde te kry op 'n klomp brandende vrae. Daar is ook 'n lusmaker vir 2Wiele met die kragtige Yamaha MT-01 met sy 1670cc-enjin. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    swift daar suzuki hulle omoda yamaha mt maroela media
    Wiele2Wiele ry met Chinese Jetour X70 Plus

    Play Episode Listen Later Nov 8, 2024 25:34


    In hierdie episode leer Wiele2Wiele die Jetour X70 Plus van nader ken – 'n sewesitplek-sportnuts met 'n prys van R 454 900. Hulle verken ook twee Volkswagen Polo Vivo-modelle. getWorth gaan vir November “mal” met hulle pryse en tydens die tegniese wenk van die week bespreek hulle hibriede-aandryfstelsels. Hulle hou jou ook op hoogte van die jongste motorfietsnuus. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    chinese hulle maroela media
    Wiele2Wiele ry met Tourneo-bus en Jaguar se I-Pace

    Play Episode Listen Later Oct 31, 2024 24:40


    In hierdie episode spandeer Wiele2Wiele tyd met die nuwe Ford Tourneo-bussie en ook die Jaguar I-PACE. Hulle gesels dan met Donovan Parker, die aankoopspesialis by get/Worth, oor hoe hulle kwaliteit beloon. Vir 2Wiele gaan dit alles oor die opwindende 2024 WorldSBK-seisoen en wie as kampioene bekroon is. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry Merc se ingenieurswonder

    Play Episode Listen Later Oct 24, 2024 24:35


    In hierdie week se Wiele2Wiele-episode ry hulle met die ingenieurswonder - die Mercedes-AMG C63S E Performance wat 500 kW en 1 020 Nm bied. Omoda stel sy luukse C9-sportnuts bekend en getWorth wil hul pakhuis volmaak en sal kwaliteit beloon. Hulle vertel jou alles oor turbo-tegnologie en daar is 'n nuwe nasionale 'Suzuki GSX-8R Cup' motorfiets-renklas vir 2025. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele: Langpad met Isuzu D-Max; nuwe model vir Mahindra

    Play Episode Listen Later Oct 17, 2024 25:03


    In hierdie episode vat Carl en sy seuns die langpad met die Isuzu D-Max 3.0L Ddi 4x4 LSE om 'n verskil in Lesotho te gaan maak. Mahindra stel sy nuwe XUV 3X0 bekend - 'n kompakte sportnuts teen 'n sakpasprys. getWorth beloon kwaliteit en kan die regte waarde van jou motor bepaal. Daarna gesels Clinton met Tom en Lauren, wat op hulle Honda CG125-motorfietse, al die pad van Londen, deur Wes-Afrika, na Kaapstad gereis het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele: Duinepret en heuwel-aksie

    Play Episode Listen Later Oct 11, 2024 25:39


    In hierdie week se Wiele2Wiele-episode gaan speel Carl en Jeanette in die Atlantis-duine met die Toyota Hilux GR Sport III tydens vanjaar se Atlantis 4x4-pretdag. Daar was ook aksie by die Zwartkops-renbaan met die 'Top of the Hill'-uitdaging en Brendon Staniforth was daar saam met Volkswagen Motorsport SA vir die Volkswagen Rookie Cup Shootout. Clinton Pienaar is ook terug in die ateljee en vertel jou alles van die eerste 'Project-X' navigasie-uitdaging, wat in die Richtersveld plaasgevind het en wie daar koning gekraai het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    atlantis daar richtersveld maroela media
    Wiele2Wiele ry met Hyundai Exter

    Play Episode Listen Later Oct 4, 2024 24:53


    Wiele2Wiele het met Hyundai se nuweling, die Exter, gaan ry - 'n kompakte sportnuts vir minder as R270 000. Hulle ry ook in weelde met Mercedes-Benz se EQE 350+. Daar is ‘Crazy Deals' by getWorth vir Oktober, hulle gee raad oor die belangrikheid van 'n padvaardigheidsertifikaat voor jy jou motor verkoop en gesels oor die MotoGP. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele: Drie Chinese modelle onder die loep

    Play Episode Listen Later Sep 26, 2024 25:26


    In hierdie se episode van Wiele2Wiele kom nuwe Chinese modelle onder die loep - Jetour se Dashing en X70 Plus is nou in Suid-Afrika beskikbaar en GAC het sy nuwe Emkoo bekend gestel. Mariantha Fryer van getWorth deel waardevolle raad, SVI pronk by die AAD-ekspo en hulle gesels oor unieke V-twin motorfietse. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry met nuwe Ford-bus

    Play Episode Listen Later Sep 20, 2024 26:00


    In hierdie episode van Wiele2Wiele gaan rits hulle rond met die spliternuwe Ford Tourneo Trend intreevlak-bussie. Die span verskil van mening oor die Citroën C3 Aircross en hulle monde hang oop oor die Mazda CX-60 Takumi met sy 3.3 l tubodiesel-enjin. getWorth gee raad oor hoe jy geld kan spaar, daar is 'n tegniese wenk oor diensplanne en met die BMW GS Trophy wat tans aan die gang is in Namibië, vertel hulle jou meer van die BMW R 1300 GS Enduro Package-avontuurmotorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    citro mazda cx takumi namibi bmw r c3 aircross maroela media bmw gs trophy
    Wiele2Wiele ry met nuwe Tiguan

    Play Episode Listen Later Sep 12, 2024 25:26


    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele het hulle met die splinternuwe derde generasie Volkswagen Tiguan gaan ry en tyd met VW se ID.4 deurgebring. GAC se nuwe Emkoo gooi flikkers, hulle gee raad oor waardevermindering en vertel vir jou van 'n sakpas-avontuurmotorfiets wat jou sal verbaas - die Kove 450 Rally. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele vat langpad met Mini Countryman S

    Play Episode Listen Later Sep 6, 2024 26:57


    In hierdie week se episode vat Wiele2Wiele die langpad met die Mini Countryman S, spandeer tyd met Audi se A3-sedan en daar was alles waarvan jy kan droom by die 'Festival of Motoring'. Daar is raad oor waardevermindering en alles oor 'Project-X', navigasie en ʼn avontuurfiets-kompetisie. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry met opgeknapte Polo Vivo

    Play Episode Listen Later Aug 29, 2024 25:57


    In hierdie week se episode gaan ry Wiele2Wiele met die opgeknapte Suid-Afrikaanse liefling - die VW Polo Vivo. Hulle ervaar ook ‘n paar eerstes by Toyota se ‘Women in Auto'-geleentheid - die brandstofsel- elektriese Toyota Mirai en hul battery- elektriese BZ4X. Suzuki SA vat hande met FleetMax Africa om 'n spesiale padveilligheidskurrikulum, genaamd DriveSMART, te ontwikkel. Daar is ʼn verduideliking van nuwe-energie-voertuie en hulle gesels oor die BMW F 900 GS Adventure-motorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry met GWM se nuwe P500 en Tank 500

    Play Episode Listen Later Aug 22, 2024 25:58


    In hierdie week se episode gaan ry Wiele2wiele met 'n reus van 'n bakkie - die nuwe GWM P500 en ook met die Tank 500, wat amper 'n ampsmotor kan wees. Daar is nog 'n nuwe Chinese handelsmerk in Suid-Afrika - GAC - en sy nuwe GS3 Emzoom gooi behoorlik flikkers. Daar is 'n motorwaardewenk oor hoe om die regte keuse te maak wanneer jy 'n tweedehandse motor koop en hulle gesels met Daniël Pienaar oor ‘These Sweet Times' vir ysterperd-herhinneringe. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele: Drie Kia's onder die loep

    Play Episode Listen Later Aug 15, 2024 24:14


    Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor drie van die bestes - die Kia Picanto, Kia Sonet en Kia Seltos. Vir die wenk van die week is daar paneelklopper-raad en Clinton Pienaar gesels met Rika de Bruyn oor die ysterperd-avonture waarop Dual Bike Adventures jou kan vat. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry met Volvo se inprop-hibried

    Play Episode Listen Later Aug 8, 2024 25:00


    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele word daar ʼn traan gepink oor Jaguar se swanesang vir sy fantastiese binnebrandenjins en hulle spandeer ook tyd met die Volvo XC60 T8 Recharge Ultimate, 'n inprop-hibried. Dit is Vrouemaand en hulle gesels met getWorth oor sy betrokkenheid by GRIT (Gender Rights in Tech) en ook met Arnold Oliver van AMID (Association of Motorcycle Industry Distributors). Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele: Nuwe Starlet Cross bekendgestel

    Play Episode Listen Later Aug 1, 2024 26:32


    Wiele2Wiele was by die bekendstelling van Toyota se nuwe Starlet Cross. Hulle ook die langpad gevat met die GWM Tank 300 en met die Chery Tiggo 4 Pro DCT rondgerits. Daar is 'n motorwaardewenk, 'n tegniese wenk en hulle gesels oor die 'Suzuki Rider Safety'-opleidingsdag en die '2024 Suzuki Weekend Away'. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry met nuwe C3, BAIC B40 Plus

    Play Episode Listen Later Jul 25, 2024 25:45


    Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe Citroen C3 Aircross – ʼn sewesitplek sportnuts vir slegs R354 900. Hulle ervaar ook die nuwe BAIC B40 Plus. Daar is 'n motorwaardewenk, raad vir wanneer jy 'n paneelklopper nodig het en hulle gesels met Gerrit du Toit van Mira (Motorsport International Riding Apparel) wat wêreldwyd naam maak. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry met nuwe Prado

    Play Episode Listen Later Jul 18, 2024 25:35


    Wiele2Wiele is al die pad Mosambiek toe om Toyota se nuwe vyfde generasie Land Cruiser Prado onder hande te kry en hulle was werklik beïndruk. Hulle spandeer ook tyd met die Opel Corsa, wat 'n ryk geskiedenis het van oor die 40 jaar. Volkswagen het ook sy ID.4-sportnuts aan die media bekendgestel. Daar is 'n motorwaardewenk, 'n geleentheid wat hulde gaan bring aan Denis Joubert en Suzuki stel twee nuwe 800cc-motorfietse bekend. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry met opgeknapte i20

    Play Episode Listen Later Jul 11, 2024 27:10


    Hierdie week vir Wiele2Wiele gaan ry hulle met die opgeknapte en gewilde Hyundai i20. Hulle spandeer ook tyd met Toyota se Land Cruiser 76. Daar is 'n motorwaardewenk en hulle gesels oor twee tipes outomatiese ratkaste. Clinton Pienaar gesels met Taye Perry wat haar visier op die 2025 Dakar ingestel het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry met hibriede Hilux

    Play Episode Listen Later Jul 5, 2024 25:57


    Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Toyota se nuwe Hilux 48V hibriede bakkie en hulle vat ook die langpad Tankwa toe met die Ford Ranger Platinum. Daar is 'n waardevolle motorwaardewenk en Clinton Pienaar gesels met Hennie Smit en Jackie Anderson van die ‘Overberg and Other Adventure Rides' Facebook-groep, oor hulle avontuur-ritte. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    toyota daar hilux hierdie jackie anderson maroela media
    Wiele2Wiele: Merc se E-klas, CLE-koepee onder loep

    Play Episode Listen Later Jun 28, 2024 26:48


    Wiele2Wiele vertel jou meer van Mercedes-Benz se bekendstelling van sy E-klas luukse sedan en CLE-koepee. GWM se nuwe Haval Jolion PRO het in Suid-Afrika aangekom. Die span gesels ook oor outomatiese ratkaste en Clinton Pienaar gesels met AJ Venter, wat die Suid-Afrikaanse vlag omhoog gehou het by die 2024 Isle of Man TT. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Wiele2Wiele ry met nuwe Kia Sonet

    Play Episode Listen Later Jun 20, 2024 25:28


    Wiele2Wiele het met die opgeknapte Kia Sonet, wat soos 'n paal bo water uitstaan in hierdie marksegment, gaan ry. Hulle het ook tyd met die BMW X2 sDrive 18i M Sport deurgebring. Daar is 'n motorwaardewenk, wenke oor motorfietsbande en hulle maak jou lus vir 'n ‘Ilse of Man TT'-toer vir 2025. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

    Claim Wiele2Wiele

    In order to claim this podcast we'll send an email to with a verification link. Simply click the link and you will be able to edit tags, request a refresh, and other features to take control of your podcast page!

    Claim Cancel